# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-afr/aaf1ef63-ec59-4b26-8524-a9c12ba84a51
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-afr/aaf1ef63-ec59-4b26-8524-a9c12ba84a51)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 2 bladsye met data en
                               2 bladsye vir beplanning.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     2                            DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          al VIER afdelings beantwoord.

2.        Twee leë bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
          einde van die vraestel ingesluit.

3.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

4.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek is tot
          Delphi as programmeringstaal. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik
          word om die vrae te beantwoord.

5.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
          word.

6.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, as die vraag
          nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
          nie.

7.        Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

8.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi-
          programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

9.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture verskaf word.

10.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
          jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

11.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

12.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
          voorkom. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee
          word.

13.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                    3                             DBE/November 2023
                                           NSS

14.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
         lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         Doen die volgende:

            Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm
             is:
              DataNov2023.exe
            Klik op die 'Extract'-knoppie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: %Learn4Life@

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
         ('folder') DataNov2023 beskikbaar wees:

         Vraag 1/Question 1:                     Vraag 3/Question 3:
         Details.txt                             Question3_P.dpr
         Question1_P.dpr                         Question3_P.dproj
         Question1_P.dproj                       Question3_P.res
         Question1_P.res                         Question3_U.dfm
         Question1_U.dfm                         Question3_U.pas
         Question1_U.pas                         School_U.pas

         Vraag 2/Question 2:                     Vraag 4/Question 4:
         ConnectDB_U.pas                         Question4_P.dpr
         Question2_P.dpr                         Question4_P.dproj
         Question2_P.dproj                       Question4_P.res
         Question2_P.res                         Question4_U.dfm
         Question2_U.dfm                         Question4_U.pas
         Question2_U.pas
         UniversityDB - Copy.mdb
         UniversityDB.mdb

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     4                            DBE/November 2023
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Question1_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

       Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

      Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1
       tot VRAAG 1.5 wat volg.

1.1          Knoppie [1.1 - Display name and age]

             Die gebruiker moet die volgende doen:

                 Sleutel 'n naam in die redigeerblokkie ('edit box') edtQ1_1 in.
                 Sleutel in/Selekteer die persoon se ouderdom in die spin-redigeerblokkie
                  ('spin edit box') spnQ1_1.

             Skryf kode om die volgende te doen:

                Verkry ('Extract') die naam wat ingesleutel is uit die redigeerblokkie
                 edtQ1_1 en stoor die naam in die veranderlike sName wat voorsien is.
                Verkry die ouderdom wat ingesleutel/geselekteer is uit die spin-
                 redigeerblokkie spnQ1_1 en stoor die ouderdom in die veranderlike iAge
                 wat voorsien is.
                Vertoon die naam en ouderdom, die een onder die ander, met gebruik van
                 'n afvoerdialoogblokkie ('output dialogue box').

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                    5                            DBE/November 2023
                                           NSS

          Voorbeeld van toevoer:

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (5)

1.2       Knoppie [1.2 - Hockey teams]

          Leerders wat daarin belangstel om hokkie te speel word in spanne van 11
          spelers verdeel. 'n Totaal van 11 spelers verteenwoordig 'n volle span in
          hokkie. Die oorblywende spelers wat nie 'n volledige span kon vorm nie, word
          op 'n reserwelys geplaas.

          'n Konstante veranderlike wat as PLAYERS = 11 verklaar is, is voorsien.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Verkry die totale getal leerders uit die redigeerblokkie edtQ1_2.
              Gebruik die totale getal leerders en die konstante PLAYERS om die
               volgende te bereken:
               o Getal hokkiespanne wat uit 11 spelers bestaan
               o Getal leerders op die reserwelys

                                                                                             (9)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       6                            DBE/November 2023
                                              NSS

1.3       Knoppie [1.3 - Calculate]

          Die waarde van       moet bereken word deur die formule hieronder te gebruik:

                                              √(       )

          Kode is voorsien om waardes toe te ken aan die veranderlikes rX en rY wat
          die x- en y-waardes in die formule verteenwoordig.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Gebruik die veranderlikes rX en rY wat voorsien is en geskikte
               wiskundige funksies om die waarde van te bereken.
              Vertoon die waarde van      in die redigeerblokkie edtQ1_3, tot DRIE
               desimale plekke afgerond.

