# Information Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2024-afr/f4b19c44-77ce-482a-9f85-438813c25f87
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2024-afr/f4b19c44-77ce-482a-9f85-438813c25f87)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 2 bladsye met data,
                 2 bladsye vir beplanning en ꞌn aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V1                      2                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          AL VIER afdelings beantwoord.

2.        Twee leë bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
          einde van die vraestel ingesluit.

3.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

4.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek is tot
          Delphi as programmeringstaal. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik
          word om die vrae te beantwoord.

5.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
          word.

6.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
          vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering
          toegeken word nie.

7.        Jou programme moet op só ꞌn manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

8.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die
          Delphi-programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

9.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture verskaf word.

10.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
          jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

11.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

12.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
          voorkom. Jy sal ná die eksamensessie ꞌn halfuur tyd vir drukwerk gegee
          word.

13.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ꞌn disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V1                      3                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

14.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ꞌn
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
          Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
          verskaf.   Nov

          Doen die volgende:

              Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met ꞌn wagwoord
               beskerm is: DataNOV2024.exe
              Klik op die ꞌExtractꞌ-knoppie.
              Sleutel die volgende wagwoord in: #RUN4@New

          Nadat dit onttrek (ꞌextractedꞌ) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
          (ꞌfolderꞌ) DataNOV2024 beskikbaar wees:

          Question 1:                         Question 3:
          Houses.txt                          MRecord_U.pas
          Question1_P.dpr                     Question3_P.dpr
          Question1_P.dproj                   Question3_P.dproj
          Question1_P.res                     Question3_P.res
          Question1_U.dfm                     Question3_U.dfm
          Question1_U.pas                     Question3_U.pas

          Question 2:                         Question 4:
          ConnectDB_U.pas                     Question4_P.dpr
          MarathonsDB - Copy.mdb              Question4_P.dproj
          MarathonsDB.mdb                     Question4_P.res
          Question2_P.dpr                     Question4_U.dfm
          Question2_P.dproj                   Question4_U.pas
          Question2_P.res
          Question2_U.dfm
          Question2_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V1                    4                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

    AFDELING A

    VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

    Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Question1_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

       Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1
      tot VRAAG 1.5 op die volgende bladsy.

    Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V1                           5                          DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

1.1       Skryf kode vir knoppies btnQ1_1_1 en btnQ1_1_2 soos hieronder
          gespesifiseer word.
          1.1.1     Knoppie [1.1.1 - Random]
                    Skryf kode om die volgende te doen:
                          Genereer ꞌn ewekansige getal van 5 tot 10, beide getalle ingesluit.
                          Vertoon die ewekansige getal in die edtQ1_1_1-redigeerblokkie
                           (ꞌedit boxꞌ).
                    Voorbeeld van afvoer indien die getal 5 ewekansig gegenereer is:

                    LET WEL:        Die afvoer kan verskil as gevolg van die aard van
                                    ewekansige getalle.                                               (4)
          1.1.2     Knoppie [1.1.2 - Round up]
                    Jy is van ꞌn konstante NUMBER = 5.23247 voorsien.
                    Skryf kode wat ꞌn wiskundige funksie gebruik om die waarde van die
                    konstante te vertoon, afgerond tot die naaste heelgetal in die
                    spinredigeerder (ꞌspin editꞌ) spnQ1_1_2.
                    Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                      (3)
1.2       Knoppie [1.2 - Surface area]

          ꞌn Reghoekige soliede keël word in die prentjie hieronder getoon.

          Die buite-oppervlakte van die keël word bereken deur die volgende formule te
          gebruik:

                                        𝐴 = 𝜋𝑟(𝑟 + √ℎ2 + 𝑟 2 )
          Skryf kode om die volgende te doen:
              Onttrek die waardes van r en h uit die onderskeie redigeerblokkies
               edtQ1_2_r en edtQ1_2_h wat voorsien is.
              Gebruik die waardes van r en h en geskikte wiskundige funksies om die
               buite-oppervlakte van die keël wat deur A verteenwoordig word, te
               bereken.
              Vertoon die waarde van A in die etiket (ꞌlabelꞌ) lblQ1_2, afgerond tot
               TWEE desimale plekke.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V1                       6                            DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

           Voorbeeld van toevoer en afvoer waar r = 5 en h = 10:

           Voorbeeld van toevoer en afvoer waar r = 7.9 en h = 22.4:

                                                                                                    (8)

1.3        Knoppie [1.3 - Read file]

           ꞌn Tekslêer met die naam Houses.txt bevat die straatadres en die getal
           slaapkamers vir elke huis in ꞌn voorstedelike gebied.

