# Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-afr/323a335f-202c-41a1-b37f-646e7f2a04fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-afr/323a335f-202c-41a1-b37f-646e7f2a04fe)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        2                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

           AFDELING A:        Kortvrae                               (15)
           AFDELING B:        Stelseltegnologieë                     (25)
           AFDELING C:        Kommunikasie- en Netwerktegnologieë    (20)
           AFDELING D:        Data- en Inligtingsbestuur             (25)
           AFDELING E:        Oplossingsontwikkeling                 (27)
           AFDELING F:        Geïntegreerde Scenario                 (38)

2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die hoeveelheid
           feite/redes wat vereis word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            3                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
           'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

           VOORBEELD:

            1.1.11        A             B           C            D

           1.1.1      Watter EEN van die volgende stem NIE ooreen met goeie netwerk-
                      etiket NIE?

                      A       Stuur kort aanhangsels in e-posse.
                      B       Voeg altyd 'n onderwerp in die onderwerpreël van 'n e-pos by.
                      C       Kontroleer altyd die spelling van 'n e-pos voor dit gestuur word.
                      D       Reageer slegs op e-pos-boodskappe met 'n hoë prioriteit.                 (1)

           1.1.2      Watter EEN van die volgende is 'n tegniek wat as sosiale
                      ingenieurswese geklassifiseer word?

                      A       Analisering van 'n wagwoord deur 'n 'round-robin'-
                              aanvalsinstrument te gebruik
                      B       Verkryging van 'n gebruikersnaam deur 'n persoon te bel en
                              voor te gee om 'n stelseladministrateur te wees
                      C       Kry toegang tot 'n stelsel deur swakhede van sagteware, soos
                              buffer-oorloop ('buffer overflow'), te gebruik
                      D       Gebruik van 'n agterdeur om toegang tot 'n stelsel te kry om
                              data te herwin                                                           (1)

           1.1.3      Watter EEN van die volgende het die grootste stoorkapasiteit?

                      A       200 KG ('KB')-lêergids
                      B       32 GG ('GB')-geheuestokkie
                      C       2 TG ('TB')-hardeskyf
                      D       740 MG ('MB')-DVD                                                        (1)

           1.1.4      Watter EEN van die volgende verteenwoordig toegangspoed in
                      dalende volgorde?

                      A       Kasgeheue, ETG ('RAM'), hardeskyf, magnetiese band
                      B       ETG ('RAM'), kasgeheue, magnetiese band, hardeskyf
                      C       Magnetiese band, hardeskyf, ETG ('RAM'), kasgeheue
                      D       ETG ('RAM'), kasgeheue, hardeskryf, magnetiese band                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           1.1.5      'n Sagtewaremaatskappy vereis '1 GG ('GB') ETG as minimum en
                      2 GG ('GB') ETG as aanbeveling' vir hulle nuwe bedryfstelsel. Watter
                      EEN van die volgende sal waarskynlik die uitkoms wees van 'n
                      poging om die bedryfstelsel op 'n rekenaar met 1 GG ('GB') ETG te
                      installeer?

                      A    Lêers sal nie gestoor kan word nie.
                      B    Randtoestelle sal nie werk nie.
                      C    Die rekenaar sal nie volgens sy optimale werkverrigting
                           funksioneer nie.
                      D    Die bedryfstelsel sal nie kan installeer nie.                         (1)

           1.1.6      Die akroniem vir die verbinding op die moederbord tussen die SVE
                      ('CPU') en die ETG ('RAM') is …

                      A    USB.
                      B    FSB.
                      C    ZIF.
                      D    NIC.                                                                  (1)

           1.1.7      Watter EEN van die volgende ikone ('icons') verteenwoordig 'n
                      netwerkaandrywer?

                      A

                      B

                      C

                      D

                                                                                                 (1)

           1.1.8      Die korrekte omskakeling van D416 na 'n desimale getal is …

                      A    212.
                      B    228.
                      C    77.
                      D    3 392.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           1.1.9      Watter EEN van die volgende logika-stellings kan gebruik word om
                      'n soektog te doen vir blou motors, wat deur 'n persoon met die van
                      Thomas of Moore besit word?

