# Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2018-afr/281a5244-83db-451a-abcc-a2ee690cf425
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2018-afr/281a5244-83db-451a-abcc-a2ee690cf425)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:        Kortvrae                                           (15)
          AFDELING B:        Stelseltegnologieë                                 (24)
          AFDELING C:        Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie        (24)
          AFDELING D:        Data- en Inligtingsbestuur                         (25)
          AFDELING E:        Oplossingsontwikkeling                             (23)
          AFDELING F:        Geïntegreerde Scenario                             (39)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
          feite/redes wat vereis word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

          1.1.1       Worteltoegang ('Rooting') en perkbreking (ʹjail breakingʹ) het die
                      volgende uitwerking op toestelle:

                      A    Voorkom dat kwaadwillige programme geïnstalleer word
                      B    Vries die sagteware wat op die toestel geïnstalleer is
                      C    Maak die vervaardiger se waarborg ongeldig
                      D    Veroorsaak dat 'n virus op die toestel geïnstalleer word               (1)

          1.1.2       Wat sal die uitwerking op die netwerk in die diagram hieronder wees
                      indien een van die rekenaars foutief sou werk?

                      A    Die hele netwerk sal foutief werk.
                      B    Die netwerk sal normaal funksioneer, sal die foutiewe node
                           uitsluit.
                      C    Al die nodusse sal vervang moet word.
                      D    Die bediener sal vervang moet word.                                    (1)

          1.1.3       Watter EEN van die volgende sal aandui dat die moederbordbattery
                      onklaar geraak het?

                      A    Bedryfstelselwagwoorde raak weg.
                      B    Lêers op die hardeskyf is weg of gekorrupteer.
                      C    Virtuele geheue op die hardeskyf is nie meer toeganklik nie.
                      D    Hardeware-instellings, die huidige datum en tyd ingesluit, keer
                           tot verstekwaardes terug.                                              (1)

          1.1.4       Watter EEN van die volgende stellings sal NIE die resultaat van 10
                      gee nie?

                      A    64 div 6
                      B    Floor (64/6)
                      C    Trunc (64/6)
                      D    64 mod 6                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

          1.1.5       Watter stel aanvanklike waardes wat aan veranderlikes L en N
                      toegeken is, sal daartoe lei dat die while-lus nooit uitgevoer word
                      nie?

                      L  ..
                      N  ..
                      While (L < 2) OR (N < 5) do
                        …
                      eindig lus

                      A    L = 1 en N = 5
                      B    L = 2 en N = 4
                      C    L = 2 en N = 5
                      D    L = -2 en N = -5                                                        (1)

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       Programme wat deel is van stelselsagteware en instandhoudings-
                      en administratiewe take verrig                                               (1)

          1.2.2       Die algemeenste protokol wat vir die aflaai van e-pos via die Internet
                      gebruik word                                                                 (1)

          1.2.3       'n Tegnologiestrategie wat gebruik word om 'n hooggeplaaste
                      plasing ('high-ranking placement') op die soekresultatebladsy van 'n
                      soekenjin, soos Google, te verkry                                            (1)

          1.2.4       'n Eweknieprotokol wat gebruik word om groot lêers oor 'n netwerk,
                      soos die Internet, oor te dra en te deel                                     (1)

          1.2.5       'n Vaste fisiese adres wat minimale kantooropstelling bevat en wat
                      as gedeelde spasie gebruik word deur mense wat vanaf 'n mobiele
                      kantoor werk                                                                 (1)

          1.2.6       Gespesialiseerde sagteware en hardeware wat ontwerp is om by
                      'n kasregisterpunt te gebruik                                                (1)

          1.2.7       Die kombinasie van meer as een veld om 'n rekord in 'n
                      databasistabel uniek te identifiseer                                         (1)

          1.2.8       'n Permanente digitale verbinding aan die Internet deur 'n
                      telefoonlyn te gebruik                                                       (1)

          1.2.9       Die saampers van data deur enkele onbenullige dele van die data
                      op te offer                                                                  (1)

          1.2.10      'n Sentrale register wat op hoogte bly van al die URL'e op die
                      Internet                                                                     (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              15
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

In die eerste rondte van die Rekenaar-olimpiade word daar van die deelnemers
verwag om 'n sekere mate van kennis oor stelseltegnologie te hê.

2.1       Een van die funksies van die moederbord is om koppelings te verskaf wat
          komponente in staat stel om aan die rekenaar gekoppel te word.

