# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2015 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-afr/f2766cdc-1daa-49b0-bc81-5bddbd4fe0e6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-afr/f2766cdc-1daa-49b0-bc81-5bddbd4fe0e6)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                           DBE/November 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
       afdelings beantwoord.

2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
       programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
       gebruik)).

4.     Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
       vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
       word.

5.     Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
       nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.     Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
       werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
       wat in die vraestel verskyn nie.

7.     Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels
       ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n
       programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.     Datastrukture wat nie voorsien is nie, moet deur jou, die programmeerder,
       verklaar word.

9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
       jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
       toegeken is.

10.    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
       wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
       klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk
       gegun word.

12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
       geheuestokkie met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak
       dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken
       is, gestoor is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                           DBE/November 2015
                                            NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
          Die lêers is in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers voorsien.

          LET WEL:

           •    Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRNov2015.exe gebruik.
           •    Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRNov2015.exe gebruik.

          Doen die volgende:

           •    Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
           •    Klik op die 'extract'-knoppie.
           •    Sleutel die volgende wagwoord in: GymCentre54#$

          Nadat dit onttrek is, sal die volgende lys met lêers in die
          DelphiDataAFRNov2015/JavaDataAFRNov2015-lêergids beskikbaar wees:

          Delphi-lêers                            Java (Netbeans)-lêers

          Vraag1:                                 Vraag1:
          Vraag1P.dpr                             Vraag1.form
          Vraag1P.res                             Vraag1.java
          Vraag1U.dfm
          Vraag1U.pas

          Vraag2:                                 Vraag2:
          DataV2.txt                              DataV2.txt
          StudentU.pas                            Student.java
          Vraag2P.dpr                             Vraag2.form
          Vraag2P.res                             Vraag2.java
          Vraag2U.dfm
          Vraag2U.pas

          Vraag3:                                 Vraag3:
          Vraag3P.dpr                             Vraag3.form
          Vraag3P.res                             Vraag3.java
          Vraag3U.dfm
          Vraag3U.pas

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      4                           DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Die Eagle Star Gym by die plaaslike winkelsentrum word deur die gemeenskap gebruik
om fiks te bly.

Hierdie gimnasium het onlangs 'n spesiale gewigsverliesprogram vir 'n groep van
twintig mense bekend gestel. 'n Rekenaarprogram word nou ontwerp om met die
administrasie van hierdie spesiale gewigsverliesprogram te help.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Die projek Vraag1 word in die           •    Die projek Vraag1 word in die
     DelphiDataAFRNov2015-lêergids                JavaDataAFRNov2015-lêergids
     voorsien.                                    voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer met      •    Maak die onvoltooide klas met die
    die naam Vraag1P.dpr in die Vraag1-           naam Vraag1.java in die lêergids
    lêergids oop.                                 Source Packages (src),
                                                  Vraag1Package oop.

•   Voeg jou eksamennommer as                •    Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid met die naam                  klas met die naam Vraag1.java by.
    Vraag1U.pas by.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die GGK ('GUI') vertoon vyf afdelings met die
    opskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    'n Voorbeeld van die GGK word op die volgende bladsy gegee.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     5                           DBE/November 2015
                                           NSS

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos in VRAAG 1.1 tot
      VRAAG 1.5 hieronder beskryf word.

1.1        Wanneer 'n groepslid vir die gewigsverliesprogram inskryf, word sy/haar
           liggaamsmassa-indeks (LMI) ('body mass index'/'BMI') bereken deur die
           volgende formule te gebruik:

                                                  gewig
                                         LMI =
                                                 lengte2

           'n Groepslid word as oorgewig, van normale gewig of ondergewig
           geklassifiseer op grond van sy/haar LMI volgens die kriteria in die tabel
           hieronder.

                             LMI              GEWIGSBESKRYWING
                            < 18,5                Ondergewig
                          18,5 tot 25            Normale gewig
                             > 25                  Oorgewig

          Die gebruiker moet die gewig en lengte van die groepslid in kilogram en meter
          onderskeidelik in die teksblokkies wat voorsien is, insleutel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       6                           DBE/November 2015
                                             NSS

           Skryf kode om die gewig en lengte te verkry uit die teksblokkies wat voorsien
           is en bereken die LMI van die groepslid. Gebruik die afvoerarea om die LMI
           en 'n boodskap, wat aandui of die persoon ondergewig, van normale gewig of
           oorgewig is, volgens die klassifikasie in die gegewe tabel te vertoon.
           Formateer waardes tot VYF desimale plekke.

