# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                      DBE/November 2019
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                             (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                                   (25)
          AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie          (30)
          AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                           (20)
          AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                               (20)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                               (40)

2.        Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
          redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          3                         DBE/November 2019
                                                NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

           1.1.1      Die proses wat gebruik word om 'n databasistransaksie om te keer
                      en die data na 'n vorige status te herstel, word … genoem.

                      A    verstekstatusomkeer ('default state revert')
                      B    omkeer ('revert')
                      C    statusherstel ('state restore')
                      D    terugrol ('rollback')                                                      (1)

          1.1.2       Die tegnologie wat JavaScript met 'n deurblaaieropdrag kombineer
                      en die deurblaaier in staat stel om slegs 'n klein gedeelte van 'n
                      webblad op te dateer, word … genoem.

                      A    XML
                      B    AJAX
                      C    IMAP
                      D    JVM                                                                        (1)

          1.1.3       'n Tipe redenasie wat met waarskynlikhede werk om by 'n besluit uit
                      te kom, word … genoem.

                      A    alternatiewe logika
                      B    stelsellogika
                      C    vae logika ('fuzzy logic')
                      D    ontwerpdenkwyse                                                            (1)

          1.1.4       'n Enkripsiemetode wat twee aparte sleutels gebruik om data te
                      enkripteer en dekripteer, word … genoem.

                      A    BSL ('SSL')
                      B    privaatsleutel-enkripsie ('private key encryption')
                      C    hutsing ('hashing')
                      D    publiekesleutel-enkripsie ('public key encryption')                        (1)

          1.1.5       … is 'n ingeboude Delphi-funksie wat die heelgetalgedeelte van 'n
                      wisselpuntgetal terugstuur.

                      A    Val()
                      B    Sqr()
                      C    Trunc()
                      D    Frac()                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                          DBE/November 2019
                                               NSS

1.2       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–T) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 U.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
          1.2.1       'n Tegnologie wat die definiëring      A   kliënt
                      van style toelaat wat op sekere
                      formatteringreëls gebaseer is, wat     B   verswakking
                      deur HTML-lêers gebruik kan word           ('attentuation')
                      om die voorkoms van webblaaie te
                      verander                               C   AGB ('AUP')

          1.2.2       Sagteware wat 'n bedryfstelsel in    D     topologie
                      staat stel om 'n hardewaretoestel te
                      beheer en daarmee te kommunikeer E         ASCII

          1.2.3       'n Term wat na die fisiese uitleg van F    drywer
                      rekenaars in 'n netwerk verwys
                                                            G    volle rugsteun
          1.2.4       Hardeware en/of sagteware wat die
                      verkeer tussen 'n rekenaar en die     H    databasis-analis
                      internet monitor om beskerming        I    rekenaarwurm
                      teen veiligheidsoortredings te bied
                                                            J    KSV ('CSS')
          1.2.5       'n Tipe rugsteun waar rugsteun-
                      lêers gemaak word slegs van nuwe K         inkrementele rugsteun
                      lêers en lêers wat sedert die vorige
                      rugsteun verander is                  L    LOP ('FTP')
          1.2.6       Rekenaars in 'n netwerk wat            M   eweknie
                      netwerkhulpbronne gebruik, maar
                      dit nie verskaf nie                    N   netskans ('firewall')
          1.2.7       'n Professionele persoon wat vir die   O   EMI
                      bestuur en instandhouding van
                      databasisse verantwoordelik is         P   EGLO ('EULA')

          1.2.8       'n Tipe kwaadwillige sagteware         Q   RAID
                      ('malware') wat oor 'n netwerk
                      dupliseer sonder dat 'n gasheerlêer    R   DBA
                      nodig is
                                                             S   steurspraak ('crosstalk')
          1.2.9       Die term wat die verlies aan
                      seinsterkte in 'n netwerkmedium        T   Trojan
                      oor 'n afstand beskryf

          1.2.10      'n Beleidsdokument wat die regte
                      en verantwoordelikhede van
                      gebruikers in 'n netwerk- of werk-
                      verwante omgewing spesifiseer
                                                                                     (10 x 1)       [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 15

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          5                           DBE/November 2019
                                                NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Paar leerders uit 'n IT-klas het besluit om hulle gemeenskap te help deur gratis
opvoedkundige toepassings as deel van 'n gemeenskapsprojek te ontwikkel.