          Noem TWEE ander funksies van 'n moederbord.                                             (2)

2.2       Noem EEN toestel wat aan 'n uitbreidingsgleuf ('expansion slot') op die
          moederbord gekoppel word.                                                               (1)

2.3       EEPROM is 'n spesiale tipe PROM wat elektronies uitgewis kan word.

          2.3.1       Wat word die sagteware genoem wat op 'n EEPROM gestoor word?                (1)

          2.3.2       Wat word die proses genoem wat die oorskryf van bestaande data
                      wat in EEPROM voorkom, behels?                                              (1)

2.4       Baie skootrekenaars het 'n geïntegreerde videoverbindingstuk ('video
          adaptor') en 'n videokaart.

          2.4.1       Waarna verwys die term geïntegreerde in hierdie konteks?                    (1)

          2.4.2       Verduidelik hoekom 'n skootrekenaar beide 'n geïntegreerde
                      videoverbindingstuk en 'n videokaart kan hê deur na die verskillende
                      funksies en hulle gebruik van hulpbronne te verwys.                         (2)

2.5       'Kasberging' is 'n rekenaarterm waarna dikwels verwys word wanneer die
          werkverrigting van 'n rekenaar bespreek word.

          2.5.1       Verduidelik die doel van kasberging.                                        (2)

          2.5.2       Wanneer die Delphi-teksredigeerder toegemaak en weer
                      oopgemaak word, maak dit die tweede keer baie vinniger oop.

                      Gee 'n gedetailleerde verduideliking van hoekom die program die
                      tweede keer baie vinniger oopmaak.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

2.6       Bedryfstelsels gebruik verskillende verwerkingstegnieke om baie take
          terselfdertyd te hanteer.

          2.6.1       Identifiseer elk van     die   verwerkingstegnieke   wat   hieronder
                      geϊllustreer word.

                      (a)

                                                                                                  (1)
                      (b)

                                                                                                  (1)

          2.6.2       Verduidelik hoe 'n bedryfstelsel wat met 'n multikernverwerker werk,
                      die verwerkingstegnieke hierbo vir maksimum werkverrigting
                      inkorporeer.                                                                (2)

2.7       Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7.1–2.7.4) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.7.5 E.

                                KOLOM A                              KOLOM B
            2.7.1     Voorbeeld van 'n rekenaartaal wat     A    saamstellerkode
                      'n virtuele masjien gebruik om             ('assembler code')
                      programmeringskode te kompileer
                                                            B    Java
            2.7.2     Hoëvlaktaal wat 'n uitvoerbare lêer
                      sal skep wanneer 'n program           C    masjienkode
                      gekompileer word
                                                            D    Delphi
            2.7.3     Programmeringstaal wat gebruik
                      kan word om 'n klein, vinnige
                      program as ingebedde kode te skryf

            2.7.4     Program in binêre kode
                                                                                    (4 x 1)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        7                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

2.8       123D Catch is 'n voorbeeld van 'n verbruikerswolktoepassing ('cloud
          application').

          Defineer die term wolktoepassing.                                                   (2)

2.9       Dropbox is 'n voorbeeld van 'n aanlyn stoordiens wat sinchronisering van
          lêers moontlik maak.

          Wat is die voordeel van lêersinchroniseringsdienste?                                (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           24

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

VRAAG 3

Die hoofkantoor wat gebruik word om die Olimpiade-data na streekskantore oor die
hele land te versprei, sal kabel-LAN-toegang tot die Internet hê.

Die diagram hieronder toon die uitleg van die netwerk en 'n paar van die toestelle wat
gebruik sal word.

                                      Olimpiade-netwerk

                                                    Kabellose Kliënt

                                                             Hoofkantoor

                               Wolk

3.1       Sou jy die netwerk in die diagram hierbo as 'n LAN, WAN, MAN of PAN
          klassifiseer? Motiveer jou antwoord.                                                      (2)

3.2       Baie verskillende gebruikers wat by die Olimpiade betrokke is, moet toegang
          tot die netwerk kry. Dit het daartoe gelei dat die netwerk as 'n intranet en
          ekstranet opgestel is.

          3.2.1       Onderskei tussen intranet, ekstranet en die Internet.                         (3)

          3.2.2       Gee 'n voorbeeld van 'n moontlike gebruiker van die ekstranet in die
                      Olimpiade-scenario.                                                           (1)

3.3       'n Kliënt-bediener-netwerk ('client-server network') word in die hoofkantoor
          gebruik.

