# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-afr/28a9908c-d5a0-4107-9d86-e41d87e315ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-afr/28a9908c-d5a0-4107-9d86-e41d87e315ff)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                        2023

                                                                        PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye, 2 bladsye met data en
                             2 oop bladsye vir beplanning.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     2                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
         VIER afdelings beantwoord.

2.       Twee oop bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
         einde van die vraestel ingesluit.

3.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

4.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek vir Delphi
         as programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word
         om die vrae te beantwoord.

5.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

6.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
         nie.

7.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

8.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi-
         programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

9.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

10.      Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

11.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

12.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op al die drukstukke
         verskyn. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word.

13.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     3                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

14.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
         lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         Doen die volgende:

            Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm
             is:
              DataJun2023.exe.
            Klik op die 'Extract'-knoppie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: E#Homes%2023

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
         ('folder') DataJun2023 beskikbaar wees:

         Vraag1:                                 Vraag3:
         Question1_P.dpr                         log.txt
         Question1_P.dproj                       Question3_P.dpr
         Question1_P.res                         Question3_P.dproj
         Question1_U.dfm                         Question3_P.res
         Question1_U.pas                         Question3_U.dfm
         Words.txt                               Question3_U.pas
                                                 SmartSwitch_U.pas

         Vraag2:                                 Vraag4:
         ConnectDB_U.pas                         Question4_P.dpr
         Question2_P.dpr                         Question4_P.dproj
         Question2_P.dproj                       Question4_P.res
         Question2_P.res                         Question4_U.dfm
         Question2_U.dfm                         Question4_U.pas
         Question2_U.pas
         SmartDevicesDB - Copy.mdb
         SmartDevicesDB.mdb

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   4                                  DBE/2023
                                       SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Question1_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1
    tot VRAAG 1.5 wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       5                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

1.1        Knoppie ('Button') [1.1 - Formatting]

           Skryf kode om die inhoud en die voorkoms van die redigeerblokkie ('edit box')
           edtQ1_1 soos volg te verander wanneer die btnQ1_1-knoppie geklik word:

              Die fontgrootte van die teks moet 14 pt wees.
              Die woorde 'Hello world' moet as teks in die edtQ1_1-redigeerblokkie
               verskyn.
              Die agtergrondkleur van die edtQ1_1-komponent moet groen wees.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (4)

1.2        Knoppie [1.2 - Random number]

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Genereer 'n willekeurige heelgetal tussen 1 en 99 (hierdie twee waardes
               ingesluit).
              Bepaal of die getal wat gegenereer is, 'n enkele syfer of 'n tweesyfergetal
               is.
              Vertoon die getal en resultaat in die paneel pnlQ1_2 soos wat in die
               voorbeelde hieronder getoon word.

           Voorbeeld van afvoer as die getal 4 gegenereer is:

           Voorbeeld van afvoer as die getal 46 gegenereer is:

                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      6                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

1.3        Knoppie [1.3 - Area]

           Hieronder word 'n diagram van 'n bout getoon wat uit 'n seshoek en 'n sirkel
           bestaan. Die deursnee (d) van die sirkel het dieselfde lengte as die sy van die
           seshoek.

           Die geskakeerde oppervlakte in die diagram word bereken deur die volgende
           formule te gebruik:

                                                        3 √3           𝑑 2
                          Geskakeerde oppervlakte = (
                                                         2
                                                           ) 𝑑2 − 𝜋 (2)

           waar d die lengte van die sy van die seshoek en d ook die deursnee van
           die sirkel is.

           Die gebruiker moet die waarde van        d   in die redigeerblokkie edtQ1_3
           insleutel.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Onttrek die waarde van d uit die redigeerblokkie edtQ1_3.
              Gebruik die gegewe formule om die oppervlakte van die geskakeerde deel
               van die diagram wat hierbo voorsien is, te bereken.
              Vertoon die oppervlakte van die geskakeerde deel, afgerond tot EEN
               desimale plek, op die paneel pnlQ1_3.

           Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       7                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

1.4        Knoppie [1.4 - Find]

           'n Tekslêer Words.txt, wat 'n lys met woorde bevat, is voorsien. Die program
           moet tel hoeveel keer 'n woord wat deur die gebruiker ingesleutel word, in die
           tekslêer voorkom.

           Voorbeeld van die eerste vyf reëls in die tekslêer Words.txt:
                   accessory
                   archive
                   bandwidth
                   capacity
                   bus

           Die gebruiker moet die woord wat getel moet word, in die redigeerblokkie
           edtQ1_4 insleutel.

           Kode is voorsien om die tekslêer Words.txt oop te maak om daaruit te lees.

           Skryf kode om die volgende te doen:
              Verkry die woord wat in die redigeerblokkie edtQ1_4 ingesleutel is.
              Tel hoeveel keer die woord wat ingesleutel is in die lêer voorkom, ongeag
               of die woord in kleinletters of hoofletters ingesleutel is.
              As die woord in die tekslêer voorkom, vertoon die aantal keer wat dit in die
               redQ1_4-'rich edit'-komponent voorkom.
              As die woord NIE in die tekslêer voorkom NIE, vertoon die boodskap
               'Word not found' in die redQ1_4-'rich edit'-komponent.

           Twee voorbeelde van toevoer en afvoer:

                                                                                                    (11)

1.5        Knoppie [1.5 - Booster rocket]

           'n Aanjaag('Booster')-vuurpyl gebruik 7,5% van sy brandstof per sekonde
           vandat dit opstyg. Die vuurpyl skakel af wanneer die brandstofkapasiteit
           onder 200 liter is.

           Doen die volgende:

           Skakel die algoritme op die volgende bladsy om in programmeringskode om
           die sekondes wat gereis is, die brandstof wat verbruik is en die brandstof wat
           per sekonde oor is totdat die vuurpyl afskakel, te bereken en te vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      8                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

             Algoritme
             1.  Sleutel die totale liter brandstof in voordat dit opstyg (gebruik 'n
                 toevoerdialoogblokkie ('input box') vir toevoer))
             2.  Ken die waarde van totale liter brandstof toe aan 'n veranderlike vir
                 brandstof wat oor is
             3.  Inisialiseer 'n teller vir aantal sekondes
             4.  Terwyl ('While') brandstof wat oor is, meer of aan 200 gelyk is
             5.      Inkrementeer teller met een
             6.      Bereken brandstof gebruik (7,5% van brandstof wat oor is)
             7.      Trek brandstof wat gebruik is af van brandstof wat oor is
             8.      Vertoon teller, brandstof wat gebruik is en brandstof wat oor is
             9.  Eindig terwyl-lus

           LET WEL:
            Kode is voorsien om die opskrifte in die 'rich edit' redQ1_5 te vertoon.
            Die hoeveelheid brandstof wat per sekonde gebruik word en die
             hoeveelheid brandstof wat oor is, moet tot TWEE desimale plekke
             geformatteer word, soos wat in die voorbeeld van afvoer getoon word.

           Voorbeeld van die toevoer van 550 liter brandstof en die afvoer:

                                                                                                   (9)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    9                                      DBE/2023
                                        SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Slim ('Smart') huistoestelle raak al hoe gewilder onder mense wat toegang tot vinnige,
betroubare internetkonneksies het.

'n Databasis met die naam SmartDevicesDB.mdb is ontwikkel en bevat inligting oor
die verskillende vervaardigers van slim toestelle en die voorraad van die verskillende
toestelle wat beskikbaar is.

Die SmartDevicesDB.mdb-databasis           bevat   twee    tabelle   met    die     name
tblManufacturers en tblDevices.

Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp en
inhoud van die databasis.

Doen die volgende:
   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die Question 2-
    lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Question2_U.pas-eenheidlêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder getoon word oor die
    seleksie van oortjieblad ('tab sheet') 2.2 - Delphi code.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     10                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling, soos wat in VRAAG 2.1
      en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te
      beantwoord.

