# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2016 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2016-afr/435d26a1-fcaf-4672-8e2b-ec12a22c1042
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2016-afr/435d26a1-fcaf-4672-8e2b-ec12a22c1042)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                      2                    DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

         AFDELING A:      Kortvrae                                (15)
         AFDELING B:      Stelseltegnologieë                      (25)
         AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë     (25)
         AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur              (25)
         AFDELING E:      Oplossingsontwikkeling                  (20)
         AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                  (40)

2.       Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.       Beantwoord AL die vrae.

4.       Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
         feite/redes wat vereis word.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           3                          DBE/November 2016
                                                 NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) neer, kies die antwoord en maak 'n
          kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

          1.1.6           A            B           C           D

          1.1.1       Die tipe stelselsagteware wat gebruik kan word om roetine-
                      instandhoudingstake mee uit te voer, staan as ... bekend.

                      A       die databasisbestuurstelsel
                      B       nutsprogramsagteware
                      C       toestelaandrywers
                      D       kommunikasiesagteware                                                  (1)

          1.1.2       Intellektuele eiendomsregte verwys na die …

                      A       toestemming wat aan 'n individu verleen word om na 'n
                              dokument wat deur 'n ander skrywer geskep is, te verwys.
                      B       regte van die skrywer van 'n sagtewaretoepassing wat op
                              eienaarskap van die idee agter die program aanspraak maak.
                      C       regte wat 'n webtuiste oor die prentjies op hulle tuiste het.
                      D       toestemming wat aan 'n individu verleen is om 'n gedeelte van
                              'n gepubliseerde dokument te kopieer.                                  (1)

          1.1.3       Bandwydte in e-kommunikasie verwys na …

                      A       media waar 'n mens in staat is om tegelykertyd op die Internet
                              rond te blaai en oproepe te maak.
                      B       die totale getal lêers wat deur een gebruiker gestuur kan word.
                      C       die wydte van die kabel wat die data oordra.
                      D       die totale hoeveelheid data wat binne 'n gegewe tydperk van
                              een punt na 'n ander oorgedra kan word.                                (1)

          1.1.4       Die omskakeling van binêre getal 10111 na 'n desimale getal
                      is ...

                      A       23.
                      B       22.
                      C       30.
                      D       11.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        4                            DBE/November 2016
                                              NSS

          1.1.5       Hoeveel keer sal die lus hieronder uitgevoer word?

                      Q1
                      While Q > 0 do
                       …
                       QQ*3–1
                      End While

                      A    Een keer
                      B    Glad nie
                      C    Oneindig
                      D    Drie keer                                                               (1)

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       Die onnodige herhaling van data in 'n databasislêer                          (1)

          1.2.2       Die proses om die getal besoeke aan 'n spesifieke webtuiste te
                      maksimeer deur seker te maak dat die tuiste boaan die lys van
                      resultate wat deur die soekenjin teruggestuur word, verskyn                  (1)

          1.2.3       'n Sagteware-opdatering wat ontwerp is om 'n sekere of spesifieke
                      probleem/fout wat voorkom in sagteware wat vrygestel of in gebruik
                      is, reg te maak                                                              (1)

          1.2.4       Die tipe sagteware wat gratis deur 'n maatskappy verskaf word,
                      waar die maatskappy alle regte op die sagteware behou                        (1)

          1.2.5       'n Sein, veroorsaak deur een of ander handeling deur 'n
                      hardewaretoestel, wat geskep word en aan die SVE ('CPU') gestuur
                      word                                                                         (1)

          1.2.6       Deel van 'n organisasie se intranet wat aan gebruikers buite die
                      organisasie beskikbaar gestel word                                           (1)

          1.2.7       Rekenaarverwerking waar die fisiese plek van 'n persoon of objek
                      vasgestel en gebruik word                                                    (1)

          1.2.8       Die protokol wat gebruik word om groot lêers tussen verafgeleë
                      rekenaars wat 'n Internetverbinding het, oor te dra                          (1)

          1.2.9       'n Kopiereg-lisensie wat 'n mens toelaat om dele van werk vir
                      niewinsgewende doeleindes te gebruik, te kopieer en te versprei              (1)

          1.2.10      'n Stelsel waar dele van 'n databasis oor bedieners op verskillende
                      plekke versprei word                                                         (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                         DBE/November 2016
                                              NSS

SCENARIO

Die IT-klas het belanghebbendes en maatskappye genooi om besigheids-, beroeps- en
studiegeleenthede in IT en ook nuwe ontwikkelinge in tegnologie by hulle skool uit te
stal. Die uitstalling sal oor 'n naweek in die skoolsaal plaasvind.