          Voorbeeld van afvoer vir die waardes rX = 12.46 en rY = 8.54 wat voorsien is:

                                                                                               (5)

1.4       Knoppie [1.4 - Marathon results]

          Deelnemers wat 'n marathon voltooi en in een van die top 20-posisies
          klaarmaak, sal 'n goue, silwer- of bronsmedalje ontvang, gebaseer op die
          posisie waarin hulle klaargemaak het. Al die ander deelnemers wat ná die
          20ste posisie klaarmaak, sal 'n deelname-sertifikaat ontvang.

          Kode is vir die gebruiker voorsien met gebruik van 'n toevoerdialoogblokkie
          ('input dialogue box') om die posisie waarin die deelnemer klaargemaak het,
          in te sleutel. Die gebruikertoevoer is aan die veranderlike iPosition toegeken.

          Skryf kode wat 'n gevalstelling ('case statement') gebruik om 'n geskikte
          boodskap in die etiket ('label') lblQ1_4, wat op die inligting in die tabel
          hieronder gebaseer is, te vertoon.

                           Posisie klaargemaak      Toekenning
                           1                        Goue medalje
                           2 en 3                   Silwermedalje
                           4 tot 20                 Bronsmedalje
                           Na 20                    Deelname-sertifikaat

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      7                             DBE/November 2023
                                             NSS

          Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die eerste plek behaal het:

          Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die 20ste plek behaal het:

          Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die 21ste plek behaal het:

                                                                                               (6)

1.5       Knoppie [1.5 - Average mark]

          'n Tekslêer met die naam 'Details.txt' bevat die name en punte van leerders
          in die volgende formaat:

                  <Naam>#<Punt>

          Voorbeeld van die eerste vyf teksreëls in die tekslêer:

                  Erinn Stansell#87
                  Michael Dinjes#90
                  Gabrielle Wadhams#23
                  Mirelda Berendsen#47
                  Elmore Skalls#32

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Maak die tekslêer Details.txt oop, lees deur die teksreëls in die tekslêer
               en bepaal die gemiddelde punt van al die leerders.
              Vertoon die gemiddelde punt op die paneel pnlQ1_5, afgerond tot die
               naaste heelgetal.

          LET WEL: Jou kode moet korrek werk vir enige getal teksreëls in die lêer.
 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  8                           DBE/November 2023
                                            NSS

             WENK: Gebruik die posisie van die huts-karakter (#) om die punt vir elke
                   leerder te onttrek.

             Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (15)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING A:           40

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   9                           DBE/November 2023
                                         NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Universiteite maak staat op doeltreffende administrasie en kommunikasie om die
gladde verloop van hulle prosesse te fasiliteer.
'n Databasis met die naam UniversityDB.mdb, wat inligting bevat oor die verskillende
dosente ('lecturers') en die kursusse wat hulle onderrig, is ontwikkel.
Die databasis bevat twee tabelle, tblLecturers en tblCourses.

LET WEL: Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor
         die ontwerp en inhoud van die databasis.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die Question 2-
    lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Question2_U.pas-eenheidlêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Die inhoud van die tabelle word vertoon, soos wat hieronder getoon word oor die
    seleksie van oortjieblad ('tab sheet') 2.2 - Delphi code.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    10                             DBE/November 2023
                                              NSS

      Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling, soos wat in VRAAG 2.1
       en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
      Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2
       te beantwoord.
LET WEL:
      Die 'Restore database'-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
       voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
      Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in
       staat wees om direkte toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur
       Microsoft Access te gebruik NIE.
      Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
       MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
      TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
       hieronder beskryf word.

         Veranderlike          Datatipe           Beskrywing
         tblLecturers          TADOTable          Verwys na die tabel tblLecturers
         tblCourses            TADOTable          Verwys na die tabel tblCourses

2.1       Oortjieblad ('Tab sheet') [2.1 - SQL]
          Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      11                          DBE/November 2023
                                            NSS

      LET WEL:
          Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
           beantwoord.
          Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
           vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1,
           sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

      Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
      hieronder beskryf word, uit te voer.

      2.1.1     Knoppie [2.1.1 - Large enrolments]

                Vertoon die besonderhede van al die kursusse in die tblCourses-tabel,
                wat 100 of meer studente kan akkommodeer.

                Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                (3)

      2.1.2     Knoppie [2.1.2 - Lecturer gender]

                Vertoon die LecturerName, LecturerSurname en die eerste letter van
                die geslag van al die dosente. Vertoon die geslag deur 'n kolomopskrif
                met die naam Gender (M/F) te gebruik.

                Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                (4)

      2.1.3     Knoppie [2.1.3 - Multilingual lecturers]

                Vertoon die CourseID en CourseName van al die kursusse wat 'n
                meertalige ('multilingual') dosent het. Die resultate moet alfabeties
                volgens die kursusnaam gesorteer wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      12                           DBE/November 2023
                                            NSS

                Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                 (6)

      2.1.4     Knoppie [2.1.4 - Lecturer salaries]

                'n Dosent se salaris word bepaal deur die getal kursusse wat deur
                daardie dosent gefasiliteer word. 'n Bedrag van R10 000 word betaal vir
                elke kursus wat deur die dosent gefasiliteer word. Byvoorbeeld, as 'n
                dosent drie kursusse fasiliteer, sal die dosent 'n totale salaris van
                R30 000 ontvang.

                Vertoon die LecturerID en die totale salaris in 'n nuwe kolom met die
                opskrif Salary, as geldeenheid ('currency') geformatteer.

                Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                 (5)

      2.1.5     Knoppie [2.1.5 - Change online option]

                Skryf kode om die OnlineOption-veld na 'false' te verander as die
                CourseName-veld die woord 'Programming' bevat.

                Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud
                van die databasis verander het.

                Voorbeeld van die eerste ses rekords van die tblCourses-tabel voordat
                die aanlyn opsie verander is:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     13                           DBE/November 2023
                                            NSS

                 Voorbeeld van die eerste ses rekords van die tblCourses-tabel nadat
                 die aanlyn opsie vir al die programmeringskursusse na 'false' verander
                 is:

                                                                                                 (4)

2.2    Oortjieblad ('Tab sheet') [2.2 - Delphi code]

       LET WEL:
           Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1                    en
            VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
           GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

       Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2:

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      14                          DBE/November 2023
                                            NSS

      2.2.1     Knoppie [2.2.1 - Average duration of courses]

                Die werkslading van al die dosente moet bepaal word sodat 'n
                regverdige aantal kursusse aan hulle toegewys kan word om te
                fasiliteer.

                Gebruik die redQ2_2_1-komponent om die afvoer te vertoon.

                Kode is voorsien om die redQ2_2_1-komponent leeg te maak.

                Skryf kode om die volgende te doen:

                   Vertoon die LecturerID, LecturerName en LecturerSurname as 'n
                    opskrif in die volgende formaat:
                    <LecturerID>: <LecturerName> <LecturerSurname>
                   Vertoon 'n genommerde lys met kursusname wat deur elke dosent
                    gefasiliteer word.
                   Bereken en vertoon die gemiddelde duur van die kursusse wat deur
                    elke dosent gefasiliteer word, tot TWEE desimale plekke
                    geformatteer.

                Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee dosente:

                                                                                                 (14)

      2.2.2     Knoppie [2.2.2 - Register new lecturer]

                Wanneer 'n nuwe dosent aangestel word, moet hulle besonderhede in
                die databasis bygevoeg word.

                Skryf kode om 'n nuwe rekord in die tblLecturers-tabel by te voeg deur
                die volgende besonderhede te gebruik:

                   LecturerID – ZT032
                   LecturerName – Zander
                   LecturerSurname – Thomas
                   Gender – Male
                   Multilingual – True

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    15                         DBE/November 2023
                                              NSS

                    Voorbeeld van rekords in die tblLecturers-tabel wat aandui dat die
                    rekord suksesvol in die tabel bygevoeg is:

                                                                                                 (4)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING B:               40

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  16                          DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Die plaaslike skole-distrikskantoor vereis 'n verifikasie van skole in die distrik en 'n
verslag met die uitslae van die skole om die bedrag vir befondsing wat elke skool sal
ontvang, te bepaal.

