# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2019 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                         DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          elk van die VIER afdelings beantwoord.

2.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
          Delphi-programmeringstaal is.

4.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
          word.

5.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
          vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
          word nie.

6.        Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

7.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
          hierdie roetines gebruik NIE.

8.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture voorsien word.

9.        Jy moet jou werk gereeld op die disket/CD/DVD/geheuestokkie stoor wat aan
          jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

10.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
          drukwerk gegee word.

12.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                          DBE/November 2019
                                            NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
          Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
          verskaf.
          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNov2019.exe gebruik.
          Doen die volgende:
               Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
                DataAFRNov2019.exe
               Klik op die 'Extract'-knoppie.
               Sleutel die volgende wagwoord in: SPoRt@ScHOOL%
          Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
          ('folder') DataAFRNov2019 beskikbaar wees:
          LÊERS WAT VOORSIEN IS:
          Vraag 1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas
          Vraag 2:
          ConnectDB_U.dcu
          ConnectDB_U.pas
          HokkieDB.mdb
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas
          Vraag 3:
          Speler_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas
          Vraag 4:
          Doolhof 1.txt
          Doolhof 2.txt
          Doolhof 3.txt
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    4                        DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag1_P.dpr in die Vraag 1-
       lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
       Vraag1_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER
       verskillende afdelings wat Vraag 1.1 tot Vraag 1.4 genoem word. Die program het
       tans geen funksionaliteit nie.

       Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

      Voltooi die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1, soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
       VRAAG 1.4 wat volg.

    Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       5                           DBE/November 2019
                                              NSS

1.1       Knoppie [1.1 - Vertoon bedrag verskuldig]
          Mini-pizzas kan teen R14,95 elk by die snoepie by 'n skool bestel word.
          Skryf kode om die volgende te doen:
              Verklaar 'n konstante veranderlike, PRYS, om die waarde 14.95 te bevat.
              Verklaar TWEE veranderlikes om die getal mini-pizzas wat bestel is en
               die bedrag wat verskuldig is, onderskeidelik te stoor.
              Verander die fontgrootte van die byskrif ('label') lblV1_1 na 20 pt.
              Herwin ('Retrieve') die getal mini-pizzas wat bestel is uit die spnV1_1-
               spin-redigeerblokkie ('spin edit box').
              Bereken die bedrag verskuldig deur die konstante veranderlike PRYS en
               veranderlike vir die getal mini-pizzas wat bestel is, te gebruik.
              Vertoon die bedrag verskuldig op die byskrif lblV1_1, as geldeenheid
               geformatteer.
          Voorbeeld van afvoer as die getal mini-pizzas bestel, 5 is:

                                                                                                   (8)
1.2       Knoppie [1.2 - Pythagoras]
          Pythagoras se teorie is in Wiskunde
                                                    Die formule C2 = A2 + B2 word
          die fundamentele verhouding in
                                                    gebruik om die lengte van die sy
          Euklidiese meetkunde ten opsigte
                                                    teenoor die reghoek in die driehoek
          van die drie sye van 'n reghoekige
                                                    hieronder te bereken.
          driehoek.

                                                                        C2 = A2 + B2
                                                                        C =√

          Skryf kode om die volgende te doen:
              Verklaar veranderlikes vir sye A, B en C.
              Ken die waarde van 4 aan die veranderlike vir sy A toe.
              Verkry die lengte van sy B vanaf die edtV1_2-redigeerblokkie en ken dit
               aan die veranderlike vir sy B toe.
              Bereken die lengte van sy C deur die formule C =√       te gebruik.
              Vertoon die lengte van sy C in die pnlV1_2-komponent as 'n reële getal,
               tot EEN desimale plek afgerond.
          Voorbeeld van afvoer as 6.5 as die lengte van sy B ingesleutel is:

                                                                                                   (10)
 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        6                          DBE/November 2019
                                               NSS

1.3       Knoppie [1.3 - Bepaal kleinste getal]

          'n Globale veranderlike, iKleinste, word verklaar en na die waarde 100
          geïnisialiseer.

