# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2013-afr/fa5bd8c3-aac3-401b-96ec-ef5b4ab74c40
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2013-afr/fa5bd8c3-aac3-401b-96ec-ef5b4ab74c40)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2013

PUNTE: 180

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                          DBE/November 2013
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings wat soos volg verdeel is:

          AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae                                      (10)
          AFDELING B: Apparatuur en programmatuur                                (49)
          AFDELING C: Toepassings en implikasies                                 (23)
          AFDELING D: Programmering en programmatuurontwikkeling                 (48)
          AFDELING E: Geïntegreerde scenario                                     (50)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        In die algemeen gee die puntetoekenning 'n aanduiding van die getal
          feite/redes wat verlang word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           3                           DBE/November 2013
                                                 NSS

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.

1.1       'n ... is die kleinste adresseerbare eenheid spasie op 'n hardeskyf.

          A               Sektor
          B               Kluster
          C               Baan
          D               Partisie                                                                   (1)

1.2       Die enkripsieprotokol wat openbaresleutel-enkodering gebruik om data te
          enkodeer wat oor die Internet gestuur word, staan as … bekend.

          A               HTML
          B               FTP
          C               TCP/IP
          D               BSL ('SSL')                                                                (1)

1.3       Watter EEN van die volgende is NIE deel van die masjiensiklus NIE?

          A               Gaan haal data.
          B               Dekodeer instruksie.
          C               Enkodeer data.
          D               Voer instruksie uit.                                                       (1)

1.4       'n Apparatuuronderbreking …

          A               is 'n metode wat deur randapparatuur gebruik word om die SVE se
                          aandag te kry as hulle moet kommunikeer.
          B               word gebruik om 'n drukker te stop wanneer dit aanhou om 'n
                          ongevraagde druktaak te druk.
          C               word deur die geheue van 'n rekenaar gebruik om 'n randtoestel te
                          onderbreek (of te stop) wanneer dit met die SVE kommunikeer.
          D               is die proses wat plaasvind wanneer die kragvoorsieningseenheid
                          ingee en die rekenaar ophou werk.                                          (1)

1.5       'Quad pumping' is …

          A               om vier keer per kloksiklus toegang tot LSG ('RAM') te verkry.
          B               om die SVE vier keer per kloksiklus te gebruik.
          C               'n pyplynverwerkingstegniek.
          D               'n alternatief vir hiperryging ('hyperthreading').                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                       DBO/November 2012
                                               NSS

1.6       Watter EEN van die volgende Boolese uitdrukkings is korrek?

                          UITDRUKKING                               UITSLAG
          A               TRUE AND NOT FALSE                        FALSE
          B               FALSE AND (TRUE OR NOT FALSE)             TRUE
          C               TRUE OR NOT (TRUE OR NOT FALSE)           TRUE
          D               TRUE AND NOT (TRUE AND FALSE)             FALSE                      (1)

1.7       'n Skimverklikker ('Rootkit') is …

          A               'n agterdeurprogram ('backdoor program').
          B               kwaadwillige programmatuur wat geaktiveer word wanneer 'n
                          rekenaarstelsel selflaai.
          C               'n program wat sleuteldrukke aanteken.
          D               'n stel programme wat 'n kuberkraker ('hacker') gebruik om
                          rekenaarstelsels in te dring.                                        (1)

1.8       … vind plaas wanneer die adres van die afsender en ander dele van 'n
          e-posopskrif verander word sodat dit lyk asof die e-pos van 'n ander bron
          afkomstig is.

          A               Gekskeerdery ('Hoaxing')
          B               Strikroof ('Phishing')
          C               Spoef ('Spoofing')
          D               Domeinfoppery ('Pharming')                                           (1)

1.9       Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n URL wat reg saamgestel
          is vir 'n veilige webtuiste?

          A               http://www.questionbank.co.za
          B               https://www.myonlineshop.co.za
          C               http://www.secure.co.za
          D               htts://www.secureweb.com                                             (1)

1.10      Die twee lêers hieronder is voorbeelde van musieklêers.

          Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings sal waarskynlik met hierdie
          twee lêers geassosieer word?

