# Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2017-afr/5e70b659-6b62-436c-9133-5fe9fc10eed6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2017-afr/5e70b659-6b62-436c-9133-5fe9fc10eed6)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                          2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                               DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:        Kortvrae                               (15)
          AFDELING B:        Stelseltegnologieë                     (25)
          AFDELING C:        Kommunikasie- en Netwerktegnologieë    (20)
          AFDELING D:        Data- en Inligtingsbestuur             (25)
          AFDELING E:        Oplossingsontwikkeling                 (27)
          AFDELING F:        Geïntegreerde Scenario                 (38)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die hoeveelheid
          feite/redes wat vereis word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             3                                    DBE/2017
                                                  SSE

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) neer, kies die antwoord en maak
          'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

            1.1.6         A             B            C           D

          1.1.1       Die resultaat van die uitdrukking 7 MOD 5 + 10 DIV 3:

                      A       2
                      B       3
                      C       4
                      D       5                                                                        (1)

          1.1.2       'n Digitale handtekening word gebruik …

                      A       wanneer iemand 'n elektroniese dokument onderteken.
                      B       om die afsender van 'n elektroniese dokument te identifiseer.
                      C       as die verstekhandtekening wat by 'n e-posadres gevoeg word.
                      D       vir die vertroulike kommunikasie van sensitiewe inligting.               (1)

          1.1.3       'n Trojaanse ('Trojan') virus is ontwerp om …

                      A       alle stelseldata uit te vee.
                      B       toegang tot administrateursvoorregte te verkry.
                      C       klein, hinderlike probleempies te veroorsaak wanneer dit self
                              oor die netwerk versprei.
                      D       nuttig voor te kom, maar om skade aan te rig.                            (1)

          1.1.4       'n Tegniek wat gebruik word om dit te laat lyk asof elektroniese
                      kommunikasie vanaf 'n wettige bron afkomstig is, staan as …
                      bekend.

                      A       spammery ('spamming')
                      B       spoef ('spoofing')
                      C       spioenering ('spying')
                      D       stroming ('streaming')                                                   (1)

          1.1.5       Om 'n verwantskap tussen twee tabelle in 'n databasis te skep, moet
                      'n koppeling van die … gemaak word.

                      A       publieke sleutel na die privaat sleutel
                      B       vreemde sleutel ('foreign key') na die privaat sleutel
                      C       primêre sleutel ('primary key') na die publieke sleutel
                      D       primêre sleutel na die vreemde sleutel                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                                    DBE/2017
                                               SSE

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       Die hoeveelheid data wat 'n IDV ('ISP') 'n gebruiker toelaat om in 'n
                      spesifieke tydperk op of af te laai                                          (1)

          1.2.2       'n Webtuiste wat gereeld in chronologiese volgorde met nuus en
                      gebeure opdateer word                                                        (1)

          1.2.3       'n Persoon wat by 'n stelsel inbreek om data elektronies te steel of
                      om ongemagtigde veranderings aan data aan te bring                           (1)

          1.2.4       'n Internetdiens wat 'n domeinnaam na 'n IP-adres vertaal, bv.
                      www.abcd.com vertaal na 169.15.100.123                                       (1)

          1.2.5       Die protokol wat gebruik word vir veilige geënkripteerde dataoordrag
                      op die Internet                                                              (1)

          1.2.6       Die proses waardeur die bestaande vasteware ('firmware') uitgevee
                      en met 'n opgedateerde weergawe vervang word                                 (1)

          1.2.7       'n Internetgebaseerde alternatief vir teksboodskappe, waarmee
                      multimedia in reële tyd ('real time') via toepassings, soos WhatsApp,
                      uitgeruil kan word                                                           (1)

          1.2.8       'n Algemene formaat vir die stoor van digitale musiek deur
                      doeltreffende samepersingstegnieke en klank van goeie gehalte
                      te kombineer                                                                 (1)

          1.2.9       Om ongemagtigde toegang te verkry tot 'n konneksie in 'n
                      onbeveiligde Wi-Fi-netwerk en dit te gebruik                                 (1)

          1.2.10      Aanskakeltoets ('start-up test') wat uitgevoer word om te verseker
                      dat alle noodsaaklike hardeware teenwoordig en in 'n werkende
                      toestand is                                                                  (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         5                                    DBE/2017
                                               SSE

SCENARIO

'n Reisagentskap in die plaaslike winkelkompleks het die hulp van die IT-leerders
nodig met die opknapping van die IT-infrastruktuur op hulle perseel.