2.1       Die leerders moet besluit watter skootrekenaar om aan te koop om die
          toepassings te ontwikkel. Die spesifikasies van twee skootrekenaars is soos
          volg:

                    SKOOTREKENAAR 1                          SKOOTREKENAAR 2
            - 15 duim-HD-skerm                        - 15,6 duim-HD-skerm
            - Intel Core i3-6006U                     - Intel Core i5-8250U
            - 4 GG ('GB') DDT('DDR')-1600             - 2 x 4 GG ('GB') DDT('DDR')3-1600
            - WD Blue 1 TG ('TB') 7200 RPM            - 1,5 TG ('TB') 7200 RPM

          2.1.1      Noem die hoeveelheid ETG ('RAM') wat by Skootrekenaar 2
                     ingesluit is.                                                                   (1)

          2.1.2      Is Skootrekenaar 1 met 'n vastetoestandaandrywer ('solid-state
                     drive') of 'n hardeskyfaandrywer saamgestel? Motiveer jou antwoord.             (2)

          2.1.3      Skootrekenaar 2 het 1,5 TG ('TB') stoorspasie. Gee die grootte van
                     die stoorspasie in gigagrepe ('gigabytes').                                     (1)

2.2       Die SVE ('CPU'), ook bekend as die verwerker, doen die meeste van die
          verwerking in 'n rekenaarstelsel.

          2.2.1      SVE's werk volgens 'n volgorde van stappe wat die masjiensiklus
                     genoem word. Noem die eerste TWEE stappe van die masjiensiklus.                 (2)

          2.2.2      Moderne bedryfstelsels kan baie verskillende verwerkingstegnieke
                     uitvoer. Verduidelik die term multi-inryging ('multithreading') kortliks.       (2)

2.3       Die IT-leerders       bespreek    dikwels    die   eienskappe   van   die   jongste
          grafikakaarte.

          2.3.1      Noem TWEE faktore van 'n grafikakaart                wat   die   grafiese
                     verwerkingsvermoë daarvan beïnvloed.                                            (2)

          2.3.2      Baie skootrekenaars het 'n ingeboude (of geïntegreerde) grafiese
                     aansluitstuk ('adapter') en 'n grafikakaart.
                     Gee TWEE redes waarom skootrekenaars op hierdie manier ontwerp
                     word.                                                                           (2)

2.4       Die BTAS ('BIOS'), wat POST insluit, speel 'n belangrike rol in die
          selflaaiproses ('boot-up process') van 'n rekenaar.

          2.4.1      Waarvoor staan die akroniem POST?                                               (1)

          2.4.2      Verduidelik kortliks POST se rol in die selflaaiproses ('boot-up
                     process') van 'n rekenaar.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         6                         DBE/November 2019
                                               NSS

2.5       Die leerders oorweeg dit om hulle toepassings vir mobiele toestelle, soos
          slimfone, beskikbaar te stel.

          2.5.1      Definieer die term konvergensie ('convergence').                             (1)

          2.5.2      Hoe kan die leerders tydens die ontwikkeling van die mobiele
                     toepassings virtualisering tot hulle voordeel gebruik?                       (1)

2.6       Rekenaarstelsels kan met stadige werkverrigting te doen hê wanneer
          opvoedkundige toepassings uitgevoer word as gevolg van die oormatige
          gebruik van virtuele geheue.