          A               wma
          B               docx
          C               bmp
          D               ico                                                                  (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            5                             DBE/November 2013
                                                  NSS

SCENARIO

'n Landswye kompetisie word gehou in 'n poging om talent in sang, dans en toneelspel
onder jongmense te ontdek. 'n Webtuiste is geskep om die kompetisie te bemark.
Uitdunrondtes sal elke week by verskillende sentrums regoor die land gehou word.
Bestuurders is by die sentrums aangestel om uitslae vas te lê en te stoor, verslae te tik en
seker te maak dat video-opnames van elke optrede gemaak word.

AFDELING B: APPARATUUR EN PROGRAMMATUUR

VRAAG 2

2.1       Die bestuurders by die sentrums kon een van die volgende twee toestelle kies
          om hulle take te verrig:

                            TOESTEL                   SPESIFIKASIES
                          Skootrekenaar - Intel Core i7 2.4 GHz SVE ('CPU')
                                        - 8 GG LSG ('8 GB RAM')
                                        - 1.5 TG HSS ('1.5 TB HDD')
                          Tablet        - nVidia Tegra 1.2 GHz SVE ('CPU')
                                        - 1 GG LSG ('1 GB RAM')
                                        - 32 GG STS ('32 GB SSD')

          2.1.1           Gee TWEE redes waarom die bestuurders gevra het om eerder die
                          skootrekenaar as die tablet te ontvang.                                       (2)

          2.1.2           'n Tablet gebruik 'n STS ('SSD') vir die stoor van data en lêers.

                          (a) Waarvoor staan die akroniem STS ('SSD')?                                  (1)

                          (b) Noem DRIE vergelykbare verskille tussen die eienskappe en
                              werkverrigting van 'n STS ('SSD') en 'n HSS ('HDD') in
                              tabelformaat.                                                             (3)

          2.1.3           Die tablet het 'n stelselherstelpartisie op sy STS ('SSD').

                          (a) Verduidelik wat partisionering ('partitioning') van 'n skyf
                              beteken.                                                                  (2)

                          (b) Verduidelik kortliks waarom daar 'n             behoefte   aan    'n
                              stelselherstelpartisie is, veral op tablette.                             (1)

          2.1.4           Beide 'n tablet en 'n skootrekenaar gebruik kasgeheue. Verduidelik
                          die doel van kasgeheue in 'n rekenaarstelsel.                                 (3)

          2.1.5           DDR LSG ('DDR RAM') verbeter die oordrag van data tussen die
                          LSG ('RAM') en die SVE ('CPU') wanneer dit met
                          SD LSG ('SD RAM') vergelyk word. Verduidelik hoe hierdie
                          verbetering verkry word.                                                      (3)

          2.1.6           Gee TWEE redes waarom 'n tablet en 'n skootrekenaar nie
                          dieselfde tipe LSG ('RAM') kan gebruik nie.                                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            6                             DBO/November 2012
                                                  NSS

2.2       Al die skootrekenaars en die tafelrekenaars wat tydens die kompetisie gebruik
          gaan word, het Intel Core i7-SVE's ('CPUs') terwyl die tablette ARM SVE's
          ('CPUs') het.

          2.2.1           Noem VIER van die basiese komponente wat 'n SVE ('CPU') moet
                          bevat om instruksies te kan uitvoer.                                           (4)

          2.2.2           Verskillende SVE's ('CPUs') gebruik verskillende instruksiestelle.
                          Wat is 'n SVE-instruksiestel?                                                  (2)
          2.2.3           Beide      tipes     SVE     ('CPU')     ondersteun       multi-inryging
                          ('multithreading'). Verduidelik die begrip multi-inryging.                     (2)
          2.2.4           Noem TWEE fisiese aspekte van SVE's ('CPUs') wat tydens die
                          vervaardigingsproses ingebou word om die werkverrigting van
                          SVE's te verbeter.                                                             (2)
2.3       Die bestuurders is meegedeel dat hulle FireWire 800 of USB 3.0 kan gebruik
          om videomateriaal van die deelnemers se optredes op die kompetisie se
          webtuiste te laai.
          2.3.1           Noem TWEE voordele van USB bo FireWire.                                        (2)
          2.3.2           Sal die programmatuur wat vir die redigering van video's gebruik
                          word as toepassingsprogrammatuur of stelselprogrammatuur
                          beskou word?                                                                   (1)
2.4       Sellulêre modems word gebruik om met die Internet te koppel en elke week
          die uitslae van die kompetisies op te laai. Die uitslae word in 'n wolk ('cloud')
          gestoor.
          2.4.1           Noem die tipe verbinding wat die modem met die oplaai van
                          uitslae sal gebruik.                                                           (1)
          2.4.2           Verduidelik wat met die term wolk ('cloud') in hierdie konteks
                          bedoel word.                                                                   (2)
          2.4.3           Is die stoor van uitslae in 'n wolk ('cloud') 'n goeie idee? Motiveer
                          jou antwoord.                                                                  (2)
2.5       Die uitslae moet elke week gedruk word. Die volume drukwerk is groot as
          gevolg van die groot getal deelnemers by elke sentrum.
          2.5.1           Die bestuurders het besluit om inkspuit ('inkjet')-drukkers te gebruik
                          omdat dit nie so duur is nie. Oorreed hulle om eerder laserdrukkers
                          te gebruik deur TWEE goeie argumente ten gunste van
                          laserdrukkers te gee.                                                          (2)
          2.5.2           Tussentydse databuffering ('Spooling') is 'n tegniek wat gebruik
                          word om groot volumes drukwerk te akkommodeer. Verduidelik wat
                          tussentydse databuffering is.                                                  (2)

