# Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                         2021

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                        (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                              (25)
          AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë             (24)
          AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                      (27)
          AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                          (25)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                          (34)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
           redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           3                                    DBE/2021
                                               SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1
1.1       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–R) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 S.

                                KOLOM A                                 KOLOM B
          1.1.1       Iemand wat 'n verskeidenheid           A     internet-slenter ('hoax')
                      instrumente gebruik om webblad-
                      inhoud te beplan, struktureer, skep en B     intranet
                      in stand te hou
                                                             C     Bluetooth
          1.1.2       'n Opdatering wat afgelaai kan word
                      om 'n spesifieke programfout in        D     spam
                      sagteware reg te maak
          1.1.3       Die gebruik van sosiale media om         E   advertensieprogramme
                      vals inligting, wat voorkom of dit die       ('adware')
                      waarheid is, te versprei
                                                               F   dienspakket ('service
          1.1.4       'n Sekere hoeveelheid hoëspoed-              pack')
                      geheue wat op elke hardeskyf
                      ingebou word om die toegangspoed         G web-outeur
                      tot data op 'n skyf te versnel
                                                               H   RFID
          1.1.5       Sagteware wat opskiet('pop-up')-
                      advertensies aflaai en jou rekenaar      I   regstelling ('patch')
                      daarmee bombardeer terwyl die
                      rekenaar aan die internet gekoppel is    J   skimverklikker ('rootkit')
          1.1.6       'n Standaardtaal wat gebruik word vir
                      navrae en om data in 'n databasis te     K   extranet
                      manipuleer
                                                               L   SQL
          1.1.7       Datavasleggingstegnologie wat
                      ontwerp is om meer data te stoor en      M dekripsie ('decryption')
                      om meer doeltreffend as
                      strepieskode-stelsels ('barcode          N   skyfkas ('disc cache')
                      systems') te werk
                                                               O HTML
          1.1.8       'n Organisasie se netwerk wat vir
                      gebruikers buite die organisasie         P   WiMAX
                      toeganklik is
          1.1.9       'n Versameling programme wat          Q stelselontleder ('system
                      ontwerp is om administrateursregte te   analyst')
                      bekom om 'n rekenaar vir
                      kwaadwillige doeleindes te beheer     R VPN

          1.1.10      Kabellose ('Wireless') tegnologie wat
                      toestelle toelaat om oor 'n kort
                      afstand met mekaar te kommunikeer
                                                                                      (10 x 1)       (10)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       'n Hoëkapasiteit-bergingstoestel wat flitsgeheueskywe ('flash
                      memory chips') in plaas van magnetiese metaalhardeskywe gebruik              (1)

          1.2.2       Sagteware wat 'n bedryfstelsel in staat stel om met 'n spesifieke
                      hardewaretoestel te kommunikeer                                              (1)

          1.2.3       Die konsep van die 'huur' van sagteware in plaas daarvan om 'n
                      lisensie te koop om vir altyd te gebruik                                     (1)

          1.2.4       'n Tendens waardeur aparte tegnologieë en funksies van
                      veelvuldige toestelle in 'n enkele veeldoelige toestel gekombineer
                      word                                                                         (1)

          1.2.5       'n Tekslêer (maks. 4 Kb) wat gebruik word om doelgemaakte
                      ('customised') verstellings vir 'n webtuiste op jou plaaslike rekenaar
                      te stoor                                                                     (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                                  DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1       Verduidelik waarom punt-tot-punt-konneksies ('point-to-point connections')
          tussen komponente gebruik word wat groot hoeveelhede data uitruil.                    (2)

2.2       'n SVE ('CPU') word as die 'hart' van 'n rekenaar beskou.

           2.2.1      Wat word 'n SVE met vier kerne ('cores') genoem?                          (1)

          2.2.2       Verduidelik waarom 'n SVE met meer as een kern 'n taak vinniger as
                      'n enkelkern-verwerker kan verwerk.                                       (2)

          2.2.3       Gee TWEE redes waarom die kasgeheue ('cache memory') op die
                      SVE verwerking versnel.                                                   (2)

2.3       Wat word die elektroniese paadjies genoem wat data tussen komponente op
          die moederbord oordra?                                                                (1)

2.4        Bespreek TWEE eienskappe van ETG ('RAM').                                            (4)

2.5       Noem waarom ontwikkelaars ('developers') uit die gebruik van virtualisasie
          kan voordeel trek.                                                                    (2)

2.6       Vasteware ('Firmware') is sagteware wat in verskillende toestelle gevind word.

          2.6.1       Noem die doel van vasteware.                                              (1)

          2.6.2       Waar word vasteware op 'n toestel aangetref?                              (1)

2.7       Verduidelik die verwantskap tussen KMOH ('CMOS') en die BTAS ('BIOS')
          deur na die doel van ELK te verwys.                                                   (2)

2.8       Jy moet voorbereid wees op 'n situasie waar jou primêre hardeskyf faal en
          niks op jou hardeskyf herwin kan word nie.

