# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-afr/2712e35c-8428-43b8-a17a-a72a2da991ec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-afr/2712e35c-8428-43b8-a17a-a72a2da991ec)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        2                       DBE/November 2022
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                              (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                                    (25)
          AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë                   (25)
          AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur                             (25)
          AFDELING E: Oplossingontwikkeling                                 (20)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                                (40)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
           redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         3                        DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1       'n Proses waar 'n enkele program in veelvuldige dele opgebreek
                      word wat gelyktydig en onafhanklik verwerk kan word:

                      A    Multitaakverwerking
                      B    Multiverwerking
                      C    Multidraadverwerking ('Multithreading')
                      D    Multivloei                                                             (1)

          1.1.2       Die volgende is 'n tipe vlugtige geheue:

                      A    Vastetoestandskyf ('Solid-state disk')
                      B    Skyfkasgeheue ('Disk cache')
                      C    Geheuestokkie ('Flash disk')
                      D    Blue-ray-skyf                                                          (1)

          1.1.3       'n … is 'n lêer wat visuele media insluit en beskikbaar gestel word
                      om afgelaai te word.

                      A    Media-bewaarplek ('Media repository')
                      B    RSS-voer ('feed')
                      C    Vodcast
                      D    Uitsending ('Broadcast')                                               (1)

          1.1.4       'n Programmeringstaal wat uitsluitlik gebruik word om data in 'n
                      databasis te manipuleer:

                      A    SQL
                      B    AJAX
                      C    DELPHI
                      D    PHP                                                                    (1)

          1.1.5       Gegee die volgende stelling:
                      iAntwoord := 12 + 4/2 * 2/(9 MOD 2);

                      Die waarde van iAntwoord sal ... wees.

                      A    12
                      B    13
                      C    Fout ('Error')
                      D    16                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         4                             DBE/November 2022
                                               NSS

1.2       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–R) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 S.

                               KOLOM A                                   KOLOM B
          1.2.1       Enige aktiwiteit met betrekking tot die   A   kopiereg
                      skep, redigering of uitvee van data
                      wat deur 'n databasisbestuurstelsel       B   gebruikersregte
                      (DBBS/'DBMS') bestuur word                C   aanpasbaarheid
          1.2.2       'n Datastruktuur wat 'n stel waardes      D   kunsmatige intelligensie
                      met dieselfde datatipe stoor                  ('artificial intelligence')
          1.2.3       'n Metode wat gebruik word om die
                                                                E   drywer ('driver')
                      normale geldigheidsprosedure
                      ('authentication procedure') op 'n        F   AGB ('AUP')
                      netwerk te omseil om ongemagtigde
                      toegang te verkry                         G uitvissing ('phishing')

          1.2.4       'n Programmeringstaal wat gebruik         H   transaksie
                      kan word om interaktiwiteit by 'n
                      webtuiste te voeg                         I   JavaScript

          1.2.5       Beskerming vir enige gepubliseerde        J   agterdeur ('backdoor')
                      werk wat help om te verhoed dat           K   skikking ('array')
                      daardie werk sonder die outeur se
                      toestemming gebruik word                  L   modulator
          1.2.6       Die proses waar stelle van dieselfde      M string
                      datalêer op verskillende toestelle
                      outomaties na die jongste kopie           N   konvergensie
                      opgedateer word                           O sinchronisering
          1.2.7       'n Program wat die bedryfstelsel in       P   C++
                      staat stel om 'n toestel te beheer
                                                                Q klas
          1.2.8       Gevorderde verstellings vir gedeelde
                      lêers wat deur die bediener-              R   Python
                      administrateur gebruik word om die
                      tipe toegang tot die lêers te bestuur
          1.2.9       'n Veld van rekenaarwetenskap wat
                      gewoonlik data-analise, masjienleer
                      en reël-gebaseerde besluitneming
                      behels om die vermoë van
                      geoutomatiseerde besluitneming te
                      skep
          1.2.10      Die vermoë van 'n stelsel om sy
                      hulpbronne te vermeerder of
                      verminder, afhangend van die aantal
                      gebruikers
                                                                                         (10 x 1)      (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 15
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         5                          DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1       Die plaaslike herwinningsklub bedryf 'n speletjiesentrum om fondse in te
          samel. Jy is aangesê om rekenaars aan te koop vir die doel om aanlyn
          speletjies te speel.