           Die formaat van die inhoud van die tekslêer is soos volg:

                   <straatadres>
                   <getal slaapkamers>

           Voorbeeld van die eerste vier reëls van die Houses.txt-tekslêer:

                   61 Loop street
                   4
                   83 Church street
                   2

           Kode is voorsien vir die verklaring van die tekslêerveranderlike tFile.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Ken die tekslêer Houses.txt aan die veranderlike tFile toe.
              Maak seker dat lees uit die tekslêer vanaf die eerste reël in die tekslêer
               begin.
              Lees met ꞌn lus deur die tekslêer en stoor die straatadres en getal
               slaapkamers in verskillende veranderlikes.
              Vertoon die straatadres en die getal slaapkamers in die redigeerblokkie
               (ꞌrich editꞌ) redQ1_3 in die formaat hieronder.

                   <straatadres> - <getal slaapkamers> -bedroom house

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V1                       7                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (9)

1.4        Knoppie [1.4 - Add name]

           Leerders van ꞌn skool gaan op ꞌn uitstappie. Twee ꞌrich editꞌ-komponente
           redQ1_4_P en redQ1_4_NP is voorsien om onderskeidelik die name van die
           leerders te vertoon wat hulle fooie betaal het en dié wat nie hulle fooie betaal
           het nie.

           Die kombinasieblokkie (ꞌcombo boxꞌ) cmbQ1_4 bevat die name van al die
           leerders wat op die uitstappie gaan.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Onttrek die naam wat uit die kombinasieblokkie (ꞌcombo boxꞌ) cmbQ1_4
               geselekteer is.
              Indien die ꞌPaidꞌ-kontroleblokkie (ꞌcheck boxꞌ) chbQ1_4 gemerk is, voeg
               die naam van die leerder by die redQ1_4_P-komponent, andersins moet
               die naam by die redQ1_4_NP-komponent gevoeg word.
              Verwyder die naam wat geselekteer is uit die kombinasieblokkie
               cmbQ1_4.

           Voorbeeld van toevoer en afvoer indien Bianca geselekteer is en haar
           uitstappiefooi reeds betaal is:

           Voorbeeld van toevoer en afvoer indien Godfrey geselekteer is en sy
           uitstappiefooi nog nie betaal is nie:

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V1                        8                       DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

             Voorbeeld van die inhoud van cmbQ1_4 nadat Bianca en Godfrey
             geselekteer is en hulle name uit die kombinasieblokkie verwyder is:

                                                                                                  (7)
1.5          Knoppie [1.5 - Replace]
             ꞌn Wagwoord moet vir elke leerder wat die uitstappie bywoon, saamgestel
             word.
             Die gebruiker moet die naam en van van die leerder in die redigeerblokkie
             (ꞌedit boxꞌ) edtQ1_5 insleutel.
             Die volgende kode is voorsien:
                 Die inhoud van die redigeerblokkie edtQ1_5 is in die veranderlike
                  sNameSurname gestoor.
                 ꞌn String, sCharacters, wat ses spesiale karakters bevat
                          sCharacters := ꞌ@#$%^&ꞌ;
             Skryf kode om die volgende te doen om die wagwoord te skep:
                 Keer die volgorde van die karakters in die string sNameSurname om en
                  verwyder alle spasies uit die string.
                 Vertoon die omgekeerde string, sonder spasies, in die memQ1_5-
                  afvoerarea.
                 Vervang elke derde karakter in die omgekeerde string met ꞌn spesiale
                  karakter wat ewekansig uit die gegewe sCharacter-string verkry word.
                 Vertoon die wagwoord in die memQ1_5-afvoerarea.
             Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                  (9)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 40

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V1                   9                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING B
VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Die organiseerders van atletiekbyeenkomste benodig ꞌn toepassing (ꞌappꞌ) wat aan
hardloopentoesiaste inligting oor marathons en waar dit plaasvind, voorsien.

