# Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                          2018

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                             DBE/2018
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                           (16)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                                 (24)
          AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie        (22)
          AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                         (23)
          AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                             (25)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                             (40)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
          feite/redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        3                                     DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3 en
1.2.1 tot 1.2.2) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.4 D.

1.1       1.1.1       Die algemeenste protokol wat gebruik word om e-pos te stuur, staan
                      as … bekend.

                      A    POP3
                      B    FTP
                      C    EPOP ('SMTP')
                      D    VoIP                                                                    (1)

          1.1.2       Watter EEN van die volgende verwys na 'n enkripsieproses om die
                      identiteit van die versender van 'n e-posboodskap geldig te
                      verklaar?

                      A    Digitale sertifikaat
                      B    Digitale vingerafdruk
                      C    Digitale handdruk
                      D    Digitale handtekening                                                   (1)

          1.1.3       Watter EEN van die volgende verwys na 'n datastruktuur wat
                      nievlugtig is?

                      A    String
                      B    Eendimensionele skikking
                      C    Tweedimensionele skikking
                      D    Tekslêer                                                                (1)

1.2       1.2.1       Die volgende verklaringstellings word voorsien:

                      var
                       K : integer;
                       R : real;

                      Die toewysingstellings hieronder is gekodeer:

                      (i)      K := 25 div 4;
                      (ii)     K := R + 2;
                      (iii)    K := R div 5;
                      (iv)     R := 15 mod 4;

                      Watter van die toewysingstellings hierbo sal 'n saamstel-/sintaksfout
                      veroorsaak?

                      A    (i) en (iii)
                      B    (i) en (iv)
                      C    (ii) en (iii)
                      D    (ii) en (iv)                                                            (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        4                                     DBE/2018
                                              SSE

          1.2.2       Bepaal die waarde van sAntwoord nadat die stellings hieronder
                      uitgevoer is.

                      sReel := 'Information Technology is great';
                      sAntwoord := copy(sReel, pos('n',sReel)-1, 4);
                      Insert('T',sAntwoord, 2);

                      A    nfo T
                      B    ITnfo
                      C    nfoT
                      D    nTfo                                                                    (2)

1.3       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1       Webtoepassings wat ontwerp is om die funksies en eienskappe van
                      'n tradisionele tafelrekenaartoepassing aanlyn te lewer. Die
                      koppelvlak word plaaslik deur jou webblaaier gegenereer.                     (1)

          1.3.2       'n Tipe inligtingstelsel wat inligting vir die bestuurs-, bedryfs- en
                      beplanningsvlakke van 'n organisasie versamel, analiseer en
                      voorstel. Dit help om besluite te neem oor probleme wat vinnig kan
                      verander.                                                                    (1)

          1.3.3       Afgelaaide sagteware      wat   die   gebruiker   met   advertensies
                      bombardeer                                                                   (1)

          1.3.4       'n Netwerk van zombierekenaars wat oor 'n afstand beheer word                (1)

          1.3.5       'n Tipe geheue wat die BTAS('BIOS')-instellings stoor                        (1)

          1.3.6       Toetsing van die akkuraatheid van data wat vasgelê is deur dit met
                      die bron van die data te kontroleer                                          (1)

          1.3.7       Iemand wat ongemagtigde toegang tot data verkry met die doel om
                      data te steel of iemand wat ongemagtigde veranderinge aan data
                      aanbring                                                                     (1)

          1.3.8       Gespesialiseerde hardeware en sagteware wat ontwerp is om by
                      kasregisterpunte te gebruik                                                  (1)

          1.3.9       E-pos wat aan mense gestuur word wat produkte adverteer
                      waarvoor nie gevra is nie                                                    (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               16

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                                     DBE/2018
                                              SSE

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1       Rekenaars het moederborde wat modulêr ontwerp is.

          2.1.1       Noem EEN voordeel van 'n moederbord wat modulêr ontwerp is.                  (1)

          2.1.2       Noem EEN komponent/toestel wat by enige van die poorte aan die
                      agterkant van 'n standaardtafelrekenaar ingeprop kan word.                   (1)

          2.1.3       Wat is die doel van ETG ('RAM')?                                             (1)

          2.1.4       Verduidelik wat SVE('CPU')-kasgeheue is en watter impak dit op die
                      verwerkingspoed van 'n rekenaar het.                                         (3)

          2.1.5       Verduidelik die konsep van multiverwerking.                                  (2)

2.2       Die jonger generasie rekenaargebruikers verkies dikwels om mobiele
          toestelle eerder as tafelrekenaars te gebruik.

