# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-afr/9746bded-e1b4-485a-bb0f-71ff55918d68
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-afr/9746bded-e1b4-485a-bb0f-71ff55918d68)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                          DBE/November 2022
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          AL VIER afdelings beantwoord.

2.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
          Delphi as programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet
          gebruik word om die vrae te beantwoord.

4.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
          word.

5.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
          vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering
          toegeken word nie.

6.        Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

7.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi-
          programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture verskaf word.

9.        Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
          jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

10.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op al die drukstukke
          verskyn. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word.

12.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3                           DBE/November 2022
                                             NSS

13.        Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
           disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
           Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
           verskaf.

           Doen die volgende:

               Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord
                beskerm is: DataAFRNov2022.exe
               Klik op die 'Extract'-knoppie.
               Sleutel die volgende wagwoord in: #TIME4RRR&$

           Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
           ('folder') DataAFRNov2022 beskikbaar wees:

           Vraag 1:                                Vraag 3:
           Vraag1_P.dpr                            logo.jpeg
           Vraag1_P.dproj                          SonkragAanleg_U.pas
           Vraag1_P.res                            Vraag3_P.dpr
           Vraag1_U.dfm                            Vraag3_P.dproj
           Vraag1_U.pas                            Vraag3_P.res
                                                   Vraag3_U.dfm
                                                   Vraag3_U.pas

           Vraag 2:                                Vraag 4:
           ConnectDB_U.dcu                         rrr.jpeg
           InsamelingDB - Copy.mdb                 Vraag4_P.dpr
           InsamelingDB.mdb                        Vraag4_P.dproj
           Vraag2_P.dpr                            Vraag4_P.res
           Vraag2_P.dproj                          Vraag4_U.dfm
           Vraag2_P.res                            Vraag4_U.pas
           Vraag2_U.dfm
           Vraag2_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    4                         DBE/November 2022
                                          NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag1_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG
    1.5 wat volg, beskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       5                          DBE/November 2022
                                              NSS

1.1       Knoppie [1.1 - Eienskappe]

          Skryf kode om die eienskappe van paneel pnlV1_1 soos volg te verander:
             Stel die kleur op geel ('yellow').
             Stel die skrif ('font') op skuinsgedruk ('italics').
             Verander die opskrif ('caption') na 'Ek hou van programmering!'.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (3)

1.2       Knoppie [1.2 - Verlofmaand]

          'n Werknemer selekteer die maand waarin hy/sy verlof wil neem. Die
          maatskappy is van Junie tot Augustus gesluit en verlof kan nie gedurende
          hierdie tydperk geneem word nie.

          Die kombinasieblokkie ('combo box') cmbV1_2 is met die name van die
          maande van Januarie tot Desember gevul.

          Die gebruiker moet 'n maand uit kombinasieblokkie cmbV1_2 selekteer.

          Skryf kode om die volgende te doen:
             Verkry die maand wat uit kombinasieblokkie cmbV1_2 geselekteer is.
             As die maatskappy in die geselekteerde maand oop is, vertoon 'n
              boodskap op die etiket ('label') lblV1_2 deur hierdie formaat te gebruik:
                           "Jou verlof in " <maand> " is toegestaan."

             As die maatskappy gedurende die geselekteerde maand gesluit is, doen
              die volgende:
               o    Vertoon 'n boodskap op die etiket lblV1_2 deur hierdie formaat te
                    gebruik:
                           "Maatskappy gesluit, selekteer 'n ander maand."
               o    Maak die seleksie van die maand uit kombinasieblokkie cmbV1_2
                    skoon.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      6                      DBE/November 2022
                                             NSS

          Voorbeeld van afvoer as April geselekteer is:

          Voorbeeld van afvoer as Julie geselekteer is.

                                                                                            (7)

1.3       Knoppie [1.3 - Bereken]

          Die resultaat van die volgende formule word benodig:

                                        C=√

          Die gebruiker moet die waardes vir A en B in die redigeerblokkies ('edit
          boxes') wat voorsien is, insleutel.

          Skryf kode om die volgende te doen:
             Verkry die waarde van A uit redigeerblokkie edtV1_3_1 en die waarde
              van B uit redigeerblokkie edtV1_3_2.
             Gebruik geskikte wiskundige funksies om die waarde van C te bereken,
              met gebruik van die formule wat voorsien is.
             Vertoon die afgekapte ('truncated') waarde van C in redigeerblokkie
              edtV1_3_3.

