# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2021 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2021-afr/cb661c91-797b-49c2-a417-43d650f2049e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2021-afr/cb661c91-797b-49c2-a417-43d650f2049e)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        2                        DBE/November 2021
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraag bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                        (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                              (25)
          AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë             (30)
          AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur                       (20)
          AFDELING E: Oplossingontwikkeling                           (20)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                          (40)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
           redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             3                         DBE/November 2021
                                                   NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

           1.1.1      Sagteware wat programmeringsinstruksies wat in 'n hoëvlaktaal
                      geskryf is, na 'n uitvoerbare lêer ('executable file') vertaal, word 'n …
                      genoem.
                      A    kompileerder
                      B    saamsteller ('assembler')
                      C    drywer
                      D    interpreteerder                                                           (1)

          1.1.2       Watter datatipe vir veranderlike x in die volgende uitdrukking is
                      KORREK?
                             x := 13 mod 3 = 0;
                      A    Integer
                      B    Real
                      C    Boolean
                      D    Char                                                                      (1)

           1.1.3      'n Opdatering ('Update') om 'n spesifieke fout in sagteware reg te
                      stel, word 'n … genoem.
                      A    skoonvee ('purge')
                      B    regstelling ('patch')
                      C    rugsteun ('backup')
                      D    terugrol ('rollback')                                                     (1)

          1.1.4       … verwys na die nabootsing van menslike denke in masjiene wat
                      geprogrammeer word om soos mense te dink en hulle optrede na te
                      boots.
                      A    'n Simulator
                      B    'n Leeralgoritme
                      C    Kunsmatige intelligensie
                      D    Mens-rekenaar-interaksie                                                  (1)

          1.1.5       Watter waarde sal vertoon word?
                             iTel  9
                             While iTel < 10 do
                               iTel  iTel + 1
                             End While
                             Display iTel
                      A    9
                      B    10
                      C    11
                      D    Niks sal vertoon word nie                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          4                           DBE/November 2021
                                                NSS

1.2        Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
           Skryf slegs die letter (A–T) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 U.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
          1.2.1       Word gebruik om foute in data te      A   sosiale manipulasie
                      vind wat met die hand ingelees            ('social engineering')
                      word, soos
                      bankrekeningnommers                   B   KMOH ('CMOS')

          1.2.2       'n Eweknie(peer-to-peer)-protokol     C   redigeerblokkie ('edit box')
                      wat gebruik word om groot lêers
                      oor die internet te deel              D   oorlading van inligting

          1.2.3       Bergingsruimte wat deur die           E   'IRQ'
                      bedryfstelsel gebruik word as
                                                            F   kontrolesyfer ('check digit')
                      daar onvoldoende ETG ('RAM') is
                                                            G   virtuele geheue
          1.2.4       'n Komponent wat die geskikste is
                      om 'n tweedimensionele skikking       H   virtuele realiteit
                      met veelvuldige rye en kolomme
                      te vertoon                            I   BitTorrent
          1.2.5       'n Fout wat 'n onderbreking of        J   stringrooster ('string-grid')
                      beëindiging in die uitvoering van
                      'n program veroorsaak                 K   identiteitdiefstal
          1.2.6       Datavasleggingstegniek wat meer       L   LAG ('ROM')
                      data stoor en wat meer interaktief
                      as konvensionele strepieskode-        M   looptydfout
                      stelsels ('barcode systems') is           ('runtime error')

          1.2.7       Wanneer 'n rekord in 'n databasis     N   RFID
                      oop is, óf vir redigering óf vir
                      invoeging, word die rekord as 'in     O   logiese fout
                      gebruik' ('in use') gemerk
                                                            P   rekordsluiting ('record
          1.2.8       Mense word gemanipuleer om                locking')
                      vertroulike inligting bekend maak
                                                            Q   spin-redigeerder ('spin
          1.2.9       Deel van die geheue wat                   edit')
                      gebruikersvoorkeure vir die
                      selflaai('boot-up')-prosedure stoor   R   navorsing

          1.2.10      Verskaffing van groot                 S   terugrol
                      hoeveelhede data wat die
                      gebruiker kan verwar en hy/sy         T   SEO
                      kan nie besluite neem nie
                                                                                      (10 x 1)      (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 15

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          5                         DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1        Joernaliste kry skootrekenaars wanneer hulle by 'n tydskrifuitgewers-
           maatskappy begin werk. Die maatskappy gebruik slegs gratis
           oopbronsagteware (GOBS/'FOSS').