ꞌn Databasis met die naam MarathonsDB.mdb, wat inligting bevat oor marathonname
en die stede waar dit plaasvind, is ontwikkel. Dit stel gebruikers in staat om marathons
in die stede van hulle voorkeur te vind.

Die databasis bevat twee tabelle met die name tblLocations en tblMarathons.

LET WEL: Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor
         die ontwerp van die MarathonsDB.mdb-databasis en die inhoud
         daarvan.
Doen die volgende:
     Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die
      Question 2-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Question2_U.pas-eenheidlêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
      Die inhoud van die tabelle word vertoon, soos wat hieronder op die seleksie van
      die oortjieblad (ꞌtab sheetꞌ) 2.2 - Delphi code getoon word.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V1                     10                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

LET WEL:

     Die ꞌRestore databaseꞌ-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
      voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Die inhoud van die databasis is met ꞌn wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE
      toegang tot die inhoud van die databasis kan verkry deur Microsoft Access te
      gebruik NIE.
     Kode word voorsien om die GGK(ꞌGUIꞌ)-komponente met die databasis te koppel.
      MOENIE enige van die kode wat voorsien is, verander NIE.
     TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word.

    Veranderlike              Datatipe             Beskrywing
    tblLocations              TADOTable            Verwys na die tabel tblLocations
    tblMarathons              TADOTable            Verwys na die tabel tblMarathons

2.1        Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.1 - SQL]
           Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V1                           11                       DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

          LET WEL:

             Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
              beantwoord.
             Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
              vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1,
              sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

          Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
          hieronder beskryf word, uit te voer.

          2.1.1      Knoppie [2.1.1 - Low population]

                     Vertoon al die velde van die rekords in die tblLocations-tabel met ꞌn
                     ꞌpopulationꞌ (bevolking) van minder as 200 000 mense.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (3)

          2.1.2      Knoppie [2.1.2 - Runners United September runs]

                     Vertoon die MarathonID, MarathonDate en Distance van al die
                     marathons wat deur Runners United georganiseer is en wat in
                     September plaasvind.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (4)

          2.1.3      Knoppie [2.1.3 - Marathon locations]

                     Die plek waar elke marathon plaasvind, word deur die organiseerders
                     benodig.

                     Las die City-veld en die eerste drie letters van die Province-veld van
                     al die plekke in die tblLocations-tabel aan mekaar in ꞌn nuwe veld
                     met die naam Location.

                     Die inhoud van die nuwe Location-veld moet in die volgende formaat
                     wees:

                     <Stad> - <Eerste drie letters van provinsie>

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V1                           12                     DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

                     Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                (4)

          2.1.4      Knoppie [2.1.4 - Add city]

                     ꞌn Stad moet in die tblLocations-tabel bygevoeg word. Die
                     besonderhede is in die tabel hieronder voorsien.

                                    Veld                  Waarde
                                    LocationID            19
                                    City                  Welkom
                                    Province              Free State
                                    Altitude              1198
                                    Population            423016

                   Voorbeeld van afvoer van die laaste vyf rekords nadat die stad
                   bygevoeg is:

                                                                                                (4)

          2.1.5      Knoppie [2.1.5 - High prize money]

                     Vertoon die stad, die getal marathons en die totale prysgeld van al
                     die marathons wat in die stad gehou word, slegs as die totale
                     prysgeld meer as R50 000 is.

