# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2018-afr/7ac3472e-c331-46d9-af6c-c1384bed2d46
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2018-afr/7ac3472e-c331-46d9-af6c-c1384bed2d46)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 2 datablaaie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                         DBE/November 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL DRIE afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir die
         Delphi-programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
         word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        3                           DBE/November 2018
                                              NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
          op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou
          toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare
          lêers verskaf.

          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNov2018.exe gebruik.

          Doen die volgende:

          •     Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
          •     Klik op die 'Extract'-knoppie.
          •     Sleutel die volgende wagwoord in: Rest2Rant*&

          Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids
          DataAFRNov2018 beskikbaar wees:

          LÊERS WAT VERSKAF IS:

          Vraag1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag2:
          BetalingsDB.mdb
          BetalingsDBRugsteun.mdb
          ConnectDB_U.pas
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag3:
          Restaurant_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

          Vraag4:
          Besoekers.txt
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                   4                                DBE/November 2018
                                                         NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

•     Maak die onvolledige program in die Vraag1-lêergids oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER
      oortjieblaaie ('tab sheets') met die byskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4. Die
      program het tans geen funksionaliteit nie.
•     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
      voltooi, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf is.

1.1        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.1]

           Paneel [1.1 – Vertoon opskrif]

           Skryf kode om die eienskappe van paneel pnlV1_1 soos volg op te stel:
           •   Agtergrondkleur op lemmetjiegroen ('lime')
           •   Fontkleur op rooi ('red')
           •   Fontgrootte op 20 pt
           •   Opskrif na 'Inligtingstegnologie Vraestel 1'

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                                  (4)

1.2        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.2]

           Knoppie [1.2 – Volume]

           'n Verskaffer van koeldrankblikkies moet die volume van 'n blikkie bepaal
           voordat dit met vloeistof gevul word.

           Alle blikkies word met vloeistof gevul, wat 'n spasie van 1 cm vanaf die
           bokant oop laat.

                                                               1 cm Volume van vloeistof
                                    Hoogte van blikkie

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         5                          DBE/November 2018
                                               NSS

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verklaar veranderlikes vir die hoogte en radius van die blikkie.

           •   Bereken die volume van die vloeistof wat nodig is (volgens die
               spesifikasies) om 'n blikkie te vul indien die hoogte en radius van die
               blikkie as toevoer deur die gebruiker verskaf word.

               Die volume van 'n silinder (blikkie) word soos volg bereken:

                          Volume = pi x radius2 x hoogte van silinder

           •   Gebruik 'n dialoogblokkie om die volume van die vloeistof in die blikkie te
               vertoon, bereken tot EEN desimale plek.

           Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die hoogte van die blikkie 5.4 cm en
           die radius 1.2 cm is:

                                                                                                   (9)

1.3        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.3]

           Knoppie [1.3 – Vertoon faktore en toets of dit 'n priemgetal is]

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verklaar geskikte veranderlikes.
           •   Maak die 'rich edit'-komponent redV1_3 skoon.
           •   Genereer 'n ewekansige heelgetal in die reeks 5 tot 50 (inklusief).
           •   Bepaal en vertoon die faktore van die gegenereerde getal in die 'rich edit'-
               komponent redV1_3.
           •   Indien die getal wat gegenereer is, 'n priemgetal is, vertoon die getal en
               'n boodskap wat aandui dat dit 'n priemgetal is.

           LET WEL:
           • 'n Faktor is 'n getal wat deur 'n ander getal deelbaar is sonder 'n res.
           • 'n Priemgetal het slegs twee faktore, naamlik die waarde van 1 en die
              getal self.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                         DBE/November 2018
                                              NSS

           Voorbeeld van afvoer as die getal wat gegenereer is, 6 is:

           Voorbeeld van afvoer as die getal wat gegenereer is, 13 is:

                                                                                                (13)

1.4        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 1.4]

           Knoppie [1.4 – Sleutel reël met instruksies in en vertoon opdragte]

           'n Robot moet 'n reël met instruksies ontvang om uit 'n doolhof te beweeg
           deur nie meer as 10 stappe (treë) vorentoe te gebruik nie. Die robot reageer
           op die karakters S, R en L, wat die volgende opdragte verteenwoordig:

                     S:   Een stap (tree) vorentoe
                     R:   Draai regs
                     L:   Draai links

           Voorbeeld van 'n reël met instruksies: SSSRSLSLLSSR

           Kode is verskaf wat die volgende doen:

