# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       2                           DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL DRIE afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
         Delphi as programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3                             DBE/November 2017
                                             NSS

13.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
         'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         LET WEL:

         Kandidate moet die lêer DataAFRNov2017.exe gebruik.

         Doen die volgende:

         •    Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
         •    Klik op die 'Extract'-knoppie.
         •    Sleutel die volgende wagwoord in: On$LiNe17

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
         DataAFRNov2017 beskikbaar wees:

         LÊERS WAT VOORSIEN IS
         Vraag 1:
         Pict1.png
         Pict2.png
         Pict3.png
         Pict4.png
         Pict5.png
         Pict6.png
         Pict7.png
         Pict8.png
         Pict9.png
         Pict10.png
         Vraag1_P.dpr
         Vraag1_P.res
         Vraag1_U.dfm
         Vraag1_U.pas

         Vraag 2:
         DSertifikaat_U.pas
         DigitaleSertifikate.txt
         Vraag2_P.dpr
         Vraag2_P.res
         Vraag2_U.dfm
         Vraag2_U.pas

         Vraag 3:
         Vraag3_P.dpr
         Vraag3_P.res
         Vraag3_U.dfm
         Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         4                             DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

•     Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
•     Die program bevat VYF tabelblaaie ('tab sheets') met verskillende vrae wat nie met
      mekaar verband hou nie.
•     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
      voltooi, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 beskryf word.

1.1        Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 1.1]

           Skryf kode in die OnCreate-gebeurtenishanteerder ('event handler') van die
           vorm om die volgende te doen:

           •   Vertoon die sin 'IT is PRET!' op die pnlV1_1-paneel wat verskaf is.
           •   Stel die paneel se agtergrondkleur op 'lime'.
           •   Stel die teks se fontgrootte op 15.

           Voorbeeld van afvoer wanneer die program uitgevoer word:

                                                                                                     (3)

1.2        Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 1.2]

           1.2.1      Knoppie [1.2.1 – Groter getal]

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Onttrek ('Extract') getal 1 en getal 2, wat deur die gebruiker uit
                          die redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is, ingesleutel is.
                      •   Bepaal en vertoon die groter getal in die redigeerblokkie
                          edtV1_2_1.
                      •   Indien die ingesleutelde getalle dieselfde is, vertoon die woord
                          'Gelyk' in die redigeerblokkie edtV1_2_1.

                      Voorbeeld van afvoer vir toevoerwaardes 4 en 9:

                                                                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         5                             DBE/November 2017
                                               NSS

           1.2.2      Knoppie [1.2.2 – Ruil woorde om]

                      Skryf kode om die volgende te doen:
                      •   Onttrek ('Extract') woord 1 en woord 2 wat deur die gebruiker uit
                          die redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is, ingesleutel is.
                      •   Gebruik die veranderlikes wat verskaf is om hierdie waardes te
                          stoor.
                      •   Ruil die inhoud van die twee veranderlikes om.
                      •   Vertoon die woorde in die redigeerblokkies nadat dit omgeruil is.

                      Voorbeeld van toevoer:

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (5)

1.3        Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 1.3]

           Best Buy Bakkery is 'n klein besigheid wat koeke vir die gemeenskap bak.

           Die kombinasielys ('combo box') cmbGetalKoeke is met getalle van 1 tot 10
           gevul, wat gebruik word om die getal koeke wat deur die klant bestel is, te
           selekteer. Daar is tien prentlêers in die lêergids om die getal koeke wat bestel
           is, voor te stel.

           'n Beeldkomponent ('image component'), imgKoekPic, word gebruik om 'n
           prentjie te laai wat die getal koeke wat bestel is, toon. Voorbeeld: As die getal
           koeke wat geselekteer is, drie is, sal die naam van die prentlêer Pict3.png
           wees.

