# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-afr/04117acb-e184-46c2-ac92-27a621346d69
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-afr/04117acb-e184-46c2-ac92-27a621346d69)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                      DBE/November 2014
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:      Meervoudigekeuse-vrae                               (10)
          AFDELING B:      Stelseltegnologieë                                  (25)
          AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë                 (25)
          AFDELING D:      Data- en Inligtingbestuur                           (25)
          AFDELING E:      Ontwikkeling van Oplossings                         (25)
          AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                              (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Die puntetoekenning gee gewoonlik 'n aanduiding van die getal feite wat in
          jou antwoord verskaf moet word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         3                         DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.

1.1       Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n bedryfstelsel NIE?

          A      Microsoft Windows 8
          B      Microsoft Office
          C      iOS
          D      Ubuntu                                                                          (1)

1.2       Watter EEN van die volgende toestelle is nodig om kommunikasie tussen
          netwerke toe te laat?

          A      Roeteerder ('Router')
          B      Skakelaar ('Switch')
          C      Spil ('Hub')
          D      Responskol ('Hot spot')                                                         (1)

1.3       Konvergensie ('Convergence') verwys na ...

          A      tegnologie wat altyd aan is.
          B      tegnologie wat nie aan bedrade konneksies gekoppel hoef te wees nie.
          C      funksionaliteite van baie toestelle wat in een ingebou is.
          D      die vermoë van mobiele toestelle om met mekaar te koppel.                       (1)

1.4       'n Trojaanse perd ('Trojan horse') is ...

          A      'n kwaadwillige program wat as 'n onskuldige toepassing vermom is.
          B      programmatuur wat probeer om toepassings wat jy op jou rekenaar
                 gebruik, te monitor en op te spoor
          C      programmatuur wat opspring-advertensies aflaai en vertoon wanneer
                 jou rekenaar aan die Internet gekoppel is.
          D      'n voorbeeld van toepassingsprogrammatuur.                                      (1)

1.5       Die ... vertaal 'n hele program na masjientaal voordat dit uitgevoer word.

          A      kompileerder/saamsteller ('compiler')
          B      interpreteerder
          C      vertaler ('translator')
          D      bedryfstelsel                                                                   (1)

1.6       Watter EEN van die volgende stellings is NIE waar NIE?

          A      'n Interaktiewe webblad kan kode bevat wat uitgevoer kan word.
          B      Flits-webtoepassings ('Flash-applets') kan deel van 'n statiese webblad
                 wees.
          C      'n Statiese webblad kan interaktief wees.
          D      Facebook is 'n dinamiese webtuiste.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          4                       DBE/November 2014
                                                NSS

1.7       'n Inpropprogram ('Plug-in') is ...

          A       stelselprogrammatuur wat alle aktiwiteite beheer wat in 'n rekenaar
                  plaasvind.
          B       programmatuur wat funksionaliteit by 'n program voeg.
          C       programmatuur wat die bedryfstelsel toelaat om met 'n apparatuurtoestel
                  te kommunikeer en dit te beheer.
          D       'n stoorarea wat die bedryfstelsel vir eie gebruik reserveer.                   (1)

1.8       'n Organisasie se privaat netwerkomgewing wat uit dokumente en hulpbronne
          bestaan wat met die organisasie se besigheid verband hou, staan as hulle …
          bekend.

          A       Ethernet
          B       ekstranet
          C       intranet
          D       Internet                                                                        (1)

1.9       Die BTAS ('BIOS') is vir ... verantwoordelik.

          (i)     primêre geheuebestuur
          (ii)    die beheer van apparatuur
          (iii)   alle logiese verwerking in 'n rekenaar
          (iv)    die opspoor en laai van die bedryfstelsel

          A       (i) en (ii)
          B       (ii) en (iv)
          C       (iii) en (iv)
          D       (i) en (iii)                                                                    (1)

1.10      Die volgende algoritme toets of 'n waarde groter as 50 en kleiner of gelyk aan
          60 is. Die algoritme word met 'n aantal toevoerwaardes getoets.

          Watter stel toevoerwaardes vir die veranderlike Grootte sal veroorsaak dat
          die finale waarde van die veranderlike BinneInterval op 'True' gestel sal
          wees?

