# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                     DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:        Kortvrae                                           (15)
          AFDELING B:        Stelseltegnologieë                                 (27)
          AFDELING C:        Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie        (22)
          AFDELING D:        Data- en Inligtingsbestuur                         (20)
          AFDELING E:        Oplossingsontwikkeling                             (25)
          AFDELING F:        Geïntegreerde Scenario                             (41)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal
          feite/redes wat vereis word.

5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             3                      DBE/November 2017
                                                   NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

          1.1.1       Die wysiging van die sender se adres en ander dele van 'n e-pos se
                      opskrif sodat dit lyk asof die e-pos van 'n ander bron af kom, word …
                      genoem.

                      A       spoef ('spoofing')
                      B       domeinfoppery ('pharming')
                      C       gekskeerdery ('hoaxing')
                      D       spammery ('spamming')                                               (1)

          1.1.2       Watter EEN van die volgende verwys NIE na 'n eienskap van LAG
                      ('ROM') NIE?

                      A       Kleiner kapasiteit as ETG ('RAM')
                      B       Kan geprogrammeer word
                      C       Permanente geheue
                      D       Meer LAG kan in gleuwe op die moederbord ingeprop word              (1)

          1.1.3       Die volgende is rekenaarlêer-bestuurstegnieke:

                      (i)     Lêersamepersing ('File compression')
                      (ii)    Lêeromskakeling ('File conversion')
                      (iii)   Lêerargivering ('File archiving')

                      Watter kombinasie van rekenaarlêer-bestuurstegnieke word gebruik
                      wanneer 'n prentlêer van 'n bmp-formaat na 'n jpeg-formaat
                      verander word deur beeldsagteware te gebruik?

                      A       (i) en (ii)
                      B       (i) en (iii)
                      C       (ii) en (iii)
                      D       (i), (ii) en (iii)                                                  (1)

          1.1.4       Die kommunikasiestandaard wat die algemeenste gebruik word om
                      selfone aan handvrye ('hands-free') motorstelle te koppel, is …

                      A       infrarooi.
                      B       802.11g kabelloos ('wireless').
                      C       Bluetooth.
                      D       'n USB-kabel.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                          DBE/November 2017
                                               NSS

          1.1.5       Die volgende Delphi-stellings kom in kode voor wat uitgevoer is:

                      sReel :='We love the Delphi programming language';
                      sAntwoord := copy(sLine, pos('l', sLine), 4);

                      Wat sal die inhoud van die sAntwoord-veranderlike wees?

                      A    We l
                      B    love
                      C    lphi
                      D    lang                                                                   (1)

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       'n Area wat tipies by lughawens en in koffiewinkels voorkom waar
                      kabellose netwerkkonnektiwiteit aan die publiek beskikbaar is               (1)

          1.2.2       Die vermoë om 'n toestel by 'n rekenaar in te prop of te verwyder
                      sonder om die rekenaar af te skakel                                         (1)

          1.2.3       Kwaadwillige sagteware ('malware') wat hulself oor netwerke
                      versprei, gewoonlik deur hulself per e-pos aan al die kontakte in
                      'n gebruiker se adresboek te stuur                                          (1)

          1.2.4       'n Netwerk van rekenaars wat oor 'n afstand deur kwaadwillige
                      sagteware ('malware') beheer word en dan deur misdadigers gebruik
                      word om sagteware te installeer en uit te voer soos wat hulle dit
                      nodig het                                                                   (1)

          1.2.5       'n Webtoepassing wat mense in staat stel om inhoud op 'n aanlyn
                      kennisbron ('knowledge resource') by te voeg of om dit te verander          (1)

          1.2.6       Hardeware en/of sagteware wat die verkeer tussen 'n rekenaar en
                      die Internet monitor om dit teen veiligheidsoortredings te beveilig         (1)