          Maak 'n lys van DRIE noodsaaklike dinge wat jy moet doen om te verseker
          dat jy voorbereid sal wees om jou stelsel te herbou nadat 'n nuwe primêre
          hardeskyf geïnstalleer is.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          6                                     DBE/2021
                                              SS/NSS

2.9        Bestudeer die volgende skermkopie ('screenshot'):

           2.9.1      Die kapasiteit van die skyf word in terme van gigagrepe ('gigabytes')
                      getoon. Die kleinste bergingseenheid is 'n bis ('bit'). Hoeveel bisse is
                      daar in EEN greep?                                                             (1)

           2.9.2      Verduidelik waarom dit 'n goeie idee is om te verseker dat die
                      inhoud van 'n skyf geïndekseer ('indexed') is.                                 (2)

           2.9.3      Gee EEN rede waarom jy 'n skyfskoonmaak-nutsprogram ('disc
                      clean-up utility') sal laat uitvoer.                                           (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          7                                  DBE/2021
                                              SS/NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1       'n Netwerk word gevorm wanneer twee of meer toestelle gekonnekteer word
          om kommunikasie tussen die toestelle moontlik te maak.

          3.1.1       Watter LAN-standaard word algemeen in 'n kabelnetwerk ('cabled
                      network') gebruik?                                                          (1)

          3.1.2       Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie in netwerke gewild is.               (2)

          3.1.3       Verduidelik waarom die gebruik van 'n skakelaar ('switch') 'n
                      voordeel in 'n netwerk sal wees.                                            (2)

3.2       Netwerke maak dit moontlik om data, inligting en sagteware oor te dra.

          3.2.1       Wie is 'n saaier ('seeder') wanneer lêers van die internet afgelaai
                      word wanneer BitTorrent gebruik word?                                       (1)

          3.2.2       Noem die verskil tussen die internet en 'n intranet.                        (2)

3.3       'n Maatskappy besluit dat sy werknemers weens gesondheidsredes eerder
          vanaf die huis moet werk.

          3.3.1       Werknemers sal toegang moet hê tot hulle dokumente wat op die
                      bediener ('server') by die kantoor gestoor word.

                      Noem die tipe netwerk waarmee hulle toegang tot hierdie
                      dokumente deur die internet kan verkry.                                     (1)

          3.3.2       Wat is 'n agterdeur ('back door') wanneer daar na netwerkveiligheid
                      verwys word?                                                                (2)

          3.3.3       Een spanlid het genoem dat die lêers outomaties sal sinkroniseer
                      ('synchronise automatically') wanneer dit in aanlyn berging gestoor
                      word.

                      Verduidelik wat daarmee bedoel word dat lêers gesinkroniseer word
                      wanneer dit in hierdie konteks gestoor word.                                (2)

3.4       Soekenjins, soos Google, word elke dag deur baie gebruikers gebruik.

          3.4.1       Verduidelik die verskil tussen 'n doelgemaakte soektog ('customised
                      search') en 'n konteksbewuste soektog ('context-aware search').             (2)

          3.4.2       Waarom beïnvloed 'n geborgde skakel ('sponsored link') die
                      resultate wat van 'n soekenjin verkry word?                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                                   DBE/2021
                                             SS/NSS

3.5       Vir 'n webblad om interaktief te kan wees, moet die webblad spesifieke
          programmeringsinstruksies insluit.