                     Die nuwe veld vir die getal marathons is NumMarathons en die nuwe
                     veld vir die totale prysgeld is Total Prize Money.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V1                          13                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

2.2       Oortjieblad (ꞌTab sheetꞌ) [2.2 - Delphi code]

          LET WEL:
             Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en
              VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
             GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

          Voorbeeld van         die   grafiese   gebruikerskoppelvlak    (GGK     (ꞌGUIꞌ))   vir
          VRAAG 2.2:

          2.2.1      Knoppie [2.2.1 - Remove marathons]

                     Sommige organiseerders het van die marathons onttrek en die
                     rekords van hierdie marathons moet verwyder word aangesien hulle
                     nie meer gaan plaasvind nie.

                     Die organiseerder se naam moet deur die gebruiker ingesleutel word.

                     Kode is voorsien om die naam van die organiseerder te onttrek
                     (ꞌextractꞌ) en te stoor deur ꞌn toevoerdialoogblokkie (ꞌinput dialog boxꞌ)
                     te gebruik. Die naam van die organiseerder word in die veranderlike
                     sOrganiser gestoor.

                     Skryf kode om die rekords uit die tblMarathons-tabel te verwyder,
                     waar die naam van die organiseerder dieselfde is as die naam van
                     die organiseerder wat ingesleutel is.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V1                         14                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

                      Voorbeeld van die eerste vier rekords in die tblMarathons-tabel
                      voordat die organiseerder, Active Events, uitgevee is:

                      Voorbeeld van die eerste vier rekords in die tblMarathons-tabel
                      nadat die organiseerder, Active Events, uitgevee is:

                                                                                                  (5)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 - Qualifying marathons]

                      Die hardlopers wat vir langafstand-marathons oefen, moet aan
                      kwalifiserende marathons deelneem om vir inskrywing in
                      aanmerking te kom. ꞌn Kwalifiserende marathon is enige marathon
                      wat oor ꞌn afstand van 40 km of meer afgelê word.

                      ꞌn Stad se naam moet ingesleutel word deur ꞌn toevoer-
                      dialoogblokkie (ꞌinput dialogue boxꞌ) te gebruik en dan moet al die
                      kwalifiserende marathons in daardie stad vertoon word.

                      Kode is voorsien om:

                         Die inhoud van die redQ2_2_2-komponent skoon te maak
                         Die naam van die stad wat ingesleutel is, te onttrek en in die
                          veranderlike sCity te stoor

                      Gebruik die redQ2_2_2-komponent om die afvoer te vertoon.

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                         Vertoon die naam van die marathon en die afstand van al die
                          kwalifiserende marathons uit die tblMarathons-tabel vir die
                          naam van die stad wat ingelees is, deur die gegewe toevoer-
                          dialoogblokkie te gebruik.
                         Vertoon ꞌn geskikte boodskap as die naam van die stad wat
                          ingesleutel is, nie in die tblLocations-tabel opgespoor kon word
                          nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V1                         15                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

                     Voorbeeld van afvoer indien Paarl as toevoer ingesleutel is:

                     Voorbeeld van afvoer indien Sasolburg as toevoer ingesleutel is:

                                                                                                   (13)

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V1                    16                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Die Wêreld Marathon Assosiasie het jou gevra om hulle met die bestuur van die
inligting oor rekordhouers van marathons by te staan.

Doen die volgende:
      Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
      Maak die onvolledige objekklas MRecord_U.pas oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
       Question3_U.pas-lêer en die MRecord_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

      Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg.

LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikergedefinieerde metodes
         byvoeg NIE, tensy dit uitdruklik in die vraag genoem word.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V1                         17                          DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

3.1       Die onvoltooide objekklas (MRecord) wat voorsien is, bevat die verklaring van
          vyf attribute wat ꞌn Marathon Record-objek beskryf.

          Die attribute van ꞌn Marathon Record-objek is soos volg verklaar:

              Attribuut           Tipe         Beskrywing
              fMarathonName       String       Die naam van die marathon
              fRecordHolder       String       Die naam van die persoon wat tans die
                                               rekordhouer is
              fRecordDate         String       Die datum van die rekord in die formaat
                                               jjjj/MM/dd
              fRecordTime         String       Die rekordtyd in die formaat hh:mm:ss
              fDistance           Real         Die afstand van die marathon

          Die volgende metodes is ook voorsien:

               ꞌn Gedeeltelik voltooide konstruktor-metode
               Die     wysigingsmetodes       (ꞌmutator methodsꞌ)     setRecordHolder,
                setRecordDate en setRecordTime
               ꞌn Hulpmetode (ꞌauxiliary methodꞌ) toMinutes wat die tyd van ꞌn hardloper
                as ꞌn stringparameter in die formaat hh:mm:ss ontvang en die rekordtyd in
                minute as ꞌn reële datatipe terugstuur

          Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
          hieronder beskryf word.

