# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                   DBE/November 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                           (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                                 (23)
          AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie        (21)
          AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                         (25)
          AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                             (29)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                             (37)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
          feite/redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            3                          DBE/November 2018
                                                  NSS

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1           'n Tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat as 'n nuttige
                          program vermom word, staan as 'n … bekend.

                          A    virus
                          B    skimverklikker ('rootkit')
                          C    wurm ('worm')
                          D    trojaanse perd ('trojan horse').                                         (1)

          1.1.2           Sagteware wat gratis gebruik mag word, maar met 'n beperking op
                          tyd en funksionaliteit:

                          A    EGLO ('EULA')
                          B    Deelsagteware ('Shareware')
                          C    Outeursreg('Proprietary')-sagteware
                          D    Vryware ('Freeware')                                                     (1)

          1.1.3           Watter EEN is NIE 'n plig van 'n stelselontleder NIE?

                          A    Analiseer die sagtewarevereistes van die kliënt
                          B    Werk saam met die kliënt en die programmeerder om
                               'n stelsel te ontwerp
                          C    Skep 'n lys met spesifikasies vir die sagteware-ontwikkelaar
                          D    Skryf kode vir die sagteware-oplossing                                   (1)

          1.1.4           Wat sal die waarde van iAntwoord wees wanneer die volgende
                          stelling uitgevoer word?

                          iAntwoord := 2 + 5 * 7 div 2 – sqr(4);

                          A    3
                          B    8
                          C    1
                          D    0                                                                        (2)

          1.1.5           Watter formule       word     in    die   kodegedeelte       hieronder
                          verteenwoordig?

                          for k := 2 to p do
                            begin
                               n:= n * n;
                            end;

                          A    n*p
                          B    np
                          C    pn
                          D    pp                                                                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           4                           DBE/November 2018
                                                 NSS

1.2       Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1           Gedeelte van die LAG ('ROM') waar inligting ten opsigte van die
                          opstelling van die rekenaar gestoor kan word                               (1)

          1.2.2           Veiligheid wat op die meting en identifikasie van unieke fisiese
                          eienskappe van 'n persoon, bv. vingerafdrukke, gebaseer is                 (1)

          1.2.3           Digitale kode, aan 'n e-pos geheg, wat gebruik word om die sender
                          van 'n elektroniese boodskap te identifiseer en valideer                   (1)

          1.2.4           Sagteware wat die gebruiker toelaat om instandhoudingstake op
                          'n rekenaar uit te voer                                                    (1)

          1.2.5           Die metode wat in objek-georiënteerde programmering gebruik
                          word om 'n objek te instansieer                                            (1)

          1.2.6           Die stappe wat gevolg word om te voorkom dat onreëlmatighede
                          ('anomalies') in 'n databasis voorkom                                      (1)

          1.2.7           'n Instrument wat gebruik word om logiese foute te identifiseer deur
                          stap vir stap met die hand deur die program te werk en die
                          resultaat van elke stap in 'n tabel aan te teken                           (1)

          1.2.8           Samepersing ('Compressing') van data              deur    sommige
                          onbeduidende dele van die data te verloor                                  (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            5                           DBE/November 2018
                                                  NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Kitskosrestaurantkettinggroep maak 'n nuwe tak in die plaaslike winkelsentrum oop.
Die sentrum se IT-infrastruktuur is modern.

2.1       Tabletrekenaars ('Tablet computers') sal gebruik word om bestellings direk op
          die nuwe restaurant se stelsel te plaas.