            2.1.1     Verduidelik die konsep oopbronsagteware in die konteks van GOBS.             (2)

            2.1.2     Gee EEN voorbeeld van 'n gratis bedryfstelsel wat die maatskappy
                      op 'n skootrekenaar kan installeer.                                          (1)

            2.1.3     Noem TWEE nadele van die gebruik van gratis oopbronsagteware.                (2)

2.2        Die skootrekenaars is met 'n HDD of 'n VTS ('SSD') toegerus.

            2.2.1     Gebruikers van skootrekenaars wat met HDD's toegerus is, word
                      aangeraai om die HDD gereeld te defragmenteer.

                      Verduidelik kortliks wat defragmentering is.                                 (2)

            2.2.2     Skryf die afkorting VTS ('SSD') volledig uit.                                (1)

            2.2.3     Verduidelik hoekom 'n VTS vinniger as 'n HDD toegang tot data kry.           (2)

2.3        Die joernaliste kan oor 'n afstand toegang tot hulle data kry deur virtualisering
           of Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service/SaaS') te gebruik.

            2.3.1     Definieer die term virtualisering.                                           (1)

            2.3.2     Office365 is 'n voorbeeld van SaaS.

                      (a)    Behalwe vir afstandstoegang, noem TWEE voordele van die
                             gebruik van SaaS.                                                     (2)

                      (b)    Beskryf hoe die lisensiemodel van SaaS werk.                          (2)

2.4        Die maatskappy tref voorsorgmaatreëls om die tydskrif se data te beskerm.

            2.4.1     'n Inkrementele rugsteunstrategie is geïmplementeer om data veilig
                      te hou. Verduidelik hoe 'n inkrementele rugsteunstrategie werk.              (2)

            2.4.2     Die maatskappy oorweeg die installering van biometriese lesers op
                      al die skootrekenaars. Hoe sal 'n biometriese leser help om die data
                      op 'n skootrekenaar beveilig?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         6                           DBE/November 2021
                                               NSS

2.5        Kragonderbrekings en kragstuwings ('power surges') word dikwels ondervind
           in plattelandse gebiede waar joernaliste werk.

            2.5.1     Watter toestel kan gebruik word om seker te maak dat joernaliste nie
                      deur onverwagse kragonderbrekings beïnvloed word nie?                        (1)

            2.5.2     As die USB-poorte van 'n skootrekenaar as gevolg van 'n
                      kragstuwing beskadig word, hoe kan 'n gebruiker sy/haar
                      randapparatuur met die skootrekenaar koppel?                                 (1)

2.6        Die joernaliste gebruik hulle skootrekenaars slegs vir woordverwerking,
           navorsing en die oplaai van artikels na die maatskappy se elektroniese
           databasis.

            2.6.1     Sal jy hierdie joernaliste as krag- of KKHK ('SOHO')-gebruikers
                      klassifiseer?                                                                (1)

            2.6.2     Verduidelik hoe multi-inryging ('multithreading') in 'n woordverwerker
                      toegepas word.                                                               (2)

            2.6.3     Die verwerkingspoed van die rekenaars by hoofkantoor is baie
                      stadig. Verduidelik waarom die installering van meer ETG ('RAM') 'n
                      rekenaar se werkverrigting kan verbeter.                                     (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          7                         DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Die tydskrifuitgewersmaatskappy het takke regoor die wêreld wat op groot skaal werk.

3.1        Om 'n groot rekenaarnetwerk te hê, lewer potensiële uitdagings.

           3.1.1      Beskryf wat 'n rekenaarnetwerk is.                                              (2)

           3.1.2      Watter tipe netwerk kan deur 'n internasionale maatskappy soos
                      hierdie gebruik word?                                                           (1)

           3.1.3      Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n rekenaarnetwerk.                        (2)

3.2        Daar is besluit om 'n netwerk met 'n stertopologie in hulle gebou by
           hoofkantoor te installeer.

           3.2.1      Definieer die term topologie.                                                   (1)

           3.2.2      Verduidelik wat 'n stertopologie behels.                                        (2)

3.3        Daar is voorgestel dat VoIP-tegnologie deur die maatskappy gebruik moet
           word wanneer daar met kliënte gekommunikeer word.