          Noem TWEE maniere waarop die probleem met betrekking tot virtuele
          geheue opgelos kan word.                                                                (2)

2.7       Die hardeware van tafelrekenaars kan maklik uitgebrei word.

          2.7.1      Wat is die doel van die ZIF-sok ('socket') op 'n moederbord?                 (1)

          2.7.2      Die meeste rekenaarrandapparatuur is warmruilbaar ('hot
                     swappable'). Verduidelik wat met die term warmruilbaar bedoel word.          (1)

2.8       Die leerders wil hulle opvoedkundige toepassings as vryware ('freeware')
          vrystel, maar daar is baie ander tipes sagtewarelisensies, soos deelware
          ('shareware').

          2.8.1      Verduidelik wat die gebruik van deelware behels.                             (2)

          2.8.2      Baie maatskappye wat sagteware ontwikkel gebruik die SaaS-
                     verspreidingsmodel.

                     (a)   Verduidelik hoe SaaS werk.                                             (1)

                     (b)   Noem EEN voordeel van die gebruik van SaaS.                            (1)

2.9       'n Algemene probleem wat met die gebruik van hardeskywe geassosieer
          word, is skyffragmentering.

          Wat is skyffragmentering?                                                               (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            7                        DBE/November 2019
                                                  NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

VRAAG 3

Jy het 'n vryskutonderneming begin en moet 'n netwerk vir die onderneming opstel.

3.1       Wanneer 'n netwerk vir 'n klein kantoor opgestel word, kan moontlike
          noodsaaklike stukke toerusting kabels en roeteerders ('routers') insluit.

          3.1.1       Noem EEN tipe netwerkkabel wat gebruik kan word.                              (1)

          3.1.2       Verduidelik die doel van 'n roeteerder.                                       (2)

3.2       Daar is voorgestel dat jy 'n kabellose opstelling vir jou netwerk moet oorweeg.

          3.2.1       Noem TWEE voordele van 'n kabellose netwerk.                                  (2)

          3.2.2       Toegangspunte in kabellose netwerke is noodsaaklik.

                      Verduidelik wat 'n toegangspunt is.                                           (2)

3.3       Kabellose netwerke is geneig tot rugrytransmissie ('piggybacking').

          3.3.1       Verduidelik wat rugrytransmissie behels.                                      (1)

          3.3.2       Stel TWEE maniere voor waarop 'n netwerk teen rugrytransmissie
                      beskerm kan word.                                                             (2)

3.4       Jy beplan om 'n webtuiste te ontwikkel                 wat   as   deel   van    jou
          bemarkingstrategie gebruik gaan word.

          3.4.1       Verduidelik die voordeel van 'n dinamiese webtuiste. Verwys na die
                      eienskappe van 'n dinamiese webtuiste in jou antwoord.                        (3)

          3.4.2       Hoe kan jy verseker dat jou webtuiste in 'n soeklys sal voorkom,
                      selfs as jou tipe besigheid nie regtig op die soektog betrekking het
                      nie?                                                                          (1)

          3.4.3       Jy het besluit om die HTTPS-protokol te gebruik.

                      (a)   Wat is 'n protokol?                                                     (2)

                      (b)   Motiveer hoekom die HTTPS-protokol eerder as die HTTP-
                            protokol aanbeveel word.                                                (1)

3.5       Jy moet vanaf enige plek toegang tot jou besigheidslêers, wat op jou
          tuisnetwerk gestoor is, kry.

          3.5.1       Verduidelik hoekom die gebruik van 'n PAN NIE geskik sal wees NIE.            (1)

          3.5.2       Gee TWEE redes waarom die gebruik van 'n VPN meer geskik sal
                      wees.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          8                        DBE/November 2019
                                                NSS

3.6       Jy het besluit om ryk internettoepassings               (RIT)    ('rich   internet
          applications/RIA') te gebruik om uitgawes te spaar.