          3.3.1       Motiveer die keuse om 'n kliënt-bediener-netwerk eerder as
                      'n eweknienetwerk ('peer-to-peer network') te gebruik.                        (1)

          3.3.2       Die tafelrekenaars in die kantoor is vet kliënte.

                      Noem TWEE verskille tussen 'n dun kliënt en 'n vet kliënt.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

3.4       UTP-kabels word vir die LAN in die hoofkantoor gebruik.

          3.4.1       Seinverswakking is een van die swakhede van UTP-kabels.

                      Noem TWEE ander swakhede van UTP-kabels.                                    (2)

          3.4.2       Indien UTP-kabels oor 'n baie lang afstand gebruik moet word, stel
                      voor hoe die seinverswakkingsprobleem opgelos kan word sonder
                      om dit met veseloptiese kabels te vervang.                                  (1)

3.5       Die kantoornetwerkspoed is baie stadig. Daar is voorgestel dat die kabels
          vervang moet word. Wat anders kan ten opsigte van hardeware gedoen word
          om die netwerkspoed te verbeter?                                                        (1)

3.6       Is dit moontlik dat netwerkkaarte vir beide gekabelde en kabellose
          netwerkverbindings in 'n rekenaar geïnstalleer word? Motiveer jou antwoord.             (1)

3.7       Die administrateur moet besluit of wolkdienste of 'n VPN gebruik sal word om
          toegang tot inligting oor die Olimpiade te verkry.

          3.7.1       Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkdienste.                           (2)

          3.7.2       Indien die administrateur besluit om wolkdienste te gebruik, kies 'n
                      wolkstoordiens uit die lys hieronder wat die geskikste sal wees om
                      kritiese data, soos die vraestel vir die Olimpiade, te stoor.

                            Office 365; Google Docs; YouTube; Facebook; Gmail                     (1)

          3.7.3       Stel EEN tegnologie voor wat gebruik kan word om twee toestelle te
                      koppel om lêers te deel.                                                    (1)

          3.7.4       Verduidelik die voordeel van die gebruik van 'n VPN om inligting
                      te deel.                                                                    (2)

3.8       Die Olimpiade-netwerk kan deurloop onder klikprogram('spyware')- en
          kwaadwilligesagteware('malware')-aanvalle.

          3.8.1       Verduidelik die term klikprogram kortliks.                                  (1)

          3.8.2       Noem TWEE maniere waarop die risiko dat 'n rekenaar deur
                      klikprogramme aangetas word, te minimaliseer.                               (2)

          3.8.3       Hoe sal 'n skansmuur ('firewall') help om die Olimpiade-data teen
                      kwaadwillige sagteware te beskerm?                                          (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             24

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Besoekers en deelnemers wat die finale rondte van die Olimpiade bywoon, sal verblyf
in gastehuise nodig hê. 'n Databasis word benodig om besprekings te vergemaklik.

4.1       Data-integriteit word verkry deur primêre en vreemde sleutels in die ontwerp
          van 'n databasis met veelvuldige tabelle korrek te gebruik.

          4.1.1       Verduidelik in breë trekke waarna data-integriteit verwys.                      (1)

          4.1.2       Wat is die doel van die vreemde sleutel in die ontwerp van 'n
                      databasistabel?                                                                 (2)

          4.1.3       Verduidelik die term referensiële integriteit.                                  (2)

4.2       Die databasistabel hieronder is deur 'n leerlingprogrammeerder ontwerp.

                              Fieldname                Data type
                             GastehuisID              Autonumber
                              GastehuisNaam            Text
                              TelefoonNom              Text
                              GetalKamers              Text
                              WiFiBeskikbaar           Text

          4.2.1       Die GastehuisID-veld is as die primêre sleutel geïdentifiseer.

                      Wat is die doel van die primêre sleutel in 'n databasis?                        (1)

          4.2.2       Die datatipes van 'n paar van die velde is nie geskik nie.

                      Identifiseer EEN so 'n veld deur die veldnaam en 'n meer geskikte
                      datatipe neer te skryf.                                                         (2)

          4.2.3       Noem TWEE eienskappe van kwaliteitdata.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

4.3       Die relasionele databasis, GasteHDB, hieronder is ontwerp om op hoogte te
          bly van al die besprekings by die verskeie gastehuise.