          Skryf kode om die volgende te doen as die Bepaal kleinste getal-knoppie
          geklik word:

              Genereer en ken 'n willekeurige getal in die reeks van 1 tot 100 (inklusief)
               toe aan 'n lokale veranderlike iGetal wat verskaf is.
              Vertoon die getal wat in die redV1_3 'rich edit' gegenereer is.
              Vervang die huidige kleinste getal wat in die iKleinste-veranderlike met
               die gegenereerde getal gestoor is, indien die gegenereerde getal kleiner
               is as die getal wat in die iKleinste-veranderlike gestoor is.
              Vertoon die kleinste getal in die edtV1_3-redigeerblokkie ('edit box').

          LET WEL:

              Die willekeurige getal moet by die 'rich edit' gevoeg word met elke klik van
               die knoppie.
              Kode word in die Herstel-knoppie verskaf om die kleinste getal na die
               beginwaarde van 100 te stel en die inhoud van die toevoer- en
               afvoerkomponente skoon te maak.

          Voorbeeld van afvoer as die knoppie een keer geklik word en die willekeurige
          getal 42 gegenereer word:

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        7                        DBE/November 2019
                                               NSS

          Voorbeeld van afvoer as die knoppie ses keer geklik word:

          LET WEL:         Die afvoer wat deur jou program vertoon word, kan van die
                           voorbeeldafvoer verskil omdat willekeurige getalle gegenereer
                           word.                                                                (9)

1.4       Knoppie [1.4 - Vertoon gedekripteerde string]

          'n Geënkripteerde string wat deur die gebruiker ingesleutel word, moet
          gedekripteer en vertoon word. Die geënkripteerde string bevat syfers omdat
          sommige van die alfabetiese karakters in die string met syfers volgens die
          tabel hieronder vervang is.

                      ALFABETIESE KARAKTER                     VERVANGINGSYFER
                                A                                     0
                                B                                     1
                                C                                     2
                                D                                     3
                                E                                     4
                                F                                     5
                                G                                     6
                                H                                     7
                                I                                     8
                                J                                     9

          Voorbeeld:

                  Geënkripteerde weergawe van die string: T8M4!
                  Oorspronklike string (gedekripteer): TIME!

          Skryf kode om die volgende te doen om 'n geënkripteerde string te dekripteer:

              Gebruik 'n toevoerblokkie ('input box') om 'n geënkripteerde string in te
               sleutel.
              Vervang elke syfer wat in die geënkripteerde string voorkom met die
               alfabetiese karakter wat dit verteenwoordig (sien tabel hierbo).
              Vertoon die gedekripteerde string in 'n boodskapblokkie ('message box').

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                      8                         DBE/November 2019
                                                NSS

             Voorbeeld van toevoer as T8M4! as 'n geënkripteerde string ingesleutel is:

             Afvoer vir die geënkripteerde string T8M4!:

             Toets jou kode deur die volgende toetsdata te gebruik:

             90R verteenwoordig JAR
             03V4NTUR4 T8M4! verteenwoordig ADVENTURE TIME!
             039024NT verteenwoordig ADJACENT                                                     (13)

      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       programlêer ingesleutel is.
      Stoor jou program.
      Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              40

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     9                        DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Die hokkie-organiseerder by jou skool het jou hulp nodig met die administrasie van die
spelers, spanne en afrigters.

Die databasis HokkieDB bevat twee tabelle met die name tblSpelers en tblSpanne.

Die bladsye met data wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, verskaf
inligting oor die ontwerp van die databasis en die inhoud van die tabelle.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
    lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag2_U.pas eenheidlêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Die inhoud van die tabelle word vertoon soos hieronder getoon op die seleksie van
    die Oortjieblad ('Tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                       10                     DBE/November 2019
                                                 NSS

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling te voltooi, soos
      beskryf in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 wat volg.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

LET WEL:

     Die 'Herstel databasis'(Restore database')-knoppie word verskaf om die data wat in
      die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm, met ander woorde jy
      sal nie in staat wees om toegang tot die databasis te kry deur Microsoft Access te
      gebruik nie.
     Kode word verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
      Moet NIE enige van die kode wat verskaf word, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos wat in die tabel
      hieronder beskryf word.

