# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2014 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2014-afr/8020fc33-3983-4bc9-b94f-332b03b2fe2a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2014-afr/8020fc33-3983-4bc9-b94f-332b03b2fe2a)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   2                            DBE/November 2014
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings verdeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings
       beantwoord.

2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen
       is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal
       voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie programmeringstaal-
       spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te gebruik)).

4.     Maak seker dat jy die vrae volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word,
       beantwoord. Punte sal slegs volgens die voorgeskrewe spesifikasies toegeken word.

5.     Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
       datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.     Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met
       die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn
       nie.

7.     Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word.
       Jy mag nie die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige van hierdie
       roetines gebruik nie.

8.     Alle datastrukture moet deur jou as programmeerder verklaar word. Jy mag nie
       komponente wat in die koppelvlak voorsien is, gebruik om data te stoor en later weer
       op te roep nie.

9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket wat aan jou gegee is of die skyfspasie wat
       aan jou toegeken is vir hierdie eksamensessie.

10.    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in elke program verskyn wat jy
       kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/klasse wat
       jy voltooi het. Jy sal 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun word na die eksamensessie.

12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie met
       al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat jou werk op die
       skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is, gestoor is. Maak seker
       dat alle lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  3                                 DBE/November 2014
                                        NSS

13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is in
       die vorm van 'n wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer:

        • Delphi-leerders moet die lêer DelphiDataAFR.exe gebruik
        • Java-leerders moet die lêer JavaDataAFR.exe gebruik

       Doen die volgende:

        • Dubbelkliek op die lêer
        • Klik op die 'extract'-knoppie
        • Sleutel die volgende wagwoord in: Transport@(!$

       Lys van lêers wat in die lêergids DelphiDataAFR/JavaDataAFR voorsien is
       (nadat dit onttrek is):

       Delphi-lêers                             Java (Netbeans)-lêers

       Vraag1:                                  Vraag1:
       Vraag1_P.dpr                             Vraag1.form
       Vraag1_P.res                             Vraag1.java
       Vraag1_U.dfm
       Vraag1_U.pas

       Vraag2:                                  Vraag2:
       Aflewering_U.pas                         Aflewering.java
       AfleweringsInligting.txt                 AfleweringsInligting.txt
       Vraag2_P.dpr                             Vraag2.form
       Vraag2_P.res                             Vraag2.java
       Vraag2_U.dfm
       Vraag2_U.pas

       Vraag3:                                  Vraag3:
       Vraag3_P.dpr                             Vraag3.form
       Vraag3_P.res                             Vraag3.java
       Vraag3_U.dfm
       Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  4                              DBE/November 2014
                                        NSS

SCENARIO:

SuperTrans Afleweringsdienste is 'n nasionale vervoermaatskappy met takke regoor
Suid-Afrika. Jy word versoek om hulp te verleen met sommige van die
programmatuurtoepassings wat die maatskappy beoog om binnekort te implementeer.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                        Java-programmeerders
•    Die projek Vraag1 is in die              •   Die projek Vraag1 is in die
     DelphiDataAFR-lêergids voorsien.             JavaDataAFR-lêergids voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer           •   Maak die onvoltooide klas met die
    Vraag1_P.dpr in die Vraag1-lêergids           naam Vraag1.java wat in die lêergids
    oop.                                          Source Packages (src),
                                                  Vraag1Package voorkom, oop.

•   Voeg jou eksamennommer as             •       Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid (Vraag1_U) -lêer by.          klas (Vraag1) by.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon vyf verskillende
    afdelings met die opskrifte Vraag 1.1 tot Vraag 1.5. Die program het tans geen
    funksionaliteit nie. 'n Voorbeeld van die koppelvlak word hieronder gegee:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     5                               DBE/November 2014
                                           NSS

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos in VRAAG 1.1 tot
      VRAAG 1.5 hieronder beskryf word.