          3.6.1       Verduidelik wat RIT ('RIA') is.                                             (2)

          3.6.2       Gee 'n voorbeeld van 'n RIT.                                                (1)

3.7       Mobiele toepassings, aangedryf deur 'n toenemende afhanklikheid van
          mobiele toestelle, het 'n gewilde verskynsel geword.

          Gee TWEE redes waarom jy dit moet oorweeg om 'n toepassing vir jou
          onderneming te skep om op 'n mobiele toestel te gebruik.                                (2)

3.8       Plekgebaseerde rekenaarverwerking kan nuttig vir jou besigheid wees.

          3.8.1       Wat is plekgebaseerde rekenaarverwerking?                                   (1)

          3.8.2       Watter tipe tegnologie word gebruik          om     plekgebaseerde
                      rekenaarverwerking te implementeer?                                         (1)

3.9       Vryskutwerkers beweeg baie rond en gebruik dikwels potgooie ('podcasts')
          terwyl hulle reis om op hoogte van die jongste ontwikkelinge in hulle
          verskillende velde te wees.

          3.9.1       Wat is 'n potgooi?                                                          (2)

          3.9.2       Potgooie word dikwels gestroom ('streamed'). Verduidelik die
                      konsep van stroming ('streaming').                                          (1)

                                                                TOTAAL AFDELING C:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       9                         DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

'n Klein plaaslike onderneming wat van 'n enkele plek af bedryf word, stoor hulle
besigheidsdata in 'n databasis met twee tabelle met die name tblKliente en
tblBestellings.

Die tabelontwerp vir die tblKliente-tabel is soos volg:

                     Field Name                Data Type
                     KlientSAID                Short Text
                     Van                       Short Text
                     Voornaam                  Short Text
                     Kontaknommer              Short Text

LET WEL:        Die KlientSAID-veld in die tblKliente-tabel bevat die kliënt se 13-syfer-
                Suid-Afrikaanse identiteitsnommer.

Die tabelontwerp vir die tblBestellings-tabel is soos volg:
                     Field Name                Data Type
                     FaktuurNommer             Short Text
                     KlientSAID_Verwys         Short Text
                     Bedrag                    Currency
                     Betaal                    Yes/No

LET WEL:        Die KlientSAID_Verwys-veld in die tblBestellings-tabel bevat die kliënt
                se 13-syfer-Suid-Afrikaanse identiteitsnommer.

4.1       Geen primêre sleutel word aangedui nie.
          Noem die uitstaande kenmerk van 'n primêre sleutel in 'n tabel.                        (1)

4.2       Slegs bestellings ter waarde van 'n bedrag van ten minste R500,00 sal in die
          tblBestellings-tabel ingevoeg word. Stel 'n datavalideringstegniek voor wat
          gebruik kan word om hierdie voorwaarde af te dwing.                                    (1)

4.3       Geen verwantskap word tussen die tblKliente-tabel en die tblBestellings-
          tabel aangedui nie.
          4.3.1       Watter velde kan gebruik word om 'n verwantskap tussen die tabelle
                      op te stel?                                                                (1)
          4.3.2       Identifiseer die tipe verwantskap wat gevorm sal word EN dui die
                      tabel aan wat aan elke kant van die verwantskap sal voorkom.               (2)

4.4       'n Voorstel is gemaak om die kliënt se ouderdom, KlientOuderdom, as 'n
          bykomende veld by die tblKliente-tabel te voeg.
          Evalueer waarom hierdie voorstel tot 'n swak tabelontwerp sal lei.                     (1)

4.5       Maak 'n voorstel of die besigheid 'n tafelrekenaar of 'n bedienerdatabasis-
          bestuurstelsel moet gebruik. Motiveer jou antwoord.                                    (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         10                     DBE/November 2019
                                               NSS

4.6       Die volgende foutboodskap word vertoon wanneer jy 'n rekord in die
          tblBestellings-tabel wil invoeg:

          4.6.1       Word die foutboodskap hierbo deur 'n sintaks-, uitvoer- of logiese
                      fout veroorsaak?                                                          (1)

          4.6.2       Noem die databasis-ontwerpkonsep wat met die foutboodskap
                      hierbo verband hou.                                                       (1)

4.7       'n Besluit is geneem dat spieëlbeelding van data ('data mirroring') vir die
          databasis gebruik sal word.

