# Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2016-afr/1e55def5-fdda-4606-8ad1-bcd9dc6c13d8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2016-afr/1e55def5-fdda-4606-8ad1-bcd9dc6c13d8)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                        2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        2                             DBE/2016
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:        Kortvrae                                           (15)
          AFDELING B:        Stelseltegnologieë                                 (26)
          AFDELING C:        Kommunikasie- en Netwerktegnologieë                (23)
          AFDELING D:        Data- en Inligtingsbestuur                         (27)
          AFDELING E:        Oplossingsontwikkeling                             (22)
          AFDELING F:        Geïntegreerde Scenario                             (37)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
          feite/redes wat vereis word.

6.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             3                                    DBE/2016
                                                   SSE

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1–1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.

          1.1.1           'n Lêer met 'n .dll-uitbreiding …

                          A    word gebruik om direkte skakels na LAN-bedieners te
                               implementeer.
                          B    is 'n dinamiesebinding-biblioteeklêer.
                          C    word gebruik om kommunikasie na randtoestelle te verskaf.
                          D    is die bronkode vir 'n databasisbestuurstelsel.                      (1)

          1.1.2           … is 'n protokol wat gebruik word om boodskappe op 'n Internet-/
                          Intranet-e-posbediener te herwin.

                          A    POP3
                          B    HTTPS
                          C    HTTP
                          D    EPOP ('SMTP')                                                        (1)

          1.1.3           'n 64-bis-verwerker verwys na die …

                          A    verwerkingspoed van die verwerker.
                          B    getal basiese instruksies wat die verwerker kan herken.
                          C    grootte van die registers in die verwerker.
                          D    grootte van vlak 1-kasgeheue in die verwerker.                       (1)

          1.1.4           Die lisensie waaronder die meeste vryware ('freeware') versprei
                          word, staan as … bekend.

                          A    EGLO ('EULA')
                          B    'FTP'
                          C    AGB ('AUP')
                          D    GNU                                                                  (1)

          1.1.5           … is wanneer jy nie by die maatskappy se standaardwerkplek werk
                          nie en die Internet gebruik om met die kantoor te kommunikeer.

                          A    Telependelary ('Telecommuting')
                          B    Wolkrekenarisering ('Cloud computing')
                          C    Abba ('Piggybacking')
                          D    Uitkontraktering ('Outsourcing')                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        4                                   DBE/2016
                                              SSE

1.2       Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      'n Tekslêer wat doelgemaakte instellings vir 'n webtuiste op jou
                     lokale rekenaar stoor                                                       (1)

          1.2.2      'n Tegnologie wat die konfigurasieproses van 'n toestel outomatiseer
                     voordat dit gebruik kan word                                                (1)

          1.2.3      'n Algemene term vir misleidingstegnieke wat gebruik word om
                     elektroniese kommunikasie te laat lyk asof dit van 'n erkende bron
                     afkomstig is                                                                (1)

          1.2.4      'n Praktyk waar navrae in datavelde ingesleutel word wat dan
                     ongemagtigde toegang tot die databasis toelaat                              (1)

          1.2.5      Die onmiddellike en intydse aflewering van media-inhoud oor die
                     Internet na 'n ontvangende toestel en wat begin wanneer die
                     medialêer oopgemaak word                                                    (1)

          1.2.6      Simulasie van menslike besluitnemingsprosesse deur 'n
                     rekenaarstelsel wat geprogrammeer is om te reageer op grond van
                     toevoer wat vanaf sensors gekry word                                        (1)

          1.2.7      'n Tipe soek wat deur mense bestuur word eerder as om op
                     algoritmes staat te maak                                                    (1)

          1.2.8      Die algemene term vir sagteware wat jou toelaat om met
                     elektroniese databasisse te werk                                            (1)

          1.2.9      'n Tipe webtuiste wat dieselfde inligting aan die gebruiker vertoon
                     elke keer wanneer toegang verkry word                                       (1)

          1.2.10     Lokalearea-netwerk waarin bronne tussen werkstasies gedeel word
                     sonder om 'n toegewysde bediener te gebruik                                 (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          5                                  DBE/2016
                                                SSE

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Groep IT-vriende het besluit om 'n klein besigheidsonderneming te begin. Hulle wil
'n Internetkafee by die plaaslike gemeenskapsentrum bedryf.