           3.3.1      Gee TWEE redes waarom 'n maatskappy deur die gebruik van
                      VoIP-tegnologie bevoordeel sal word.                                            (2)

           3.3.2      Behalwe vir die toestel wat jy gebruik, noem EEN ander vereiste wat
                      nodig is om 'n foonoproep met gebruik van VoIP-sagteware te maak.               (1)

3.4        Joernaliste moet die internet gebruik om navorsing vir hulle artikels te doen.

           3.4.1      (a)   Wat is die doel van 'n webblaaier ('web browser')?                        (1)

                      (b)   Hoekom kan 'n webblaaier op sy eie nie gebruik word as
                            inligting gesoek word nie?                                                (1)

           3.4.2      Koekies ('Cookies') word gebruik om die deurblaai-ondervinding
                      ('browsing experience') van gebruikers te verbeter.

                      (a)   Wat is 'n koekie in hierdie konteks?                                      (2)

                      (b)   Verduidelik hoe 'n koekie die deurblaai-ervaring van gebruikers
                            sal verbeter.                                                             (1)

           3.4.3      Terwyl 'n joernalis op die internet rondblaai, kom hy/sy agter dat
                      kleiner tydskrifmaatskappye meer voorkeure ('likes') op sosiale
                      media as groter, gewilder tydskrifmaatskappye kry. Dit kan as
                      gevolg van die aktiwiteite van klikplase ('click farms') wees.

                      Verduidelik wat 'n klikplaas is.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        8                           DBE/November 2021
                                              NSS

3.5        Die maatskappy moet hulle kontrak met hulle internetdiensverskaffer (IDV)
           ('internet service provider/ISP') hernu. Vir hierdie doel moet hulle die
           reikwydte ('range') en bandwydte ('bandwidth') evalueer wat deur hulle
           huidige IDV verskaf word, sowel as ander praktyke wat hulle IDV
           implementeer wat internettoegang kan affekteer, soos vorming ('shaping') en
           smoring ('throttling').

           3.5.1      Onderskei tussen die terme reikwydte en bandwydte.                          (2)

           3.5.2      Onderskei tussen vorming en smoring in hierdie konteks.                     (3)

3.6        Die maatskappy vereis 'n digitale sertifikaat wat deur 'n sertifikaatowerheid
           (SO) ('certificate authority/CA') uitgereik is voordat hulle hul webtuiste
           bekendstel.

           3.6.1      Verduidelik die doel van 'n digitale sertifikaat wanneer BSL-('SSL')-
                      enkripsie gebruik word.                                                     (1)

           3.6.2      Hoe sal jy 'n webtuiste identifiseer wat met 'n beveiligde konneksie
                      geënkripteer is?                                                            (1)

3.7        Die gebruik van die internet hou gevare in soos om aan kuberkrakery
           ('hacking') en rekenaarwurms ('computer worms') blootgestel te word.

           3.7.1      Definieer die term rekenaarwurm.                                            (1)

           3.7.2      Noem EEN aktiwiteit wat deur jou elektroniese toestel uitgevoer
                      word wat aandui dat die toestel deur 'n rekenaarwurm geïnfekteer
                      kan wees.                                                                   (1)

           3.7.3      Verduidelik kortliks hoe 'n netskans ('firewall') 'n netwerk teen
                      kuberkrakery kan beskerm.                                                   (2)

           3.7.4      Gee die term wat gebruik word om 'n persoon te beskryf wat deur 'n
                      maatskappy gehuur word om die maatskappy se netwerk te kraak
                      om hulle vlak van sekuriteit te toets.                                      (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        9                           DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

SCENARIO

'n Mediamaatskappy is vir die bestuur van die uitgee van 'n wye verskeidenheid
plaaslike en internasionale tydskrifte verantwoordelik. 'n MS Access-databasis word
gebruik om die verspreiding van tydskrifte wat deur verskeie uitgewers uitgegee word,
te bestuur.

Die databasis bevat twee tabelle wat soos volg ontwerp is:

Tabel: tblUitgewers

 Veldnaam                 Datatipe     Beskrywing
 UitgewerID (PK)          Teks         'n ID wat die uitgewer op unieke wyse identifiseer
 UitgewerNaam             Teks         Die naam van die uitgewer
 Adres                    Teks         Die adres van die uitgewer
 UitgewerKontakNr         Teks         Die kontaknommer van die uitgewer