          2.1.1       Rekenaars word gebou met gleuwe wat die ETG ('RAM') hou.

                      (a)   Gee die afkorting vir die gleuwe wat die ETG hou.                        (1)

                      (b)   Wat is die basismeeteenheid wat gebruik word om die grootte
                            van die ETG ('RAM') te meet?                                             (1)

          2.1.2       Gee TWEE hardeware-spesifikasies wat in ag geneem behoort te
                      word wanneer 'n GVE ('GPU') gekies word.                                       (2)

          2.1.3      'n Moederbord huisves en verbind die komponente van 'n rekenaar.

                      (a)   Wat word die komponent op die moederbord wat die SVE
                            ('CPU') huisves, genoem?                                                 (1)

                      (b)   Verduidelik waarom 'n punt-tot-punt('point-to-point')-konneksie
                            gebruik word om die SVE aan die ETG te koppel, eerder as 'n
                            bus soos dit vir ander komponente gebruik word.                          (2)

2.2       'n Spesifieke bedryfstelsel is vir gebruik by die sentrum voorgestel.

          2.2.1       Definieer die term bedryfstelsel.                                              (1)

          2.2.2       Noem enige TWEE funksies van 'n bedryfstelsel.                                 (2)

2.3       Die SVE ('CPU') is van die ETG ('RAM') afhanklik om toepassings te verwerk.

          2.3.1       Wat word die geheue genoem wat geskep word wanneer die
                      bedryfstelsel 'n deel van die berging reserveer om as geheue (ETG)
                      gebruik te word?                                                               (1)

          2.3.2       Verduidelik hoe hierdie proses om die ETG kunsmatig te vergroot,
                      gebruik word om die gladde funksionering van die rekenaarstelsel te
                      verseker.                                                                      (2)

2.4       'n Sagteware-gogga ('software bug') is gevind terwyl sagteware getoets is.

          2.4.1       Wat is 'n sagteware-gogga?                                                     (1)

          2.4.2       Gee 'n praktiese voorbeeld van hoe 'n sagteware-gogga aan die
                      gebruiker blootgelê kan word wanneer die sagteware uitgevoer
                      word.                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         6                            DBE/November 2022
                                               NSS

2.5       Die klub se bestuur het 'n toename in ongemagtigde toegang tot hulle
          rekenaars en programme opgemerk. Wat kan gedoen word om ongemagtigde
          toegang tot sagteware by die sentrum te voorkom?                                            (1)

2.6       Mobiele tegnologieë het die rekenaarwêreld gerewolusioneer. Sommige van
          die sagteware wat by die sentrum gebruik word, is vir gebruik op mobiele
          toestelle ontwerp.

          2.6.1       Gee TWEE beperkings wat met die gebruik van mobiele toestelle
                      verband hou wanneer dit met toestelle soos PR's ('PCs') en
                      skootrekenaars vergelyk word.                                                   (2)

          2.6.2       Slimfone het die funksies en vermoëns van baie verskillende
                      toestelle in 'n enkele toestel ingebou. Wat is die term wat vir hierdie
                      ontwerpbenadering gebruik word?                                                 (1)

2.7       Die programmeerders by die klub moet 'n program ontwikkel om die
          herwinningsentrum te bestuur. Hulle het besluit om 'n programmeringstaal te
          gebruik wat 'n interpreteerder eerder as 'n kompileerder gebruik.

          2.7.1       Wat is die gemeenskaplike doel van 'n interpreteerder en 'n
                      kompileerder?                                                                   (1)

          2.7.2       Motiveer waarom 'n kompileerder 'n beter keuse as                     'n
                      interpreteerder vir programmering in die algemeen sal wees.                     (2)

2.8       Die implementering van goeie rekenaarbestuurstegnieke is noodsaaklik vir
          die instandhouding van 'n rekenaar.