          3.5.1       Noem TWEE verskillende skripteringstale ('scripting languages').            (2)

          3.5.2       Verduidelik kortliks hoe bedienerkant-skriptering ('server-side
                      scripting') geïmplementeer word om 'n interaktiewe webblad te skep.         (2)

3.6       Die bestuur van baie groothandelmaatskappye moet elke dag ingeligte
          besluite neem. Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n VOS ('DSS').                   (2)

3.7       Gee EEN rede waarom die gehalte van inligting wat op wiki's, soos Wikipedia,
          aangebied word, NIE altyd betroubaar is NIE.                                            (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               24

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          9                                      DBE/2021
                                              SS/NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

'n Databasis word by 'n inkopiesentrum ('mall') gebruik om die besonderhede van
winkels, personeel, kliënte en ander inligting te stoor. 'n Personeellid kan slegs by een
winkel werk. Een van die tabelle se naam is tblWinkels en het die volgende
tabelontwerp:

Tabel: tblWinkels

 Veldnaam                   Datatipe             Beskrywing
 Winkelnaam                 Short Text (30)      Die naam van die winkel by die
                                                 inkopiesentrum
 AantalVierkanteMeter Number (Double)            Die aantal vierkante meter wat die
                                                 winkel beslaan
 HuurBedrag                 Number (Double)      Die maandelikse huur vir die winkel
 DatumGeopen                Date/Time            Die datum waarop die winkel die eerste
                                                 maal oopgemaak het
 AantalJareOop              Number (Integer)     Die aantal voltooide jare wat die winkel
                                                 by die inkopiesentrum besigheid doen

4.1       Die DatumGeopen-veld is as 'n primêresleutel-veld ('primary key field')
          gekies.

          4.1.1       Verduidelik die doel van 'n primêre sleutel.                                    (1)

          4.1.2       Gee 'n rede waarom die gebruik van die DatumGeopen-veld as 'n
                      primêre sleutel nie gepas sal wees nie.                                         (1)

          4.1.3       Beveel 'n meer geskikte primêre sleutel vir die tabel tblWinkels aan
                      wat in die tblWinkels-tabel ingesluit kon gewees het.                           (1)

4.2       Normalisering is 'n term wat algemeen in die konteks van relasionele
          databasisse ('relational databases') gebruik word.

          4.2.1       Verduidelik die term normalisering.                                             (2)

          4.2.2       Waarom oortree die        insluiting van       die   AantalJareOop-veld
                      normaliseringsreëls?                                                            (2)

4.3       Data moet gevalideer word om te verseker dat ons kwaliteitdata het.

          Noem TWEE valideringstoetse wat op die DatumGeopen-veld uitgevoer kan
          word wanneer data in die veld ingesleutel word.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                                     DBE/2021
                                               SS/NSS

4.4       'n Tabel, tblPersoneel, is geskep om die inligting van die personeel van elke
          winkel te stoor. Gebruik die EVD('ERD')-diagram hieronder om VRAAG 4.4.1
          en VRAAG 4.4.2 te beantwoord.

                           WINKEL                                     PERSONEEL

          4.4.1       Beskryf die verwantskap ('relationship') tussen die tabelle met
                      gebruik van 'n geskikte werkwoord ('action verb').                              (1)

          4.4.2       Wat is die tipe verwantskap tussen die WINKEL-entiteit en die
                      PERSONEEL-entiteit? Kies die antwoord en skryf slegs die letter
                      (A–C) langs die vraagnommer neer, bv. 4.4.2 D.

                      A.     Baie-tot-een-verwantskap

                      B.     Een-tot-baie-verwantskap

                      C.     Baie-tot-baie-verwantskap                                                (1)

4.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          4.5.1       'n Primêre sleutel en 'n vreemde sleutel ('foreign key') wat gebruik
                      word om 'n verwantskap tussen twee tabelle te skep, moet presies
                      dieselfde veldnaam in beide tabelle hê.                                         (1)

          4.5.2       Data wat in 'n vreemdesleutel-veld in 'n tabel gestoor word, kan
                      duplikate bevat.                                                                (1)

          4.5.3       Referensiële integriteit ('referential integrity') kan in 'n enkele tabel
                      toegepas word.                                                                  (1)

          4.5.4       Databasis-oortolligheid ('database redundancy') kan tot databasis-
                      onreëlmatighede ('anomalies') lei.                                              (1)

          4.5.5       'n Voordeel van data-onafhanklikheid is dat veelvuldige toepassings
                      dieselfde data van 'n koppelvlak kan voorsien aangesien die fisiese
                      struktuur van die databasis onafhanklik van die toepassing is.                  (1)

4.6       Die meeste kettingwinkels in inkopiesentrums gebruik datapakhuising ('data
          warehousing') wat berging vir groot hoeveelhede data verskaf. Rekords wat in
          die huidige databasis verouderd ('outdated') is, moet na die datapakhuis
          geskuif word.

