# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2013 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2012-afr/e7ac3cee-216d-46a6-929c-a2c65582f09d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2012-afr/e7ac3cee-216d-46a6-929c-a2c65582f09d)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                    NOVEMBER 2012

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 5 bylae.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                            DBE/November 2012
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om
          die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

2.        Daar is geen onderskeid getref in die formulering van die vrae in terme van
          programmering tussen die twee programmeringstale in hierdie vraestel nie.
          Waar dit vereis word, word spesifieke instruksies verskaf vir Delphi-en Java-
          kandidate onderskeidelik.

3.        Jy het die lys lêers hieronder nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal op 'n
          stiffie OF 'n CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser sal vir
          jou sê waar om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy gebruik, te vind
          OF in watter netwerklêergids ('network folder') dit is:

          Vraag1_Delphi:                          Vraag1_Java:
          DieretuinDB.mdb                         Dieretuin.java
          tblKarnivore.txt                        DieretuinDB.mdb
          tblVeeartsBesoeke.txt                   tblKarnivore.txt
          Vraag1P.dpr                             tblVeeartsBesoeke.txt
          Vraag1P.res                             ToetsVraag1.java
          Vraag1U.dfm
          Vraag1U.pas

          Vraag2_Delphi:                          Vraag2_Java:
          DataV2.txt                              DataV2.txt
          uVr2.pas                                ToetsVraag2.java
          Vraag2P.dpr                             Vr2.java
          Vraag2P.res
          Vraag2U.dfm
          Vraag2U.pas

          Vraag3_Delphi:                          Vraag3_Java:
          DataV3_Delphi.txt                       DataV3_Java.txt

          Indien jy die lêers hierbo op 'n skyf (CD of stiffie) ontvang het, skryf jou
          eksamennommer op die etiket.

4.        Tik jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van elke
          programlêer wat jou programmeringskode bevat.

5.        Jou program moet altyd gekodeer word om die vraag, soos wat dit
          geformuleer is, te beantwoord. Jy mag nie slegs die gegewe afvoer wat in die
          vraestel verskaf word, naboots nie.

6.        Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
          nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     3                         DBE/November 2012
                                           NSS

7.        Om jou te help om elke vraag beter te verstaan, moet jy die hele vraag eers
          deurlees voordat jy enige subvrae beantwoord.

8.        Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen
          kragonderbrekings.

9.        Daar kan moontlik 'n tegniese onderbreking voorkom wat jou verhoed om die
          eksamen te skryf, soos 'n kragonderbreking. Wanneer jy voortgaan om die
          eksamen te skryf, sal die oorblywende tyd vandat die onderbreking begin het
          en 'n addisionele 10 minute aan jou gegee word.

10.       Gedurende die eksamen mag jy die handleidings wat oorspronklik saam met
          die apparatuur en programmatuur verskaf is, gebruik. Jy mag ook die HELP-
          funksies van die programmatuur gebruik. Java-kandidate mag die Java API-
          lêers gebruik. Jy mag NIE enige ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die skyf of CD met al jou
          werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op die
          hardeskyf/netwerk gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou
          verduidelik is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

12.       Maak   drukstukke   van     die   programmeringskodes       van    al    die
          programmeringsvrae wat jy gedoen het.

13.       Al die drukwerk van die programmeringsvrae wat jy gedoen het, sal binne een
          uur nadat hierdie eksamen afgehandel is, plaasvind.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     4                          DBE/November 2012
                                           NSS

SCENARIO

Die Afrika-dieretuin huisves 'n groot verskeidenheid diere. Die diere word in
verskillende kampe binne spesifieke areas in die dieretuin gehou. Die dieretuin het ook
'n akwarium en reptielpark.

Die dieretuin benodig nuwe sagteware vir die administrasie van die verskeie aktiwiteite
by die dieretuin.

Daar word van jou verwag om die volgende DRIE vrae te voltooi deur die
programmeringstaal wat jy bestudeer het, te gebruik.

VRAAG 1: PROGRAMMERING EN DATABASIS
'n Microsoft Office Access-databasis met die naam DieretuinDB.mdb, twee tekslêers
(tblKarnivore.txt en tblVeeartsBesoeke.txt) en 'n onvoltooide program word in die
lêergids met die naam Vraag1_XXXX, waar XXXX verwys na die programmeringstaal
wat jy bestudeer het, verskaf.

Die ontwerp van die tabelle in die DieretuinDB-databasis en voorbeelddata vir elke
tabel kan in BYLAAG A gevind word.
Doen die volgende:

•   Maak 'n rugsteunkopie van die DieretuinDB-databasis VOORDAT jy begin om
    VRAAG 1 te beantwoord. Jy sal 'n kopie van die oorspronklike databasis nodig hê
    om jou program deeglik te kan toets.
•   Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 1 deur die naam van die
    programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang.

