# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2016 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       2                          DBE/November 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
         afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
         programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
         gebruik)).

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal
         vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture voorsien word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3                            DBE/November 2016
                                             NSS

13.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêers verskaf.

         LET WEL:

         •    Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRNov2016.exe gebruik.
         •    Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRNov2016.exe gebruik.

         Doen die volgende:

         •    Dubbelklik op die wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêer.
         •    Klik op die 'Extract'-knoppie.
         •    Sleutel die volgende wagwoord in: AquaS@&$16

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
         DelphiDataAFRNov2016/JavaDataAFRNov2016 beskikbaar wees:

         DELPHI-LÊERS                              JAVA (NETBEANS)-LÊERS

         Vraag1:                                   Vraag1:
         Vraag1_P.dpr                              Vraag1.form
         Vraag1_P.res                              Vraag1.java
         Vraag1_U.dfm
         Vraag1_U.pas

         Vraag2:                                   Vraag2:
         DataV2.txt                                DataV2.txt
         Uitstappie_U.pas                          Uitstappie.java
         Vraag2_P.dpr                              Vraag2.form
         Vraag2_P.res                              Vraag2.java
         Vraag2_U.dfm
         Vraag2_U.pas

         Vraag3:                                   Vraag3:
         Vraag3_P.dpr                              Vraag3.form
         Vraag3_P.res                              Vraag3.java
         Vraag3_U.dfm
         Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   4                         DBE/November 2016
                                         NSS

SCENARIO

Aqua Wonderland is 'n park met 'n watertema wat ontspanning, toegang tot
restaurante, inkopies, waterglybane en nog baie ander aktiwiteite bied. Die
administrateurs by Aqua Wonderland werk tans aan verskillende tegnieke en
strategieë om die park se gewildheid te bevorder.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Die akwarium by Aqua Wonderland is besig om 'n nuwe, reghoekige haaitenk op te rig.
Die administrateurs het 'n sagtewareprogram nodig om die inkomste uit besoekers en
die daaglikse uitgawes vir die instandhouding van die tenk te bestuur.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit wat in die Vraag1-lêergids voorkom. Die
    gebruikerskoppelvlak vertoon vyf verskillende afdelings wat Vraag 1_1 tot
    Vraag 1_5 genoem word. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak GGK ('GUI'):

•   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5
    op die volgende bladsy beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        5                         DBE/November 2016
                                              NSS

1.1      Knoppie [Vraag 1_1]

         Skryf kode om die lengte, breedte en hoogte van die tenk uit die teksblokkies
         wat voorsien is, te verkry. Bereken en vertoon die volume van die tenk deur die
         volgende formule te gebruik:

                               Volume = lengte x breedte x hoogte

         Voorbeeld van afvoer as die lengte 16.5 meter, die breedte 14.2 meter en die
         hoogte 12.5 meter is:

                                                                                                (5)

1.2      Knoppie [Vraag 1_2]

         Die akwarium betaal vir die water wat gebruik sal word om die tenk mee vol te
         maak. Gebruik die volume (in kubieke meter) wat in VRAAG 1.1 bereken is om
         die koste van die water te bereken wat nodig sal wees om die tenk mee vol te
         maak.

                                GETAL LITER                KOSTE
                          Die eerste 500 liter       25 sent per liter
                          Die volgende 300 liter     35 sent per liter
                          Die oorblywende liter      45 sent per liter

         Voorbeeld van afvoer as die volume 2 928.75 kubieke meter is:

                                                                                                (9)

1.3      Knoppie [Vraag 1_3]

         'n Haai kan slegs vir 'n spesifieke tydperk in 'n tenk bly voordat dit vrygelaat
         moet word. Die gebruiker moet die leeftyd van 'n haai in 'n tenk in maande
         insleutel.

         Skryf kode om die getal maande wat ingesleutel is, na jare en maande om te
         skakel en vertoon die jare en maande soos in die voorbeeld hieronder getoon.