                      A    (MotorKleur = blou OR Van = Thomas) OR Van = Moore
                      B    MotorKleur = blou OR (Van = Thomas OR Van = Moore)
                      C    MotorKleur = blou AND (Van = Thomas AND Van = Moore)
                      D    MotorKleur = blou AND (Van = Thomas OR Van = Moore)                   (1)

           1.1.10     Watter EEN van die volgende stellings sal die bonus van 'n
                      personeellid korrek bereken indien al die personeellede 'n R100-
                      bonus en 'n verdere 2% van hulle salaris vir elke jaar diens kry?

                      A    Bonus = Salaris * 0.02 + JareDiens + 100
                      B    Bonus = (100 + JareDiens) * Salaris * 0.02
                      C    Bonus = JareDiens * Salaris + 100 * 0.02
                      D    Bonus = 100 + JareDiens * Salaris * 0.02                              (1)

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
           die  woord/term  langs   die  vraagnommer    (1.2.1–1.2.5)  in   die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           1.2.1      Kopiereglisensie wat jou toelaat om dele van gepubliseerde werk vir
                      doeleindes sonder winsmotief te gebruik, te kopieer en te versprei         (1)

           1.2.2      'n Internasionale gemeenskap wat oop standaarde ontwikkel om die
                      langtermyngroei van die Web te verseker                                    (1)

           1.2.3      Maatskappye wat werkers betaal om herhaaldelik op elemente van
                      'n webtuiste te klik om die status van 'n produk of webbladsy
                      kunsmatig te verhoog                                                       (1)

           1.2.4      Vermeerdering van die spoed van die stelselbus/-klok om daardeur
                      die spoed van al die komponente van 'n rekenaarstelsel te
                      vermeerder om werkverrigting te verbeter                                   (1)

           1.2.5      Die uitvoer van fisiese take deur rekenaarbeheerde masjiene eerder
                      as deur mense                                                              (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

SCENARIO

Die IT-klas gaan 'n rekenaarspeletjie-aand as deel van 'n fondsinsamelingsveldtog vir
die skool aanbied. Die spelers sal hulle eie rekenaars en ander toestelle vir die aand
moet saambring. Die rekenaars en ander toestelle wat die aand gebruik sal word, moet
aan sekere basiese vereistes vir hardeware en sagteware voldoen om doeltreffend vir
die geselekteerde speletjies gebruik te word.

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1        Een van die spelers het navraag gedoen om uit te vind of sy rekenaar
           voldoende kapasiteit het, of nie, om vir 'n sekere spelletjie gebruik te word.

           In die taakbestuurder ('task manager') van die rekenaarstelsel word die
           werkverrigting van die SVE ('CPU') deur die beeld hieronder voorgestel.
           Beantwoord die vrae wat volg, wat op die inligting in die beeld gebaseer is.

           2.1.1      Verduidelik kortliks waarna 'Threads' verwys ten opsigte van
                      verwerking wanneer 'n program uitgevoer word.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           7                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

           2.1.2      Toe die beeld vasgelê is, het die bedryfstelsel 71 aktiewe prosesse
                      bestuur.

                      Verduidelik wat prosesbestuur, soos wat dit deur die bedryfstelsel
                      uitgevoer word, behels.                                                     (2)

           2.1.3      Die spoed van die verwerker met twee kerne ('cores') is 1.58 GHz.

                      Beteken die teenwoordigheid van twee kerne dat take teen dubbel
                      die spoed van die verwerker, dit is 3.16 GHz, verwerk sal word?
                      Verduidelik jou antwoord.                                                   (2)

           2.1.4      Die beeld dui die groottes van L1- en L2-kasgeheue aan.

                      (a)   Wat is kasgeheue?                                                     (2)

                      (b)   Wat is die doel van kasberging ('caching')?                           (2)

2.2        Een van die spelers het jou opinie gevra oor die opgradering van die
           hardeskyf van sy rekenaar. Hy wil hê jy moet die beeld (in Engels) hieronder,
           wat deel van 'n advertensie was, verduidelik.

           2.2.1      Waarvoor staan die afkorting SSD?                                           (1)

           2.2.2      Verduidelik hoekom die volgende eienskappe van 'n SSD sal wees:

                      (a)   Geluidlose werking                                                    (1)

                      (b)   Vinniger werkverrigting                                               (1)

           2.2.3      Al die stelselsagteware, programme, data en meer as een TG ('TB')
                      met musiek en video's is op die speler se huidige hardeskyf gestoor.
                      Hy beplan om die huidige hardeskyf te hou en om 'n SSD by te
                      voeg.