          Gee TWEE redes waarom die gebruik van tabletrekenaars vir hierdie doel
          geskik is.                                                                                  (2)

2.2       Die sentrum se bediener ('server') sal al die rekords stoor.

          2.2.1           Noem TWEE hardewarekomponente waarvoor die spesifikasies op
                          'n hoër vlak in die bediener sal wees, in teenstelling met dié vir 'n
                          standaard-PR ('PC').                                                        (2)

          2.2.2           Noem TWEE tipes aksies wat deur 'n skyfskoonmaak ('disk clean-
                          up') uitgevoer sal word wanneer spasie op die bediener se
                          hardeskyf opgeruim word.                                                    (2)

2.3       Baie restauranteienaars oorweeg 'n opgradering van hulle rekenaarstelsels.

          2.3.1           Noem TWEE belangrike verskille tussen standaard-ETG ('RAM')
                          en kasgeheue ('cache memory') in 'n rekenaarstelsel.                        (2)

          2.3.2           Wat is die funksie van die toesteldrywer ('device driver') wat
                          geïnstalleer word wanneer 'n nuwe drukker bygevoeg word?                    (2)

          2.3.3           Wat is die doel van die produksleutel ('product key') of
                          aktiveringskode ('activation code') wat dikwels benodig word
                          wanneer nuwe sagteware geïnstalleer word?                                   (1)

          2.3.4           Die bedryfstelsel het aangedui dat opdaterings beskikbaar is.

                          (a)   Noem EEN voordeel daarvan om seker te maak dat die
                                bedryfstelsel gereeld opgedateer word.                                (1)

                          (b)   Noem EEN nadeel daarvan om toe te laat dat die
                                bedryfstelsel outomaties opdateer.                                    (1)

          2.3.5           Virtuele geheue ('virtual memory') kan die werkverrigting van die
                          rekenaar verbeter.

                          (a)   Wanneer sal virtuele geheue deur die bedryfstelsel gebruik
                                word?                                                                 (1)

                          (b)   Verduidelik die basiese konsepte van hoe virtuele geheue
                                werk.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            6                           DBE/November 2018
                                                  NSS

2.4       Beveiliging van die data is noodsaaklik.

          2.4.1           Gee EEN rede waarom 'n hardeskyf kan faal.                                  (1)

          2.4.2           Stel EEN toestel voor wat data tydens 'n kragonderbreking kan
                          beskerm sodat dit nie gekorrupteer word nie.                                (1)

          2.4.3           Verduidelik die verskil tussen die maak van 'n rugsteun ('backup')
                          en die argivering ('archiving') van data.                                   (3)

          2.4.4           Verduidelik die rol van 'n netskans ('firewall') as 'n manier om data
                          te beskerm.                                                                 (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              23

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             7                              DBE/November 2018
                                                   NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

VRAAG 3

3.1       Om hulpbronne te deel is 'n belangrike voordeel van die gebruik van
          netwerke.
          Noem TWEE ander voordele daarvan om 'n rekenaarnetwerk in 'n
          maatskappy te hê.                                                                               (2)

3.2       NKK's ('NICs') word in skootrekenaars ('laptop computers') gebruik om beide
          Wi-Fi-konneksie en 'n Ethernet-poort te verskaf.
          3.2.1           Verduidelik die funksie van 'n NKK wanneer netwerkkonnektiwiteit
                          verskaf word.                                                                   (2)
          3.2.2           Watter medium word vir die stuur en ontvang van data in 'n Wi-Fi-
                          netwerk gebruik?                                                                (1)

3.3       Kommunikasiewerkverrigting in gekabelde en kabellose ('wireless') netwerke
          word dikwels vergelyk.
          3.3.1           Noem 'n tipe netwerkkabel            wat    'n    baie   lae   vlak   van
                          seinverswakking het.                                                            (1)
          3.3.2           Verduidelik hoe swak seinsterkte opgelos kan word wanneer
                          kabellose kommunikasienetwerke opgestel word.                                   (2)
          3.3.3           Gee TWEE redes waarom maatskappye wat kabellose
                          internettoegang verskaf, eerder WiMAX as Wi-Fi gebruik.                         (2)

3.4       Daar word dikwels na Web 3.0 verwys as die 'Semantic Web'.
          3.4.1           Verduidelik wat met die term Semantic Web bedoel word.                          (2)
          3.4.2           Wat is die doel van metadata in die Semantic Web?                               (1)