1.1       Knoppie – [Bevestig aflewering]

          Verkry die volgende data uit die relevante komponente:

           •    Vertrekpunt uit die Vertrekpunt-kombinasielys ('combo box')
           •    Bestemming uit die Bestemming-kombinasielys ('combo box')
           •    Getal kilometer uit die Kilometer-teksblokkie ('text box')

          Skep 'n reël met teks as afvoer wat die vertrekpunt, die bestemming en die
          getal kilometer aandui, soos in die voorbeeld hieronder getoon word. Plaas
          die saamgestelde reël teks in die etiketkomponent ('label component') wat
          voorsien is.

          Voorbeeld van moontlike toevoer:

          Vereiste afvoer:

                                                                                                   (5)

1.2       Knoppie – [Afleweringskoste]

          Die volgende komponente word voorsien:

          •    'n Lysblokkie ('list box') wat die gewigskategorieë van aflewerings in terme
               van kodes (A1–A4) in die volgende formaat aandui:

               <kode><spasie><(interval in kg)>

               Die volgende tarief per gewigskategorie is van toepassing:

                 Kategorie     Tarief per kilometer
                    A1                R0,60
                    A2                R1,00
                    A3                R1,25
                    A4                R1,65

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   6                            DBE/November 2014
                                         NSS

           • 'n Merkblokkie ('check box') wat aandui of spoedpos gebruik moet word.
              'n Standaardbedrag van R100,00 word vir spoedpos gehef.

          Wanneer die gebruiker op die Afleweringskoste-knoppie klik, moet die getal
          kilometer wat in VRAAG 1.1 ingesleutel is, die gewigskategorie wat gekies is
          en of spoedpos vereis word of nie, gebruik word om die afleweringskoste te
          bereken.

          Voorbeeld van die afvoer indien die getal kilometer 635 is, die gewig van die
          item wat afgelewer word in die A2-kategorie is, en spoedpos vereis word:

                                                                                               (10)

1.3       Knoppie – [Afleweringsboks se nommer]

          Items wat afgelewer moet word, moet in spesifieke afleweringsbokse geplaas
          word. Die regte afleweringsboks vir elke individuele item moet bepaal word
          deur die kriteria hieronder te gebruik:

          •    Daar is vyf afleweringsbokse wat van 1 tot 5 genommer is.
          •    Alle spoedpositems moet in afleweringsboks 4 geplaas word.
          •    Alle ander items wat afgelewer moet word, sal ewekansig ('randomly') in
               die oorblywende afleweringsbokse (1, 2, 3 of 5) geplaas word.

          Vertoon die nommer van die afleweringsboks waarin die item geplaas moet
          word.

          Voorbeeld van afvoer indien spoedpos in VRAAG 1.2 versoek is (op die
          volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  7                            DBE/November 2014
                                        NSS

          Voorbeeld van afvoer indien spoedpos NIE in VRAAG 1.2 vereis word NIE:

          LET WEL: As gevolg van die aard van die ewekansige ('random') funksie
                   mag die waarde van die afleweringsboks wat in die skermskoot
                   hierbo vertoon word, verskil van die waarde wat deur jou program
                   vertoon word.                                                              (9)

1.4       Knoppie – [Valideer strepieskode]

          'n Universele Produkkode (UPK) ('Universal Product Code (UPC)')
          -strepieskode word op items wat afgelewer moet word, gedruk. Die prentjie op
          die volgende bladsy toon 'n voorbeeld van 'n UPK-strepieskode:

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      8                             DBE/November 2014
                                            NSS

          Die nommer van die strepieskode bestaan uit twaalf syfers. Byvoorbeeld, die
          nommer van die strepieskode wat in die prentjie hierbo getoon word, is
          639382000393. Die laaste syfer van 'n UPK word 'n kontrolesyfer genoem.
          Die kontrolesyfer word deur 'n skandeerder gebruik om te bepaal of 'n
          strepieskode geldig is of nie.