           Voorbeeld van afvoer indien die gewig 38 kg en die lengte 1,4 m is:

           Voorbeeld van afvoer indien die gewig 90 kg en die lengte 1,6 m is:

                                                                                                   (8)

1.2        'n Lid wat vir die gewigsverliesprogram ingeskryf het, wil weet hoeveel dae dit
           sal neem om sy teikengewig te bereik. Die gebruiker moet sy teikengewig in
           die teksblokkie wat voorsien is, insleutel.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           Verkry die teikengewig uit die teksblokkie en gebruik die huidige gewig van
           die lid wat in VRAAG 1.1 verkry is om die afvoer te bereken en te vertoon,
           soos in die voorbeeld van afvoer op die volgende bladsy getoon word.

           Die volgende is van toepassing:
           •   Neem aan dat die gewigsverlies 375 gram (0,375 kg) per dag is en op die
               eerste dag begin.
           •   Indien die teikengewig minder as die huidige gewig is, vertoon die
               nommer van die dag en die gewig van die lid van die eerste dag af totdat
               hy sy teikengewig bereik het.
           •   Vertoon die boodskap 'Ongeldige waarde ingesleutel' as die teikengewig
               groter as of gelyk aan die lid se huidige gewig is.
           Rond alle gewigswaardes wat vertoon word, tot DRIE desimale plekke af.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                           DBE/November 2015
                                              NSS

           Voorbeeld van afvoer indien die huidige gewig 90 kg en die teikengewig
           85 kg is:

           Voorbeeld van afvoer indien die huidige gewig 70 kg en die teikengewig
           80 kg is:

                                                                                                    (7)

1.3        'n Lidmaatskapkode moet saamgestel word vir elke persoon wat by die
           gewigsverliesprogram inskakel.
           Skryf kode om die volgende te doen:
           •   Verkry die lid se volle naam uit die teksblokkie wat voorsien is.
           •   Verkry die lid se geslag uit die radioknoppies wat voorsien is.
           •   Bepaal of die merkblokkie vir 'n allergie gemerk ('checked'/'ticked') is.
           •   Die lid se lidmaatskapkode bestaan uit drie dele wat soos volg
               saamgestel word:

                o    Deel 1
                      Skakel die volle naam na hoofletters om.
                      Verwyder alle klinkers en spasies.

                o    Deel 2
                      Voeg die karakters '-M-' of '-V-' by Deel 1 van die lidmaatskapkode,
                       afhangend daarvan of die lid manlik of vroulik is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         8                            DBE/November 2015
                                               NSS

                o    Deel 3
                      Voeg 'n kontrolenommer as 'n driesyfergetal by die
                       lidmaatskapkode. Die kontrolenommer word soos volg saamgestel:
                          •   Genereer 'n willekeurige getal in die reeks 1 tot 9 (1 en 9
                              ingesluit). Dit sal die eerste syfer wees.
                          •   Tel die waarde van 10 by die willekeurige getal.
                          •   Bepaal die getal letters waaruit die volle naam sonder die
                              klinkers bestaan (eerste deel van die lidmaatskapkode). Tel
                              die waarde by die huidige waarde. Die totale waarde sal die
                              laaste twee syfers van die kontrolegetal wees.
                              Voorbeeld:   In Deel 1 sal die volle naam Peter Smith
                                           PTRSMTH (7 letters) word.
                                           Indien die willekeurige getal 4 is, sal die laaste
                                           twee syfers 21 (4 + 10 + 7 = 21) wees.
                                           Die kontrolegetal sal dan '421' wees.
                      Voeg die asteriskkarakter (*) by die lidmaatskapkode as die
                       persoon 'n allergie het.
           Voorbeeld van afvoer vir 'n vroulike lid met die naam Margaret Hemingway,
           wat 'n allergie het:

          LET WEL:        As gevolg van die willekeurige seleksie van lidmaatskapkodes
                          kan die lidmaatskapkodes wat in die skermskoot hierbo vertoon
                          word, verskil van die lidmaatskapkodes wat deur jou program
                          vertoon word.                                                               (14)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       9                          DBE/November 2015
                                             NSS

1.4        'n Skikking met die naam arrLidKodes wat 20 lidmaatskapkodes bevat, is
           voorsien.