          3.1.1       Die onvoltooide konstruktor-metode ontvang vyf parameters.

                      Skryf kode om die parameters aan die fMarathonName-,
                      fRecordHolder-, fRecordDate-, fRecordTime- en fDistance-
                      attribute onderskeidelik toe te ken.                                           (3)

          3.1.2       Skryf kode vir ꞌn toegangsmetode (ꞌaccessor methodꞌ) met die naam
                      getRecordTime om die fRecordTime-attribuut terug te stuur.                     (2)

          3.1.3       Skryf kode vir ꞌn metode met die naam checkRecord wat ꞌn
                      hardloper se tyd as ꞌn stringparameter ontvang en ꞌn Boolese
                      waarde terugstuur.

                      Die metode moet die huidige rekordtyd wat in die fRecordTime-
                      attribuut gestoor is, vergelyk met die tyd wat as ꞌn parameter
                      ontvang is. Stuur ꞌTrueꞌ terug indien die tyd van die hardloper wat as
                      ꞌn parameter ontvang is, minder is as die waarde in die
                      fRecordTime-attribuut en ꞌFalseꞌ indien nie.                                   (5)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Inligtingstegnologie/V1                          18                           DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

          3.1.4       Die hardloper se pas (ꞌpaceꞌ) is die spoed waarteen ꞌn hardloper 'n
                      marathon voltooi, gemeet in minute per kilometer.

                      Die volgende formule kan gebruik word om ꞌn hardloper se pas te
                      bereken:

                                                            𝑚𝑖𝑛𝑢𝑡𝑒𝑠
                                                 𝑝𝑎𝑐𝑒 =
                                                            𝑑𝑖𝑠𝑡𝑎𝑛𝑐𝑒

                      Skryf kode vir ꞌn metode met die naam calcPace wat die gegewe
                      toMinutes-metode en die gegewe formule gebruik om die hardloper
                      se pas te bereken en as ʹn reële waarde terug te stuur.                         (4)

          3.1.5       Skryf kode vir ꞌn metode met die naam toString om ꞌn string in die
                      volgende formaat terug te stuur:

                      <fMarathonName> - <fDistance> km: <fRecordHolder>
                      (<fRecordTime> on <fRecordDate>)

                      Voorbeeld:

                      Karoo Marathon     -    42.2    km:     Sam   Peterson   (02:08:38    on
                      2024/06/13)                                                                     (5)

3.2       ꞌn Onvolledige program is in die Question 3-lêergids voorsien. Die program
          bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar ꞌn
          objek-veranderlike met die naam objMRecord.

          Kode om die afvoerarea skoon te maak, is in btnQ3_2_1, btnQ3_2_2 en
          btnQ3_3_3 voorsien.

          Skryf kode om die take wat beskryf                   word in VRAAG 3.2.1 tot
          VRAAG 3.2.3 wat volg, uit te voer.

         3.2.1        Knoppie [3.2.1 - Instantiate object]

                      Sam Peterson is die huidige rekordhouer van die Karoo Marathon.
                      Die huidige rekordinligting vir die Karoo Marathon is soos volg
                      aangeteken:

                           Marathonnaam                             Karoo Marathon
                           Rekordhouer                              Sam Peterson
                           Datum waarop rekord opgestel is          2024/06/13
                           Marathon-rekordtyd                       02:08:38
                           Afstand van marathon                     42.2 km

                      Kode is voorsien om die naam van die marathon, die rekordhouer se
                      naam, die datum waarop die rekord opgestel is en die tyd wat vir die
                      rekord aangeteken is, uit die relevante redigeerblokkies te onttrek.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Inligtingstegnologie/V1                          19                        DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                         Onttrek die afstand van die marathon as ꞌn reële waarde uit die
                          radiogroep (ꞌradio groupꞌ) rgpQ3_2_1. Die eenheid ꞌkmꞌ moet nie
                          as deel van die afstand se waarde gestoor word nie.
                         Gebruik die inligting wat onttrek is om ꞌn objMRecord-objek te
                          instansieer.
                         Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die
                          objek in die redQ3-afvoerarea te vertoon.