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Die reisagentskap het 'n LAN in die kantoorgebou. Alle agente benodig 'n rekenaar by
hul werkstasies.

2.1       'n Keuse moet gemaak word tussen die aankoop van vet('fat')- of dun-
          kliënt('thin-client')-rekenaars.

          Motiveer die gebruik van dun-kliënt-rekenaars vir die kantoor.                           (2)

2.2       Wanneer 'n rekenaar aangeskakel              word,   voer   die   verwerker    die
          BTAS('BIOS')-program uit.

          2.2.1       Waar word die BTAS gevind?                                                   (1)

          2.2.2       Noem TWEE funksies van die BTAS.                                             (2)

2.3       Baie faktore beïnvloed die werkverrigting van 'n rekenaarstelsel.

          2.3.1       Watter term word gebruik om die tegniek te beskryf waar meer as
                      een SVE('CPU')-kern gelyktydig op aparte toepassings werk?                   (1)

          2.3.2       Kasberging ('caching') word in 'n verskillende situasies in 'n
                      rekenaarstelsel gebruik.

                      (a)   Wat is die hoofdoel van kasberging, ongeag waar dit voorkom?           (2)

                      (b)   Verduidelik hoe skyf-kasberging ('disk caching') 'n rekenaar se
                            werkverrigting verbeter.                                               (2)

          2.3.3       Behalwe kasberging, noem EEN ander faktor wat die werkverrigting
                      van 'n rekenaarstelsel kan verbeter EN verduidelik ook hoe dit
                      werkverrigting sal verbeter.                                                 (2)

2.4       Noem die gemeenskaplike taak wat deur beide 'n interpreteerder en 'n
          kompileerder uitgevoer word.                                                             (2)

2.5       Die opgradering van rekenaarhardeware en -sagteware kan as 'n alternatief
          vir die vervanging van rekenaars beskou word.

          Stel TWEE aspekte voor wat oorweeg moet word indien daar besluit word om
          hardeware of sagteware op te gradeer.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        6                                     DBE/2017
                                              SSE

2.6       Daar is baie ekonomiese oorwegings wanneer die rekenaars in die
          reisagentskap gebruik word.

          2.6.1       Behalwe om al die rekenaars saans af te skakel, noem TWEE ander
                      maniere waarop die elektrisiteitgebruik van rekenaartoestelle
                      verminder kan word.                                                          (2)

          2.6.2       Verduidelik TWEE maniere waarop die gebruik van rekenaars vir die
                      reisagentskap finansieel voordelig sal wees.                                 (2)

2.7       'n Foutiewe stelling is gemaak dat die gebruik van 'n doeltreffende rugsteun-
          instandhoudingsprogram sal voorkom dat die hardeskyf gefragmenteer raak.

          2.7.1       Beskryf TWEE aspekte           van     'n   doeltreffende   rugsteun-
                      instandhoudingsprogram.                                                      (2)

          2.7.2       Definieer die term skyffragmentasie.                                         (1)

2.8       'n Vastetoestandaandrywer (VTA/'SSD') word vir berging in sommige toestelle
          gebruik.

          Gee TWEE redes waarom VTA's geskikter is om in mobiele toestelle
          te gebruik.                                                                              (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           7                                   DBE/2017
                                                SSE

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Die winkelkompleks sal al die winkels met 'n gekabelde netwerk konnekteer.

3.1       Die gekabelde LAN in die winkelkompleks sal toegang tot die Internet hê.

                    LAN                     Toestel A                  Internet
                                                                       Internet

          3.1.1       Gee TWEE redes om die gebruik van OVK('UTP')-kabels vir die
                      netwerk in die winkelkompleks te motiveer.                                    (2)

          3.1.2       Watter hardewaretoestel (Toestel A) sal gebruik word sodat die LAN
                      toegang tot die Internet kan hê?                                              (1)

          3.1.3       Stel 'n geskikte topologie vir die LAN voor.                                  (1)

3.2       Die reisagentskap gebruik 'n kliënt-bediener-netwerk.

          Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n kliënt-bediener-netwerk eerder
          as 'n eweknienetwerk.                                                                     (2)

3.3       Die stelseladministrateur vir die reisagentskap sal seker maak dat die
          sagteware gereeld opgedateer word.

