# Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2023-afr/e324d18c-af35-4e6f-99c9-ab33a0d36e64
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2023-afr/e324d18c-af35-4e6f-99c9-ab33a0d36e64)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                         2023

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 3 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                      2                                DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                   (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                         (25)
          AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë        (30)
          AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur                  (20)
          AFDELING E: Oplossingontwikkeling                      (20)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                     (40)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
           feite/redes wat verlang word.

5.        Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik word.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         3                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–Q) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 R.

                                KOLOM A                            KOLOM B
          1.1.1       'n Stel data wat ander data beskryf    A   WWW
                      en inligting daaroor verskaf
                                                             B   ontfouting ('debugging')
          1.1.2       'n Versameling velde wat data oor 'n
                      spesifieke entiteit bevat              C   mp3
          1.1.3       'n Meeteenheid vir netwerk-
                                                             D   defragmentering
                      bandwydte en deurvoer

          1.1.4       Tegniek wat gebruik word om te         E   metadata
                      verhoed dat programme tydens die
                      uitvoer daarvan ineenstort ('crash')   F   inprop ('plug-in')

          1.1.5       'n Netwerk van aanlyn inhoud wat       G   argument
                      ineengeskakel ('interlinked') is en
                      waartoe toegang oor die internet       H   Mgps ('Mbps')
                      verkry kan word
                                                             I   bemiddelde soektog
          1.1.6       Onwelkome, ongevraagde digitale            ('mediated search')
                      kommunikasie wat in massa
                      uitgestuur word                        J   strikroof ('phishing')
          1.1.7       'n Sagtewarekomponent wat 'n
                                                             K   rekord
                      spesifieke eienskap by 'n bestaande
                      rekenaarprogram voeg
                                                             L   semantiese soektog
          1.1.8       'n Veranderlike in die opskrif
                      ('header') van 'n subroetine wat as    M   JPG
                      toevoer na die subroetine gebruik
                      word                                   N   hantering van
                                                                 uitsonderings
          1.1.9       'n Formaat van datasamepersing vir         ('exception handling')
                      die enkodering van digitale oudio,
                      meestal musiek                         O   spam

          1.1.10      'n Data-soektogtegniek waar die        P   GHz
                      doel van 'n soektog-navraag nie net
                      is om sleutelwoorde op te spoor nie,   Q   parameter
                      maar ook om die bedoeling en
                      kontekstuele betekenis van die
                      sleutelwoorde te bepaal
                                                                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        4                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

1.2       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 D.

          1.2.1       Watter EEN van die volgende is 'n protokol wat privaatheid bied aan
                      gebruikers wat op 'n publieke netwerk soos die internet werk?

                      A    HTML
                      B    VoIP
                      C    VPN
                      D    FTP                                                                    (1)

          1.2.2       'n Groep rekenaars wat deur dieselfde kwaadwillige sagteware
                      ('malware') geïnfekteer is en saam werk om kuberaanvalle uit te
                      voer, staan as … bekend.

                      A    kuberbendes ('cyber gangs')
                      B    skimverklikkers ('rootkits')
                      C    botnets
                      D    kuberkrakers ('hackers')                                               (1)

          1.2.3       … is die proses om groot volumes data te analiseer om patrone en
                      neigings ('trends') te vind.

                      A    Datavalidering
                      B    Datapakhuising ('Data warehousing')
                      C    Data-enkripsie
                      D    Data-ontginning                                                        (1)

          1.2.4       Wat sal die waarde van K        wees nadat die programsegment
                      hieronder uitgevoer is?

                      sWoord  'abcde'
                      K  0
                      while (length(sWoord) <= 20)
                       begin
                          sWoord := sWoord + sWoord
                          K  K + 1
                       end while

                      A    3
                      B    4
                      C    5
                      D    6                                                                      (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               15

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n IKT('ICT')-stelsel moet geïmplementeer word vir 'n nasionale televisiestasie wat 'n
talentvertoning aanbied. Elke beoordelaar sal van 'n skootrekenaar met die volgende
spesifikasies voorsien word:

Spesifikasies:
 Intel N4020-verwerker
 11.6" HD Touch
 MediaTek-grafikaverwerker
 4 GB ('GG') LPDDR4
 16 GB ('GG') eMMC VTA ('SSD')
 Gigabit Wi-Fi 5
 Bluetooth 5.0
 Google Chrome
 Office 365

2.1       Elke skootrekenaar het twee verwerkers, 'n Intel N4020-verwerker
          (SVE/'CPU') en 'n MediaTek-grafikaverwerker (GVE/'GPU').

          2.1.1       Noem die doel van 'n sentrale verwerkingseenheid (SVE).                      (1)

          2.1.2       Die meeste moderne verwerkers is multikern('multicore')-verwerkers
                      wat multikern-tegnologie gebruik.

                      (a)   Verduidelik waarna die term multikern verwys ten opsigte van
                            SVE-ontwerp.                                                           (2)

                      (b)   Noem EEN verwerkingstegniek wat sal toelaat dat die volle
                            voordeel van multikern-tegnologie benut kan word.                      (1)

                      (c)   Verduidelik waarom multikern-tegnologie in staat is om die
                            werkverrigting van 'n verwerker te verbeter.                           (2)

          2.1.3       Motiveer waarom die insluiting van 'n grafika-verwerker 'n positiewe
                      impak op die werkverrigting van die skootrekenaar sal hê.                    (2)

2.2       Die 11.6' HD Touch-spesifikasie verwys na die skootrekenaar se skerm.

          2.2.1       Verduidelik hoe die grootte van 'n skerm gemeet word.                        (1)

          2.2.2       Sommige toestelle het beide 'n VGA- en HDMI-konnekteerder om
                      met eksterne vertoontoestelle te kan koppel.

                      Dui aan watter EEN van hierdie konnekteerders die voorkeur-
                      konnekteerder in moderne toestelle is. Motiveer jou keuse.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          6                                 DBE/2023
                                              SS/NSS

2.3       Elke beoordelaar se skootrekenaar is met 'n 16GG('GB')-VTA ('SSD')
          toegerus.

          Motiveer die gebruik van geheue('flash')-tegnologie in VTA('SSD')-toestelle
          deur TWEE positiewe eienskappe van geheuestokkie('flash disk')-tegnologie
          te noem.                                                                                (2)

2.4       Die skootrekenaars word tydens die talentvertoning sonder kabels in 'n
          netwerk gekoppel.

          Verduidelik hoekom Wi-Fi meer geskik as Bluetooth sal wees om aan 'n
          kabellose netwerk ('wireless network') te koppel.                                       (2)

2.5       Windows 11 is as bedryfstelsel op elke skootrekenaar geïnstalleer.

          2.5.1       Definieer die term bedryfstelsel.                                           (2)

          2.5.2       Alhoewel Windows 11 'n bekende voorbeeld van outeursreg-
                      sagteware ('proprietary software') is, word oopbronsagteware ('open
                      source software') ook algemeen gebruik.

                      Watter EEN van hierdie tipes sagteware, outeursreg of oopbron, sou
                      jy aanbeveel?

                      Motiveer jou aanbeveling deur die meriete van die gebruik van die
                      spesifieke sagteware te bespreek.                                           (3)

2.6       Die Microsoft Office 365 wat op elke skootrekenaar geïnstalleer is, is slegs as
          'n SaaS-model beskikbaar.

          2.6.1       Wat behels die SaaS-model?                                                  (1)

          2.6.2       Regverdig hoekom die gebruik van die SaaS-model die
                      voorkeurbemarkingsmodel van baie sagtewaremaatskappye, soos
                      Microsoft, is.                                                              (2)

2.7       Nadat antivirussagteware geïnstalleer is, het die werkverrigting van die
          skootrekenaars afgeneem.

          Verduidelik hoe die funksionering van die antivirussagteware tot die afname in
          die algehele werkverrigting van 'n rekenaar kan bydra.                                  (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                                 7                                           DBE/2023
                                                     SS/NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Tegnologie in die vermaaklikheidsbedryf het die afgelope paar jaar uitgebrei.
Hierdie bedryf het kommunikasie- en netwerktegnologie aangeneem om toegang tot
vermaaklikheidsinhoud te verbeter.