          2.8.1       Waarom is dit nodig om items op 'n tafelrekenaar ('desktop
                      computer') op te ruim en te rangskik?                                           (1)

          2.8.2       Verduidelik waarom 'n bedryfstelsel 'n lêeruitbreiding benodig.                 (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          7                          DBE/November 2022
                                                NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Die Smart Energy Company gebruik netwerkkonsultante om hulle oor hulle netwerk
raad te gee.

3.1       Die netwerk van die maatskappy moet opgegradeer word.

          3.1.1       Noem die mees geskikte medium om die volgende mee te
                      konnekteer:

                      (a)     Dertig rekenaars by die maatskappy se rekenaarsentrum om 'n
                              lokaleareanetwerk te vorm                                              (1)

                      (b)     Mobiele toestelle aan die maatskappy se netwerk                        (1)

          3.1.2       Noem TWEE voordele van die installering van 'n kabellose
                      ('wireless') netwerk.                                                          (2)

          3.1.3       Noem 'n funksie wat die lokale netwerk steeds kan verrig selfs al is
                      daar 'n foutiewe konneksie tussen die internet en die netwerk.                 (1)

3.2       'n Konsultant het voorgestel dat 'n eweknie('peer-to-peer')netwerk beter as 'n
          kliënt-bediener('client-server')netwerk sal werk.

          Beskou die volgende diagram:

               KLIËNT-BEDIENER                                      EWEKNIE

                                                                       PR

                          Bediener

                                                         PR                            PR

                      Terminale
                                                               PR               PR

          3.2.1       Gee TWEE redes waarom 'n eweknienetwerk minder geskik vir 'n
                      maatskappy met baie gebruikers is.                                             (2)

          3.2.2       Noem 'n eweknie-lêeroordragprotokol ('file transfer protocol') wat
                      gebruik word om groot lêers oor die internet te deel.                          (1)

          3.2.3       Noem EEN moontlike rol van 'n bediener in 'n bedienergebaseerde
                      netwerk.                                                                       (1)

          3.2.4       Die eweknienetwerk gebruik 'n skakelaar (gemerk X). Noem EEN
                      nadeel wanneer 'n skakelaar ('switch') in 'n netwerk gebruik word.             (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                           DBE/November 2022
                                               NSS

3.3       Volgens die konsultant is 'n protokol 'n stel reëls vir die enkodering en
          dekodering van data vir transmissies oor 'n netwerk.
          3.3.1       (a)   Noem die doel van die hiperteksoordragprotokol ('hypertext
                            transfer protocol').                                                     (1)
                      (b)   Waarom is HTTP uitgebrei na die HTTPS-protokol?                          (1)
          3.3.2       Verduidelik waarom data geënkodeer moet word voordat dit oor die
                      internet versend word.                                                         (2)
3.4       Die maatskappy het hulp nodig om hulleself op die internet te bemark.
          3.4.1       Verduidelik die verskil tussen 'n webtuiste en 'n webbladsy.                   (1)
          3.4.2       Die maatskappy het besluit om soekenjin-optimisering ('search
                      engine optimisation') (SEO) te gebruik om hulle webtuiste te
                      bevorder.
                      (a)   Wat is die doel van SEO?                                                 (1)
                      (b)   Noem EEN wyse waarop SEO in die ontwerp van hulle
                            webbladsye toegepas kan word.                                            (1)
3.5       Die konsultant het aanbeveel dat 'n goeie wyse om tyd tydens die ontwerp en
          opdatering van die webtuiste te bespaar, is om KSV('CSS')-taal te gebruik.
          Verduidelik hoe KSV ('CSS') werk.                                                          (2)
3.6       'n Persoon kan by sy/haar werkplek toegang tot die netwerk kry deur 'n VPN-
          diens te gebruik terwyl hy/sy van 'n publieke toegangspunt ('hotspot') af
          konnekteer.
          3.6.1       Noem TWEE sekuriteitsrisiko's wat moontlik teëgekom kan word
                      wanneer 'n publieke toegangspunt gebruik word.                                 (2)
          3.6.2       Verduidelik die proses wat 'n VPN-diens volg om toegang tot 'n
                      werkplek-netwerk te gee.                                                       (3)
3.7       Die internet het ontwikkel tot waar Web 3.0 (semantiese web/'Semantic Web')
          toenemend gebruik word.
          3.7.1       Verduidelik waarom maatskappye nie totaal van statiese webblaaie
                      vir hulle webtuistes afgesien het nie.                                         (1)
          3.7.2       Dinamiese webblaaie word geskep deur sagteware wat op 'n
                      webbediener loop elke keer as toegang tot die bladsy verkry word.
                      Noem TWEE voordele vir die gebruikers van dinamiese webblaaie in
                      vergelyking met statiese webblaaie.                                            (2)
          3.7.3       Die semantiese web gebruik metadata om soektogte uit te voer.
                      (a)   Wat is metadata?                                                         (1)
                      (b)   Verduidelik hoe 'n semantiese soektog sal plaasvind.                     (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                30
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         9                           DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

