# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-afr/3769d6f1-a136-465a-b5ca-c025ecaf4962
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-afr/3769d6f1-a136-465a-b5ca-c025ecaf4962)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                          DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          AL VIER afdelings beantwoord.

2.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van
          die Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet
          gebruik word om die vrae te beantwoord.

4.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken
          word.

5.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
          vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering
          toegeken word nie.

6.        Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

7.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
          hierdie roetines gebruik NIE.

8.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture verskaf word.

9.        Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
          jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

10.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
          voorkom. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee
          word.

12.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                           DBE/November 2021
                                            NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
          Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
          verskaf.

          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNov2021.exe gebruik.

          Doen die volgende:

               Dubbelklik op die uitvoerbare lêer DataAFRNov2021.exe wat met 'n
                wagwoord beskerm is.
               Klik op die 'Extract'-knoppie.
               Sleutel die volgende wagwoord in: eStapNov2021

          Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
          ('folder') DataAFRNov2021 beskikbaar wees:

          Vraag 1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag 2:
          ConnectDB_U.pas
          StapDB - Copy.mdb
          StapDB.mdb
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag 3:
          StapRoete_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas
          *.txt 9 lêers
          *.jpg 9 lêers

          Vraag 4:
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     4                         DBE/November 2021
                                           NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag1_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
   Gebruik die veranderlikes wat verskaf is om die vrae te beantwoord.

     Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot
    VRAAG 1.5 wat volg, beskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         5                            DBE/November 2021
                                               NSS

1.1        'FormCreate'-gebeurtenis

           Skryf kode om die formaat van die byskrif lblV1_1 soos volg te verander:
              Vertoon die teks 'Coding is' wanneer die program uitgevoer word.
              Verander die kleur van die teks na groen ('clGreen').
              Verander die fontgrootte na 16 pt.
              Verander die font na Arial.
           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (4)

1.2        Knoppie [1.2 - Getal rolletjies]

           Energielekkers wat vir stappers aanbeveel word om gedurende elke rustyd
           terwyl hulle stap, te eet, word in rolletjies van agt lekkers per rolletjie verpak.
           Stappers eet gewoonlik vier lekkers gedurende elke rustyd. Gebruik die
           spnV1_2-spin-redigeerder ('spin edit') om die getal rustye wat 'n stapper
           beplan om te neem, te kies/in te sleutel. Die program moet die getal rolletjies
           lekkers bepaal wat vir die staproete aangekoop moet word.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Skep 'n konstante LEKKERS_PER_ROL om die waarde van 8 te stoor.
              Verklaar geskikte heelgetalveranderlikes vir die getal rustye, die totale
               getal lekkers en die getal rolletjies wat aangekoop moet word.
              Onttrek die getal rustye wat gedurende 'n staproete geneem gaan word
               uit die spnV1_2-spin-regigeerdeer.
              Bereken die totale getal lekkers wat 'n stapper gedurende die staproete
               sal eet. Neem aan dat stappers vier lekkers gedurende elke rustyd sal
               eet.
              Bereken die minimum getal rolletjies wat aangekoop moet word om die
               stapper van genoeg lekkers vir die staproete te voorsien.
              Vertoon die getal rolletjies op die lblV1_2-byskrif.

           Voorbeeld van afvoer vir sewe rustye:     Voorbeeld van afvoer vir agt rustye:

                                                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                           DBE/November 2021
                                              NSS

1.3        Knoppie [1.3 - Bereken volume]
           Die figuur wat hieronder vertoon word, is saamgestel deur 'n kombinasie van
           'n halwe sfeer en 'n viervlak ('n soliede vorm met vier driehoekige plat vlakke)
           te gebruik. Die program moet die volume van die gekombineerde figuur
           bereken en vertoon.

           Die volgende inligting word verskaf:
              Die formule om die volume van die gekombineerde figuur te bereken, is:

              Die volume van die tetra-eder/viervlak in die figuur word as 133 cm3
               gegee.