3.1       Bestudeer die netwerkdiagram (FIGUUR 1) hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                            Roteerder ('Router')

                          Netskans ('Firewall')
                                                                                     Mobiele foon

                  Tafelrekenaar
                                                   Skakelaar ('Switch')

                                                            Kabellose toegangspunt

                           Drukker                       Bediener ('Server')

                                                      FIGUUR 1

          3.1.1       Noem die funksie van ELK van die volgende komponente in 'n
                      netwerk:

                      (a)       Skakelaar ('Switch')                                                               (1)

                      (b)       Kabellose toegangspunt ('Wireless access point')                                   (2)

                      (c)       Roeteerder ('Router')                                                              (1)

                      (d)       Bediener ('Server')                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

          3.1.2       'n Netskans ('firewall') is belangrik in 'n netwerk om teen
                      veiligheidsbreuke beveilig te wees.

                      Noem TWEE ander tipes veiligheidsmaatreëls wat gebruik kan word
                      om jou data op 'n netwerk te beveilig.                                          (2)

          3.1.3       Jy het agtergekom dat die Wi-Fi-sein se sterkte afneem as dit deur
                      fisiese objekte moet gaan, wat veroorsaak dat die
                      versendingstempo van die netwerk afneem.

                      Noem TWEE ander moontlike oorsake van die afname in
                      versendingstempo wat dikwels op Wi-Fi-netwerke ondervind word.                  (2)

          3.1.4       'n Vriend het die gebruik van BitTorrent voorgestel om medialêers af
                      te laai.

                      Verduidelik die proses van die oorstroming ('torrenting') van lêers
                      vanaf die internet.                                                             (3)

          3.1.5       'n Stertopologie word vir die uitleg van die netwerk gebruik.

                      (a)   Noem die komponent in FIGUUR 1 wat die uitleg van netwerk
                            as 'n stertopologie identifiseer.                                         (1)

                      (b)   Buiten koste, noem die enkele grootste nadeel van die gebruik
                            van 'n stertopologie.                                                     (1)

3.2       Jy het 'n wolkdiens ('cloud service') gebruik om jou medialêers te rugsteun.

          3.2.1       Verduidelik die verskil tussen 'n lêersinchroniseringsdiens en 'n
                      rugsteundiens.                                                                  (2)

          3.2.2       Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkberging ('cloud
                      storage').                                                                      (2)

          3.2.3       Motiveer hoekom optiese vesel die aanbevole keuse van 'n
                      kommunikasiemedium is om groot hoeveelhede data na die wolk
                      ('cloud') op te laai.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

3.3       Jou gunstelingwebtuiste toon 'n lokboodskap vir jou om na 'n video oor
          koekies ('cookies') te kyk.

          3.3.1      Dui aan of 'n koekie lokaal of aanlyn gestoor word.                           (1)

          3.3.2      Gee 'n voorbeeld van data wat deur 'n koekie gestoor word.                    (1)

          3.3.3      Jy het agtergekom dat die webtuiste 'n toegewyde toep ('app') in die
                     toepwinkel ('app store') het.

                     Motiveer waarom 'n toep soms eerder as 'n webblaaier ('browser')
                     verkies word om 'n webtuiste te besoek.                                       (2)

3.4       Web 2.0 het daartoe gelei dat gebruikers deur sosialemedia-tuistes blaai en
          toegang tot webtuistes kry waar interaksie tussen vriende en virtuele
          gemeenskappe plaasvind.