Die maatskappy met die naam Verminder e-rommel samel data van gebruikers in om
ingeligte besigheidsbesluite te neem.

4.1       'n Lojaliteitsprogram by winkels is 'n manier waarop onsigbare datavaslegging
          ('invisible data capturing') kan plaasvind.
          4.1.1       Gee nog 'n voorbeeld van onsigbare data wat oor 'n klant tydens
                      aankope vasgelê word, behalwe hulle persoonlike besonderhede
                      soos naam, van en adres.                                                         (1)
          4.1.2       Gee EEN rede waarom 'n maatskappy onsigbare data oor die
                      aankope deur kaarthouers gedoen, sal wil vaslê.                                  (1)
          4.1.3       Behalwe vir kaartlesers en kredietkaarte, noem TWEE ander
                      meganismes van onsigbare datavaslegging.                                         (2)

4.2       Die maatskappy gebruik 'n databasis om besonderhede van hulle klante te
          stoor.
          4.2.1       Noem TWEE maniere om die geldigheid ('validity') van vasgelegde
                      data te verseker.                                                                (2)
          4.2.2       Hoe kan twee klante met dieselfde naam en van in die databasis
                      van mekaar onderskei word?                                                       (1)

4.3       Die maatskappy het probeer om die ontwerp van hulle databasis te verbeter.
          4.3.1       Daar is gevind dat van die data in die databasis herhaal is.
                      (a)   Wat is die term wat gegee word vir die onnodige herhaling van
                            data oor veelvuldige rekords?                                              (1)
                      (b)   'n Opdateringsonreëlmatigheid ('update anomaly') kan
                            plaasvind wanneer data onnodig herhaal word. Verduidelik
                            hoe 'n opdateringsonreëlmatigheid plaasvind.                               (2)
          4.3.2       'n Verwantskap ('relationship') tussen tabelle kan geskep word
                      eerder as om data in verskillende tabelle te herhaal. Identifiseer die
                      tipe verwantskap wat in ELK van die volgende diagramme
                      aangebied word:
                      (a)
                               Werker                het 'n             Werk
                                                                                                       (1)
                      (b)
                              Maatskappy               het               Klante
                                                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         10                           DBE/November 2022
                                               NSS

4.4       Die databasis InsamelingDB wat deur die herwinningsmaatskappy gebruik
          word, bestaan uit twee verwante tabelle, tblKliente en tblInsamelings. Die
          besonderhede van insamelings vir herwinning word in die tabel
          tblInsamelings gestoor.

          4.4.1       Noem die tipe sleutel wat gevorm word wanneer veelvuldige velde
                      saam as die primêre sleutel gebruik word.                                       (1)

          4.4.2       Stel 'n ander sleutelveld voor wat in tblInsamelings geskep kan
                      word in plaas daarvan om die drie velde as die primêre sleutel te
                      gebruik.                                                                        (1)

          4.4.3       Die veld KlientID dien ook as die vreemde sleutel ('foreign key') in
                      tabel tblInsamelings.