              Die formule om die volume van 'n sfeer te bereken, is:

           Gebruik die inligting wat verskaf is en skryf kode om die volgende te doen:
              Bereken die volume van die gekombineerde figuur as die radius van die
               sfeer 3 cm is.
              Vertoon die volume in 'n ShowMessage-blokkie, tot EEN desimale plek
               geformatteer.
           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (7)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                           DBE/November 2021
                                              NSS

1.4        Knoppie [1.4 - Vertoon patroon]

           'n Patroon met 'n simbool wat uit die cmbV1_4-kombinasielys ('combo box')
           geselekteer is, moet vertoon word. Die patroon is 'n vierkant wat uit dieselfde
           getal rye en kolomme bestaan. Die getal rye en kolomme word verkry uit die
           posisie van die simbool wat uit die kombinasielys geselekteer is.

          LET WEL: Die eerste item (@) in die kombinasielys is in posisie een geleë.

           Die eerste agt simbole in die kombinasielys word hieronder vertoon.

           Skryf kode om die volgende te doen:
              Maak die afvoerarea redV1_4 skoon.
              Onttrek ('Extract') die simbool wat deur die gebruiker geselekteer is uit die
               cmbV1_4-kombinasielys.
              Verkry die posisie van die simbool wat in die kombinasielys geselekteer is
               om die getal rye en kolomme te bepaal.
              Gebruik geneste lusstrukture ('loop structures') om die patroon (blok) in
               die 'rich edit' te vertoon, deur die geselekteerde simbool te gebruik.

           Voorbeeld van afvoer as die eerste item (@) in cmbV1_4 geselekteer is:

           Voorbeeld van afvoer as die derde item ($) in cmbV1_4 geselekteer is:

                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        8                            DBE/November 2021
                                              NSS

1.5        Knoppie [1.5 - Karakters]

           'n String moet saamgestel word deur hoofletters van die alfabet ewekansig te
           genereer totdat dieselfde letter ná mekaar gegenereer word.

           Kode is voorsien om die 'rich edit' skoon te maak en om 'n afvoerstring te
           inisialiseer.

           Skryf kode om die volgende te doen:
              Gegeneer 'n ewekansige hoofletter uit die alfabet in die reeks 'A'..'Z'.
              Stel 'n string saam deur die letters wat gegenereer is, te gebruik.
              Herhaal die proses totdat die letter wat gegenereer is, 'n duplikaat van die
               vorige (laaste) letter is wat gegenereer is.
              Vertoon die gegenereerde string in die redV1_5-'rich edit'. Die afvoerstring
               moet elke keer die finale duplikaatkarakters insluit, soos in die
               voorbeeldafvoer vertoon word.

           WENK: Die ASCII-waardes van die letters 'A' tot 'Z' begin by 65 vir die
                 letter 'A', 66 vir die letter 'B', en so aan tot by die waarde van 90 vir die
                 letter 'Z'.

           Voorbeeld van afvoer:

           In die voorbeeld hierbo is die proses getermineer omdat die letter 'F' ná
           mekaar genereer is.

           In die voorbeeld hierbo is die proses getermineer omdat die letter 'H' ná
           mekaar genereer is.

           LET WEL:       Die afvoer wat jou program genereer, kan van die afvoer in die
                          voorbeelde verskil omdat die letters ewekansig gegenereer word.
                          Die string wat gegenereer word, kan meer of minder karakters
                          bevat as die stringe wat in die voorbeelde verskaf is.                    (10)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    9                         DBE/November 2021
                                          NSS

AFDELING B

VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING

Die databasis StapDB bevat die inligting van lede van verskillende stapklubs. Die
databasis bevat twee tabelle, naamlik tblKlubs en tblLede.

Die bladsye met data aan die einde van hierdie vraestel verskaf inligting oor die
ontwerp van die databasis en die inhoud van die tabelle.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
    lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder oor die seleksie van
    die oortjieblad ('tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode getoon word.

   Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling te voltooi, soos in
    VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      10                         DBE/November 2021
                                            NSS

LET WEL:

     Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat
      in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
      Moet NIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word.