           1.3.1      [Kombinasielys ('Combo box')]
                      Die prys van 'n koek word in 'n konstante veranderlike met die naam
                      PRYS gestoor, wat die waarde 159.50 bevat.
                      Skryf kode vir die kombinasielys om die volgende te doen:
                      •   Onttrek ('Extract') die getal koeke wat uit die kombinasielys
                          geselekteer is.
                      •   Vertoon die prentjie wat die getal koeke voorstel wat geselekteer
                          is.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         6                           DBE/November 2017
                                               NSS

                      •   Gebruik die geselekteerde getal koeke en die waarde van die
                          konstante veranderlike (PRYS) om die koste van die getal
                          geselekteerde koeke te bereken. Vertoon die koste deur
                          geldeenheid ('currency') met TWEE desimale plekke te gebruik.

                      Voorbeeld van toevoer en afvoer indien vier koeke geselekteer is:

                      Voorbeeld van afvoer wanneer die prentlêer Pict4.png gelaai is:

                                                                                                     (5)

           1.3.2      Knoppie [1.3.2 – Bereken die hoeveelheid suiker]

                      'n Enkele koek benodig 375 gram suiker.
                      Suiker word slegs in hoeveelhede van 1 kg verpak.

                      Skryf kode om die volgende te doen:
                      •   Bereken die hoeveelheid suiker in gram wat nodig is om die
                          getal koeke wat geselekteer is, te bak.
                      •   Bepaal die getal 1 kg pakke suiker wat aangekoop moet word.
                          LET WEL:     1 000 gram = 1 kilogram
                      •   Vertoon die hoeveelheid suiker wat nodig is in gram, asook die
                          getal 1 kg pakke suiker wat aangekoop moet word.

                      Voorbeeld van afvoer vir vier koeke wat geselekteer is:

                                                                                                     (5)

1.4        Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 1.4]

          1.4.1       Radiogroep ('Radio group') [Tipe gebruiker]

                      'n Wagwoord is nodig vir die eienaar en die personeel by die
                      bakkery om die stelsel te gebruik. Die paneel pnlV1_4, waar die
                      wagwoord ingesleutel moet word, is nie vir die gebruiker sigbaar nie.

                      Skryf kode om die paneel (pnlV1_4) te vertoon as Eienaar of
                      Personeel uit die radiogroep geselekteer word en om die paneel
                      weg te steek as Klant geselekteer word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                          DBE/November 2017
                                              NSS

                      Voorbeeld as Eienaar uit die radiogroep           geselekteer     is.
                      Die paneel pnlV1_4 sal sigbaar wees.

                                                                                                  (4)

          1.4.2       Knoppie [1.4.2 – Valideer wagwoord]

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Onttrek ('Extract') die wagwoord uit die redigeerblokkie.
                      •   Bepaal of die wagwoord geldig is of nie. 'n Geldige wagwoord
                          moet aan die volgende kriteria voldoen:
                          o    Dit moet uit ten minste ses karakters bestaan.
                          o    Die eerste karakter moet 'n hoofletter wees.
                          o    Die wagwoord moet twee of meer spesiale karaters bevat.
                               Die spesiale karakters moet uit die volgende lys kom:
                               $, @, #, &
                               Karakters kan herhaal word. (Sien voorbeelde hieronder.)
                      •   Gebruik 'n dialoogblokkie om 'n boodskap te vertoon wat aandui
                          of die wagwoord geldig is of nie.
                      •   Maak die knoppie btnV1_4_3 aktief as 'n geldige wagwoord
                          ingesleutel is.
                      •   Maak die Wagwoord-redigeerblokkie leeg as die wagwoord
                          ongeldig is.

                      Voorbeelde van toevoer en afvoer van geldige en ongeldige
                      wagwoorde:

                                                                                                  (11)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             8                              DBE/November 2017
                                                   NSS

          1.4.3           Knoppie [1.4.3 – Enkripteer wagwoord]

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Verander die eerste letter van die geldige wagwoord na die
                              volgende letter in die alfabet, byvoorbeeld as die eerste letter
                              'A' is, moet die letter 'B' word. As die eerste letter 'B' is, moet
                              dit 'C' word, en so aan. As die eerste letter 'Z' is, moet die letter
                              'A' word.
                          •   Vertoon die geënkripteerde wagwoord in die wagwoord-
                              redigeerblokkie.