          3.4.1      (a)   Waarna verwys 'n virtuele gemeenskap in hierdie konteks?                (1)

                     (b)   Noem EEN vooruitgang van Web 1.0 na Web 2.0 wat hierdie
                           tipe sosiale interaksie moontlik gemaak het.                            (1)

          3.4.2      Die internet het ook na die Internet van Dinge (IvD) ('Internet of
                     Things/(IoT)') uitgebrei.

                     (a)   Wat is die IvD ('IoT')?                                                 (2)

                     (b)   Verduidelik deur middel van 'n voorbeeld hoe die IvD in 'n slim
                           ('smart') huis gebruik kan word.                                        (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         10                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

4.1       Beskou die entiteit-verwantskap-diagram (EVD) ('entity relationship diagram/
          ERD') hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Speellys                   het                    Liedjies

          4.1.1       Wat is die doel van 'n EVD ('ERD')?                                              (2)

          4.1.2       Kies die mees geskikte term uit die lys hieronder vir die deel van die
                      EVD ('ERD') hierbo wat deur (a) tot (d) aangedui word.

                      LET WEL: Jy word toegelaat om 'n opsie SLEGS EEN keer uit die
                               lys te kies.

                      Skryf die letter ((a) tot (d)) uit die diagram, sowel as die
                      geselekteerde term uit die lys hieronder langs die vraagnommer
                      (4.1.2) neer.

                         Entiteit
                         Verwantskap
                         Attribuut
                         Baie
                         Een
                         Verpligtend
                         Opsioneel                                                                    (4)

          4.1.3       'n Primêre sleutel moet uniek wees             wanneer      dit   in   'n
                      genormaliseerde databasis gebruik word.

                      Noem EEN ander vereiste van 'n primêre sleutel.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            11                                    DBE/2023
                                                SS/NSS

          4.1.4       Die ontwerp van die tblSpeellys-tabel hieronder is 'n poging om 'n
                      lys met liedjies vir die verskillende genres saam te stel, met
                      voorbeelddata.
                          Genre       Getal    Liedjie      Liedjie     Liedjie     Liedjie
                                      liedjies 1            2           3           4
                          Pop             3      Go West    Shaggy      DoBeDo
                          R and B         1      Move on
                          Country         3      Let's      Jolene      Hey Jude
                                                 Dance
                          Klassiek        2      Sunset     Phantom

                      (a)         Analiseer die ontwerp van die tblSpeelys-tabel krities deur
                                  te verduidelik hoekom die tabel nie aan die reëls van
                                  normalisering voldoen nie.                                            (2)

                      (b)         Gee 'n rede waarom dit meer geskik is om die speellys se
                                  inligting in 'n databasis eerder as in 'n tekslêer te stoor.          (1)

4.2       Jou onderwyser moet jou IT-punte vir die graad 12-eksamen insleutel. Jou
          totale punt uit 150 moet as 'n heelgetal ingesleutel word.

          'n Unieke kode moet vir elke leerder saamgestel word deur die leerder se
          ID-nommer te gebruik.

          Gebruik inligting hierbo en gee 'n voorbeeld van hoe die volgende data-
          valideringstegnieke toegepas kan word:

          4.2.1       Datatipe-toets ('data type check')                                                (1)

          4.2.2       Reikwydte-toets ('range check')                                                   (1)

          4.2.3       Teenwoordigheidstoets ('presence check')                                          (1)

4.3       Data-onafhanklikheid word op verskeie vlakke in moderne databasis-
          bestuursagteware verkry.

          Onderskei tussen die implikasie van fisiese en logiese data-onafhanklikheid
          tydens die ontwikkeling van 'n toepassing wat data, wat in 'n databasis
          gestoor is, gebruik.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        12                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

4.4       'n Geleentheidsagentskap bestuur die inkomste en uitgawes vir
          vermaaklikheidsgeleenthede. 'n Databasis sal as 'n transaksie-
          verwerkingstelsel vir die bespreek van plekke en die verkoop van kaartjies
          gebruik word.