           •   Skakel die reël met instruksies wat ingelees is, na hoofletters om en ken
               die reël met instruksies aan die veranderlike sInstruksies toe.
           •   Maak die afvoerarea redV1_4 skoon.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Vertoon die reël met instruksies wat ingelees is in die afvoerarea
               redV1_4, gevolg deur 'n oop reël.
           •   Dekodeer die reël met instruksies na kort beskrywende opdragte wat die
               bewegings van die robot aandui.
           •   Vertoon die beskrywende opdragte in die 'rich edit'-komponent redV1_4,
               soos getoon in die voorbeeld wat volg.
           •   Sodra die stappe (treë) vorentoe die waarde van 10 oorskry, moet die
               boodskap 'Getal stappe vorentoe meer as 10' vertoon word en geen van
               die oorblywende opdragte wat in die reël met instruksies voorkom, moet
               gedekodeer word nie.

           LET WEL:       Jou kode moet enige reël met instruksies kan dekodeer en nie
                          slegs die reël met instruksies wat in die voorbeelde wat volg,
                          getoon word nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  7                       DBE/November 2018
                                        NSS

           Voorbeeld van afvoer as SSSRSLSLLSSR as die reël met instruksies
           ingesleutel is:

           Voorbeeld van afvoer as SSSRSLSLLSSRSSSS as die reël met instruksies
           ingesleutel is:

                                                                                        (14)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                         TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    8                          DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Die databasis BetalingsDB bevat die inligting van die personeellede van 'n restaurant.
Die databasis bevat twee tabelle, naamlik tblWerknemers en tblBetalings, met data
wat spesifiek met die jaar 2017 verband hou.

Die databladsye wat aan die einde van die vraestel aangeheg is, verskaf inligting oor
die ontwerp van die databasis en die inhoud daarvan.

Doen die volgende:

•   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag2-
    lêergids oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        9                           DBE/November 2018
                                              NSS

•     Volg die instruksies wat volg om die kode vir elke afdeling, soos in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
•     Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2
      te beantwoord.

LET WEL:

•     Die [Herstel databasis]-knoppie is verskaf om die data wat in die databasis
      voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
      oorspronklike data moet toets, kan jy op hierdie knoppie klik om die data te herstel.
•     Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm. Jy sal dus nie met
      Microsoft Access toegang tot die inhoud van die databasis kan kry nie.
•     Moet NIE enige van die data wat verskaf is, verander NIE.
•     Kode is verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
•     TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word:

    Veranderlike          Datatipe     Beskrywing
    tblWerknemers         TADOTable    Verwys na die tabel tblWerknemers
    tblBetalings          TADOTable    Verwys na die tabel tblBetalings

2.1        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 – SQL]

           In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
           VRAAG 2.1.5 te beantwoord.

           Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
           vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings is onvolledig.

           Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            10                         DBE/November 2018
                                                  NSS

          Doen die volgende om die onvolledige SQL-stellings wat onderskeidelik aan
          die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 per vraag
          toegeken is, te voltooi:

          2.1.1           Knoppie [2.1.1 – Alfabetiese lys]

                          Vertoon AL die besonderhede van werknemers wat alfabeties
                          volgens die van-veld in die tblWerknemers-tabel gesorteer is.

                          Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords:

                                                                                                     (3)

          2.1.2           Knoppie [2.1.2 – Getal kinders van permanente werknemers]

                          Vertoon die van, voornaam en getal kinders van al die permanente
                          werknemers met meer as drie kinders.

                          Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords:

                                                                                                     (5)

          2.1.3           Knoppie [2.1.3 – Werknemers betaal op geselekteerde datum]

                          Vertoon die betaalnommer en ID-nommer van al die werknemers
                          wat op 2017/01/17 betaal is.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (6)

          2.1.4           Knoppie [2.1.4 – Vee betaling uit]

                          Vee die rekord met die betaalnommer 110 uit die tblBetalings-
                          tabel uit.

                          Kode is verskaf om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die
                          inhoud van die databasis verander is.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           11                         DBE/November 2018
                                                 NSS

          2.1.5           Knoppie [2.1.5 – Totale netto salarisse per maand]

                          Die netto salaris van 'n werknemer word bereken deur die
                          aftrekkings van die bruto salaris af te trek.

                          Bereken en vertoon die totale bedrag wat die restaurant per maand
                          aan netto salarisse betaal het. Vertoon die maand deur die
                          veldnaam MaandNom te gebruik en vertoon die berekende bedrag
                          deur die veldnaam TotaleBedragBetaal te gebruik. Formateer die
                          bedrag as geldeenheid.

                          Voorbeeld van afvoer vir die eerste drie maande indien die
                          oorspronklike data gebruik is:

                                                                                                     (8)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode]

          In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
          VRAAG 2.2.1 tot VRAAG 2.2.3 te beantwoord.

          GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

          Die gebruikerskoppelvlak vir VRAAG 2.2 word hieronder vertoon.

          2.2.1           Knoppie [2.2.1 – Tydelike werknemers]

                          Skryf kode om die van, voornaam en getal kinders van al die
                          tydelike werknemers uit die tblWerknemers-tabel in die 'rich edit'-
                          komponent redV2 te vertoon.

                          LET WEL: Kode is vir opskrifte en kolomme verskaf.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            12                      DBE/November 2018
                                                  NSS

                          Voorbeeld van afvoer vir eerste vier rekords:

                                                                                                  (6)

          2.2.2           Knoppie [2.2.2 – Voeg 'n werknemer by]
                          Skryf kode om 'n rekord by die tblWerknemers-tabel te voeg.
                          Die data van die werknemer wat bygevoeg moet word, word
                          hieronder gegee:
                          Van:       Zwelini
                          Voornaam: Lungile
                          ID-nommer: 7601050179081
                          Permanent: Yes
                          Kinders:   3
                          Voorbeeld van die laaste paar rekords in die tblWerknemers-tabel
                          nadat die rekord vir Lungile bygevoeg is:

                                                                                                  (5)

          2.2.3           Knoppie [2.2.3 – Dateer aftrekkings op]
                          Die aftrekkingsbedrag vir 'n spesifieke betaling is verkeerd
                          ingesleutel. Die gebruiker moet 'n rekord uit die DBGrid
                          dbgBetalings selekteer.
                          Skryf kode om die aftrekkingsveld van die rekord wat geselekteer
                          is, op te dateer deur die aftrekkingsbedrag met 1% van die bruto
                          salaris te verhoog.
                          Voorbeeld van inhoud van rekord indien betaalnommer 112
                          geselekteer is:

                          Voorbeeld van opgedateerde inhoud van rekord met betaalnommer
                          112:

                                                                                                   (4)
          •    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël
               van die programlêer ingesleutel is.
          •    Stoor jou program.
          •    Druk die kode indien dit vereis word.
                                                                     TOTAAL AFDELING B:             40
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        13                          DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

'n Nuwe restaurant benodig sagteware om 'n identifikasiekode saam te stel en
personeelgetalle te bestuur.

Doen die volgende:

•     Maak die onvolledige program in die Vraag3-lêergids oop.
•     Maak die onvolledige objekklas Restaurant_U.pas oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
      Vraag3_U.pas- en Restaurant_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

      Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

•     Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Restaurant_U-objekklas gespesifiseer
      en in VRAAG 3.2 vir die Vraag3_U-vormklas.

3.1       Die onvolledige objekklas (TRestaurant) wat verskaf is, bevat die volgende:

          •     Verklarings van drie attribute wat 'n Restaurant-objek definieer
          •     'n Voltooide toString-metode

          Die attribute vir die Restaurant-objek is soos volg verklaar:

              Name van attribute     Beskrywing
              fNaam                  Naam van die restaurant
              fJaarGeopen            Jaar waarin die restaurant oopgemaak het in die
                                     formaat JJJJ
              fAantWerknemers        Die getal werknemers by die restaurant

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         14                         DBE/November 2018
                                               NSS

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die naam van die restaurant,
                      die jaar waarin die restaurant oopgemaak het en die getal
                      werknemers as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes
                      aan die onderskeie attribute toe.                                            (5)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n metode met die naam getAantWerknemers wat die
                      getal werknemers sal terugstuur.                                             (2)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n metode met die naam vermeerderAantWerknemers
                      om 'n heelgetalwaarde as 'n parameter te ontvang. Die getal
                      werknemers moet met die waarde wat as 'n parameter ontvang is,
                      vermeerder word.                                                             (3)

          3.1.4       Skryf kode vir 'n metode met die naam skepKode wat die volle naam
                      van die eienaar as 'n parameter ontvang en 'n identifikasie-kode in die
                      volgende formaat saamstel en terugstuur:
                                                     %$JJJJ
                      waar:
                      % die eerste letter van die naam van die restaurant verteenwoordig
                      $ die laaste twee letters van die volle naam van die eienaar
                      verteenwoordig
                      JJJJ die jaar waarin die restaurant oopgemaak het, verteenwoordig

                      Voorbeeld van 'n identifikasiekode vir die volgende toevoerwaardes:

                      Restaurant se naam: Simply Fabulous Food
                      Jaar oopgemaak: 2018
                      Eienaar se volle naam: Pieter van Wyk

                      Identifikasiekode: Syk2018                                                   (7)

3.2       Die onvolledige eenheid Vraag3_U wat verskaf is, bevat kode vir die objekklas
          om toeganklik te wees en 'n objekveranderlike objRestaurant.

          Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer.

          3.2.1       Knoppie [3.2.1 – Instansieer en vertoon objek]

                      Die gebruiker moet die naam van die restaurant, die jaar waarin
                      restaurant oopgemaak het en die getal werknemers insleutel deur die
                      komponente wat verskaf is, te gebruik.

                      Die volgende toevoerdata is verskaf om die program te toets:

                      Restaurant se naam: Simply Fabulous Food
                      Jaar oopgemaak: 2018
                      Getal werknemers: 25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           15                         DBE/November 2018
                                                 NSS

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Gebruik die data wat ingesleutel is om 'n restaurant-objek te
                              instansieer.
                          •   Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die
                              objek in die 'rich edit'-komponent redV3 te vertoon.                   (8)

          3.2.2           Knoppie [3.2.2 – Identifikasiekode]

                          Die gebruiker moet die volle naam van die eienaar in die
                          redigeerblokkie ('edit box') wat vir toevoer verskaf is, insleutel.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Roep die skepKode-metode deur die eienaar se volle naam as
                              'n argument te gebruik.
                          •   Vertoon die gekompileerde identifikasiekode in die
                              redigeerblokkie edtIDKode.

                          Voorbeeld van afvoer as die toetsdata, wat as toevoerwaardes in
                          VRAAG 3.2.1 verskaf is, gebruik is en Pieter van Wyk as die volle
                          naam van die eienaar gebruik is:

                                                                                                     (3)

          3.2.3           Knoppie [3.2.3 – Voeg werknemers by]

                          Die gebruiker moet die getal werknemers wat in die edtVoegby-
                          redigeerblokkie bygevoeg moet word, insleutel.

                          Kode is verskaf om 'n konstante veranderlike met die naam
                          iMaksWerknemers te verklaar wat die maksimum getal
                          werknemers by die restaurant verteenwoordig en stel die waarde
                          daarvan op 40.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Onttrek die getal werknemers wat uit die redigeerblokkie
                              ingevoer is.
                          •   Bepaal of die getal werknemers wat onttrek is, bygetel kan
                              word sonder om die maksimum getal werknemers by die
                              restaurant te oorskry.
                          •   Indien die getal werknemers bygevoeg kan word:
                               o    Roep die relevante metode om die getal werknemers te
                                    vergroot.
                               o    Vertoon die totale getal werknemers in die
                                    edtOpgedateer-redigeerblokkie.
                          •   Indien die getal werknemers wat ingesleutel is, nie bygetel kan
                              word nie (oorskry die maksimum getal werknemers), vertoon
                              'n geskikte boodskap in die edtOpgedateer-redigeerblokkie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          16                         DBE/November 2018
                                                NSS

                          Voorbeeld van afvoer vir die toetsdata wat in VRAAG 3.2.1 gebruik
                          is en die waarde 4 word nou ingesleutel vir die werknemers wat
                          bygevoeg moet word:

                          Voorbeeld van afvoer vir die toetsdata wat in VRAAG 3.2.1 gebruik
                          is en die waarde 20 word nou ingesleutel vir die werknemers wat
                          bygevoeg moet word:

                                                                                                   (10)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en vormklas ingesleutel is.
•   Stoor al die lêers.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              38

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     17                         DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

'n Plaaslike restaurant het rekord gehou van die getal klante wat per dag gedurende
die afgelope jaar die restaurant besoek het.

Doen die volgende:

•   Maak die onvolledige program in die Vraag4-lêergids oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_U.pas-lêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Die program bevat die kode wat hieronder getoon word vir die verklaring van drie
skikkings met die name arrDae, arrTempKlante en arrKlante.

•   arrDae is 'n konstante skikking wat afkortings vir die sewe dae van die week bevat.
•   arrTempKlante is 'n konstante skikking wat SLEGS gebruik moet word om
    VRAAG 4.2 te beantwoord indien jou kode om arrKlante te vul in VRAAG 4.1 NIE
    suksesvol was NIE.
•   arrKlante is verklaar met 'n maksimum grootte van 31 elemente.

const
  arrDae : array[1..7] of String = ('Son', 'Maa', 'Din', 'Woe',
                                       'Don', 'Vry', 'Sat');
  arrTempKlante : array[1..31] of integer = (248, 81, 189, 141,
    163, 163,233, 64, 145, 188, 108, 124, 120, 130, 57, 64, 131,
    54, 138, 71, 75, 152, 126, 170, 56, 157, 230, 82, 199, 119,
    136);
var
  arrKlante : array[1..31] of integer;