          1.2.7       Die tipe fout wat in 'n databasis kan voorkom wanneer 'n
                      verandering in data dit noodsaak dat dieselfde data in veelvuldige
                      rekords in 'n tabel verander moet word                                      (1)

          1.2.8       'n Tegnologie wat deur toestelle gebruik word om e-pos outomaties
                      af te laai nadat 'n kennisgewing van die posbediener ontvang is             (1)

          1.2.9       'n Stel programme wat ontwerp is om administrateursregte op
                      bedrieglike wyse te gebruik om beheer van 'n rekenaar oor te neem
                      om onwettige aktiwiteite uit te voer                                        (1)

          1.2.10      'n Fouttoestand wat voorkom wanneer daar nie genoeg bisse
                      beskikbaar is om 'n heelgetalwaarde akkuraat voor te stel nie               (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          5                        DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Skool het 'n tafelrekenaar met die spesifikasies hieronder vir administratiewe
doeleindes aangekoop. Bestudeer die spesifikasies en pakketbesonderhede en
beantwoord die vrae wat volg.

Intel Axom X5-Z8350 Quad Core-verwerker – 2 MG('MB')-kasgeheue
10.1 LED-raakskerm
4 GG ('GB') ETG ('RAM')
500 GG ('GB') HDD
Windows 10
24-maande-kontrak, 2 GG ('GB') dataprysplan en 'n LTE-Wi-Fi-roeteerder
Office 365 Home – eenjaar-inskrywing vir vyf PR'e
10 GG ('GB') OneDrive-stoorspasie
4x USB 3.0-poorte

2.1       Alle rekenaarstelsels het 'n bedryfstelsel.

          2.1.1       Identifiseer die bedryfstelsel wat op hierdie rekenaarstelsel hierbo
                      geïnstalleer is.                                                            (1)

          2.1.2       Noem DRIE funksies van 'n bedryfstelsel in die algemeen.                    (3)

          2.1.3       Bedryfstelsels ondersteun 'n verskeidenheid verwerkingstegnieke.

                      Verduidelik kortliks ELKEEN van die volgende verwerkingstegnieke:

                      (a)   Multitaakverwerking ('Multitasking')                                  (2)

                      (b)   Multi-inryging ('Multithreading')                                     (2)

2.2       Waarna verwys Quad Core in die beskrywing van die verwerker in die
          rekenaarstelsel?                                                                        (1)

2.3       Gee TWEE redes waarom die hoeveelheid ETG ('RAM') in 'n rekenaar beperk
          is en gewoonlik minder is as die hoeveelheid sekondêre stoorspasie.                     (2)

2.4       Die pakket sluit 'n roeteerder ('router') in.

          2.4.1       Wat is die funksie van 'n roeteerder?                                       (1)

          2.4.2       Watter kabellose kommunikasietegnologie word as deel van die
                      pakket verskaf?                                                             (1)

2.5       Verduidelik hoekom die gebruik van 'n toegewyde videokaart verhoogde
          verwerkingspoed van 'n rekenaarstelsel tot gevolg het.                                  (2)

2.6       Hoekom verbeter kasgeheue die werkverrigting van die SVE ('CPU') in 'n
          rekenaarstelsel?                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         6                          DBE/November 2017
                                               NSS

2.7       Wanneer 'n toestel, soos 'n flitsaandrywer ('flash drive') of 'n drukker, by
          'n USB-poort ingeprop word, word 'n boodskap dikwels vertoon wat aandui
          dat dit 'n inprop-en-speel('plug-and-play')-toestel is.