         Voorbeeld van afvoer as die getal maande wat ingesleutel is, 87 is:

                                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       6                          DBE/November 2016
                                             NSS

1.4        Knoppie [Vraag 1_4]

           Die bestuur wil weet hoeveel jaar dit sal neem om die aanvanklike uitgawe vir
           die oprig van die haaitenk af te betaal. Die jaarlikse inkomste wat hulle
           verdien, sal gebruik word om die uitgawe af te betaal. Die aanvanklike bedrag
           wat bestee is om die haaitenk op te rig en die verwagte inkomste in die eerste
           jaar, moet ingesleutel word. Na die eerste bedryfsjaar word daar verwag dat
           die inkomste met 10% per jaar sal verhoog.

           Gebruik die waardes wat ingesleutel is om die jaar se nommer, die jaarlikse
           inkomste en die jaarlikse balans van die oprigtingskoste te bereken en te
           vertoon. As die aanvanklike koste afbetaal is, vertoon die woord 'Afbetaal' in
           die 'Balans'-kolom. Alle geldwaardes moet na 'n geldeenheid met twee
           desimale plekke geformateer wees.

           Voorbeeld van afvoer as die koste om die tenk op te rig, R500 000 was en die
           verwagte inkomste gedurende die eerste jaar R75 000 is:

                                                                                                 (14)

1.5        Knoppie [Vraag 1_5_1]

           Daar sal 'n openingsdag wees om die voltooiing van die haaitenk te vier.
           Besoekers wat die openingsdag bywoon, sal die geleentheid kry om aan
           verskeie pret-aktiwiteite deel te neem. Een van die aktiwiteite is 'n
           dobbelsteenspeletjie waartydens die besoeker 'n swemkursus of 'n
           snorkelkursus kan wen as die getalle op die twee dobbelstene wat gegooi is,
           opeenvolgende getalle is.

           LET WEL: Elke dobbelsteen het ses kante.
                    Opeenvolgende getalle is getalle wat op mekaar volg.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Genereer twee ewekansige getalle om die gooi van elke dobbelsteen te
               simuleer en vertoon die getalle in die afvoerarea.

           •   Maak knoppie Vraag 1_5_2 en die twee radioknoppies aktief as twee
               opeenvolgende getalle gegenereer is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                         DBE/November 2016
                                              NSS

           Voorbeeld van afvoer as die getalle wat genereer is, nie opeenvolgend is nie:

           Voorbeeld van afvoer as die getalle wat gegenereer is, opeenvolgend is:

                                                                                                (8)

           Knoppie [Vraag 1_5_2]

           Kies een van die kursusse as 'n prys en skryf kode om die volgende te doen:

           •   Gebruik 'n dialoogblokkie om die besoeker se viersyfer-kaartjienommer in
               te sleutel. Hierdie nommer kan enige viersyfer-getal wees.

           •   Onttrek ('extract') die stelseldatum in enige formaat.

           •   Skep 'n verwysingsnommer in die volgende formaat:

                <Kaartjienommer>#<datum>#<eerste twee letters van die
                geselekteerde kursus as hoofletters>

           Voorbeeld van afvoer as die kaartjienommer wat ingesleutel is, 1028 is, die
           datum 19 Oktober 2016 is en die kursus wat geselekteer is, swem is:

                                                                                                (8)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            50
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     8                          DBE/November 2016
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIËNTEERDE PROGRAMMERING

Aqua Wonderland bied 'n spesiale vyfdag- opvoedkundige program by die akwarium
aan. Skole kan met die administrateurs by die park reël om leerders op 'n uitstappie na
die akwarium te neem op enige een van die spesifieke dae waarop die program
aangebied word. As 'n skool vra om die park op 'n spesifieke datum te besoek, sal die
administrateurs bevestig of die skool dit kan bywoon, afhangend van die plek wat
beskikbaar is om die groep leerders te akkommodeer.

Doen die volgende:

        Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Maak die onvoltooide program in die    •    Maak die onvoltooide program in die
     Vraag2-lêergids oop.                        Vraag2-lêergids oop.