          Gebruik die algoritme hieronder en skryf kode vir die Valideer strepieskode-
          knoppie. Die kode moet die kontrolesyfer kontroleer en 'n boodskap vertoon
          wat aandui of die strepieskode geldig is of nie.

          Algoritme:
          1.       strepieskode  teksblokkie se waarde
          2.       somOnewePlekke  0
          3.       somEwePlekke  0
          4.       lus van die eerste syfer tot by die tweede laaste syfer van strepieskode
          5.         indien die logikaposisie van die syfer in die strepieskode ewe is
                           somEwePlekke  somEwePlekke + syfer by posisie
                     anders
                           somOnewePlekke  somOnewePlekke + syfer by posisie
          6.       som  somOnewePlekke * 3 + somEwePlekke
          7.       kontrolesyfer  10 – (som modulus 10)
          8.       indien kontrolesyfer = laaste syfer van strepieskode
                           vertoon die kontrolesyfer en 'n gepaste boodskap wat aandui dat
                           die strepieskode geldig is
                   anders
                           vertoon 'n gepaste boodskap wat aandui dat die strepieskode
                           ongeldig is

          Voorbeeld:

          Indien die strepieskode 639382000393 is, dan is:

                   somOnewePlekke = 6+9+8+0+0+9 = 32
                   somEwePlekke = 3+3+2+0+3 = 11

          Voorbeeld van moontlike afvoer vir 'n geldige strepieskode:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   9                               DBE/November 2014
                                         NSS

          Voorbeeld van moontlike afvoer vir 'n ongeldige strepieskode:

                                                                                                 (14)

1.5       Knoppie – [Vertoon en stoor aflewerings]

          Al die aflewerings vir Desember 2014 is in die gegewe skikking met die naam
          arrDesAflewerings gestoor. Die formaat van elke inskrywing in die skikking
          is soos volg:

          <datum><spasie><vertrekpunt><spasie>na<spasie><bestemming>

          Voorbeeld:

          2014-12-01 Durban na Kaapstad

          Die gebruiker moet 'n stad uit die kombinasielys wat voorsien is, kies. Al die
          aflewerings gedurende Desember 2014 na of van die stad wat gekies is, moet
          in die afvoerarea wat voorsien is, vertoon word en ook na 'n tekslêer geskryf
          word.

          Skryf kode om die volgende te doen:

           • Skep 'n tekslêer waar die naam van die lêer saamgestel is deur die teks
             'Desember2014' met die naam van die stad wat gekies is, te kombineer.

              Voorbeeld:

              Indien Durban gekies is, moet          die   naam     van    die   tekslêer
              Desember2014Durban.txt wees.

           • Gebruik die data wat in die arrDesAflewerings-skikking gestoor is en
             vertoon die aflewerings na en van die stad wat gekies is in die afvoerarea
             wat voorsien is. Gebruik die naam van die stad as 'n opskrif.

           • Stoor die aflewerings na en van die stad wat gekies is in die tekslêer wat
             geskep is – een aflewering per reël.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  10                         DBE/November 2014
                                        NSS

              Voorbeeld van die inhoud van die afvoerarea indien die stad Durban
              gekies word:

              Voorbeeld van die inhoud van die Desember2014Durban.txt-tekslêer:

                                                                                            (12)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                            TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     11                            DBE/November 2014
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

SuperTrans Afleweringsdienste besit vyf vragmotors. Die vragmotors word as lig-,
medium- of swaardiensvragmotors geklassifiseer. Die vragmotors word op vier
verskillende roetes (RN1 tot RN4) gebruik om vragte af te lewer.