•   Maak die gegewe onvoltooide program vir VRAAG 1 oop.

•   Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer.

•   Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon agt keuselysopsies
    soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 1 in BYLAAG B (Delphi)/
    BYLAAG C (Java).
    LET WEL:
    o 'n Foutboodskap sal vertoon word indien enige van die opsies A–G gekies
       word, as gevolg van die onvoltooide SQL-stellings.

    o    Indien jy enige probleme ondervind om die databasis te gebruik of om met die
         databasis te koppel, verwys na BYLAAG D (Delphi)/ BYLAAG E (Java) vir
         foutopsporingswenke.

    o    Indien jy steeds databasisprobleme ondervind, moet jy nogtans die SQL-kode
         doen en dit inlewer om nagesien te word. Punte sal slegs toegeken word vir
         die programmeringskode wat die SQL-stellings bevat.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           5                             DBE/November 2012
                                                 NSS

•     Voltooi die kode vir elke keuselysopsie deur 'n toepaslike SQL-stelling te formuleer
      om die resultate van die onderskeie navrae ('queries') te vertoon soos beskryf in
      VRAAG 1.1 tot 1.7 hieronder.

      LET WEL:       Die kode van sommige toevoerstellings en die kode om die SQL-
                     stelling uit te voer en die resultate van hierdie navrae te vertoon, is
                     reeds geskryf as deel van die gegewe kode.

1.1        Keuselysopsie A

           Vertoon al die inligting van die diere wat in die tblKarnivore-tabel gestoor is,
           eerstens volgens die FamilieNaam-veld en tweedens volgens die
           WetenskaplikeNaam-veld in alfabetiese volgorde gesorteer.

           Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords:

KampNr     FamilieNaam WetenskaplikeNaam AlgemeneNaam TelVolwassenes TelKleintjies KampGrootteBedreig
ZE7        Canidae     Canis adustus     Witkwasjakkals           6              3        46 MB
ZE8        Canidae     Canis mesomelas   Rooijakkals              3              3        52 MB
ZF1        Canidae     Lycaon pictus     Wildehond                2              1        60 BE
ZE9        Canidae     Otocyon megalotis Bakoorjakkals            2              3        52 MB
ZE6        Canidae     Vulpes chama      Silwervos                7              4        46 MB
:                                                                                                       (3)

1.2        Keuselysopsie B

           Die gebruiker sleutel die familienaam van 'n dier in via die sleutelbord.
           Vertoon die wetenskaplike naam, algemene naam, kampnommer en
           kampgrootte van die diere wat tot die familie, wat deur die gebruiker
           ingesleutel is, behoort en wat in die ZE-area van die dieretuin gehuisves
           word.

           Die KampNr-veld dui die spesifieke kamp binne 'n area aan waar die diere
           gehuisves word, byvoorbeeld in kamp nommer ZE5. (ZE verteenwoordig die
           area van die dieretuin en 5 die spesifieke kamp in daardie area).

           Voorbeeld van die afvoer van die diere in die Canidae-familie in die ZE-area:

                  WetenskaplikeNaam      AlgemeneNaam       KampNr         KampGrootte
                  Vulpes chama           Silwervos          ZE6                       46
                  Canis adustus          Witkwasjakkals     ZE7                       46
                  Canis mesomelas        Rooijakkals        ZE8                       52
                  Otocyon megalotis      Bakoorjakkals      ZE9                       52                (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       6                         DBE/November 2012
                                             NSS

1.3       Keuselysopsie C

          Vertoon die kategorieë van bedreigde spesies en die totale getal dierspesies
          in elke kategorie wat by die dieretuin gehuisves word. Gebruik 'n berekende
          veld met die opskrif TelDiere vir die berekening.

          Voorbeeld van die afvoer:

                                        Bedreig     TelDiere
                                        BE                  1
                                        MB                 37
                                        NB                  1
                                        KW                  3                                   (4)

1.4       Keuselysopsie D

          Vertoon die kampnommer en 'n berekende veld, wat die spasie wat
          beskikbaar is vir elke dier van die verskillende muishondspesies en wat in die
          AlgemeneNaam-veld aangedui is, sal vertoon.

          Bereken die spasie beskikbaar per dier deur 'n formule te skep wat die
          kampgrootte deel deur die totale getal diere wat in die kamp gehuisves word.
          Die berekende waardes moet tot 'n maksimum van twee desimale plekke
          vertoon word. Vertoon die berekende veld met die opskrif SpasiePerDier.

          WENK:           Gebruik die TelVolwassenes-, TelKleintjies- en KampGrootte-
                          velde as deel van die formule.

          Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords:

                                    KampNr         SpasiePerDier
                                    ZD1            6.8
                                    ZD2            5.5
                                    ZD3            3.09
                                    ZD4            10.5
                                    ZD5            3.25
                                    :

          LET WEL:        Die formaat van die SpasiePerDier-veld mag verskil van die
                          gegewe voorbeeld.                                                     (6)

1.5       Keuselysopsie E

          Vermeerder die getal jong diere in die ZF1-kamp met 3.