2.1       Die vriende oorweeg dit om 'n notaboekrekenaar ('notebook') te gebruik om
          hulle besigheid te bedryf.

          2.1.1           Die notaboek wat oorweeg word, bevat 'n 2.16 GHz-verwerker met
                          2 MG ('MB') kasgeheue en 'n 500 GG ('GB') 'HDD' (hardeskyf-
                          aandrywer).

                          (a)    Verduidelik kortliks hoekom die gebruik van kasgeheue in
                                 'n verwerker die werkverrigting van die stelsel verbeter.        (2)

                          (b)    Waarom sal dit nie moontlik wees om die 2 MG-kasgeheue
                                 in die SVE ('CPU') van die notaboek op te gradeer nie?           (1)

                          (c)    Gee TWEE redes waarom 'n notaboek met 'n VTA ('SSD')
                                 'n beter opsie sal wees as een wat 'n konvensionele 'HDD'
                                 bevat.                                                           (2)

          2.1.2           Die notaboek sal met die Windows 10 PRO-bedryfstelsel uitgereik
                          word.

                          (a)    Kasbergingbestuur ('management of caching') en netwerk-
                                 vermoëns is van die funksies van 'n bedryfstelsel.

                                 Noem TWEE ander primêre funksies van 'n bedryfstelsel.           (2)

                          (b)    Behalwe vir die Windows-bedryfstelsels is daar 'n reeks
                                 ander bedryfstelsels.

                                 Noem kortliks vir watter toepassingsarea elk van die
                                 volgende bedryfstelsels hoofsaaklik ontwerp is:

                                 (i)    Android                                                   (1)

                                 (ii)   Unix                                                      (1)

                          (c)    Vinnige toegang tot die Internet is belangrik vir hulle
                                 besigheid.

                                 Verduidelik hoe webkasberging ('web caching') toegepas
                                 word om die rondblaaiproses op die Internet te verbeter.         (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           6                                    DBE/2016
                                                 SSE

2.2       Stelselsagteware bestaan uit bedryfstelsels en nutsprogram-sagteware ('utility
          software').

          2.2.1           Verduidelik die algemene doel van nutsprogram-sagteware.                  (1)

          2.2.2           Noem EEN tipe nutsprogram-sagteware wat gebruik word om te
                          keer dat ander vensters op die skerm verskyn terwyl jy op die
                          Internet rondblaai.                                                       (1)

          2.2.3           Hoekom is dit beter om 'n program te deïnstalleer in plaas daarvan
                          om slegs die programlêergids uit te vee?                                  (2)

          2.2.4           Lêers word normaalweg saamgepers ('compressed') voordat dit
                          geargiveer ('archive') word.

                          (a)    Verduidelik die verskil tussen die argivering van lêers en
                                 die rugsteun van lêers.                                            (2)

                          (b)    Verduidelik verliesende samepersing ('lossy compression').         (2)

2.3       Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        HARDESKYF

                                                                      Adresruimte op
                                                                       die hardeskyf

                                                                      Adresruimte in
                                                                       ETG ('RAM')

                     Logiese adresruimte van           ETG ('RAM')
                    geïmplementeerde adresse

          2.3.1           Wat word die segment op die hardeskyf genoem, wat deur die
                          swart pyl in die diagram hierbo aangedui word?                            (1)

          2.3.2           Verduidelik die konsep van die proses wat in die diagram hierbo
                          geïllustreer word.                                                        (3)

2.4       Alhoewel vryware ('freeware') en oopbronsagteware ('open-source software')
          gewoonlik gratis verskaf word, is daar voorgestel dat die leerders eerder
          oopbronsagteware moet gebruik. Motiveer hierdie voorstel deur TWEE
          geldige argumente te gee.                                                                 (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             26

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            7                                      DBE/2016
                                                  SSE

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1       Alhoewel netwerking in 'n besigheidsomgewing baie voordele het, kan daar 'n
          paar uitdagings vanuit 'n opstellings- en bestuursoogpunt wees.