                          Voorbeeld van afvoer vir die geldige wagwoord PB#87$:

                                                                                                           (5)

1.5       Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 1.5]

          1.5.1           Knoppie [1.5.1 – Volkome vierkant]

                          'n Volkome vierkant is die resultaat van 'n heelgetalwaarde wat met
                          homself vermenigvuldig word.

                          Skryf kode om 'n heelgetalwaarde in te sleutel deur 'n
                          toevoerblokkie ('InputBox') te gebruik. Vertoon 'n boodskap in die
                          afvoerarea redV1_5_1, wat aandui of die getal wat ingesleutel is,
                          'n volkome vierkant is of nie.

                          Voorbeelde van toevoer en afvoer:

                                                                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          9                           DBE/November 2017
                                                NSS

          1.5.2           Knoppie [1.5.2 – Reeks getalle]

                          Gebruik die inligting wat hieronder gegee is en skryf kode om die
                          volgende reeks getalle te vertoon.

                          •   Die eerste term in die reeks is altyd 1.
                          •   Elke daaropvolgende term in die reeks is gelyk aan die vorige
                              term, vermenigvuldig met 3.
                          •   'n Voorwaardelike lus moet gebruik word en die lus moet
                              ophou uitvoer sodra die som van die terme in die reeks die
                              waarde van 1 000 oorskry.                                             (7)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               55

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     10                          DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Easy-Secure is 'n gesagsliggaam (CA) wat digitale sertifikate uitreik. Aanlyn
handelaars kan vir 'n digitale sertifikaat aansoek doen. Jy het 'n program nodig om die
geldigheid van bestaande digitale sertifikate te toets en inligting op hierdie digitale
sertifikate op versoek op te dateer.

Doen die volgende:

•   Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
•   Maak die onvoltooide objekklas DSertifikaat_U.pas oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
    Vraag2_U.pas-lêer en die DSertifikaat _U.pas-lêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

•   Voltooi die kode vir hierdie program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
    gespesifiseer word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                          DBE/November 2017
                                               NSS

2.1       Die onvolledige objekklas (TDigSertifikaat) bevat die verklaring van vier
          attribute wat die DSertifikaat-objek beskryf.

          Die attribute vir die DSertifikaat-objek is soos volg verklaar:

              NAME VAN ATTRIBUTE                           BESKRYWING
            fSertHouer                      Naam van sertifikaathouer
            fVervalDatum                    Datum waarop die sertifikaat verval
            fSekuriteitsKode                Sekuriteitskode wat saamgestel is deur
                                            willekeurig geselekteerde heksadesimale
                                            waardes te gebruik
            fUitreikNom                     Die huidige uitreiknommer van die digitale
                                            sertifikaat
          Die volgende onvoltooide metodes is verskaf:
                            herstelVervalDatum, hetVerval en toString
          LET WEL:        Die stelseldatum is verskaf en in die stringveranderlike
                          sStelselDatum in die formaat 'dd/mm/yyyy' gestoor.