                      Stel, met redes, die beste manier voor om die rekenaar te
                      konfigureer om die hardeskywe optimaal te gebruik.                          (4)

2.3        Spelers is aangeraai om die antivirussagteware op hulle rekenaars by
           te werk.

           Hoekom is dit nodig om altyd die antivirussagteware by te werk?                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

2.4        Die moederborde van rekenaars wat normaalweg deur spelers gebruik word,
           het hoëverrigting-videokaarte wat in die uitbreidingsgleuwe inpas.

           2.4.1      Noem die uitbreidingsgleuf wat vir 'n videokaart verskaf word.                (1)

           2.4.2      Verduidelik hoekom die meeste moderne skootrekenaars 'n
                      ingeboude (of geïntegreerde) videoverwerker ('video adaptor') sowel
                      as 'n videokaart het.                                                         (2)

2.5        Die werkverrigting van 'n rekenaar wat vir speletjies gebruik word, is
           belangrik. Wanneer die werkverrigtingvenster oopgemaak word, word die
           volgende vertoon:

           2.5.1          Wanneer sal die bedryfstelsel virtuele geheue gebruik?                    (1)

           2.5.2          Beteken die beskikbaarheid van virtuele geheue dat die byvoeg
                          van meer ETG ('RAM') by die rekenaarstelsel om die werkverrigting
                          te verbeter, nie meer nodig is nie? Motiveer jou antwoord.                (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Spelers wat vir die aanlyn speletjiesgeleentheid geregistreer het, kan enige toestel
gebruik en kan wêreldwyd van enige plek af speel. Hieronder is 'n voorstelling van die
verskillende maniere waarop kommunikasie kan plaasvind terwyl die speletjies gespeel
word.

3.1        Spelers by die skool sal hulle tafelrekenaars en skootrekenaars in 'n LAN
           koppel wat in die skoolsaal opgestel sal word.

           3.1.1      Gee TWEE redes waarom UTP-kabels die geskikste tipe kabel sal
                      wees om die rekenaars in die skoolsaal te koppel.                             (2)

           3.1.2      Verduidelik hoekom die skool se LAN beide 'n roeteerder ('router')
                      en 'n skakelaar ('switch') nodig sal hê deur na die funksie van elke
                      toestel te verwys.                                                            (3)

           3.1.3      Verduidelik die doel van TCP/IP in 'n LAN-opstelling.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

3.2        Verskillende tipes kommunikasie sal plaasvind, deur verskillende tipes media
           tydens die speletjiesgeleentheid te gebruik.

           3.2.1      Watter tipe netwerk sal 'n 3G-modem gebruik?                                  (1)

           3.2.2      Een van die tipes media wat vir kabellose kommunikasie in netwerke
                      gebruik word, is radiogolwe.

                      Noem TWEE ander tipes kabellose media wat in netwerke gebruik
                      word.                                                                         (2)

3.3        Daar sal van spelers verwag word om op een of ander
           stadium tydens die speletjiesgeleentheid ten minste
           een Pokémon op te spoor. 'n Mobiele toestel met
           GPS-tegnologie is nodig om aan die Pokémon GO-
           plekgebaseerde       versterkte ('augmented') realiteit-
           speletjie deel te neem.

           3.3.1      Waarvoor staan die afkorting GPS?                                             (1)

           3.3.2      Verduidelik kortliks hoe 'n GPS jou fisiese posisie kan bepaal.               (2)

3.4        Aanlyn mediawinkels, soos iTunes en Amazon, wat mediabronne as fasiliteit
           voorsien, sal tydens die geleentheid gebruik word om musiek in die skoolsaal
           te speel.

           3.4.1      Verduidelik wat 'n mediabron in hierdie konteks is.                           (2)

           3.4.2      Hoekom is dit aanvaarbaar om hierdie tipe bronne vir musieklêers te
                      gebruik, maar nie vir videolêers nie?                                         (2)

3.5        Die IT-leerders het opdrag gekry om RIT/'RIA' as 'n moontlike
           terugvoermeganisme te ondersoek om die sukses van die geleentheid te
           evalueer.