       Veranderlike       Datatipe            Beskrywing
       tblKlubs           TADOTable           Verwys na die tabel tblKlubs
       tblLede            TADOTable           Verwys na die tabel tblLede

2.1        Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

           Voorbeeld van gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

           LET WEL: Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
                    navraag te vertoon, is verskaf. Die SQL-stellings wat aan die
                    sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is
                    onvolledig.

           Gebruik slegs SQL-kode om die SQL-stellings vir VRAAG 2.1.1 tot
           VRAAG 2.1.5 wat volg, te voltooi.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        11                       DBE/November 2021
                                              NSS

           2.1.1      Knoppie [2.1.1 - Klubs van Gauteng en SA geaffilieerd]
                      Vertoon die name en dorpe van al die klubs in Gauteng (GP) wat
                      SA geaffilieerd is.
                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (3)

           2.1.2      Knoppie [2.1.2 - Geboortejaar]
                      Vertoon die naam, van en geboortedatum van al die lede wat in
                      2002 gebore is.
                      Voorbeeld van afvoer:

                      LET WEL: Die datum se formaat kan van die voorbeeld in die
                               afvoer verskil.                                                    (3)

           2.1.3      Knoppie [2.1.3 - Vertoon lede]
                      Kode is verskaf om 'n KlubNaam uit die cmbV2_1_3-kombinasielys
                      te selekteer.
                      Vertoon klublede wat in die kombinasielys geselekteer is se naam
                      en van.
                      Voorbeeld van afvoer as Kamma Hiking geselekteer is:

                                                                                                  (4)

           2.1.4      Knoppie [2.1.4 - Gemiddelde ledegeld]
                      Vertoon die provinsie en gemiddelde ledegeld per provinsie waar
                      die gemiddelde ledegeld meer as R400 is.
                      Die gemiddelde ledegeld per provinsie moet 'n berekende veld met
                      die naam GemGeld wees en moet as geldeenheid ('currency')
                      vertoon word.
                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (6)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       12                        DBE/November 2021
                                             NSS

           2.1.5      Knoppie [2.1.5 - Verander naam van lid]

                      Skryf kode om alle name van lede wat as 'Aiensley' gespel is, na
                      'Ainsley' te verander.                                                   (3)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode]

          Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir Vraag 2.2:

          LET WEL:
              Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 tot
               VRAAG 2.2.3 te beantwoord.
              GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.

           2.2.1      Knoppie [2.2.1 - Uitstaande gelde]

                      Skryf kode om die naam van die klub en jaarlikse ledegeld as deel
                      van 'n opskrif te vertoon en die van, bedrag betaal en uitstaande
                      gelde van elke lid van die klub in die redV2_2_1-'rich edit' te
                      vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                              13                                    DBE/November 2021
                                                    NSS

                     Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee klubs:
                                        Boks Hiking, jaarlikse geld = R350.00
                                        =====================================
                                        Van               Betaal              Uitstaande
                                        Oliver            R219.00             R131.00
                                        Pearce            R70.00              R280.00

