# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2013-afr/4abec8cd-e88d-4b3f-9919-c514a5bbe398
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2013-afr/4abec8cd-e88d-4b3f-9919-c514a5bbe398)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                     NOVEMBER 2013

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 bylae.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                            DBE/November 2013
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om
          die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

2.        Geen onderskeid is in hierdie vraestel getref tussen die twee
          programmeringstale met betrekking tot die formulering van die vrae oor
          programmering nie. Waar nodig, word spesifieke instruksies vir onderskeidelik
          Delphi- en Java-kandidate gegee.

3.        Jy het die lys lêers hieronder nodig om die vrae te beantwoord. Die
          toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar om dit te vind.

          Vraag1_Delphi:                           Vraag1_Java:
          tblDansPare.txt                          tblDansPare.txt
          tblUitslae.txt                           tblUitslae.txt
          Vraag1DB.mdb                             ToetsVraag1.java
          Vraag1P.dpr                              Vraag1.java
          Vraag1P.res                              Vraag1DB.mdb
          Vraag1U.dfm
          Vraag1U.pas

          Vraag2_Delphi:                           Vraag2_Java:
          uDansPaar.pas                            DansPaar.java
          Vraag2P.dpr                              ToetsVraag2.java
          Vraag2P.res
          Vraag2U.dfm
          Vraag2U.pas

          Vraag3_Delphi:                           Vraag3_Java:
          DataV3.txt                               DataV3.txt
                                                   KeuselysV3_Java.txt

          Indien jy die lêers hierbo op 'n eksterne medium (CD, stiffie of flitsaandrywer)
          ontvang het, skryf jou eksamennommer op die etiket.

4.        Tik jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van elke
          programlêer wat jou programmeringskode bevat.

5.        Jou program moet altyd gekodeer word om die vraag op so 'n manier te
          beantwoord dat dit met verskillende stelle toevoerdata uitgevoer kan word.

6.        Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
          nie.

7.        Lees die hele vraag voordat jy enige subvrae beantwoord.

8.        Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen
          kragonderbrekings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     3                          DBE/November 2013
                                           NSS

9.        Gedurende die eksamen mag jy die handleidings gebruik wat oorspronklik
          saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy mag ook die
          HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Java-kandidate mag die Java
          API-lêers gebruik. Jy mag NIE enige ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.

10.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die eksterne medium met al
          jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op
          die netwerk gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou
          verduidelik is.

11.       Maak seker dat alle lêers wat op die eksterne medium of netwerk gestoor is,
          gelees kan word.

12.       Indien dit vereis word, maak drukstukke van die programmeringskode van al
          die vrae wat jy gedoen het.

13.       Alle drukwerk van die vrae wat jy gedoen het, sal binne een uur nadat hierdie
          eksamen afgehandel is, plaasvind.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    4                          DBE/November 2013
                                          NSS

SCENARIO

Jou gemeenskap het verskillende geleenthede beplan om fondse vir die plaaslike
gemeenskapsentrum in te samel. Een geleentheid wat beplan is, is 'n jaarlikse
danskompetisie.

VRAAG 1: PROGRAMMERING EN DATABASIS

Die danskompetisie word oor 'n tydperk van 12 weke gehou. Dit begin met
14 danspare wat teen mekaar meeding. Sommige van die deelnemers is professionele
dansers. Elke week word een van die danspare uitgeskakel na aanleiding van hul
optrede by die weeklikse uitdunrondte. Gedurende die finale week van die kompetisie
sal daar twee uitdunrondtes gehou word om te bepaal watter danspaar die wenners
gaan wees.

'n Microsoft Office Access-databasis met die naam Vraag1DB.mdb, twee tekslêers
(tblDansPare.txt en tblUitslae.txt) en 'n onvoltooide program word in die lêergids met
die naam Vraag1_XXXX gegee, waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy
bestudeer het.

Die ontwerp van die tabelle in die Vraag1DB-databasis en voorbeelddata uit elke tabel
verskyn in BYLAAG A.

Doen die volgende:

•   Maak 'n rugsteunkopie van die Vraag1DB-databasis VOORDAT jy begin om die
    vrae te beantwoord. Jy sal 'n kopie van die oorspronklike databasis nodig hê om
    jou program deeglik te kan toets.

•   Hernoem die lêergids vir VRAAG 1 deur die naam van die programmeringstaal wat
    jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang.

•   Maak die onvoltooide program vir VRAAG 1 oop.

•   Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer in.

•   Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon agt keuselysopsies:
    Opsie A tot Opsie G en 'n 'Verlaat'-opsie.