INSTRUKSIES:

        Delphi-programmeerders                        Java-programmeerders
Die projek Vraag2 is in die                  Die projek Vraag2 is in die
DelphiDataAFR-lêergids voorsien en           JavaDataAFR-lêergids voorsien en
bevat:                                       bevat:

o   'n Hoofvormeenheid met die naam              o 'n GGK ('GUI') -klaslêer met die naam
    Vraag2_U.pas                                   Vraag2.java
o   'n Onvoltooide eenheidlêer met die           o 'n Onvoltooide objekklaslêer met die
    naam Aflewering_U.pas                          naam Aflewering.java
o   'n Tekslêer (AfleweringsInligting.txt)       o 'n Tekslêer (AfleweringsInligting.txt)
    wat inligting oor aflewerings bevat            wat inligting oor aflewerings bevat

•    Maak die onvoltooide projeklêer met     •     Maak die onvoltooide klas met die
     die naam Vraag2_P.dpr in die                  naam Vraag2.java en
     Vraag2-lêergids oop.                          Aflewering.java in die lêergids
                                                   Source Packages (src),
                                                   Vraag2Package oop.

•   Besigtig ('View') (Ctrl+F12) die         •      Voeg jou eksamennommer as
    eenheidlêer Aflewering_U.pas en                 kommentaar in die eerste reël van
    voeg jou eksamennommer as                       beide klas Vraag2.java en
    kommentaar in die eerste reël van               Aflewering.java in.
    beide lêer Vraag2_U.pas en
    Aflewering_U.pas in.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    'n Voorbeeld van die koppelvlak verskyn op die volgende bladsy:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    12                          DBE/November 2014
                                          NSS

•     Voltooi die kode vir hierdie program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder
      gespesifiseer word.

2.1       Die gegewe onvoltooide objekklas (TAflewering/Aflewering) bevat die
          volgende kode:

          •      Die verklaring van vyf attribute wat 'n aflewering-objek beskryf
          •      Die verklaring van 'n tweedimensionele skikking wat gebruik moet word
                 om tolgeld te bepaal
          •      'n toString-metode

          Die attribute van 'n aflewering-objek is die volgende:

                     Name van attribute
                 Delphi              Java                    Beskrywing
           fAfleweringNom      afleweringNom     Nommer wat aan 'n spesifieke
                                                 aflewering toegeken is, byvoorbeeld
                                                 1, 2, ensovoorts
           fVragmotorNom        vragmotorNom     Vragmotor se nommer, byvoorbeeld
                                                 Tr1, Tr2, Tr3, Tr4 of Tr5
           fBrandstofGebruik    brandstofGebruik Brandstof wat tydens die aflewering
                                                 gebruik is
           fOdoBegin            odoBegin         Odometerlesing aan die begin van
                                                 die aflewering
           fOdoEind             odoEind          Odometerlesing na voltooiing van
                                                 die aflewering

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          13                            DBE/November 2014
                                                NSS

          Voltooi die kode in die gegewe aflewering-klas (TAflewering/Aflewering)
          soos in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.4 hieronder beskryf word:

          2.1.1           Skryf kode vir 'n konstruktormetode wat die aflewering se nommer,
                          vragmotor se nommer, odometerlesing aan die begin van die
                          aflewering en die odometerlesing na voltooiing van die aflewering
                          as parameterwaardes ontvang. Ken hierdie waardes aan die
                          relevante attribute van die objekklas toe.                                  (3)

          2.1.2           Skryf 'n wysigingsmetode ('mutator method') en 'n toegangsmetode
                          ('accessor method') vir die fBrandstofGebruik/brandstofGebruik-
                          attribuut.                                                                  (4)

          2.1.3           Skryf 'n metode met die naam berekenAfstand om die afstand wat
                          afgelê is, te bereken en terug te stuur volgens die begin- en eind-
                          odometerlesings van die aflewering.                                         (3)

          2.1.4           Verskillende tolgelde moet op verskillende tolroetes betaal word.
                          Die roetes wat gebruik word, is RN1, RN2, RN3 en RN4. Tolgeld
                          op hierdie roetes is afhanklik van die tipe vragmotor wat gebruik
                          word. Die maatskappy se vragmotors is soos volg geklassifiseer:

                          •   Ligtediensvragmotors: Tr1, Tr2
                          •   Mediumdiensvragmotor: Tr3
                          •   Swaardiensvragmotors: Tr4, Tr5