           3.5.1      Beskryf kortliks wat 'n RIT/'RIA' is.                                         (2)

           3.5.2      Gee EEN voorbeeld van 'n welbekende RIT/'RIA'.                                (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          11                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

'n Databasis sal gebruik word om die deelnemers se besonderhede te stoor en om
rekord te hou van die speletjies wat gespeel is.

Die volgende tabelle is vir die databasis ontwerp:

                 tblSpelers                                     tblSpeletjies
  Sleutel     VeldNaam           Datatipe         Sleutel    VeldNaam             Datatipe
              SpelerID           Text                        SpeletjieID          Text
              SNaam              Text                        SpeletjieTitel       Text
              SVan               Text                        SpeletjieSkrywer     Text

                                   tblSpeletjiesGespeel
 Sleutel     VeldNaam             Datatipe     Beskrywing
                                               'n Unieke nommer wat by 1 begin, wat
             SpeletjieNommer      Number       opeenvolgend toegeken word aan elke
                                               speletjie wat gespeel word
             SpeletjieID          Text         Die ID van die speletjie wat gespeel is
                                               Die ID van die speler wat die speletjie
             SpelerID             Text
                                               gespeel het
             TydGespeel           Date/Time Die begintyd van die speletjie
                                               Die telling wat die speler vir die speletjie
             Telling              Number
                                               behaal het
Voorbeeld van data in die tblSpelers-tabel:

                           SpelerID         SNaam      SVan
                           X782             Yeng       Xu
                           D901             Marilyn    Fredriks
                           F566             Loyiso     Nkosi
                           G639             Lenny      Govender

Voorbeeld van data in die tblSpeletjies-tabel:

                  SpeletjieID   SpeletjieTitel         SpeletjieSkrywer
                  G101          Arche Adventure        Lee Andrew
                  G102          3D Electro Sim         Kernal Yen
                  G103          Car frenzy             Ney Abramo
                  G104          Shadow Impact          Jian Shume

Voorbeeld van data in die tblSpeletjiesGespeel-tabel:

      SpeletjieNommer         SpeletjieID      SpelerID     TydGespeel          Telling
              1                 G102            D901           09:45             156
              2                 G104            X782           10:06             567
              3                 G102            F566           12:57             233
              4                 G103            X782           13:23             134

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

4.1        4.1.1      Wat is die term wat vir die SpeletjieID-veld                  in   die
                      tblSpeletjiesGespeel-tabel gegee word?                                       (1)

           4.1.2      Hoeveel speletjies sal elke speler per dag kan speel, volgens die
                      samestelling van die databasis? Kies die antwoord uit die opsies
                      (A–C) wat hieronder verskaf word.

                      A     Een speletjie per dag
                      B     Twee speletjies per dag
                      C     Enige aantal speletjies per dag                                        (1)

           4.1.3      Die volgende boodskap word vertoon wanneer daar probeer
                      word om die speler met SpelerID F566 uit die tblSpelers-tabel
                      te verwyder:

                      (a)    Verduidelik waarom hierdie boodskap vertoon word.                     (2)

                      (b)    Noem 'n moontlike oplossing om 'n rekord suksesvol uit die
                             tblSpelers-tabel te verwyder.                                         (2)

4.2        Skryf SQL-stellings vir ELK van die volgende navrae deur die tabelle wat
           verskaf is, te gebruik:

          4.2.1       Vertoon al die besonderhede van die speletjies wat van 12:00 tot
                      15:00 gespeel is.                                                            (4)

          4.2.2       Die tellings vir speletjies met die SpeletjieID G103 is verkeerd
                      verwerk. Al die tellings vir rekords met hierdie SpeletjieID moet met
                      15% verhoog word.                                                            (4)

4.3        Die volgende SQL-stellings is aan die administrateur gegee om te
           interpreteer:

           4.3.1      Verduidelik wat die afvoer van die volgende SQL-stelling sal wees:

                      SELECT SpeletjieID, MAX(Telling) as Maksimum
                      FROM tblSpeletjiesGespeel
                      Group by SpeletjieID
                      Order by Max(Telling) DESC                                                   (3)

           4.3.2          Skryf die afvoer van die SQL-stelling wat hieronder gegee word,
                          neer deur die tblSpelers-tabel en die eerste rekord in die
                          tblSpeletjiesGespeel-tabel te gebruik.