•    Maak die onvoltooide objekklas         •    Maak die onvoltooide objekklas
     Uitstappie_U.pas oop.                       Uitstappie.java oop.

•    Sleutel jou eksamennommer as           •    Sleutel jou eksamennommer as
     kommentaar in die eerste reël van           kommentaar in die eerste reël van
     beide lêer Vraag2_U.pas en                  beide objekklas Vraag2.java en
     Uitstappie_U.pas in.                        Uitstappie.java in.

•    Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
     'n Paneel met die naam pnlBeskikbaarheid, wat weggesteek is, sal nie sigbaar
     wees as die program uitgevoer word nie en sal in VRAAG 2.2.2 en VRAAG 2.2.3
     gebruik word.

     Voorbeeld van gebruikerskoppelvlak:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         9                            DBE/November 2016
                                               NSS

•     Voltooi die kode vir hierdie             program     soos    in   VRAAG       2.1    en
      VRAAG 2.2 hieronder gespesifiseer.

2.1       Die gegewe onvoltooide objekklas (TUitstappie/Uitstappie) bevat die
          verklaring van vier attribute en metodes wat 'n Uitstappie-objek beskryf.

          Die attribute vir die Uitstappie-objek is soos volg:

             NAME VAN ATTRIBUTE
                                                      BESKRYWING
              Delphi        Java
          fSkoolnaam    skoolnaam    Die naam van die skool
          fBesoekDatum besoekDatum Die datum waarop die skool die akwarium wil
                                     besoek in die formaat JJJJ-MM-DD
          fGroepGrootte groepGrootte Die getal leerders in die groep
          fToerGids     toerGids     'n Boolese attribuut met die waarde van 'true'
                                     as die skool 'n toergids benodig of 'false' as
                                     die skool nie 'n toergids benodig nie

          Voltooi die kode in die gegewe Uitstappie-objekklas (TUitstappie/Uitstappie)
          soos in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 hieronder beskryf word.

          2.1.1       Skryf 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                      setBesoekDatum wat 'n datum as parameter sal ontvang en die
                      huidige datum waarop die akwarium besoek gaan word, vervang
                      met die datum wat ontvang is.                                                 (2)

          2.1.2       Skryf 'n metode met die naam benodigToerGids wat die woord 'Ja'
                      sal terugstuur as 'n toergids benodig word, of 'Nee' as 'n toergids nie
                      benodig word nie.                                                             (4)

          2.1.3       'n Maksimum van 500 besoekers word elke dag toegelaat om die
                      program by die akwarium by te woon. Die skool sal nie toegelaat
                      word om die program by te woon as daar nie op die spesifieke
                      datum waarvoor gevra is, plek beskikbaar is nie.

                      Skryf 'n metode met die naam isBevestig wat die totale getal
                      besoekers wat reeds die program op die datum waarvoor gevra is,
                      bywoon, as 'n parameter sal ontvang. Die metode moet die
                      parameterwaarde gebruik om te bepaal of die maksimum getal van
                      500 besoekers per dag oorskry gaan word, of nie, as hierdie skool
                      toegelaat word om die program op die datum waarvoor gevra is, te
                      besoek. Stuur 'n Boolese waarde van 'true' terug as die skool
                      toegelaat word om die program op grond van beskikbare plek by te
                      woon, of 'false' indien nie.                                                  (5)

          2.1.4       Die park wil skole aanmoedig om die akwariumprogram by te woon
                      deur aan een leerder, vir elke tien leerders in die groep, gratis
                      toegang te gee.