          2.2.1       Behalwe vir mobiliteit, gee TWEE ander redes waarom mobiele
                      toestelle eerder as tafelrekenaars verkies kan word.                         (2)

          2.2.2       Noem TWEE faktore wat die gebruik van mobiele toestelle beperk.              (2)

          2.2.3       Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n VTS ('SSD') in plaas van 'n
                      konvensionele hardeskyf in 'n mobiele toestel.                               (2)

2.3       Die gebruik van wolktoepassings, soos Google Docs, asook ander tipes
          Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service – SaaS') is deesdae populêre
          praktyk.

          2.3.1       Wat is 'n wolktoepassing?                                                    (1)

          2.3.2       Gee TWEE redes vir die gebruik van SaaS in plaas van standaard-
                      sagteware vir tafelrekenaars.                                                (2)

          2.3.3       Noem EEN nadeel wat met die gebruik van wolkrekenarisering
                      geassosieer word.                                                            (1)

          2.3.4       Wolkrekenarisering steun op virtualisasietegnologieë.

                      Noem TWEE maniere waarop virtualisasietegnieke gebruik word
                      deur maatskappye wat wolkdienste aanbied.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        6                                     DBE/2018
                                              SSE

2.4       Die biblioteek by 'n skool gebruik 'n aanlyn digitale mediabron ('repository').

          2.4.1       Wat is 'n aanlyn digitale mediabron?                                         (1)

          2.4.2       Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n mediabron.                             (2)

2.5       Die biblioteek by die skool wil 'n rugsteunbeleid implementeer om hulle data
          te rugsteun.

          Gee EEN rede waarom 'n aanlyn rugsteundiens aanbeveel word.                              (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               24

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        7                                    DBE/2018
                                              SSE

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

VRAAG 3

Die diagram hieronder illustreer die netwerk van 'n klein besigheid.

                                            Roeteerder/Skansmuur

       Bediener
                     Skakelaar ('Switch')

                          Administrasie
                                                         Wi Fi

3.1       Die rekenaars in die kabelnetwerk word deur al die personeellede gebruik en
          die WLAN word deur kliënte gebruik.

          3.1.1       Gee EEN rede waarom 'n kabellose netwerk vir die kliënte meer
                      geskik is.                                                                  (1)

          3.1.2       Gee EEN rede waarom alle toestelle 'n unieke IP-adres moet hê.              (1)

          3.1.3       Gee TWEE moontlike redes waarom kliënte wat die WLAN gebruik,
                      soms stadige konneksiespoed kan ervaar.                                     (2)

3.2       Die LAN in die administrasiekantoor gebruik 'n kliënt-bedienermodel en
          verskaf internettoegang.

          3.2.1       Noem TWEE dienste wat deur 'n IDV ('ISP') gelewer kan word
                      behalwe vir die konneksie met die internet.                                 (2)

          3.2.2       Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n ADHL('ADSL')-
                      konneksie.                                                                  (2)

          3.2.3       Verduidelik die funksie van die skakelaar ('switch') as deel van die
                      LAN.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          8                                  DBE/2018
                                                SSE

          3.2.4       Die LAN wat deur die administrasiepersoneel gebruik word, gebruik
                      veseloptiese kabels.

                      (a)    Watter medium word deur veseloptiese kabels gebruik om
                             seine oor te dra?                                                    (1)

                      (b)    Gee TWEE redes waarom veseloptiese kabels meer geskik
                             vir gebruik in 'n LAN as UTP-kabels sal wees.                        (2)

3.3       Dit is 'n vereiste dat al die rekenaars in die LAN dun kliënte moet wees en dat
          'n OKT ('UPS') vir die bediener geïnstalleer moet word.

          3.3.1       Verduidelik wat 'n dun kliënt is.                                           (1)

          3.3.2       Gee TWEE redes waarom die gebruik van dun kliënte dikwels
                      verkies word.                                                               (2)

          3.3.3       Wat is die doel van 'n OKT ('UPS')?                                         (1)

3.4       Sommige personeellede het toegang tot die besigheid se virtuele privaat
          netwerk (VPN).

          3.4.1       Gee EEN praktiese voorbeeld van hoe die personeel uit die gebruik
                      van die VPN voordeel kan trek.                                              (1)

          3.4.2       Noem die tegniek wat gebruik word om die privaatheid van inligting
                      op 'n VPN tydens versending te handhaaf.                                    (1)

          3.4.3       Gee TWEE moontlike redes waarom 'n personeellid probleme kan
                      ondervind as hy/sy probeer om aan die VPN te koppel.                        (2)

3.5       Die grootte van 'n e-diens kan wissel van baie klein tot baie groot.

          Wat is die term wat gebruik word om die vermoë van 'n stelsel te beskryf om
          'n verkleining of 'n groei van sy werklading te hanteer, of sy potensiaal om
          verklein of vergroot te word om 'n moontlike verkleining of groei van sy
          werklading te akkommodeer?                                                              (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               22

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                                        DBE/2018
                                               SSE

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

4.1       'n Biblioteek gebruik 'n relasionele databasis om 'n rekord te hê van boeke
          wat uitgeneem is.