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Leerders van die IT-klas moet die hulptoonbank by die uitstalling help beman en 'n
verskeidenheid rekenaarverwante vrae beantwoord.

2.1       Gebruikers wil weet of die BTAS ('BIOS') deesdae steeds in 'n rekenaarstelsel
          nodig is. Motiveer die nodigheid van die BTAS deur TWEE belangrike take
          wat dit uitvoer, te noem.                                                             (2)

2.2       Hoe voorkom die gebruik van virtuele geheue die probleem dat die
          bedryfstelsel te min geheue het wanneer programme uitgevoer word?                     (3)

2.3       Die werkverrigting van 'n rekenaar hang van die werkverrigting van die SVE
          ('CPU') af. Hoe dra ELK van die volgende tot die verbetering van die SVE
          ('CPU') se werkverrigting by:

          2.3.1       Kasgeheue                                                                 (3)

          2.3.2       Hiperryging ('Hyperthreading')                                            (2)

          2.3.3       Toegewyde video-/grafikakaarte                                            (2)

2.4       Gebruikers kla dikwels dat hulle rekenaars aanvanklik goed gewerk het, maar
          na 'n ruk baie stadig geword het.

          Gee TWEE moontlike redes hiervoor EN verduidelik hoe hierdie probleem
          opgelos kan word.                                                                     (4)

2.5       Die meeste rekenaargebruikers gebruik USB-geheuestokkies wat voldoen
          aan inprop-en-speel ('plug-and-play').

          Verduidelik   kortliks     wat    inprop-en-speel-voldoening   ('plug-and-play
          compliance') beteken.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       6                         DBE/November 2016
                                             NSS

2.6       Die betroubare stoor en rugsteun van data is belangrik in enige IT-omgewing.

          2.6.1       RAID-tegnologie word dikwels gebruik om die betroubaarheid van
                      die stoor van data te verbeter. Verduidelik kortliks die konsep
                      spieëlbeelding ('mirroring') wat in RAID-tegnologie gebruik word.        (2)

          2.6.2       Behalwe vir RAID-tegnologie, noem TWEE tegnieke wat
                      bekendgestel is om die betroubaarheid van hardeskyfaandrywers
                      ('hard disk drives') as stoortoestelle te verbeter.                      (2)

          2.6.3       'n Netwerkgebonde stoortoestel ('network-attached storage
                      device/NAS device') kan gebruik word om data op die perseel te
                      rugsteun.

                      Noem TWEE voordele van die gebruik van netwerkgebonde
                      stoortoestelle om data op die perseel te rugsteun.                       (2)

2.7       Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service [SAAS]') word by die skool
          gebruik.

          Motiveer die gebruik van SaaS by 'n skool.                                           (1)

                                                               TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         7                          DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

'n Eweknie-LAN, wat deur die uitstallers gebruik kan word, sal in die skoolsaal verskaf
word. Die LAN in die saal sal aan die skool se kliënt-bedienernetwerk gekoppel word.

3.1       Een voordeel daarvan om 'n netwerk te gebruik, is dat 'n mens in staat is om
          hardeware, soos drukkers, te deel.