          4.4.1       Verduidelik hoekom verwante transaksies tydens die verwerking
                      van transaksies saam gegroepeer word.                                        (1)

          4.4.2       Tydens die verwerking van 'n transaksie om 'n geleentheid te
                      bespreek, word die bestuurder daarvan in kennis gestel dat die plek
                      reeds bespreek is.

                      Wat word die proses genoem wat die databasis na sy vorige
                      toestand terugneem?                                                          (1)

          4.4.3       Gelyktydige toegang tot die plekbesprekingstabel in die databasis
                      kan tot dubbele besprekings lei.

                      Wat word die konsep genoem wat toegepas word om gelyktydige
                      toegang tot 'n databasistabel te voorkom?                                    (1)

          4.4.4       Die bestuurder by die geleentheidsagentskap gebruik 'n ouditspoor
                      ('audit trail').

                      Motiveer die nodigheid om 'n ouditspoor by die agentskap te
                      gebruik.                                                                     (2)

                                                                TOTAAL AFDELING D:                 20

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         13                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Die aansoekvorm hieronder is deur 'n talentsoek-organisasie gebruik sodat
          kandidate vir 'n liedjieskryfkompetisie kan inskryf.

          5.1.1       Drie seleksiekomponente is in die toepassing gebruik.

                      Motiveer die gebruik van seleksiekomponente eerder as insleutel-
                      velde om inligting van gebruikers te bekom.                                    (1)

          5.1.2       Die inligting wat in die toepassing hierbo ingesleutel word, sal in 'n
                      tekslêer gestoor word.

                      Noem die voordeel daarvan om die aansoekers se besonderhede in
                      'n tekslêer te stoor eerder as om slegs 'n skikking te gebruik.                (1)

          5.1.3       Die vorm het 'n knoppie ('button') nodig om die toepassing toe te
                      maak ('Close').

                      Hoekom sal die gebruik van 'n bis-knoppie ('bit button') meer geskik
                      wees as 'n standaardknoppie?                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          14                                      DBE/2023
                                              SS/NSS

5.2       Die volgende segment van 'n kode is as 'n deel van 'n speletjie-kompetisie
          gebruik. 'n Getal van 1 tot 6 moet lukraak gegenereer word. As die getal ewe
          is, moet die vierkantswortel van die getal bereken word, anders moet die
          vierkant van die getal bereken word.

            1       procedure TfrmV5.btnVraag5_2Click(Sender: TObject);
            2       var
            3         iGetal, iVierkantswortel, iVierkant:Integer;
            4         rDeler:Real;
            5       begin
            6         iGetal := RandomRange(1,7);
            7         if iGetal mod 2 = 0 then
            8            begin
            9                iVierkantswortel := SQRT(iGetal);
            10           end
            11        else
            12           begin
            13               iVierkant := iGetal * 2;
            14           end;
            15        rDeler := iGetal / 0;
            16        ShowMessage(FloatToStr(rDeler));
            17      end;

          Daar is baie foute in die segment van die kode hierbo.

          Gee die reëlnommer in die kode waar ELK van die volgende foute voorkom
          en verduidelik die rede vir die fout:

          5.2.1       Sintaksfout                                                                     (2)

          5.2.2       Logiese fout                                                                    (2)

          5.2.3       Looptydfout ('Runtime error')                                                   (2)

5.3       'n Veranderlike bVlag is as 'n Boolese datatipe verklaar.

          Dui aan of die volgende stellings REG of VERKEERD is:

          5.3.1       Die volgende twee reëls kode sal dieselfde antwoord tot gevolg hê:

                               Reël 1:    if bVlag then

                               Reël 2:    if bVlag = True then                                        (1)

          5.3.2       Die stelling NOT bVlag sal altyd 'false' as die resultaat lewer.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                                DBE/2023
                                             SS/NSS

5.4       Klasse en objekte is sleutelaspekte in objek-georiënteerde programmering.

          5.4.1       'n Toegangsbepaler ('access modifier') bepaal die toeganklikheid
                      van die veranderlikes en metodes van 'n klas.