                      Skryf 'n metode met die naam berekenBedrag wat die koste per
                      persoon en die koste van 'n toergids as parameters sal ontvang en
                      die totale bedrag wat betaalbaar is, sal bereken en terugstuur.               (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            10                       DBE/November 2016
                                                  NSS

          2.1.5           Voltooi die toString-metode om die inligting oor die uitstappie in
                          die volgende formaat terug te stuur:

                          Skool se naam: <skoolnaam>
                          Datum van besoek: <datum van besoek>
                          Getal leerders: <grootte van die groep>
                          Toergids: <Ja> of <Nee>

                          Voorbeeld van afvoer:

                          Skool se naam: Forest Manor High
                          Datum van besoek: 2016-11-17
                          Getal leerders: 145
                          Toergids: Ja                                                              (4)

2.2       'n Onvoltooide klas Vraag2_U/Vraag2 is voorsien. Besonderhede van die
          skool wat aansoek doen om op 'n uitstappie te gaan om die akwarium te
          besoek, moet deur die gebruiker ingesleutel word. Die program moet bepaal
          of die groep op die datum waarvoor gevra is, geakkommodeer kan word en
          alternatiewe datums voorsien as die groep nie op die datum waarvoor gevra
          is, geakkommodeer kan word nie.

          'n Tekslêer met die naam DataV2.txt bevat inligting oor al die skole wat
          aanvaar is om die akwarium se opvoedkundige program by te woon.

          Die tekslêer sal in VRAAG 2.2.2 gebruik word.

          Die formaat van elke reël in die tekslêer is soos volg:

          <Skool se naam>#<Datum van besoek>#<Getal leerders>

          Die eerste vier reëls van die tekslêer lyk soos volg:

          2.2.1           Knoppie [2.2.1 – Instansieer objek]

                          Die gebruiker moet die naam van die skool insleutel, die datum
                          waarop hulle die akwarium wil besoek uit die lysblokkie selekteer
                          en die getal leerders in die groep insleutel.

                          'n Uitstappie-objek met die naam objUitstappie is globaal
                          verklaar. Skryf kode om die data wat ingesleutel is, te gebruik om
                          'n nuwe Uitstappie-objek te instansieer.

                          Vertoon 'n boodskap deur 'n dialoogblokkie te gebruik om aan te
                          dui dat die objek suksesvol geïnstansieer is.                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          11                         DBE/November 2016
                                                NSS

          2.2.2           Knoppie [2.2.2 – Bevestig beskikbaarheid]

                          (a)   Skryf 'n metode met die naam bepaalDagTotaal wat die
                                datum wat die skool gekies het om die akwarium te besoek,
                                as parameter ontvang. Gebruik die data wat in die
                                DataV2.txt-tekslêer gestoor is, om die totale getal
                                besoekers wat die program bywoon op die datum wat deur
                                die metode ontvang is, te bepaal en terug te stuur.                (12)

                          (b)   Gebruik die dagtotaal se waarde wat deur die
                                bepaalDagTotaal-metode bepaal is as 'n parameter en
                                roep die isBevestig-metode om te bepaal of die skool
                                ingesluit kan word by die akwarium se program op die
                                geselekteerde datum, of nie.

                                As die skool toegelaat word om die akwarium op die
                                geselekteerde     datum te   besoek,  gebruik  die
                                berekenBedrag-metode om die bedrag te bereken wat
                                betaal moet word.

                                LET WEL: Die koste per persoon om die park te besoek en
                                         die koste om 'n toergids te huur is verklaar as
                                         konstante veranderlikes as deel van die kode
                                         wat voorsien is.

                                Vertoon die skool se besonderhede en die bedrag wat
                                betaal moet word deur 'n boodskap-dialoogblokkie te
                                gebruik, soos in die voorbeeld hieronder getoon word.

                                As die skool nie die akwarium op die geselekteerde datum
                                kan besoek nie, doen die volgende:

                                •   Vertoon 'n boodskap in 'n dialoogblokkie wat aandui dat
                                    daar nie plek beskikbaar is nie.

                                •   Toon die paneel met die naam pnlBeskikbaarheid wat
                                    tans weggesteek is.