          2.7.1       Verduidelik kortliks die inprop-en-speel-proses.                             (2)

          2.7.2       Wanneer 'n toestel soos 'n flitsaandrywer of 'n drukker gebruik word,
                      hoe dui dit aan dat dit die SVE ('CPU') se aandag nodig het?                 (1)

2.8       OneDrive is 'n voorbeeld van 'n aanlyn stoordiens wat die sinchronisering van
          lêers toelaat.

          Wat is die voordeel van lêersinchroniseringsdienste?                                     (2)

2.9       Indeksering van lêers kan deur 'n bedryfstelsel toegepas word as dit opdrag
          kry om dit te doen.

          Verduidelik kortliks wat indeksering van lêers beteken EN noem die voordeel
          van die toepassing van hierdie fasiliteit.                                               (2)

2.10      Die skool wil 'n skootrekenaar of 'n tablet aankoop om mobiele fasiliteite te
          verskaf wanneer dit nodig is.

          2.10.1      Waar word die bedryfstelsel op 'n mobiele toestel gestoor?                   (1)

          2.10.2      Noem TWEE faktore wat in aanmerking geneem moet word
                      wanneer sagteware vir mobiele toestelle ontwikkel word.                      (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              27

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          7                         DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

VRAAG 3

Netwerktegnologieë word op baie gebiede in die daaglikse lewe toegepas.

3.1       Rekenaars wat vir administratiewe take gebruik word, is gewoonlik in
          'n netwerk gekoppel. 'n Ethernet-LAN kan vir hierdie doel gebruik word.

          3.1.1       Noem EEN tipe kabel wat algemeen in 'n Ethernet-netwerk gebruik
                      word.                                                                        (1)

          3.1.2       Watter topologie stel elke rekenaar in staat om met sy eie kabel aan
                      'n skakelaar ('switch') gekoppel te wees?                                    (1)

          3.1.3       Watter netwerkprotokol sal gebruik word om:

                      (a)     Toegang tot die Internet te kry                                      (1)

                      (b)     Deur webbladsye te blaai                                             (1)

3.2       Wat is die voordeel van die gebruik van 'n virtuele privaat netwerk
          (VPN/'virtual private network')?                                                         (2)

3.3       Wanneer 'n Internettransaksie gedoen word, kan data sonder die medewete
          of toestemming van die gebruiker vasgelê word.

          3.3.1       Wat word hierdie tipe datavaslegging genoem?                                 (1)

          3.3.2       Gee EEN voorbeeld van 'n werklike situasie waarin hierdie tipe
                      datavaslegging plaasvind EN noem die tipe inligting wat vasgelê
                      kan word.                                                                    (2)

          3.3.3       Die data wat vasgelê word, word dikwels vir die doel van
                      gebruikersprofielsamestelling ('user profiling purposes') gebruik.

                      Waarvoor word       gebruikersprofielsamestelling   ('user   profiling')
                      meestal gebruik?                                                             (1)

3.4       'n Belangrike deel daarvan om webtuistes interaktief te maak, is om
          programmeringskode wat uitgevoer moet word, in te sluit.

          Noem DRIE tipes kode wat 'n webtuiste kan implementeer om interaktiwiteit
          te verskaf.                                                                              (3)

3.5       'n Waarskuwing oor die gebruik van koekies ('cookies') word vertoon wanneer
          aan 'n webtuiste gekoppel word.

          3.5.1       Wat is 'n koekie ('cookie')?                                                 (2)

          3.5.2       Wat is die uitwerking van die uitvee van koekies vir die gebruiker?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       8                       DBE/November 2017
                                             NSS

3.6       VoIP kan gebruik word om telefoonoproepe oor die Internet te maak.

          Noem TWEE nadele van die gebruik van VoIP.                                         (2)

3.7       Die meeste mobiele toestelle sluit 'n GPS in.

          Wat is die doel van 'n GPS?                                                        (1)

3.8       Die bestuur van digitale regte ('DRM/digital rights management') is 'n
          kontroversiële onderwerp in die IT-bedryf.

          3.8.1       Verduidelik wat DRM-sagteware is.                                      (2)

          3.8.2       Noem EEN toepassingsgebied van DRM-sagteware.                          (1)

                                                             TOTAAL AFDELING C:              22

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                          DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

4.1       Die toesighouer van die instandhoudingspan by die skool het hulp nodig met
          'n databasis vir die werknemers. Die twee tabelle hieronder is geskep om die
          inligting van die werknemers en die instandhoudingstake wat aan hulle
          toegeken is, te stoor.