           Die eerste tien lidmaatskapkodes in die skikking word hieronder getoon.

                   PRTHNMM-M-421
                   LYYHNBB-F-623*
                   DFGQWJJK-M-220*
                   NBVGTYY-F-926
                   NBGTRFSSD-F-322*
                   NJKYTRRTG-M-928
                   JBHGTYGFTR-F-121
                   HGTYRJJ-F-522*
                   KJHYTGFDDRWQ-M-830
                   NHYTRFDDD-M-221*

           Twee van die lede uit die groep wat in die skikking voorkom, moet willekeurig
           vir Premium-lidmaatskap geselekteer word. Premium-lidmaatskap gee aan
           lede toegang tot enige Eagle Star Gym in Suid-Afrika.

           Skryf kode om TWEE lidmaatskapkodes willekeurig te selekteer. Een van die
           geselekteerde lede moet manlik wees en die ander geselekteerde lid moet
           vroulik wees.

           Vertoon die lidmaatskapkodes van die twee willekeurig geselekteerde lede in
           die afvoerarea wat voorsien is.

           Voorbeeld van die inhoud van die afvoerarea:

          LET WEL:        As gevolg van die willekeurige seleksie van lidmaatskapkodes
                          kan die lidmaatskapkodes wat in die skermskoot hierbo vertoon
                          word, verskil van die lidmaatskapkodes wat deur jou program
                          vertoon word.                                                          (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      10                          DBE/November 2015
                                            NSS

1.5        Die organiseerders wil hê dat die 20 lidmaatskapnommers in die
           arrLidKodes-skikking in alfabetiese volgorde gesorteer moet wees. Hulle het
           gevra dat al die lede met 'n allergie boaan die lys vertoon moet word.

           Skryf kode om die lidmaatskapkodes in die skikking in alfabetiese volgorde te
           sorteer. Onttrek al die lede met 'n allergie uit die gesorteerde skikking en
           vertoon dit boaan die lys, gevolg deur al die ander lede.

           Voorbeeld van afvoer van die eerste 13 lidmaatskapkodes nadat dit alfabeties
           gesorteer is:

                                                                                                 (12)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           11                            DBE/November 2015
                                                 NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Eagle Star Gym bied 'n verskeidenheid instrukteurskursusse vir hulle lede aan. 'n Lid
kan vir een instrukteurskursus op 'n slag inskryf. Lede wat vir 'n instrukteurskursus
ingeskryf is, word studente genoem.

INSTRUKSIES:

          Delphi-programmeerders                           Java-programmeerders
•     Die projek Vraag2 word in die               •    Die projek Vraag2 word in die
      DelphiDataAFRNov2015-lêergids                    JavaDataAFRNov2015-lêergids
      voorsien en bevat:                               voorsien en bevat:
      o   'n Hoofvormeenheid met die naam              o   'n GGK ('GUI')-klaslêer met die
          Vraag2U.pas                                      naam Vraag2.java
      o   'n Onvoltooide eenheidlêer met               o   'n Onvoltooide objekklaslêer met
          die naam StudentU.pas                            die naam Student.java
      o   'n Tekslêer met die naam                     o   'n Tekslêer met die naam
          DataV2.txt wat inligting bevat oor               DataV2.txt wat inligting bevat oor
          'n lid wat vir 'n instrukteurskursus             'n lid wat vir 'n instrukteurskursus
          ingeskryf is                                     ingeskryf is
•     Maak die onvoltooide projeklêer met         •    Maak die onvoltooide klasse met die
      die naam Vraag2P.dpr en die klas                 name Vraag2.java en Student.java in
      met die naam StudentU.pas in die                 die lêergids Source Packages (src),
      Vraag2-lêergids oop.                             Vraag2Package oop.
•     Voeg jou eksamennommer as                   •    Voeg jou eksamennommer as
      kommentaar in die eerste reël van                kommentaar in die eerste reël van
      beide lêer Vraag2U.pas en                        beide klas Vraag2.java en
      StudentU.pas by.                                 Student.java by.

Doen die volgende:

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 2 soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
      hieronder beskryf word.

2.1        'n Gedeeltelik voltooide objekklas met die naam TStudent/Student is
           voorsien.