                     Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                  (8)

         3.2.2       Knoppie [3.2.2 - Pace]

                     Die rekordhouer se pas moet bereken word.

                     Skryf kode om die calcPace-metode te roep en die resultaat in die
                     redQ3-komponent te vertoon, afgerond tot DRIE desimale plekke, in
                     die volgende formaat:

                     Record holderꞌs pace: <Pas van die rekordhouer> min/km

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Inligtingstegnologie/V1                           20                          DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

                     Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                     (4)

         3.2.3       Knoppie [3.2.3 - Check record]

                     Die inligting van die huidige rekordhouer-objek moet vervang word
                     indien ꞌn ander hardloper die marathon in ꞌn korter tyd voltooi.

                     Die gebruiker moet die naam en tyd wat dit die nuwe hardloper
                     geneem het om die marathon te voltooi, in die onderskeie
                     redigeerblokkies edtQ3_2_3_Name en edtQ3_2_3_Time insleutel.

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                          Roep die checkRecord-metode met die nuwe hardloper se tyd
                           as ꞌn argument om te bepaal of die tyd wat vir die nuwe
                           hardloper ingesleutel is, minder as die huidige rekordtyd van die
                           objek is.

                          Indien die nuwe hardloper se tyd minder as die huidige
                           rekordtyd is:

                           o Dateer die huidige rekordobjek op deur die volgende
                             metodes en argumente te gebruik:

                            Metodes                           Argumente
                            setRecordHolder                   Nuwe hardloper se naam
                            setRecordTime                     Nuwe hardloper se tyd
                            setRecordDate                     Stelseldatum

                          o Vertoon die opgedateerde objek-inligting in die redQ3-
                            afvoerarea deur die toString-metode te gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Inligtingstegnologie/V1                       21                        DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

                         Indien die tyd van die nuwe hardloper meer is as die huidige tyd
                          van die objek, vertoon die huidige rekordtyd in die redQ3-
                          komponent in die volgende formaat:

                      The current record time remains: <Huidige rekordtyd>

                      Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die nuwe hardloper se tyd
                      meer as die huidige rekordtyd is:

                      Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die nuwe hardloper se tyd
                      minder as die huidige rekordtyd is:

                                                                                                   (9)

    Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
     die vormklas in.
    Stoor jou program.
    Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Inligtingstegnologie/V1                    22                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Question4_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

Die volgende skikkings (ꞌarraysꞌ) is in die program voorsien:

      ꞌn Skikking, arrMarathons, wat die name van tien marathons wat in die verlede
       deur ꞌn deelnemer voltooi is, bevat. Let daarop dat ꞌn deelnemer dalk meer as een
       keer aan ꞌn marathon deelgeneem het.

              arrMarathons: array [1 .. 10] of String = ('Wally Hayward',
              'Sasol','Soweto','Jacaranda City','Sasol','Durban City','Soweto',
              'Soweto','Wally Hayward','Soweto');

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

Inligtingstegnologie/V1                     23                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

      ꞌn Tweedimensionele skikking, arrChar, wat alfabetiese karakters stoor. Die name
       van nege verskillende marathons is tussen die ander karakters in die rye van
       hierdie skikking versteek.