          2.5.3           Die USB-poort wat gebruik word om met die drukker te koppel,
                          gebruik serie-dataoordrag. Verduidelik die verskil tussen serie- en
                          parallel-dataoordrag.                                                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           7                          DBO/November 2012
                                                 NSS

2.6       Die bestuurders hou elke week 'n groepkonferensie-oproep om uitslae en
          sommige van die uitstaande optredes te bespreek. Daar word voorgestel dat
          hulle VolP gebruik om koste te bespaar.

          2.6.1           Verduidelik kortliks die basiese konsep VolP.                             (2)

          2.6.2           Noem 'n VoIP-kliënt wat die bestuurders kan gebruik om die
                          konferensie-oproep te hou.                                                (1)

          2.6.3           Noem EEN ander manier (buiten 'n konferensie-oproep) waarop
                          die bestuurders besprekings kan hou en aanlyn kan saamwerk
                          ('collaborate').                                                          (1)

2.7       Die foutboodskap 'Missing DLL files' (DLL-lêers ontbreek) het verskyn toe een
          van die bestuurders programmatuur wat op sy skootrekenaar geïnstalleer is,
          wou gebruik.

          2.7.1           Gee EEN moontlike rede waarom die DLL-lêers nie opgespoor kon
                          word nie.                                                                 (1)

          2.7.2           Wat moet gedoen word sodat            die   bestuurder   weer   die
                          programmatuur kan gebruik?                                                (1)

          2.7.3           Wanneer nuwe programmatuur op 'n rekenaar wat op 'n Windows-
                          bedryfstelsel loop, geϊnstalleer word, word 'n inskrywing in die
                          register ('registry') van die stelsel gemaak. Verduidelik in
                          rekenaarterme wat die register ('registry') is.                           (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:            49

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           8                           DBO/November 2012
                                                 NSS

AFDELING C: TOEPASSINGS EN IMPLIKASIES

VRAAG 3: e-KOMMUNIKASIE

Vriende en familie van die deelnemers het versoek dat video-opnames van die twee
beste optredes na afloop van elke rondte aan hulle beskikbaar gestel moet word om
weer daarna te kyk.

3.1       Iemand het die bestuurders versoek om die videomateriaal as 'n aanhangsel
          per e-pos aan hulle stuur. Gee TWEE redes waarom hierdie versoek
          waarskynlik nie prakties is nie.                                                           (2)

3.2       Die organiseerders het die video's as podsendings/potgooie ('podcasts')
          beskikbaar gestel.

          3.2.1           Verduidelik die konsep van podsending/potgooi ('podcasting').              (1)

          3.2.2           Hoekom sal podsending/potgooi ('podcasting') voordelig wees vir
                          mense wat meer as een keer na die video's wil kyk?                         (1)

          3.2.3           Noem EEN voorbeeld van 'n elektroniese medium wat gebruik kan
                          word om vriende en familie in kennis te stel wanneer daar 'n nuwe
                          podsending/potgooi ('podcasting') beskikbaar is.                           (1)

3.3       Vriende en familie wat multimedialêers van al die optredes wil aflaai, moet
          verkieslik 'n breëband ('broadband')-Internetverbinding hê.