LET WEL:
     Die 'Restore database'-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
      voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in staat
      wees om direkte toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur Microsoft
      Access te gebruik NIE.
     Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
      MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word:

      Veranderlike              Datatipe         Beskrywing
      tblManufacturers          TADOTable        Verwys na die tabel tblManufacturers
      tblDevices                TADOTable        Verwys na die tabel tblDevices

2.1      Oortjieblad ('Tab sheet') [2.1 - SQL]

         Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        11                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

        LET WEL:          Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
                           navrae te vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die
                          veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5
                          toegeken is, is onvolledig.

        Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
        hieronder beskryf word, uit te voer.

        2.1.1       Knoppie [2.1.1 - iOS devices]

                    Vertoon die DeviceID en DeviceName van al die toestelle in die
                    tblDevices-tabel wat die iOS-bedryfstelsel gebruik.

                    Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                  (3)

        2.1.2      Knoppie [2.1.2 - Category selected]

                   Die gebruiker moet 'n tipe toestel uit die kombinasieblokkie ('combo
                   box') cmbQ2_1_2 selekteer. Kode word voorsien om die tipe toestel
                   wat geselekteer is, te verkry en in 'n veranderlike sDeviceType te
                   stoor.

                   Vertoon die DeviceName, Category en NumInStock van al die
                   toestelle waar die Category-veld die tipe toestel bevat wat uit die
                   kombinasieblokkie geselekteer is.

                    Voorbeeld van afvoer as TV as tipe toestel geselekteer is:

                                                                                                  (3)

        2.1.3      Knoppie [2.1.3 - Online support]

                   Vertoon die DeviceName, Category en OperatingSystem van al
                   die toestelle wat aanlyn ondersteuning by die vervaardiger kry. Die
                   resultate moet volgens die DeviceName in alfabetiese volgorde
                   gesorteer word.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      12                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

                   Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                              (6)

        2.1.4      Knoppie [2.1.4 - Profit per manufacturer]

                   Al die produkte in voorraad is beskikbaar om by 'n uitverkoping
                   gekoop te word. Die prys wat in die tblDevices-tabel vertoon word,
                   verwys na die produk se verkoopprys. Die wins nadat die voorraad
                   verkoop is, is 60% van die verkoopprys. Die totale wins wat deur elke
                   vervaardiger gemaak word, moet bereken word, as daar aangeneem
                   word dat al die produkte by die uitverkoping verkoop sal word.

                   Skryf kode om die ManufacturerID en die totale wins in 'n nuwe veld
                   met die naam Profit te vertoon, na geldeenheid ('currency')
                   geformatteer.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (6)

        2.1.5      Knoppie [2.1.5 - Remove devices]

                   Die hele reeks slim luidsprekers ('smart speakers') wat deur Mobile
                   Comp met ManufacturerID M104 vervaardig is, is as gevolg van 'n
                   fout gedurende die vervaardigingsproses herroep.

                   Verwyder al die rekords van slim luidsprekers wat               deur
                   ManufacturerID M104 vervaardig is, uit die tblDevices tabel.

                   LET WEL: Kode is voorsien om 'n boodskap wat die getal rekords
                            wat verwyder is, vertoon.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   13                                  DBE/2023
                                        SS/NSS

2.2       Oortjieblad [2.2 - Delphi code]

          LET WEL:
             Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en
              VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
             GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

          Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        14                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 - Display products]

                      Kleinhandelaars wil sien watter produkte deur elke vervaardiger
                      gemaak word.

                      Kode is voorsien om die inhoud van die redQ2_2_1-komponent
                      skoon te maak.

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                         Vertoon die vervaardiger se naam en kontaknommer in die
                          volgende formaat:
                                     <Naam van vervaardiger>: <Kontaknommer>
                         Vertoon die volgende opskrifte vir elke vervaardiger:
                                     'Device name'      'In stock'     'Price'
                         Vertoon al die toestelle wat deur elke vervaardiger gemaak word
                          deur die geskikte opskrifte te gebruik.