3.5       E-pos bly steeds 'n gewilde vorm van kommunikasie.

          3.5.1           Watter protokol word gebruik om e-pos af te laai?                               (1)
          3.5.2           Onderskei tussen kennisgewings ('notifications') en 'push'-
                          tegnologie ten opsigte van die manier waarop e-pos op 'n mobiele
                          toestel hanteer word.                                                           (2)
          3.5.3           Verduidelik hoe 'n wolkgebaseerde ('cloud-based') diens gebruik
                          kan word om groot lêers aan 'n e-pos-ontvanger beskikbaar te stel,
                          sonder om die lêers aan die e-pos te heg.                                       (2)
          3.5.4           Strikroof ('Phishing') is 'n          tegniek     wat    dikwels      deur
                          kubermisdadigers gebruik word.
                          (a)   Verduidelik die term strikroof ('phishing').                              (2)
                          (b)   Gee EEN voorbeeld van strikroof ('phishing').                             (1)

                                                                           TOTAAL AFDELING C:             21
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           8                          DBE/November 2018
                                                 NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Party restaurante gebruik 'n databasis en 'n doeltreffende databasisbestuurstelsel vir
hulle administrasie, bestellings en verkooppunt ('point of sale/POS').

4.1       Noem EEN moontlike rol van 'n databasis in die verkooppuntstelsel
          ('POS system') van 'n restaurant.                                                         (1)

4.2       Die werkkaart hieronder bevat inligting oor 'n kelner in 'n restaurant vir 'n
          spesifieke week.

                                                                              Werkkaartnr.:
                          Weeklikse Werkkaart vir Kelners                      JC10012

            Voorletter en Van          K Nel                    Kelner ID    W001
            Permanente
                                         
            Aanstelling
            Begin van Week:            1 Oktober 2018

                                       Ure gewerk:
                                       Normale ure gewerk:                        27.5 ure
                                       Oortydure gewerk:                             6 ure
                                       Totale ure gewerk:                         33.5 ure

          4.2.1           'n Databasis met die volgende tblKelner-tabel is ontwerp:

                                               tblKelner
                                 Veldnaam                    Datatipe
                           PS    KelnerID                    4.2.1(a)
                                 Voorletter en Van           Text
                                 Permanente Aanstelling      4.2.1(b)

                          Gebruik die inligting wat op die werkkaart gegee is om 'n geskikte
                          datatipe vir ELK van die volgende velde voor te stel:

                          (a) KelnerID                                                              (1)

                          (b) Permanente Aanstelling                                                (1)

          4.2.2           'n Verslag met 'n alfabetiese lys van kelners, wat volgens hulle
                          vanne gesorteer is, word benodig.

                          Evalueer die struktuur van die tblKelner-tabel en noem die
                          probleem wat sal ontstaan wanneer daar gepoog word om die
                          verslag te genereer.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            9                           DBE/November 2018
                                                  NSS

          4.2.3           'n Tweede tabel, tblWerkkaart, moet geskep word om die
                          oorblywende inligting op die werkkaart te stoor.

                          Die tabel hieronder verteenwoordig 'n tblWerkkaart-tabel vir die
                          kelners. Teken hierdie tabel in jou ANTWOORDEBOEK oor.

                                                     tblWerkkaart
                                                      Veldnaam
                                             PS
                                                      NormaleUreGewerk

                                             :        :
                                             :        :

                          Gebruik die inligting op die weeklikse werkkaart (op die vorige
                          bladsy) en voltooi die tblWerkkaart-tabel soos volg in jou
                          ANTWOORDEBOEK:

                          (a)   Identifiseer en voeg die veldnaam van 'n geskikte primêre
                                sleutel (PS) by.
                          (b)   Maak 'n lys van ander veldname wat in die tblWerkkaart-
                                tabel moet verskyn, bykomend tot die NormaleUreGewerk-
                                veld.
                          (c)   Identifiseer en voeg 'n toepaslike vreemde sleutel (VS)
                                ('foreign key') by. Gebruik die afkorting VS in die eerste
                                kolom.