          3.3.1           Verduidelik die term breëband.                                             (2)

          3.3.2           ADHL ('ADSL') is 'n voorbeeld van 'n kabelbreëbandverbinding
                          ('cabled broadband connection').

                          (a)   Is ADHL ('ADSL') 'n digitale of analoogverbinding?                   (1)

                          (b)   Gee EEN voordeel van 'n ADHL ('ADSL')-verbinding.                    (1)

          3.3.3           Gee 'n voorbeeld van 'n ander kabelbreëbandverbinding.                     (1)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           9                          DBO/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 4: SOSIALE EN ETIESE KWESSIES

Die organiseerders onderhou 'n webtuiste vir die kompetisie waar uitslae en inligting
oor die deelnemers gepubliseer word.

4.1       Die deelnemers se ouers is bekommerd oor persoonlike inligting soos
          kontakbesonderhede wat op die kompetisie se webtuiste gepubliseer word.

          4.1.1           Regverdig die ouers se kommer deur TWEE maniere te beskryf
                          waarop persoonlike inligting wat op 'n webtuiste verskaf word,
                          misbruik kan word.                                                        (2)

          4.1.2           Stel EEN maatreël voor wat 'n deelnemer kan tref om persoonlike
                          inligting wat op die Internet gepubliseer moet word, te beskerm.          (1)

4.2       Selfs al kan persoonlike inligting beskerm word, kan 'n aktiwiteit bekend as
          sosiale ingenieurswese ('social engineering') gebruik word om toegang tot die
          inligting te verkry.

          4.2.1           Verduidelik wat sosiale ingenieurswese is.                                (2)

          4.2.2           Beskryf EEN manier waarop sosiale ingenieurswese voorkom kan
                          word.                                                                     (1)

4.3       Een van die deelnemers is uit die kompetisie verwyder omdat hy beledigende
          aanmerkings oor 'n ander deelnemer getwiet het.

          4.3.1           Wat word met die term twiet ('tweet') bedoel?                             (1)

          4.3.2           Watter term word gebruik om te verwys na die praktyk waar
                          beledigende aanmerkings oor mense op 'n aanlyn of openbare
                          forum gepubliseer word?                                                   (1)

4.4       Sommige deelnemers wil hê dat die organiseerders 'n blog vir die kompetisie
          moet skep.

          4.4.1           Wat is 'n blog?                                                           (1)

          4.4.2           Hoe sou die deelnemers deur die blog bevoordeel word?                     (1)

4.5       Inskrywings moet elektronies op die webtuiste gedoen word. Daar is 'n
          versoek gerig dat daar 'n alternatiewe manier moet wees om inskrywings te
          hanteer as gevolg van die digitale kloof ('digital divide') in Suid-Afrika. Wat
          beteken die term digitale kloof?                                                          (1)

4.6       Lede van die IT-span kan van die huis af aan die stemstelsel werk in plaas
          van by die hoofkantoor. Bespreek die nadele daarvan om van die huis af te
          werk uit die IT-spanlede se oogpunt.                                                      (2)
                                                                                                    [13]

                                                                       TOTAAL AFDELING C:           23

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                          DBE/November 2013
                                                NSS

AFDELING D: PROGRAMMERING EN PROGRAMMATUURONTWIKKELING

VRAAG 5: ALGORITMES EN BEPLANNING

Die organiseerders van die kompetisie moet inligting oor die deelnemers vaslê, stoor
en bestuur. 'n IT-span is aangestel om programmatuur te ontwikkel wat die
organiseerders sal help om hierdie take uit te voer.

5.1       Voordat die kompetisie begin het, moes die IT-span 'n gebruikersvriendelike
          koppelvlak vir die organiseerders skep om inligting oor die deelnemers vas te
          lê. Hulle moes besluit op geskikte kontroles vir die GUI vir die vaslegging van
          die inligting.

          5.1.1           Die kategorie-opsies vir die kompetisie is Dans, Drama en Musiek.
                          Die volgende twee kontroles is voorgestel:

                          Voorstel A:

                          Voorstel B:

                          Gee TWEE redes waarom Voorstel A die beste keuse is.                      (2)

          5.1.2           Die toevoerkontrole in die skermkopie hieronder kan veroorsaak
                          dat gebruikers beide opsies selekteer wanneer hulle die geslag van
                          'n deelnemer vaslê.