                      Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee vervaardigers (Berry Tech
                      en Gem Smart):

                                                                                                       (12)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 -Update stock]

                      Wanneer toestelle verkoop word, moet die getal in voorraad in die
                      tabel tblDevices verminder word.

                      Die gebruiker moet die rekord van die toestel wat verkoop gaan
                      word, uit die tblDevices-tabel in die DBGrid-komponent
                      dbgDevices selekteer.

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                         Voorsien 'n toevoerdialoogblokkie ('input dialog box') sodat die
                          gebruiker die getal toestelle wat verkoop gaan word, vir die
                          rekord wat geselekteer is, insleutel.
                         As die voorraad voldoende is, verminder die getal van die
                          geselekteerde item wat in voorraad is, met die getal wat
                          ingesleutel is. As die voorraad onvoldoende is, vertoon 'n
                          geskikte boodskap.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    15                                 DBE/2023
                                         SS/NSS

                     Voorbeeld van afvoer as die 'Bulb 6'-item geselekteer is voordat
                     enige items verkoop is:

                     Voorbeeld van afvoer as die waarde van 15 ingesleutel is en
                     15 eenhede van die geselekteerde item verkoop is:

                     Voorbeeld van afvoer as die 'Bulb 6'-item geselekteer is voordat
                     enige items verkoop is:

                     Voorbeeld van afvoer as die waarde van 101 ingesleutel is vir
                     eenhede wat verkoop moet word:

                                                                                               (6)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     16                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Slim skakelaars ('Smart switches') is geïnstalleer om huistoestelle te moniteer en te
outomatiseer. Die program wat ontwikkel gaan word, sal die toestelkragverbruik van die
skakelaar ('switch') bepaal en die gebruiker sal die opsie hê om die skakelaar AAN of
AF te skakel.

Doen die volgende:
     Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
     Maak die onvolledige objekklas SmartSwitch_U.pas oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
      Question3_U.pas-lêer en die SmartSwitch_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

     Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 hieronder.

3.1          Die gegewe onvoltooide objekklas (TSmartSwitch) bevat:

                Die verklaring van vier attribute wat 'n SmartSwitch-objek beskryf
                Kode vir 'n metode met die naam determineSwitchStatus
    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      17                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

         Die attribute vir 'n SmartSwitch-objek is soos volg verklaar:

          Attribuut        Tipe       Beskrywing
          fSwitchID        String     Die kode wat die skakelaar identifiseer, bv. S01
          fDevice          String     Die naam van die toestel wat op die skakelaar
                                      gebruik sal word
          fPowerUsage      Integer    Die hoeveelheid energie/krag in watt wat deur die
                                      toestel gebruik word
          fSwitchStatus    Boolean    Die huidige status van die skakelaar, óf True vir
                                      AAN ('ON') óf False vir AF ('OFF')

         LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruiker-gedefinieerde
                  metodes byvoeg NIE, tensy dit eksplisiet in die vraag genoem is
                  nie.

         Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
         hieronder beskryf word.

         3.1.1     Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die skakelaar-ID ('switch
                   ID'), die naam van die toestel en die kragverbruik van die skakelaar as
                   parameters sal ontvang. Ken die parameterwaardes aan die
                   onderskeie attribute toe. Ken die waarde 'false' aan die
                   fSwitchStatus-attribuut toe.                                                    (5)

         3.1.2     Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                   getSwitchID om die fSwitchID-attribuut terug te stuur.                          (2)

         3.1.3     Skryf kode vir 'n metode met die naam energyUsed wat die getal ure
                   (as 'n heelgetal) wat die toestel aangeskakel was, as 'n parameter sal
                   ontvang. Gebruik die formule hieronder om die hoeveelheid energie
                   ((kilowatt-hour (kWh)) wat deur die toestel gebruik is, te bereken en
                   terug te stuur.