                          LET WEL:
                          • Elke werkkaart moet na 'n kelner verwys.
                          • Volg die reëls vir normalisering.                                         (6)

          4.2.4           Teken 'n eenvoudige entiteitverwantskapdiagram ('entity-
                          relationship diagram/ERD') om die verwantskap tussen die
                          tblKelner-tabel en tblWerkkaart-tabel te toon.                              (3)

4.3       Die fisiese integriteit van data is net so belangrik soos die logiese integriteit.

          4.3.1           Identifiseer EEN kwessie wat die fisiese integriteit van data oor die
                          algemeen kan bedreig.                                                       (1)

          4.3.2           Noem TWEE aspekte van databasis-ontwerp wat logiese integriteit
                          sal verseker.                                                               (2)

4.4       'n Advertensie vir 'n databasisadministrateur vir 'n restaurant moet in die
          plaaslike koerant geplaas word.

          Noem DRIE primêre verantwoordelikhede van 'n databasisadministrateur.                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           10                        DBE/November 2018
                                                 NSS

4.5       Noem TWEE voordele daarvan om 'n DBBS ('DBMS') op 'n bediener
          geïnstalleer te hê.                                                                       (2)

4.6       'n Restaurantgroep gebruik 'n verspreide databasisstelsel ('distributed
          database system').

          4.6.1           Stel EEN rede voor waarom 'n verspreide databasisstelsel
                          gesofistikeerde veiligheid sal vereis, in vergelyking met 'n
                          databasisstelsel wat op 'n enkele rekenaar gestoor is.                    (1)

          4.6.2           Uit 'n gebruiker se perspektief, wat is die voordeel daarvan om op
                          'n verspreide databasis eerder as op 'n enkelbediener-databasis te
                          werk?                                                                     (1)

          4.6.3           Verduidelik kortliks hoe data-sinchronisasie gedoen word wanneer
                          'n partisioneringsmodel in 'n verspreide databasis gebruik word.          (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING D:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             11                           DBE/November 2018
                                                   NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Die bestuurder van 'n restaurant nader 'n beginnerprogrammeerder om 'n verouderde
program wat vir besprekings gebruik word, te verbeter.

5.1       Beantwoord die vrae hieronder oor algemene aspekte en konsepte wat met
          programmering verband hou.

          5.1.1           Noem TWEE riglyne vir die skryf van duidelike en leesbare
                          bronkode.                                                                     (2)

          5.1.2           Definieer die konsep van 'n algoritme in programmering.                       (2)

          5.1.3           Ontfouting ('Debugging') is 'n integrale deel van programmering.

                          (a)   Verduidelik wat met ontfouting van 'n program bedoel word.              (2)

                          (b)   (i)   Wat is 'n looptydfout ('runtime error')?                          (1)

                                (ii) Gee 'n voorbeeld van 'n tipe fout wat tot 'n looptydfout
                                     sal lei.                                                           (1)

          5.1.4           Luswerking ('Looping') is 'n algemene programmeringstruktuur.

                          Vergelyk die struktuur en uitvoering van 'n WHILE…DO-lus en 'n
                          REPEAT…UNTIL-lus.                                                             (2)

          5.1.5           Identifiseer die datatipes vir veranderlikes X en Y wanneer die
                          volgende twee instruksies uitgevoer word:

                           X := 5 mod 2;

                                EN

                           Y := 5 mod 2 = 0;                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            12                          DBE/November 2018
                                                  NSS

5.2       Besprekings word in 'n tekslêer met die naam Besprekings.txt gestoor.

              procedure TForm1.btnReadFromFileClick(Sender: TObject);
              Var
                tLeer: TextFile;
                sReel: String;
              begin
                AssignFile(tLeer, 'Besprekings.txt');
                Reset(tLeer);
                while not eof(tLeer) do
                   readln(tLeer, sReel);
              end;

              procedure TForm1.btnAddToFileClick(Sender: TObject);
              Var
                tLeer: TextFile;
                sReel: String;
              begin
                AssignFile(tLeer, 'Besprekings.txt');
                Append(tLeer);
                writeln(tLeer, 'Mev. A Smith#19:30');
                CloseFile(tLeer);
              end;