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      18                         DBE/November 2018
                                            NSS

'n Tekslêer met die naam Besoekers.txt is verskaf en bevat 365 reëls met data
wat die getal klante verteenwoordig wat die restaurant van 1 Januarie 2017 tot
31 Desember 2017 besoek het. Elke reël data bevat 'n datum (dag-maand),
'n hutskarakter (#) en 'n getal wat die getal klante wat die restaurant op daardie datum
besoek het, aandui. Die data word in die volgende formaat gestoor:

<datum>#<getal klante>

Voorbeeld van reëls data in die tekslêer:

1-Jan#177
2-Jan#96
3-Jan#152
:
31-Jan#152
1-Feb#174
:
31-Des#250

Verduideliking van die eerste twee reëls data in die Besoekers.txt-tekslêer:

      Op 1 Januarie het 177 klante die restaurant besoek.
      Op 2 Januarie het 96 klante die restaurant besoek.

LET WEL:

•     Moet NIE die kode wat verskaf is, verander NIE.
•     Pas goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp in jou oplossing toe.

Voltooi die kode soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 hieronder beskryf word.

4.1       Knoppie [4.1 – Vul klante-skikking]

          Die gebruiker moet 'n maand uit die cmbMaande-kombinasielys ('combo
          box') selekteer.

          Gebruik die tekslêer Besoekers.txt om die arrKlante-skikking met die data
          van die geselekteerde maand te vul.

          Voorbeeld van die inhoud van die skikking as Mei geselekteer is:

                                            arrKlante
                            1     248
                            2     81
                            3     189
                            :     :
                            31 136
          'n Boodskap moet vertoon word wat aandui dat die skikking suksesvol
          gevul is.                                                                               (14)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     19                         DBE/November 2018
                                           NSS

4.2       Knoppie [4.2 – Vertoon]

          Gebruik die cmbDae-kombinasielys ('combo box') om 'n dag van die week as
          die eerste dag van die maand te selekteer.

          Gebruik die geselekteerde dag en die gevulde skikking uit VRAAG 4.1 en
          skryf kode om 'n kalender te vertoon, soos hieronder getoon.

          Die getal klante wat die restaurant elke dag besoek het, moet tussen hakies
          vertoon word.

          Voorbeeld van afvoer as Vrydag as die eerste dag van Mei geselekteer is:

          LET WEL: Kode om die opskrifte en subopskrifte te vertoon, is verskaf.

          Voorbeeld van afvoer as Woensdag as die eerste dag van Februarie
          geselekteer is:

                                                                                           (18)

•     Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      programlêer ingesleutel is.
•     Stoor jou program.
•     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING D:           32
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     1                          DBE/November 2018
                                           NSS

                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

VRAAG 2: DATABASISINLIGTING

ONTWERP VAN DIE DATABASISTABELLE:

Tabel: tblWerknemers

Hierdie tabel bevat die persoonlike inligting van die werknemers wat by die restaurant
werk.

Field name                Data type    Description
WerknemerNommer           AutoNumber   'n Unieke nommer wat aan elke werknemer
                                       toegeken is
Van                       Text (20)    Die van van die werknemer
Voornaam                  Text (20)    Die voornaam van die werknemer
IDNommer                  Text (15)    Die Suid-Afrikaanse ID-nommer van die
                                       werknemer
Permanent                 Boolean      Boolese veld wat aandui of die werknemer deel
                                       van die permanente personeel is of nie
Kinders                   Number       Getal kinders wat van die werknemer afhanklik is

Voorbeeld van data van die eerste tien rekords:

Tabel: tblBetalings

Hierdie tabel bevat die rekords van al die betalings wat gedurende die afgelope jaar
(2017) aan die werknemers gemaak is.

Field name                Data type     Description
BetaalNommer              AutoNumber    'n Unieke nommer wat aan 'n betaling wat aan 'n
                                        werknemer gemaak is, toegeken is
WerknemerNommer           Number        'n Nommer wat die werknemer wat die betaling
                                        ontvang het, identifiseer
BetaalDatum               Date/Time     Die datum waarop die betaling gemaak is
BrutoSalaris              Currency      Die salaris voor aftrekkings
Aftrekkings               Currency      Die totale bedrag wat van die bruto salaris
                                        afgetrek gaan word

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    2                         DBE/November 2018
                                          NSS

Voorbeeld van data van die eerste tien rekords:

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-eng-d/7330c86d-be49-4c3a-8b5f-8b7faf59df57) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/9f7a8ca6-c72c-48cc-b6c0-360bbbded219) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-english/b77b5a5f-75b4-4d23-aaa6-5ab3653b9aeb) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