                                        Cape Adventure Hiking, jaarlikse geld = R500.00
                                        =====================================
                                        Van            Betaal                Uitstaande
                                        Dunn           R33.00                R467.00
                                        English        R481.00               R19.00
                                        Guzman         R334.00               R166.00
                                        Heath          R298.00               R202.00
                                        Hubbard        R326.00               R174.00
                                        Ward           R235.00               R265.00                              (12)
           2.2.2     Knoppie [2.2.2 - Dateer voltooide roetes op]
                     Selekteer 'n lid uit die tblLede-tabel in die dbgrid (dbgrdMany) wat
                     nog 'n staproete voltooi het.
                     Skryf kode om die RoetesVoltooi-veld vir die lid wat in die dbgrid
                     geselekteer is, met een te vermeerder.                                                       (4)
           2.2.3     Knoppie [2.2.3 - Voeg lid by]
                     Slegs die volgende klubs laat toe dat nuwe lede aansluit:
                     Mountain Free
                     Boks Hiking
                     Printfoot Hiking
                     Die ID's en name van hierdie klubs word in die rgpV2_2_3-
                     komponent in die volgende formaat gelys: <KlubID>. <KlubNaam>
                     met die opskrif 'Naam van die klub'.
                     Kode is voorsien om die van, naam, geboortedatum                                    en
                     lidmaatskapkode van 'n nuwe lid aan veranderlikes toe te ken.
                     LET WEL: Om 'n nuwe lid by te voeg, moet die gebruiker eers 'n
                              klubnaam uit die rgpV2_2_3-radiogroep selekteer.
                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Onttrek die KlubID van die klub wat in die rgpV2_2_3-radiogroep
                          geselekteer is.
                         Ken die veranderlikes wat verskaf is, aan die ooreenstemmende
                          lid-velde en die KlubID aan die KlubID-lid-veld toe.
                         Voeg die stelling(s) wat nodig is by om te verseker dat die nuwe
                          lid se besonderhede in die databasistabel gestoor is.
                     LET WEL: Jy kan die lid slegs EEN maal byvoeg. As jy jou kode wil
                              toets deur die lid weer by te voeg, herstel eers die
                              databasis na sy oorspronklike inhoud voordat jy die kode
                              weer toets.                                                                         (5)
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.
                                                                               TOTAAL AFDELING B:                 40
Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      14                          DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Inligting oor sommige van die gewilde staproetes in Suid-Afrika is in tekslêerformaat
beskikbaar. Die onvolledige program wat verskaf is, gebruik die inligting in die tekslêers
om te bepaal of voornemende stappers fiks genoeg is om 'n spesifieke staproete aan te
pak. Die program moet ook die koste bereken om die spesifieke staproete te bespreek.

Doen die volgende:
   Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
   Maak die onvolledige objekklas StapRoete_U.pas oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
    Vraag3_U.pas-lêer en die StapRoete_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

    Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 gespesifiseer.

LET WEL: Vir hierdie vraag mag jy NIE enige addisionele attribute of
         gebruikersgedefinieerde metodes insluit NIE, tensy dit uitdruklik in die
         vraag genoem is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                                 15                  DBE/November 2021
                                                       NSS

3.1      Die onvolledige objekklas (TStapRoete) wat verskaf is, bevat kode vir die
         verklaring van vyf attribute wat 'n StapRoete-objek beskryf.

         Die attribute vir 'n StapRoete-objek is soos volg verklaar:

         Attribuut              Beskrywing
         fRoeteNaam             Die naam van die staproete
         fTipeTerrein           Die tipe terrein, bv. Rotsagtig
         fGetalDae              Die getal dae wat dit neem om die roete te voltooi
         fAfstand               Die totale afstand van die staproete in kilometer
         fKostePP               Die koste per persoon om die staproete te bespreek

         'n Konstruktor wat parameterwaardes aan die attribute toeken, is verskaf.

         Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
         hieronder beskryf word.

         3.1.1       Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                     getGetalDae vir die fGetalDae-attribuut.                                       (2)
         3.1.2       Skryf 'n metode met die naam berekenAfstPerDag wat die
                     gemiddelde aantal kilometer wat per dag voltooi moet word om die
                     roete binne die vereiste getal dae te voltooi, bereken en terugstuur,
                     afgerond tot die naaste heelgetal.                                             (3)
         3.1.3       Skryf 'n metode met die naam bepaalVlak om die moeilikheidsgraad
                     van die staproete te bepaal en as 'n string terug te stuur. Die
                     moeilikheidsgraad kan gevorderd, gemiddeld of maklik wees.
                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Roep die berekenAfstPerDag-metode om die afstand wat per
                          dag afgelê moet word, te bereken en terug te stuur.
                         Gebruik die waarde van die afstand per dag om die
                          moeilikheidsgraad soos volg te bepaal:
                          o 'Gevorderd' as die afstand per dag meer as 15 km is en die
                             terrein 'Rotsagtig' of 'Sanderig' is.
                          o 'Gemiddeld' as die afstand per dag van 10 km tot 15 km is.
                          o 'Maklik' as die moeilikheidsgraad nie 'Gevorderd' of
                             'Gemiddeld' is nie.                                                    (10)
         3.1.4       Skryf 'n metode met die naam berekenTotKoste wat die getal
                     stappers in 'n groep as 'n parameter ontvang en die totale koste vir die
                     groep, op die waarde van die fKostePP-attribuut gebaseer, terugstuur.          (4)
         3.1.5       Skryf 'n toString-metode wat al die attribute van die objek in die
                     volgende formaat terugstuur:
                     <Naam van staproete>: <Tipe terrein>
                     <afstand> km binne <getal dae> dae
                     Koste per persoon: <Koste> as geldeenheid ('currency')
                     geformateer
                     Voorbeeld:
                     Amatola Hiking Trail: Rotsagtig
                     100 km binne 6 dae
                     Koste per persoon: R1500.00                                                    (4)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                          16                          DBE/November 2021
                                                 NSS