          5.2.1           Verduidelik die doel van die volgende reëlkode:

                          AssignFile(tLeer,'Besprekings.txt');                                        (2)

          5.2.2           Noem die uitwerking indien Append(tLeer) in die prosedure
                          hierbo met Rewrite(tLeer)vervang word.                                      (2)

          5.2.3           Die gebruiker moet data na 'n tekslêer stoor.

                          Toe 'n knoppie geklik is om die data na die tekslêer te skryf, het 'n
                          Toevoer/Afvoer-lêerfout voorgekom.

                          Gee 'n moontlike rede waarom die T/A-fout ('I/O error') voorgekom
                          het.                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          13                         DBE/November 2018
                                                NSS

5.3       Die algoritme hieronder word gebruik om die geldigheid van 'n pinkode te
          toets.

            Reël     Algoritme_Valideer_Pin
            1        Invoer van PIN
            2        c0
            3        x  PIN
            4        Herhaal (Repeat)
            5             x  x / 10
            6             cc+1
            7        Totdat (Until) x < 1
            8        Indien (If) c <> 5 then
            9           Vertoon 'Fout in PIN'
            10       Anders (Else)
            11          Vertoon 'PIN Aanvaar'

          5.3.1           Trek die naspeurtabel ('trace table') hieronder in jou
                          ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om die afvoerwaarde vas te
                          stel indien 623 as die pinwaarde ingesleutel word.

                           Pin       x      c     Is x < 1? Is c <> 5?    Vertoon
                           623       623    0

                                                                                                   (6)

          5.3.2           Analiseer die voltooide naspeurtabel en noem wat die vereiste vir
                          die pin is om geldig te wees.                                            (1)

5.4       'n Algoritme word benodig om 'n patroon te vertoon, gebaseer op die getal
          wat ingesleutel is wat die getal reëls aandui wat vertoon moet word.

          Voorbeeld: Indien die waarde 6 ingevoer word, moet die patroon hieronder
          vertoon word:

          Voltooi die algoritme vanaf reël 3 hieronder om die patroon te vertoon,
          gebaseer op enige toevoerwaarde.

            Reël     Algoritme_Vertoon_Patroon
            1        Voer getal in
            2        Lusteller  1 tot getal
            3        …
                                                                                                   (5)

                                                                   TOTAAL AFDELING E:              29

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                               14                     DBE/November 2018
                                                     NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die dae toe restaurante uitsluitlik op goeie kos, 'n genotvolle atmosfeer en
mondelingse advertering kon staatmaak, kom vinnig op 'n einde. Al hoe meer
restaurante besef dat hulle verbruikergerigte tegnologieë, soos webtuistes, sosiale
netwerke en mobiele toeps ('apps') moet gebruik om kompeterend te bly. Die
bestuurder by 'n plaaslike restaurant het besluit om hierdie tegnologieë te
implementeer.

6.1       Die restaurant het 'n onbeveiligde ('unsecured') warmkol ('hotspot') vir hulle
          gaste geskep.

          6.1.1           Wat is 'n warmkol ('hotspot')?                                            (2)

          6.1.2           Noem die bedreiging vir 'n gas wanneer 'n onbeveiligde warmkol
                          gebruik word.                                                             (1)

          6.1.3           Die gebruik van BitTorrent is op die netwerk deur die netskans
                          ('firewall') geblokkeer.

                          (a)   Wat is BitTorrent?                                                  (1)

                          (b)   Gee TWEE redes waarom die restauranteienaar daarop
                                aandring dat BitTorrent geblokkeer word.                            (2)

6.2       Die warmkol in die restaurant word deur sakelui gebruik om met hulle
          maatskappy se VPN te konnekteer.