          Voorbeeld met die waardes van 3.15 (A) en 1.07 (B) as toevoer en die
          resultaat (C) as afvoer:

                                                                                            (8)

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       7                           DBE/November 2022
                                              NSS

1.4       Knoppie [1.4 - Punte]

          Die aantal vakke waarvoor leerders ingeskryf het, wissel. Die punte wat 'n
          leerder vir elke vak behaal het, moet ingesleutel word en die gemiddelde punt
          moet bereken word volgens die getal punte wat ingesleutel is.

          Skryf kode om die volgende te doen:
             Laat die gebruiker toe om die punte wat 'n leerder per vak behaal het, in te
              sleutel, beginnende by vak nommer 1.
             Gebruik 'n voorwaardelike lus en 'n toevoerblokkie ('input box') om die
              punte in te sleutel. Die lus moet getermineer word as 'n punt van -1
              ingesleutel word.
             Soos wat punte ingesleutel word, moet 'n genommerde lys met vakke en
              punte in die redV1_4-afvoerarea vertoon word, soos getoon in die
              voorbeelde wat volg.
             Nadat die lus vir toevoer getermineer is, bereken die gemiddelde punt wat
              die leerder behaal het. Vertoon die gemiddelde punt in die redV1_4-
              afvoerarea, geformateer tot TWEE desimale plekke.

          Voorbeeld van toevoer van punte:

          Voorbeelde van afvoer:

          Punte vir twee vakke en die gemiddeld:

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       8                     DBE/November 2022
                                              NSS

          Punte vir agt vakke en die gemiddeld:

                                                                                             (11)

1.5       Knoppie [1.5 - Anagram]

          Twee woorde moet geanaliseer word om te bepaal of die woorde 'n perfekte
          anagram vorm of nie. 'n Perfekte anagram is wanneer 'n ander woord gevorm
          word deur die letters van die oorspronklike woord te herrangskik.
          Byvoorbeeld, die woord kat is gevorm uit die woord tak, keur uit reuk en
          sweet uit weste.

          Kode is voorsien om twee woorde uit redigeerblokkies ('edit boxes')
          edtV1_5_1 en edtV1_5_2 te verkry en na kleinletters ('lower case') om te
          skakel.

          Skryf kode om te bepaal of die twee woorde wat uit die redigeerblokkies
          verkry is, 'n anagram vorm of nie en vertoon 'n gepaste boodskap in memo
          memV1_5.

          Voorbeelde van toevoer en afvoer:

                                                                                             (11)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      programlêer in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                            TOTAAL AFDELING A:               40

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                   9                          DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING

Die Collect-a-Can-herwinningsinisiatief het 'n databasis ontwikkel met die naam
InsamelingDB.mdb, wat inligting oor die insameling van blikkies van kliënte vir die
jaar 2020 tot 2022 bevat.
'n Toepassing word benodig wat die InsamelingDB.mdb-databasis sal gebruik om die
data en betalings aan kliënte wat aan die kontant-vir-blikkies-inisiatief deelneem, te
bestuur.
Die databasis bevat twee tabelle met die name tblKliente en tblBlikInsameling.

Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp
van die InsamelingDB.mdb-databasis en die inhoud daarvan.

Doen die volgende:
     Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
      lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
      Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder op die seleksie van
      oortjieblad ('tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode getoon word.

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     10                        DBE/November 2022
                                               NSS

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG
      2.2 te beantwoord.

LET WEL:
 Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word voorsien om die data wat
  in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
 Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in
  staat wees om toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur Microsoft
  Access te gebruik NIE.
 Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
  MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
 TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
  hieronder beskryf word.

       Veranderlike             Datatipe         Beskrywing
       tblKliente               TADOTable        Verwys na die tabel tblKliente
       tblBlikInsameling        TADOTable        Verwys na die tabel tblBlikInsameling

2.1         Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

            Voorbeeld van die gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                        DBE/November 2022
                                               NSS

        LET WEL:
         Gebruik SLEGS SQL-kode om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
          beantwoord.
         Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navraag te
          vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die sSQL1, sSQL2, sSQL3,
          sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

        Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
        hieronder beskryf word, uit te voer.

        2.1.1      Knoppie [2.1.1 - Bloemfontein-kliënte]

                   Vertoon al die besonderhede van kliënte wat in Bloemfontein bly uit
                   die tblKliente-tabel, volgens die KlientVan-veld gesorteer.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (4)

        2.1.2      Knoppie [2.1.2 - Eerste maand]

                   Vertoon die InsamelID, InsamelDatum en GetalBlikkies van
                   insamelings wat in Januarie gedoen is.