        Variable              Data type Description
        tblSpanne             TADOTable Verwys na die tabel tblSpanne in die
                                        databasis HokkieDB
        tblSpelers            TADOTable Verwys na die tabel tblSpelers         in die
                                        databasis HokkieDB

2.1         Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

            Voorbeeld van die GGK ('GUI') vir VRAAG 2.1:

            LET WEL:

                Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
                 beantwoord.
                Kode word verskaf om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van
                 die navrae te vertoon. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes
                 sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                        DBE/November 2019
                                               NSS

         Voltooi die SQL-stellings om die take uit te voer wat in VRAAG 2.1.1 tot
         VRAAG 2.1.5 wat volg, beskryf word.

         2.1.1       Knoppie [2.1.1 - Beste spelers]

                     Vertoon die vanne en name van             al die    spelers met     'n
                     vaardigheidsvlak van 10.

                     Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords:

                                                                                                 (3)

         2.1.2       Knoppie [2.1.2 - B-span-afrigters]

                     Vertoon die name van die afrigters en spanne van al die B-spanne.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (4)

         2.1.3       Knoppie [2.1.3 - Persentasie wedstryde gewen]

                     Kode is voorsien om 'n span se naam uit die kombinasieblokkie
                     ('combo box'), cmbV2_1_3, te onttrek.

                     Vertoon die naam van die span, hulle afrigter en die persentasie
                     wedstryde wat die span gewen het. Stoor die persentasie wedstryde
                     wat gewen is in 'n berekende veld met die naam
                     PersentasieWedstrydeGewen.

                     Voorbeeld van afvoer as die o/14 B-span geselekteer is:

                     LET WEL: Jy hoef NIE die berekende waarde te formatteer NIE.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        12                       DBE/November 2019
                                               NSS

          2.1.4       Knoppie [2.1.4 – Spangemiddeld van meer as 6]

                      Die gemiddelde vaardigheidsvlakke van spanne word gebruik om
                      spanne te identifiseer met die grootste moontlikheid om hulle
                      wedstryde te wen.
                      Vertoon die name en gemiddelde vaardigheidsvlakke van alle
                      spanne met 'n gemiddelde vaardigheidsvlak van meer as 6. Die
                      gemiddelde vaardigheidsvlak per span moet in 'n berekende veld
                      met die naam GemidVaardigheidsVlak gestoor word, tot EEN
                      desimale plek geformatteer.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (5)
          2.1.5       Knoppie [2.1.5 – Dateer wedstryde gewen op]

                      Die uitslag van die wedstryde wat tydens die laaste sportdag gewen
                      is, moet gebruik word om die GetalWedstrydeGewen-veld op te
                      dateer. Slegs die o/14 B-span het hulle wedstryd verloor.
                      Dateer die data in die tblSpanne-tabel op deur 'n waarde van 1 by
                      die GetalWedstrydeGewen-veld te tel vir die spanne wat hulle
                      wedstryde gewen het.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (3)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode]

             Voorbeeld van GGK ('GUI') vir VRAAG 2.2:

         LET WEL:
              Gebruik SLEGS Delphi-programmingskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG
               2.2.2 te beantwoord.
              GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.
 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                       13                        DBE/November 2019
                                                 NSS

2.2.1        Knoppie [2.2.1 – Junior spelers in o/18 A-span]

             Die o/18 A-span sluit sommige junior spelers in wat uitsonderlik talentvol is.
             Junior spelers is spelers wat ná die jaar 2002 gebore is.

             LET WEL:         Die eerste twee syfers van die IDNommer-veld dui die
                              geboortejaar van 'n speler aan.

             Skryf kode om die volgende te doen:
                 Stoor die vanne en name van al die junior spelers wat lede van die
                  o/18 A-span is in 'n nuwe tekslêer met die naam Junior18A.txt.
                 Bepaal die totale getal junior spelers in die o/18 A-span en vertoon die
                  resultaat in die lblV2_2_1-byskrif ('label').

             Voorbeeld van inhoud van die Junior18A-tekslêer:

             Voorbeeld van afvoer wat op die lblV2_2_1-byskrif vertoon moet word:

                                                                                                   (11)

2.2.2        Knoppie [2.2.2 – Afrigter en doelwagter se inligting]

             Die afrigter en doelwagter van al die spanne word na 'n spesiale oefensessie
             uitgenooi.