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
     Maak die onvolledige objekklas School_U.pas oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
      Question3_U.pas-lêer en die School_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

     Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                           17                            DBE/November 2023
                                                  NSS

3.1      Die onvoltooide objekklas (TSchool) wat voorsien is, bevat die verklaring van
         vier attribute wat 'n School-objek beskryf.
        Die attribute vir 'n School-objek is soos volg verklaar:

            Attribuut            Datatipe       Beskrywing
            fSchoolName          String         Die naam van die skool
            fTotalLearners       Integer        Die totale getal leerders wat by die skool
                                                ingeskryf is
            fPublicSchool        Boolean        'True' as dit 'n openbare skool is, anders
                                                'false'
            fRating              Char           'n Gradering (A, B, C of Z) wat aan elke skool
                                                op grond van die slaagsyferpersentasie van
                                                die skool toegeken word:

                                                 A – 80% of hoër
                                                 B – Van 60% tot 79%
                                                 C – Laer as 60%
                                                 Z – Gradering nie toegeken nie

         'n Onvolledige konstruktor-metode is voorsien.
        LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikergedefinieerde
                 metodes byvoeg NIE, tensy jy uitdruklik in een van die vrae
                 aangesê word om dit te doen.
         Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
         hieronder beskryf word.

         3.1.1      Constructor Create is van drie parameters voorsien.

                    Skryf kode om die konstruktormetode soos volg te voltooi:

                          Ken die waardes in die parameterlys aan die ooreenstemmende
                           attribute, fSchoolName, fTotalLearners en fPublicSchool, toe.
                          Ken 'n verstekgradering van 'Z' aan die fRating-attribuut toe.               (3)

         3.1.2      Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                    getPublicSchool vir die fPublicSchool-attribuut.                                    (2)

        3.1.3       Die gradering van die skool sal elke jaar opgedateer word op
                    grond van die slaagsyferpersentasie van die skool. Die
                    slaagsyferpersentasie word bereken deur die totale getal leerders wat
                    deurgekom het en die totale getal leerders in die skool te gebruik.

                    Die inligting in die tabel hieronder word gebruik om die skool se
                    gradering te bepaal:

                                    Gradering      Slaagsyferpersentasie
                                        A          80% of hoër
                                        B          Van 60% tot 79%
                                       C           Laer as 60%

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                          18                        DBE/November 2023
                                                 NSS

                    Skryf kode vir 'n metode met die naam updateRating om die
                    volgende te doen:

                     Ontvang die totale getal leerders wat geslaag het as 'n
                      parameterwaarde.
                     Gebruik die parameterwaarde en die fTotalLearners-attribuut om
                      die skool se slaagsyferpersentasie te bereken.
                     Gebruik die tabel wat voorsien is om die waarde van die fRating-
                      attribuut te bepaal en te stel.                                              (8)

         3.1.4      'n Bedrag van R145,50 is toegeken per leerder wat by die skool
                    ingeskryf is.

                    Skryf kode vir 'n metode met die naam calcFunding om die totale
                    bedrag wat die skool vir befondsing sal ontvang, te bereken en terug
                    te stuur.

                    Die befondsing word bereken deur die volgende formule te gebruik:

                           befondsing = leerders ingeskryf                                         (4)

         3.1.5      Skryf kode vir 'n toString-metode om 'n string terug te stuur wat die
                    objek beskryf. Die Boolese attribuut fPublicSchool moet gebruik
                    word om te bepaal of die frase 'Public school' of 'Private school' by
                    die string gevoeg moet word.

                    Die formaat van die string wat teruggestuur moet word, word
                    hieronder getoon.

                    <fSchoolName>
                    ------------------------
                    Total number of learners: < fTotalLearners >
                    Rating: <fRating>
                    Public school/Private school

                    Voorbeeld:

                    Alan Turing High School
                    ------------------------
                    Total number of learners: 1250
                    Rating: Z
                    Public school                                                                  (7)

3.2      'n Onvolledige program is in die Question 3-lêergids voorsien. Die program
         bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n
         objekveranderlike met die naam objSchool.

         Skryf kode om die take uit te voer wat beskryf word in VRAAG 3.2.1 tot
         VRAAG 3.2.3 wat volg.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         19                          DBE/November 2023
                                               NSS

        3.2.1      Knoppie [3.2.1 – Instantiate object]

                   Die gebruiker moet die skool se naam in die redigeerblokkie ('edit
                   box') edtQ3_2_1 insleutel, die totale getal leerders in die spin-
                   redigeerblokkie spnQ3_2_1 selekteer en die kontroleblokkie ('check
                   box') chbQ3_2_1 merk indien die skool 'n openbare skool is.

                   Skryf kode om die volgende te doen:

                         Verkry die skool se naam uit die redigeerblokkie edtQ3_2_1, die
                          totale getal leerders in die spin-redigeerblokkie spnQ3_2_1 en
                          bepaal of die kontroleblokkie chbQ3_2_1 gemerk is of nie.
                         Gebruik die inligting wat verkry is om 'n nuwe School-objek te
                          instansieer.
                         Gebruik die toString-metode om die inligting van die School-
                          objek in die 'rich edit' redQ3 te vertoon.