                          tblWerknemers                      tblTaakKaarte
            ID                                         TaakKaartNommer
                  WerknemerNaam                          DatumBegin
                  WerknemerVan                           DatumVoltooi
                  Geslag                                 GetalDaeGeneem
                  Ouderdom                               Beskrywing

          4.1.1       In die tblWerknemers-tabel is die ID-veld veronderstel om die
                      identiteitsnommer van die werknemer, byvoorbeeld 0210255017084
                      te stoor.

                      Gee EEN rede waarom dit vir hierdie veld verkeerd sou wees om
                      'n heelgetal('integer')-datatipe te wees.                                   (1)

          4.1.2       Die TaakKaartNommer-veld is as die primêre sleutel in die
                      tblTaakKaarte-tabel gekies.

                      Verduidelik waarom nie een van die ander velde in hierdie tabel
                      'n geskikte primêre sleutel sou wees nie.                                   (1)

          4.1.3       Die GetalDaeGeneem-veld dui aan hoeveel dae dit geneem het om
                      die taak te voltooi. Daar is voorgestel dat die GetalDaeGeneem-
                      veld in die tblTaakKaarte-tabel verwyder moet word omdat dit
                      onnodig is.

                      Motiveer hierdie voorstel.                                                  (1)

          4.1.4       Die bestuurder wil 'n lys van take wat aan 'n spesifieke werknemer
                      toegeken is, sien. 'n Verwantskap moet tussen die twee tabelle
                      geskep word om hierdie lys te kan genereer.

                      'n Veld moet by een van die tabelle gevoeg word sodat 'n
                      verwantskap geskep kan word.

                      Dui die naam aan van:

                      (a) Die veld wat bygevoeg moet word

                      (b) Die tabel waarby hierdie veld gevoeg moet word                          (2)

4.2       Inligting moet altyd geverifieer kan word.

          Wat behels verifiëring van inligting?                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       10                        DBE/November 2017
                                             NSS

4.3       Die geslag van 'n werknemer is in 'n redigeerblokkie ('edit box') ingesleutel.
          Die formaat van die toevoerdata (geslag) is nie gespesifiseer nie, wat tot
          gevolg het dat die volgende toevoerdata deur verskillende gebruikers
          ingesleutel is:

                                  Manlik; M; Vroulik; V; m; vroulik

          Verduidelik hoe die programmeerder kan verseker, deur kode te gebruik, dat
          slegs geldige data-items ('M' of 'V') vir gebruik in die res van die program
          beskikbaar sal wees.

          LET WEL: Geldigheid moet deur die gebruik van kode verseker word; NIE
                   met gebruik van enige spesifieke GGK('GUI')-komponente NIE.                  (2)

4.4       Die onderwysers bestel elke jaar skoonmaaktoerusting vir hulle klaskamers.

          Die tblToerusting-tabel bevat al die bestellings vir skoonmaaktoerusting wat
          die afgelope twee jaar deur onderwysers geplaas is.

          Die strukture van die tblToerusting-tabel en die tblKlaskamer-tabel word
          hieronder getoon.

          Struktuur van tblToerusting:

            Field name           Data type      Size
            BestelNom            Text           4
            Beskrywing           Text           50
            BestelDatum          Date/Time      Kort datum in die formaat 'yyyy-mm-dd'
            KamerNommer          Number         Waarde tussen 1 en 50 (insluitend)
            Afgelewer            Boolean        true/false

          Struktuur van tblKlaskamer:

            Field name           Data type      Size
            KamerNommer          Number         Waarde tussen 1 en 50 (insluitend)
            Onderwyser           Text           25

          Voorbeelde van rekords van die twee tabelle hierbo word hieronder getoon:

          Tabel: tblToerusting

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                        DBE/November 2017
                                               NSS

          Tabel: tblKlaskamer

          Skryf SQL-stellings om ELK van die volgende take uit te voer:

          4.4.1       Vertoon die BestelNom, Beskrywing en BestelDatum van al die
                      bestellings wat in 2016 geplaas is en nog nie afgelewer is nie.             (4)

          4.4.2       Al die besems wat bestel is, is afgelewer.

                      Verander die inhoud van die tblToerusting-tabel om aan te dui dat
                      daar geen uitstaande aflewerings vir besems is nie.                         (3)

          4.4.3       Vertoon die name van die onderwysers wat bestellings geplaas het
                      EN die totale getal bestellings wat deur elke onderwyser geplaas is.
                      Stoor die berekende waarde in 'n nuwe veld met die naam
                      getalBestellings.                                                           (5)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:             20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           12                          DBE/November 2017
                                                 NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Prosedures en funksies word gebruik om modulariteit in programme te
          verbeter.

          5.1.1       Noem TWEE voordele van modulêre programmering.                                  (2)

          5.1.2       Onderskei tussen 'n privaat funksie en 'n publieke funksie.                     (2)

5.2       Die veranderlikes x, y en z is soos volg geïnisialiseer ('initialised'):

          x := false;
          y := 4;
          z := 4;

          Bepaal die resultaat van die Boolese veranderlike, bAntwoord, in ELK van
          die volgende stellings:

          5.2.1       bAntwoord :=       y   =     z;                                                 (1)

          5.2.2       If   (NOT (x)) AND (y <> 4) then
                         bAntwoord := true
                      else
                         bAntwoord := false;                                                          (2)

5.3       'n Palindroom is 'n woord wat dieselfde van voor na agter en van agter na
          voor gelees word, byvoorbeeld anna.

          Voltooi die ontbrekende blok van die pseudokode hieronder om die woord
          saam te stel wat in omgekeerde formaat in die agteruitWoord-veranderlike
          ingesleutel is om te bepaal of die woord 'n palindroom is, of nie.

                      Sleutel woord in
                      agteruitWoord  leë string

                      As woord = agteruitWoord dan
                          Afvoer 'Woord is 'n palindroom'
                      anders
                          Afvoer 'Woord is NIE 'n palindroom NIE'                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        13                       DBE/November 2017
                                              NSS

5.4       Die diagram hieronder gebruik 'n 5 x 5- tweedimensionele skikking met die
          naam arrGloeilampe om die totale getal gloeilampe te stoor wat elke dag van
          die week die afgelope jaar in elke blok van die skoolgebou (A, B, C, D, E)
          vervang is.

          arrGloeilampe is soos volg verklaar:

                     arrGloeilampe : array[1..5, 1..5] of integer;

          LET WEL: Die opskrifte is NIE deel van die inhoud van die skikking NIE.

          5.4.1       Die waardes in die skikking wat in die diagram aangedui word
                      (linker- diagonale area), moet opgetel word om 'n totale waarde
                      te kry.

                      Voorbeeld van korrekte oplossing:

                      iSom := 0;
                      iRye:= 5;
                      iKolomme := 5;
                      for r := 1 to iRye do
                        for k := 1 to iKolomme do
                           if r = k then
                              iSom := iSom + arrGloeilampe[r,k];

                      Kopieer en voltooi reël 4 van die volgende alternatiewe oplossing
                      wat 'n enkele lus gebruik om dieselfde resultaat te bereik.

                      1   iSom := 0;
                      2   iRye := 5;
                      3   for lus := 1 to iRye do
                      4     iSom := ...                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         14                            DBE/November 2017
                                               NSS

          5.4.2       'n Paar van die foute wat tydens kodering gemaak is, word hieronder
                      gegee.

                      Dui in ELKE geval die tipe fout (sintaks/looptyd/logiese) aan wat as
                      gevolg van die foutiewe stelling voorgekom het.