             Kode is verskaf om al die verskillende kolomwydtes te stel en om die opskrifte
             te vertoon, soos in die voorbeeld van afvoer getoon.

             Skryf kode om 'n lys te vertoon wat die volgende inligting oor elke span bevat:
                 Naam van die span
                 Van en voorletters van die afrigter
                 Van en naam van die doelwagter in die formaat:
                  <Van>, <Naam>

             Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                   (10)

      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       programlêer ingesleutel is.
      Stoor jou program.
      Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              40

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                        14                       DBE/November 2019
                                                  NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Die skool ontwerp sagteware om die liggaamsmassa-indeks (LMI/'body mass index
(BMI)') van die rugbyspelers te bereken en om die geskiktheid van die rugbyspelers vir
seleksie te bepaal.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
      Maak die onvolledige objekklas Speler_U.pas oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
       Vraag3_U.pas-lêer en die Speler_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die GGK ('GUI'):

      Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Speler_U-objekklas en VRAAG 3.2 vir
       die Vraag3_U-vormklas gespesifiseer.

3.1          Die onvolledige objekklas (TSpeler) wat verskaf is, bevat die verklarings van
             drie attribute wat 'n Speler-objek definieer.

             Die attribute vir die Speler-objek is soos volg verklaar:

               Name van attribute       Beskrywing
               fSpelerNaam              Die naam van die rugbyspeler
               fGewigVanSpeler          Die gewig van die speler
               fTelling                 Die telling by 'n spesifieke rugbywedstryd behaal

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         15                        DBE/November 2019
                                                NSS

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die speler se naam en
                      gewig as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan
                      die onderskeie attribute toe. Stel die telling-attribuut op die waarde
                      van nul.                                                                     (4)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                      getTelling vir die fTelling-attribuut.                                       (2)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n metode met die naam dateerTellingOp wat 'n
                      heelgetalwaarde as parameter sal ontvang en die waarde wat
                      ontvang is, by die fTelling-attribuut sal tel.                               (3)

          3.1.4       Skryf kode vir 'n metode met die naam berekenLMI wat die lengte
                      van die speler as 'n parameter moet ontvang en die speler se LMI sal
                      bereken en terugstuur, op die volgende formule gebaseer:

                      LMI = gewig van speler/(lengte van speler)2                                  (3)

          3.1.5       Skryf kode vir 'n metode met die naam geskikVirSeleksie wat
                      gebruik kan word om die moontlikheid te bepaal om geselekteer te
                      word om by die Provinsiale Uitdunne-toernooi te speel. Moontlike
                      seleksie word bepaal deur die inhoud van die fTelling-attribuut
                      volgens die volgende kategorieë te evalueer:

                       Telling                     Boodskap
                       0 tot 7 punte               Klein moontlikheid
                       8 tot 14 punte              Gemiddelde moontlikheid
                       Meer as 14 punte            Groot moontlikheid

                      Die metode moet die relevante boodskap terugstuur.                           (4)

          3.1.6       Skryf kode vir 'n toString-metode om die attribute van die speler-
                      objek in die volgende formaat te vertoon:

                      Naam: <fSpelerNaam>
                      Gewig: <fGewigVanSpeler>
                      Huidige telling: <fTelling>

                      Voorbeeld:
                      Naam: Olaff
                      Gewig: 70.3
                      Huidige telling: 0                                                           (4)

3.2       'n Onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf en bevat kode vir die objekklas
          om toeganklik te wees.

          Die volgende globale veranderlike is verklaar:

                  Die objek objSpeler

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          16                         DBE/November 2019
                                                NSS

         Doen die volgende om die kode vir VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 in die
         hoofvormeenheid te voltooi:

         3.2.1       Knoppie [3.2.1 - Instansieer objek]

                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Gebruik die naam en gewig van die speler uit die
                          redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is om 'n Speler-objek
                          te instansieer.
                         Vertoon 'n boodskap, deur 'n dialoogblokkie ('dialog box') te
                          gebruik, dat die objek geïnstansieer is.                                 (5)

         3.2.2       Knoppie [3.2.2 - Bereken LMI]

                     Die redV3_2_2-komponent moet as die vertoonarea gebruik word.