                          'n Tweedimensionele skikking met die naam tolGeld bevat die
                          tolgeld vir die verskillende roetes vir verskillende tipes vragmotors
                          en is as deel van die gegewe kode voorsien. Die inhoud van die
                          skikking kan soos volg voorgestel word:

                                    Ligtediens-       Mediumdiens-    Swaardiens-
                                    vragmotor          vragmotor       vragmotor
                              RN1        R105,50           R135,00         R210,00
                              RN2         R35,00            R54,00          R82,00
                              RN3         R85,00           R129,00         R205,00
                              RN4        R112,00           R170,00         R219,00

                          Rye:          Verteenwoordig die roetes RN1 tot RN4
                          Kolomme:      Verteenwoordig die tipes vragmotors

                          Skryf 'n metode met die naam bepaalTolGeld om die tolgeld wat
                          vir die aflewering betaalbaar is, te bepaal en terug te stuur. Die
                          metode moet die roete (RN1, RN2, RN3 of RN4) as 'n parameter
                          ontvang. Gebruik die tweedimensionele skikking met die naam
                          tolGeld om die tolgeld vir die roete en tipe vragmotor wat vir die
                          aflewering gebruik is, op te soek.

                          LET WEL: Dit is verpligtend om die gegewe tweedimensionele
                                   skikking in jou oplossing te gebruik om die tolgeld op
                                   te soek.                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         14                             DBE/November 2014
                                               NSS

2.2       'n Tekslêer met die naam AfleweringsInligting.txt bevat 'n onbekende getal
          reëls met inligting oor vorige voltooide aflewerings. Elke reël met inligting
          bevat data oor 'n enkele aflewering in die volgende formaat:

          <afleweringsnommer>#<vragmotor se nommer>#<odometerlesing na
          voltooiing van die aflewering>

          Voorbeeld van sommige van die data in die tekslêer met die naam
          AfleweringsInligting.txt:

          1#Tr1#121110
          2#Tr2#8010
          3#Tr3#15021
          4#Tr4#700
          5#Tr1#121453
          6#Tr3#15653
          :

          Die data van die eerste aflewering kan soos volg geïnterpreteer word:

           •   Aflewering 1 identifiseer die aflewering.
           •   Vragmotor Tr1 is vir die aflewering gebruik.
           •   Die lesing op die odometer na voltooiing van die aflewering was 121110.

           Doen die volgende om die kode vir elke knoppie in die hoofvormeenheid
           (Delphi)/GGK ('GUI')-klas (Java) soos hieronder beskryf word, te voltooi:

          2.2.1           Knoppie – [Kry data uit lêer]

                          •   Kies die spesifieke vragmotor wat gebruik gaan word uit die
                              gegewe Vragmotornommer-kombinasielys.

                          •   Gebruik die gegewe tekslêer AfleweringsInligting.txt om die
                              volgende te bepaal:

                              o   Nuwe afleweringsnommer
                                  Die afleweringsnommer vir die nuwe aflewering sal op die
                                  laaste aflewering wat in die tekslêer gestoor is, se nommer
                                  volg. Indien die inligting van 20 aflewerings in die tekslêer
                                  gestoor is, sal die nommer van die nuwe aflewering 21
                                  wees.

                              o   Begin-odometerlesing
                                  Die odometerlesing van die laaste aflewering wat deur die
                                  geselekteerde vragmotor gedoen is, moet as die begin-
                                  odometerlesing vir die nuwe aflewering gebruik word.

                                  Voorbeeld:

                                  Indien vragmotor Tr4 gekies is en die odometerlesing wat
                                  na voltooiing van die laaste aflewering vir Tr4 in die
                                  tekslêer gestoor is 1648 is, moet die waarde 1648 aan die
                                  begin van die nuwe aflewering as die odometerlesing
                                  gebruik word.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        15                          DBE/November 2014
                                              NSS

                          •   Vertoon die nuwe afleweringsnommer en die             begin-
                              odometerlesing in die teksblokkies wat voorsien is.