          4.1.1       Verduidelik wat 'n relasionele databasis is.                                     (2)

          4.1.2       Verduidelik waarom rekordsluiting nodig is wanneer verskillende
                      personeellede besig is om op dieselfde tabel in die databasis te
                      werk.                                                                            (2)

          4.1.3       Behalwe vir die beplanning en skep van 'n databasis, noem TWEE
                      ander take wat 'n databasisadministrateur moet uitvoer as deel van
                      sy/haar pligte.                                                                  (2)

4.2       Die databasis van die biblioteek bevat twee tabelle: tblStudente en
          tblBoekeUitgeneem. Die tabel tblStudente hou rekord van die studente wat
          die biblioteek se dienste gebruik. Die tabel tblBoekeUitgeneem hou rekord
          van die boeke wat deur 'n student uitgeneem is.

          Die verwantskap tussen die tabelle word hieronder gegee.

          4.2.1       Die studentenommer in die tblStudente-tabel is die primêre sleutel.

                      Verduidelik wat 'n primêre sleutel in hierdie konteks is.                        (1)

          4.2.2       Wat word die StudentNommer-veld in die tblBoekeUitgeneem-
                      tabel ten opsigte van die verwantskap tussen die tabelle genoem?                 (1)

          4.2.3       'n Saamgestelde primêre sleutel word in die tblBoekeUitgeneem-
                      tabel gebruik.

                      Wat word met 'n saamgestelde primêre sleutel bedoel?                             (1)

          4.2.4       Identifiseer en motiveer die spesifieke verwantskap wat tussen die
                      tblStudente- en die tblBoekeUitgeneem-tabel bestaan.                             (2)

          4.2.5       Referensiële integriteit is afgedwing toe die verwantskap tussen die
                      tabelle geskep is.

                      Hoekom is dit gedoen?                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        10                                    DBE/2018
                                              SSE

          4.2.6       Die uittreksel van data hieronder toon 'n paar van die rekords in die
                      twee tabelle.

                      (a)   Skryf 'n SQL-stelling om die naam, van en fondse
                            beskikbaar, te vertoon van al die studente met R30 of minder
                            in hulle rekeninge.                                                    (3)

                      (b)   Skryf 'n SQL-stelling om die studentenommer en getal boeke
                            uitgeneem, te vertoon van al die studente wat meer as twee
                            boeke uitgeneem het. Die getal boeke wat uitgeneem is, moet
                            in 'n veld met die naam GetalUitgeneem getoon word.                    (7)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:               23

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        11                                  DBE/2018
                                              SSE

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Gee 'n rede vir die gebruik van ELK van die volgende strukture in
          'n Delphi-program:

          5.1.1       FormCreate-gebeurtenis ('event')                                           (1)

          5.1.2       'n WHILE-lus in plaas van 'n FOR-lus                                       (1)

          5.1.3       Ord-funksie                                                                (1)

5.2       Studente kan op die universiteit se webtuiste of portaal ('portal') aanteken om
          toegang tot bronne te kry.

          5.2.1       Hieronder is 'n onvolledige klasdiagram is vir 'n objekklas wat
                      geskep is om rekord te hou van toegang tot 'n webtuiste.

                                         StudentAanteken

                                         Attribute
                                         -fStudentKode(String)
                                         -fStudentNaam(String)
                                         -fDatumVanAanteken
                                         -fTydVanAanteken
                                         -fAantekenNommer(integer)

                                         Metodes
                                         +Konstruktor Create
                                         +toString:String

                      (a)   Die attribute van 'n objek moet geënkapsuleer wees.

                            Definieer die term enkapsuleer.                                      (2)

                      (b)   Stel 'n geskikte datatipe vir die fDatumVanAanteken-attribuut
                            voor.                                                                (1)

                      (c)   Definieer 'n metode wat by die klasdiagram gevoeg kan word
                            om die studentekode van die objek terug te stuur.                    (1)

                      (d)   Definieer 'n metode wat by die klasdiagram gevoeg kan word
                            wat 'n parameter ontvang en die aantekennommer verander.             (1)

                      (e)   Watter tipe metode is die toString-metode?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          12                                   DBE/2018
                                                SSE

          5.2.2       Die studentenommers van ten minste 1 000 IT-studente word in 'n
                      skikking met die naam arrStudNommers gestoor. Die finale
                      resultate vir die Wiskundemodule word in 'n parallelle skikking met
                      die naam arrWiskResultate gestoor.