    LET WEL:

    o    'n Foutboodskap sal vertoon word indien enige van Opsie A tot Opsie G gekies
         word as gevolg van die onvoltooide SQL-stellings.

    o    Indien jy enige probleme ondervind om die databasis te gebruik of om met die
         databasis te koppel, verwys na BYLAAG B (Delphi)/BYLAAG C (Java) vir
         foutopsporingswenke.

    o    Indien jy steeds databasisprobleme ondervind, moet jy nogtans die SQL-kode
         doen en dit inlewer om nagesien te word. Punte sal slegs toegeken word vir
         die programmeringskode wat die SQL-stellings bevat.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                5                               DBE/November 2013
                                                      NSS

•     Voltooi die kode vir elke keuselysopsie deur 'n toepaslike SQL-stelling te formuleer
      om die resultate van die onderskeie navrae ('queries') te vertoon soos in
      VRAAG 1.1 tot 1.7 hieronder beskryf.

      LET WEL:       Die kode van sommige toevoerstellings en die kode om die
                     SQL-stelling uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, is
                     reeds as deel van die gegewe kode geskryf.

1.1        Keuselysopsie A

           Vertoon al die inligting in die tblUitslae-tabel. Sorteer die data alfabeties
           volgens die TipeDans-veld en daarna volgens die RoetineNr-veld in dalende
           volgorde.

           Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords:

    RoetineNr   Week      Rondte    DansPaarID      TipeDans          Liedjie                      Punt    Uitslag
          116      12          2                  8 American Smooth   Can't Help Falling in Love      39   Finaal
          107      11          1                 11 American Smooth   Time After Time                 36   Veilig
          103      10          1                 14 American Smooth   Singin' in the Rain             37   Veilig
          101      10          1                 10 American Smooth   Pretty Woman                    34   Veilig
            :
                                                                                                                (3)
1.2        Keuselysopsie B
           Bepaal die dansroetines met punte tussen 25 en 35 (beide ingesluit) wat
           gedurende die vyfde week en die negende week van die kompetisie uitgevoer
           is. Vertoon die RoetineNr, Week, TipeDans en die Punt vir hierdie roetines.

           Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords:

                       RoetineNr      Week        TipeDans                 Punt
                               55            5    Tango                       32
                               57            5    Paso Doble                  31
                               58            5    American Smooth             35
                               60            5    Tango                       34
                       :                                                                                        (4)

1.3        Keuselysopsie C

           Laat die gebruiker toe om die naam van 'n tipe dans in te sleutel, byvoorbeeld
           Rumba.
           Tel en vertoon die getal kere wat hierdie tipe dans gedurende die kompetisie
           uitgevoer is. Noem die berekende veld GetalOptredes. Vertoon die
           TipeDans en die GetalOptredes.

           Voorbeeld van die afvoer indien Rumba deur die gebruiker ingesleutel is:
                                          TipeDans        GetalOptredes
                                          Rumba                           7                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             6                           DBE/November 2013
                                                   NSS

1.4       Keuselysopsie D

          Bepaal die titels van die liedjies wat met die woord 'Love' begin of die woord
          'you' of enige variasies van die woord 'you' bevat en waarop professionele
          danspare hul dansroetines uitgevoer het. Vertoon die titels van die liedjies en
          die name van die danspare wat dansroetines op hierdie liedjies uitgevoer het.

          Voorbeeld van die afvoer:

                      Liedjie                          Dansmaat1        Dansmaat2
                      Love Man                         Robbie           Ola
                      Love Ain't Here Anymore          Robbie           Ola
                      Let Me Entertain You             Robbie           Ola
                      You Sexy Thing                   Robbie           Ola
                      You Can't Stop the Beat          Anita            Robin
                      I've Got You Under My Skin       Anita            Robin
                      Love Potion No. 9                Chelsee          Pasha
                      Spice Up Your Life               Chelsee          Pasha
                      Because of You                   Chelsee          Pasha                            (7)

1.5       Keuselysopsie E

          Bereken en vertoon die gemiddelde punt vir elke danspaar in 'n berekende
          veld met die naam GemiddeldePunt.

          Die gemiddelde punt vir elke danspaar moet bereken word deur die totale
          punte en die getal dansroetines wat hulle uitgevoer het, te gebruik. Vertoon
          die gemiddelde punt, korrek tot drie desimale plekke. Vertoon die
          DansPaarID en die GemiddeldePunt van al die danspare.

          Voorbeeld van die afvoer van die eerste vier rekords:

                                     DansPaarID        GemiddeldePunt
                                                   1   32.727
                                                   2   23.000
                                                   3   24.833
                                                   4   22.714
                                                   :                                                     (6)

1.6       Keuselysopsie F

          Vertoon 'n lys met die name van al die danspare wat tot die laaste week
          (week 12) van die kompetisie uitgeskakel is. Die name van elke danspaar
          moet slegs een keer op die lys verskyn.