           Voltooi die kode in die gegewe studentklas met die naam TStudent/Student,
           soos in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        12                           DBE/November 2015
                                              NSS

          Die tabel hieronder bevat beskrywings van die attribute van 'n lid wat as
          student vir 'n instrukteurskursus ingeskryf is.

                   Name van attribute
                                                                   Beskrywing
               Delphi              Java
          fNaam             naam                        Van en noemnaam van die student
          fRegKode          regKode                     Unieke seskarakter-
                                                        registrasiekode wat aan elke
                                                        student wat vir 'n
                                                        instrukteurskursus ingeskryf is,
                                                        toegeken word
          fVervalDatum            vervalDatum           Datum waarop die registrasie vir
                                                        die instrukteurskursus sal verval, in
                                                        die formaat JJJJ/MM/DD
          fSessiesVoltooi         sessiesVoltooi        Getal opleidingsessies wat die
                                                        student voltooi het

          2.1.1       Verwyder die kommentaartekens uit die stellings wat in die privaat
                      metode met die naam bepaalVervalDatum voorkom. Die metode
                      ontvang die datum waarop die student vir die instrukteurskursus
                      geregistreer het as 'n parameter. Die student moet die kursus binne
                      'n tydperk van twee jaar vanaf die registrasiedatum voltooi. Die
                      registrasie vir die kursus verval dus twee jaar vanaf die datum van
                      registrasie. Gebruik die parameterwaarde om die datum waarop die
                      registrasie verval, te bepaal en terug te stuur.                              (4)

          2.1.2       Skryf kode vir 'n konstruktormetode om die volgende te doen:
                      •   Ontvang die naam en die registrasiekode van die student sowel
                          as die registrasiedatum as parameters.
                      •   Ken die relevante parameterwaardes aan die fNaam/naam- en
                          fRegKode/regKode-attribute toe.
                      •   Gebruik die registrasiedatum as 'n argument en roep die privaat
                          metode     bepaalVervalDatum       om    die    fVervalDatum/
                          vervalDatum-attribuut te stel.
                      •   Stel die fSessiesVoltooi-/sessiesVoltooi-attribuut op nul.                (5)

          2.1.3       Skryf 'n mutatormetode met die naam setSessiesVoltooi wat 'n
                      waarde as 'n parameterwaarde ontvang en die fSessiesVoltooi-/
                      sessiesVoltooi-attribuut op die waarde stel.                                  (2)

          2.1.4       Skryf 'n metode met die naam vermeerderSessiesVoltooi om die
                      getal sessies wat voltooi is, met 1 te vermeerder.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        13                           DBE/November 2015
                                              NSS

          2.1.5       Skryf 'n metode met die naam evalueerVordering wat die totale
                      getal sessies waaruit die instrukteurskursus bestaan, as 'n
                      parameter ontvang en 'n string terugstuur wat die vordering van 'n
                      student aandui.
                      Die string moet soos volg saamgestel word:
                      •   As die persentasie sessies wat deur 'n student voltooi is, groter
                          is as 75% van die totale getal sessies, stuur 'n string terug wat
                          soos volg geformateer is:

                           <Naam   van        student>        kwalifiseer           as      'n
                           instrukteur

                          Voorbeeld van die saamgestelde string:

                                      Peter Drake kwalifiseer as 'n instrukteur

                      •   Indien die persentasie sessies wat deur die student voltooi is,
                          kleiner of gelyk is aan 75% van die totale getal sessies, stuur
                          'n string terug wat soos volg geformateer is:

                           Persentasie voltooi:<persentasie geformateer
                           tot twee desimale plekke>%

                          Voorbeeld van die saamgestelde string:

                                          Persentasie voltooi: 67.24%                                  (8)

          2.1.6       Skryf 'n toString-metode om die besonderhede van 'n student in die
                      volgende formaat te vertoon:

                      <naam van student> [<registrasiekode>]
                      Vervaldatum: <vervaldatum>
                      Voltooide sessies: <getal sessies voltooi>

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                       (4)

2.2       Die tekslêer DataV2.txt bevat 'n onbekende getal reëls met inligting oor
          studente wat daagliks die verskillende instrukteurskursusse bygewoon het.
          Elke reël met inligting bevat data vir 'n enkele opleidingsessie wat deur
          'n student bygewoon is in die volgende formaat:

          <registrasiekode> het opleiding ontvang op <datum waarop die student die
          opleidingsessie bygewoon het>#<sessie is voltooi of nie voltooi nie>