             tblGasteHuis                                          tblBesprekings
        HuisID (Number)                  1                   BesprekingID (Autonumber)
         HuisNaam (Text)                                       GetalKamers (Number)
         TelefoonNom (Text)                                    DatumIn (Date/Time)
         Adres (Text)                                          GetalNagte (Number)
         SpaBeskikbaar (Boolean)                               DepositoBetaal (Boolean)
         GetalKamers(Number)                               M   HuisID (Number)

          4.3.1       Skryf SQL-stellings vir die volgende navrae:

                      (a)   Vertoon AL die besonderhede van die gastehuise in
                            alfabetiese volgorde volgens die gastehuisnaam waar 'n spa
                            beskikbaar is.                                                        (4)

                      (b)   Voeg 'n rekord vir 'n nuwe bespreking by tblBesprekings by.
                            'n Deposito is vir 'n bespreking by die gastehuis met
                            HuisID 1212 ontvang. Die bespreking is vir twee kamers vanaf
                            8 Junie 2018 vir drie nagte.                                          (4)

          4.3.2       'n SQL-stelling is saamgestel om 'n lys van gastehuise met 'n totale
                      maandelikse inkomste van meer as R50 000,00 vir Mei te vertoon.
                      Die koste per kamer per nag is R400,00.

                      Die totale maandelikse inkomste is 'n nuwe berekende veld. Die
                      berekening moet soos volg gedoen word:

                      Die getal kamers word met die getal nagte en die koste per kamer
                      per nag vermenigvuldig.

                      Skryf slegs die ontbrekende kode by (a) tot (e) neer om die
                      SQL-stelling hieronder korrek te voltooi.

                      SELECT HuisNaam, __(a)__ AS [Totale inkomste]
                      FROM __(b)__
                      WHERE tblGasteHuis.HuisID = tblBesprekings.HuisID
                      AND __(c)__
                      GROUP BY __(d)__
                      HAVING __(e)__                                                              (7)

                                                                     TOTAAL AFDELING D:           25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                      12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Die organiseerder van die Rekenaar-olimpiade het baie vrae ontvang wat by die
Olimpiade-vraestel ingesluit kan word. Elke vraag moet vir toekomstige gebruik
geëvalueer word.

5.1       Skryf pseudokode om 'n woord in te sleutel en dan die woord elke keer met
          een karakter minder te vertoon, soos in die voorbeeld hieronder getoon word.

          Indien die woord wat ingesleutel word, REKENAAR is, moet die volgende
          vertoon word:

          REKENAAR
          REKENAA
          REKENA
          REKEN
          REKE
          REK
          RE
          R                                                                                     (4)

5.2       Die uitslae van deelnemers is verkeerd gestoor in 'n skikking met die naam
          arrUitslae. Die uitslae van die eerste deelnemer moet na die laaste indeks
          geskuif word. Die uitslae van elk van die ander deelnemers moet na die
          vorige indeks geskuif word.

          Byvoorbeeld, in die diagram hieronder is Brandon se uitslae in werklikheid
          Amy se uitslae en moet na die eerste indeks geskuif word. Claire se uitslae is
          in werklikheid Brandon se uitslae en moet na die tweede indeks geskuif word,
          en so aan vir al die deelnemers. Amy se uitslae moet na die laaste indeks
          geskuif word.

          Skryf pseudokode om die uitslae na die korrekte posisies in die arrUitslae-
          skikking met 'n onbekende getal uitslae te skuif.                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             13                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                   NSS

5.3       'n Skikking met die naam arrGetalle word met die volgende vyf waardes
          gevul:

                                      8    5   3    12   2

          'n Ander skikking met die naam arrTemp is 'n leë skikking wat vyf waardes
          kan stoor.

          Die algoritme hieronder onttrek ('extracts') spesifieke data uit arrGetalle en
          stoor die data wat onttrek is in arrTemp.

          Lus ('Loop') x van 1 tot length(arrGetalle)
                As arrGetalle[x] modulus 4 = 0
                       arrTemp[x] = arrGetalle[x]

          Teken die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor.

                  x   arrGetalle[x]       arrGetalle[x] modulus 4 = 0?   arrTemp[x]

          Voltooi die naspeurtabel hierbo om die inhoud van skikking arrTemp te toon.                (4)

5.4       Die onvoltooide kode wat hieronder gegee word, word gebruik om 'n nuwe
          lêer met die naam Uitslae.txt te skep.