          3.3.1       Stel EEN rede voor waarom sagteware op datum gehou moet word.                 (1)

          3.3.2       Noem TWEE         ander    verantwoordelikhede   van     die   stelsel-
                      administrateur.                                                               (2)

3.4       Die veiligheid van kliëntedata is noodsaaklik in die reisbedryf. Kwaadwillige
          sagteware ('malware') kan 'n rekenaar deur die netwerk aanval.

          3.4.1       Verduidelik die rol wat wagwoordbeskerming by die veiligheid van
                      data speel.                                                                   (1)

          3.4.2       Definieer die term kwaadwillige sagteware ('malware').                        (2)

          3.4.3       Verduidelik hoe 'n skansmuur ('firewall') tot die verskaffing van
                      sekuriteit vir rekenaars op 'n netwerk bydra.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                                    DBE/2017
                                               SSE

3.5       Die reisagentskap adverteer hulle produkte op 'n webtuiste. Sommige
          webblaaie word dinamies gegenereer.

          3.5.1       Sommige webtuistes gebruik koekies ('cookies'). Wat is 'n koekie in
                      rekenaarterme?                                                               (2)

          3.5.2       Verduidelik wat 'n dinamiese webblad is.                                     (2)

          3.5.3       Hoe word KSV's ('CSSs/cascading style sheets') in die ontwikkeling
                      van 'n webblad gebruik?                                                      (2)

          3.5.4       'n Digitale sertifikaat is by die maatskappy se webtuiste aangeheg.

                      (a)   Waarom word dit aanbeveel dat die maatskappy se webtuiste
                            'n digitale sertifikaat moet hê?                                       (1)

                      (b)   Noem TWEE besonderhede wat op die digitale sertifikaat
                            voorkom.                                                               (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               23

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            9                                        DBE/2017
                                                 SSE

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Die toermaatskappy vereis die gebruik van                    'n      databasisbestuurstelsel     om
besonderhede van toere en toergidse te stoor.

4.1       Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n DBBD ('DBMS')?

          •     Oracle
          •     MS Excel
          •     FireFox
          •     Delphi                                                                                    (1)

4.2       Noem TWEE aspekte van databasisontwerp wat in ag geneem moet word om
          doeltreffende funksionaliteit te verseker.                                                      (2)

4.3       'n Rekord van die toere en die agent wat vir elke toer verantwoordelik is, word
          in 'n tabel, tblToere, gestoor. Die eerste vyf rekords van die tblToere-tabel
          word hieronder gegee.

                                                  tblToere
              ToerBestemming    BeginDatum     EindDatum          Toergids          GidsTelNom
              Kruger National   2017-07-01     2017-07-06         Senzo Dladla      0812345678
              Park
              Drakensberg       2017-07-20     2017-07-24         Meredith Peters   0731112223
              Cape Town         2017-08-14     2017-08-24         Kajal Singh       0619988772
              Sun City          2017-08-22     2017-08-30         Senzo Dladla      0812345678
              Mozambique        2017-08-23     2017-09-03         Kajal Singh       0619988772

          4.3.1       Verduidelik wat 'n rekord in 'n databasis is.                                       (1)

          4.3.2       Al die datatipes is op teks ('text') gestel.

                      Identifiseer EEN veld waar die datatipe verander moet word EN stel
                      'n geskikter datatipe voor.                                                         (2)

          4.3.3       Die ontwerp van die tblToere-tabel laat toe dat onreëlmatighede
                      plaasvind.

                      (a)   Verduidelik wat 'n opdateringsonreëlmatigheid ('update
                            anomaly') is, deur die toergids Kajal Singh as 'n voorbeeld te
                            gebruik.                                                                      (2)

                      (b)   Verduidelik die basiese stappe wat gevolg moet word om die
                            tblToere-tabel te normaliseer.                                                (3)

          4.3.4       Die volgende SQL-stelling word uitgevoer:
                                             DELETE FROM tblToere
                      Wat is die resultaat nadat hierdie stelling uitgevoer is?                           (2)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                                DBE/2017
                                                SSE