                          Stel voor hoe hierdie situasie voorkom kan word.                          (1)

          5.1.3           Slegs deelnemers tussen die ouderdom van 13 en 18 word
                          toegelaat om aan die kompetisie deel te neem.
                          Die volgende kontrole word gebruik om die ouderdom van die
                          deelnemers vas te lê:

                          Verduidelik hoekom data wat met hierdie kontrole vasgelê word,
                          geldig sal wees, maar nie noodwendig korrek nie. Gebruik 'n
                          voorbeeld met werklike waardes as deel van jou verduideliking.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            11                        DBE/November 2013
                                                  NSS

5.2       'n Databasis met twee tabelle (tblDeelnemers en tblSkole) is geskep wat
          data oor die deelnemers bevat. Bestudeer die struktuur van die
          databasistabelle saam met die addisionele inligting hieronder en beantwoord
          die vrae wat volg.

          Struktuur van databasistabelle:

          Addisionele inligting:
           •    Deelnemers mag vir tot drie items inskryf.
           •    Elke item word in 'n spesifieke kategorie gelewer.
           •    Die LysVanItems-veld bevat die lys van items waarvoor die deelnemer
                ingeskryf het in die volgende formaat:
                      <Kategorie, Beskrywing van die eerste item>;<Kategorie,
                      Beskrywing van die tweede item >;<Kategorie, Beskrywing van
                      die derde item>

          VOORBEELD:                Joanne Johnson is geregistreer om 'n monoloog in die
                                    dramakategorie en 'n klawerborditem in die musiek-
                                    kategorie te lewer. Vir hierdie deelnemer bevat die
                                    LysVanItems-veld in die tblDeelnemers-tabel die
                                    volgende inligting:

                                    Drama,Monoloog;Musiek,Klawerbord

          5.2.1           As die sekretaresse probeer om data van nuutgeregistreerde
                          deelnemers in die tblDeelnemers-tabel te voeg, word 'n
                          foutboodskap vertoon as sy 'n waarde in die Skool_ID-veld intik.

                          (a)   Kies die tipe fout wat in hierdie geval voorkom uit die lys
                                hieronder. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
                                (5.2.1(a)) neer.

                                A    Opdateerteenstrydigheid ('anomaly')
                                B    Invoegteenstrydigheid
                                C    Uitveeteenstrydigheid                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           12                         DBE/November 2013
                                                 NSS

                          (b)   Wat moet gedoen word om die nuwe deelnemers wat tans nie
                                geregistreer kan word nie, te kan registreer?                        (1)

          5.2.2           Daar is besluit om eerder 'n databasis as 'n tekslêer te gebruik om
                          data oor die deelnemers te stoor.

                          (a)   Gee TWEE redes waarom 'n databasis 'n beter struktuur as 'n
                                tekslêer is om data oor deelnemers te stoor.                         (2)

                          (b)   Watter tipe sleutel      is   die   Skool_ID-veld     in   die
                                tblDeelnemers-tabel?                                                 (1)

                          (c)   Nog 'n tabel moet bygevoeg word om die databasis na eerste
                                normaalvorm om te skakel. Teken die nuwe tabel en dui die
                                naam van die tabel en geskikte velde en sleutels aan.

                                LET WEL:    Teken slegs die nuwe tabel en NIE die twee
                                            gegewe tabelle NIE.                                      (5)

                          (d)   Verduidelik die verwantskap tussen die nuutgedefinieerde
                                tabel in VRAAG 5.2.2(c) en die relevante gegewe tabel
                                (tblDeelnemers of tblSkole) met spesifieke verwysing na die
                                velde wat betrokke is.                                               (2)

          5.2.3           Tydens die ontwikkeling van 'n program om die databasis te
                          manipuleer, is daar besluit om met objekte te werk.

                          (a)   Definieer 'n objek in rekenaarprogrammeringsterme.                   (2)

                          (b)   Gee EEN voorbeeld van 'n objek wat vir hierdie program
                                geskep moet word.                                                    (1)

                          (c)   'n Klas vir hierdie program is met publieke attribute
                                gedefinieer. Gee TWEE redes waarom dit NIE goeie
                                programmeringspraktyk is NIE.                                        (2)

5.3       Die naam en punt van elke deelnemer in die Drama-kategorie van die
          kompetisie is in twee parallelle skikkings genaamd arrName en arrPunte
          gestoor. Die punte is waardes in die reeks 0–100 (beide ingesluit).