          Voorbeeld van die afvoer (op die volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      7                          DBE/November 2013
                                            NSS

                                  Dansmaat1       Dansmaat2
                                  Alex            James
                                  Anita           Robin
                                  Audley          Natalie
                                  Dan             Katya
                                  Edwina          Vincent
                                  Holly           Artem
                                  Lulu            Brendan
                                  Nancy           Anton
                                  Robbie          Ola
                                  Rory            Erin
                                  Russell         Flavia                                        (5)

1.7        Keuselysopsie G

           Danspaar 8 word as die wenners van die kompetisie aangekondig. Dateer die
           inhoud van die Uitslag-veld vir Danspaar 8 op om die woord 'WENNERS' vir
           die tweede rondte van die finale week van die kompetisie te bevat.

           Sodra die rekords suksesvol opgedateer is, sal 'n geskikte boodskap vertoon
           word. Die kode vir hierdie boodskap word voorsien.                                   (5)

LET WEL:         Gebruik jou rugsteunkopie van die Vraag1DB-databasis indien jy die
                 keuselysopsies op hierdie stadium wil toets.

•     Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reёl van die lêer wat
      die SQL-stellings bevat.
•     Stoor jou program.
•     Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       8                            DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

'n Program word benodig om inligting te verskaf oor hoe die beoordelaars vir die
danspare punte gee.

Die lêers wat vir hierdie vraag benodig word, kan in die lêergids met die naam
Vraag2_XXXX gevind word, waar XXXX verwys na die programmeringstaal wat jy
bestudeer het.

Jy is voorsien van 'n onvolledige program wat bestaan uit:

                 Delphi                                             Java
•   'n Klaseenheid ('class unit') met die •        'n Objekklas ('object class') met die
    naam uDansPaar wat die attribute van           naam DansPaar wat die attribute van
    'n danspaar beskryf en 'n paar                 'n danspaar beskryf en 'n paar
    metodes bevat                                  metodes bevat
•   'n Hoofvormeenheid ('main form unit') •        'n Toetsklas ('test class') met die naam
    met die naam Vraag2U                           ToetsVraag2

Die gegewe uDansPaar/DansPaar-klas bevat die verklaring en kodering van:

•   Drie attribute wat 'n danspaar beskryf
•   Een konstruktor ('constructor')
•   Drie haal ('get/accessor')-metodes

Die drie attribute wat 'n danspaar beskryf, is:

                                                               Name van attribute
            Beskrywing
                                                             Delphi          Java
            Die naam van die eerste dansmaat             fDansM1        dans_m1
            Die naam van die tweede dansmaat             fDansM2        dans_m2
            Die karakter A, B, C of D wat die            fProfessioneel professioneel
            professionele dansstatus van die
            danspaar aandui

          LET WEL:        Die professionele dansstatus kan een van die volgende wees:

                          •    A – Beide dansmaats is professionele dansers.
                          •    B – Die eerste dansmaat is 'n professionele danser.
                          •    C – Die tweede dansmaat is 'n professionele danser.
                          •    D – Nie een van die dansmaats is 'n professionele
                               danser nie.

                          Enige ander karakter as A, B, C of D sal ook aanvaar word en
                          dus hoef die karakters nie gevalideer te word nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          9                          DBE/November 2013
                                                NSS

Doen die volgende:

•     Hernoem die lêergids vir VRAAG 2 deur die naam van die programmeringstaal wat
      jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang.

                   Delphi                                            Java
•     Maak die onvoltooide programlêer           •    Maak die ToetsVraag2.java-
      Vraag2P.dpr oop.                                toetsklaslêer oop.
•     Maak die uDansPaar.pas-                    •    Maak die onvoltooide objekklas
      klaseenheid oop.                                DansPaar.java oop.
•     Voeg jou eksamennommer by as 'n            •    Voeg jou eksamennommer by as 'n
      kommentaar in die eerste reël van               kommentaar in die eerste reël van
      beide die uDansPaar.pas-                        beide die DansPaar.java-objekklas
      klaseenheid en die Vraag2U.pas-                 en die ToetsVraag2.java-toetsklas.
      hoofvormeenheid.

•     Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon vier keuselysopsies:
      Opsie A, Opsie B, Opsie C en 'n 'Verlaat'-opsie.

LET WEL:       Voer die keuselysopsies in volgorde uit wanneer jy die program toets, dit
               wil sê, eers Opsie A, dan Opsie B en dan Opsie C.