          Indien die opdatering van die rekord suksesvol gedoen is, sal 'n
          afvoerboodskap wat aandui dat die rekord suksesvol verwerk is, vertoon
          word.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            7                          DBE/November 2012
                                                  NSS

1.6        Keuselysopsie F

           Die gebruiker word versoek om die dag van die maand waarop die veearts
           die diere besoek het, byvoorbeeld 23, in te sleutel.

           Vertoon die kampnommer, die algemene naam, die datum van die besoek,
           die ID's van die spesifieke diere wat besoek is en die rede waarom elk van
           die diere besoek is op die spesifieke dag van die maand wat deur die
           gebruiker ingesleutel is.

           WENK:            Gebruik die DAY()-SQL-funksie in die SQL-stelling.

           Voorbeeld van die afvoer van die eerste vyf rekords vir 23 September 2012:

          KampNr          AlgemeneNaam          BesoekDatum   Dier_ID   RedeVirBesoek
          ZF1             Wildehond             2012-09-23    ZF1_5     Bygestaan met geboorte
          ZD3             Kaapse grysmuishond   2012-09-23    ZD3_3     Velprobleem
          ZD8             Selous se muishond    2012-09-23    ZD8_1     Roetinebesoek
          ZE6             Silwervos             2012-09-23    ZE6_5     Roetinebesoek
          ZE4             Bruin hiëna           2012-09-23    ZE4_5     Roetinebesoek
          :

           LET WEL: Die formaat van die datums in die BesoekDatum-veld mag verskil
                    van die gegewe voorbeeld.                                                         (7)

1.7        Keuselysopsie G

           Op 25 September 2012 moes die veearts die dier met die ID ZD5_3 in kamp
           ZD5 ondersoek vir 'n oorinfeksie. Hy het aangedui dat 'n opvolgbesoek nodig
           sou wees. Voeg hierdie data as 'n nuwe rekord in die tblVeeartsBesoeke-
           tabel by.

           Indien die rekord suksesvol in die tabel bygevoeg is, sal 'n afvoerboodskap
           wat aandui dat die rekord suksesvol verwerk is, vertoon word.

           WENK: Gebruik opsie F om die byvoeging van die rekord in die databasis te
                 verifieer. Gebruik 25 September 2012 as toevoerdata.                                 (6)

•     Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reёl van die lêer wat
      die SQL-stellings bevat.
•     Stoor jou program.
•     Maak 'n drukstuk van die kode.                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      8                            DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Diere word van tyd tot tyd na die dieretuin oorgeplaas. Die administrateur van die
dieretuin benodig programmatuur wat kan help met die plasing van hierdie diere in
geskikte, beskikbare kampe.

Die diere by die dieretuin word volgens hul grootte in drie kategorieë geklassifiseer:

•   G – Groot dier
•   M – Mediumgrootte dier
•   K – Klein dier

Verskillende spesies diere word in verskillende groottes kampe gehuisves.

Die lêers wat vir hierdie vraag benodig word, kan gevind word in die lêergids met die
naam Vraag2_XXXX waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy bestudeer
het. Jy is voorsien van 'n tekslêer met die naam DataV2.txt en 'n onvolledige program
wat bestaan uit:

•   'n Klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) wat die
    eienskappe van 'n kamp beskryf en wat ook 'n paar metodes bevat
•   'n Hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java)

Die tekslêer bevat die data van 'n onbekende aantal kampe in die dieretuin.

Die besonderhede van elke kamp verskyn in een reël met die data-items geskei deur
kommapunte (;) en huts ('hash') (#) -karakters in die volgende formaat:

<Soort dier>;<Getal diere tans in die kamp>#<Grootte van die kamp in vierkante
meter>;<Kategorie van diere gebaseer op grootte>#

Voorbeeld van die data vir die eerste vyf kampe in die DataV2.txt-tekslêer:

Jagluiperd;3#80.2;G#
Ratel;7#50;K#
XXX;0#20;X#
Tierboskat;5#80.75;M#
XXX;0#36;X#

LET WEL:       XXX verteenwoordig 'n leë kamp en daarom is die kategorie van die diere
               onbekend en word deur 'n X aangedui.

Doen die volgende:

•   Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 2 deur die naam van die
    programmeringstaal wat jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang.

•   Delphi-programmeerders:

    o      Maak die onvoltooide programlêer Vraag2P.dpr oop.
    o      Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van beide
           die klaseenheid (uVr2) en die hoofvormeenheid (Vraag2U).