2.1       Voltooi die kode in die objekklas, soos beskryf in VRAAG 2.1.1 tot
          VRAAG 2.1.6 hieronder.

          2.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktormetode wat die naam van die houer
                      van die sertifikaat, die vervaldatum, die sekuriteitskode en die
                      uitreiknommer    as     parameters   sal   ontvang.     Ken     die
                      parameterwaardes wat ontvang is, aan die onderskeie attribute toe.            (4)
          2.1.2       Skryf kode vir 'n metode met die naam vermeerderUitreikNom wat
                      die huidige uitreiknommer met 1 sal vermeerder.                               (2)
          2.1.3       Skryf kode om die metode met die naam herstelVervalDatum te
                      voltooi wat die stelseldatum sal gebruik om die vervaldatum-attribuut
                      van die digitalesertifikaat-objek te herstel. Die vervaldatum moet op
                      een jaar van die huidige datum (vandag se datum) af gestel word
                      aangesien dit slegs vir EEN jaar geldig is.                                   (4)
          2.1.4       Skryf kode om die metode met die naam hetVerval te voltooi wat
                      die stelseldatum sal gebruik om na te gaan of die vervaldatum
                      bereik is of nie en 'n Boolese waarde sal terugstuur.                         (5)
          2.1.5       Skryf kode vir 'n metode met die naam genereerSekuriteitsKode
                      om 'n nuwe sekuriteitskode saam te stel wat aan die
                      fSekuriteitsKode-attribuut toegeken sal word. Die kode moet uit
                      10 karakters bestaan wat willekeurig uit die reeks 0–9 en A–F
                      geselekteer is, in pare (twee) gegroepeer en met dubbelpunte
                      geskei.
                      LET WEL:     Die finale kode sal uit 14 karakters bestaan
                                   (10 willekeurig geselekteerde karakters en 4
                                   dubbelpunte.)
                      Voorbeeld van sekuriteitskode:
                      9A:D3:23:C6:FA                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        12                          DBE/November 2017
                                              NSS

          2.1.6       Skryf kode om die gegewe toString-metode te voltooi wat 'n string
                      met attribute in die volgende formaat sal terugstuur:
                      Inligting van digitale sertifikaat:

                      Sertifikaathouer:         <Sertifikaathouer>

                      Vervaldatum:              <Vervaldatum>

                      Sekuriteitskode:          <Sekuriteitskode>

                      Uitreiknommer:            <Uitreiknommer>                                   (3)

2.2       'n Onvoltooide eenheid Vraag2_U is verskaf. Dit bevat kode vir die objekklas
          om toeganklik te wees en het 'n objekveranderlike objDigSert wat reeds
          verklaar is.

          'n Tekslêer met die naam DigitaleSertifikate.txt bevat 'n lys van sertifikate
          wat uitgereik is. Die besonderhede van elke sertifikaathouer verskyn in die
          volgende formaat:

              <sertifikaathouer>;<uitreiknommer>#<vervaldatum>#
              <sekuriteitskode>

          Voorbeeld van die besonderhede van die eerste vier sertifikaathouers in die
          tekslêer:

          GG Technologies;5#01/04/2016#9A:D3:23:C6:FA
          JP Scrap Yard;1#01/12/2016#C5:2D:0E:66:A2
          Bright Books;11#01/11/2017#18:7F:4B:CD:AA
          Creative Jobs;5#01/08/2018#E0:53:CB:C4:22

          Die doel van die program is om:

          •    Die inligting van 'n sertifikaathouer in die tekslêer op te spoor
          •    Na te gaan of die digitale sertifikaat verval het
          •    Toe te laat dat die digitale sertifikaat hernu word indien die vervaldatum
               bereik is

          Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer.

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 – Soek sertifikaathouer]

                      Die gebruiker moet die naam van die sertifikaathouer insleutel. Die
                      program moet die naam van die sertifikaathouer in die tekslêer met
                      die naam DigitaleSertifikate.txt opspoor.

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Gaan na of die tekslêer DigitaleSertifikate.txt bestaan of nie.
                          Indien die tekslêer NIE bestaan NIE, vertoon 'n geskikte
                          boodskap en maak die program toe.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          13                            DBE/November 2017
                                                NSS

                      •   Indien die tekslêer bestaan,         soek    die   naam    van    die
                          sertifikaathouer in die tekslêer.

                          o   Indien die sertifikaathouer se naam in die tekslêer
                              opgespoor word:
                              -   Instansieer die objDigSert-objek.
                              -   Stel die pnlV2_Knoppies sodat dit sigbaar is.

                          o   Indien die sertifikaathouer se naam NIE in die tekslêer
                              opgespoor word NIE:
                              -   Vertoon die boodskap: 'Geen digitale sertifikaat is
                                  voorheen uitgereik nie'.
                              -   Stel die pnlV2_Knoppies sodat dit nie sigbaar is nie.                (19)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 – Vertoon]

                      Inligting oor die digitalesertifikaat-objek moet in die redAfvoer-area
                      vertoon word deur die toString-metode te gebruik. Die afvoerarea
                      moet skoongemaak word voordat die inligting vertoon word.