          6.2.1           Skryf die afkorting VPN uit.                                              (1)

          6.2.2           Verduidelik kortliks wat 'n VPN is.                                       (2)

6.3       Die restaurant het hulle webtuiste opgegradeer.

          6.3.1           Die URL vir 'n blad op die webtuiste van hierdie restaurant word
                          hieronder gegee:

                          http://www.mydinnersite.com/product.asp?id=12345

                          (a)   Is dit 'n statiese of dinamiese webblad? Motiveer jou
                                antwoord.                                                           (2)

                          (b)   Hoe sou die URL verander om aan te dui dat dit 'n mobiele
                                webtuiste is?                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           15                         DBE/November 2018
                                                 NSS

          6.3.2           'n Paragraaf op die tuisblad van die webtuiste motiveer gebruikers
                          om minder krag te gebruik.

                          (a)   Gee TWEE wenke om krag               te   bespaar    wanneer
                                rekenaartoestelle gebruik word.                                      (2)

                          (b)   Stel EEN omgewingsvriendelike manier voor waarop die
                                restaurant van hulle ou elektroniese toerusting ontslae
                                kan raak.                                                            (1)

          6.3.3           Noem die tegniek wat gebruik word om te verseker dat die
                          restaurant se webtuiste so hoog as moontlik op 'n lys met
                          soekresultate geplaas word.                                                (1)

6.4       Kubermisdade ('Cybercrimes'), soos VDoS ('DDoS'), is deesdae algemene
          verskynsels in die kuberruimte.

          6.4.1           Verduidelik kortliks wat 'n VDoS('DDoS')-aanval op die restaurant
                          se webtuiste kan behels.

                          LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word as die akroniem
                                       uitgeskryf word NIE.                                          (2)

          6.4.2           Stel TWEE maatreëls voor wat die restaurant kan implementeer
                          om kubermisdaad te voorkom.                                                (2)

6.5       Die restaurant moedig hulle gaste aan om die Foursquare-toep ('app') op
          hulle mobiele toestelle af te laai.

          6.5.1           Verduidelik wat 'n gekonnekteerde toep ('connected app') is.               (2)

          6.5.2           Gee TWEE redes waarom 'n toep gewilder as konvensionele
                          webblaaie is wanneer sekere webtuistes gebruik word.                       (2)

          6.5.3           (a)    Watter tipe tegnologie maak plekgebaseerde dienste, soos
                                 Foursquare, moontlik?                                               (1)

                          (b)    Noem TWEE voordele van 'n aanmelddiens,                 soos
                                 Foursquare, vanuit 'n restaurant se perspektief.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           16                          DBE/November 2018
                                                 NSS

6.6              Die proses van data-ontginning ('data mining') van data in 'n datapakhuis
                 ('data warehouse') het die grafiek hieronder van die maandelikse inkomste
                 van die restaurant gelewer.

                               Dine-is-Fine Restaurant – Maandelikse Inkomste

      Inkomste

                                                       Maande

                 6.6.1    Verduidelik die doel van 'n datapakhuis ('data warehouse').              (2)

                 6.6.2    Noem TWEE rolle wat mense in die data-ontginningsproses speel.           (2)

                 6.6.3    Wat is die doel van data-ontginning in hierdie konteks?                  (2)

6.7              'n Toepassingsprogram vir 'n spesifieke taak word benodig. Beide 'n
                 tafelrekenaarpakket en 'n aanlyn toepassing het die funksies wat benodig
                 word. Beide pakkette behels addisionele koste.

                 6.7.1    Noem TWEE voordele van die gebruik van die aanlyn toepassing.            (2)

                 6.7.2    Gee EEN rede waarom die               tafelrekenaarpakket     as   die
                          voorkeurkeuse beskou kan word.                                           (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING F:            37
                                                                         GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-final-memo-afr/e606bf7e-39ef-42a7-908b-0193e164cc67) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