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           9                           DBE/November 2012
                                                 NSS

•     Java-programmeerders:

      o    Maak die gegewe, onvoltooide objekklas Vr2 en die toetsklas ToetsVraag2
           oop.
      o    Voeg jou eksamennommer by as 'n kommentaar in die eerste reël van beide
           die objekklas (Vr2) en die toetsklas (ToetsVraag2).

•     Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon drie keuselysopsies
      soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 2 in BYLAAG B
      (Delphi)/BYLAAG C (Java).

2.1       Doen die volgende om die kode in die klaseenheid ('class unit'
          (Delphi))/objekklas ('object class') (Java) te voltooi:

          Die gegewe uVr2-eenheid (Delphi)/Vr2-klas (Java) bevat die verklaring van
          vier attribute vir 'n kamp-objek en die wysigings- ('set/mutator') en die haal
          ('get/accessor')-metodes vir hierdie attribute.

          Skryf kode vir addisionele metodes soos hieronder beskryf.

          2.1.1           Skryf kode vir 'n konstruktor-metode deur parameterwaardes te
                          gebruik om die volgende attribute te inisialiseer:

                          •   Soort dier (fDTipe/tipe)
                          •   Totale getal van hierdie diersoort in die kamp (fAantal/aantal)
                          •   Grootte van die kamp in vierkante meter (fGrootte/grootte)
                          •   Die kategorie van die diere in die kamp volgens hul grootte, dit
                              is G, M of K. (fKat/kat)                                               (4)

          2.1.2           Skryf kode vir 'n metode met die naam isGeskik om te bepaal of
                          'n kamp geskik is om 'n spesifieke groep diere te huisves. Die
                          metode ontvang die getal diere waaruit die groep bestaan en hulle
                          kategorie gebaseer op grootte as parameters. Die metode stuur 'n
                          Boolese waarde terug.

                          Die volgende is van toepassing:

                          •   Diere kan slegs in 'n leë kamp gehuisves word. 'n Leë kamp
                              word aangedui met "XXX" as diersoort.

                          •   Die kamp moet groot genoeg wees om die groep diere te kan
                              huisves. Die kriteria vir die grootte van die kampe is (op die
                              volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            10                         DBE/November 2012
                                                  NSS

                          o    'n Groot dier (G) het 'n minimum ruimte van 18 vierkante
                               meter nodig.
                          o    'n Mediumgrootte dier (M) het 'n minimum ruimte van
                               12 vierkante meter en 'n maksimum ruimte van minder as
                               18 vierkante meter nodig.
                          o    'n Klein diertjie (K) het 'n minimum ruimte van 7 vierkante
                               meter en 'n maksimum ruimte van minder as 12 vierkante
                               meter nodig.                                                           (7)

          2.1.3           Skryf kode vir 'n toString-metode wat 'n string sal saamstel en
                          terugstuur wat byskrifte en inligting oor die objek in die volgende
                          formaat insluit:

                          <Soort dier>...<Kategorie van die diere in die kamp>
                          Kampgrootte: <Kampgrootte>
                          Getal diere: <Getal diere in die kamp>
                          <Leë reël>

                          Voorbeeld van die afvoer van die eerste twee objekte wanneer hul
                          stringe deur die toString-metode teruggestuur en vertoon word:

                          Jagluiperd...G
                          Kampgrootte: 80.2
                          Getal diere: 3

                          Ratel...K
                          Kampgrootte: 50.0
                          Getal diere: 7
                                                                                                      (4)

2.2       Doen die volgende om die kode in die hoofvormeenheid ('main form
          unit' (Delphi))/toetsklas ('test class') (Java) te voltooi:

          2.2.1           Verklaar 'n skikking wat in staat is om 30 kamp-objekte te kan stoor
                          en 'n tellerveranderlike om tred te hou met die getal objekte in die
                          skikking.                                                                   (2)

          2.2.2           Skryf kode om te toets of die tekslêer bestaan.

                          Indien die lêer bestaan, skryf kode om reëls met teks vanuit die
                          tekslêer te lees. Vir elke reël met teks, onttrek die data, skep 'n
                          kamp-objek en ken die objek aan die skikking toe.

                          Indien die tekslêer nie bestaan nie, vertoon 'n gepaste boodskap
                          en staak die program.

                          LET WEL:     Die objekte moet aan die skikking toegeken word
                                       voordat die keuselysopsies vertoon word.                       (15)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            11                         DBE/November 2012
                                                  NSS

          2.2.3           Voltooi elke keuselysopsie soos volg:

                          Keuselysopsie A

                          Skryf kode om 'n genommerde lys van al die inligting vir al die
                          kampe te vertoon deur die toString-metode te gebruik.