                      (a)     arrGloeilampe(5, 3) := 7;                                              (1)

                      (b)     arrGloeilampe[2, 3] := -2;                                             (1)

                      (c)     arrGloeilampe[6, 5] := 3;                                              (1)

          5.4.3       Kode moet bygevoeg word om die data in 'n tekslêer te stoor.

                      Onderskei tussen die lêerhanteringstake ('file handling tasks') wat
                      deur die 'Reset'-stelling en die 'Rewrite'-stelling uitgevoer word.            (2)

5.5       'n Sagtewareprogram is ontwerp om die klas TSkool, soos in die
          UML-diagram hieronder getoon word, te gebruik.

                                                TSkool
                     -fSkoolNaam
                     -fGetalLeerders
                     -fGetalOnderwysers
                     +konstruktor create(SkoolNaam:String; Leerders:Integer)

          5.5.1       Daar is probeer om, as deel van die toetsfase, objSkool-objekte te
                      instansieer deur foutiewe stellings te gebruik.

                      Identifiseer EN verduidelik kortliks die fout(e) in ELKE stelling
                      hieronder.

                      (a)    objSkool.create('MySkool',500);                                         (1)

                      (b)    objSkool:= TSkool.create(805,'MySkool');                                (1)

                      (c)    objSkool:= TSkool.create('MySkool','745');                              (1)

          5.5.2       Metodes moet by die TSkool-klas gevoeg word.

                      Kies die geskikte metodetipe uit die lys beskikbare metodetipes
                      (Toegang, Wysiging, Hulp, Konstruktor) ('Accessor', 'Mutator',
                      'Auxiliary', 'Constructor') om ELK van die volgende take uit te voer:

                      (a)    Verander die getal leerders van 1150 na 1200.                           (1)

                      (b)    Bereken die     verhouding   van   die   getal    leerders    per
                             onderwyser.                                                             (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING E:                 25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          15                           DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Jou skool stel 'n groot veldtog bekend om tot die digitale era toe te tree. Die uitbreiding
van hulle netwerk, gekoppel aan die verhoogde beskikbaarheid van die Internet, het dit
vir hulle moontlik gemaak om nuwe tegnologieë en IKT ('ICT') beter te benut. Buiten al
die voordele bied die toenemende gebruik van rekenaars en aanlyn dienste uitdagings
ten opsigte van die verskaffing van verbeterde hardeware en die opvoeding van
gebruikers.

6.1       Noem TWEE IT-verwante beroepe wat geskep sal word wanneer die netwerk
          opgestel en uitgebrei word.                                                                (2)

6.2       Toegang tot die bedienerkamer moet beheer word.

          6.2.1       Die administratiewe personeellede gebruik biometrika ('biometrics')
                      om toegang tot die bedienerkamer te verkry.

                      (a)   Verduidelik die term biometrika ('biometrics').                          (1)

                      (b)   Gee 'n geskikte voorbeeld van biometrika wat in hierdie
                            scenario gebruik kan word.                                               (1)

          6.2.2       Daar is voorgestel dat die ander personeellede RFID-kaarte moet
                      gebruik om toegang tot die bedienerkamer te verkry.

                      Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-kaarte vir hierdie
                      toepassing.                                                                    (2)

6.3       Leerders kla dat hulle rekenaars gou baie stadig word wanneer hulle meer
          toepassings oopmaak. Daar is voorgestel dat hulle dalk te veel virtuele
          geheue gebruik.

          6.3.1       Wat is virtuele geheue?                                                        (2)

          6.3.2       Watter sagteware implementeer en bestuur virtuele geheue in
                      'n rekenaarstelsel?                                                            (1)

          6.3.3       Hoe kan die gebruik van virtuele geheue beperk word?                           (1)

6.4       Lêersamepersingtegnieke kan gebruik word om lêers te verklein.

          Onderskei tussen die resultate as 'n lêer saamgepers word deur verlieslose
          kompressie ('lossless compression') en verliesende kompressie ('lossy
          compression') te gebruik.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          16                         DBE/November 2017
                                                NSS

6.5       'n Paar onderwysers het gevra dat die EPO('SMT')-protokolinstellings aan
          hulle verskaf word.