          3.1.1       Noem TWEE ander voordele daarvan om rekenaars in 'n netwerk te
                      koppel.                                                                     (2)

          3.1.2       Verduidelik hoekom 'n kliënt-bedienernetwerk geskikter as 'n
                      eweknienetwerk is om 'n skool se administrasiestelsel te huisves.           (2)

3.2       TBP ('TCP')/IP is een van die standaardprotokolle wat tans in netwerke
          gebruik word.

          3.2.1       Verduidelik kortliks die doel van TBP ('TCP')/IP.                           (2)

          3.2.2       EPOP ('SMTP') is een van die protokolle in die TBP ('TCP')/IP-
                      pakket. Wat is die doel van die EPOP ('SMTP')?                              (1)

3.3       Die skool gebruik koperkabels as kommunikasiemedium in hulle LAN.

          3.3.1       Noem TWEE swakhede/nadele               van    koperkabels   as     'n
                      kommunikasiemedium.                                                         (2)

          3.3.2       Veseloptiese kabels is in die gebied om die skool geïnstalleer as
                      deel van 'n WAN wat die skool sal kan gebruik.

                      (a)   Watter medium word gebruik om data in veseloptiese kabel oor
                            te dra?                                                               (1)

                      (b)   Motiveer waarom dit raadsaam sal wees om veseloptiese
                            kabels in 'n WAN te gebruik.                                          (1)

3.4       Die skool se administratiewe data moet veilig op hulle netwerk gehou word.

          Noem TWEE moontlike maniere waarop daar met data op 'n LAN gepeuter
          kan word.

          Stel 'n voorsorgmaatreël voor wat in ELKE geval getref kan word om hierdie
          probleme te voorkom.                                                                    (4)

3.5       Die uitstallers kan skootrekenaars gebruik om aan die Internet te koppel, deur
          die skool se kabellose konneksie te gebruik.

          3.5.1       Watter hardeware sal 'n skootrekenaar nodig hê om sonder kabels
                      aan die Internet te koppel?                                                 (1)

          3.5.2       Noem TWEE nadele van kabellose kommunikasie.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                            DBE/November 2016
                                               NSS

3.6       Baie besoekers by die uitstalling sal hulle mobiele toestelle gebruik om
          toegang tot die Internet te verkry en interaksie met die uitstallers se
          aanbiedings te hê.

          3.6.1       Verduidelik die term konvergensie met betrekking tot mobiele
                      toestelle.                                                                    (2)

          3.6.2       Noem TWEE beperkings wat gebruikers gewoonlik met die gebruik
                      van mobiele toestelle ondervind.                                              (2)

3.7       Daar is verskeie gratis openbare Wi-Fi-koppelkolle ('hotspots') met 'n limiet op
          die data wat besoekers per dag in die omgewing waar die skool geleë is, kan
          gebruik.

          3.7.1       Wat is 'n openbare Wi-Fi-koppelkol ('hotspot')?                               (2)

          3.7.2       Motiveer die rede vir die limiet op die data per dag vir die gebruikers
                      van hierdie Wi-Fi-koppelkolle.                                                (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                         DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Die inligting oor die uitstalling is in 'n databasis gestoor.

4.1       Kwaliteitdata word benodig om bruikbare inligting uit 'n databasis te kan
          onttrek.

          Noem DRIE eienskappe van kwaliteitdata.                                                 (3)

4.2       Terwyl die databasis getoets is, het een van die gebruikers oor 'n
          opdateringsonreëlmatigheid ('update anomaly') wat voorgekom het, gekla.

          Wat is 'n opdateringsonreëlmatigheid?                                                   (2)

4.3       Die skool laat hulle DBBS (databasisbestuurstelsel) ('DBMS') op hulle
          bediener uitvoer.

          Wat is die voordeel daarvan om 'n DBBS op 'n bediener te laat uitvoer?                  (1)

4.4       Baie leerders stel in loopbane in die databasisomgewing belang.

          4.4.1       Wat is 'n databasisadministrateur se verantwoordelikheid?                   (1)

          4.4.2       Noem TWEE take wat spesifiek op die posbeskrywing van 'n
                      databasisontleder van toepassing is.                                        (2)

4.5       Na intensiewe gebruik van 'n databasis waar data vinnig vermeerder, kan die
          databasis groot en stadig word.

          Stel 'n oplossing voor om die grootte van die databasis af te skaal sonder om
          die funksionaliteit van die databasis te verloor.                                       (1)

4.6       Die uitstalling se data is opgeteken in 'n databasis wat bestaan uit
          twee tabelle, tblUitstallers en tblStalletjies, in 'n een-tot-baie-verwantskap.
          Die struktuur van die tabelle en hulle inhoud word hieronder getoon.