3.2       'n Onvolledige program is in die Vraag 3-lêergids verskaf. Die program bevat
          kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n objekveranderlike
          met die naam objStapRoete.

          Skryf kode om die take wat in vraag in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 beskryf
          word, uit te voer.

          3.2.1       Kombinasielys ('Combo box') - cmbV3_2_1

                      Inligting oor staproetes word in verskillende tekslêers verskaf.

                      Die naam van die staproete, soos in die kombinasielys cmbV3_2_1
                      verskaf, is dieselfde as die naam van die tekslêer. Die uitbreiding van
                      al die tekslêers is '.txt'.
                      Elke tekslêer bevat vier reëls met inligting in die volgende formaat:
                      Tipe terrein
                      Totale afstand in km
                      Totale getal dae
                      Koste van bespreking van die roete vir een persoon
                      Byvoorbeeld, die inhoud van die tekslêer Amatola Hiking Trail is:
                      Rotsagtig
                      100
                      6
                      1500
                      Kode is verskaf om die staproete wat geselekteer is, uit die
                      kombinasielys cmbV3_2_1 te onttrek en om 'n prentjie van die
                      staproete in die beeld-komponent te vertoon.
                      Elke keer as die naam van die staproete in die kombinasielys
                      geselekteer word, moet 'n nuwe objek geïnstansieer word.
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                          Maak die korrekte tekslêer oop om daaruit te lees deur die naam
                           van die geselekteerde staproete te gebruik.
                          Lees die terrein, afstand, getal dae en koste per persoon uit die
                           tekslêer.
                          Gebruik hierdie inligting en die naam van die staproete om 'n
                           nuwe staproete-objek te instansieer.
                          Vertoon 'n boodskap deur 'n dialoogblokkie te gebruik om aan te
                           dui dat die objek suksesvol geïnstansieer is.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                      (8)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         17                         DBE/November 2021
                                               NSS

         3.2.2       Knoppie [3.2.2 - Vertoon besonderhede van staproete]

                     Skryf kode wat die toString-metode gebruik om die objek se inligting
                     in die redV3_2_2-komponent te vertoon.

                     Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is:

                                                                                                  (2)

         3.2.3        Knoppie [3.2.3 - Vertoon koste]

                      Skryf kode om die volgende te doen:
                         Gebruik 'n toevoerblokkie ('input box') om die getal stappers in
                          die groep in te sleutel.
                         Gebruik die berekenKoste-metode om die koste vir die groep
                          aan die koste-veranderlike wat verskaf is, toe te ken.

                      Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is en
                      die grootte van die groep 7 is:

                                                                                                   (4)

         3.2.4        Knoppie [3.2.4 – Bereken afstand per dag]

                      Skryf kode wat die objek se metodes gebruik en vertoon die
                      moeilikheidsgraad en die aanbevole afstand per dag vir die
                      geselekteerde staproete in die volgende formaat in die redV3_2_4-
                      'rich edit':

                      Jy moet ten minste <afstand per dag> km per dag
                      stap om hierdie <moeilikheidsgraad> staproete in
                      <getal dae> dae te voltooi.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         18                         DBE/November 2021
                                               NSS

                      Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is:

                      Voorbeeld van afvoer as die Rim of Africa-staproete geselekteer is:

                                                                                                  (3)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
    vormklas in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode van die objekklas en vormklas indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      19                        DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Stappers gebruik 'n afstandskaart om hulle staproetes te beplan. Kontrolepunte verwys
na rusplekke of oornagplekke op 'n staproete. 'n Afstandskaart bestaan uit die afstande
tussen verskillende kontrolepunte op 'n staproete.