          Reël
          1          Lus
          2                 Grootte  Lees Getal
          3                 BinneInterval  False
          4                 If Grootte > 50 En Grootte <= 60 Dan
          5                     BinneInterval  True

          A       49, 53, 50
          B       51, 57, 61
          C       50, 54, 60
          D       51, 55, 59                                                                      (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            5                           DBE/November 2014
                                                  NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Jou skool is besig om 'n oudit van die tegnologie in die skool te doen. Besluite oor die
opgradering en vervanging van verskeie tegnologieë sal op die uitslag van hierdie
oudit gebaseer word.

2.1       Die apparatuur in die rekenaarlaboratorium is as deel van die ouditproses
          gekontroleer. Daar is voorgestel dat die ETG ('RAM') van die rekenaars in die
          laboratorium opgegradeer word.

          2.1.1           Wat is die doel van ETG ('RAM')?                                            (2)

          2.1.2           Gee TWEE redes waarom dit dalk nie moontlik is om die ETG
                          ('RAM') van ou rekenaars op te gradeer nie.                                 (2)

2.2       Mobiele toestelle word vir navorsingsdoeleindes by die skool gebruik. Die
          vasteware ('firmware') van mobiele toestelle word in leesalleengeheue (LAG)
          ('ROM') gestoor.

          2.2.1           Gee EEN rede waarom LAG ('ROM') gebruik word om vasteware
                          ('firmware') te stoor.                                                      (1)

          2.2.2           Gee TWEE redes waarom dit voordelig is om vasteware
                          ('firmware') op 'n mobiele toestel op te gradeer.                           (2)

          2.2.3           Die skool is teen perkbreking ('jail breaking') van mobiele toestelle
                          gewaarsku.

                          Verduidelik wat perkbreking ('jail breaking') in hierdie konteks
                          beteken.                                                                    (2)

2.3       Jou skool wil graag opvoedkundige toepassings wat vir mobiele toestelle en
          tafelrekenaars ontwikkel is, gebruik.

          2.3.1           Hoëvlaktale word algemeen gebruik om sagtewaretoepassings te
                          ontwikkel.

                          Wat is die voordele wanneer 'n programmeerder 'n hoëvlak-
                          programmeringstaal in plaas van 'n laevlakprogrammeringstaal
                          gebruik?                                                                    (2)

          2.3.2           Noem EEN uitdaging waarvoor ontwikkelaars te staan kom
                          wanneer hulle programmatuurtoepassings vir mobiele toestelle
                          ontwerp.                                                                    (1)

          2.3.3           Sommige sagtewaretoepassings word as oopbronprogrammatuur
                          ('open-source software') geklassifiseer.

                          Verduidelik wat met oopbronprogrammatuur bedoel word.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           6                           DBE/November 2014
                                                 NSS

2.4       Die Internet word deur leerders gebruik om navorsing te doen en dit kan baie
          tyd in beslag neem.

          2.4.1           Beskryf hoe webkasberging ('web-caching') die webdeurblaai-
                          proses vinniger kan maak.                                                    (2)

          2.4.2           Beskryf 'n ander soort kasberging ('caching') wat die werkverrigting
                          van 'n rekenaarstelsel kan verbeter.                                         (2)

2.5       Jou skool wil die wolk ('cloud') gebruik om administratiewe data te stoor.

          2.5.1           Verduidelik wat met die stoor van data in die wolk bedoel word.              (2)

          2.5.2           Motiveer waarom dit problematies kan wees as die skool slegs die
                          wolk gebruik om hulle administratiewe data te stoor.

                          Noem TWEE probleme wat kan voorkom as deel van jou
                          motivering.                                                                  (2)

2.6       Om interaktiewe leer aan te moedig word tegnologie wat gedra kan word,
          soos interaktiewe brille, ondersoek.

          2.6.1           Noem EEN voordeel van interaktiewe brille.                                   (1)

          2.6.2           Noem EEN soort tegnologie wat in interaktiewe brille gebruik word.           (1)

          2.6.3           Waarom, dink jy, word die gebruik van interaktiewe brille in
                          sommige werksplekke verbied?                                                 (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:                25

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          7                         DBE/November 2014
                                                NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Gedurende die ouditproses is daar vasgestel dat jou skool 'n kabelnetwerk en 'n
kabellose netwerk gebruik om apparatuurhulpbronne te deel.