2.1       Doen die volgende om die kode in die gegewe uDansPaar/DansPaar-klas
          te voltooi:

          2.1.1           Skryf kode vir 'n konstruktor ('constructor') wat parameters
                          gebruik om die drie attribute van die klas te inisialiseer. Die
                          attribute is die name van die twee dansmaats en die professionele
                          dansstatus van die danspaar (sien vorige bladsy).                         (5)

          2.1.2           Skryf kode vir 'n metode genaamd getGewigswaarde wat 'n
                          gewigswaarde vir 'n danspaar sal bepaal en sal terugstuur, op
                          grond van die professionele dansstatus van die danspaar. 'n Hoër
                          gewigswaarde is tot voordeel van die danspaar. Die volgende is
                          van toepassing:

                          •   Indien nie een van die dansmaats 'n professionele danser is
                              nie, word die gewigswaarde op 3 gestel.
                          •   Indien een van die dansmaats 'n professionele danser is, word
                              die gewigswaarde op 2 gestel.
                          •   Indien beide dansmaats professionele dansers is, word die
                              gewigswaarde op 1 gestel.
                          •   Indien die professionele dansstatus enige ander karakter as
                              A, B, C of D is, word die gewigswaarde op 0 gestel.                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           10                            DBE/November 2013
                                                 NSS

          2.1.3           Skryf kode vir 'n metode met die naam berekenFinalePunt wat 'n
                          skikking sal ontvang wat die vier beoordelaars se punte vir 'n
                          dansroetine as 'n parameter bevat. Hierdie metode moet die finale
                          punt vir die dansroetine bereken en terugstuur.

                          Die finale punt vir 'n dansroetine word soos volg bereken:

                          •    Die punte van die eerste beoordelaar en die derde
                               beoordelaar word elk vermenigvuldig met die danspaar se
                               gewigswaarde, wat deur hul professionele dansstatus bepaal
                               word.
                          •    Daarna word die punte van al vier beoordelaars
                               bymekaargetel sodra die gewigswaarde in berekening gebring
                               is.                                                                      (7)

          2.1.4           Skryf kode vir 'n toString-metode wat 'n string sal saamstel en
                          terugstuur met byskrifte en inligting oor 'n danspaarobjek in die
                          volgende formaat:

                          Danspaar: <dansmaat 1> & <dansmaat 2>
                          Professionele dansstatus: <karakter wat         die    professionele
                          dansstatus van die danspaar aandui>

                          Voorbeeld van die afvoer vir Sarah en John met C as hulle
                          professionele dansstatus:

                          Danspaar: Sarah & John
                          Professionele dansstatus: C                                                   (6)

2.2       Doen die volgende om die kode in die hoofvormeenheid ('main form unit')
          (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) te voltooi:

          2.2.1           Skryf kode om Keuselysopsie A te voltooi om die volgende te
                          doen:

                          • Laat die gebruiker toe om die name van die danspaar in te
                            sleutel – eers die naam van dansmaat 1 en dan die naam van
                            dansmaat 2.

                          • Laat die gebruiker toe om die professionele dansstatus (A, B, C
                            of D) van die danspaar in te sleutel.

                              Die professionele dansstatus kan een van die volgende wees:

                              o     A–   Beide dansmaats is professionele dansers.
                              o     B–   Die eerste dansmaat is 'n professionele danser.
                              o     C–   Die tweede dansmaat is 'n professionele danser.
                              o     D–   Nie een van die dansmaats is 'n professionele danser
                                         nie.

                              LET WEL:    Enige ander karakter kan aanvaar word.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           11                           DBE/November 2013
                                                 NSS

                          • Verklaar en instansieer 'n danspaarobjek deur die gebruiker-
                            toevoerwaardes te gebruik.

                          • Vertoon die inligting vir 'n danspaar soos in die voorbeeld
                            hieronder getoon.

                          Voorbeeld van die afvoer indien die name van die dansmaats
                          Sarah en John is en hul professionele dansstatus C is:

                          Danspaar: Sarah & John
                          Professionele dansstatus: C                                                  (8)

          2.2.2           Skryf kode om Keuselysopsie B te voltooi om die volgende te
                          doen:

                          • Verklaar 'n heelgetalskikking om die individuele punte van die
                            vier beoordelaars vir 'n dansroetine te stoor. Die punte het 'n
                            moontlike maksimumwaarde van 10.

                            Voorbeeld van die vier moontlike punte: 8, 6, 7, 9

                          • Laat die gebruiker toe om die vier punte een vir een in te sleutel.
                            Ken 'n waarde van nul vir 'n punt toe indien 'n ongeldige punt,
                            byvoorbeeld 'n negatiewe punt of 'n punt groter as 10,
                            ingesleutel word.