                      Wat sal die datatipe van die primêre sleutelveld in tabel tblKliente
                      wees?                                                                           (1)

          4.4.4       Referensiële integriteit ('Referential integrity') word tussen die twee
                      tabelle tblInsamelings en tblKliente afgedwing. Verduidelik die
                      term referensiële integriteit.                                                  (1)

          4.4.5       Die rekeninge-afdeling gebruik parallelle datastelle om die data
                      waarmee hulle werk, te stoor.

                      Dui aan of die volgende stellings wat met parallelle datastelle
                      verband hou, WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar'
                      langs die vraagnommers (4.4.5(a) tot 4.4.5(d)) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.

                      (a)   Veelvuldige kopieë van die data word gehou.                               (1)

                      (b)   Aftyd ('Downtime') word verwag wanneer 'n datastel beskadig
                            word.                                                                     (1)

                      (c)   Parallelle datastelle gebruik minder stoorruimte as verspreide
                            databasisse ('distributed databases').                                    (1)

                      (d)   Parallelle datastelle word gebruik wanneer data ontgin word
                            ('mining data').                                                          (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:                 20

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           11                         DBE/November 2022
                                                 NSS

AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Prosedures en funksies is koderingstrukture wat dikwels as deel van
          modulêre programmering gebruik word.

          5.1.1       Gee 'n rede vir die gebruik van modulêre programmering.                         (1)

          5.1.2       Noem EEN verskil tussen 'n prosedure en 'n funksie.                             (1)

5.2       Noem of elk van die volgende stellings geldig of ongeldig is:

          5.2.1       X := Y = 2;
                      waar die datatipe van X Boolees ('Boolean') en Y heelgetal ('integer')
                      is                                                                              (1)

          5.2.2       If Naam1 > Naam2 then
                      …..
                      waar Naam1 en Naam2 as string-tipe veranderlikes verklaar is.                   (1)

5.3       Baie programmeerders gebruik defensiewe programmeringstegnieke in hulle
          kode.

          5.3.1       Verduidelik wat defensiewe programmering is.                                    (2)

          5.3.2       Terwyl die program uitgevoer word, het 'n fout veroorsaak dat die
                      programuitvoering gestaak is. Die volgende foutboodskap is vertoon:
                      'Execution halted – an overflow error occurred'

                      (a) Gee 'n moontlike rede vir 'n oorloopfout ('overflow error').                (1)

                      (b) Noem 'n manier waarop programmeringkode gebruik kan word
                          om 'n looptydfout ('runtime error') te voorkom.                             (1)

5.4       Die    volgende     klas     is   ontwerp  deur   objek-georiënteerde
          programmerings(OOP)-beginsels te gebruik. Bestudeer die klasdiagram
          hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                               HerwinningsMaatskappy
                                      - MaatskappyNom

                          Attribute
                                      - MaatskappyNaam
                                      - Adres
                                      + Kontaknommer
                                      + GetalWerkers
                                      + Konstruktor(MaatskappyNom, MaatskappyNaam,

                          Metodes
                                                       Adres, Kontaknommer)
                                      + getMaatskappyNaam():String
                                      + isGeldigKontaknommer():Boolean
                                      + toString():String

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         12                         DBE/November 2022
                                               NSS

          5.4.1       Noem die doel van 'n konstruktormetode ('constructor method').                (1)

          5.4.2       Identifiseer 'n   toegangsmetode     ('accessor   method')   uit   die
                      klasdiagram.                                                                  (1)

          5.4.3       Wysigingsmetodes ('mutator methods') sal vir die objek benodig
                      word.

                      (a)   Vir watter attribuut sal die gebruik van 'n wysigingsmetode die
                            MINSTE toepaslik wees?                                                  (1)

                      (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.4.3(a).                                (1)

          5.4.4       'OOP'-klasse gebruik beide privaat en publieke toegangsaanduiders.

                      (a)   Noem waar in die klasdiagram toegang wat tot
                            metodes/attribute gespesifiseer is, die aanbevole/toegelate
                            toegang tot metodes/attribute oorskry.                                  (1)

                      (b)   Verduidelik waarom die foutiewe toegang tot metodes/attribute
                            wat in VRAAG 5.4.4(a) geïdentifiseer is, 'n probleem kan
                            veroorsaak wanneer met 'n objek van hierdie klas gewerk
                            word.                                                                   (2)

5.5       'n Maatskappy kies lukraak een van 10 blikke vir papierherwinning, uitsluitend
          blikke wat reeds vol is. Blikke 5 en 8 is tans reeds vol.