                          Voorbeeld van die afvoer van 'n paar van die kampe:

                          Lys van al die kampe
                          ====================
                          Kampnommer: 1
                          Jagluiperd...G
                          Kampgrootte: 80.2
                          Getal diere: 3

                          Kampnommer: 2
                          Ratel...K
                          Kampgrootte: 50.0
                          Getal diere: 7

                          Kampnommer: 3
                          XXX...X
                          Kampgrootte: 20.0
                          Getal diere: 0

                          :                                                                           (4)

                          Keuselysopsie B

                          'n Aantal diere moet na die dieretuin oorgeplaas word en 'n
                          geskikte leë kamp moet geïdentifiseer word om hulle te gehuisves.

                          Skryf kode wat die gebruiker toelaat om die volgende in te sleutel:

                          •   Die soort dier, byvoorbeeld Tier
                          •   Die getal diere van hierdie soort dier
                          •   Die kategorie van die diere, op hul grootte gebaseer
                              (byvoorbeeld G, M of K)

                          Gebruik 'n voorwaardelike lus en die isGeskik-metode om vir 'n
                          geskikte leë kamp in die skikking te soek.

                          Indien 'n geskikte leë kamp gevind word, moet die attribute van die
                          leë kamp-objek in die skikking opgedateer word deur die relevante
                          wysigings-('set/mutator') metodes te gebruik. 'n Boodskap wat die
                          kampnommer aandui, moet vertoon word.

                          WENK: Gebruik keuselysopsie A om al die kampe te vertoon om
                                te sien of die leë kamp waarna in die boodskap verwys
                                word, met die relevante inligting opgedateer is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                              12                   DBE/November 2012
                                                    NSS

                          Indien 'n geskikte leë kamp nie gevind kan word nie, moet 'n
                          gepaste boodskap vertoon word.

                          Toets jou program met die volgende toetsdata:

                          Inligting vir toetsdata stel 1:

                          Soort dier: Tier
                          Getal diere: 2
                          Grootte van die diere: G

                          Voorbeeld van die afvoer:

                          Hierdie diere is in kamp nommer 5 geplaas.

                          Lys van al die kampe
                          ====================
                          :

                          Kampnommer: 5
                          Tier...G
                          Kampgrootte: 36.0
                          Getal diere: 2

                          :

                          Inligting vir toetsdata stel 2:

                          Soort dier: Meerkat
                          Getal diere: 12
                          Grootte van die diere: K

                          Voorbeeld van die afvoer:

                          Geen geskikte kamp is gevind nie.                                       (11)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    klaseenheid (Delphi)/objekklas (Java) asook die hoofvormeenheid ('main form unit')
    (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) ingesleutel is.
•   Stoor al die lêers.
•   'n Drukstuk van die kode sal vereis word.
•   Druk beide die klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) en
    die hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java).              [47]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       13                          DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Die akwarium en die reptielpark in die dieretuin het besluit om 'n kompetisie te hou om
besoekers oor hul aktiwiteite in te lig. Vier uitstallings met die name A, B, C en D is
deur die dieretuinopsigters in beide die akwarium en reptielpark opgerig. Besoekers
neem deel aan die kompetisie deur inskrywingsvorms te voltooi waarop hulle aandui
watter uitstalling hulle as die beste beskou.

Die inligting wat deur elke deelnemer op sy/haar inskrywingsvorm verskaf is, word as
'n string in die volgende formaat vasgelê:

              <Afdeling><Uitstalling><Geslag><Kaartjienommer>

•   Afdeling dui die afdeling van hul gunstelinguitstalling aan. Die afdeling kan die
    letter A (Akwarium) of die letter R (Reptielpark) wees.
•   Uitstalling verwys na die spesifieke uitstalling wat hulle as hul gunstelinguitstalling
    in die aangeduide afdeling gekies het. Elke uitstalling in elke afdeling word
    aangedui deur die letters A, B, C of D.
•   Geslag verwys na die deelnemer se geslag. Die hoofletter M of V dui aan dat die
    inskrywingsvorm ingevul is deur 'n volwasse man (M) of volwasse vrou (V). Die
    kleinletter m of v dui aan dat die inskrywingsvorm deur 'n seun (m) of 'n dogter (v)
    ingevul is.
•   Kaartjienommer verwys na die nommer wat op die inskrywingsvorm gedruk is.

Voorbeelde van die stringe wat vasgelê is:

•   RCv15: 'n Dogter met kaartjienommer 15 het uitstalling C van die reptielpark (R)-
    afdeling as die beste uitstalling gekies.
•   ADM33: 'n Volwasse man met kaartjienommer 33 het uitstalling D van die
    akwarium (A)-afdeling as die beste uitstalling gekies.

Die lêergids Vraag3_XXXX bevat 'n tekslêer DataV3_XXXX.txt waar XXXX verwys na
die programmeringstaal wat jy bestudeer het.

Die gegewe tekslêer bevat die volgende:

•   Kode vir die verklaring van 'n skikking met die naam arrTic. Die skikking bevat
    32 stringe wat die data wat van die voltooide inskrywingsvorms verkry is,
    verteenwoordig.
•   Java-kode om 'n keuselys met drie opsies te vertoon.