                          •   Vertoon 'n gepaste boodskap in 'n dialoogblokkie en beëindig
                              die program indien geen toegang tot die tekslêer verkry kan
                              word nie.

                          Voorbeeld van die inhoud van die relevante teksblokkies indien
                          vragmotor Tr4 gekies is:

                          LET WEL:     Indien jy nie die vereiste inligting uit die gegewe
                                       tekslêer kan lees nie, sleutel die nommer en begin-
                                       odometerlesing van die nuwe aflewering in die
                                       teksblokkies in om met die res van die program te
                                       kan voortgaan.                                             (14)

          2.2.2           Knoppie – [Nuwe aflewering]

                          Om 'n nuwe Aflewering-objek te skep moet die gebruiker eers die
                          eind-odometerlesing vir die aflewering in die gegewe teksblokkie
                          insleutel.

                          LET WEL: Die eind-odometerlesing wat die gebruiker insleutel
                                   moet groter wees as die vorige odometerlesing vir die
                                   vragmotor, omdat dit die begin-odometerlesing vir
                                   hierdie aflewering is. Geen validering is nodig nie.

                          LET WEL: Die Aflewering-objek se veranderlike is reeds globaal
                                   verklaar as deel van die gegewe kode.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       16                          DBE/November 2014
                                             NSS

                          Skryf kode vir die Nuwe aflewering-knoppie om die volgende te
                          doen:

                          •   Gebruik die nuwe afleweringsnommer, die vragmotor se
                              nommer, die odometerlesing aan die begin en die
                              odometerlesing aan die einde van die aflewering om die
                              Aflewering-objek te skep.

                          •   Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die objek suksesvol
                              geskep is.

                          •   Kry die afstand wat afgelê is deur die berekenAfstand-
                              metode te roep en die geskatte liter brandstof wat vir die
                              aflewering gebruik is, te bereken. Gebruik die volgende
                              inligting:

                              Een liter brandstof word gebruik vir elke vyf kilometer wat
                              afgelê word.

                              Gebruik die metode wat jy in VRAAG 2.1 geskryf het om die
                              fBrandstofGebruik-/brandstofGebruik-attribuut gelyk te stel
                              aan hierdie berekende waarde.

                          LET WEL: Die volgende knoppies moet geaktiveer word:

                                     •   Kontroleer brandstof gebruik
                                     •   Bereken tolgeld                                         (10)

          2.2.3           Knoppie – [Vertoon aflewering]

                          Vertoon die objek in die afvoerarea wat voorsien is deur die
                          toString-metode te gebruik.

                          Voorbeeld van die afvoer vir vragmotor Tr4 met 'n eind-
                          odometerlesing van 2000:

                                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        17                           DBE/November 2014
                                              NSS

          2.2.4           Knoppie – [Kontroleer brandstof gebruik]

                          Daar word van die bestuurder van die vragmotor verwag om die
                          brandstoftenk na afloop van elke aflewering te hervul. Weens die
                          aard van die roetes, mag die hoeveelheid brandstof wat nodig is
                          om die tenk te hervul soms van die hoeveelheid brandstof wat vir
                          die aflewering bereken is, verskil.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Sleutel die hoeveelheid brandstof wat gebruik word om die
                              tenk te hervul in die gegewe teksblokkie in.

                              WENK: Die waarde 75 kan gebruik word om die kode te toets.

                          •   Kry die berekende hoeveelheid brandstof wat gebruik is uit die
                              relevante attribuut in die objekklas.

                          •   Bereken die verskil tussen die brandstof wat gebruik is om die
                              tenk te hervul en die berekende hoeveelheid brandstof wat in
                              die relevante attribuut van die Aflewering-objek gestoor is.

                              o   Indien die verskil minder as 10% is, moet die
                                  fBrandstofGebruik-/brandstofGebruik-attribuut verander
                                  word deur die waarde gelyk te stel aan die nuwe waarde
                                  wat in die teksblokkie ingesleutel is.