          'n Lukrake getal ('random number') moet herhaaldelik genereer word totdat 'n
          ander bliknommer as 5 of 8 geïdentifiseer is om vir die volgende vrag
          herwinningspapier te gebruik.

          5.5.1       Wanneer sal 'n merker-gekontroleerde/voorwaardelike lus ('sentinel
                      controlled loop') bo ander lusse verkies word?                                (1)

          5.5.2       Die volgende kode is gebruik om 'n lukrake getal in die reeks 1 tot
                      10 te genereer, met uitsondering van getalle 5 en 8.

                      Repeat
                          iGetal := RandomRange(1,11);
                      Until (iGetal <> 5) AND (iGetal <> 8);

                      Herskryf die kode deur 'n WHILE-lus te gebruik.                               (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING E:                20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        13                         DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

'n Maatskappy met die naam e-Waste Technologies Africa spesialiseer in die
herwinning van elektroniese rommel.

6.1       Herwinning in die 21ste eeu speel 'n kritieke rol om ons planeet te red. Baie
          maatskappye en huishoudings moet hulle elektroniese rommel bestuur.

          6.1.1       Definieer die term elektroniese rommel.                                     (1)

          6.1.2       Gee EEN rede waarom elektroniese rommel dikwels gevaarlik vir
                      die omgewing is.                                                            (1)

          6.1.3       Noem TWEE maniere om elektroniese rommel te verminder.                      (2)

          6.1.4       Verduidelik wat met enige elektroniese stoortoestel met betrekking
                      tot 'n gebruiker se privaatheid gedoen behoort te word voordat dit
                      herwin/weggegooi word.                                                      (1)

6.2       Groot herwinningsmaatskappye benodig internetkonneksie             vir   al   die
          personeel wat by die verskillende takke en depots werk.

          6.2.1       Die werknemers by 'n tak moet effektief met werknemers by ander
                      takke kan kommunikeer.

                      (a)   Die werknemers gebruik e-pos vir daaglikse kommunikasie.

                            Onderskei tussen die POP-protokol en IMAP-protokol wat vir
                            e-pos gebruik word.                                                   (2)

                      (b)   Gemorspos/Spam is 'n probleem vir die werknemers by die
                            maatskappy.

                            Noem EEN manier waarop gemorspos die maatskappy
                            negatief beïnvloed.                                                   (1)

                      (c)   Fopnuus ('Fake news') versprei gewoonlik vinnig oor die
                            internet en het die potensiaal om chaos te veroorsaak.

                            Stel TWEE moontlike        maniere   voor   waarop     fopnuus
                            geïdentifiseer kan word.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          14                         DBE/November 2022
                                                NSS

          6.2.2       'n Werknemer het probeer om 'n e-pos met 'n aanhegsel
                      ('attachment') te stuur, maar die volgende boodskap het verskyn:

                      (a)   Noem 'n ander manier waarop die aanhegsel suksesvol oor die
                            internet gestuur kan word.                                               (1)

                      (b)   Noem EEN risiko van die stuur van die aanhegsel wanneer jy
                            jou voorgestelde metode in VRAAG 6.2.2(a) gebruik.                       (1)

                      (c)   Verduidelik wat 'n mediabewaarplek ('media repository') is.              (1)

                      (d)   Definieer die term alomteenwoordigheid ('ubiquity') ten opsigte
                            van die manier waarop ons met lêers op die internet werk.                (1)

6.3       Dit is belangrik dat personeel wat in die finansiesafdeling werk, op hoogte van
          huidige bedreigings en skelmstreke ('scams') moet wees.

          6.3.1       'n ATT (afstandstoegang-Trojaan) ('RAT/remote access Trojan') is
                      opgespoor op een van die rekenaars wat aan die maatskappy se
                      netwerk konnekteer is.