          Definieer die term spieëlbeelding.                                                    (1)

4.8       As 'n besigheidseienaar is dit belangrik om 'n goeie wagwoordbeleid te hê.

          Stel TWEE riglyne vir 'n goeie wagwoordbeleid ten opsigte van die saamstel
          van wagwoorde voor.                                                                   (2)

4.9       Een van jou kliënte het navraag gedoen oor sy persoonlike inligting wat
          gebruik is om vanaf onbekende bronne vir hom boodskappe te stuur. Jy het
          geantwoord: 'Dit is onsigbare datavaslegging ('invisible data capturing').'

          Wat word met die term onsigbare datavaslegging bedoel?                                (2)

4.10      Die gebruik van 'n datapakhuis ('data warehouse') sal jou in staat stel om
          data-ontginning ('data mining') te doen.

          Verduidelik die konsep van data-ontginning.                                           (1)

4.11      Die onderneming sal vir belastingdoeleindes geoudit word.

          Verduidelik kortliks hoe 'n ouditspoor ('audit trail') gebruik kan word om die
          ouditeursfirma in hulle ondersoek te help.                                            (2)

4.12      Rekordsluiting is 'n meganisme wat in die meeste databasisse gebruik word.

          Verduidelik hoe 'n rekordsluiting werk.                                               (2)
                                                                TOTAAL AFDELING D:              20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                        DBE/November 2019
                                               NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Skryf die mees geskikte datatipes neer vir veranderlikes wat vir die volgende
          scenario's gebruik gaan word:

          5.1.1       'n Suid-Afrikaanse    selfoonnommer      moet   gestoor     word,    bv.
                      083 112 4393.                                                                  (1)

          5.1.2       'n Stelsel moet op die hoogte bly van die aantal keer wat 'n kliënt 'n
                      bestelling geplaas het.                                                        (1)

5.2       Die volgende programmeringstellings is verskaf:

              K = 10;
              L = 5.0;
              M = False;

          Evalueer die volgende uitdrukkings en dui aan of die resultaat           True      of
          False sal wees.

          Toon AL die stappe.

          5.2.1       NOT ((K > L) OR (M))                                                           (2)

          5.2.2       (M = NOT True) AND (L = K / 2)                                                 (2)

5.3       Bestudeer die volgende Delphi-kode en beantwoord die vrae wat volg:

            1      var
            2        n, k: integer;
            3        sUit: String;
            4      begin
            5        k := 2;
            6        sUit := IntToStr(k);
            7
            8             for n := 0 to 4 do
            9               begin
            10                k := k * 2;
            11                sUit := sUit + ', ' + IntToStr(k);
            12              end;
            13
            14       ShowMessage(sUit);
            15     end;

          5.3.1       Wat is die waarde van sUit voordat die lus uitgevoer is?                       (1)

          5.3.2       Hoeveel keer sal die lus herhaal word?                                         (1)

          5.3.3       Wat sal die waarde van k       wees wanneer die veranderlike n die
                      waarde van 1 bereik?                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                      12                        DBE/November 2019
                                            NSS

5.4       Spesifiseer die korrekte minimum EN maksimum waardes wat as 'n resultaat
          van die volgende Delphi-stelling gegenereer kan word:

                            iRandomGetal := Random(8) + 5;                                      (2)

5.5       Noem 'n ingeboude Delphi-funksie wat altyd 'n desimale getal, soos 47.3 of
          34.5, tot die volgende heelgetal na bo sal afrond.                                    (1)

5.6       'n Lineêre soektog, ook bekend as sekwensiële soektog, is een van die
          gewildste soekalgoritmes, maar dit kan ondoeltreffend wees.