                      Voorbeeld van die eerste vyf studentenommers en resultate in die
                      onderskeie skikkings:

                      arrStudNommers                              arrWiskResultate
                            S0001                                        89
                            S0002                                        42
                            S0003                                        91
                            S0004                                        65
                            S0005                                        58
                              :                                           :

                      Die volgende kode is gebruik om 'n studentenommer in te sleutel en
                      die student se resultaat op te dateer:

                          1   sSoek := InputBox('Soek','Sleutel studentenommer
                              in', '0000');
                          2   For A := 1 to 1000 do
                          3   Begin
                          4    If arrStudNommers[A] = sSoek then
                          5      arrWiskResultate[A] :=
                                    StrToInt(InputBox('Dateer resultaat op',
                                 'Sleutel opgedateerde resultaat vir wiskunde
                                                                 in','00'));
                          6   End;

                      (a)     Noem die tipe soektegniek wat in die kode hierbo gebruik is.          (1)

                      (b)     Lewer kritiek op die programkode wat verskaf is ten opsigte
                              van goeie en doeltreffende programmeringstegnieke.                    (1)

                      (c)     Skryf pseudokode wat 'n meer doeltreffende soektegniek
                              gebruik wat die soekproses sal termineer sodra die opdatering
                              gedoen is.                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                                13                                  DBE/2018
                                                      SSE

5.3       Die volgende segment programmeringskode is gebruik om 'n studentekode te
          genereer:

          Reel      Kode
          1         sNaam := edtNaam.Text;
          2         sKode := ''; {leë string}
          3         A := 1;
          4         Repeat
          5          if NOT(Upcase(sNaam[A]) in ['A','E','I','O','U'])then
          6                    sKode := sKode + sNaam[A];
          7          inc(A, 1);
          8         Until (sNaam[A] = ' '); {spasie}
          9         ShowMessage(sKode);

          Kopieer en voltooi die naspeurtabel hieronder om te bepaal wat die afvoer
          van hierdie programsegment sal wees as die naam wat in die edtNaam-
          redigeerblokkie ingesleutel is, 'Mark Simon' is.

                          NOT (Upcase (sNaam[A])
            sNaam         in ['A','E','I','O','U'])    sKode   A   Is sNaam[A] = ' '?   Vertoon
            Mark                                       ''      1
            Simon
                          True
                                                       M
                                                               2
                                                                   False
                                                                                                         (6)

                                                                           TOTAAL AFDELING E:            25

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        14                                      DBE/2018
                                              SSE

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die plaaslike universiteit is besig om hulle biblioteek en die IKT('ICT')-infrastruktuur op
te gradeer. Die universiteit se webtuiste kan gebruik word om roosters na te gaan en
om toegang tot die navorsingsafdeling van die biblioteek te bespreek.

6.1       'n AGB('AUP')-dokument is vir die biblioteek opgestel. Een van die punte wat
          in die dokument genoem word, sê dat, waar moontlik, elektroniese
          dokumente in plaas van gedrukte dokumente gebruik moet word.

          6.1.1       Waarvoor staan die akroniem AGB ('AUP')?                                     (1)

          6.1.2       Verduidelik kortliks die doel daarvan om 'n AGB ('AUP') te hê.               (2)

6.2       'n Paar van die elektroniese dokumente word in 'n aanlyn stoorfasiliteit
          gestoor om lêersinchronisering ('file syncing') te fasiliteer.

          Verduidelik die konsep van lêersinchronisering.                                          (2)

6.3       Die universiteit het 'n webontwerper in diens geneem om die webtuiste te
          herontwerp.

          6.3.1       Noem TWEE vaardighede wat 'n webontwerper nodig sou hê om 'n
                      webtuiste te skep.                                                           (2)

          6.3.2       Studente kan van hulle mobiele toestelle af toegang tot die
                      webtuiste kry.

                      Noem TWEE faktore wat 'n webontwerper in ag moet neem
                      wanneer webtuistes ontwerp word om van mobiele toestelle af
                      toeganklik te wees.                                                          (2)

6.4       Sommige studente kyk video's op hulle elektroniese toestelle as deel van
          navorsingsprojekte. Die video's word saam met metadata op 'n VTS ('SSD')
          gestoor.