                          SELECT SpeletjieNommer, Left(SNaam,1) & Left(SVan,1) &
                          Right(SVan,1) & "-' & Telling AS Verwysing
                          FROM tblSpelers, tblSpeletjiesGespeel
                          WHERE tblSpelers.SpelerID = tblSpeletjiesGespeel.SpelerID                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                      13                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

4.4       Daar is voorgestel dat 'n ID-nommer-veld en 'n geboortedatum-veld by die
          tblSpelers-tabel ingesluit moet word.

          Verduidelik hoekom die byvoeg van die voorgestelde velde by die
          tblSpelers-tabel tot data-oortolligheid ('data redundancy') sal lei.                   (2)

4.5        Die skool moet maatreëls tref om seker te maak dat inligting van spelers en
           speletjies wat in die databasis gestoor is, nie in gevaar gestel sal word nie.

           Noem TWEE maniere om 'n SQL-invoegingsaanval ('SQL injection attack') op
           die databasis deur kuberkrakers te voorkom.                                           (2)

                                                                TOTAAL AFDELING D:               25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Die IT-leerders sal toepassingsprogramme skryf om met die organisering van die
speletjiesgeleentheid en verwerking van inligting te help.

5.1        Die volgende datastrukture kan in die toepassingsprogramme gebruik word:

           •   Eendimensionele skikking
           •   Tweedimensionele skikking
           •   Veranderlike
           •   Tekslêer

           Watter EEN van die datastrukture hierbo sal in ELK van die volgende gevalle
           die geskikste wees om te gebruik?

           LET WEL: Elke datastruktuur uit die lys hierbo kan slegs een keer as
                    antwoord gebruik word.

          5.1.1       'n Groot hoeveelheid data oor die deelnemers moet gestoor word
                      om op 'n later stadium gebruik te word.                                      (1)

          5.1.2       'n Alfabeties gesorteerde lys met die name van die organiseerders
                      word vereis.                                                                 (1)

          5.1.3       Die deelnemers se tellings moet in rye en kolomme gestoor word.              (1)

          5.1.4       Vind die naam van die speler wat die hoogste telling behaal het.             (1)

5.2       Twee objekklasse moet ontwerp word: een vir die spelers en een vir die
          speletjies.

          5.2.1       Objekgeoriënteerde programmering gebruik enkapsulering.

                      Gee die definisie van enkapsulering.                                         (2)

           5.2.2      Noem TWEE voordele van die gebruik van objekgeoriënteerde
                      programmering wanneer veelvuldige ontwikkelaars by die kodering
                      van 'n toepassing betrokke is.                                               (2)

          5.2.3       Dui aan of die volgende stellings oor objekgeoriënteerde
                      programmering WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar'
                      langs die vraagnommer (5.2.3(a) en 5.2.3(b)) neer.

                      (a)   Meer as een objek van 'n klas kan geïnstansieer word.                  (1)

                      (b)   Die getal parameters wat deur 'n konstruktor ontvang word,
                            moet altyd dieselfde as die getal privaat attribute wees.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          15                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

5.3        In een van die speletjies wat gespeel word, moet die gebruiker die getal rye
           van 'n figuur insleutel. Die figuur word saamgestel deur 'n sekwensiële lys
           getalle wat by die waarde van 1 begin en moet die getal rye wat ingesleutel is,
           bevat. Elke ry in die figuur sal 2 x (rynommer) – 1 aantal getalle hê.

           Voorbeeld van afvoer as die waarde van 5 ingesleutel is.

           Skryf 'n oplossing vir die probleem in die vorm van pseudokode.

           LET WEL:

           • Die aantal getalle per ry kan bereken word deur die formule
             2 x (rynommer) – 1 te gebruik.
           • Daar is een getal in ry 1, drie getalle in ry 2, vyf getalle in ry 3 en so aan.             (10)

5.4        'n Ander deel van die speletjie vereis dat 'n willekeurige getal in die reeks van
           4 tot 50 gegenereer moet word. Bepaal of die getal wat willekeurig
           gegenereer is, 'n volkome getal is, of nie.

           LET WEL: 'n Volkome getal is wanneer die getal gelyk is aan die som van sy
                    faktore, uitgesluit die getal self.

           Voorbeeld: Die getal 6 is willekeurig gegenereer.
                      Die som van die faktore van 6, uitsluitend 6, is: 1 + 2 + 3 = 6
                      Die getal 6 is dus 'n volkome getal.