                                •   Toets al die datums in die lysblokkie vir beskikbaarheid
                                    deur die bepaalDagTotaal- en die isBevestig-metode
                                    te gebruik. Vul die kombinasieblokkie ('combo box') in
                                    die pnlBeskikbaarheid-paneel met die datums waarop
                                    die skool die akwarium kan besoek.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          12                        DBE/November 2016
                                                NSS

                                Gebruik die volgende skoolbesonderhede om die program
                                te toets:
                                  Skool se naam: Hovener Secondary
                                  Datum van besoek: 2016-11-15
                                  Getal leerders: 150
                                  Toergids: Ja
                                Voorbeeld van afvoer as die skool nie op die geselekteerde
                                datum van die besoek ingesluit kan word nie:

                                Die kombinasieblokkie ('combo box') op die paneel
                                pnlBeskikbaarheid wat gevul is met al die datums waarop
                                die skool op grond van beskikbare plek die akwarium kan
                                besoek:

                                                                                                  (16)

          2.2.3           Knoppie [2.2.3 – Bevestig nuwe datum]

                          As alternatiewe datums in die kombinasieblokkie ('combo box')
                          vertoon word, moet die gebruiker 'n datum kies. Die program moet
                          die datum van die objek op die geselekteerde datum stel en
                          die skool se inligting saam met die bedrag betaalbaar in 'n
                          dialoogblokkie vertoon, soos in die voorbeeld hieronder getoon.

                          As daar nie alternatiewe datums in die kombinasieblokkie ('combo
                          box') vertoon word nie, vertoon 'n boodskap wat aandui dat die
                          skool se versoek om op die uitstappie te gaan, onsuksesvol was.          (5)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
    vorm in.
•   Stoor al die lêers.
•   Druk die kode van beide die klas en die vorm (Delphi)/albei klasse(Java) indien dit
    vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              62
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     13                          DBE/November 2016
                                           NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

Inligtingsentrums, wat 'terminale' genoem word, is op drie verskillende punte langs die
roetes in die park opgerig. Die bestuur benodig 'n sagtewareprogram wat inligting aan
besoekers kan verskaf om vas te stel waar die verskillende aktiwiteite en fasiliteite in
Aqua Wonderland is en om bewus te wees van instandhoudingsaktiwiteite in die park.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
    geen funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir elke vraag soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.4 beskryf is.

GGK ('GUI') wat voorsien is:

Die GGK ('GUI') wat voorsien is, stel 'n selfhelp-koppelvlak voor wat besoekers help om
by verskeie aktiwiteite en fasiliteite in die park uit te kom.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      14                          DBE/November 2016
                                            NSS

Data wat voorsien is:

Jy word voorsien van twee parallelle skikkings en een tweedimensionele skikking.

arrAktiwiteite is 'n eendimensionele skikking wat die name van aktiwiteite en fasiliteite
in die park bevat. Die data wat in hierdie skikking gestoor word, is soos volg:

        Waterpark, Akwarium, See, Restaurante, Inkopies, Duik, Hulptoonbank,
        Pikkewynpark, Haaitenk, Dolfynvertonings

'n Ooreenstemmende parallelle skikking met die naam arrKodes bevat letters van die
alfabet wat elk die ooreenstemmende aktiwiteit/fasiliteit voorstel wat in die
arrAktiwiteite-skikking beskryf word.

Die arrKodes-skikking bevat die volgende elemente:

        W, A, S, R, X, D, H, P, T, L

Die eerste element (letter W) in die arrKodes-skikking verteenwoordig die eerste
element ('Waterpark') in die arrAktiwiteite-skikking, die tweede element (letter A) in
die arrKodes-skikking verteenwoordig die tweede element ('Akwarium') in die
arrAktiwiteite-skikking, en so aan.

arrAktKodes is 'n tweedimensionele skikking wat 'n kombinasie van kodes bevat wat
aktiwiteite en fasiliteite verteenwoordig wat vanaf 'n spesifieke terminaal toeganglik is
as die besoeker in 'n spesifieke rigting beweeg. Die kodes wat in hierdie skikking
voorkom, is soos volg:

LET WEL:        Die opskrifte van die rye en kolomme word nie as deel van die
                tweedimensionele skikking voorsien nie.

Voorbeeld:

Die aktiwiteitskode wat van toepassing is as 'n besoeker vanaf Terminaal 1 in 'n
noordelike rigting loop, is DXWAT.