4.4       Parallelle datastelle kan gebruik word om data veilig te stoor.

          Verduidelik kortliks hoe die gebruik van parallelle datastelle die verlies van
          data kan voorkom.                                                                      (2)

4.5       Die data in die databasis kan vir data-ontginning ('data mining') gebruik word.

          Verduidelik wat data-ontginning is.                                                    (2)

4.6       SQL-navrae ('queries') word gebruik om inligting uit die databasis te verkry.

          Verduidelik hoe SQL-inspuiting ('SQL injection') as 'n krakingshulpmiddel
          ('hacking tool') gebruik kan word.                                                     (2)

4.7       Die reisagentskap gebruik 'n verspreide databasis.

          4.7.1           Gee TWEE redes waarom verspreide databasisse gebruik word.             (2)

          4.7.2           Noem die TWEE modelle vir verspreide databasisse wat gebruik
                          word om te verseker dat die data op verskillende bedieners op
                          datum en gesinchroniseer bly.                                          (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING D:              23

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                               11                             DBE/2017
                                                    SSE

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Die reisagentskap gebruik die koppelvlak hieronder as 'n besprekingsvorm vir
          vakansie-akkommodasie. Die verskillende tipes beskikbare akkommodasie
          kan as 'kampterrein', '4-slaapkamerhuis', 'B&B' en 'hotel' gekategoriseer word.

          5.1.1

                                                                                      2
                          1

                                                                                      3

                      (a)     Nommer 1–3 dui aan dat redigeringsblokkies ('edit boxes') vir
                              datatoevoer gebruik word. Dui in elke geval (nommer 1–3) 'n
                              geskikter toevoerkomponent aan om te verseker dat geldige
                              ('valid') data ingevoer word.

                              LET WEL: Jy mag nie 'n spesifieke komponent vir meer as
                                       een antwoord gebruik nie.                                   (3)

                      (b)     Stel TWEE moontlike besonderhede voor wat ook by die
                              besprekingsvorm hierbo ingesluit behoort te word.                    (2)

          5.1.2       Die data wat ingevoer word deur die veranderde vorm te gebruik,
                      moet gevalideer en geverifieer word.

                      (a)     Verduidelik die volgende konsepte:

                              (i)    Geldige ('valid') data                                        (1)

                              (ii)   Geverifieerde ('verified') data                               (1)

                      (b)     Verduidelik hoe die komponent wat vir datatoevoer (1) in
                              VRAAG 5.1.1 voorgestel is, sal verseker dat geldige data
                              ingevoer word.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         12                                  DBE/2017
                                               SSE

5.2       Die tweedimensionele skikking, arrBesoekers wat in die tabel hieronder
          voorgestel word, stoor die getal besoekers aan 'n pretpark en 'n dierepark.
          Die berekende totale van besoekers elke maand sal ook in dieselfde skikking
          gestoor word.
          LET WEL: Slegs die gearseerde ('shaded') inligting in die tabel is in die
                   skikking gestoor.
                                              Getal besoekers
                                         Pretpark         Dierepark       Totaal
                  Januarie                1112              1321
                  Februarie               1943              2312
                  Maart                   1721              1233
                  April                   1512              2312
                  Mei                     1412              1345
                  Junie                   1121              1453
                  Julie                   2121              1732
                  Augustus                1211              1998
                  September               1211              2012
                  Oktober                 2142              2901
                  November                2132              2132
                  Desember                2111              2987
          Die algoritme hieronder is saamgestel om die totale getal besoekers vir elke
          maand aan die twee parke te bepaal en om dit dan in die skikking te stoor.
          Bestudeer die algoritme om VRAAG 5.2.1 en VRAAG 5.2.2 te beantwoord:
           1. Laai die waardes in die arrBesoekers-skikking vir die eerste twee kolomme
           2. For teller1 ← 1 to 12
           3.   totaal ← 0
           4.   For teller2 ←1 to 2
           5.           totaal ← totaal + arrBesoekers [teller1,teller2]
           6.   Einde binneste lus
           7. Einde buitenste lus