Inhoud van die arrTic-skikking:

RCm158, ADM33, RCv250, RAv5, BRM32, ADm236, RCm23, RDM54, RCv17,
RAm12, ADm9, RCV43, RDm140, RDm23, ACV113, ABv30, RDm22, ARv38,
RCV8, RAv53, RCv12, ABV156, ADM31, ADM47, RAv48, ABV246, ABv59,
RRM321, ABm36, RCV31, RAm445, ACn26

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       14                          DBE/November 2012
                                             NSS

Doen die volgende:

•   Hernoem die gegewe lêergids vir VRAAG 3 deur die naam van die
    programmeringstaal wat jy bestudeer het met jou eksamennommer te vervang.

•   Skep 'n nuwe program/projek/toepassing.

•   Voeg jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer(s) wat jy geskep het en wat jou kode gaan bevat.

•   Java-programmeerders: Indien jou oplossing uit meer as een klaslêer bestaan,
    maak seker dat jy jou eksamennommer as kommentaar in al die klaslêers byvoeg.

•   Stoor die programlêer(s) in die hernoemde lêergids vir VRAAG 3 deur die
    vraagnommer as deel van die lêernaam te gebruik.

•   Ontwerp 'n koppelvlak soos volg:

    o    Delphi-programmeerders:

         Ontwikkel 'n koppelvlak om 'n keuselys te vertoon soos aangedui in die
         afdeling met die naam VRAAG 3 in BYLAAG B.

    o    Java-programmeerders:

         Kopieer en gebruik die kode uit die DataV3_Java-tekslêer om 'n keuselys te
         vertoon soos aangedui in die afdeling met die naam VRAAG 3 in BYLAAG C.

•   Maak gebruik van die volgende kode om die "Verlaat"-keuselysopsie te voltooi:

    o    Delphi-programmeerders:
          Application.Terminate;

    o    Java-programmeerders:
          System.exit(0);

•   Kopieer die teks vir die verklaring van die skikking, wat in die tekslêer verskaf is,
    na jou programlêer.

•   Voltooi die kode vir elke keuselysopsie wat soos volg beskryf word:

LET WEL:       Toets jou program deur die keuselys opsies in volgorde uit te voer, dit is
               opsie A, dan opsie B en laastens opsie C.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         15                          DBE/November 2012
                                               NSS

3.1       Keuselysopsie A

          Die data is die gegewe skikking arrTic moet gevalideer word.

          'n Inskrywing is geldig indien daar aan die volgende voorwaardes vir die
          eerste drie karakters voldoen word:

          •     Die eerste karakter wat die gekose afdeling aandui, kan slegs die letter A
                of die letter R wees.
          •     Die tweede karakter wat die gekose uitstalling aandui, kan slegs die
                letters A, B, C of D wees.
          •     Die derde karakter wat die geslag aandui, kan slegs die letters M, V, m of
                v wees.

          Skryf kode om ongeldige inskrywings in die skikking arrTic te identifiseer. Vir
          elke ongeldige inskrywing:

          •     Vertoon die ongeldige inskrywing
          •     Vervang die ongeldige inskrywing in die arrTic-skikking met die letter 'Z'.

          Voorbeeld van die afvoer:

          Ongeldige inskrywings:
          BRM32
          ARv38
          RRM321
          ACn26                                                                                    (8)

3.2       Keuselysopsie B

          Die program moet 'n getal ewekansig kies. Die getal verteenwoordig die
          posisie van die wenkaartjie in die skikking.

          Vertoon die nommer wat ewekansig gegenereer is en die kode van die
          wenkaartjie met gepaste byskrifte.

          Indien 'n ongeldige inskrywing gekies word, moet die program die woord
          'Ongeldig' vertoon en aanhou om kaartjies ewekansig te kies totdat 'n geldige
          inskrywing gekies word.

          LET WEL:
          • Jy mag aanneem dat keuselysopsie A reeds gekies en uitgevoer is.
          • As gevolg van die 'random'-funksie mag die getal wat deur jou program
             gegenereer word, verskil van dié wat in die voorbeelde hieronder getoon
             word.

          Voorbeeld 1:

          Die posisie van die wenkaartjie in die skikking: 24
          Die wenkaartjie: ABM47

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        16                         DBE/November 2012
                                              NSS

           Voorbeeld 2:

           Indien 'n paar ongeldige inskrywings ewekansig gekies is voordat 'n geldige
           wenkaartjie gekies is, sal die afvoer soos volg wees:

           Ongeldig
           Ongeldig
           Die posisie van die wenkaartjie in die skikking: 6
           Die wenkaartjie: ADm236                                                             (11)

3.3        Keuselysopsie C

           Die bestuur wil medaljes aan die drie uitstallings, wat as die beste deur die
           deelnemers aangewys is, toeken. Hulle benodig 'n verslag wat die drie
           uitstallings wat medaljewenners is, vertoon.