Tabel: tblTydskrifte

 Veldnaam                 Datatipe     Beskrywing
 TydskrifKode (PK)        Teks         'n Kode wat die tydskrif op unieke wyse
                                       identifiseer, bv. MC001
 Titel                    Teks         Die titel van die tydskrif
 Tipe                     Teks         Die tipe tydskrif (sport/besigheid/mode/
                                       ontspanning/ander)
 AantGedruk               Teks         Die aantal tydskrifte wat gedruk is
 VrystelDatum             Teks         Die datum waarop die tydskrif vrygestel word
 Prys                     Teks         Die prys per tydskrif
 eTydskrif                Teks         'True' as die tydskrif in e-formaat beskikbaar is
                                       en 'false' indien nie
 UitgewerID (FK)          Teks         'n ID wat die uitgewer op unieke wyse identifiseer

4.1        Daar word aanbeveel dat 'n relasionele databasis geskep moet word.

           4.1.1      Wat is 'n relasionele databasis?                                            (1)

           4.1.2      Noem en verduidelik EEN onreëlmatigheid ('anomaly') wat in 'n
                      operasionele databasis kan voorkom indien die databasis nie
                      genormaliseer is nie.                                                       (2)

4.2        Identifiseer DRIE velde in die tblTydskrifte-tabel wat meer geskikte
           datatipes vereis.

           Stel 'n meer geskikte veldnaam en datatipe vir ELKE veld wat jy
           geïdentifiseer het, voor.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         10                       DBE/November 2021
                                               NSS

4.3        Teken 'n EVD ('ERD') van tblUitgewers en tblTydskrifte wat die volgende
           toon:

               Die tipe verwantskap tussen die entiteite
               'n Geskikte werkwoord wat die verwantskap beskryf                                (3)

4.4        Baie databasisbestuurstelsels (DBBS's/'DBMSs') het ingeboude integriteits-
           kontroles wat help om die data-integriteit in die databasis in stand te hou.

           4.4.1      Verduidelik wat data-integriteit behels.                                   (2)

           4.4.2      Behalwe vir normalisering, noem EEN ander manier om data-
                      integriteit in 'n databasis te verseker.                                   (1)

4.5        Noem TWEE maniere waarop die maatskappy uit die gebruik van 'n
           databasisbestuurstelsel voordeel kan trek.                                            (2)

4.6        Menslike foute veroorsaak baie probleme met die insleutel van inligting in 'n
           databasis.

           Stel EEN manier voor om gebruikertoevoer te minimaliseer.                             (1)

4.7        Verduidelik waarom die gebruik van 'n bedienergebaseerde ('server-based')
           databasis in plaas van 'n tafelrekenaar('desktop')databasis-bestuurstelsel die
           beter opsie vir 'n maatskappy sal wees.                                               (2)

4.8        Datapakhuising ('Data warehousing') speel 'n belangrike rol by data-
           instandhouding.

           Hoe beïnvloed datapakhuising die grootte en spoed van 'n databasis?                   (2)

4.9        Die maatskappy se databasis word vir data-ontginning ('data mining')
           gebruik.

           Noem die rol van die mens in die data-ontginningsproses.                              (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING D:              20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        11                          DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Aansoekers vir 'n sagteware-ingenieursposisie by die tydskrifmaatskappy moet 'n paar
vrae oor sagtewareontwikkeling beantwoord.

5.1        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
           'onwaar' langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.3) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           5.1.1      'n Skikking kan slegs elemente van dieselfde datatipe stoor.                (1)

           5.1.2      Die indekswaarde vir die eerste element in 'n Delphi-skikking is
                      altyd een.                                                                  (1)

           5.1.3      Die waarde 23 sal in die 'rich edit'-komponent vertoon word as die
                      volgende kode uitgevoer word:

                      var
                        arrGetalle : array[1..5] of Integer = (4,2,3,1,8);
                        iWaarde : Integer;
                      begin
                        iWaarde := arrGetalle[2]+ arrGetalle[3];
                        redOutput.Lines.Add(intToStr(iWaarde));
                      end;                                                                        (1)

5.2        Die volgende algoritme wat in pseudokode geskryf is, is verskaf om
           heelgetalwaardes in veranderlike A en B in te sleutel, die inhoud van die
           twee veranderlikes om te ruil en die waardes te vertoon:

                          Toevoer A
                          Toevoer B
                          A  B
                          B  A
                          Vertoon A
                          Vertoon B

           5.2.1      Wat sal vertoon word as die waarde van 5 in veranderlike A
                      ingesleutel word en die waarde van 6 in veranderlike B ingesleutel
                      word?                                                                       (2)

           5.2.2      Herskryf die algoritme sodat die inhoud van die veranderlikes korrek
                      omgeruil sal word.                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        12                          DBE/November 2021
                                              NSS

5.3        'n Groep vriende kom een keer per week bymekaar om aandete by 'n
           plaaslike restaurant te eet. Hulle gooi 'n seskantige dobbelsteen drie keer om
           te besluit watter tipe ete hulle gaan eet.