          Noem TWEE van hierdie uitdagings.                                                             (2)

3.2       Stertopologie is 'n gewilde keuse vir die opstelling van netwerke vir
          besighede.

          3.2.1           Teken 'n eenvoudige diagram om 'n stertopologie te illustreer.                (3)

          3.2.2           Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n stertopologie.                      (2)

3.3       Die leerders sal 'UTP'-kabels gebruik om die rekenaars by die besigheid op te
          stel.

          3.3.1           Gee EEN voordeel van die gebruik van 'UTP'-kabels.                            (1)

          3.3.2           Sou dit sinvol wees om veseloptiese kabels in die Internetkafee
                          te gebruik?

                          Gee TWEE argumente om jou antwoord te motiveer.                               (2)

3.4       Dataversending word deur protokolle gereguleer.

          3.4.1           Watter protokol word vir 'n veilige webtuiste gebruik?                        (1)

          3.4.2           Wat is die funksie van die VoIP?                                              (1)

3.5       Bestudeer die voorstelling van 'n netwerk hieronder wat deur 'n klein
          besigheid gebruik kan word.

                                  Tablet

                                                                 Roeteerder

                                           Selfoon
                                                                                          VRAAG 3.5.4

          3.5.1           Waarvoor staan 'VOD'?                                                         (1)

          3.5.2           Wat is die naam van die fisiese plek in 'n openbare area waar
                          gebruikers Wi-Fi-toegang gegee kan word om kabelloos op hulle
                          mobiele toestelle aan die Internet te koppel?                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            8                               DBE/2016
                                                  SSE

          3.5.3           Wat is die funksie van 'n IDV ('ISP')?                                 (1)

          3.5.4           Wat stel die simbool voor wat deur die swart pyl in die diagram
                          aangedui word?                                                         (1)

          3.5.5           Bluetooth-tegnologie kan deur 'n selfoon gebruik word om sy
                          Internettoegang te deel.

                          Noem EEN nadeel van die gebruik van Bluetooth om toegang te
                          deel.                                                                  (1)

3.6       Plek-gebaseerde verwerking vereis dat die tegnologie die plek vanaf 'n toestel
          na die rekenaar wat dit verwerk, stuur.

          3.6.1           Watter tegnologie word gewoonlik vir plek-gebaseerde verwerking
                          gebruik?                                                               (1)

          3.6.2           Stel EEN voordeel vir die eienaars van die Internetkafee voor
                          indien hulle plek-gebaseerde verwerking sou gebruik.                   (1)

3.7       Die leerders sal hulle mobiele toestelle gebruik om e-pos te stuur en te
          ontvang terwyl hulle hulle besigheid bedryf.

          3.7.1           Verduidelik hoe 'push'-tegnologie leerders op hoogte van nuwe
                          e-posse sal hou.                                                       (2)

          3.7.2           Noem TWEE tekortkominge wanneer e-pos op 'n mobiele toestel
                          ontvang word.                                                          (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:            23

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             9                                DBE/2016
                                                   SSE

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

Die Internetkafee moet rekord hou van die gebruikers en in staat wees om gebruikers
te laat betaal vir die tyd wat hulle op die Internet aangeteken was. 'n Databasis vir
hierdie doel is vir die Internetkafee ontwerp.

4.1       Die GGK ('GUI') van die sagtewarestelsel vir die gebruikers van die
          Internetkafee word hieronder getoon.