          Die volgende algoritme is ontwikkel om die wenner te bepaal:

          Rëel
          1          hoogste punt  100
          2          Inisialiseer lusteller
          3          Herhaal vir al die elemente van arrPunte
          4              as hoogste punt < arrPunte [teller]
          5                 arrPunte [teller]  hoogste punt
          6              Eindig as
          7              Vermeerder lusteller
          8          Eindig herhaal
          9          Vertoon hoogste punt

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           13                          DBE/November 2013
                                                 NSS

          5.3.1           Die afvoer sal as gevolg van TWEE logikafoute verkeerd wees.
                          Identifiseer die instruksies wat die logikafoute veroorsaak en skryf
                          hulle reëlnommers en die korrekte instruksies neer.                        (4)

          5.3.2           Die naam van die deelnemer met die hoogste punt moet ook
                          vertoon word.

                          Skryf reël(s) pseudokode neer wat by die gegewe algoritme
                          gevoeg moet word om hierdie taak te verrig. Gebruik die
                          reëlnommers om die posisie waar die nuwe reël(s) pseudokode in
                          die gegewe algortime ingevoeg moet word, aan te dui.                       (4)

5.4       Programmeerders wat die programmatuur geskep het, is versoek om 'n
          toetsplan te skep, sowel as ander tegniese dokumentasie om te verseker dat
          die programmatuur op standaard is.

          5.4.1           Die stelselontwerpdokument (SOD) is een van die eerste
                          dokumente wat ontwikkel word. Noem DRIE aspekte wat deel vorm
                          van die SOD.                                                               (3)

          5.4.2           Noem DRIE aspekte wat by die toetsplan ingesluit moet word.                (3)

          5.4.3           Hoekom is dit belangrik om apparatuur- en programmatuur-
                          vereistes by gebruikersdokumentasie in te sluit?                           (1)

5.5       'n Tekslêer word gebruik om die datum, tyd en wagwoord van elke gebruiker
          te stoor wat op die lokale bediener aanteken by elke sentrum waar die
          uitdunrondtes van die kompetisie plaasvind.

          Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer:

                                          Datum: 15/08/2013
                                          Tyd: 15:00:00
                                          Wagwoord: AB1002
                                          Datum: 15/08/2013
                                          Tyd: 15:30:00
                                          Wagwoord: PS1022
                                          :

          Aktiwiteite is verdag as enigeen van die volgende van toepassing is:
               •   'n Persoon teken voor 07:30 in die oggend of na 16:00 in die middag
                   op die netwerk aan.
               •   Die wagwoord is nie in die voorgeskrewe formaat nie – twee
                   hoofletters en vier syfers.
          'n Algoritme is voorsien wat die data uit die tekslêer behoort te kan lees, te
          kan toets of die tyd of die wagwoord verdag is (die voorwaardes nakom wat
          hierbo uiteengesit is) en al die inligting van 'n verdagte aktiwiteit na 'n nuwe
          tekslêer te kan skryf.
          (Die algoritme word op die volgende bladsy gegee.)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             14                              DBE/November 2013
                                                   NSS

Reël
1        Maak tekslêer met aantekeninligting oop
2        Maak nuwe lêer vir verdagte-aktiwiteite-lêer oop
3        Herhaal terwyl nie einde van aantekenlêer nie
4           Lees drie reëls uit die aantekenlêer
5           Onttrek die datum, tyd en wagwoord
6             geldigTyd  roep kode om te toets vir 'n geldige
                         aantekentyd met die uur en minuut waarop die
                         gebruiker aangeteken het as parameters
7             geldigWagw  roep kode om te toets vir 'n geldige
                         wagwoord met die wagwoord as parameter
8           AS ...
9             Stoor datum, tyd en wagwoord in die verdagte-aktiwiteite-
              lêer
10          Maak aantekenlêer toe
11       Eindig herhaal
12       Maak verdagte-aktiwiteite-lêer toe

          5.5.1           Die funksie/metode wat in reël 6 geroep word, gebruik die
                          volgende twee parameters:

                          • Uur
                          • Minuut

                          (a)   Wat is parameters in terme van programmering?                              (2)

                          (b)   Stel 'n geskikte datatipe vir hierdie parameters voor.
                                Verduidelik jou keuse van datatipe.                                        (2)

          5.5.2           Die funksie/metode wat in reël 7 geroep word, sal 'try …'-
                          beskermingsblokke gebruik.