                   Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                 (3)

        2.1.3      Knoppie [2.1.3 - Soek]

                   Kode is voorsien om 'n letter in te sleutel deur 'n toevoerblokkie
                   ('input box') te gebruik. Die letter word in 'n veranderlike met die
                   naam sLetter gestoor. Vertoon AL die besonderhede van kliënte wie
                   se KlientID begin met die letter wat ingesleutel is.

                   Voorbeeld van afvoer as die letter J ingesleutel is:

                                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        12                         DBE/November 2022
                                              NSS

        2.1.4      Knoppie [2.1.4 - Kliënte se verdienstes]

                   Kliënte sal R8,00 ontvang vir elke kilogram blikkies wat ingesamel is.
                   Die maatskappy gebruik die formule: 1 kilogram = 76 blikkies.

                   Bereken en vertoon die totale bedrag wat elke kliënt sal ontvang vir
                   die blikkies wat hulle ingesamel het, na geldeenheid geformateer.
                   Vertoon die KlientNaam-veld en die totale bedrag wat ontvang sal
                   word deur die veldnaam Totale Bedrag te gebruik.

                   Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                  (8)

        2.1.5      Knoppie [2.1.5 - Dateer op]

                   Die besonderhede van 'n spesifieke insameling blikkies is verkeerd
                   ingesleutel.

                   Verander die besonderhede van              rekord    C003     in    die
                   tblBlikInsameling-tabel soos volg:
                    GetalBlikkies: 250
                    'n Betaling is nie gemaak nie

                   Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat 'n rekord
                   in die databasis verander is.                                                  (4)

2.2     Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode]

        LET WEL:
         Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1                        en
          VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
         GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         13                     DBE/November 2022
                                               NSS

        Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2:

        2.2.1      Knoppie [2.2.1 - Voeg in]

                   Skryf kode om 'n nuwe rekord by die tblKliente-tabel te voeg. Die
                   besonderhede van die kliënt is soos volg:

                   Kliënt se ID: CHA01
                   Kliënt se naam: Charles
                   Kliënt se van: du Boit
                   Adres: Van Wouw Straat 24
                   Stad: Kaapstad

                   Voorbeeld van die eerste vier rekords van die tblKliente-tabel wat
                   toon dat die rekord van die nuwe kliënt suksesvol in die tabel
                   bygevoeg is:

                                                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         14                           DBE/November 2022
                                               NSS

        2.2.2      Knoppie [2.2.2 - Persentasie]

                   Die maatskappy wil die getal blikkies wat deur 'n spesifieke kliënt in 'n
                   spesifieke jaar ingesamel is, bereken as 'n persentasie van die totale
                   getal blikkies wat in daardie spesifieke jaar deur die maatskappy
                   ingesamel is.
                   Die gebruiker moet die volgende doen:
                    Selekteer 'n kliënt uit die DBGrid deur op die rekord te klik.
                    Selekteer 'n jaar uit die radiogroep ('radio group') rgpV2_2_2.

                   Kode is voorsien om die jaar wat uit die radiogroep rgpV2_2_2
                   geselekteer is, te verkry.

                   Gebruik die redV2_2_2-afvoerarea om die inligting wat hieronder
                   genoem word, te vertoon.

                   Skryf kode om die volgende te doen:

                    Vertoon die naam en van van die kliënt wat geselekteer is.
                    Bepaal en vertoon die totale getal blikkies wat vir die
                     geselekteerde jaar deur die kliënt ingesamel is.
                    Bepaal en vertoon die totale getal blikkies wat vir die
                     geselekteerde jaar deur die Collect-a-Can-maatskappy ingesamel
                     is.
                    Bereken watter persentasie van die totale getal blikkies wat in die
                     geselekteerde jaar ingesamel is, deur die kliënt ingesamel is.
                     Vertoon die persentasie geformateer tot twee desimale plekke.

                   Voorbeeld van afvoer as die kliënterekord met KlientID BUS06 en die
                   jaar 2022 geselekteer is:

                   Voorbeeld van afvoer as die kliënterekord met KlientID CHR08 en die
                   jaar 2021 geselekteer is:

                                                                                                    (13)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    15                         DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Die sektor vir volhoubare energie wil rekord hou van die sonkragaanlegte in die land
en hulle kapasiteit om die krag wat hulle opwek, te vermeerder.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
      Maak die onvolledige objekklas SonkragAanleg_U.pas oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
       Vraag3_U.pas-lêer en die SonkragAanleg _U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

      Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg, gespesifiseer is.

LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikersgedefinieerde metodes
          byvoeg NIE, tensy dit eksplisiet in die vraag aangedui word.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        16                          DBE/November 2022
                                               NSS

3.1       Die onvolledige objekklas (TSonkragAanleg) wat voorsien is, bevat die
          verklaring van vier attribute wat 'n SonkragAanleg-objek beskryf.

          Die attribute vir 'n SonkragAanleg-objek is soos volg verklaar:

              Attribute            Beskrywing
              fAanlegKode          'n Unieke kode vir die sonkragaanleg
              fGetalPanele         Die getal panele wat by die aanleg geïnstalleer is
              fKragPerPaneel       Die maksimum krag per paneel in kilowatt-uur (kWh)
              fSeisoen             Die seisoen waarin krag opgewek gaan word –
                                   Somer, Herfs, Winter, Lente

          Kode is voorsien vir die volgende toegangsmethodes ('accessor methods'):

              getAanlegKode wat die fAanlegKode-attribuut terugstuur
              getGetalPanele wat die fGetalPanele-attribuut terugstuur
              getSeisoen wat die fSeisoen-attribuut terugstuur

          Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
          hieronder beskryf word.

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die kode van die aanleg,
                      die getal panele en die krag per paneel as parameters sal ontvang.
                      Ken die parameterwaardes aan die onderskeie attribute toe. Ken die
                      verstekwaarde 'Somer' aan die seisoen-attribuut toe.                         (5)

          3.1.2       Skryf die kode vir 'n metode met die naam inkGetalPanele wat 'n
                      waarde as parameter ontvang en die fGetalPanele-attribuut met die
                      waarde wat ontvang is, te vermeerder.                                        (4)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                      setSeisoen wat 'n waarde as parameter ontvang en die fSeisoen-
                      attribuut stel na die waarde wat ontvang is.                                 (3)

          3.1.4       Skryf 'n metode met die naam berekenKapasiteit wat die inligting
                      wat volg, gebruik om die kragopwekkingskapasiteit van die panele
                      te bereken wat in die huidige seisoen geïnstalleer is. Stuur die
                      resultaat as 'n reële waarde terug.

                      Die seisoen bepaal die ure sonlig per dag wat gebruik kan word om
                      sonkrag te genereer, soos in die volgende tabel getoon:

                                 SEISOEN                 URE SONLIG PER DAG
                       Somer                                     10
                       Herfs                                     8
                       Winter                                    6
                       Lente                                     8

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                          17                         DBE/November 2022
                                                 NSS

                      Die formule om die opwekkingskapasiteit              (GC)     van     die
                      sonkragaanleg te bereken, is soos volg:

                                                                                                       (8)

          3.1.5       Skryf 'n toString-metode om 'n string met al die attribute van die
                      objek in die volgende formaat terug te stuur:

                      Aanlegkode: <AanlegKode>
                      Getal panele: <GetalPanele>
                      Krag per paneel: <KragPerPaneel>
                      Seisoen: <Seisoen>                                                               (3)

3.2       'n Onvolledige program is in die Vraag 3-lêergids voorsien. Die program
          bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n
          objekveranderlike met die naam objAanleg.

          Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 hieronder
          beskryf word, uit te voer.

          3.2.1       Knoppie [3.2.1 - Instansieer objek]

                      Skryf kode om die volgende te doen:
                          Verkry die aanlegkode uit die redigeerblokkie edtV3_2_1_Kode,
                           die getal panele uit die spin-redigeerder ('spin edit') sedV3_2_1
                           en die krag per paneel uit die redigeerblokkie edtV3_2_1_Krag.
                          Gebruik die inligting om 'n nuwe SonkragAanleg-objek te
                           instansieer.
                          Gebruik die toString-metode om die inligting van die
                           SonkragAanleg-objek in die 'rich edit' redV3 te vertoon.

                      Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                       (6)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            18                         DBE/November 2022
                                                  NSS

          3.2.2           Knoppie [3.2.2 - Vermeerder panele]

                          Soos wat die behoefte aan meer krag ontstaan, kan panele
                          bygevoeg word om die aanleg se kragopwekkingskapasiteit te
                          vergroot.