                           Energie gebruik = KragVerbruik ('PowerUsage') * Ure
                                                           1000                                    (4)

         3.1.4     Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                   setSwitchStatus wat gebruik kan word om die toestel AAN ('ON') of
                   AF ('OFF') te skakel. Die metode moet 'n Boolese waarde as 'n
                   parameter ontvang en die fSwitchStatus-attribuut stel op die waarde
                   wat ontvang is.                                                                 (3)

         3.1.5     Skryf kode vir 'n toString-metode om 'n string met al die attribute van
                   die objek in die volgende formaat terug te stuur:
                   Switch ID: <SwitchID>
                   Device: <Device>
                   Power usage: <PowerUsage> W
                   Switch status: <ON> or <OFF>

                   Roep die metode determineSwitchStatus wat voorsien is, om te
                   bepaal of die skakelaar AAN ('ON') of AF ('OFF') is.                            (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         18                                  DBE/2023
                                               SS/NSS

3.2       'n Onvolledige program, Question3_P, is in die Question 3-lêergids voorsien.
          Die program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n
          objekveranderlike met die naam objSmartSwitch.

          Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 hieronder beskryf
          word, uit te voer.

          Kode is in elkeen van die knoppies voorsien om die redQ3-'rich edit'-
          komponent skoon te maak.

          3.2.1     Knoppie [3.2.1 - Instantiate object]

                    'n Lysblokkie ('list box') lstQ3_2_1 bevat toestelle en hulle
                    kragverbruik in die volgende formaat:

                                      <Toestel>#<Kragverbruik in watt>

                    Die gebruiker moet 'n skakelaar-ID uit die kombinasieblokkie ('combo
                    box') cmbQ3_2_1 en enige toestel uit die lysblokkie lstQ3_2_1
                    selekteer.

                    Skryf kode om die volgende te doen:

                          Verkry die ID van die skakelaar uit die kombinasieblokkie ('combo
                           box') cmbQ3_2_1.
                          Verkry die naam van die toestel en sy kragverbruik in watt uit die
                           lysblokkie lstQ3_2_1. Skei die naam van die toestel van die
                           kragverbruik.
                          Gebruik die skakelaar se ID, naam van die toestel en kragverbruik
                           om 'n nuwe SmartSwitch-objek te instansieer.
                          Roep die toString-metode om die inligting van die SmartSwitch-
                           objek in die 'rich edit' redQ3 te vertoon.

                    Voorbeeld van toevoer:

                    Voorbeeld van afvoer ná instansiëring van die objek:

                                                                                                      (8)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          19                                    DBE/2023
                                               SS/NSS

         3.2.2     Knoppie [3.2.2 - Change switch status]

                   Gebruik die radiogroep ('radio group') rgpQ3_2_2 om te kies of die
                   skakelaar AAN ('ON') of AF ('OFF') moet wees.

                   Skryf kode om die volgende te doen:
                         Roep die setSwitchStatus-metode deur die waarde wat uit die
                          radiogroep ('radio group') geselekteer is, as 'n argument te gebruik.
                          Die waarde 'ON' verteenwoordig True en die waarde 'OFF'
                          verteenwoordig False.
                         Vertoon die ID en die status van die objSmartSwitch-objek in die
                          'rich edit' redQ3.

                   Voorbeeld van toevoer as die 'ON'-opsie vir die 'fan'-toestel
                   geselekteer is:

                   Voorbeeld van afvoer as die 'ON'-opsie vir die 'fan'-toestel geselekteer
                   is:

                                                                                                        (5)

        3.2.3      Knoppie [3.2.3 - Write to file]

                   'n Tekslêer met die naam log.txt hou boek van die datum, tyd,
                   skakelaar se ID en status van die skakelaar.

                   Kode is in die FormCreate-gebeurtenis ('event') voorsien om die
                   huidige tyd in die byskrif ('lable') lblTime te vertoon.