          4.1.1           Motiveer die keuse van radioknoppies ('radio buttons') vir die
                          Geslag-opsie.                                                            (2)

          4.1.2           Sonder om die byskrif te verander, stel EEN manier voor waarop
                          die GGK verander kan word om vir die gebruiker die formaat aan te
                          dui waarop die tyd ingesleutel behoort te word.                          (1)

          4.1.3           Die integriteit van data is altyd 'n probleem.

                          Verduidelik die verskil tussen geldige data en korrekte data deur
                          die inligting in die GGK hierbo te gebruik.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             10                                  DBE/2016
                                                   SSE

4.2       Twee tabelle, tblRekenaars en tblGebruikers, is vir die databasis geskep.
          tblRekenaars: Hou data oor die rekenaars wat by die Internetkafee gebruik
          word.
          tblGebruikers: Hou data oor die kliënte wat die rekenaars by die
          Internetkafee gebruik.
          Die struktuur van die tblRekenaars-tabel word hieronder getoon.

          Die struktuur van die tblGebruikers-tabel word hieronder getoon.

          Voorbeeld van die inhoud in die tblGebruikers-tabel.

          4.2.1           Dui aan hoe die tabelle hierbo gekoppel kan word sodat 'n een-tot-
                          baie-verwantskap gevorm kan word.                                           (2)
          4.2.2           Skryf SQL-kode vir die vrae hieronder.
                          (a)   Vertoon die uittekentyd van die gebruikers wat met
                                debietkaarte betaal het in sekwensiële volgorde.                      (4)
                          (b)   Verander die      betalingsmetode   vir   7311017564076      na
                                'Kredietkaart'.                                                       (3)
                          (c)   Vertoon die getal gebruikers wat kontant betaal het. Die getal
                                gebruikers moet in 'n veld met die naam TelKontantIds
                                vertoon word.                                                         (4)
                          (d)   Vertoon 'n lys gebruikers wat na 12:00 op 2016/02/25
                                aangeteken het.                                                       (4)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                                DBE/2016
                                               SSE

4.3       'n Ouditspoor ('audit trail') is opgestel om die integriteit van die databasis
          te behou.

          Noem die basiese inligting wat tydens 'n ouditspoor vasgelê word.                     (2)

4.4       Groot hoeveelhede data, vir navorsings- en bemarkingsdoeleindes, word in
          'n datapakhuis ('data warehouse') versamel.

          4.4.1           Van die data word deur middel van onsigbare datavaslegging
                          versamel.

                          Dui TWEE maniere aan waarop data onsigbaar vasgelê word.              (2)

          4.4.2           Gesofistikeerde sagteware word gebruik om belangrike patrone
                          tussen die data-items statisties te bepaal.

                          Wat word hierdie proses genoem?                                       (1)

                                                                TOTAAL AFDELING D:              27

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            12                                   DBE/2016
                                                  SSE

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Die groep IT-vriende skryf doelgemaakte programme vir hulle besigheid.

Beantwoord die vrae wat volg om hulle met hulle probleemoplossingsvaardighede
te help.

5.1       Dui aan hoeveel keer elk van die volgende lusse uitgevoer sal word:

          5.1.1           k1
                          herhaal
                          … instruksies wat uitgevoer moet word
                          totdat k = 1                                                                 (2)

          5.1.2           k 0
                          terwyl k >= 0
                            begin
                             … instruksies wat uitgevoer moet word
                             inkrementeer k
                            eindig                                                                     (2)

5.2       Elke gebruiker sal op die stelsel aanteken en 'n objek met die naam
          Gebruiker sal met die volgende uitleg geïnstansieer word:

                                                 Gebruiker
                                Velde                                Metodes
               -Naam:string                             +konstruktor skep()
               -Van:string                              +KryNaam()
               -KontakBesonderhede:string               +KryVan()
               -AantekenTyd:DatumTyd                    +StelAantekenTyd(AantekenTyd)
                                                        +BerekenKoste(UittekenTyd)