                      (a)   Verduidelik kortliks wat 'n ATT ('RAT') is.                              (1)

                      (b)   Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker se rekenaar met
                            Trojaanse kwaadwillige sagteware ('Trojan malware')
                            geïnfekteer kan wees.                                                    (2)

          6.3.2       Gee TWEE redes waarom webtuistes dikwels ingedring word
                      ('hacked').                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          15                          DBE/November 2022
                                                NSS

6.4       Die maatskappy gebruik 'n verspreide databasis ('distributed database')
          omdat hulle kliënte oor 'n groot geografiese gebied versprei is.

          6.4.1       Verduidelik wat 'n verspreide databasis is.                                      (2)

          6.4.2       Wat is die grootste verskil tussen die Dupliseringsmodel en
                      Partisioneringsmodel ten opsigte van die data wat hulle stoor?                   (2)

          6.4.3       Bespreek waarom daar 'n behoefte is om data gereeld te
                      sinchroniseer wanneer 'n verspreide databasismodel gebruik word.                 (2)

6.5       Die herwinningsmaatskappy is ook aktief betrokke by die vind van oplossings
          vir die uitdagings wat deur besoedeling gestel word.

          6.5.1       Die maatskappy gebruik 'n stelsel wat inligting uit 'n verskeidenheid
                      bronne insamel, dit analiseer en in 'n gestruktureerde formaat
                      aanbied om besluitneming te ondersteun.

                      Wat word so 'n stelsel genoem?                                                   (1)

          6.5.2       Verduidelik hoe 'n ekspertstelsel/kennisgebaseerde stelsel
                      ('knowledge-based system') saam met die stelsel in VRAAG 6.5.1
                      gebruik kan word om vinnige, geoutomatiseerde besluitneming te
                      verseker.                                                                        (2)

6.6       Die werknemers by die maatskappy is van notaboekrekenaars ('notebook
          computers') met 'n oopbronbedryfstelsel voorsien om van die huis af te werk.

          6.6.1       Waarna verwys oopbron ('open-source')?                                           (1)

          6.6.2       Die notaboekrekenaars se stoorspasie is gou opgebruik as gevolg
                      van die hoeveelheid data wat werknemers op die hardeskywe stoor.
                      Daar is voorgestel dat die skyfskoonmaak-nutsprogram ('disk clean-
                      up utility') gebruik word om stoorspasie beskikbaar te stel ('free up').

                      Noem EEN tipe lêer wat die skyfskoonmaak-program tydens die
                      skandering sal identifiseer en verwyder.                                         (1)

          6.6.3       Die digitale kloof ('digital divide') lei daartoe dat sommige
                      werknemers nie vanaf die huis kan werk nie.

                      (a)   Definieer die term digitale kloof.                                         (1)

                      (b)   Noem TWEE faktore wat tot die digitale kloof bydra.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         16                           DBE/November 2022
                                               NSS

6.7       Hiper-outomatisering ('Hyper-automation') en robotika-proses-outomatisering
          (RPO) ('robotics process automation/RPA') is enkele van die nuwe
          opkomende       tegnologieë      wat     die     potensiaal     het     om
          maatskappywerksaamhede regoor die wêreld te maksimeer.

          6.7.1       Verduidelik die verskil tussen hiper-outomatisering en RPO ('RPA').        (2)

          6.7.2       'n Ontleding van die demografieë van die meeste ontwikkelde lande
                      toon 'n verouderende bevolking.

                      Bespreek hoe RPO ('RPA') sal help om hierdie probleem op te los
                      om fabrieke in werking te hou.                                             (2)

6.8       Uitgebreide realiteit ('extended reality') is 'n breë term wat virtuele realiteit
          ('virtual reality'), aangepaste realiteit ('augmented reality') en gemengde
          realiteit ('mixed reality') insluit.

          6.8.1       Onderskei tussen virtuele realiteit en aangepaste realiteit.               (2)

          6.8.2       Hoe is gemengde realiteit 'n verdere verbetering op die realiteite wat
                      in VRAAG 6.8.1 genoem is?                                                  (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING F:           40
                                                                        GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