          Reël 1:         Assignfile(TLeer, 'Uitslae.txt');
          Reël 2:         ……………
          Reël 3:         Writeln(TLeer, 'Koos Jenkins: 78');
          Reël 4:         Writeln(TLeer, 'Amanda Smith: 78');
          Reël 5:             ……………

          Skryf die stellings neer om die volgende reëls met kode te voltooi:

          5.4.1       Reël 2: Skep 'n leë tekslêer met die naam Uitslae.txt.                         (1)

          5.4.2       Reël 5: Maak seker dat die data in die tekslêer gestoor sal word.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          14                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

5.5       Die klasdiagram hieronder is vir 'n skool se registrasiestelsel ontwerp.
             TSkool
             - fSkoolKode
             - fRegDatum      (formaat dd/mm/yyyy)
             - fGetalInskrywings:integer
             - fBetaal:boolean
             + <<Konstruktor>>
               create(sKode:string;iGetalInskrywings:integer;
                                                   bBetaal:boolean)
             + berekenBedrag(rGeldePerInskrywing:real):real
             - bepaalRegDatum:integer
             + getKode:string
             + getGetalInskrywings:real
             + isBetaal:boolean
             + toString:string

          5.5.1       Wat is die implikasie daarvan dat die metode bepaalRegDatum
                      privaat (-) in plaas van publiek (+) is?                                        (1)
          5.5.2       Die getal inskrywings is verkeerd ingelees.
                      Die volgende metode is geskep om die getal inskrywings te
                      verander na die korrekte waarde wat as 'n parameter ontvang is:
                      Reel
                      1       Procedure setInskrywings(iInskrywings:integer);
                      2        Begin
                      3         Inc(fGetalInskrywings, iInskrywings);
                      4        End

                      (a)    Stelling 3 is verkeerd. Herskryf die stelling sodat die metode
                             die taak korrek sal uitvoer.                                             (1)

                      (b)    Watter tipe metode is setInskrywings? Gebruik 'n woord in die
                             lys hieronder.

                                     toegang ('accessor'); mutator; hulp ('auxiliary')                (1)

          5.5.3       Analiseer die verklaring van die metodes in die klasdiagram.
                      Identifiseer TWEE moontlike foute en stel maniere voor om die foute
                      reg te stel.                                                                    (2)

          5.5.4       'n Objek met die naam objSkool van datatipe TSkool word in die
                      vormklas gebruik. Die isBetaal-metode word in die 'OnClick'-
                      gebeurtenis van 'n knoppie ('button') geroep.
                      Gegee:     var
                                   bPaid: Boolean;
                      Verduidelik hoekom ELK van die volgende stellings VERKEERD is:

                      (a)    If TSkool.isBetaal then …                                                (1)

                      (b)    bBetaal := objSkool.isBetaal := true;                                    (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING E:               23
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die Rekenaar-olimpiade sal vanaf 'n hoofkantoor bestuur word en alle kommunikasie
sal van hierdie kantoor af gestuur word. Die data sal op die dag van die geleentheid
elektronies na al die instellings wat geregistreer het om aan die Rekenaar-olimpiade
deel te neem, versprei word.

6.1       Die Olimpiade-webtuiste is 'n dinamiese webtuiste wat 'n skakel na 'n potgooi
          ('podcast') en 'n video van die vorige jaar se prysuitdelingseremonie en
          skakels na die Olimpiade se sosialenetwerk-hulpmiddele bevat.

          Die instruksies vir die Olimpiade word as 'n potgooi verskaf.

          6.1.1       Wat is 'n potgooi?                                                             (2)

          6.1.2       Noem EEN lêerformaat wat vir potgooie gebruik word.                            (1)

          6.1.3       Die video van die prysuitdelingseremonie kan gestroom word
                      ('streamed').

                      Verduidelik die konsep stroming ('streaming').                                 (2)

          6.1.4       Daar was 'n versoek om 'n toep ('app') vir die Olimpiade te
                      ontwikkel.

                      Gee TWEE redes waarom deelnemers verkies om eerder 'n toep as
                      'n webblaaier te gebruik.                                                      (2)

          6.1.5       Gebruikers wil outomatiese kennisgewings oor die nuutste uitslae vir
                      die Olimpiade ontvang.