                      Gee die status van die verstek('default')toegangsbepaler van 'n
                      attribuut van 'n klas.                                                     (1)

          5.4.2       Hoekom sal 'n metode soos 'n toString-metode as publiek ('public')
                      verklaar word?                                                             (2)

5.5        Die persoon wat vir die IT-afdeling by die kompetisie verantwoordelik is, het
           die taak gekry om die afvoer vir 'n programsegment, wat deur die
           vloeidiagram hieronder voorgestel word, te bepaal.

                          Index <= Length?

          LET WEL: 'Length' in die vloeidiagram verwys na die lengte van die
                    toevoerteks ('input text').

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       16                                DBE/2023
                                           SS/NSS

          Die naspeurtabel hieronder is saamgestel om te bepaal wat die afvoer van
          hierdie programsegment sal wees as die teks Y&$6@ as toevoer ingesleutel
          word.

          Kopieer die naspeurtabel in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit.

             Text         Count   Index   Text [Index]   Index <=    Count    Display
                                           = one of      Length?    >=3 AND
                                           Y&$6@?                   Length>
                                                                      =8?

           Y&$6@

                                                                                               (6)

                                                               TOTAAL AFDELING E:              20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        17                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

WatchMore Inc. is 'n internasionale vermaaklikheidsmaatskappy wat in die stroming
van televisievertonings en flieks spesialiseer.

6.1       WatchMore Inc. verskaf 'n video-op-versoek('VOV')('video on demand/VOD')-
          diens wat lisensies aan gebruikers bied. Hierdie lisensies laat toe dat vyf
          toestelle toegang tot een enkele subskripsie kan kry.

          6.1.1       Definieer die term VOV-diens.                                               (2)

          6.1.2       Elke gebruiker moet 'n eindgebruiker-lisensieooreenkoms (EGLO/
                      'EULA') aanvaar as hulle 'n VOV-diens gebruik.

                      Noem TWEE aspekte wat deur 'n EGLO aangespreek sal word.                    (2)

          6.1.3       Sommige dienste onderskei tussen die inhoud waartoe gebruikers
                      toegang kan kry op grond van die spesifieke land waarin hulle woon.

                      Verduidelik hoe geo-blokkering werk om gebruikers toegang tot
                      sekere inhoud van 'n VOV-diens te weier.                                    (2)

6.2       Werknemers by die maatskappy kan gesondheidsprobleme ontwikkel as
          gevolg van lang ure van redigering van flieks en vertonings.

          Gee TWEE ergonomiese riglyne om potensiële gesondheidsprobleme te
          voorkom.                                                                                (2)

6.3       Die voorsiening van 'n VOV-diens hang af van die vermoë om inhoud
          doeltreffend te stroom.

          6.3.1       Verduidelik hoekom VOV-inhoud gestroom en nie afgelaai sal word
                      nie.                                                                        (2)

          6.3.2       Verskillende tipes samepersing ('compression') sal gebruik word om
                      inhoud oor netwerke te stroom om die stromingsproses vinniger te
                      maak.

                      (a)   Watter tipe samepersing sal gebruik word vir die tipe inhoud
                            wat op VOV-dienste aangebied word?                                    (1)

                      (b)   Verduidelik hoekom die antwoord op VRAAG 6.3.2(a) hierbo
                            die geskikste vir hierdie tipe inhoud is.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          18                                     DBE/2023
                                              SS/NSS