          6.5.1       Verduidelik wat 'n protokol is.                                              (2)

          6.5.2       Waarvoor word die EPO('SMT')-protokol gebruik?                               (1)

6.6       Die skool gebruik 'n skoolbestuurstelsel wat 'n verspreide databasisstelsel
          gebruik.

          6.6.1       Wat is 'n verspreide databasis?                                              (2)

          6.6.2       Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n verspreide databasis.              (2)

6.7       Die ontwikkeling van die Web van weergawe 1.0 tot verskeie ander
          weergawes het die waarde van die Web grootliks verbeter.

          6.7.1       Beskryf kortliks die hoofkenmerk van Web 1.0.                                (2)

          6.7.2       Daar word dikwels na Web 3.0 as die Semantiese Web ('Semantic
                      Web') verwys.

                      (a)   Verduidelik waarom daar na Web 3.0 as die Semantiese Web
                            verwys word.                                                           (2)

                      (b)   Web 3.0 stel 'n reeks interverwante rekenaartoestelle in staat
                            om met die Internet gekoppel te word, wat hulle in staat stel om
                            onafhanklik met mekaar te kommunikeer.

                            Wat word hierdie eienskap genoem?                                      (1)

6.8       'n Personeellid het tydens 'n soektog na onderrigvideo's op die Internet
          'n skakel ('link') na 'n webinaar oor onderwys gesien.

          6.8.1       Wat is 'n webinaar?                                                          (1)

          6.8.2       Noem EEN manier waarop die personeellid voordeel kan trek deur
                      vir die webinaar in te teken.                                                (1)

6.9       'n Logiese gevolg van die verbeteringe by die skool is 'n toename in die
          gebruik van wolkrekenarisering ('cloud computing') en SaaS.

          6.9.1       Waarvoor staan die akroniem SaaS?                                            (1)

          6.9.2       Wolkrekenarisering sluit wolksagtewaredienste, soos Office365, in.

                      Verduidelik hoe wolktoepassings oor die algemeen werk.                       (2)

          6.9.3       Noem TWEE nadele van die gebruik van aanlyn sagtewaredienste.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          17                        DBE/November 2017
                                                NSS

6.10      Onderwysers kan inteken op webtuistes wat opvoedkundige artikels
          publiseer. Hierdie webtuistes verskaf ook RSS-dienste ('really simple
          syndication services').

          Verduidelik wat 'n RSS-diens is.                                                     (2)

6.11      Ouers/Voogde is bekommerd oor leerders                   se   blootstelling   aan
          sosialenetwerk-webtuistes en kubermisdaad.

          6.11.1          Stel TWEE maniere voor waarop sosialenetwerk-webtuistes
                          verantwoordelik gebruik kan word.                                    (2)

          6.11.2          Gee TWEE redes waarom kubermisdaad baie algemeen is.                 (2)

          6.11.3          'n Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde
                          Wi-Fi-Internetkonneksies sonder toestemming te gebruik.

                          Watter term word gebruik om hierdie misdaad te beskryf?              (1)

6.12      Die IT-leerders oorweeg dit om 'n hommeltuig ('drone') as deel van 'n
          bewusmakingsveldtog vir nuwe tegnologie te bou. 'n 3D-drukker sal gebruik
          word om die onderdele van die hommeltuig te druk.

          6.12.1      Wat is 'n hommeltuig ('drone')?                                          (1)

          6.12.2      Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van 'n 3D-drukker
                      om die onderdele van die hommeltuig te druk.                             (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING F:          41
                                                                       GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-eng/54ec87cc-baac-4df0-a4a8-cf0983188337) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