                                  'n Gepaste boodskap moet in die gegewe teksblokkie
                                  vertoon word om aan te dui of die waarde van die
                                  fBrandstofGebruik-/brandstofGebruik-attribuut verander
                                  is of nie.

                                  Voorbeeld van die afvoer indien die aflewering deur
                                  vragmotor Tr4 gedoen is en die werklike brandstof gebruik
                                  75,0 is:

                              o   Indien die verskil groter of gelyk aan 10% is, moet 'n
                                  foutboodskap vertoon word en die waarde van die
                                  fBrandstofGebruik-/brandstofGebruik-attribuut moet nie
                                  verander word nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        18                           DBE/November 2014
                                              NSS

                                  Voorbeeld van die afvoer indien die aflewering deur
                                  vragmotor Tr4 gedoen is en die werklike brandstof gebruik
                                  85,0 is:

                                                                                                    (9)

          2.2.5           Knoppie – [Bereken tolgeld]

                          Om die tolgeld te bepaal vir die roete wat vir die nuwe aflewering
                          gebruik word, moet die roete se nommer (byvoorbeeld RN3) in die
                          gegewe teksblokkie ingesleutel word. Hierdie roetenommer moet
                          as 'n parameter na die bepaalTolGeld-metode gestuur word.

                          Die tolgeld moet in die gegewe etiketkomponent vertoon word. Die
                          bedrag moet as geldeenheid (rand) tot TWEE desimale plekke
                          vertoon word.

                          Voorbeeld van die afvoer indien die aflewering deur vragmotor Tr4
                          op roete RN3 gedoen is:

                                                                                                    (5)

•   Maak seker dat jou eksamenommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en
    die vorm verskyn.
•   Stoor al die lêers.
•   Druk die kode vir beide klasse wat jy geskep het, indien drukstukke verlang word.

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  19                            DBE/November 2014
                                        NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSING

SuperTrans Afleweringsdienste bied 'n daaglikse spoeddiens van Kaapstad na
Johannesburg aan. Die stoorruimte in die vragmotor wat vir die aflewerings gebruik
word, is in twee rakke vir breekbare en nie-breekbare items onderskeidelik verdeel. Die
maksimum kapasiteit van die rak wat vir breekbare items gereserveer is, is 20 items
terwyl 'n maksimum van 30 items op die rak vir nie-breekbare items geplaas kan word.
Die laaisone by die maatskappy beheer die verwydering van 'n vrag, die laai van die
items in die trok en die kontrolering van die status van die vrag in die trok op enige
gegewe tydstip.

'n Onvoltooide program om die laai van die vragmotors te bestuur, is voorsien.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Die projek Vraag3 is in die              •   Die projek Vraag3 is in die
     DelphiDataAFR-lêergids voorsien.             JavaDataAFR-lêergids voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer           •   Maak die onvoltooide klas met die
    Vraag3_P.dpr in die Vraag3-lêergids           naam Vraag3.java in die lêergids
    oop.                                          Source Packages (src),
                                                  Vraag3Package oop.

•   Voeg jou eksamennommer as                 •   Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van
    hoofvormeenheid (Vraag3_U)-lêers by.          die klas (Vraag3) by.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    'n Voorbeeld van die koppelvlak word hieronder gegee.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     20                             DBE/November 2014
                                           NSS

      Die afvoerarea van die GGK ('GUI') met die naam 'Laaivordering-vertoonarea'
      verteenwoordig die stoorarea van die vragmotor. 'n Sterretjie (*) word gebruik om
      'n item wat op 'n rak geplaas is, voor te stel.

      Voorbeeld van die afvoer van 'n volgelaaide vragmotor met 20 breekbare en
      30 nie-breekbare items:

•     Skryf kode om VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 soos in die instruksies hieronder
      verduidelik word, te voltooi:

3.1       Knoppie – [Laai item]

          Skryf kode om die volgende te doen wanneer 'n item gelaai word:

           •    Skep 'n laaikode.
           •    Voeg die item, wat deur 'n sterretjie (*) voorgestel word, op die regte rak
                in die laaivordering-vertoonarea by.