                          Skryf die algemene struktuur van 'n 'try …'-beskermingsblok neer
                          en verduidelik kortliks die doel van elke gedeelte.                              (3)

          5.5.3           Skryf die logikavoorwaarde neer om die IF-stelling in reël 8 van die
                          gegewe algoritme te voltooi.                                                     (2)

          5.5.4           As hierdie algoritme reg gekodeer en uitgevoer word, sal dit 'n fout
                          in reël 4 veroorsaak as gevolg van 'n fout wat in reël 10 gemaak is.

                          (a)   Verduidelik die oorsaak van die fout.                                      (1)

                          (b)   Verduidelik kortliks hoe om die fout reg te stel.                          (1)

                                                                        TOTAAL AFDELING D:                 48

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            15                          DBE/November 2013
                                                  NSS

AFDELING E: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Tydens die eindrondte van die kompetisie stem die gehoor in die ouditorium regstreeks
vir deelnemers om 'n wenner te bepaal. Die geleentheid word ook regstreeks op
televisie uitgesaai. Lede van die televisiegehoor by die huis kan ook deur middel van
SMS'e stem.

6.1       Die gehoor in die ouditorium ontvang afstandbeheerde stemtoestelle ('voting
          controllers') wat hulle in staat stel om 'n knoppie te druk om hulle stem met
          Bluetooth-tegnologie na 'n lokale bediener by die ouditorium te stuur.

          6.1.1           Is Bluetooth 'n geskikte tegnologie om in hierdie scenario te
                          gebruik? Motiveer jou antwoord.                                             (2)

          6.1.2           Wat is die transmissietempo van standaard Bluetooth-toestelle
                          (3 Mbps of 3 Gbps)?                                                         (1)

          6.1.3           'n Lid van die gehoor se stemtoestel koppel nie met die kabellose
                          netwerk nie, hoewel die lid binne trefafstand van die
                          bediener is.

                          Noem TWEE moontlike foutopsporingstappe wat gevolg kan word
                          om die probleem op te los. Dit is nie 'n opsie om die stemtoestel te
                          vervang nie.                                                                (2)

6.2       Al die stemme wat van die gehoor in die ouditorium ontvang word en die
          SMS'e van die televisiegehoor word in 'n relasionele ('relational') databasis
          gestoor. Die databasis word deur 'n databasisadministrateur in stand gehou.

          6.2.1           Verduidelik wat 'n relasionele databasis is.                                (2)

          6.2.2           Gee die naam van EEN bestaande databasisstelsel wat gebruik
                          kan word om hierdie databasis te skep.                                      (1)

          6.2.3           Noem TWEE spesifieke verantwoordelikhede van 'n databasis-
                          administrateur.                                                             (2)

6.3       Die regstreekse uitsending van die eindrondte van die geleentheid kan
          gestroom ('stream') word.

          6.3.1           Verduidelik wat met stroom ('stream') bedoel word.                          (2)

          6.3.2           Noem TWEE komponente wat nodig is om 'n regstreekse
                          geleentheid te kan stroom ('stream').                                       (2)

          6.3.3           'n Enterpreneur is besig om die regstreekse uitsending op sy
                          tuisrekenaar op te neem. Hy beplan om kopieë van die opname te
                          verkoop. Bespreek die etiese aspekte van hierdie aktiwiteite.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           16                           DBE/November 2013
                                                 NSS

6.4       'n Bestaande kabelnetwerk word deur die beoordelaars by die sentrum waar
          die geleenthede plaasvind, gebruik om hulle punte elektronies na die
          bediener by die sentrum te stuur. Die organiseerders beplan om in die
          toekoms 'n kabellose netwerk vir hierdie doel te gebruik.