6.4       Die VOV-diens laat kliënte toe om elektroniese aanlyn betalings op hulle
          rekeninge te doen deur hulle beveiligde betalingsplatform te gebruik.
          6.4.1       Noem EEN manier waarop die gebruiker kan bepaal of die tuiste
                      ('site') wat die betalingsplatform verskaf, 'n veilige konneksie
                      gebruik.                                                                         (1)
          6.4.2       Alle aanlyn transaksies is geënkripteer deur 'n beveiligde soklaag
                      (BSL/'SSL') te gebruik.
                      (a)   Motiveer die behoefte aan enkripsie wanneer aanlyn betalings
                            gedoen word.                                                               (2)
                      (b)   Verduidelik kortliks die DRIE basiese stappe van BSL-
                            enkripsie.                                                                 (3)
          6.4.3       Verduidelik EEN tegniek wat deur kubermisdadigers gebruik word
                      om internetgebruikers se bankinligting te verkry.                                (2)

6.5       Die VOV-diens sal 'n groot getal gebruikers wat van die diens gebruik maak,
          moet kan akkommodeer.
          6.5.1       Om te verseker dat hulle groot getalle gebruikers kan hanteer, maak
                      hulle hulle dienste aanpasbaar ('scalable').
                      (a)   Verduidelik die konsep aanpasbaarheid in hierdie konteks.                  (1)
                      (b)   Beskryf TWEE verskillende maniere waarop virtualisering
                            gebruik kan word om hulle diens aanpasbaar te maak.                        (2)
          6.5.2       Om die beskikbaarheid te verseker van die databasis wat die
                      gebruikersrekeninge bevat, gaan hulle 'n verspreidedatabasis-model
                      ('distributed database model') gebruik.
                      (a)   In    'n    verspreidedatabasis-model    kan      die    data
                            gerepliseer/gedupliseer of gesegmenteer ('partitioned') wees.
                            Motiveer watter EEN van hierdie twee benaderings jy op grond
                            van die gegewe scenario sal aanbeveel.                                     (2)
                      (b)   Hoe kan jy seker maak dat databasisse wat deel van 'n
                            verspreidedatabasis-model vorm by 'n maatskappy met
                            verloop van tyd dieselfde inligting sal bevat soos wat
                            veranderinge aangebring word?                                              (1)
6.6       Die produksiemaatskappy het besluit om 'n kletsbot ('chatbot') te gebruik om
          navrae van kliënte te hanteer en om met kliënte in die kletsfunksie op hulle
          webtuiste te kommunikeer.
          6.6.1       'n Kletsbot is 'n vorm van kunsmatige intelligensie (KI/'AI').
                      Definieer KI.                                                                    (2)
          6.6.2       Noem EEN voordeel van die gebruik van 'n kletsbot om
                      gebruikersnavrae in hierdie scenario te hanteer.                                 (1)
          6.6.3       Gee TWEE redes waarom dit meer gepas sal wees om 'n werklike
                      persoon eerder as 'n kletsbot te gebruik om gebruikerskletse te
                      hanteer.                                                                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        19                                  DBE/2023
                                             SS/NSS

6.7       'n VOV-diens kan miljoene intekenaars hê. Om die gewildheid van VOV-
          dienste vas te stel, stoor diensverskaffers die keuses van inhoud van al die
          gebruikers.

          6.7.1       Die scenario hierbo beskryf die eerste stap in die proses van data-
                      ontleding, naamlik die versameling van data.

                      Bespreek enige TWEE ander stappe met betrekking tot die scenario
                      deur 'n praktiese voorbeeld uit die scenario te gee.                    (4)

          6.7.2       Data-ontleding het in die era van groot data ('big data') baie
                      uitdagend geword.

                      Bespreek TWEE spesifieke uitdagings wanneer daar met groot data
                      gewerk word.                                                            (2)

          6.7.3       Die diensverskaffers gebruik die inligting wat hulle verkry uit
                      die prosesse of stappe wat hulle tydens data-ontleding volg om
                      inhoud wat met hulle spesifieke kyk-geskiedenis ooreenstem, aan
                      gebruikers te verskaf.

                      Evalueer hierdie praktyk krities ten opsigte van moontlike negatiewe
                      gevolge/invloede op gebruikers.                                         (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING F:          40
                                                                      GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Information Technology · Memo · 2023 · Eng
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Information Technology · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — QP · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