Deur die inhoud van die arrKodes- en arrAktiwiteite-skikking te gebruik, kan daar
vasgestel word dat die aktiwiteite en fasiliteite waarna die kode DXWAT verwys, Duik,
Inkopies, Waterpark, Akwarium en Haaitenk is.

LET WEL:

•   Jy mag NIE die data wat voorsien is, met die hand verander nie. Kode moet
    geskryf word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.

•   Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
    ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        15                           DBE/November 2016
                                              NSS

3.1       Knoppie [3.1 – Aktiwiteits-/Fasiliteitskodes vir alle terminale en rigtings]

          Die program moet die inhoud van die tweedimensionele skikking
          arrAktKodes netjies in rye en kolomme vertoon. Vertoon die rigtings as
          kolomopskrifte en die terminale as die rye se byskrifte.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (9)

3.2       Knoppie [3.2 – Aktiwiteite/Fasiliteite vanaf 'n terminaal en rigting wat
          gekies is]

          Die knoppies wat prentjies bevat, moet gebruik word om 'n terminaal en 'n
          rigting te kies. Kode word voorsien om die terminaal en rigting wat gekies is,
          aan veranderlikes toe te ken. Die program moet dan die skikkings wat
          voorsien is, gebruik om al die beskikbare aktiwiteite en fasiliteite op die roete
          wat gekies is, te identifiseer. Vertoon die terminaal en rigting wat gekies is, as
          'n opskrif en 'n lys van aktiwiteite en fasiliteite op die roete wat gekies is.

          Voorbeeld van afvoer as Terminaal 2 en Suid gekies is:

                                                                                                    (11)

3.3       Knoppie [3.3 – Toegangsroetes na aktiwiteit/fasiliteit wat gekies is]

          Sodra die gebruiker 'n spesifieke aktiwiteit/fasiliteit uit die kombinasieblokkie
          ('combo box') wat voorsien is, gekies het, moet die gebruiker al die
          toegangsroetes na daardie spesifieke aktiwiteit/fasiliteit kan sien. Vertoon die
          nommer van die terminaal en die rigting van elke toegangsroete om die
          aktiwiteit/fasiliteit wat gekies is, te kan bereik.

          Die totale getal toegangsroetes wat lei na die aktiwiteit/fasiliteit wat gekies is,
          moet bepaal en vertoon word.

          Voorbeeld van afvoer as Akwarium uit die kombinasieblokkie ('combo box')
          gekies is:

                                                                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       16                          DBE/November 2016
                                             NSS

3.4        Knoppie [3.4 – Instandhouding van aktiwiteit/fasiliteit wat gekies is]

           Die area waar aktiwiteite plaasvind of waar fasiliteite voorsien word, kan soms
           as gevolg van instandhouding gesluit wees. Die gebruiker moet 'n
           aktiwiteit/fasiliteit kies waar instandhouding gedoen moet word uit die
           kombinasieblokkie ('combo box') wat voorsien is. Die program moet alle
           verwysings na die aktiwiteit/fasiliteit wat gekies is, uit die tweedimensionele
           skikking verwyder en 'n geskikte boodskap in 'n dialoogblokkie vertoon wat
           aandui dat die inligting opgedateer is. Die opgedateerde inhoud van die
           tweedimensionele skikking moet in die afvoerarea vertoon word.

           Voorbeeld van afvoer as Duik uit die kombinasieblokkie ('combo box') gekies
           is:

           Voorbeeld van afvoer nadat die letter D uit die tweedimensionele skikking
           arrAktKodes verwyder is as gevolg van instandhouding wat aan die
           duikfasiliteit gedoen moet word:

                                                                                              (8)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING C:           38
                                                                     GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-eng/5824b493-9d09-4250-ac0e-b7015e6d6080) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [ENGHL P1 GR12 QP ENG SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/enghl-p1-gr12-qp-eng-sept2016-1/6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-afr/aa2dc478-a690-465a-9b78-970ab2aa2218) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