          Die gegewe algoritme kort 'n stelling, wat 'n logiese fout veroorsaak.
          5.2.1       Verduidelik wat met 'n logiese fout bedoel word.                            (2)
          5.2.2       Om die logiese fout op te los, moet die totale getal besoekers vir
                      elke maand in die 2D-skikking gestoor word, deur die volgende
                      stelling te gebruik:
                                     arrBesoekers[ x , y ] ← totaal
                      (a)   Vervang x en y in die stelling sodat die totaal vir elke maand
                            korrek in die 2D-skikking gestoor sal word.                           (2)
                      (b)   Watter EEN van die stellings (A–C) hieronder beskryf die
                            posisie in die algoritme waar hierdie stelling ingevoeg moet
                            word, KORREK?
                            A   Tussen reël 6 en 7
                            B   Tussen reël 3 en 4
                            C   Bygevoeg as reël 8                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          13                                    DBE/2017
                                                SSE

          5.2.3       Dui aan watter veranderings in reël 2 tot 5 van die gegewe algoritme
                      aangebring moet word indien die som van die kolomme bepaal moet
                      word, in plaas van die som van die rye.

                      LET WEL: Jy hoef nie die som van die kolomme in die skikking te
                               stoor nie.                                                            (2)

          5.2.4       Twee waardes in die skikking is foutief vasgelê. Die waardes vir
                      'Pretpark' en 'Dierepark' vir Mei moet omgeruil word.

                      Skryf pseudokode om die twee waardes in die skikking om te ruil.               (3)

5.3       Die onvolledige 'UML'-diagram hieronder stel 'n Bespreking-klas ('class') in
          'OOP' voor.

                                                   Bespreking
                          - akkommodasieTipe
                          - getalVolwassenes
                          - getalKinders
                          - beginDatum
                          - eindDatum
                          - getalDae
                          + constructor(akkommodasieTipe, getalVolwassenes,
                                         getalKinders, beginDatum, eindDatum)
                          + getAkkommodasieTipe()
                          + setBeginDatum(startDate)
                          - berekenDae()
                          + toString()
          5.3.1       Waarna verwys die afkorting 'OOP'?                                             (1)

          5.3.2       Wat is die doel van 'n konstruktor('constructor')-metode in 'n klas?           (1)

          5.3.3       Motiveer waarom dit NIE nodig is om die veld getalDae as 'n
                      attribuut van die klas te hê NIE.                                              (1)

          5.3.4       Wat is die gevolg daarvan om die berekenDae()-metode as 'n
                      privaat metode ('private method') te verklaar?                                 (1)

          5.3.5       Die begindatum van die bespreking is in die konstruktor
                      geïnisialiseer. Verduidelik waarom die setBeginDatum()-metode
                      steeds vereis word?                                                            (2)

          5.3.6       Verduidelik die doel van 'n toString()-metode.                                 (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING E:               26

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          14                               DBE/2017
                                                SSE

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die reisagente moet in staat wees om besigheid te doen vanuit hulle kantoorgebou of
deur hulle mobiele kantoor te gebruik. Internettoegang word vereis aangesien die
meeste van die besigheid aanlyn gedoen word.

6.1       Die agente sal in staat wees om hulle slimfone te gebruik om toegang tot die
          besigheid se netwerk te verkry wanneer hulle weg van die kantoor is.

          6.1.1       Behalwe om te bel en toegang tot die netwerk te verkry, noem EEN
                      manier waarop 'n slimfoon 'n nuttige besigheidsinstrument kan
                      wees.                                                                     (1)

          6.1.2       Bespreek TWEE nadele om besigheid met 'n slimfoon te doen.                (2)

          6.1.3       Watter aanlyn diens word gebruik om te verseker dat reisagente te
                      alle tye toegang sal hê tot die nuutste weergawes van hul
                      dokumente op al hulle toestelle?                                          (1)

6.2       Daar is 'n behoefte aan toegangsbeheer by die reisagent se kantoorgebou.

          Noem TWEE metodes wat die agentskap kan gebruik om elektronies toegang
          tot die gebou te beheer.                                                              (2)

6.3       Die reisagentskap se AGB ('AUP') verbied die gebruik van sosialenetwerk-
          webtuistes op die agentskap se rekenaars.