          Gee TWEE redes waarom die verouderde rekords verander moet word
          voordat dit met die data in die datapakhuis gekombineer word.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        11                                 DBE/2021
                                             SS/NSS

4.7       Transaksies in 'n databasisbestuurstelsel ('database management system')
          sluit die uitvee van rekords in. Wanneer 'n rekord uitgevee word, word dit
          slegs as uitgevee gemerk.

          Waarom word hierdie rekords as uitgevee gemerk en nie uit die databasis
          verwyder nie?                                                                         (1)

4.8       Noem TWEE potensiële probleme wanneer 'n enkele gesentraliseerde
          databasis gebruik word wat 'n groot aantal gekonnekteerde gebruikers en
          navrae bedien.                                                                        (2)

4.9       Die inkopiesentrum moet maatreëls instel om te verseker dat die inligting wat
          in die databasis gestoor word, nie in gevaar gestel ('compromised') word nie.

          Noem TWEE maniere waarop 'n SQL-inspuiting-aanval ('injection attack')
          deur kuberkrakers ('hackers') op die databasis voorkom kan word.                      (2)

4.10      Aanlyn data-insameling ('online data collection') vind by die betaalpunt in 'n
          supermark plaas.

          4.10.1      Definieer die term aanlyn data-insameling.                                (2)

          4.10.2      Gee EEN voorbeeld van aanlyn data-insameling by die betaalpunt in
                      'n supermark EN verduidelik hoe die data tot voordeel van die
                      supermark gebruik kan word.                                               (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:           27

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         12                                DBE/2021
                                              SS/NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       'n Algoritme is 'n stapsgewyse ontleding om 'n probleem op te los.

          5.1.1       Noem EEN tegniek/instrument/diagram wat gebruik kan word om 'n
                      algoritme voor te stel.                                                   (1)

          5.1.2       Gee EEN rede waarom algoritmes NIE taalspesifiek moet wees NIE.           (1)

5.2       Bestudeer die volgende Delphi-kode en beantwoord die vrae wat volg:

               5   Procedure TForm1.btnBerekenClick(Sender: TObject);
               6   Var
               7   iSom:integer;
               8   begin
               9   iSom := 5+7;
              10   vertoonAntwoord;
              11   end;
              12
              13   Procedure TForm1.vertoonAntwoord;
              14   Var
              15   iSom:integer;
              16   begin
              17   ShowMessage('Die somtotaal is: '+ intToStr(iSom));
              18   end;

          5.2.1       Wat kan gedoen word om die kode in die voorbeeld hierbo meer
                      leesbaar te maak?                                                         (1)

          5.2.2       Wanneer die program uitgevoer word, sal die afvoer wat in reël 17
                      vertoon word, 0 wees.

                      (a)   Water tipe fout is dit?                                             (1)

                      (b)   Gee TWEE redes waarom die somtotaal as 0 vertoon word,
                            al is die somtotaal in reël 9 korrek bereken.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           13                                   DBE/2021
                                                SS/NSS

5.3       Die volgende onvolledige Delphi-oplossing word verskaf vir 'n probleem
          wat 15 onewe getalle, wat lukraak ('random') in die reeks 10 tot 40 (inklusief)
          gegenereer is, moet vertoon:

              1      iTelOnewe := 0;
              2      While iTelOnewe < 15 do
              3      Begin
              4
              5             iLukraak := …………
              6             if (………) then
              7             Begin
              8
              9                         showMessage(IntToStr(iLukraak));
             10             End;
             11      End;
             12

          5.3.1       Reël 5 moet voltooi word. Skryf Delphi-kode om 'n lukrake getal in
                      die reeks 10 tot 40 te genereer.                                               (1)

          5.3.2       Kies die korrekte opsie vir ELK van die volgende vrae en skryf slegs
                      die KORREKTE antwoord/opsie in die ANTWOORDEBOEK neer:

                      (a)   Die IF-stelling om te bepaal of die getal wat lukraak
                            gegenereer is, 'n onewe getal is, sal wees ...