                      Voorbeeld van afvoer indien Bright Books as 'n sertifikaathouer
                      ingesleutel is:

                                                                                                       (3)

          2.2.3       Knoppie [2.2.3 – Toets geldigheid]

                      Die digitale sertifikaat is nie geldig as die vervaldatum bereik is nie.
                      Gebruik die hetVerval-metode wat in VRAAG 2.1.4 geskryf is om te
                      toets of die digitale sertifikaat verval het of nie.

                      •   Vertoon 'n geskikte boodskap indien die digitale sertifikaat NIE
                          verval het NIE.
                      •   Indien die digitale sertifikaat verval het, gebruik 'n toevoerblokkie
                          ('InputBox') om die gebruiker te vra of die sertifikaat hernu moet
                          word of nie. Indien die sertifikaat hernu moet word, gebruik die
                          objDigSert-objek se metodes om:

                          o   Die uitreiknommer-attribuut met 1 te vermeerder
                          o   'n Nuwe sekuriteitskode te genereer
                          o   Die vervaldatum na 'n nuwe vervaldatum te herstel
                      Vertoon die inligting van die digitalesertifikaat-objek in die
                      redAfvoer-komponent deur die toString-metode te gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         14                          DBE/November 2017
                                               NSS

                      Voorbeeld van afvoer as die digitale sertifikaat van GG Technologies
                      verval het en hulle gekies het om NIE hulle sertifikaat te hernu nie:

                      Voorbeeld van afvoer as GG Technologies gekies het om hulle
                      digitale sertifikaat te hernu:

                      LET WEL:     Die sekuriteitskode word willekeurig gegenereer
                                   en daarom sal die waardes wat deur jou program
                                   vertoon word, van die waardes in die skermkopieë
                                   ('screenshots') hierbo verskil.                                  (8)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en die vormklas ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode van beide die objekklas en die vorm, indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                58

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    15                          DBE/November 2017
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

SCENARIO

Die webtuiste vir aanlyn inkopies van 'n maatskappy met die naam MajorMax laat
klante toe om items aanlyn van verskillende afdelings by hulle winkel te koop.
Die maatskappy se bestuurder moet hulle weeklikse verkoopsyfers ontleed.

Doen die volgende:

•   Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag3_U.pas-lêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

GGK ('GUI') wat voorsien is:

Die GGK ('GUI') hieronder verteenwoordig die koppelvlak van die program wat deur
MajorMax gebruik word om op hoogte van hulle weeklikse verkoopsyfers te bly.

•   Voltooi die kode vir elke vraag, soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     16                          DBE/November 2017
                                           NSS

LET WEL:

•     Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
      kodering van jou oplossing toegepas word.
•     Jy mag NIE die kode wat verskaf is, verander NIE.

Die program bevat kode wat twee skikkings, arrAfdelings en arrVerkope, verklaar.

Die arrAfdelings-skikking bevat die name van die verskillende afdelings wat produkte
aanlyn verkoop.

Kode wat die arrAfdelings-skikking verklaar:
arrAfdelings: array[1..8] of String = (
         'PC''s & Skootrekenaars', 'Tablette & eLesers',
         'Sagteware','Drukkers, Drukstof en Ink', 'Selfone',
         'Speletjies & Hommeltuie','Netwerktoerusting',
         'Bykomstighede');

Die arrVerkope-skikking is 'n tweedimensionele skikking wat die verkoopsyfers vir die
eerste ses weke van die jaar vir elke afdeling bevat. Die rye in die skikking
verteenwoordig die verskillende afdelings en die kolomme verteenwoordig die
verskillende weke.