           Punte word soos volg aan die uitstallings toegeken:

           •    'n Uitstalling wat deur 'n volwassene as die beste aangedui is, ontvang
                12 punte.
           •    'n Uitstalling wat deur 'n kind as die beste aangedui is, ontvang 5 punte.

           Die medaljes word soos volg toegeken:

           •    Die uitstalling met die hoogste totale punte ontvang die goue medalje.
           •    Die uitstalling met die tweede hoogste totale punte ontvang die
                silwermedalje.
           •    Die uitstalling met die derde hoogste totale punte ontvang die
                bronsmedalje.

           Slegs data van geldige kaartjie-inskrywings moet gebruik word om die verslag
           saam te stel.

           LET WEL:       'n Ongeldige inskrywing word deur die enkele karakter 'Z' in die
                          skikking aangedui nadat opsie A uitgevoer is.

           Voorbeeld van die afvoer:

           Uitstallings wat medaljes wen:
           Medalje       Uitstalling    Punte
           Goud          RC             61
           Silwer        AD             46
           Brons         AB             39                                                    (19)

•     Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reёl van enige
      programlêer wat jou kode bevat, ingesleutel is.
•     Stoor al die lêers.
•     'n Drukstuk van die kode sal vereis word.                                               [38]

                                                                                TOTAAL:       120

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Inligtingstegnologie/V1
                               Downloaded from hlayiso.com                                                                    DBE/November 2012
                                                                    NSS

BYLAAG A: DATABASISSTRUKTUUR EN VOORBEELDDATA
Hierdie bylaag vertoon die datastruktuur en voorbeelddata vir die tabelle wat in die DieretuinDB-databasis in VRAAG 1 gebruik word.
tblKarnivore: Hierdie tabel bevat data oor al die karnivore wat in die dieretuin gehuisves word.
Tabelstruktuur:
 Field Name               Type     Size      Description
 KampNr                   Text     4         'n Unieke kode wat aan elke kamp toegeken is
 FamilieNaam              Text     15        Die wetenskaplike klassifikasie van die dierspesie wat in die kamp gehuisves word
 WetenskaplikeNaam        Text     30        Die wetenskaplike naam van die diere wat in die kamp gehuisves word
 AlgemeneNaam             Text     30        Die algemene naam van die diere wat in die kamp gehuisves word
 TelVolwassenes           Number   Integer   Die getal volgroeide diere wat in die kamp gehuisves word
 TelKleintjies            Number   Integer   Die getal jong diere (nie volgroeid nie) wat in die kamp gehuisves word
 KampGrootte              Number   Integer   Die grootte van die kamp in vierkante meter
 Bedreig                  Text     2         Die bedreigdespesie-kategorie wat gebruik is. Die kategorieë is:
                                             MB – Minste bedreig beteken dat daar tans geen identifiseerbare risiko's vir die spesie is nie.
                                             KW – Kwesbaar beteken dat die spesie 'n hoë risiko van uitwissing in die natuur in die gesig staar.
                                             NB – Nie bedreig beteken dat daar aan geen kriteria voldoen word, om as uitwissingsrisiko
                                                   gekategoriseer te word nie, maar dit sal heel moontlik in die toekoms daaraan voldoen.
                                             BE – Bedreig beteken die spesie staar 'n uiters hoë risiko van uitwissing in die natuur in die gesig.

Voorbeelddata:

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Inligtingstegnologie/V1
                            Downloaded from hlayiso.com                                                                    DBE/November 2012
                                                               NSS

tblVeeartsBesoeke: Hierdie tabel bevat data oor die veearts se besoeke aan sommige diere gedurende een week van
                   September.

Tabelstruktuur:

 Field Name               Type         Size           Description
 BesoekID                 Autonumber   Long integer   Nommer om elke besoek deur die veearts uniek te identifiseer
 BesoekDatum              Date/Time    Short date     Datum waarop die veearts die kamp besoek het (yyyy/mm/dd)
 KampNr                   Text         4              Kode vir die kamp wat besoek is
 RedeVirBesoek            Text         30             Rede waarom die veearts die dier in die kamp besoek het
 Opvolg                   Yes/No                      Is 'n opvolgbesoek geskeduleer? (Ja/Nee)
 Dier_ID                  Text         10             Kode om die dier wat in die kamp besoek is, unieke te identifiseer

Voorbeelddata:

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                               DBE/November 2012
                                          NSS

BYLAAG B: DELPHI – GUI-KOPPELVLAKKE PER VRAAG

VRAAG 1

Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word.

VRAAG 2

Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word.

VRAAG 3

Daar word van jou verwag om die volgende koppelvlak as deel van die oplossing vir
VRAAG 3 te skep. Wanneer jy die program uitvoer, moet die koppelvlak hieronder
vertoon word.