          6.3.1       Skryf die afkorting AGB ('AUP') volledig uit.                             (1)

          6.3.2       Behalwe vir die voorbeeld wat reeds gegee is, noem TWEE ander
                      aspekte wat in die reisagentskap se AGB ingesluit behoort te word.        (2)

          6.3.3       Motiveer TWEE redes waarom die verbod op sosialenetwerk-
                      webtuistes by die werk geregverdig is.                                    (2)

6.4       Die agente sal ook toegang tot die maatskappy se intranet benodig.

          6.4.1       Wat is 'n intranet?                                                       (2)

          6.4.2       Stel 'n manier voor hoe die reisagente veilige toegang tot die
                      reisagent se intranet kan verkry wanneer hulle vanaf die huis op
                      hulle tablet-rekenaars werk.                                              (1)

6.5       'n Ethernet-konneksie, met MTB('MAC')-adres 20-89-84-DE-C9-F4, verwys na
          die NKK ('NIC') van 'n rekenaar by die kantoor.

          6.5.1       Wat is die funksie van 'n NKK ('NIC')?                                    (1)

          6.5.2       Wat is die doel van 'n MTB('MAC')-adres?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                                       DBE/2017
                                              SSE

6.6       'n Multifunksie-drukker is vir die kantoor bestel en sal op die gekabelde
          netwerk toeganklik wees.
          6.6.1       Daar word geredeneer dat die beeldskandeerder-funksie 'n mors
                      van geld is.
                      Stel enige ander manier voor waarop reisdokumente as beelde
                      vasgelê kan word sodat dit op die rekenaarstelsel gestoor word.               (1)
          6.6.2       Behalwe om die drukker te deel, gee TWEE ander redes waarom
                      toestelle in 'n netwerk geskakel word.                                        (2)
          6.6.3       'n Kliënt het daarin geslaag om 'n dokument vanaf sy tablet na die
                      drukker te stuur.
                      Watter tegnologie sal 'n gebruiker, wat nie aan 'n gekabelde netwerk
                      verbind is nie, toelaat om op die drukker te druk?                            (1)

6.7       Die administrasie- en rekenkundige deel van die reisagentskap sal op
          wolktoepassings ('cloud applications') uitgevoer word.
          6.7.1       Watter sagteware is nodig om wolktoepassings uit te voer?                     (1)
          6.7.2       SaaS (Sagteware as 'n Diens/'Software as a Service') kan as 'n
                      geïntegreerde produk verskaf word, byvoorbeeld Office 365.
                      Noem TWEE voordele van die gebruik van SaaS as 'n
                      geïntegreerde produk.                                                         (2)
          6.7.3       Verduidelik hoe wolkrekenarisering ('cloud computing') virtualisasie
                      gebruik om kragtige aanlyn dienste te verskaf.                                (2)
          6.7.4       Bespreek kortliks TWEE nadele van wolkrekenarisering.                         (2)

6.8       Klante sal aanlyn kan bespreek en betaal, deur die digitale geldeenheid,
          BitCoin, te gebruik.
          6.8.1       Aanlyn transaksies word        geënkripteer.   Verduidelik   die    term
                      enkripsie.                                                                    (2)
          6.8.2       Aanlyn sekuriteitsmetodes sluit die gebruik van publiekesleutel-
                      enkripsie ('public key encryption') in. Verduidelik kortliks die
                      publiekesleutel-enkripsiemetode ('public key encryption method').             (2)
          6.8.3       Noem EEN nadeel van die gebruik van BitCoin vir aanlyn betaling.              (1)

6.9       BitTorrent-sagteware word op die kantoor se netwerk geblok.
          6.9.1       Wat is BitTorrent?                                                            (2)
          6.9.2       Noem TWEE voordele van die gebruik van BitTorrent.                            (2)

6.10      Die aflaai ('downloading') van sagteware kan soms as sagteware-roof
          ('software piracy') beskou word.
          Gee TWEE voorbeelde van wanneer die aflaai van sagteware nie as roof
          beskou sal word nie.                                                                      (2)
                                                                     TOTAAL AFDELING F:             38
                                                                         GROOTTOTAAL:               150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2017-memo-afr/6da80f60-503e-4b1b-82cc-20d06ddbb825) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-eng/54ec87cc-baac-4df0-a4a8-cf0983188337) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