          Gee EEN rede waarom 'n lineêre soektog soms as ondoeltreffend beskou
          word.                                                                                 (1)

5.7       'n Algoritme moet ontwikkel word om 'n afvoer van sterre te vertoon wanneer
          enige string syfers as teks ingesleutel word, soos in die voorbeelde hieronder
          getoon word.

          Voorbeeld van afvoer as die toevoer '534' was:

                             *****
                             ***
                             ****

          Voorbeeld van afvoer as die toevoer '49813' was:

                             ****
                             *********
                             ********
                             *
                             ***

          Voltooi die algoritme hieronder om die regte afvoer te gee volgens die string
          syfers wat ingesleutel is, soos hierbo verduidelik.

                  Vertoon 'Sleutel asseblief 'n string syfers in'
                  sToevoer  toevoer
                  ...                                                                           (6)

                                                               TOTAAL AFDELING E:               20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           13                            DBE/November 2019
                                                 NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Vryskutwerk raak meer gewild omdat mense verkies om van die huis af te werk. Daar
is honderde vryskutwerksgeleenthede op die internet beskikbaar.

6.1       Vryskutwerk word dikwels van 'n mobiele kantoor af gedoen.

          6.1.1       Definieer die term mobiele kantoor.                                                (2)

          6.1.2       Hoe sal die gebruik van 'n mobiele kantoor vir 'n vryskutwerker
                      voordelig wees?                                                                    (1)

6.2       Die volgende gevolgtrekking is in 'n verslag wat op 'n opname oor
          vryskutwerk in die mediabedryf gebaseer is, gepubliseer:

          'In line with the fact that the majority of freelancers work in the digital/online space,
          it makes sense that social media is considered an important marketing tool for
          creative entrepreneurs. 32% of respondents cite Facebook as their primary
          marketing platform, followed by LinkedIn.'
                                                                         [Aangepas uit internetbron]

          6.2.1       Wat is die algemene term wat vir digitale/aanlyn spasie gebruik
                      word?                                                                              (1)

          6.2.2       Gee TWEE voorbeelde van aanlyn datastoordienste.                                   (2)

          6.2.3       Wanneer daar met dinamiese webblaaie gewerk word, word die
                      term 'aanlyn stoor' ('online storage') dikwels gebruik. Dit verwys na
                      stoor op 'n webbediener.

                      Gee TWEE ander voorbeelde van lêers wat aanlyn vir gebruik deur
                      'n dinamiese webblad gestoor sal word, buiten databasislêers.                      (2)

          6.2.4       Verduidelik die doel van die LinkedIn-mediaplatform.                               (1)

          6.2.5       Noem TWEE riglyne vir die beskerming van gebruikers se
                      privaatheid wanneer sosiale mediaplatforms gebruik word.                           (2)

6.3       Datasinchronisering is van uiterste belang vir vryskutwerkers wat rondbeweeg.

          Verduidelik kortliks wat datasinchronisering behels.                                           (2)

6.4       Verskillende tipes hardeware en sagteware word                          benodig       om
          videokonferensies vir die doel van vryskutwerk te hou.

          6.4.1       Noem TWEE hoofvoordele van modulêre ontwerp by hardeware.                          (2)

          6.4.2       Noem 'n toestel wat aan 'n persoonlike rekenaar gekoppel kan word
                      om 'n videokonferensie te hou.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         14                         DBE/November 2019
                                               NSS

6.5       'n NRO-maatskappy ('NGO company') doen
          navorsing oor weerpatrone. Hulle het dus
          baie rekenaarverwerkingskrag nodig.

          Hulle besluit om verspreide            rekenaar-
          verwerking te gebruik.