                          Skryf kode om die volgende te doen:
                             Verkry die waarde van die getal panele wat bygevoeg moet
                              word uit die spin-redigeerder ('spin edit') sedV3_2_2.
                             Roep die inkGetalPanele-metode met die waarde uit die spin-
                              redigeerder as argument.
                             Roep die relevante objekmetodes om die volgende in die 'rich
                              edit' redV3 te vertoon:

                              o   Die aanlegkode
                              o   Die getal panele nadat die waarde van die attribuut
                                  vermeerder is

                          Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                      (4)

          3.2.3           Knoppie [3.2.3 - Dateer seisoen op]

                          Die getal ure vir die opwekking van krag verskil volgens seisoen.

                          Die gebruiker moet die seisoen uit die kombinasieblokkie ('combo
                          box') cmbV3_2_3 selekteer.

                          Skryf kode om die volgende te doen:
                             Verkry die geselekteerde seisoen uit die kombinasieblokkie
                              cmbV3_2_3.
                             Roep die setSeisoen-metode deur die waarde van die
                              kombinasieblokkie as argument te gebruik.
                             Gebruik die toString-metode om die inligting van die
                              opgedateerde Aanleg-objek in die 'rich edit' redV3 te vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                            19                          DBE/November 2022
                                                      NSS

                              Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                          (3)

              3.2.4           Knoppie [3.2.4 - Bereken]

                              Die maksimum kragkapasiteit wat deur die panele opgewek kan
                              word, moet bereken word.

                              Skryf kode om die volgende in die 'rich edit' redV3 te vertoon:
                                 Die seisoen as deel van die afvoerstring.
                                 Die resultaat van die berekenKapasiteit-metode na 'n string
                                  omgeskakel. Die eenheid 'kW' moet ook vertoon word.

                              Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                          (4)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
      die vormklas in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                        TOTAAL AFDELING C:                40

    Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                   20                         DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Muntoutomate kan gebruik word om items soos lekkergoed, skyfies, koeldrank, ens.
uit te gee. 'n Omgekeerde muntoutomaat kan vir herwinningsdoeleindes gebruik word.
Jou skool wil omgekeerde muntoutomate ('reversed vending machines') op die
skoolgrond gebruik om bottels en blikkies te herwin. 'n Leerder sal 'n aantal bottels of
blikkies in die omgekeerde muntoutomaat deponeer/ingooi en sal dan vergoed word.
Een van die omgekeerde muntoutomate sal in 'n klas met 10 leerders getoets word.

Doen die volgende:
     Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag4_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                      21                           DBE/November 2022
                                                NSS

Die volgende skikkings is in die program voorsien:

      'n Skikking arrName wat die name van tien leerders in 'n klas bevat:

            arrName: array [1 .. 10] of String = (
                 'Ruth', 'Nicole', 'Loyiso', 'Chris', 'William',
                 'Thabo', 'Vusi', 'Peter', 'Jenny', 'Tommy');

      'n Tweedimensionele skikking, arrOutomaat, wat die tipe items wat deur die
       leerders herwin is, stoor. Die skikking is gedeeltelik gevul en laat toe dat tot 15
       items deur elk van die 10 leerders in die klas herwin kan word:

            arrOutomaat: array [1 .. 10, 1 .. 15] of String =
            (('K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('B', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'B', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'K',
        'K', ''),
            ('', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('K', 'K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('B', 'B', 'K', 'K', 'B', 'B', 'K', 'K', 'K', 'K', 'B', 'K', 'K',
        'B', ''),
            ('K', 'K', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('K', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('B', 'B', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''),
            ('B', 'K', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', '', ''));

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3
hieronder beskryf word.

4.1          Knoppie [4.1 - Vertoon]

             Die name van leerders is in die skikking arrName voorsien.
             'n Ooreenstemmende lys met items wat vir elke leerder herwin is, is in die
             skikking arrOutomaat voorsien.

             Die items in die skikking arrOutomaat word voorgestel deur die letters 'B'
             of 'K' te gebruik, waar 'B' 'n bottel en 'K' 'n blikkie verteenwoordig.

             Kode is voorsien om die opskrif te vertoon.

             Skryf kode om die inhoud van skikkings arrName en arrOutomaat in die
             volgende formaat te vertoon:
                <Naam><tab><herwinde item><herwinde item><herwinde item>...