                            (i)     if (iLukraak DIV 2 = 1) then

                            (ii)    if (iLukraak MOD 2 = 0) then

                            (iii)   if (iLukraak MOD 2 <> 0) then                                    (1)

                      (b)   Die stelling inc(iTelOnewe) moet by die kode hierbo
                            gevoeg word.

                            Kies die reëlnommer vir die korrekte posisie van die stelling:

                            (i)     4

                            (ii)    8

                            (iii)   12                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         14                                   DBE/2021
                                              SS/NSS

                      (c)   Watter EEN van die volgende sal die korrekte oplossing
                            verskaf indien die While-stelling in die gegewe kode op die
                            vorige bladsy deur 'n Repeat..Until-stelling vervang moet word:

                            (i)      Repeat
                                         …
                                     Until iTelOnewe > 15;

                            (ii)     Repeat
                                        …
                                     Until iTelOnewe >= 14;

                            (iii)    Repeat
                                        …
                                     Until iTelOnewe = 15;                                         (1)

5.4       Skryf die mees geskikte datatipes vir veranderlikes X en Y in die volgende
          stellings neer waar die datatipe van die Getal-veranderlike onbekend is:

          5.4.1       X := Floor(80/12*2);                                                         (1)

          5.4.2       Y := Sqr(Sqrt(Getal));                                                       (1)

5.5       Beskou die volgende UML-diagram en beantwoord die vrae wat volg:

                                              TPersoneel
                     - PersoneelID
                     - PersoneelNaam
                     - PersoneelVan
                     + Kontaknommer
                     + DatumAangestel
                     + create;
                     + getPersoneelID:String;
                     + setKontaknommer(sKontaknommer:String);
                     + isGeldigeDatum (iDag, iMaand, iJaar:integer): boolean;
                     + berekenJareErvaring:integer;

          5.5.1       Onderskei tussen 'n toegangsmetode ('accessor method') en 'n
                      wysigingsmetode ('mutator method').                                          (2)

          5.5.2       (a)   Waarna verwys die positiewe teken (+) en die negatiewe
                            teken (-) in die UML-diagram?                                          (1)

                      (b)   Verwys na die antwoord op VRAAG 5.5.2(a) en motiveer
                            waarom instansie-velde/-attribute ('instance fields/attributes')
                            eerder met die negatiewe teken (-) verklaar moet word as met
                            die positiewe teken (+).                                               (1)

          5.5.3       Identifiseer EEN prosedure in die UML-diagram hierbo.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                                      DBE/2021
                                              SS/NSS

5.6      Die Fibonacci-reeks is 'n reeks getalle: 1, 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, ...

         Die volgende getal in die reeks word bereken deur die vorige twee getalle by
         mekaar te tel.

         Die volgende onvolledige algoritme word verskaf:

         Die getal terme/getalle in die reeks moet ingesleutel word en die reeks moet
         vertoon word.

          input iGetalTerme     //getal terme in reeks
          iTerm1 1;
          iTerm2 1;
          if iGetalTerme = 1 then
                sReel  iTerm1
                vertoon sReel

          else if iGetalTerme = 2 then
                     sReel  iTerm1 + ' ' + iTerm2
                     vertoon sReel
          else
                ...
                ...
                ...
                ...
                ...
                ...

         Voltooi die algoritme hierbo om die vereiste afvoer te vertoon.                              (8)

                                                                     TOTAAL AFDELING E:               25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       16                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

'n Nuwe winkelsentrum is in jou omgewing gebou. Die beskikbaarheid van
rekenaardienste en Wi-Fi vir besighede en besoekers is een van die belangrikste
kwessies wat oorweeg moet word.

6.1       Die diagram hieronder is 'n voorbeeld van 'n WLAN. Wi-Fi-toegangspunte
          ('access points') is op verskillende plekke in die winkelsentrum geplaas.

          6.1.1       Watter medium word gebruik om Wi-Fi-data oor te dra?                        (1)

          6.1.2       Gee TWEE redes waarom daar 'n behoefte kan wees vir baie
                      toegangspunte in die netwerk-omgewing van die winkelsentrum.                (2)

6.2       Die plaaslike winkelsentrum laat jou toe om 'n toep ('app') af te laai om dit
          maklik te maak om deur die winkelsentrum te navigeer en dit kan klante help
          om 'n meer genotvolle besoek aan die winkelsentrum te hê.