                                            tblUitstallers
                  Naam van veld        Datatipe         Beskrywing
                 UitstallerNr         Autonumber       Uitstaller se unieke nommer
                  MaatskappyNaam       Text             Naam van maatskappy
                  KontakNr             Text             Kontaknommer van maatskappy

          Data van vier rekords in die tblUitstallers-tabel:

            UitstallerNr               MaatskappyNaam           KontakNr
            1                          Funda                    0246523652
            2                          MoreDevices              0117857411
            3                          NewWiz                   0121234565
            4                          BooksForAll              0164525263
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          10                              DBE/November 2016
                                                NSS

                                             tblStalletjies
              Naam van veld            Datatipe           Beskrywing
             StalletjieNr             Text               Stalletjie se unieke nommer
              UitstallerNr             Number             Uitstaller se nommer
              Kragpunt                 Yes/No             Kragpunt nodig of nie
              Helpers                  Number             Getal helpers nodig

          Die tblStalletjies-tabel hieronder toon al die stalletjies wat aan die uitstallers
          by die uitstalling toegeken is.

                      StalletjieNr    UitstallerNr      Kragpunt         Helpers
                          A01              4                               2
                          A03              2                               0
                          A04              2                               1
                          B01              3                               1
                          B02              3                                0
                          C01              1                                2
                          C02              2                               2
                          C03              4                               4

          4.6.1       Die organiseerder is bekommerd dat dieselfde stalletjie moontlik aan
                      meer as een uitstaller toegeken sal word.
                      Verduidelik hoekom die huidige ontwerp van die databasis nie sal
                      toelaat dat dieselfde stalletjie aan meer as een uitstaller toegeken
                      word nie.                                                                         (2)

          4.6.2       Gebruik die tblUitstallers- en tblStalletjies-tabel hierbo en skryf
                      SQL-stellings om die volgende take uit te voer:

                      (a)   Vertoon die nommers van die stalletjies wat 'n kragpunt nodig
                            het.                                                                        (3)
                      (b)   Ken 'n addisionele helper aan elke stalletjie toe.                          (3)
                      (c)   Die NewWiz-maatskappy het verkeerdelik 'n ekstra stalletjie vir
                            die uitstalling bespreek. Verwyder die stalletjie met die
                            stalletjienommer B02 uit die databasis.                                     (2)

          4.6.3       Die volgende SQL-stelling is ingesleutel:
                      SELECT MaatskappyNaam, Count(StalletjieNr) AS
                      AantStalletjies, Sum(Helpers) AS TotaalHelpers
                      FROM tblUitstallers, tblStalletjies WHERE
                      tblUitstallers.UitstallerNr =
                      tblStalletjies.UitstallerNr
                      GROUP BY MaatskappyNaam;
                      Gebruik die voorbeelddata wat vir die tblUitstallers- en
                      tblStalletjies-tabel voorsien is en gee die presiese afvoer vir die
                      SQL-stelling hierbo.                                                              (5)

                                                                    TOTAAL AFDELING D:                  25
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        11                         DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Uitstallers moet by die komitee registreer om seker te maak dat geen dubbele
          besprekings voorkom nie.

          5.1.1       Die elektroniese vorm hieronder is ontwerp om vir aanlyn registrasie
                      gebruik te word.

                      (a)   Lewer krities kommentaar op die uitleg van die komponente op
                            die vorm, deur TWEE maniere aan te dui waarop die uitleg
                            verbeter kan word.                                                    (2)

                      (b)   Evalueer krities die komponente op die vorm wat gebruik word
                            om data van die gebruiker te verkry. Identifiseer TWEE
                            komponente wat swak gekies is en stel 'n geskikter komponent
                            in ELKE geval voor. Motiveer ELKE voorstel.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        12                          DBE/November 2016
                                              NSS

          5.1.2       Die vorm hieronder is ontwerp om die data van 'n stalletjie-objek met
                      die naam objStalletjie vas te lê.