                   Voorbeeld van toevoer en afvoer vir 'n openbare skool:

                   Voorbeeld van toevoer en afvoer vir 'n privaat skool:

                                                                                                (7)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         20                          DBE/November 2023
                                               NSS

        3.2.2      Knoppie [3.2.2 – Rating]
                   Die gradering van 'n skool word deur die slaagsyferpersentasie van
                   die skool bepaal.
                   Die spin-redigeerblokkie spnQ3_2_2 moet gebruik word om die totale
                   getal leerders wat geslaag het, in te sleutel.
                   Skryf kode om die volgende te doen:
                         Roep die updateRating-metode deur die waarde wat uit die spin-
                          redigeerblokkie spnQ3_2_2 verkry is, as 'n argument te gebruik.
                         Roep die toString-metode om die opgedateerde inligting van die
                          School-objek in die rich edit redQ3 te vertoon.
                   Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die
                   totale getal leerders wat geslaag het, 1 183 is:

                   Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die
                   totale getal leerders wat geslaag het, 999 is:

                   Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die
                   totale getal leerders wat geslaag het, 500 is:

                                                                                                    (4)

       3.2.3       Knoppie [3.2.3 – Funding]

                   Befondsing sal slegs vir openbare skole beskikbaar wees. Gebruik
                   die 'rich edit' redQ3 om die afvoer te vertoon.
                   Skryf kode om die volgende te doen:
                   Gebruik die relevante metode om te toets of die skool 'n openbare
                   skool is.
                         As die skool 'n openbare skool is, roep die calcFunding-metode
                          om die befondsingsbedrag wat die skool sal ontvang, te vertoon,
                          as geldeenheid ('currency') geformatteer, met 'n boodskap soos
                          wat op die volgende bladsy aangedui word.
                         As die skool nie 'n openbare skool is nie, vertoon 'n geskikte
                          boodskap wat aandui dat geen fondse beskikbaar is nie.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                      21                           DBE/November 2023
                                                NSS

                       Voorbeeld van afvoer as die skool 'n openbare skool is en 'n totale
                       getal leerders van 1 250 het:

                       Voorbeeld van afvoer as die skool NIE 'n openbare skool is NIE:

                                                                                                      (5)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
      die vormklas in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                40

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                       22                               DBE/November 2023
                                                 NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Question4_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
     Twee oortjieblaaie ('tab sheets') met die name tshQ4_1 en tshQ4_2 is op die
      grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') voorsien.

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2
hieronder beskryf word.

4.1          Oortjieblad ('Tab sheet') [4.1]

             Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir oortjieblad
             ('tab sheet') 4.1:

             Jy is voorsien van 'n skikking met die naam arrCodes wat vyf kodes bevat.
             Elke kode bevat letters, syfers en spesiale karakters.

             arrCodes: array [1 .. 5] of String =

                   ('An7J*Q#D&N','pL78K#$.%BV','89@FGh0&Y56#$Q','Bn4m321&*#T',
                   'P2QwER%$#a');

             'n Spesiale karakter verwys na 'n karakter wat nie 'n letter of 'n syfer is nie.
    Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         23                            DBE/November 2023
                                                NSS

          Knoppie [4.1 - Codes]

          Skryf kode om die volgende te doen:

          Verwyder al die spesiale karakters uit elke kode in die skikking om 'n nuwe
          kode te skep. Tel hoeveel spesiale karakters uit elke kode verwyder is.

          Voeg die nuwe kode en die getal spesiale karakters wat daaruit verwyder is,
          by die lysblokkie ('list box') lstQ4_1 in die volgende formaat:

                           <Nuwe kode>(getal spesiale karakters wat verwyder is)

          LET WEL:         Jou kode moet vir enige stel data in die skikking werk.

          Voorbeeld van afvoer vir die kodes wat tans in die skikking is:

                                                                                                          (12)

4.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [4.2]

          'n Skoolrooster het vyf dae en sewe periodes per dag.