                   Skryf kode om die volgende te doen:
                         Maak die tekslêer log.txt oop om 'n teksreël by te voeg.
                         Voeg 'n reël teks by die lêer wat die huidige stelseldatum, huidige
                          stelseltyd, die skakelaar se ID en die skakelaar se status in die
                          volgende formaat bevat:
                          Huidige datum, Huidige tyd, Skakelaar-ID#Skakelaar status
                   Voorbeeld van afvoer na die lêer as die stelsel se huidige datum en
                   tyd 23 May 2023, 9:18:06 AM is:
                                    23/05/2023,9:18:06 AM,S03#ON

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                         20                                    DBE/2023
                                                  SS/NSS

                       LET WEL:        'n Datumfunksie ('date function') moet gebruik word om
                                       die stelsel se huidige datum te verkry. Die formaat van
                                       die datum en tyd hang af van die streeksinstellings
                                       ('regional settings') van jou rekenaar, wat kan verskil van
                                       die voorbeeld van afvoer wat voorsien is.                           (6)

            3.2.4      Knoppie [3.2.4 - Power usage]

                       Die skakelaar sal vir 'n spesifieke aantal uur aan gelos word.

                       Die gebruiker moet die getal uur in die redigeerblokkie ('edit box')
                       edtQ3_2_4 insleutel.

                       Skryf kode om die volgende te doen:
                             Verkry die getal ure wat ingesleutel is uit die redigeerblokkie
                              edtQ3_2_4.
                             Roep die energyUsed-metode deur die getal uur wat ingesleutel
                              is, as 'n argument te gebruik.
                             Vertoon 'n geskikte boodskap in die 'rich edit' redQ3 om die
                              hoeveelheid energie wat gebruik is, in kWh aan te dui.

                       Voorbeeld van toevoer en afvoer as die toestel wat geselekteer is, 'n
                       'fan' van 100 W is en die getal ure 4 is:

                       Voorbeeld van toevoer en afvoer as die toestel wat geselekteer is, 'n
                       'pool pump' van 850 W is en die getal ure 6 is:

                                                                                                           (3)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
      die vormklas in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                        TOTAAL AFDELING C:                 40

    Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    21                               DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Jy is besig om 'n program te ontwikkel om die kabellose netwerk vir 'n kollegekampus
te toets. Die oppervlakte van die kampus is in 'n rooster ('grid') opgedeel waar
toegangspunte bygevoeg kan word en Wi-Fi-dekking bepaal sal word.

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Question4_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Die volgende twee-dimensionele skikking arrNetwork is voorsien. Die skikking
verteenwoordig die kabellose netwerk van die kollegekampus wat in 'n rooster met 5
rye en 6 kolomme opgedeel is.

arrNetwork: array [1 .. 5, 1 .. 6] of char =
                          (('_','A','_','_','_','_'),
                           ('_','_','_','_','_','_'),
                           ('_','_','_','_','A','_'),
                           ('_','_','_','_','_','_'),
                           ('_','A','_','_','_','_'));

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      22                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

Die volgende tabel bevat die beskrywings van die simbole wat in die skikking gebruik
is:

                           Simbool           Beskrywing
                           Letter ('A')      Toegangspunt
                           Onderstreep ('_') Oop spasie

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3
hieronder beskryf word.

4.1       Knoppie [4.1 - Display]

          Skryf kode om die skikking arrNetwork wat voorsien is, in die 'rich edit' redQ4
          te vertoon. Die ry- en kolomopskrifte wat die kabellose netwerk van die
          kollegekampus verteenwoordig, moet vertoon word soos in die voorbeeld van
          afvoer getoon word.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (7)

4.2       Knoppie [4.2 - Add access point]

          Die program moet in staat wees om die byvoeg van 'n toegangspunt tot die
          kampusnetwerk by 'n beskikbare spasie in die rooster vas te lê ('capture').
          'n Maksimum van drie toegangspunte word in 'n ry toegelaat.

          Die gebruiker moet die ry- en kolomwaardes uit die spin-redigeerblokkies
          sedQ4_2_Row en sedQ4_2_Col selekteer waar die toegangspunt bygevoeg
          moet word.