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      14                           DBE/November 2015
                                            NSS

          Voorbeeld van die eerste ses reëls data wat in die tekslêer gestoor is:

         PD1203 het opleiding ontvang op 2013/12/07#Nie voltooi nie
         CS3011 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi
         SM2102 het opleiding ontvang op 2015/09/28#Nie voltooi nie
         PD1203 het opleiding ontvang op 2014/01/09#Voltooi
         SM2102 het opleiding ontvang op 2015/10/03#Nie voltooi nie
         CJ1506 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi

          Die data in die eerste twee reëls teks kan soos volg geïnterpreteer word:

          Reël 1: PD1203       het   opleiding      ontvang      op   2013/12/07#Nie
          voltooi nie

          •     Die student met kode PD1203 het op 7 Desember 2013 opleiding
                ontvang en het nie die sessie voltooi nie.

          Reël 2: CS3011 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi

          •     Die student met kode CS3011 het op 19 Oktober 2015 opleiding ontvang
                en het die sessie voltooi.

Voorbeeld van die GGK (GUI) vir VRAAG 2:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         15                          DBE/November 2015
                                               NSS

          Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid
          (Delphi)/GGK-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf word.

          2.2.1       Knoppie [Vraag 2.2.1]

                      Peter Drake het vir die 'Kardio en Spierbou'-instrukteurskursus
                      geregistreer. 'n Registrasiekaart wat die volgende inligting bevat, is
                      aan hom uitgereik:

                                    Kursus:    Kardio en Spierbou

                                    Student: Peter Drake

                                    Registrasiekode:     PD1203

                                    Registrasiedatum: 2013/11/12

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Gebruik die waardes wat in die relevante teksblokkies voorsien
                          is om die objStudent-objek te instansieer.
                      •   Vertoon die besonderhede van die student deur die toString-
                          metode te gebruik.

                      Voorbeeld van afvoer vir die student met die naam Peter Drake:

                                                                                                     (3)

          2.2.2       Knoppie [Vraag 2.2.2]

                      Skryf kode om die volgende te doen:
                      •   Gaan na of die DataV2.txt-tekslêer bestaan of nie.
                      •   As die tekslêer NIE bestaan NIE, vertoon 'n geskikte boodskap
                          en maak die program toe.
                      •   As die tekslêer bestaan, doen die volgende:
                          o   Vertoon die naam van die student.
                          o   Gebruik die registrasiekode van die student-objek om die
                              getal voltooide sessies van die student in die tekslêer te
                              soek en te tel. Vertoon die datum van elke opleidingsessie
                              wat deur die student voltooi is.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        16                         DBE/November 2015
                                              NSS

                          o   Gebruik 'n geskikte metode om die attribuut vir die getal
                              voltooide sessies op die mees onlangse hoeveelheid wat
                              getel is, te stel.
                          o   Maak die knoppies vir VRAAG 2.2.3 en VRAAG 2.2.4 aktief.

                      Voorbeeld van afvoer vir Peter Drake:

                      LET WEL:     Die objek kan ook met die volgende studentedata
                                   getoets word:
                                   Naam: Sannie Malan
                                   Registrasiekode: SM2102
                                   Registrasiedatum: 2013/05/12

                      Voorbeeld van afvoer vir Sannie Malan:

                                                                                                  (16)

          2.2.3       Knoppie [Vraag 2.2.3]

                      Die student Peter Drake het nog 'n opleidingsessie bygewoon.
                      Sleutel die datum van die opleidingsessie in die teksblokkie wat
                      voorsien is, in. Gebruik die merkblokkie wat voorsien is om aan te
                      dui of hy die opleidingsessie voltooi het of nie.

                      Die inligting van die nuwe opleidingsessie moet by die tekslêer met
                      die naam DataV2.txt gevoeg word in dieselfde formaat as die
                      teksreëls wat reeds in die tekslêer gestoor is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         17                              DBE/November 2015
                                               NSS

                      Die formaat van elke reël in die tekslêer is soos volg:

                      <Registrasiekode> het opleiding ontvang op <datum
                      waarop die student die opleidingsessie bygewoon
                      het>#<sessie is voltooi of nie voltooi nie>