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       22                           DBE/November 2022
                                              NSS

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (5)

4.2       Knoppie [4.2 - Bereken]

          Leerders wat die muntoutomaat gebruik om items te herwin, sal soos volg vir
          elke item vergoed word:

                           ITEM WAT HERWIN IS        BEDRAG BETAAL
                           Bottel (B)                    R2.15
                           Blikkie (K)                   R0.75

          Skryf kode om die volgende in die 'rich edit' redV4 te vertoon:
             Die naam van elke leerder en die totale bedrag wat elke leerder gaan
              ontvang vir die bottel- en blikkie-items wat die leerder in die
              muntoutomaat gesit het.
             Die naam (name) van die leerder(s) wat die grootste bedrag gaan
              ontvang.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (14)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       23                           DBE/November 2022
                                              NSS

4.3       Knoppie [ 4.3 - Voeg item by]

          Die gebruiker moet die volgende doen as 'n leerder 'n item wil byvoeg om
          herwin te word:

             Selekteer die naam van die leerder uit die lysblokkie ('list box') lstV4.
             Selekteer die tipe item wat vir herwinning uit die radiogroep rgpV4
              bygevoeg moet word.

          Die geselekteerde bottel- of blikkie-item moet dan by die volgende beskikbare
          leë ruimte in die skikking arrOutomaat gevoeg word, by die indeks wat met
          die naam van die geselekteerde leerder ooreenstem. 'n Geskikte boodskap
          moet vertoon word as die muntoutomaat-ruimte vir die gespesifiseerde
          leerder vol is.

          Skryf kode om die volgende te doen:
             Verkry die naam van die leerder uit die lysblokkie lstV4 en die item wat
              herwin moet word uit die radiogroep rgpV4.
             Vertoon 'n geskikte boodskap as nóg die naam nóg die item geselekteer
              is.
             As 'n oop ruimte in die skikking vir die spesifieke leerder beskikbaar is:
              o Voeg die geselekteerde herwinde item (B of K) by die skikking
                   arrOutomaat by die korrekte indeks vir die leerder wat geselekteer is.
              o Vertoon die inhoud van die skikking arrName en die opgedateerde
                   skikking arrOutomaat nadat elke item bygevoeg is.
             As daar geen spasie in die skikking vir die gespesifiseerde leerder
              beskikbaar is nie, vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die
              muntoutomaat vol is.

          Voorbeeld van afvoer as 'n naam of item nie geselekteer is nie:

          Voorbeeld van afvoer as die naam 'Nicole' en die item 'Bottel' geselekteer is:

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    24                        DBE/November 2022
                                          NSS

         Voorbeeld van afvoer as 'n poging aangewend is om nog 'n item vir die naam
         'Nicole' by te voeg:

                                                                                         (11)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                           TOTAAL AFDELING D:            30
                                                               GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                           1                            DBE/November 2022
                                                  NSS

                                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

 DATABASIS-INLIGTING VRAAG 2:

Die databasis InsamelingDB bestaan uit tabel tblKliente en tblBlikInsameling.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential
integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblKliente

Hierdie tabel bevat besonderhede van die kliënte.

 Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
 KlientID                  Text (5)        Unieke ID vir die kliënt
 KlientNaam                Text (15)       Die naam van die kliënt
 KlientVan                 Text (15)       Die van van die kliënt
 Adres                     Text (20)       Die adres van die kliënt wat vir die oplaai van
                                           blikkies gebruik word
 Stad                      Text (15)       Die stad waar die kliënt woon

Voorbeeld van die rekords in die tblKliente-tabel:

 Kopiereg is voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    2                          DBE/November 2022
                                              NSS

Tabel: tblBlikInsameling

Hierdie tabel bevat inligting van die al die insamelings.

    Veldnaam                  Datatipe    Beskrywing
    InsamelID                 Text (5)    Unieke kode vir elke insameling
    InsamelDatum              Date/Time   Datum van die insameling
    GetalBlikkies             Number      Heelgetal-waarde wat die getal blikkies wat
                                          ingesamel is, aandui
    Betaal                    Boolean     'n Boolese waarde wat aandui dat die kliënt
                                          betaling ontvang het vir die blikkies wat
                                          ingesamel is
    KlientID                  Text (5)    Die ID van die kliënt wat die blikkies
                                          ingesamel het

Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblBlikInsameling-tabel:

LET WEL:
      Konneksiekode is gegee.
      Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot
       databasis kan verkry nie.

    Kopiereg is voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