Doen die volgende:
   Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Die volgende is in die program voorsien:
   Die name van kontrolepunte word in 'n eendimensionele skikking met die naam
    arrName gestoor:
    arrName: array[1..5] of String =
             ('Morgan', 'Haga Haga', 'Cintsa', 'Beacon', 'Gonubie');
   Die afstande tussen die kontrolepunte op die staproete word in getal kilometer in
    'n tweedimensionele skikking met die naam arrAfstande gestoor:
    arrAfstande: array[1..5,1..5] of real =
               ((0, 6.2, 9, 13.2, 16.2),
               (6.2, 0, 13.37, 8.74, 12.86),
               (9.57, 13.37, 0, 9.63, 24.63),
               (13.2, 8.74, 9.63, 0, 15.2),
               (16.2, 12.86, 24.63, 15, 0));
   Kode is verskaf om die opskrifte vir VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 te vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       20                        DBE/November 2021
                                             NSS

     Skryf kode om die take wat in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3 beskryf word, uit te voer.

4.1        Knoppie [4.1 - Vertoon afstandskaart]

           Skryf kode om die name van die kontrolepunte in die arrName-skikking en
           die inhoud van die tweedimensionele skikking arrAfstande in netjiese
           kolomme in die 'rich edit' redV4 te vertoon.

           LET WEL: Die snydingspunt tussen dieselfde twee kontrolepunte het 'n
                    waarde van 0.

           Voorbeeld van afvoer:

           LET WEL: Stoppunte ('Tabs') en leë reëls is in die voorbeeldafvoer vir
                    leesbaarheid ingesluit en word NIE as deel van die afvoer van die
                    program vereis NIE.

                                                                                                (5)

4.2        Knoppie [4.2 - Validering]

           Sommige van die waardes in die afstandskaart in die skikking arrAfstande is
           afwaarts    afgerond   na  'n    heelgetalwaarde.     Hierdie   onakkurate
           heelgetalwaardes moet vervang word met die meer akkurate desimale
           waarde in die ooreenstemmende ry en kolom.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Toets of die ooreenstemmende ry en kolom in die arrAfstande-skikking
               presies dieselfde is.
               Byvoorbeeld:
               Die waarde in arrAfstande[1,3] moet dieselfde wees as die waarde in
               arrAfstande[3,1], die waarde in arrAfstande[4,2] moet dieselfde wees as
               die waarde in arrAfstande[2,4] en so aan.
              Vir elke onakkurate waarde wat geïdentifiseer is, vervang die onakkurate
               heelgetalwaarde met die akkurate ooreenstemmende desimale waarde.
              Vertoon die posisie van die onakkurate waarde(s) wat geïdentifiseer is as
               'n ry en kolom, gevolg deur die akkurate desimale waarde waarmee die
               onakkurate heelgetalwaarde vervang sal word, in die volgende formaat:
               [ry-waarde, kolom-waarde] met <akkurate waarde>

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       21                          DBE/November 2021
                                             NSS

           Voorbeeld van afvoer:

          Voorbeeld van die opgedateerde tweedimensionele skikking:

                                                                                                 (8)

4.3        Knoppie [4.3 - Roetebeplanner]

          Stappers kan een van verskillende roetes selekteer wat in die cmbRoutes-
          kombinasielys genoem word om 'n staproete te doen.

          Die stapper moet 'n moontlike roete in die kombinasielys selekteer.

          As die stapper die roete '4,3,1,2,5' selekteer, beteken dit dat die staproete by
          die Beacon-kontrolepunt begin. Die roete gaan voort na die Cintsa-, Morgan-
          en Haga Haga-kontrolepunte met Gonubie wat die laaste kontrolepunt is.

          'n Skedule moet vir die geselekteerde roete opgestel en vertoon word.