           Die volgende pseudokode is gegee om die probleem op te los:

           Reël      Instruksie
           1.        Genereer 'n willekeurige getal (getal) in die reeks 4 tot 50
           2.        som  0
           3.        Lus-indeks van 1 tot getal – 1
           4.           As getalmodulus-indeks = 0
           5.               som  som + indeks
           6.           As getal = som
           7.                Vertoon boodskap 'Volkome getal'
                        Anders
           8.                Vertoon boodskap 'Nie 'n volkome getal nie'

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        16                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           5.4.1      Gebruik die volgende opskrifte en voltooi die naspeurtabel met die
                      getal 4 as die getal wat willekeurig gegenereer is. Toon ELKE stap
                      van jou naspeuring ('trace').

                          getal som   Lus-   getal-         getal = som? Vertoon
                                      indeks modulus-
                                             indeks = 0?
                          4                                                                     (5)

           5.4.2      Een van die spelers het 'n alternatiewe oplossing voorgestel.
                      Die voorstel is dat reël 3 van die oplossing soos volg moet lees:

                      3. Lus-indeks van 1 tot getal

                      Om dieselfde resultate as in VRAAG 5.4.1 te vertoon, moet een
                      ander reël in die pseudokode ook verander word.

                      Dui die reëlnommer en die geredigeerde inhoud van hierdie reël aan
                      om dieselfde afvoer as die gegewe oplossing te gee.                       (2)

                                                                TOTAAL AFDELING E:              27

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         17                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die skool sal die gasheer van 'n webtuiste en deel van 'n sosiale netwerk wees sodat
spelers kan registreer en speletjies aanlyn speel.

6.1        Een van die spelers het 'n e-pos met die volgende e-posadres aan die
           organiseerders gestuur:
                              skoolspeletjies@windermere.co.za

           6.1.1      Noem die domeinnaam ('domain name') van die e-pos.                             (1)

           6.1.2      Noem die ontvangers van die e-pos hieronder wat nie in die e-pos
                      aan die ander bekend gemaak sal word nie.

                                                                                                     (1)

           6.1.3      Wat is die algemene naam van skadelike sagteware ('malware') wat
                      verwys na die vervalsing van die opskrif van 'n e-pos sodat dit lyk
                      asof die e-pos van 'n ander bron af kom?                                       (1)

6.2        Die gasheerskool het 'n webtuiste met BSL ('SSL') waar deelnemers kan
           registreer en die vereiste betalings kan doen.

           6.2.1      Verduidelik wat BSL ('SSL') is.                                                (2)

          6.2.2       'n Digitale sertifikaat sal vir die deurblaaier ('browser') toeganklik
                      wees om die webtuiste waarvandaan die skool die speletjie wil
                      aflaai, te verifieer.

                      Noem TWEE brokkies inligting wat op 'n digitale sertifikaat gevind
                      kan word.                                                                      (2)

6.3        Die speletjiesadministrateur wil sekere lêers op die bediener argiveer
           ('archive') om skyfspasie beskikbaar te maak.

          6.3.1       Verduidelik wat dit beteken om lêers te argiveer ('archive').                  (2)

          6.3.2       Sal meer skyfspasie gespaar word as geargiveerde lêers van 'n
                      fisiese bediener na 'n virtuele bediener geskuif word? Motiveer jou
                      antwoord.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         18                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

6.4        Tydens 'n vorige speletjiesgeleentheid het spelers gekla dat te veel
           bandwydte gebruik word terwyl speletjies gestroom word.

          6.4.1       Vir die huidige speletjiesgeleentheid is spelers in kennis gestel dat
                      hulle die instellings op hulle rekenaars kan konfigureer om die speel
                      van speletjies te optimaliseer.

                      Verduidelik wat gedoen kan word om bandwydte te spaar terwyl
                      daar gestroom word.                                                            (1)

          6.4.2       Die spelers wil die webtuistes waartoe toegang verkry kan word,
                      beperk om netwerkverkeer te verminder.