3.1       Sommige aspekte moet vir die ouditeurs uitgeklaar word.

          3.1.1           Gee TWEE redes om 'n netwerk te hê, behalwe om apparatuur-
                          hulpbronne te deel.                                                     (2)

          3.1.2           Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n stertopologie vir die
                          deel van die netwerk met kabels.                                        (2)

          3.1.3           Gee TWEE redes waarom veseloptiese kabels nie die beste opsie
                          vir 'n skool se netwerk is nie.                                         (2)

          3.1.4           Beskryf kortliks die rol van 'n toegangspunt in 'n kabellose
                          netwerk.                                                                (1)

3.2       VoIP is een van die protokolle wat deur die skool se netwerk gebruik word.

          Motiveer die noodsaaklikheid van VoIP in 'n interaktiewe leeromgewing.                  (2)

3.3       Jou skool gebruik 'n ADSL-Internetkoppeling.

          3.3.1           Gee TWEE redes waarom ADSL as die beste Internetkoppelings-
                          opsie vir die skool beskou kan word.                                    (2)

          3.3.2           Noem enige ander geredelik beskikbare Internetkoppeling wat deur
                          die skool gebruik kan word.                                             (1)

          3.3.3           'n Netskans ('firewall') voorkom ongemagtigde aanlyntoegang van
                          buite die skool se netwerk.

                          Stel TWEE ander maatreëls voor wat ingestel kan word om
                          ongemagtigde aanlyntoegang te voorkom.                                  (2)

3.4       Baie onderwysers verkies om hulle persoonlike mobiele toestelle te gebruik
          om e-pos oor die skool se kabellose netwerk te stuur en te ontvang.

          3.4.1           'Push'-tegnologie word gebruik om e-posse met 'n mobiele toestel
                          te stuur en te ontvang. Verduidelik wat 'push'-tegnologie is.           (2)

          3.4.2           E-pos-aanhangsels word gewoonlik nie outomaties op mobiele
                          toestelle afgelaai nie.

                          Gee TWEE redes waarom dit die geval is.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           8                          DBE/November 2014
                                                 NSS

3.5       Onderwysers word aangemoedig om podsendings/potgooie ('podcasts') van
          hulle lesse te skep om e-leer te bevorder.

          Wat is 'n podsending?                                                                       (2)

3.6       Sommige leerders gebruik GPS-tegnologie in hulle skoolprojekte.

          3.6.1           Wat gebruik 'n GPS-toestel om 'n spesifieke ligging te bepaal?              (1)

          3.6.2           Gee TWEE voorbeelde van hoe leerders GPS-tegnologie as deel
                          van hulle skoolprojekte kan gebruik.                                        (2)

3.7       Leerders skep persoonlike-area-netwerke in die klaskamer om hulle
          navorsing te doen.

          Noem TWEE nuttige toepassings van 'n persoonlike-area-netwerk wanneer
          navorsing gedoen word.                                                                      (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             9                            DBE/November 2014
                                                   NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Die ouditproses het getoon dat 'n databasis om data vir die snoepwinkel te stoor,
ontwerp en geïmplementeer moet word.

4.1       Kwaliteit data word as toevoer vir die databasis vereis.

          4.1.1           Verduidelik kortliks die verskil tussen data en inligting.                        (2)

          4.1.2           Noem en beskryf kortliks DRIE eienskappe van kwaliteit data.                      (3)

4.2       Jou skool het 'n pos vir 'n databasisadministrateur geadverteer.

          4.2.1           Noem TWEE pligte van 'n databasisadministrateur.                                  (2)

          4.2.2           Aansoekers vir die pos as databasisadministrateur moet kennis
                          van SQL-voegingsaanvalle ('injection attacks') hê.

                          Verduidelik kortliks hoe SQL-voeging as 'n kuberkraakhulpmiddel
                          ('hacking tool') gebruik kan word.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            10                        DBE/November 2014
                                                  NSS

4.3       Daar is voorgestel dat die Snoepwinkel-databasis twee tabelle moet bevat –
          een tabel, met die naam VerskaffersTb, moet data oor die verskaffers bevat
          en die ander een, met die naam BestellingsTb, moet data oor al die items
          wat by die verskaffers bestel is, bevat.