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Stel 'n string saam wat volgens die vereiste formaat na die
                          tekslêer geskryf sal word. Voeg die string by die DataV2.txt-
                          tekslêer.
                      •   Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die inligting by die tekslêer
                          gevoeg is.
                      •   Dateer die getal opleidingsessies wat deur die student voltooi is,
                          op as die sessie voltooi is.
                      •   Gebruik die toString-metode om die opgedateerde inligting van
                          die student te vertoon.                                                       (10)

          2.2.4       Knoppie [Vraag 2.2.4]

                      'n Student kwalifiseer as 'n instrukteur as hy/sy meer as 75% van die
                      totale getal opleidingsessies voltooi het. Die gebruiker moet die
                      totale getal opleidingsessies vir die instrukteurskursus in die
                      teksblokkie    wat     voorsien      is,   insleutel.   Gebruik   die
                      evalueerVordering-metode om die student se vordering te bepaal
                      en vertoon die boodskap wat deur die metode teruggestuur word.

                      Vertoon die student se vordering in die 'Vordering'-byskrif wat
                      voorsien is, soos in die voorbeelde van afvoer hieronder getoon
                      word.

                      Voorbeeld van 'Vordering'-byskrif as die student aan die kriteria
                      voldoen het en meer as 75% van die totale getal opleidingsessies
                      voltooi het:

                      Voorbeeld van 'Vordering'-byskrif as die student slegs ses uit
                      'n totaal van 20 opleidingsessies voltooi het:

                                                                                                        (3)

•   Sleutel jou eksamennommer in as kommentaar in die eerste reël van beide lêers
    wat jou kode bevat.
•   Stoor al die lêers.
•   'n Drukstuk van die kode vir beide lêers mag vereis word.

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                  57

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      18                          DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Eagle Star Gym bied 'n seminaar oor gesondheid en fiksheid oor 'n tydperk van vier
dae aan. Ses werkswinkels oor verskillende onderwerpe sal daagliks aangebied word.

Die onderwerpe vir die ses werkswinkels is Aërobies, Liggaamsbou, Kardio, Dans,
Energieaanvullings en Eerstehulp.

'n Maksimum van 20 lede kan vir enige werkswinkel op enige gegewe dag bespreek.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•   Die projek Vraag3 word in die            •    Die projek Vraag3 word in die
    DelphiDataAFRNov2015-lêergids                 JavaDataAFRNov2015-lêergids
    voorsien.                                     voorsien.
•   Maak die onvoltooide projeklêer met      •    Maak die onvoltooide klas met die
    die naam Vraag3P.dpr in die Vraag3-           naam Vraag3.java in die lêergids
    lêergids oop. Die hoofvormeenheid             Source Packages (src),
    word Vraag3U.pas genoem.                      Vraag3Package oop.
•   Voeg jou eksamennommer as                •    Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid met die naam                  klas met die naam Vraag3.java by.
    Vraag3U.pas by.

Daar word van jou verwag om 'n program te ontwerp om die volgende te doen:

•   Vertoon die besprekings in netjies geformateerde rye en kolomme.
•   Laat die gebruiker toe om vir 'n werkswinkel te bespreek.
•    Bepaal die getal kaste gebottelde water wat benodig word. (Lede wat die
     werkswinkels bywoon, ontvang elkeen elke dag 'n bottel water.)
•    Kanselleer 'n werkswinkel en die besprekings wat vir die werkswinkel gemaak is.

Lees die volgende afdelings voordat jy probeer om die oplossing te doen:

•   GGK ('GUI') en data wat voorsien is
•   Programvereistes
•   Puntetoekenning

LET WEL:

•   Jy mag NIE data wat voorsien is, per hand verander NIE. Kode moet bygevoeg
    word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.
•   Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
    ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   19                       DBE/November 2015
                                         NSS

GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS

GGK ('GUI')

Die GGK bevat slegs komponente vir gebruikertoevoer. Gebruik die programvereistes
op die volgende bladsy om op geskikte addisionele komponente wat benodig word,
te besluit. Voeg hierdie komponente by die afdeling op die GGK met die opskrif
Addisionele komponente. Voeg afvoerkomponente by die afdeling op die GGK met
die opskrif Afvoerarea.

Voorbeeld van die GGK wat voorsien is:

DATA

Die werkswinkel-onderwerpe word in 'n eendimensionele skikking met die naam
arrWerkswinkels gestoor.