Kode wat die arrVerkope-skikking verklaar:
arrVerkope: array[1..8, 1..6] of Real = (
         (935.89,965.99,4056.77,5023.89,3802.66,1146.98),
         (2667.78,2491.78,1989.65,2647.88,1601.56,1921.99),
         (6702.45,4271.56,3424.45,3924.55,3085.45,3359.77),
         (6662.34,6658.45,8075.43,2360.66,2635.44,7365.69),
         (16405.33,9741.37,13381.56,18969.76,8604.55,20207.56),
         (10515.29,7582.66,9856.56,7537.68,9115.67,8401.55),
         (7590.99,9212.65,9070.98,6439.99,7984.88,8767.45),
         (9220.65,8097.99,10067.44,9960.87,10109.56,6571.66));

3.1       Knoppie [3.1 – Verkoopsinligting]

          Vertoon die inhoud van die arrVerkope-skikking met geskikte opskrifte in die
          afvoerkomponent wat verskaf is. Alle geldwaardes moet in geldeenheid-
          formaat ('currency format') met TWEE desimale plekke vertoon word.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     17                          DBE/November 2017
                                           NSS

3.2       Knoppie [3.2 – Vertoon afdelings wat onderpresteer]

          'n Verslag van al die onderpresterende afdelings per week word benodig.
          'n Afdeling onderpresteer as sy verkoopsyfer vir daardie week laer as die
          gemiddelde verkoopsyfer vir al die afdelings is.

          Vertoon die verslag in die afvoerkomponent wat verskaf is, met geskikte
          opskrifte. Alle geldwaardes moet in geldeenheid-formaat ('currency format')
          met TWEE desimale plekke vertoon word.

          Voorbeeld van afvoer vir die eerste drie weke deur die oorspronklike data te
          gebruik:

                                                                                                (14)

3.3       Knoppie [3.3 – Nuwe week]

          Die data in die arrVerkope-skikking verteenwoordig tans die verkoopsyfers vir
          die eerste ses weke van die jaar. Wanneer die verkoopsyfers vir 'n nuwe
          week, byvoorbeeld Week 7, ontleed moet word en dus in die skikking vasgelê
          moet word, moet die huidige data vir Week 1 in die skikking in 'n tekslêer
          geargiveer word. Die naam van die tekslêer is die nommer van die week
          van die verkoopsyfers wat geargiveer is. Voorbeeld: As die verkoopsyfers
          vir Week 1 in die lêer geargiveer is, dan sal die naam van die tekslêer
          'Week 1.txt' wees.

          Wanneer Week 1 se data geargiveer is, moet die data vir Week 2 in die
          arrVerkope-skikking na die posisie van Week 1 in die skikking geskuif word,
          die data vir Week 3 moet na Week 2 geskuif word, en so aan.

          Vir toetsdoeleindes moet die verkoopsdata vir die nuwe week willekeurig
          binne die reeks van R500–R5 000 gegenereer word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        18                           DBE/November 2017
                                              NSS

          Voorbeeld van afvoer indien data vir 'n nuwe week by die skikking gevoeg is
          en die data vir die eerste week geargiveer is:

          LET WEL:        Die byskrifte wat gebruik word om die weke te vertoon, sal met
                          kode opgedateer word om die nommer van die nuwe week wat
                          bygevoeg is, te reflekteer. Die data wat jou program vir die nuwe
                          week vertoon, kan van die data in die skermkopie verskil as
                          gevolg van willekeurige waardes wat gebruik is.

          Voorbeeld van die inhoud van die 'Week 1.txt'-tekslêer:

          Voorbeeld van afvoer indien data vir die volgende nuwe week by die skikking
          gevoeg is en die data vir die tweede week geargiveer is:

          Voorbeeld van die inhoud van die 'Week 2.txt'-tekslêer:

                                                                                                (16)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            37
                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-memo-eng/5a6ed3b8-fff3-4502-bac4-5e1e988da4fc) — Information Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [GR12 INFT P1 Sept2017 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-sept2017-qp-afr/8cc80409-e9a3-4aaf-b9cd-1840fec0704c) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-eng/06f9af8f-82f4-458a-95df-8bb4d8cdfc20) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