          5.2.1           Wat beteken dit om 'n objek te instansieer?                                  (2)

          5.2.2           Verduidelik die doel van:

                          (a)   'n Toegangsmetode                                                      (1)

                          (b)   'n Wysigingsmetode                                                     (1)

          5.2.3           Die koste om 'n Internetaansluiting te gebruik, is R3,00 per minuut.
                          Die aanteken- en uittekentyd word ingesleutel deur die 24-uur-
                          horlosiestelsel te gebruik. Byvoorbeeld, die aantekentyd word as
                          15:25 en die uittekentyd as 16:05 ingesleutel.

                          Skryf 'n algoritme vir die BerekenKoste(UittekenTyd)-metode in
                          pseudokode om die koste vir die hoeveelheid tyd te bepaal wat die
                          gebruiker op die Internet aangeteken was.                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                     13                                    DBE/2016
                                           SSE

5.3       Vir een van die speletjies op die rekenaar moet die gebruiker enige
          heelgetalwaarde tussen 0 en 100 insleutel. Die rekenaar moet ewekansige
          getalle genereer totdat die getal wat gegenereer is, dieselfde is as die een
          wat deur die gebruiker ingesleutel is. Die getal waardes wat ewekansig
          gegenereer is, moet vertoon word.

          'n Algoritme om hierdie probleem op te los word hieronder gegee.

          1 Sleutel getal in (byvoorbeeld gebruiker sleutel die getal 40 in)
          2 Gevind  vals
          3 Terwyl nie gevind doen
          4     eweKansGet  Genereer 'n ewekansige getal in die reeks 0 tot 100
          5     As eweKansGet <> getal dan
          6       Inkrementeer Teller
          7     Anders
          8       Gevind  waar
          9 Einde van lus
          10 Vertoon die Tellerwaarde

          Hierdie algoritme bevat foute. Kopieer en voltooi die naspeurtabel om die
          reëlnommers aan te dui waar foute voorkom. Dui aan hoe die foute
          reggemaak kan word.

            Gevind Is Gevind     eweKansGet      Is eweKansGet    Teller     Vertoon
                   waar?                         = getal?
                                                                                                (4)

5.4       Bestudeer die pseudokode-segment hieronder.

          X  0
          Y  1
          Lus(loop) Z van 0 tot 1
            Begin
                antwoord  (X = 1) OR (NOT (Y = 1) OR (Z = 1))
                As antwoord waar is dan
                   afvoer  1
                anders
                   afvoer  0
                Vertoon X, Y, Z en afvoer
            Eindig lus(loop)

          Skryf die waardes neer wat vertoon sal word elke keer as die lus uitgevoer
          word.                                                                                 (2)

                                                              TOTAAL AFDELING E:                22

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             14                                       DBE/2016
                                                   SSE

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die IT-leerders gaan die Internetkafee vanaf die plaaslike gemeenskapsentrum bedryf
waar een lokaal aan hulle toegeken is. Die lokaal moet opgestel word sodat die
rekenaars in 'n LAN kan koppel en lede van die gemeenskap toegang tot die
verskillende rekenaarfasiliteite kan hê.

6.1       Alle hardeware in die Internetkafee sal met 'n RFID-etiket toegerus wees.

          6.1.1           Watter tegnologie word deur RFID-etikette gebruik?                               (1)

          6.1.2           Gee TWEE voordele van 'n RFID-etiket op die hardeware.                           (2)

6.2       Een van die leerders sal die netwerkadministrateur wees.

          6.2.1           Motiveer die behoefte aan 'n netwerkadministrateur.                              (1)

          6.2.2           Daar sal eenmalig 'n wagwoord aan alle gebruikers uitgereik word
                          wat verander moet word wanneer hulle op die rekenaarstelsel
                          aanteken.