                      Watter tegnologie word gebruik om outomatiese kennisgewings te
                      verskaf?                                                                       (1)

          6.1.6       Verduidelik die verskil tussen 'n dinamiese webblad en 'n statiese
                      webblad.                                                                       (2)

          6.1.7       Behalwe om hulle fone af te skakel, beskryf TWEE maniere waarop
                      die kantoorwerkers die vloed van sosialenetwerk-kommunikasie op
                      hulle fone wat met hulle werk kan inmeng, kan bestuur.                         (2)

6.2       Deelnemers sal toegang tot 'n geënkripteerde lêer moet hê wat die
          Olimpiade-data bevat. 'n Wagwoord met 8 karakters wat nodig is om toegang
          tot die lêer te verkry, sal as 'n SMS aan deelnemers gestuur word.

          6.2.1       Behalwe vir die getal karakters, noem TWEE ander vereistes vir die
                      wagwoord om 'n sterk wagwoord te wees.                                         (2)

          6.2.2       Motiveer die besluit om die wagwoord as 'n SMS eerder as in
                      'n e-pos-aanhangsel te stuur indien 'n ontvanger op 'n foon toegang
                      daartoe sal verkry.                                                            (1)

          6.2.3       Verduidelik die konsep van publieke-sleutel-enkripsie.                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

6.3       Sommige deelnemers kan toegang tot die Olimpiade-vrae kry deur mobiele
          toestelle te gebruik.
          6.3.1       Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n mobiele toestel vir
                      hierdie doel.                                                               (2)
          6.3.2       Hoe sal plekgebaseerde rekenaarverwerking die organiseerders
                      help om inligting oor die deelnemers met gebruik van mobiele
                      toestelle te versamel?                                                      (1)
          6.3.3       Stel TWEE maniere voor waarop die batterylewe van mobiele
                      toestelle verbeter kan word.                                                (2)
6.4       'n Rekenaar wat vir die Olimpiade gebruik word, vertoon 'n boodskap wat
          aandui dat die rekenaar min virtuele geheue het.
          6.4.1       Definieer virtuele geheue.                                                  (2)
          6.4.2       Verduidelik waarom die gebruik van virtuele geheue                 die
                      werkverrigting van 'n rekenaar negatief kan beïnvloed.                      (2)
6.5       Wolkrekenarisering        maak      grootliks     op     virtualiseringstegnologieë
          ('virtualisation technologies') staat.
          6.5.1       Noem en bespreek TWEE maniere waarop virtualiseringstegnologieë
                      gebruik kan word om baie gebruikers te bevoordeel.                          (4)
          6.5.2       Noem TWEE voordele vir die organiseerders om SaaS (Sagteware
                      as 'n Diens/'Software as a Service') te gebruik.                            (2)
6.6       Een van die hoofredes vir die WannaCry-afdreigingsware('ransomware')-
          aanval was dat die sagteware op baie netwerke en persoonlike rekenaars nie
          opgedateer was nie.
          6.6.1       Wat is afdreigingsware ('ransomware')?                                      (2)
          6.6.2       Waarom kan die opdatering van die bedryfstelselsagteware moontlik
                      voorkom dat kwaadwillige sagteware, soos afdreigingsware,
                      toegang tot jou rekenaar kry?                                               (1)
6.7       'n DBBS is, onder andere, vir die Olimpiade ontwerp om die
          databasisadministrateur in staat te stel om die verspreide databasis te skep
          en te redigeer.
          6.7.1       Noem EEN ander funksie wat DBBS'e die administrateur toelaat om
                      te doen.                                                                    (1)
          6.7.2       Verduidelik wat 'n verspreide databasisstelsel is.                          (2)
          6.7.3       'n Kragonderbreking het voorgekom terwyl data in die databasis
                      gestoor is. Om die integriteit van die data te beskerm, moes 'n
                      terugrol van die transaksie uitgevoer word.
                      Verduidelik wat 'n terugrol van die transaksie is.                          (1)
                                                                    TOTAAL AFDELING F:            39
                                                                        GROOTTOTAAL:              150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-eng/b597e472-66d8-4450-9eec-70e0a05da3be) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-eng/54ec87cc-baac-4df0-a4a8-cf0983188337) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-memo-afr/4ac823a7-4f50-452b-b77c-ffecca7e0203) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-memo-afr/53776df3-0cf3-4d09-a7e5-fb431e799895) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