          6.5.1       Beskryf die    term   verspreide    rekenaarverwerking    ('distributed
                      computing').                                                                  (2)

          6.5.2       Beskryf kortliks hoe die breë publiek by verspreide rekenaar-
                      verwerking betrokke kan raak.                                                 (2)

6.6       'n Ekspertstelsel is 'n toepassing van KI ('AI').

          6.6.1       Waarvoor staan KI in hierdie konteks?                                         (1)

          6.6.2       Baie vryskutwerkers gebruik hulle vaardighede om sagteware te
                      ontwikkel.

                      Verduidelik, met verwysing na die diagram hierbo, waarom 'n
                      reëlgebaseerde stelsel, soos 'n ekspertstelsel, ontwikkel kan word
                      sonder dat die ontwikkelaar 'n deskundige in 'n spesifieke veld is.           (2)

6.7       Kubersekuriteit is baie belangrik, veral vir vryskutwerkers wat dikwels op die
          internet staatmaak om hulle data te stoor en te verwerk.

          6.7.1       Bedreigings as gevolg van kwaadwillige sagteware ('malware') kan
                      verminder word deur jou sagteware op te dateer.

                      (a)   Noem die TWEE tipes sagteware wat opgedateer moet word.                 (2)

                      (b)   Verduidelik vir ELKE tipe sagteware in VRAAG 6.7.1(a)
                            hoekom sagteware-opdatering bedreigings deur kwaadwillige
                            sagteware sal voorkom.                                                  (2)

          6.7.2       Definieer die term afkoopsagteware ('ransomware').                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                        DBE/November 2019
                                               NSS

6.8       Ontwikkelaars van webtuistes moet waak teen baie tipes kubermisdaad.

          6.8.1       Verduidelik die konsep van 'n VDoS('DDoS')-aanval.                      (2)

          6.8.2       Gee die term wat vir 'n amateurprogrammeerder, wat virustemplate
                      verander en dit dan vrystel, gebruik word.                              (1)

6.9       'n Betroubare rugsteun- en saampersstelsel is belangrik om data te stoor.

          6.9.1       'n OKT ('UPS') is een manier om data te beveilig.

                      Verduidelik kortliks wat 'n onderbrekinglose kragtoevoer (OKT)
                      behels.                                                                 (1)

          6.9.2       Noem hoe 'n OKT in staat is om data te beveilig.                        (1)

          6.9.3       Watter tipe samepersing offer onbenullige data op om spasie te
                      spaar?                                                                  (1)

6.10      DRB('DRM')-tegnologieë is ontwikkel in reaksie op die vinnige toename in
          aanlyn roofkopiëring van kommersiële bemarkte materiaal, wat deur die
          wydverspreide gebruik van die eweknie-lêerdeling-toepassings toegeneem
          het.

          6.10.1      Waarvoor staan die afkorting DRB ('DRM')?                               (1)

          6.10.2      Noem EEN gewilde en baie bekende voorbeeld van 'n protokol wat
                      eweknie-lêerdeling oor die internet gebruik.                            (1)

6.11      Die moderne slimfoon is 'n noodsaaklike toestel vir vryskutwerkers.

          6.11.1      Stel TWEE praktiese wenke vir vryskutwerkers voor om hulle
                      slimfone se batterye vir 'n langer tydperk gelaai te hou.               (2)

          6.11.2      Vryskutwerkers kan hulle slimfone gebruik om video-oproepe te
                      maak met toepassings wat VoIP gebruik.

                      Noem EEN ander nadeel wat met die gebruik van VoIP geassosieer
                      word, buiten die gebruik van batterykrag.                               (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING F:          40
                                                                      GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-memo-afr/f0daf576-62f9-42ca-a2fe-ebba567ac12e) — Information Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-memo-eng/8efd195a-e3f6-4bd2-8cd1-f711a796cb65) — Information Technology · Memo · 2019 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2019-english/c2de4cf0-8224-429d-a20e-3f94fdb92255) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