                      Deur die vorm hierbo te gebruik, teken 'n UML ('unified modelling
                      language')-diagram vir die objStalletjie-objekklas.

                      Die diagram moet die volgende bevat:

                      • Al die attribute vir hierdie objek volgens die spesifikasies van 'n
                        UML-diagram
                      • 'n Toegangsmetode ('accessor method') vir die 'Kode van
                        stalletjie'-attribuut
                      • 'n Wysigingsmetode ('mutator method') vir die 'Benodig kragpunt'-
                        attribuut                                                                  (4)

5.2       'n Aantal kompetisies sal vir die duur van die uitstalling gehou word.
          Die IT-leerders word versoek om te help met die ontwikkeling van toeps
          ('apps') vir hierdie kompetisies.

          5.2.1       Die antwoord van 'n wiskundige reeks word benodig. Die program
                      moet willekeurig 'n getal in die reeks van 1 tot 10 (insluitend)
                      genereer en hierdie waarde gebruik om die terme van die ry en die
                      antwoord wat benodig word, te genereer.

                      Voorbeeld:

                      As die willekeurige getal wat gegenereer word 6 is, moet die
                      antwoord soos volg bereken word:

                                   Antwoord

                      Skryf pseudokode om die willekeurige getal te genereer en die
                      antwoord vir die gegenereerde ry te bereken. MOENIE die ry terme
                      vertoon NIE.                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        13                          DBE/November 2016
                                              NSS

          5.2.2       Een van die kompetisies sal van leerders verwag om die afvoer vir 'n
                      programsegment wat deur die vloeidiagram hieronder voorgestel
                      word, te bepaal:

                      Kopieer en voltooi die naspeurtabel hieronder om te bepaal wat die
                      afvoer van hierdie programsegment sal wees.

                          A     Is A>3?      B      Astring      Is B>A?      Vertoon
                                                                                                  (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING E:              20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            14                          DBE/November 2016
                                                  NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die uitstalling sal 'n verskeidenheid onderwerpe en nuwe tegnologieë ten toon stel.
'n Aparte hulptoonbank sal beskikbaar wees om hulp met Internetverwante aspekte te
verleen.
6.1       Die skool huisves 'n dinamiese webtuiste en sal hierdie webtuiste gebruik om
          die uitstalling te bemark.
          6.1.1       Verduidelik die verskil tussen 'n dinamiese webtuiste en 'n
                      statiese webtuiste.                                                              (2)
          6.1.2       Belangrike inligting ten opsigte van die uitstalling sal op die skool se
                      webtuiste verskyn en 'n RSS-fasiliteit sal voorsien word.
                      Wat is 'n RSS-fasiliteit?                                                        (2)
          6.1.3       Daar is voorgestel dat 'n blog gebruik moet word om die uitstalling te
                      bemark.
                      (a)   Gee 'n voorbeeld van hoe 'n blog vir hierdie doel aangewend
                            kan word.                                                                  (2)
                      (b)   Bespreek aanpasbaarheid ('scalability') met verwysing na die
                            virtuele bediener wat 'n blog huisves en die verkeer wat op die
                            pos van 'n blog reageer.                                                   (2)
6.2       'n Armband wat 'n RFID-etiket bevat, sal aan elke uitstaller uitgereik word om
          aan die uitstaller toegang tot die eetsaal vir middagete te gee.
          6.2.1       Watter tegnologie word deur RFID-etikette gebruik?                               (1)
          6.2.2       Motiveer die gebruik van RFID-etikette in plaas van kaartjies met
                      strepieskodes.                                                                   (1)
6.3       'n Klomp Internetverwante vrae is by die IT-leerders by die hulptoonbank
          ingedien.
          6.3.1       Die Internet verskaf verskeie aanlyn stoorfasiliteite.
                      (a)   Bespreek kortliks TWEE voordele van die gebruik van
                            wolkberging ('cloud storage').                                             (2)
                      (b)   Motiveer waarom die volgende twee kwessies belangrik by die
                            kies van 'n spesifieke aanlyn stoorfasiliteit is:
                            • Spoed
                            • Sekuriteit                                                               (2)
          6.3.2       Die Internet van Dinge ('Internet of Things') is een oplossing vir
                      oorlading ('overloading') van inligting.
                      (a)   Verduidelik kortliks wat die Internet van Dinge is.                        (2)
                      (b)   Wat word bedoel met oorlading van inligting?                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                                 15                       DBE/November 2016
                                                       NSS