                          • Roep die relevante metodes op om die finale punt vir die
                            dansroetine te bereken en vertoon die afvoer in die volgende
                            formaat:

                          Danspaar: <dansmaat1> & <dansmaat2 >
                          Punte van die beoordelaars: <punt1> <punt2> <punt3> <punt4>
                          Gewigswaarde: <gewigswaarde>
                          Finale punt: <berekende finale punt>

                          Voorbeeld van die afvoer vir die danspaar Sarah en John indien
                          die punte van die beoordelaars 8, 6, 7 en 9 is:

                          Danspaar: Sarah & John
                          Punte van die beoordelaars: 8 6 7 9
                          Gewigswaarde: 2
                          Finale punt: 45                                                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          12                       DBE/November 2013
                                                NSS

          2.2.3           Skryf kode om Keuselysopsie C te voltooi om die volgende te
                          doen:

                          Skryf die name van die danspaar en hul finale punt na 'n nuwe
                          tekslêer met die naam Punte.txt in die volgende formaat:

                          <dansmaat 1>,<dansmaat 2>,<finale punt>
                          Voorbeeld van data in Punte.txt:
                          Sarah,John,45

                          Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die inligting na 'n tekslêer
                          geskryf is.                                                              (7)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    klaseenheid ('class unit') (Delphi)/objekklas ('object class') (Java) asook die
    hoofvormeenheid ('main form unit') (Delphi)/toetsklas ('test class') (Java) ingesleutel
    is.
•   Stoor al die lêers.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. Druk die klaseenheid
    (Delphi)/objekklas (Java) en die hoofvormeenheid (Delphi)/toetsklas (Java).                    [51]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     13                          DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Gedurende die vyfde week van die danskompetisie besluit die organiseerders om lede
van die publiek toe te laat om vir hul gunstelingdanspaar te stem. Elke danspaar het 'n
unieke kompetisienommer. Persone van 18 jaar en ouer mag stem deur 'n SMS met
die nommer van hulle gunstelingdanspaar te stuur. Vier van die oorspronklike
14 danspare is reeds gedurende vorige rondtes uitgeskakel. Die publiek mag slegs vir
die danspare stem wat nog in die kompetisie is. Die danspaar met die kleinste getal
stemme van die publiek kan in hierdie rondte uitgeskakel word.

Die lêergids vir VRAAG 3 bevat 'n tekslêer met die naam DataV3.txt vir Delphi en twee
tekslêers (DataV3.txt en KeuselysV3.txt) vir Java.

Elke reël teks in die tekslêer (DataV3.txt) bevat inligting van 'n SMS wat ontvang is in
die volgende formaat:

<naam van die persoon wat gestem het>;<die persoon se ouderdom in
jare>#<selfoonnommer>;<die kompetisienommer van die danspaar vir wie die persoon
gestem het>

Voorbeeld van die data vir die eerste drie SMS'e in die tekslêer met die naam
DataV3.txt:

Armando Harris;56#+27848283872;8
Luca Huonti;49#+2585514394;1
Venere Laconi;47#+27768984873;12

Die data van die eerste twee reëls teks kan soos volg geïnterpreteer word:

•   Armando Harris, wat 56 jaar oud is, het selfoonnommer +2784 828 3872 gebruik
    om vir Danspaar 8 te stem.
•   Luca Huonti, wat 49 jaar oud is, het selfoonnommer +258 551 4394 gebruik om vir
    Danspaar 1 te stem.

Doen die volgende:

•   Hernoem die lêergids vir VRAAG 3 deur die naam van die programmeringstaal wat
    jy bestudeer het, met jou eksamennommer te vervang.

•   Skep 'n nuwe program/projek/toepassing.

•   Sleutel jou eksamennommer in as 'n kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer(s) wat jy geskep het wat jou kode sal bevat.

•   Stoor die programlêer(s) deur die vraagnommer as deel van die lêernaam in die
    hernoemde lêergids vir VRAAG 3 te gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        14                          DBE/November 2013
                                              NSS

•     Ontwikkel 'n koppelvlak soos volg:

                     Delphi                                      Java
•     Gebruik 'n MainMenu-komponent en •         Kopieer die gegewe kode om 'n keuselys
      ontwikkel 'n koppelvlak met drie           te vertoon uit die KeuselysV3.txt-
      keuselysopsies: Opsie A, Opsie B           tekslêer. Die koppelvlak moet drie
      en 'n 'Verlaat'-opsie.                     keuselysopsies vertoon: Opsie A,
                                                 Opsie B en 'n 'Verlaat'-opsie.
•     Voeg 'n RichEdit-komponent met die
      naam redV3 op die vorm in om die
      inligting te vertoon. Verander die
      Align-attribuut na alClient.
•     Gebruik die volgende kode om die •         Gebruik die volgende kode om die
      'Verlaat'-keuselysopsie te voltooi:        'Verlaat'-keuselysopsie te voltooi:

      Application.Terminate;                     System.exit(0);

•     Voltooi die kode vir elke keuselysopsie soos volg:

LET WEL:         Voer die keuselysopsies in volgorde uit wanneer jy die program toets, dit
                 wil sê, eers Opsie A en dan Opsie B.