Die getal besprekings wat vir die verskillende werkswinkels gemaak is, is in 'n
tweedimensionele skikking met die naam arrBesprekings gestoor. Die tabel hieronder
is 'n voorstelling van die getal lede wat reeds vir die verskillende werkswinkels
bespreek het:

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     20                          DBE/November 2015
                                           NSS

PROGRAMVEREISTES

Vertoon besprekings:

•   Die program moet 'n geskikte metode voorsien wat die inhoud van die skikkings
    arrWerkswinkels en arrBesprekings netjies in rye en kolomme sal vertoon.
•   Voorsien geskikte opskrifte en vertoon die data netjies in rye en kolomme.

    Voorbeeld van afvoer wat die metode moet voorsien om die werkswinkel-
    onderwerpe en die getal besprekings vir elke dag te vertoon:

Bespreek 'n werkswinkel:

•   'n Werkswinkel kan 'n maksimum van 20 besprekings akkommodeer.
•   Die gebruiker moet 'n werkswinkel en 'n dag waarop die werkswinkel bygewoon
    gaan word, selekteer om te kan bespreek.
•   As die werkswinkel nie volbespreek is nie, dateer die bespreking vir die
    geselekteerde werkswinkel op. Vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die
    bespreking gemaak is en vertoon die opgedateerde besprekings.
•   As die geselekteerde werkswinkel volbespreek is, vertoon 'n geskikte boodskap
    wat die gebruiker inlig dat die geselekteerde werkswinkel volbespreek is.
    Voorbeeld van afvoer as 'n lid kies om vir die Aërobies-werkswinkel op Dag 2
    te bespreek:

    LET WEL:         Die getal besprekings vir Aërobies op Dag 2 het van 14 na 15
                     toegeneem.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    21                           DBE/November 2015
                                          NSS

    Voorbeeld van afvoer as 'n lid kies om vir die Kardio-werkswinkel op Dag 4, wat
    volbespreek is, te bespreek:

Bepaal die getal kaste gebottelde water wat bestel moet word:

•   Al die lede wat die werkswinkels bywoon, kry elke dag 'n gratis bottel water.
    Bereken die getal bottels water wat vir elke dag van die vierdagtydperk benodig sal
    word. Vertoon die nommers van die dae en die totale getal bottels water wat elke
    dag benodig word.
•   Die bestuur wil ook weet hoeveel vol kaste gebottelde water in totaal vir die
    vierdagtydperk aangekoop moet word. Elke vol kas bevat 24 bottels water.

    Voorbeeld van afvoer van die getal bottels water en die vol kaste gebottelde water
    wat benodig word, deur die oorspronklike data wat voorsien is, te gebruik:

Kanselleer 'n werkswinkel:

•   Die bestuur sal soms 'n werkswinkel moet kanselleer as gevolg van te min
    besprekings of omdat die instrukteur nie beskikbaar is nie. Die gebruiker moet 'n
    werkswinkel selekteer wat gekanselleer moet word. Die werkswinkel wat
    geselekteer is, moet uit die onderskeie skikkings en uit die kombinasielys ('combo
    box') verwyder word.
•   Al die besprekings vir die geselekteerde werkswinkel vir die vier dae moet
    verwyder word sodat al die afvoer en berekende waardes die gekanselleerde
    werkswinkel uitsluit.

    Voorbeeld van afvoer as die Kardio-werkswinkel verwyder is (vir oorspronklike
    data wat voorsien is):

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    22                          DBE/November 2015
                                          NSS

    Voorbeeld van afvoer van die getal bottels water wat benodig word as die
    Kardio-werkswinkel verwyder is (vir oorspronklike data wat voorsien is):

PUNTETOEKENNING

                        VEREISTES                                  MAKSIMUM PUNTE
Gebruik geskikte verwerkings- en afvoerkomponente.
Hernoem komponente deur geskikte beskrywende name te                      2
gebruik.
Pas goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp toe.                2
Vertoon inhoud van skikkings met opskrifte.                              8
Bespreek vir 'n werkswinkel.                                             11
Bereken en vertoon die getal bottels water en kaste gebottelde
                                                                         10
water wat benodig word.
Kanselleer 'n werkswinkel en verwyder relevante data.                    10

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING C:        43
                                                                     GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-memo-afr/ed0f17ad-2120-4f04-b0c6-56098d626046) — Information Technology · Memo · 2015 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-eng/aa653eab-47a5-41ab-9ad0-d4627c152fdf) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-afr/ff5603f5-d1d6-4ef5-abb9-c755da166c17) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