          Die voorgestelde tabelle se strukture is soos volg:

                                             VerskaffersTb
                                   Sleutel Veld se naam Datatipe
                                           VerskafferID    AutoNumber
                                           Naam            Text
                                           KontakNommer Text

                                              BestellingsTb
                                 Sleutel Veld se naam       Datatipe
                                         ItemNaam           Text
                                         VerskafferID       Number
                                         EenheidsPrys       Number
                                         DatumBestel        Date/Time
                                         HoeveelheidBestel Number
                                         AfleweringsDatum Date/Time
                                         AfleweringsKoste   Currency

          4.3.1           Verduidelik kortliks hoekom die voorgestelde Snoepwinkel-
                          databasis 'n relasionele databasis is.                                     (1)

          4.3.2           Gebruik die voorgestelde tabelstrukture en skryf SQL-stellings vir
                          elk van die volgende navrae:

                          (a)   Vertoon die inhoud van die BestellingsTb (al die velde) in
                                dalende volgorde volgens die hoeveelheid items wat bestel is.        (3)

                          (b)   Vir elke item, vertoon die naam van die item, die
                                eenheidsprys, die hoeveelheid wat bestel is en die totale
                                koste van die bestelling in 'n nuwe veld met die naam
                                TotaleKoste.
                                LET WEL: Totale koste is 'n berekende veld en word
                                         bereken deur die eenheidsprys met die
                                         hoeveelheid wat bestel is, te vermenigvuldig.               (3)

                          (c)   Vermeerder die eenheidsprys vir al die rekords in die
                                BestellingsTb-tabel met 5%.                                          (3)

                          (d)   Verwyder al die rekords uit die BestellingsTb waar die
                                bestellingsdatum voor 1/1/2013 is.                                   (2)

                          (e)   Vertoon die naam van die verskaffer, kontaknommer en naam
                                van die item vir al die aflewerings wat in 2015 sal aankom.          (4)

                                                                     TOTAAL AFDELING D:              25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                       DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING E: ONTWIKKELING VAN OPLOSSINGS

VRAAG 5

Die ouditeure het voorgestel dat nuwe programmatuur ontwikkel moet word om
leerderinligting te bestuur.

5.1       Die volgende GGK ('GUI') word tans gebruik om 'n gebruiker toe te laat om
          leerders se inligting in te lees.

          5.1.1           Lewer kritiese kommentaar op DRIE ontwerpaspekte van die
                          gegewe GGK waarop in die nuwe stelsel verbeter moet word.              (3)

          5.1.2           Identifiseer 'n komponent op die gegewe GGK en 'n gebeurtenis
                          ('event') van daardie komponent wat in 'n gebeurtenisgedrewe
                          oplossing gebruik kan word.                                            (2)

5.2       Datavalidering is 'n belangrike tegniek wat gebruik word om te verseker dat
          toevoerdata geldig is.

          'n Gebruiker moet 'n sekuriteitskode van VIER karakters intik wat EEN
          alfabetiese karakter en DRIE syfers bevat. Die eerste karakter moet alfabeties
          wees, byvoorbeeld D845.

          Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die kode te valideer vir die
          regte formaat nadat die kode ingelees is.

          LET WEL: Gebruik ten minste EEN lus as deel van jou oplossing.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           12                          DBE/November 2014
                                                 NSS

5.3       Objek-georiënteerde programmering (OOP) sal in die ontwerp van die nuwe
          programmatuur gebruik word.

          5.3.1           Verduidelik die konsep van enkapsulering in objek-georiënteerde
                          programmering.                                                               (1)

          5.3.2           'n Ontwerp vir 'n Leerder-klas word vir die skool se administratiewe
                          program benodig.

                          Teken 'n verenigdemodelleringstaal-diagram (VML) ('Unified
                          Modelling Language' [UML]) vir 'n objekklas met die naam Leerder
                          en sluit die volgende in:

                          •   Naam- en Ouderdomattribute met geskikte datatipes
                          •   Konstruktor sonder parameters
                          •   Mutatormetode vir die Naamattribuut

                          LET WEL: Dui ook die toeganklikheid van die attribute en
                                   metodes aan.                                                        (5)

5.4       'n Sekuriteitseienskap van die nuwe programmatuur sal 'n kontrolesyfer
          gebruik. Die syfer word geskep deur die getal faktore van die gebruikerskode
          te tel.