           Die volgende reëls geld:

               As die getal van die eerste gooi groter as die getal van die tweede gooi
                is, sal hulle hoender eet, of anders
               As die getal van die derde gooi minder as die getal van die eerste gooi
                is, sal hulle vis eet, of anders
               Sal hulle burgers eet.

           Die volgende onvolledige Delphi-oplossing is vir die scenario hierbo verskaf:

           var
              iEerste, iTweede, iDerde : Integer;
              sEte : string;

           begin
              iEerste := Inputbox('Sleutel waarde van eerste gooi in', '', '');
              iTweede := Inputbox('Sleutel waarde van tweede gooi in', '', '');
              iDerde := Inputbox('Sleutel waarde van derde gooi in', '', '');

           // Voltooi die program (Vraag 5.3.2)

              showMessage(sEte);
           end.

           5.3.1      Verduidelik hoekom 'n sintaksfout vertoon sal word as die gedeelte
                      van die program wat voorsien is, uitgevoer word.                            (1)

           5.3.2      Voltooi die ontbrekende deel vir die program wat verskaf is om die
                      korrekte tipe ete aan die veranderlike sEte volgens die reëls in die
                      scenario hierbo toe te ken.

                      Neem aan dat die sintaksfout waarna in VRAAG 5.3.1 verwys
                      word, reggestel is.                                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        13                          DBE/November 2021
                                              NSS

           5.3.3      Watter volgorde van gooie (A, B, C of D) sal daartoe lei dat die
                      groep vriende burgers sal eet?

                                           Gooi 1     Gooi 2      Gooi 3

                                                                                                  (2)

5.4        Die    volgende     UML      ('unified   modelling   language')-klasdiagram
           verteenwoordig 'n tydskrif-objek.

                                 Tydskrif
                                    - fTydskrifID:Integer
                                    - fTitel:string
                                    - fUitgewer:string
                                    - fDatumUitgegee:TDate
                                    - fAantKopiee:Integer
                                     berekenKoste()
                                     setAantKopiee()

           5.4.1      Gee TWEE redes waarom 'n UML-diagram 'n belangrike
                      OOP-modelleringsinstrument is.                                              (2)

           5.4.2      Wat is die doel van 'n toegangsmetode ('accessor method')?                  (1)

           5.4.3      Gee 'n voorbeeld van 'n wysigingsmetode ('mutator method') in die
                      gegewe klasdiagram.                                                         (1)

                                                                TOTAAL AFDELING E:                20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         14                          DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
'n Tydskrifmaatskappy moet op hoogte bly van die jongste neigings in tegnologie om 'n
relevante diens aan hulle klante te lewer.
6.1        Die maatskappy het 'n aanlyn weergawe van hulle tydskrif waarvan hulle die
           gasheer op 'n webtuiste is. Gebruikers kan met video's en dinamiese inhoud
           interaksie hê wat vir elke gebruiker pasgemaak kan word. Lokale en
           bedienerkant-skriptering ('server-side scripting'), KSV ('CSS') en SQL word op
           die webtuiste gebruik.
           6.1.1      Gee EEN voorbeeld van 'n lokale of bedienerkant-skripteringstaal.             (1)
           6.1.2      Verduidelik die hoofdoel van die uitvoer van 'n KSV op 'n webtuiste.          (2)

           6.1.3      Wat is die doel van die gebruik van SQL-stellings op 'n webtuiste?            (2)

           6.1.4      Omdat lesers van tydskrifte van verskillende lande afkomstig is, kan
                      hulle op gerieflike wyse van enige plek af toegang tot die webtuiste
                      kry.

                      (a)   Noem die tipe rekenaarverwerking wat verwys na sagteware wat
                            op 'n gebruiker se ligging gebaseer is.                                 (1)

                      (b)   Watter satelliettegnologie sal 'n toepassing in staat stel om
                            inligting wat op 'n toestel vertoon word, outomaties op te dateer,
                            gebaseer op die ligging van die gebruiker?                              (1)
6.2        Die maatskappy gradeer gereeld sommige van hulle toestelle op en raak van
           toestelle wat nie meer gebruik word nie, ontslae.