          6.3.3       Die grafiek hieronder toon sommige VOD-dienste wat op die Internet
                      beskikbaar is.

                                              Flieks

                               Getal titels

                                                Netflix      Showmax   OnTapTV

                                                    VOD-dienste

                      (a)   Wat is 'n VOD-diens?                                                        (1)

                      (b)   Netflix is 'n stromingsdiens ('streaming service').

                            Onderskei tussen die gebruik van 'n stromingsdiens en die
                            aflaai van flieks.                                                          (2)

          6.3.4       HTML ('hypertext markup language') en JavaScript, wat 'n skriptaal
                      ('scripting language') is, word dikwels ten opsigte van webbladsy-
                      ontwerp genoem.

                      (a)   Hoekom het 'n mens HTML nodig om webbladsye te vertoon?                     (1)

                      (b)   Hoekom word JavaScript as 'n skriptaal ('scripting language')
                            beskou?                                                                     (1)

6.4       Een van die uitstallers sal 'n aanbieding oor die vermoëns van intelligente
          selfgedrewe voertuie doen.

            Toekoms van reis
            Selfgedrewe voertuie

          6.4.1       Noem EEN belangrike intelligente taak wat die sagteware wat vir 'n
                      selfgedrewe voertuig ontwerp is, moet kan uitvoer.                                (1)

          6.4.2       Selfgedrewe voertuie gebruik GPS-toestelle.

                      Noem TWEE ander hardewaretoestelle wat hierdie tipe voertuie
                      moet hê om die vereiste intelligente take te kan verrig.                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             16                          DBE/November 2016
                                                   NSS

          6.4.3       Daar is beweer dat daar minder ongelukke met selfgedrewe voertuie
                      sal plaasvind omdat menslike foute uitgeskakel sal word.

                      Noem EEN nadeel van selfgedrewe voertuie.                                     (1)

6.5       'n Kenner in kubermisdaad sal 'n plakkaat saamstel oor rekenaarmisdade wat
          deur middel van IKT ('ICT') as instrument gepleeg word.

          6.5.1       Gee EEN voorbeeld van kubermisdaad wat die samelewing negatief
                      beïnvloed.                                                                    (1)

          6.5.2       Bespreek EEN manier waarop                 kubermisdaad    'n   negatiewe
                      uitwerking op 'n besigheid kan hê.                                            (2)

          6.5.3       Verduidelik hoe strikroof ('fishing') in aanlynbedrogskemas gebruik
                      word.                                                                         (2)

          6.5.4       Hoe kan 'n ouditspoor van hulp wees as die indringing ('hacking')
                      van 'n databasis ondersoek word?                                              (2)

          6.5.5       Verduidelik wat 'n diensontsegging-aanval ('denial-of-service attack')
                      is.                                                                           (2)

6.6       'n Omgewingsagentskap het 'n stalletjie aangevra om die verantwoordelike
          gebruik van rekenaars in die omgewing te bevorder.

          Stel TWEE maniere voor waarop die negatiewe invloed van rekenaars op die
          omgewing tot die minimum beperk kan word.                                                 (2)

6.7       Die Departement van Binnelandse Sake sal die uitstalling bywoon om mense
          aan te moedig om vir hulle nuwe slim ID-kaarte aansoek te doen.

          6.7.1           Verduidelik kortliks wat 'n slimkaart is.                                 (1)

          6.7.2           Verduidelik die voordeel vir landsburgers om 'n slim ID-kaart te hê.      (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING F:            40
                                                                          GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2016-memo-afr/85756101-2bb5-41d5-9333-dc1f7e95dff6) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-eng/5824b493-9d09-4250-ac0e-b7015e6d6080) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