LET WEL:       Gebruik die MainMenu-komponent om die keuselys te skep.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                               DBE/November 2012
                                          NSS

BYLAAG C: JAVA – KOPPELVLAKKE PER VRAAG

VRAAG 1

Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word.

VRAAG 2

Wanneer jy die program uitvoer, sal die koppelvlak hieronder vertoon word:

VRAAG 3

Kopieer en gebruik die kode in die DataV3_Java-tekslêer om die volgende koppelvlak
as deel van die oplossing vir VRAAG 3 te skep. Wanneer jy die program uitvoer, moet
die koppelvlak hieronder vertoon word.

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                                    DBE/November 2012
                                              NSS

BYLAAG D: DELPHI – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME

D.1       Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie:

          •     Skep jou eie databasis met die naam DieretuinDB wat 'n tabel met die
                naam tblKarnivore en nog 'n tabel met die naam tblVeeartsBesoeke
                insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1.
          •     Voer       ('Import')   die    twee     tekslêers   (tblKarnivore.txt en
                tblVeeartsBesoeke.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te
                gebruik.
          •     Die eerste reël in die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet
                word.

D.2       Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie:

          •     Maak seker dat die databasislêer DieretuinDB in dieselfde lêergids as
                jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die
                databasislêer na dieselfde lêergids as jou program.

D.3       Indien jou program met die databasis kan koppel, maar geen data word
          vertoon nie:

          •     Kliek op die 'ADOQuery'-komponent met die naam qryRec.
          •     Kliek op die 'Ellipsis'-knoppie (drie kolletjies) regs van die
                'ConnectionString'-eienskap in die 'Object Inspector'.
          •     Kliek op die 'Build'-knoppie wat jou na die 'Data Link Properties'-
                dialoogvenster lei.
          •     Kliek op die 'Provider tab' om die 'Provider tab sheet' oop te maak en kies
                'Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider'. Kliek op 'Next'-knoppie.
          •     Die 'Connection tab sheet' sal vertoon word. Die eerste opsie op die
                'Connection tab sheet' voorsien 'n 'Ellipsis'-knoppie (drie kolletjies) wat
                jou toelaat om rond te blaai en die DieretuinDB-lêer te soek. Jy sal
                hierdie lêer in die lêergids ('folder') vir VRAAG 1 kry. Sodra jy dit gekry
                het, kliek op die DieretuinDB-lêer en kliek dan op die 'Open'-knoppie.
          •     Verwyder die gebruikersnaam ('user name') 'Admin'.
          •     Kliek op die 'Test Connection'-knoppie.
          •     Kliek 'OK' op elk van die oop dialoogvenstertjies.

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                                 DBE/November 2012
                                             NSS

BYLAAG E: JAVA – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME

E.1       Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie:

          •     Skep jou eie databasis met die naam DieretuinDB wat 'n tabel met die
                naam tblKarnivore en nog 'n tabel met die naam tblVeeartsBesoeke
                insluit, in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1.
          •     Voer       ('Import')   die    twee     tekslêers   (tblKarnivore.txt en
                tblVeeartsBesoeke.txt) in om as data vir die verskillende tabelle te
                gebruik.
          •     Die eerste reël in die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet
                word.

E.2       Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie:

          •     Maak seker dat die databasislêer DieretuinDB in dieselfde lêergids as
                jou program vir VRAAG 1 is. As dit nie die geval is nie, kopieer die
                databasislêer na dieselfde lêergids as jou program.

E.3       Indien jy nie met die gegewe programlêers met die databasis kan koppel nie,
          gebruik die volgende bronkode om databasiskonnektiwiteit te verseker:

try
  {
      Class.forName ("sun.jdbc.odbc.JdbcOdbcDriver");
      String filename = "DieretuinDB.mdb";
      String database = "jdbc:odbc:Driver={Microsoft Access Driver (*.mdb)};DBQ=";
             database += filename.trim () + ";DriverID=22;READONLY=true}";
      Connection conn = DriverManager.getConnection (database, "", "");
  }
  catch (Exception e)
  {
     System.out.println ("Databasiskoppeling onsuksesvol");
  }

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2012-memo-eng/9be72774-3cfc-4bee-aa47-2ec61c41b966) — Information Technology · Memo · 2013 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2012-afr/5970ce6c-2c84-4430-8d8b-e9622da37bcf) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [Gr12 INFT P1 QP AFR S13](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-qp-afr-s13/8204cf59-1d85-451d-b855-d05abfb8fa40) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [Gr12 INFT P1 QP ENG S13](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-qp-eng-s13/501e0893-fed0-42d9-9741-f8303cd5620e) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [Computer Studies P1 (Bilingual) HG 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p1-bilingual-hg-2013-qp/4af384fd-c1a8-4ee9-b87e-999e89eee5ec) — Information Technology · QP · 2013
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