          arrChar: array [1 .. 14, 1 .. 14] of char = (
          ('u', 'x', 'v', 'm', 's', 'a', 's', 'o', 'l', 'f', 'k', 'j', 't', 'r'),
          ('u', 'm', 'g', 'e', 'n', 'i', 'w', 'a', 't', 'e', 'r', 'd', 's', 'e'),
          ('g', 'v', 'o', 'e', 't', 'v', 'a', 'n', 'a', 'f', 'r', 'i', 'k', 'a'),
          ('e', 'p', 'o', 'y', 'i', 'l', 'c', 'k', 'h', 'j', 's', 'd', 'f', 'd'),
          ('n', 'k', 'n', 'y', 's', 'n', 'a', 'f', 'o', 'r', 'e', 's', 't', 'u'),
          ('i', 's', 'y', 'd', 'b', 'c', 'r', 'g', 'h', 'k', 'c', 's', 'a', 'r'),
          ('w', 'a', 'l', 'l', 'y', 'h', 'a', 'y', 'w', 'a', 'r', 'd', 's', 'b'),
          ('a', 's', 'q', 'r', 't', 'n', 'n', 'j', 'h', 'e', 'r', 't', 'h', 'a'),
          ('t', 'o', 'e', 'r', 'y', 'b', 'd', 'r', 'h', 'k', 'l', 'g', 'd', 'n'),
          ('e', 'j', 'a', 'c', 'a', 'r', 'a', 'n', 'd', 'a', 'c', 'i', 't', 'y'),
          ('r', 'y', 'j', 'f', 'g', 'f', 'c', 'f', 'g', 'u', 'h', 'v', 'c', 'i'),
          ('k', 'h', 'h', 'l', 'p', 'h', 'i', 'l', 'l', 'c', 'r', 'e', 's', 't'),
          ('a', 'd', 'e', 'v', 'd', 's', 'o', 'w', 'e', 't', 'o', 'm', 'k', 'y'),
          ('p', 'd', 'u', 'r', 'b', 'a', 'n', 'c', 'i', 't', 'y', 'z', 'c',
          'l'));

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2
hieronder beskryf word.

4.1          Knoppie [4.1 - Count marathons]

             Gebruik die gegewe skikking met die naam arrMarathons wat die name van
             tien marathons, waaraan ꞌn hardloper die afgelope vyf jaar deelgeneem het,
             bevat. Daar is ꞌn herhaling van marathonname in die skikking aangesien die
             hardloper meer as een keer aan sommige van die marathons deelgeneem het.

             Kode is voorsien vir die inlynstelling en om die opskrifte in die redQ4_1
             ꞌrich editꞌ-komponent te voltooi.

             Skryf kode om die volgende te doen:

             Vertoon die marathon se naam en die getal kere wat die hardloper aan elke
             marathon deelgeneem het in die redQ4_1-komponent, soos in die afvoer
             hieronder getoon.

             Voorbeeld van afvoer vir die inhoud in die skikking arrMarathons:

                                                                                                      (11)

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Inligtingstegnologie/V1                         24                        DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

4.2       ꞌn Raaiselwoordspeletjie is ontwikkel om bewustheid van die verskillende
          marathons te skep.

          Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (ꞌGUIꞌ)):

          LET WEL:         Kode is voorsien vir ꞌn metode met die naam display2D wat die
                           skikking arrChar in die ꞌrich editꞌ redQ4_2 vertoon.

          Kombinasieblokkie [cmbQ4_2]

          Die raaiselwoordspeletjie gebruik karakters wat in die gegewe
          tweedimensionele skikking met die naam arrChar gestoor word en wat 14 rye
          en 14 kolomme bevat. Nege marathonname is in die kombinasieblokkie
          cmbQ4_2 voorsien en hierdie name is ook tussen die karakters in die rye van
          die skikking arrChar weggesteek. Die versteekte marathonname is
          horisontaal van links na regs in die rye van die skikking arrChar geplaas.

          Skryf kode om die volgende te doen:

             Onttrek die geselekteerde marathonnaam uit die kombinasieblokkie
              cmbQ4_2.
             Vind die geselekteerde marathonnaam wat in die skikking arrChar
              versteek is.
             Gebruik die memQ4_2 om die ry- en kolomwaardes van die
              geselekteerde woord in die volgende formaat te vertoon:

              Row <Ry-indeks> @ column <Begin-kolomindeks> to <Einde-kolomindeks>

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Inligtingstegnologie/V1                         25                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

             Verander die karakters van die geselekteerde marathonnaam in die
              skikking arrChar na hoofletters.
             Roep die display2D-metode om die arrChar-skikking te vertoon om die
              geselekteerde woord in hoofletters te toon.

         Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die marathonnaam ꞌknysnaforestꞌ in
         die kombinasieblokkie cmbQ4_2 geselekteer is:

                                                                                              (19)

         LET WEL:         ꞌn Reset-knoppie is voorsien om die karakters in           die
                          tweedimensionele skikking na kleinletters terug te stel.

   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer in.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING D:         30
                                                                    GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Inligtingstegnologie/V1                           1                          DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

                                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblLocations

Hierdie tabel bevat die besonderhede van elke plek.

 Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
 LocationID (PK)           Number          ꞌn Unieke ID wat ꞌn plek identifiseer
 City                      Text (20)       Die naam van die stad waar die plek is
 Province                  Text (15)       Die naam van die provinsie waar die stad geleë is
 Altitude                  Number          Die hoogte bo seespieël van die plek
 Population                Number          Die bevolking van die stad

Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblLocations-tabel:

Tabel: tblMarathons

Hierdie tabel bevat inligting oor beskikbare marathons in elke plek.

 Veldnaam                  Datatipe        Beskrywing
 MarathonID (PK)           Number          ꞌn Unieke ID wat die marathon identifiseer
 MarathonName              Text (30)       Die naam van die marathon
 MarathonDate              Date/Time       Die datum waarop die marathon plaasvind
 Distance                  Number          Die afstand van elke marathon
 PrizeMoney                Currency        Die prysgeld wat aan die wenner van die marathon
                                           toegeken word
 Organiser                 Text (25)       Die naam van die organiseerder van die marathon
 LocationID (FK)           Number          Die ID van die plek waar die marathon plaasvind

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 27

Inligtingstegnologie/V1                   2                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblMarathons-tabel:

LET WEL:
     Konneksiekode is voorsien.
     Die databasis word met ꞌn wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
      databasis kan verkry nie.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit (ꞌreferential integrityꞌ)
bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

    Kopiereg voorbehou

### Page 28

Inligtingstegnologie/V1                          DBE/November 2024
                                NSS Vertroulik

                          BEPLANNINGSBLADSY 1

Kopiereg voorbehou

### Page 29

Inligtingstegnologie/V1                         DBE/November 2024
                               NSS Vertroulik

                          BEPLANNINGSBLADSY 2

Kopiereg voorbehou

### Page 30

Inligtingstegnologie/V1                                                       DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

                                            Eksamenplakker

                                                                                          _______
                                                                                           150

                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2024
      INLIGTINGSBLAD (moet NÁ die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SENTRUMNOMMER _____________________________________________________

EKSAMENNOMMER _____________________________________________________

WERKSTASIENOMMER __________________________________________________

Weergawe van Delphi wat tydens die INLIGTINGSTEGNOLOGIE NSS NOV 2024-eksamen gebruik is:

Maak ꞌn kruisie in                                                                             Ander:
                          Delphi   Delphi     Delphi      Delphi     Delphi      Delphi
die toepaslike                                                                              (Spesifiseer)
                           10       XE         10.3     Community     11          12
blokkie (X)                                                                                  ________

NAAM VAN LÊERGIDS (ꞌFOLDERꞌ) __________________________________________

Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak ꞌn regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
                                                                                           Nasiener
  Vraag-         Lêernaam           Gestoor         Gepoog     Maksimum        Punt
                                                                                          Voorletters/
 nommer                               ()             ()        Punt         Verdien
                                                                                            Kode
               Question1_P.
     1         dproj                                                40

               Question2_P.
     2         dproj                                                40

               MRecord_U.                                           19
               pas
     3
               Question3_P.                                         21
               dproj
               Question4_P.
     4         dproj                                                30

                             TOTAAL                                 150

Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 __________________________________________________________________________
 __________________________________________________________________________

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Information Technology · Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d) — Information Technology · QP · 2021 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