          Jy is van die volgende verklarings voorsien:

          arrDays: array [1 .. 5] of String =
               ('Mon.', 'Tue.', 'Wed.', 'Thu.', 'Fri.');

          arrTimeTable: array [1 .. 5, 1 .. 7] of String;

          arrSubjectCodes: array [1 .. 5] of String =
               ('IT', 'HL', 'ACC', 'PHY', 'MAT');

          LET WEL: Kode is voorsien om die volgende te doen:
             Vul die arrTimeTable-skikking deur die vyf vakkodes IT, HL, ACC, PHY en
              MAT ewekansig in die skikking te plaas, een keer per dag vir die vyf dae.
              Daar sal elke dag twee vry periodes (leë ruimtes) wees.
             Vertoon die sewe periodes per dag vir elk van die vyf dae op die rooster
              (Maandag tot Vrydag).

 Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       24                            DBE/November 2023
                                             NSS

         Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir oortjieblad
         ('tab sheet') 4.2:

         4.2.1       Knoppie [4.2.1 - Extra IT periods]

                     Die skoolhoof het besluit om vier ekstra periodes, een keer per dag
                     (Maandag tot Vrydag), vir die 'IT'-vakkode op die rooster by te voeg.

                     Die ekstra IT-periodes moet van Maandag tot Donderdag in die
                     arrTimeTable-skikking in die eerste beskikbare periode geplaas
                     word deur die kode 'IT' te gebruik.

                     Voorbeeld van afvoer nadat die ekstra IT-periodes in die eerste
                     beskikbare periodes van Maandag tot Donderdag geplaas is:

         LET WEL:         Daar sal by verstek ses vry periodes op die rooster beskikbaar
                          wees nadat al die vakkodes geplaas is, die ekstra IT-periodes
                          ingesluit.

                          As gevolg van die ewekansige plasing van vakkodes mag jou
                          afvoer van die voorbeeld hierbo verskil.                                 (6)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                        25                            DBE/November 2023
                                                  NSS

             4.2.2       Knoppie [4.2.2 - Group IT]

                         Die IT-onderwyser het versoek dat beide IT-periodes van Maandag
                         tot Donderdag, opeenvolgend (die een na die ander een) geplaas
                         moet word.

                         Skryf kode om die volgende te doen:

                         Herrangskik die periodes vir elke dag om die twee IT-periodes langs
                         mekaar te plaas. Die eerste IT-periode vir die dag moet in sy plek bly,
                         terwyl die tweede IT-periode met 'n ander periode omgeruil moet
                         word om langs die eerste IT-periode geplaas te kan word.

                         Voorbeeld van afvoer nadat die IT-periodes saamgegroepeer is:

                                                                                                     (12)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                       TOTAAL AFDELING D:            30
                                                                           GROOTTOTAAL:              150

    Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                           1                             DBE/November 2023
                                                  NSS

                                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

 DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle vir die databasis UniversityDB is soos volg:

Tabel: tblLecturers

Hierdie tabel bevat die besonderhede van die dosente.

 Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
 LecturerID                Text (5)        'n Unieke ID wat gebruik word om 'n dosent te
                                           identifiseer
 LecturerName              Text (25)       Die naam van die dosent
 LecturerSurname           Text (25)       Die van van die dosent
 Gender                    Text (6)        Die geslag van die dosent
 Multilingual              Boolean         'n Veld wat aandui of 'n dosent 'n kursus in
                                           meer as een taal kan aanbied

Voorbeeld van die rekords van die tblLecturers-tabel:

Tabel: tblCourses

Hierdie tabel bevat inligting oor die kursusse wat by die universiteit aangebied word.

 Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
 CourseID                  Text (10)       'n Unieke ID wat gebruik word om 'n kursus te
                                           identifiseer
 CourseName                Text (35)       Die naam van die kursus
 Duration                  Number          Die duur van die kursus (in weke)
 MaxStudents               Number          Die maksimum getal studente wat in die kursus
                                           toegelaat word
 OnlineOption              Boolean         'n Veld wat aandui of 'n aanlyn opsie vir studente
                                           beskikbaar is
 LecturerID                Text (5)        Die ID van die dosent wat die kursus aanbied

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                   2                           DBE/November 2023
                                          NSS

Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblCourses-tabel:

LET WEL:
 Konneksiekode is voorsien.
 Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
  databasis kan verkry nie.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential
integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

 Kopiereg voorbehou

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         DBE/November 2023
                                   NSS

                          BEPLANNINGSBLADSY 1

Kopiereg voorbehou

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         DBE/November 2023
                                   NSS

                          BEPLANNINGSBLADSY 2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