                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Gebruik 'n toevoerdialoogblokkie ('input dialog box') om die
                          lengte van die speler in te sleutel.
                         Roep die relevante metode wat lengte as 'n argument gebruik
                          om die LMI van die speler te bereken.
                         Roep die toString-metode om die inligting van die speler-objek
                          te vertoon.
                         Vertoon die LMI van die speler, tot EEN desimale plek afgerond.

                     Voorbeeld van afvoer as die gewig van die speler 70,3 kg en die
                     lengte van die speler 1,8 m is:

                                                                                                   (7)

         3.2.3       Knoppie [3.2.3 - Dateer telling op]

                     Die telling van 'n speler word opgedateer soos wat die wedstryd
                     ontwikkel.
                     Die gebruiker moet 'n telling in die radiogroep ('radio group') met die
                     naam rgpV3_2_3 selekteer en op die Dateer telling op-knoppie klik
                     elke keer as die speler gedurende die wedstryd punte aanteken.

                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Onttrek die telling wat uit die komponent rgpV3_2_3 geselekteer
                          is.
                         Roep die korrekte metode om die telling-attribuut op te dateer.
                         Roep die korrekte metode om die telling terug te stuur
                         Vertoon die opgedateerde telling van die speler in die
                          pnlV3_2_3-komponent.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          17                         DBE/November 2019
                                                NSS

                     Voorbeeld van afvoer as die waarde van 2 as die eerste telling
                     geselekteer is en die Dateer telling op-knoppie geklik is:

                     Voorbeeld van afvoer as die waarde van 5 as die volgende telling
                     geselekteer is en die Dateer telling op-knoppie geklik is:

                                                                                                   (6)

         3.2.4       Knoppie [3.2.4 - Geskik vir seleksie]

                     Skryf kode om die metode wat 'n boodskap terugstuur wat die speler
                     se geskiktheid vir seleksie aandui, te roep. Vertoon die boodskap in
                     die byskrif lblV3_2_4.

                     Voorbeeld van afvoer as die huidige telling van die speler 8 is:

                     Voorbeeld van afvoer as die huidige telling van die speler 15 is:

                                                                                                   (2)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en die vormklas ingesleutel is.
   Stoor al die lêers.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      18                       DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

'n Skool gebruik 'n doolhof as 'n spanbou-aktiwiteit vir die rugby en netbal se eerste
spanne.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die GGK ('GUI'):

Die volgende kode is voorsien:

    const
      iRyTel = 16;
    var
      arrDoolhof : array[1..iRyTel] of String;

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                      19                       DBE/November 2019
                                                NSS

Die doolhof word voorgestel deur verskillende karakters soos volg te gebruik:

      Die '@'-karakter dui die buitenste grens van die doolhof aan.
      Die '#'-karakter dui 'n hindernis (muur) aan.
      Die strepie('-')-karakter dui 'n oop spasie (gang) aan.

Voltooi die kode van ELKE afdeling van VRAAG 4, soos beskryf in VRAAG 4.1 en
VRAAG 4.2 wat volg.

4.1          Knoppie [4.1 - Vertoon doolhof]

             'n Kombinasieblokkie ('combo box') met die naam cmbV4_1 is met die name
             van drie doolhowe, naamlik Doolhof 1, Doolhof 2 en Doolhof 3, gevul. Drie
             tekslêers met die name Doolhof 1.txt, Doolhof 2.txt en Doolhof 3.txt is
             verskaf. Elke tekslêer bevat reëls met karakters wat die uitleg van elke
             doolhof onderskeidelik verteenwoordig.

             Die gebruiker moet 'n doolhof uit kombinasieblokkie cmbV4_1 selekteer.

             Kode is verskaf om die komponent met die naam redV4 skoon te maak.

             Skryf kode om die volgende te doen:

                 Onttrek ('Extract') die naam van die geselekteerde doolhof uit die
                  kombinasieblokkie cmbV4_1.
                 Vertoon 'n geskikte boodskap as 'n tekslêer NIE vir die geselekteerde
                  doolhof bestaan NIE.
                 Doen die volgende as 'n tekslêer vir die geselekteerde doolhof bestaan:
                  o Lees EEN reël op 'n slag uit die tekslêer.
                  o Stoor ELKE reël by die regte indeks in die skikking arrDoolhof wat
                      verskaf is.
                  o Vertoon ELKE reël van die doolhof met sy ooreenstemmende
                      reëlnommer in die afvoerkomponent redV4.