          'n Faktor van 'n gegewe getal is 'n getal wat in die gegewe getal ingedeel kan
          word sonder 'n res.

          Die algoritme hieronder, wat in pseudokode geskryf is, bepaal die getal
          faktore wat 'n gegewe getal het.

          Reël
          1          Getal  4
          2          Tel  1
          3          GetalFaktore  0
          4          Terwyl Tel <= Getal
          5              As Getal modulus Tel = 0 Dan
          6                  GetalFaktore  GetalFaktore + 1
          7              Tel  Tel + 1
          8          Vertoon GetalFaktore

          LET WEL: Die uitslag van die modulusbewerking is die res wanneer 'n getal
                   deur 'n ander getal gedeel word.

          Gebruik die volgende opskrifte om 'n naspeurtabel in jou
          ANTWOORDEBOEK te trek en te voltooi wat aandui hoe die inhoud van die
          veranderlikes verander terwyl die stappe van die gegewe algoritme
          nagespeur word. Gebruik soveel reëls as wat jy nodig het.

            Getal Tel GetalFaktore            Tel <=           Getalmodulus         Vertoon
                                              Getal?             Tel = 0 ?
                                                                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                  13                       DBE/November 2014
                                        NSS

5.5       'n Algoritme moet ontwerp word vir 'n program om 'n leerder se punte te
          bestuur. 'n Reël pseudokode wat 'n skikking met punte vul, is hieronder
          verskaf.

          Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die skikking met punte in
          dalende volgorde te sorteer.

          arrPunte  (67,65,78,83,67,72,65)                                                (5)

                                                          TOTAAL AFDELING E:               25

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            14                        DBE/November 2014
                                                  NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SCENARIO

Na die implementering van die voorstelle uit die ouditproses, word jou skool as
een van die toonaangewende skole in terme van die gebruik van IKT ('ICT') beskou.
Die skool het 'n e-leer-poort ('portal') waar onderwysers leermateriaal kan oplaai en
leerders op 'n interaktiewe basis toegang tot hierdie materiaal kan verkry. 'n
IT-tegnikus is aangestel om hulp met die nuwe tegnologie te verleen.

6.1       Die verskillende departemente in die skool is almal in 'n netwerk verbind en
          gebruik 'n sentrale bediener soos in die diagram hieronder aangedui.

          6.1.1           'n Kliënt-bediener-netwerk word tans gebruik.

                          Gee TWEE redes waarom 'n kliënt-bediener-netwerk 'n beter opsie
                          as 'n eweknie-netwerk sal wees.                                            (2)

          6.1.2           Noem TWEE apparatuureienskappe van 'n bediener wat aansienlik
                          verskil van dié van 'n tafelrekenaar.                                      (2)

          6.1.3           Die skool se bediener gebruik virtualisasie om verskillende
                          bedieners op 'n enkele fisiese bediener te laat werk.

                          (a)   Gee EEN voorbeeld van virtualisasieprogrammatuur.                    (1)

                          (b)   Verduidelik hoe verskillende bedryfstelsels deur verskillende
                                virtuele bedieners op dieselfde fisiese bediener gebruik kan
                                word.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             15                       DBE/November 2014
                                                   NSS

6.2       Die skool bedryf 'n dinamiese webtuiste wat dikwels met nuus en foto's van
          skoolgeleenthede opgedateer word.

          6.2.1           Die skool se webtuiste stel 'n RSS-toevoer beskikbaar.

                          Noem TWEE redes waarom 'n RSS-toevoer nuttig is.                          (2)

          6.2.2           Die  webtuiste      gebruik     verliesende    kompressie   ('lossy
                          compression') vir die foto's wat opgelaai word.

                          Verduidelik die konsep verliesende kompressie.                            (1)

          6.2.3           Baie leerders en ouers kyk na die skool se webtuiste op hulle
                          mobiele toestelle.