          6.4.1       Wat is metadata?                                                             (1)

          6.4.2       Stel 'n geskikte formaat vir die samepersing ('compression') van
                      video's voor.                                                                (1)

6.5       Skedules vir kortkursuslesings en webinaars word op die webtuiste vertoon.

          6.5.1       Wat is 'n webinaar?                                                          (1)

          6.5.2       Hoe kan die studente oor veranderinge in die skedules ingelig bly
                      sonder om die webtuiste te besoek?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                                    DBE/2018
                                               SSE

6.6       Sommige studente gebruik oopbron('open source')-bedryfstelsels, soos Linux,
          terwyl ander kommersiële stelsels, soos Microsoft Windows 10, gebruik.

          6.6.1       Noem DRIE funksies van 'n bedryfstelsel.                                      (3)

          6.6.2       Gee EEN rede vir die gebruik van 'n kommersiële          bedryfstelsel
                      eerder as 'n oopbron-bedryfstelsel.                                           (1)

6.7       Die biblioteek kan RFID-etikette wat in die boeke ingebed is en
          RFID-skandeerders by die biblioteek se uitgange en terugbring-punte gebruik.
          Voorraadopnames ('audits') in 'n biblioteek kan gefasiliteer word deur die
          gebruik van mobiele RFID-raklesers, wat dit moontlik maak dat 'n
          voorraadopname binne sekondes van 'n hele rak gedoen kan word, sonder
          dat 'n boek van die rak afgehaal word.

          6.7.1       Skryf die afkorting RFID uit.                                                 (1)

          6.7.2       Verduidelik die verskil tussen 'n passiewe RFID-etiket en 'n aktiewe
                      RFID-etiket.                                                                  (3)

          6.7.3       Die gebruik van RFID-studentekaarte skakel die nodigheid van die
                      insleutel van 'n studentenommer uit. Die kaart word geskandeer
                      deur 'n RFID-leser te gebruik.

                      Gee TWEE redes waarom datatoevoer per hand (bv. 'n persoon by
                      'n sleutelbord wat data insleutel) deesdae een van die ongewildste
                      metodes is om data vas te lê.                                                 (2)

6.8       Alhoewel e-pos een van die gewildste gebruike van die internet is, word
          gebruikers dikwels deur die gebrek aan netiket ('netiquette') gefrustreer.

          Wat is netiket? Gee 'n voorbeeld as deel van jou antwoord.                                (2)

6.9       IKT ('ICT') het die manier waarop mense sosiale media gebruik om te
          kommunikeer, radikaal verander.

          Noem EEN manier waarop sosiale netwerking kulture oor die hele wêreld
          negatief kan beïnvloed.                                                                   (1)

6.10      Universiteitspersoneel wil seker wees dat inligting wat oor die netwerk gestuur
          word, veilig sal wees.

          6.10.1      Publieke sleutel-enkripsie ('public key encryption') gaan gebruik
                      word om die data te beskerm.

                      (a)   Verduidelik wat die term enkripsie beteken.                             (2)

                      (b)   Verduidelik hoe publieke sleutel-enkripsie werk.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         16                                      DBE/2018
                                               SSE

          6.10.2      'n Geel slot word op die URL-band vertoon wanneer die gebruiker
                      die universiteit se webtuiste oopmaak.

                      (a)   Watter ander visuele aanduiding word vertoon wat aandui dat
                            die webtuiste veilig is, behalwe die geel slot?                         (1)

                      (b)   As 'n gebruiker op die geel slot klik, word die volgende
                            dialoogblokkie vertoon:

                            Watter TWEE stukkies inligting op die sertifikaat kan gebruik
                            word om te verifieer dat die webtuiste eg is?                           (2)

          6.10.3      Personeellede word dikwels teen sosiale manipulasie ('social
                      engineering') gewaarsku.

                      (a)   Verduidelik wat sosiale manipulasie ('social engineering') is.          (2)

                      (b)   Wat is die gevolg daarvan om 'n slagoffer van sosiale
                            manipulasie te wees?                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        17                                    DBE/2018
                                              SSE

6.11      Groenrekenarisering het 'n fokuspunt in die IKT-veld geword.

          6.11.1      Definieer die term groenrekenarisering.                                   (1)

          6.11.2      Stel enige TWEE inisiatiewe voor          vir   die   biblioteek   om
                      groenrekenarisering te implementeer.                                      (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING F:             40
                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-memo-afr/53776df3-0cf3-4d09-a7e5-fb431e799895) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-memo-eng/b14c831b-ce05-4e30-81c6-0fca0f7f50f7) — Information Technology · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