          Skryf kode om die volgende te doen:
              Onttrek die roete uit die cmbRoetes-kombinasielys en vertoon die
               geselekteerde roete in die redV4-'rich edit'.
              Gebruik die inligting in die arrName-skikking om die name van elke paar
               kontrolepunte te vertoon en die skikking arrAfstande om die afstand
               tussen elke paar kontrolepunte te vertoon.
              Bepaal en vertoon die benaderde tyd (in minute) wat dit sal neem om die
               staproete tussen die pare kontrolepunte te voltooi. Gebruik die volgende
               inligting:
               o Dit neem 20 minute om 'n afstand van 1 km te stap.
               o Dit neem dubbel hierdie tyd om dieselfde afstand op die rotsagtige
                     roete tussen Haga Haga (kontrolepunt 2) en Beacon (kontrolepunt 4)
                     te stap.
              As die totale tyd wat vir een dag aan stap gespandeer word, meer as
               8 uur (480 minute) is, moet die stapper akkommodasie bespreek om by
               die laaste kontrolepunt vir daardie dag te oornag. Die naam/name van die
               oornagkontrolepunt(e) moet vertoon word.
              Bereken en vertoon die totale afstand van die staproete in kilometer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         22                         DBE/November 2021
                                               NSS

          Voorbeeld van afvoer as die roete 4,3,1,2,5 geselekteer is:

                           Roete: 4,3,1,2,5

                           Beacon na Cintsa: 9.63 (192.6 minute)
                           Cintsa na Morgan: 9.57 (191.4 minute)
                           Morgan na Haga Haga: 6.2 (124 minute)
                           Bespreek by Haga Haga.

                           Haga Haga na Gonubie: 12.86 (257.2 minute)

                           Totale afstand: 38.3 km

          Voorbeeld van afvoer as die roete 2,4,3,5,1 geselekteer is:

                           Roete: 2,4,3,5,1

                           Haga Haga na Beacon: 8.74 (349.6 minute)
                           Beacon na Cintsa: 9.63 (192.6 minute)
                           Bespreek by Cintsa.

                           Cintsa na Gonubie: 24.63 (492.6 minute)
                           Bespreek by Gonubie.

                           Gonubie na Morgan: 16.2 (324 minute)

                           Totale afstand: 59.2 km
                                                                                               (17)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                     TOTAAL AFDELING D:        30
                                                                         GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         1                            DBE/November 2021
                                                NSS

                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (2)

 DATABASIS-INLIGTING VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblKlubs

Hierdie tabel bevat die inligting van stapklubs in verskillende provinsies.

 Veldnaam                  Datatipe     Beskrywing
 KlubID (PK)               Number       'n Unieke getal wat aan die klub toegeken is
 KlubNaam                  Text (20)    Die naam van die stapklub
 KlubDorp                  Text (25)    Die dorp waar die klub geleë is
 Provinsie                 Text (20)    Die provinsie waar die klub geleë is
 SA_Geaffilieerd           Boolean      Boolese veld wat aandui of die stapklub met die
                                        SA stapklub geaffilieer is, of nie
 LedeGeld                  Currency     Jaarlikse ledegeld

Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblKlubs-tabel:

Tabel: tblLede

Hierdie tabel bevat die inligting oor lede in die verskillende stapklubs.

 Veldnaam                  Datatipe    Beskrywing
 LidKode (PK)              Text (7)    'n Unieke kode wat aan elke lid toegeken is
 LidVan                    Text (20)   Die lid se van
 LidNaam                   Text (20)   Die lid se naam
 GeboorteDatum             Date/Time   Die lid se geboortedatum
 RoetesVoltooi             Number      Die totale getal staproetes deur die lid voltooi
 BedragBetaal              Currency    Die bedrag wat deur die lid vir ledegeld betaal is
 KlubID (FK)               Number      'n Nommer wat die lid met die klub waar die lid
                                       geregistreer is, verbind

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     2                    DBE/November 2021
                                            NSS

Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblLede-tabel:

LET WEL:       Konneksiekode is gegee.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential
integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d) — Information Technology · QP · 2021 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