                          Op watter TWEE maniere kan die mobiele weergawe van die
                          webtuiste van die standaardweergawe verskil?                              (2)

          6.2.4           Die hoof het gehoor dat Web 3.0 die mees onlangse evolusie in
                          webtuistes is.

                          Hoekom sal 'n skool 'n Web 3.0-tuiste in plaas van 'n Web 2.0-
                          tuiste verkies?                                                           (2)

6.3       Ouers kan skoolgeld aanlyn deur die skool se webtuiste betaal. Die skool se
          webtuiste gebruik enkripsie om te verseker dat die besonderhede van ouers
          veilig is.

          6.3.1           Hoe kan ouers vasstel dat die skool se webtuiste veilig is uit die
                          inligting op hulle webdeurblaaiers?                                       (1)

          6.3.2           Beskryf kortliks wat enkripsie is.                                        (2)

          6.3.3           Ouers word aangemoedig om 'sterk' wagwoorde te gebruik.

                          Gee TWEE riglyne wat ouers kan volg om sterk wagwoorde te
                          skep.                                                                     (2)

6.4       Die skool het by 'n sosialemedia-webtuiste aangesluit.

          6.4.1           Noem TWEE maniere waarop die skool voordeel sal trek uit 'n
                          teenwoordigheid op 'n sosialemedia-webtuiste.                             (2)

          6.4.2           Hoekom sal die skool leerders waarsku oor die plaas van
                          persoonlike inligting, soos telefoonnommers en adresse, op hulle
                          profiele?                                                                 (2)

          6.4.3           Noem TWEE maniere waarop die skool kan verseker dat sy
                          aanvaarbaregebruiksbeleid (AGB/'AUP') geïmplementeer sal word
                          wanneer die sosialemedia-webtuiste gebruik word.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            16                           DBE/November 2014
                                                  NSS

6.5       Die meerderheid onderwysers gebruik nou e-leer om hulle onderrig en leer te
          verbeter.

          6.5.1           Noem TWEE maniere waarop e-leer vir die leerder voordelig kan
                          wees.                                                                     (2)

          6.5.2           Lesvideo's word beskikbaar gestel wat afgelaai of gestroom
                          ('stream') kan word.

                          Wat is die verskil tussen aflaai en stroom?                               (2)

          6.5.3           Jou skool beplan lewendige uitsendings van hersieningslesse in
                          Wiskunde.

                          Noem TWEE vereistes van konnektiwiteit om 'n lewendige
                          uitsending suksesvol aan te bied.                                         (2)

6.6       Leerders en onderwysers word aangemoedig om mobiele toestelle soos
          slimfone en tablette vir onderrig en leer te gebruik.

          6.6.1           Noem TWEE maniere waarop mobiele tegnologie onderrig en leer
                          kan verbeter.                                                             (2)

          6.6.2           Herlaaibare batterye voorsien krag aan mobiele toestelle.

                          Noem TWEE tegnieke wat gebruik word om die batteryleeftyd van
                          hierdie toestelle te verleng.                                             (2)

6.7       Die skool se IT-tegnikus telependel ('telecommutes') op sekere dae.
          Telependelary ('Telecommuting') beteken om tegnologie te gebruik om van
          die huis af te werk in plaas daarvan om werklik self by die werksplek
          teenwoordig te wees.

          6.7.1           Noem TWEE hulpmiddels/tegnologieë               wat    telependelary
                          ('telecommuting') moontlik maak.                                          (2)

          6.7.2           Identifiseer EEN moontlike uitdaging van telependelary
                          ('telecommuting') wat nie met tegnologie verband hou nie.                 (1)

6.8       Jou skool ondersoek die opsie om Sagteware as 'n Diens ('Software as a
          Service [SaaS]') te gebruik om toegang tot toepassings vir die ontwikkeling
          van e-leer-hulpbronne te verskaf.

          Motiveer, deur TWEE redes te gee, hoekom dit tot jou skool se voordeel sal
          wees om 'SaaS' te gebruik.                                                                (2)

                                                                        TOTAAL AFDELING F:          40
                                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-eng/80407ff2-f160-4e19-adb7-a3c5ee95fcea) — Information Technology · QP · 2014 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-memo-eng/b6a36750-ccb0-4837-8153-77ab266a31f9) — Information Technology · Memo · 2014 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2014-memo-afr/439925c0-92bf-4b40-ac37-62680a311692) — Information Technology · Memo · 2014 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2014-afr/8020fc33-3983-4bc9-b94f-332b03b2fe2a) — Information Technology · QP · 2014 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