          Laaikode:

           Die laaikode word saamgestel uit die letter 'B' vir breekbare items en die
           letters 'NB' vir nie-breekbare items, gevolg deur die reeksnommer van die
           item op die rak.

           Byvoorbeeld:

           B1 verwys na item 1 op die rak vir breekbare items.
           NB6 verwys na item 6 op die rak vir nie-breekbare items.

          Voeg item by laaivordering-vertoonarea:

          Indien daar plek op die rak is, skep en vertoon die laaikode in die teksblokkie
          wat voorsien word en dateer die laaivordering-vertoonarea op om die nuwe
          item te vertoon.

          Indien die item nie gelaai kan word nie, moet die laaikode oopgelaat word en
          'n dialoogblokkie moet gebruik word om die volgende boodskap te vertoon:
          'Laai van item kan nie verwerk word nie – Geen laaispasie nie'

          Voorbeeld van afvoer van die 'Laaivordering-vertoonarea' indien die item wat
          gelaai word 'n nie-breekbare item is. In hierdie voorbeeld is vyf breekbare
          items reeds gelaai (op die volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      21                         DBE/November 2014
                                            NSS

          Voorbeeld van 'n poging om 'n breekbare item te laai as die rak vir breekbare
          items reeds vol is:

                                                                                                (20)

3.2       LET WEL: Indien jy nie VRAAG 3.1 kon voltooi nie, gebruik die data
                   hieronder om VRAAG 3.2 te voltooi:

                          Getal breekbare items:       4
                          Getal nie-breekbare items:   13

          Knoppie – [Kontroleer vragstatus]

          'n Aflewering kan gedoen word indien die vragmotor 'n minimum vrag het van:

           •    50% breekbare items (10 breekbare items), en
           •    50% nie-breekbare items (15 nie-breekbare items)

          Wanneer hierdie knoppie geklik word, moet 'n vragstatusverslag 'n
          opsomming van beide die getal breekbare en nie-breekbare items vertoon,
          deur die volgende kolomopskrifte te gebruik:

                   Tipe item           Getal items          Persentasie gelaai

          • Indien die persentasie wat gelaai is, 50% of meer vir beide breekbare en
            nie-breekbare items is, moet die boodskap 'Die aflewering mag
            voortgaan' vertoon word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    22                            DBE/November 2014
                                          NSS

           • Indien die persentasie items wat gelaai is minder as 50% vir breekbare OF
             nie-breekbare items is, moet die boodskap 'Die aflewering mag nie
             voortgaan nie' vertoon word, asook die getal uitstaande items van elke
             tipe wat nodig is om die minimum vrag te bereik.

           LET WEL:       Punte sal vir kolomformatering en die vertoon van die
                          persentasies tot TWEE desimale plekke toegeken word.

           Voorbeeld 1: Indien die vragstatus van die vragmotor 4 breekbare items en
                        10 nie-breekbare items is, moet die vragstatusverslag soos
                        volg lyk:

           Voorbeeld 2: Indien die vragstatus van die vragmotor 12 breekbare items
                        en 17 nie-breekbare items is, moet die vragstatusverslag soos
                        volg lyk:

                                                                                             (17)

3.3        Knoppie – [Verwyder vrag]

           Inisialiseer al die veranderlikes en datastrukture om vir 'n nuwe vrag voor te
           berei. Verwyder ook alle teks uit die afvoerarea.                                 (3)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2014-memo-eng/5ce60bf6-fbc5-4741-8abb-86a179de07b7) — Information Technology · Memo · 2014 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2014-memo-afr/f95a8905-970c-4975-bcc9-bb42cd12abbc) — Information Technology · Memo · 2014 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-eng/80407ff2-f160-4e19-adb7-a3c5ee95fcea) — Information Technology · QP · 2014 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