          6.2.1       Watter tipe toestel sal die waarskynlikste gebruik word om hierdie
                      toep te laat uitvoer ('run')?                                               (1)

          6.2.2       Waarna verwys die term toepifikasie van die Web ('appification of
                      the Web')?                                                                  (2)

          6.2.3       Jy word gevra om die toep te verbeter deur defensiewe
                      programmering toe te pas.

                      Wat is defensiewe programmering?                                            (2)

          6.2.4       Beskryf  kortliks   TWEE        voorbeelde     van      defensiewe
                      programmeringstegnieke.                                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           17                                    DBE/2021
                                                SS/NSS

6.3           Transaksies word meestal elektronies gedoen. Enige data wat oor 'n netwerk
              gestuur word, beweeg deur verskillende nodes. Enkripsie is nodig om te
              verseker dat al die transaksies veilig is.

              6.3.1    Noem 'n enkripsieprotokol wat algemeen gebruik word om privaat
                       data wat oor die internet gestuur word, te enkripteer.                         (1)

              6.3.2    Verduidelik kortliks    hoe   publiekesleutel-enkripsie   ('public   key
                       encryption') werk.                                                             (3)

6.4           GPS en plekgebaseerde rekenaarverwerking ('location-based computing') is
              terme wat dikwels saam gebruik word.

              6.4.1    Definieer plekgebaseerde rekenaarverwerking.                                   (2)
      6.4.1
              6.4.2    Gee 'n voorbeeld van die gebruik van plekgebaseerde rekenaar-
                       verwerking in 'n winkelsentrum-omgewing.                                       (1)

6.5           Personeel in verskillende winkels moet van kubermisdaad, soos kuberkraking
              ('hacking') en VDoS('DDoS')-aanvalle bewus gemaak word.

              6.5.1    Verduidelik die verskil tussen 'n withoedkraker
                       ('white hat hacker') en 'n swarthoedkraker ('black hat
                       hacker').                                                                      (2)

              6.5.2    Verduidelik die uitwerking van 'n VDoS('DDoS')-aanval.                         (1)

              6.5.3    Die uitwerking van kubermisdaad is grotendeels dieselfde as dié
                       van gewone misdaad.

                       Noem TWEE negatiewe            uitwerkings   wat   kubermisdaad       op
                       besighede kan hê.                                                              (2)

6.6           MyVSpace is 'n virtuele kantoorruimte in die winkelsentrum.

              Definieer die term virtuele kantoor.                                                    (2)

6.7           Gedurende die Covid-19-pandemie is werknemers van 'n regsfirma gevra om
              van die huis af te werk. Die werknemers moet om 09:00 elke werksdag 'n
              Google Meet-sessie hê. Hierdie vergaderings moet opgeneem word.

              6.7.1    Wat is die term wat gebruik word om aan te dui dat 'n werknemer
                       tegnologie gebruik om van die huis af te werk?                                 (1)

              6.7.2    Alle werknemers is van 'n skootrekenaar, data en sagteware-
                       toepassings voorsien om die vergaderings by te woon. Watter ander
                       hardewaretoestel sal jy aanbeveel om in 'n huisomgewing tydens
                       hierdie vergaderings gebruik te word, en waarom?                               (2)

              6.7.3    Noem EEN videokonferensieplatform, buiten Google Meet, wat vir
                       die vergaderings gebruik kan word.                                             (1)

              6.7.4    Gee EEN voorbeeld van 'n wolkberging('cloud storage')-ruimte/diens
                       wat gebruik kan word om die vergaderings se opnames te stoor.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          18                                        DBE/2021
                                               SS/NSS

6.8        Aangepaste realiteit ('augmented reality') en virtuele realiteit ('virtual reality') is
           twee van die belowendste tegnologieë wat aan mobiele toep-ontwikkelaars
           beskikbaar is.

           6.8.1      Verduidelik die verskil tussen virtuele realiteit en aangepaste
                      realiteit.                                                                      (2)

           6.8.2      Hoe kan die toep die inkopie-ervaring by die winkel verbeter deur
                      aangepaste realiteit te gebruik?                                                (1)

           6.8.3      Aangepaste realiteit word moontlik gemaak deur data van
                      veelvuldige sensors saam te voeg. Noem TWEE toepaslike sensors
                      wat op 'n mobiele toestel beskikbaar is.                                        (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING F:             34
                                                                           GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-memo-afr/53776df3-0cf3-4d09-a7e5-fb431e799895) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