             Voorbeeld van afvoer as Doolhof 1 uit die kombinasieblokkie geselekteer is:

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      20                        DBE/November 2019
                                             NSS

          Voorbeeld van afvoer as Doolhof 2 uit die kombinasieblokkie geselekteer is:

                                                                                               (11)

4.2       Knoppie [4.2 - Langste gang]

          Die langste gang verwys na die maksimum getal opeenvolgende horisontale
          oop spasies in 'n ry in die doolhof. 'n Oop spasie word deur die strepie('-')-
          karakter aangedui.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Bepaal die maksimum getal opeenvolgende horisontale oop spasies in 'n
               ry in die skikking arrDoolhof.
              Vertoon die maksimum getal opeenvolgende horisontale oop spasies as
               deel van 'n afvoerstelling.
              Vertoon 'n lys van ry(e) wat 'n gang met die maksimum getal
               opeenvolgende horisontale oop spasies bevat.

          Voorbeeld van afvoer vir Doolhof 1:

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     21                   DBE/November 2019
                                           NSS

         Voorbeeld van afvoer vir Doolhof 3:

                                                                                     (19)

            Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van
             die programlêer ingesleutel is.
            Stoor jou program.
            Druk die kode indien dit vereis word.

                                                         TOTAAL AFDELING D:          30
                                                             GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                            1                             DBE/November 2019
                                                   NSS

                                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASISINLIGTING VAN HokkieDB VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblSpanne

Hierdie tabel bevat die data van al die hokkie-afrigters.

 Field name                        Data type     Description
 SpanNaam (PK)                     Text (10)     'n Unieke spannaam. 'n Span se naam word in
                                                 die formaat 'o/18 A' gestoor, waar A 'n A-span
                                                 aandui, B 'n B-span en so aan. Die getal 18 is
                                                 die ouderdomsgroep van die span se spelers.
 Afrigter                          Text (25)     Die van en voorletters van die span se afrigter
 GetalWedstrydeGespeel             Integer       Die totale getal wedstryde wat die span hierdie
                                                 seisoen gespeel het
 GetalWedstrydeGewen               Integer       Die totale getal wedstryde wat die span hierdie
                                                 seisoen gewen het

Voorbeeld van die eerste vier rekords in die tblSpanne-tabel:

Tabel: tblSpelers

Die tabel bevat die data van die hokkiespelers van drie verskillende ouderdomsgroepe:

 Field name            Data type         Description
 SpelerID (PK)         Autonumber        'n Unieke nommer wat aan die speler toegeken word
 SpelerVan             Text (25)         Die van van die speler
 SpelerNaam            Text (25)         Die naam van die speler
 IDNommer              Text (20)         Die Suid-Afrikaanse ID-nommer – eerste 6 syfers is
                                         die geboortedatum van die persoon in die formaat
                                         yymmdd.
 SpanNaam              Text (10)         Die span se naam waarvan die speler 'n lid is, bv.
                                         'o/18 A'
 VaardigheidsVlak      Integer           'n Waarde in die reeks 1 tot 10 wat die speler se
                                         vaardigheidsvlak aandui. 'n Waarde van 1 dui 'n lae
                                         vaardigheidsvlak aan. 'n Waarde van 10 dui 'n hoë
                                         vaardigheidsvlak aan.
 DoelWagter            Boolean           'n Waarde wat aandui of die speler 'n doelwagter is
                                         (true) of nie (false)

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  2                         DBE/November 2019
                                            NSS

Voorbeeld van die eerste vier rekords van die tblSpelers-tabel:

LET WEL:

      Konneksiekode is verskaf.
      Die databasis is met 'n wagwoord beskerm, daarom sal jy nie in staat wees om
       direk toegang tot die databasis te verkry nie.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:

    Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2019-english/13baa4c0-c4fc-48ad-be32-a39f4775b286) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