           6.2.1      Noem TWEE hardeware-komponente op die moederbord van 'n
                      rekenaar wat opgegradeer kan word.                                            (2)

           6.2.2      Party kantore is met tafelrekenaars ('desktop computers') in plaas van
                      skootrekenaars toegerus.

                      Noem TWEE voordele van die gebruik van tafelrekenaars bo
                      skootrekenaars.                                                               (2)

           6.2.3      Nadat hulle hardeskywe defragmenteer is, het 'n paar personeellede
                      gekla dat hulle rekenaars steeds teen 'n lae spoed werk.
                      Stel 'n manier voor, buiten defragmentering van die hardeskywe, om
                      die spoed van die rekenaars te verbeter sonder om addisionele
                      hardeware-komponente by te voeg.                                              (1)

           6.2.4      Daar moet op 'n verantwoordelike wyse van sommige van die
                      toestelle wat deur die maatskappy vervang word, ontslae geraak
                      word.
                      Stel TWEE maniere voor waarop daar op 'n ekovriendelike manier
                      van rekenaars ontslae geraak kan word.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                              15                 DBE/November 2021
                                                    NSS

6.3        Kantooroutomatisering is nie baie gewild onder baie werknemers in die
           tydskrif-bedryf nie.

           6.3.1      Wat is kantooroutomatisering?                                             (1)

           6.3.2      Noem TWEE voordele van kantooroutomatisering vir werknemers.              (2)

6.4        Die maatskappy is besig om 'n rekenaarnetwerk by 'n nuwe tak op te stel.

           6.4.1      Hoe sal die werknemers in staat wees om met die maatskappy se
                      Wi-Fi-netwerk te koppel?                                                  (1)

           6.4.2      Seinverswakking kan in 'n kabelnetwerk 'n probleem wees.

                      (a)   Hoekom is seinverswakking 'n probleem in netwerking?                (1)

                      (b)   Watter tipe kommunikasiemedium kan gebruik word om
                            seinverswakking te beperk?                                          (1)

           6.4.3      Gee TWEE redes waarom WiMAX-tegnologie as meer geskik as
                      Wi-Fi-tegnologie beskou word.                                             (2)

6.5        Die ontwikkeling van mobiele tegnologieë en toestelle het die gebruik van
           sosiale media en mikroblog-tuistes bevorder.

           6.5.1      Beskryf die konsep mikroblog.                                             (2)

           6.5.2      Die uitermatige gebruik van sosiale media kan 'n negatiewe
                      uitwerking op gebruikers se gesondheid hê.

                      Noem TWEE potensiële gesondheidsprobleme wat deur die
                      uitermatige gebruik van sosiale media veroorsaak word.                    (2)

6.6        IoT is een van die tegnologieë wat deur die maatskappy ondersoek word om
           in die toekoms meer doeltreffend gebruik te word.

           6.6.1      Brei die afkorting IoT uit.                                               (1)

           6.6.2      Noem TWEE maniere waarop IoT-toestelle met die internet koppel.           (2)

6.7        Verspreide rekenaarverwerking word vir moontlike implementering deur die
           maatskappy ondersoek.

           6.7.1      Wat is verspreide rekenaarverwerking?                                     (2)

           6.7.2      Gee EEN voorbeeld waar verspreide rekenaarverwerking gebruik
                      kan word.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        16                           DBE/November 2021
                                              NSS

6.8        Die maatskappy het besluit om navorsing oor blokkeerketting('blockchain')-
           tegnologie te doen.

           Definieer die konsep blokkeerketting('blockchain')-tegnologie.                       (2)

6.9        'n Multifaktor-verifikasiestelsel ('multi-factor authentication system') word
           gebruik om op 'n webtuiste aan te teken om te betaal vir dienste wat gelewer
           is.

           Verduidelik hoe 'n multifaktor-verifikasiestelsel werk.                              (2)

6.10       Hoekom gebruik elektroniese media DRB ('DRM')?                                       (1)

6.11       Die volgende gedeelde         lêergids   ('shared   folder')   met   vergunnings
           ('permissions') is geskep:

           6.11.1     Noem TWEE take wat in die lêergids met Lees('Read')-vergunnings
                      uitgevoer kan word.                                                       (2)

           6.11.2     Aan wie sal gewoonlik die 'Volle beheer'('Full control')-vergunning
                      toegeken word?                                                            (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING F:         40
                                                                         GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT Prelim Paper 2 2021](https://www.hlayiso.com/library/it-prelim-paper-2-2021/8799f8ab-e4ab-48b3-82f6-b70eb784fb2e) — Information Technology · QP · 2021
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