          6.4.1           Noem TWEE        voordele    van   'n   kabellose   netwerk   bo    'n
                          kabelnetwerk.                                                               (2)

          6.4.2           Noem TWEE addisionele apparatuurkomponente wat nodig is om
                          die kabellose netwerk te skep.                                              (2)

          6.4.3           Watter netwerkprotokol sal geskik wees om vir die kabellose
                          netwerk te gebruik?                                                         (1)

6.5       Terwyl uitslae opgelaai word, merk een van die organiseerders verdagte
          aktiwiteite op sy rekenaar op. Hy vermoed dat ongemagtigde programmatuur
          op sy rekenaar uitgevoer word om toegang tot die uitslae van die kompetisie
          te kry.

          6.5.1           Noem TWEE tipes programme wat gebruik kan word om data van
                          'n rekenaar te onttrek sonder die toestemming of wete van die
                          gebruiker.                                                                  (2)

          6.5.2           Verduidelik hoe die organiseerder kan toets of daar enige
                          ongemagtigde programmatuur op sy rekenaar uitgevoer word.                   (1)

          6.5.3           Beskryf TWEE maniere waarop die organiseerders kan voorkom
                          dat ongemagtigde programmatuur toegang tot hulle rekenaars
                          verkry.                                                                     (2)

6.6       Sommige beoordelaars gebruik Apple Mac-rekenaars, terwyl ander rekenaars
          gebruik wat op die Microsoft Windows-bedryfstelsel loop. Albei hierdie
          bedryfstelsels is outeursreg ('proprietary')-programmatuur.

          6.6.1           Beskryf DRIE funksies van 'n bedryfstelsel.                                 (3)

          6.6.2           Noem TWEE voordele van 'n geslotebronbedryfstelsel bo 'n
                          oopbron ('open-source')-bedryfstelsel.                                      (2)

          6.6.3           Verduidelik waarom programmatuur wat vir die Apple Mac ontwerp
                          is, nie op 'n rekenaar wat die Microsoft Windows- bedryfstelsel
                          gebruik, uitgevoer kan word nie.                                            (2)

6.7       Die organiseerders van die kompetisie is aangeraai om wolk ('cloud')-berging
          vir die videomateriaal te gebruik.

          6.7.1           Die wolkbediener gebruik waarskynlik RAID-tegnologie. Verduidelik
                          kortliks wat RAID is. (Uitbreiding van die akroniem sal NIE as 'n
                          antwoord aanvaar word NIE.)                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           17                         DBE/November 2013
                                                 NSS

          6.7.2           Verskeie vlakke van RAID kan geïmplementeer word. Motiveer
                          waarom die wolkbediener waarskynlik RAID 1 eerder as RAID 0
                          sal gebruik.                                                           (2)

          6.7.3           Wolkrekenarisering ('Cloud computing') kan voordelig wees vir
                          groen oplossings met betrekking tot apparatuur. Verduidelik hierdie
                          stelling kortliks.                                                     (2)

6.8       Projekte soos hierdie skep 'n verskeidenheid IT-verwante werksgeleenthede.

          6.8.1           Gee 'n opsomming van die hoofverantwoordelikhede van 'n
                          stelselontleder.                                                       (2)

          6.8.2           Behalwe 'n databasisadministrateur en 'n stelselontleder, noem
                          TWEE ander tipes IT-spesialiste wat waarskynlik deur die
                          organiseerders van hierdie projek in diens geneem sal word.            (2)

6.9       IKT verskaf meer doeltreffende oplossings vir die vaslegging van data en
          skep van uitslae as 'n papiergebaseerde stemstelsel.

          Motiveer waarom die stelling hierbo geldig is deur na TWEE van die volgende
          aspekte te verwys:

           •    Vinniger en beter dataverwerking
           •    Beter stoor van data
           •    Beter kommunikasie                                                               (2)

6.10      Sommige van die ouers wat nie die Internet gereeld gebruik nie, het dikwels
          basiese inligting oor rondblaai ('browsing') op die Internet nodig.

          6.10.1          Gee EEN voorbeeld van 'n bekende Internetsoekenjin.                    (1)

          6.10.2          Gee TWEE wenke om 'n effektiewe Internetsoektog te doen EN
                          gee 'n voorbeeld by elke wenk wat geskik is vir 'n soektog na die
                          webtuiste van hierdie kompetisie.                                      (4)

                                                                    TOTAAL AFDELING E:           50
                                                                        GROOTTOTAAL:             180

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2013-memo-eng/fdecdddc-326e-4587-b7d7-6de962c2fabb) — Information Technology · Memo · 2012 · Eng
- [Computer Studies P2 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p2-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