                          Behalwe vir die gebruik van letters en syfers, noem TWEE ander
                          vereistes sodat wagwoorde sterk sal wees.                                        (2)

          6.2.3           Die netwerkadministrateur sal afstandstoegang tot die bediener
                          moet hê.

                          Noem en bespreek          kortliks   TWEE       tipes   afstandstoegang-
                          tegnologie.                                                                      (4)

          6.2.4           Hoe kan die administrateur die rekenaars teen virusaanvalle
                          beveilig?                                                                        (1)

          6.2.5           Behalwe om wagwoorde uit te reik en om virusaanvalle te
                          vermy, noem TWEE ander verantwoordelikhede van die
                          netwerkadministrateur.                                                           (2)

6.3       'n Hulptoonbankfasiliteit is deel van die diens wat deur die leerders gelewer
          word. Die lede van die gemeenskap word aangemoedig om vrae oor
          rekenaars, etiese kwessies en sekuriteit te vra.

          Beantwoord die volgende vrae.

          6.3.1           Wat is spam-e-pos?                                                               (2)

          6.3.2           Stel TWEE maniere voor waarop 'n gebruiker identiteitsdiefstal kan
                          vermy.                                                                           (2)

          6.3.3           Watter tegniek word gebruik om te verseker dat Skype-oproepe
                          veilig is?                                                                       (1)

          6.3.4           Party webtuistes het 'n digitale sertifikaat.
                          Wat is die doel van 'n digitale sertifikaat?                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                              15                               DBE/2016
                                                    SSE

          6.3.5           Noem TWEE praktiese maniere waarop gebruikers die geldigheid
                          van die inligting wat hulle op die web vind, kan nagaan wanneer
                          hulle navorsing doen.                                                  (2)

          6.3.6           Verduidelik die konsep Internet of Things.                             (2)

          6.3.7           Sommige mense het gekla dat die batterye in hulle altyd-aan-
                          toestelle nie baie lank hou nie.

                          Gee hulle TWEE idees oor hoe om die batterylewe van hulle
                          toestelle te verbeter.                                                 (2)

          6.3.8           Bestudeer die inligting hieronder.

                          Verduidelik wat 'n skimverklikker ('rootkit') is.                      (2)

6.4       Gebruikers sal flieks by die Internetkafee kan aflaai. Sommige gebruikers sou
          graag BitTorrent wou gebruik om flieks af te laai.

          6.4.1           Watter tipe netwerk word deur BitTorrent ondersteun?                   (1)

          6.4.2           Een nadeel van die gebruik van BitTorrent is die verspreiding van
                          kwaadwillige sagteware ('malware').

                          Noem EEN ander nadeel van die gebruik van BitTorrent.                  (1)

6.5       Daar is baie dienste, soos Google Drive, wat gebruikers toelaat om data en
          ander dienste te deel wat lêersinkronisering ('file syncing') aanbied.

          6.5.1           Motiveer die gebruik van 'n lêer-deel-diens in plaas daarvan om
                          'n dokument per e-pos te stuur.                                        (2)

          6.5.2           Noem DRIE voordele wat 'n lêer-sinkroniseringsdiens aan
                          gebruikers bied.                                                       (3)

6.6       Die leerders wil 'n besigheid begin om toeps ('apps') vir mobiele toestelle te
          ontwikkel.
          Noem DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer toeps vir gebruikers
          van mobiele toestelle ontwerp word.                                                    (3)

                                                                         TOTAAL AFDELING F:      37
                                                                             GROOTTOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2016-memo-eng/f5e735aa-40b5-4040-82d7-4d4a107316a9) — Information Technology · Memo · 2016 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [INFT GR12 P2 MEMO SEPT2016 Engl](https://www.hlayiso.com/library/inft-gr12-p2-memo-sept2016-engl/f67a1ec0-17a6-4ad5-9845-4b08f2fe4d8b) — Information Technology · Memo · 2016
- [INF TECH P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/inf-tech-p2-gr12-memo-sept2016-afr/16a8152b-c801-4b1c-a324-f7f1abdb51e5) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