3.1        Keuselysopsie A

           Sommige van die SMS'e wat in die tekslêer vasgelê is, is ongeldig. 'n SMS is
           ongeldig as:

           •    Die stem vir 'n danspaar wat reeds uitgeskakel is, uitgebring is
           •    Die stem deur 'n persoon wat jonger as 18 jaar is, uitgebring is

           Laat die gebruiker toe om die kompetisienommers van die vier danspare wat
           reeds uitgeskakel is, in te sleutel. Die gebruiker kan enige vier waardes in die
           reeks van 1 tot 14 insleutel. Valideer waardes wat ingesleutel is om aan die
           volgende voorwaardes te voldoen:

           •    Die waarde moet 'n getal wees en nie 'n karakter nie.
           •    Die waarde moet binne die reeks van 1 tot 14 wees.

           LET WEL:       •   Die program mag slegs voortgaan sodra al vier
                              toevoerwaardes gevalideer is.
                          •   Die gevalideerde vier getalle moet beskikbaar wees vir
                              gebruik in Keuselysopsie B.

           Indien die selfoonnommer met die voorvoegsel '+27' begin, word die stem as
           'n stem van binne Suid-Afrika se grense beskou. Andersins word dit as 'n
           internasionale stem beskou.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      15                         DBE/November 2013
                                            NSS

          Vertoon 'n genommerde lys van die kontakbesonderhede van al die persone
          wat geldige stemme uitgebring het. Dui aan of die persoon 'n internasionale
          stem uitgebring het deur die frase 'Internasionale stem' as deel van sy/haar
          kontakbesonderhede te vertoon soos in die voorbeeld hieronder aangedui.

          Vertoon die totale getal geldige en ongeldige stemme onderaan die lys.

          Voorbeeld 1:     'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en
                           Danspaar 1, 2, 3 en 4 uitgeskakel is:

          Nr.      Naam                 Selfoonnommer
          1        Armando Harris       +27848283872
          2        Venere Laconi        +27768984873
          3        Gabriella Thao       +27839161414
          :
          302      Lucas Herder         +2581101571       Internasionale stem
          303      Giacobbe Spina       +2582751425       Internasionale stem
          304      Rachel Delarosa      +27833054860

          Ongeldige stemme: 196
          Geldige stemme: 304

          Voorbeeld 2:     'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en
                           Danspaar 1, 5, 6 en 8 uitgeskakel is:

          Nr.      Naam                 Selfoonnommer
          1        Venere Laconi        +27768984873
          2        Gabriella Thao       +27839161414
          3        Tim Anger            +2645519196       Internasionale stem
          :
          272      Estotz Lizarazu      +27833247494
          273      Lucas Herder         +2581101571       Internasionale stem
          274      Rachel Delarosa      +27833054860

          Ongeldige stemme: 226
          Geldige stemme: 274                                                                    (22)

3.2       Keuselysopsie B

          Die organiseerders benodig 'n opsommende verslag met 'n lys van die totale
          getal geldige stemme wat vir elke danspaar uitgebring is. Meer as een
          danspaar mag dieselfde getal stemme hê. Die danspaar/-pare met die
          kleinste getal geldige stemme mag uitgeskakel word.

          Dui die volgende in die verslag aan:

           •    'n Lys met opskrifte en subopskrifte met die totale getal stemme wat vir
                elke danspaar uitgebring is. Dui die vier danspare aan wat reeds
                uitgeskakel is.

           •    Die danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word, op
                grond van die kleinste getal stemme.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    16                       DBE/November 2013
                                          NSS

          Skryf kode om die vereiste verslag te genereer en te vertoon soos in die
          volgende voorbeelde aangedui.