                      Verduidelik hoe 'n skansmuur ('firewall') vir hierdie doel gebruik kan
                      word.                                                                          (2)

          6.4.3       Hoekom is dit gewoonlik vinniger om BitTorrent-protokol te gebruik
                      om 'n lêer af te laai eerder as om die lêer direk van 'n bediener af te
                      laai?                                                                          (2)

          6.4.4       Iemand het genoem dat BitTorrent-protokol vermy moet word omdat
                      dit onwettig is om te gebruik.

                      Is hierdie stelling waar? Motiveer jou antwoord.                               (2)

6.5        Die IT-leerders sal die spelers bewus maak van die NVK (naby-veld-
           kommunikasie)-eienskap ('NFC: near field communication') wat op hulle
           tablette en ander handtoestelle beskikbaar is.

           6.5.1      Verduidelik wat naby-veld-kommunikasie (NVK/'NFC') beteken.                    (2)

          6.5.2       NVK het sy oorsprong in 'n kommunikasiestandaard wat radiogolwe
                      gebruik. Wat word hierdie kommunikasiestandaard genoem?                        (1)

6.6        Aparte weergawes van sommige van die toepassingsagteware vir speletjies is
           ontwikkel om voorsiening te maak vir verskillende bedryfstelsels, soos
           Android en IOS.

          6.6.1       Motiveer hoekom dieselfde toepassing verskillend vir verskillende
                      bedryfstelsels geprogrammeer moet word.                                        (2)

          6.6.2       'n Belangrike eienskap van 'n bedryfstelsel is om terugwaarts
                      aanpasbaar te wees.

                      Gebruik 'n voorbeeld om           die    konsep    van     terugwaartse
                      aanpasbaarheid te verduidelik.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           19                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

6.7        Gedurende 'n onderhoud met die skrywer van een van die speletjies was die
           reaksie op 'n vraag oor die eienskappe van 'n suksesvolle aanlyn speletjie
           soos volg:
             'Aanpasbaarheid ('scalability'), vinnige reaksietyd, veiligheid ('security') en
                                     lae koste om op te stel'
          6.7.1       Hoekom is aanpasbaarheid ('scalability') belangrik wanneer aanlyn
                      speletjies ontwerp word?                                                       (2)
          6.7.2       Hoekom sal veiligheid 'n uitdaging in 'n eweknienetwerk wees?                  (1)
6.8        'Die "toep-ifikasie ('app-ification')" van die Web' het daartoe gelei dat baie
           bekende webtuistes toeps ontwikkel het wat mense kan gebruik om toegang
           tot inligting op hulle webtuistes te verkry.
           6.8.1      Verduidelik kortliks wat 'n toep ('app') is.                                   (1)
           6.8.2      Gee TWEE redes waarom spelers wat vir die speletjiesgeleentheid
                      wil registreer, mag verkies om 'n toep in plaas van die webtuiste te
                      gebruik.                                                                       (2)
6.9        Een van die spelers sal die kopstuk in die illustrasie hieronder gebruik.

                                         [Bron: http://www.bestbuy.com/site/
                                  video-games-accessories/gaming-headset]

          6.9.1       Baie van hierdie tipes toestelle bevat vasteware ('firmware').

                      Verduidelik wat vasteware ('firmware') is.                                     (2)
          6.9.2       (a)   Die kopstuk ondersteun inproptoestelle ('plug-ins'). Verduidelik
                            wat 'n inproptoestel ('plug-in') is.                                     (1)
                      (b)   Hoe bevoordeel die feit dat die kopstuk inproptoestelle ('plug-
                            ins') ondersteun, die speler?                                            (1)
          6.9.3       Hierdie tipes toestelle bevat gewoonlik sensors.
                      Noem TWEE moontlike tipes sensors wat in speletjietoestelle
                      voorkom.                                                                       (2)
          6.9.4       Wat word die veld genoem waar rekenaarstelsels menslike
                      besluitneming simuleer (naboots) en reageer op grond van toevoer
                      wat vanaf sensors verkry word?                                                 (1)
                                                                         TOTAAL AFDELING F:          38
                                                                             GROOTTOTAAL:            150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-eng/54ec87cc-baac-4df0-a4a8-cf0983188337) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P2 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-memo-eng/9e275f4f-1ac8-4ce5-add3-20989cfd5a32) — Information Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-eng/06f9af8f-82f4-458a-95df-8bb4d8cdfc20) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-memo-eng/6126eb5b-d1e7-4801-8dde-a68950295377) — Information Technology · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