          Skryf kode om die volgende te doen:

             Verkry die ry- en kolomwaardes wat vir die plek van die toegangspunt
              geselekteer is.
             Voeg die toegangspunt by die plek in arrNetwork by as daar nie 'n
              toegangspunt by daardie plek is nie en die totale getal toegangspunte in
              daardie ry nie meer as twee is nie.

              Vertoon 'n geskikte boodskap as:

              o    Daar reeds 'n toegangspunt is by die spesifieke plek is
              o    Die ry reeds meer as twee toegangspunte bevat

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                    23                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

          Voorbeeld van afvoer as die geselekteerde ry 3 is en die geselekteerde
          kolom 1 is:

          Voorbeeld van afvoer as die geselekteerde ry 3 is en die geselekteerde
          kolom 5 is en daar reeds 'n toegangspunt by hierdie plek ('location') is:

          Voorbeeld van afvoer as die gebruiker probeer om 'n toegangspunt by te voeg
          in 'n ry wat reeds 3 toegangspunte het:

                                                                                                  (10)
4.3       Knoppie [4.3 - Coverage ]

          'n Rooster word gebruik om te bepaal watter blokke/plekke op die kampus
          dekking sal hê en watter nie dekking sal hê nie. Elke toegangspunt (A) het die
          kapasiteit om 'n sein aan al die blokke/plekke rondom die toegangspunt te
          voorsien. Die blokke/plekke wat per toegangspunt gedek word, sal met die
          asterisk('*')-karakter gemerk word.

          Voorbeeld:

          Skryf kode om die volgende te doen:

             Voeg dekkingsimbole (*) by rondom al die toegangspunte in die kampus
              se netwerk wat in die skikking arrNetwork gestoor is.
             Vertoon die skikking arrNetwork nadat die dekkingsimbole bygevoeg is.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                24                                 DBE/2023
                                         SS/NSS

             Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (13)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                             TOTAAL AFDELING D:          30
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

    Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          1                                     DBE/2023
                                              SS/NSS

                                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblManufacturers

Hierdie tabel bevat die besonderhede van die vervaardigers.

Veldnaam                   Datatipe        Beskrywing
ManufacturerID             Text (5)        Unieke ID vir elke vervaardiger
ManufacturerName           Text (25)       Naam van elke vervaardiger
ContactNumber              Text (10)       Die kontaknommer van elke vervaardiger
OnlineSupport              Yes/No          Die waarde 'true' om aan te dui dat aanlyn
                                           ondersteuning voorsien sal word; 'false' indien nie

Voorbeeld van die eerste sewe rekords van die tblManufacturers-tabel:

Tabel: tblDevices

Hierdie tabel bevat inligting oor die toestelle wat deur elke vervaardiger gemaak word.

Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
DeviceID                  Text (10)       Unieke ID vir elke toestel
DeviceName                Text (20)       Unieke naam vir elke toestel
Category                  Text (20)       Kategorie van elke toestel: smart watch, smart
                                          lighting, smart TV, smart speaker, smart refrigerator,
                                          smart door lock, smart heating
OperatingSystem           Text(15)        Die bedryfstelsel wat gebruik word om toestelle te
                                          laat uitvoer en met die vervaardiger te koppel
Price                     Currency        Die verkoopprys van elke toestel
NumInStock                Number          Die hoeveelheid voorraad wat vir elke toestel
                                          beskikbaar is
ManufacturerID            Text (5)        ID van die vervaardiger van elke toestel

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblDevices-tabel:

LET WEL:
 Konneksiekode is voorsien.
 Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
  databasis kan verkry nie.

Die volgende een-tot-baie verwantskap met referensiële integriteit ('referential integrity')
bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             DBE/2023
                                  SS/NSS

                           BEPLANNINGSBLADSY 1

Kopiereg voorbehou

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             DBE/2023
                                  SS/NSS

                           BEPLANNINGSBLADSY 2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Information Technology · Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