          Voorbeeld 1:    'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en
                          Danspaar 1, 2, 3 en 4 uitgeskakel is:

          Stemme gedurende week 5 ontvang:
          Danspaar         Stemme
          1                (Uitgeskakel)
          2                (Uitgeskakel)
          3                (Uitgeskakel)
          4                (Uitgeskakel)
          5                30
          6                30
          7                30
          8                43
          9                27
          10               25
          11               25
          12               33
          13               25
          14               36

          Danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word: 10 11 13

          Voorbeeld 2:    'n Voorbeeld van die afvoer nadat Opsie A uitgevoer is en
                          Danspaar 1, 5, 6 en 8 uitgeskakel is:

          Stemme gedurende week 5 ontvang:
          Danspaar         Stemme
          1                (Uitgeskakel)
          2                31
          3                22
          4                20
          5                (Uitgeskakel)
          6                (Uitgeskakel)
          7                30
          8                (Uitgeskakel)
          9                27
          10               25
          11               25
          12               33
          13               25
          14               36

          Danspaar/-pare wat moontlik volgende uitgeskakel kan word: 4                  (12)

•   Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reёl van die program
    in.
•   Stoor al die lêers.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.                               [34]

                                                                         TOTAAL:        120

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                                                               DBE/November 2013
                                                       NSS

    BYLAAG A: DATABASISSTRUKTUUR EN VOORBEELDDATA

    Hierdie bylaag toon die databasisstruktuur en voorbeelddata vir die tabelle wat in die
    Vraag1DB.mdb-databasis in VRAAG 1 gebruik word.

    tblUitslae:     Hierdie tabel bevat data oor die uitslae van al die dansroetines wat
                    gedurende die twaalf weke van die kompetisie uitgevoer is.

Field Name          Type               Size            Description
RoetineNr           Autonumber         Long Integer    'n Unieke nommer vir elke dansroetine wat
                                                       gedurende die kompetisie uitgevoer is
Week                Number             Integer         'n Nommer wat die week aandui waarin die
                                                       dansroetine uitgevoer is. Die kompetisie strek oor
                                                       12 weke.
Rondte              Number             Integer         'n Nommer wat die rondte aandui waarin die
                                                       dansroetine uitgevoer is. Die finale week het twee
                                                       rondtes. Al die ander weke het slegs een rondte.
DansPaarID          Number             Long Integer    'n Unieke nommer om die danspaar wat die
                                                       dansroetine uitgevoer het, te identifiseer
TipeDans            Text               30              Die tipe dans wat uitgevoer is, byvoorbeeld wals,
                                                       samba, cha-cha, ensovoorts
Liedjie             Text               40              Die titel van die liedjie wat tydens die dansroetine
                                                       gebruik is
Punt                Number             Integer         Die totale punt van die beoordelaars vir die
                                                       dansroetine
Uitslag             Text               15              Dui die uitslag aan nadat die dansroetine uitgevoer
                                                       is.
                                                       Die uitslag kan een van die volgende wees:
                                                       •    Veilig – Die danspaar is nog in die kompetisie.
                                                       •    Uitgeskakel – Die danspaar is uitgeskakel.
                                                       •    Finaal – Die danspaar is in die finale week.

    Voorbeelddata:

RoetineNr         Week        Rondte   DansPaarID     TipeDans    Liedjie                   Punt     Uitslag
              1       1            1             1    Cha-cha     Who's That Chick?            28    Veilig
              2       1            1             2    Waltz       Are You Lonesome             24    Veilig
                                                                  Tonight?
              3        1           1             3    Cha-cha     I've Got The Music in         17   Veilig
                                                                  Me
              4        1           1             4    Waltz       Angel                         20   Veilig
              5        1           1             5    Cha-cha     Bad Boys                      19   Veilig
              6        1           1             6    Waltz       Three Times a Lady            28   Veilig
              7        1           1             7    Cha-cha     Venus                         21   Veilig
              8        1           1             8    Cha-cha     Moves Like Jagger             28   Veilig
:

    Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                                    DBE/November 2013
                                             NSS

tblDansPare: Hierdie tabel bevat die data van die 14 danspare wat aan die
             danskompetisie deelgeneem het.

Field Name                 Type       Size            Description
DansPaarID                 AutoNumber Long Integer    'n Unieke nommer wat aan elke danspaar
                                                      toegeken is
Dansmaat1                  Text        10             Die voornaam van dansmaat 1
Dansmaat2                  Text        10             Die voornaam van dansmaat 2
ProfessioneleDansers       Text        1              Die simbool wat aandui of die dansmaats
                                                      professionele dansers is.
                                                      Die volgende is van toepassing:
                                                      •    B – Beide dansmaats is professionele
                                                           dansers.
                                                      •    E – Een van die dansmaats is 'n
                                                           professionele danser.
                                                      •    G – Nie een van die dansmaats is 'n
                                                           professionele danser nie.
VorigeDansmaats            Yes/No                     'n Aanduiding of die danspaar dansmaats in
                                                      vorige danskompetisies was

Voorbeelddata:

DansPaarID     Dansmaat1   Dansmaat2   ProfessioneleDansers   VorigeDansmaats
         1     Holly       Artem       B                             
         2     Dan         Katya       E                             
         3     Lulu        Brendan     G                             
         4     Audley      Natalie     E                             
         5     Robbie      Ola         B                             
         6     Anita       Robin       B                             
         7     Russell     Flavia      G                             
         8     Harry       Aliona      G                             
         9     Rory        Erin        G                             
        10     Alex        James       E                             
        11     Chelsee     Pasha       B                             
        12     Edwina      Vincent     E                             
        13     Nancy       Anton       B                             
        14     Jason       Kristina    G                             

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                                      DBE/November 2013
                                              NSS

BYLAAG B: DELPHI – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME

B.1       Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie:

           •    Skep jou eie databasis met die naam Vraag1DB wat twee tabelle met die
                naam tblUitslae en tblDansPare insluit, in dieselfde lêergids as jou
                program vir VRAAG 1.
           •    Voer ('Import') die twee tekslêers (tblUitslae.txt en tblDansPare.txt) in
                om as data vir die verskillende tabelle te gebruik.
           •    Die eerste reël van die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet
                word.

B.2       Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie, maak seker dat die
          databasis Vraag1DB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As
          dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou
          program.

B.3       Indien jou program met die databasis koppel, maar geen data word vertoon
          nie:

          •     Klik op die 'ADOQuery'-komponent met die naam qryRec.
          •     Klik op die ellipsknoppie (drie kolletjies) regs van die 'ConnectionString'-
                eienskap in die 'Object Inspector'.
          •     Klik op die 'Build'-knoppie, wat jou na die 'Data Link Properties'-
                dialoogvenster lei.
          •     Klik op die 'Provider-tab' om die 'Provider-tab sheet' oop te maak en kies
                'Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider'. Klik op die 'Next'-knoppie.
          •     Die 'Connection-tab sheet' sal vertoon word. Die eerste opsie op die
                'Connection-tab sheet' bevat 'n ellipsknoppie (drie kolletjies) wat jou
                toelaat om deur te blaai en die Vraag1DB-lêer te soek. Jy sal hierdie lêer
                in die Vraag1-lêergids ('folder') kry. Sodra jy dit gekry het, kies die
                Vraag1DB-lêer en klik dan op die 'Open'-knoppie.
          •     Verwyder die gebruikernaam ('username') 'Admin'.
          •     Klik op die 'Test Connection'-knoppie.
          •     Klik 'OK' op elk van die oop dialoogvensters.

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                                    DBE/November 2013
                                             NSS

BYLAAG C: JAVA – FOUTOPSPORING VIR DATABASISPROBLEME

C.1       Indien jy nie die gegewe databasis kan gebruik nie:

           •    Skep jou eie databasis met die naam Vraag1DB wat twee tabelle met die
                naam tblUitslae en tblDansPare insluit, in dieselfde lêergids as jou
                program vir VRAAG 1.
           •    Voer ('Import') die twee tekslêers (tblUitslae.txt en tblDansPare.txt) in
                om as data vir die verskillende tabelle te gebruik.
           •    Die eerste reël van die tekslêers bevat die veldname wat gebruik moet
                word.

C.2       Indien jou program nie met die databasis kan koppel nie, maak seker dat die
          databasis Vraag1DB in dieselfde lêergids as jou program vir VRAAG 1 is. As
          dit nie die geval is nie, kopieer die databasislêer na dieselfde lêergids as jou
          program.

C.3       Indien jy nie met die gegewe lêers met die databasis kan koppel nie, gebruik
          die volgende bronkode om databasiskonnektiwiteit te verseker:

try
  {
      Class.forName ('sun.jdbc.odbc.JdbcOdbcDriver');
      String filename = ' Vraag1DB.mdb';
      String database = 'jdbc:odbc:Driver={Microsoft Access Driver (*.mdb)};DBQ=';
             database += filename.trim () + ';DriverID=22;READONLY=true}';
      Connection conn = DriverManager.getConnection (database, '', '');
  }
  catch (Exception e)
  {
     System.out.println ('Databasiskonneksie onsuksesvol');
  }

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2013-memo-afr/bd55bd18-73dc-48e8-9988-f6594e50cee0) — Information Technology · Memo · 2012 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2013-memo-eng/56ada5ed-d687-4bba-ab5b-3af1486b3ab5) — Information Technology · Memo · 2012 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2013-afr/fa5bd8c3-aac3-401b-96ec-ef5b4ab74c40) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [Computer Studies P1 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p1-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/ed98e0ed-0f4f-4b6d-b186-8bf5442faa15) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
