# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2023 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2023-afr/c781040c-6de5-4828-9b39-197f226eae56
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2023-afr/c781040c-6de5-4828-9b39-197f226eae56)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        2                   DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A:      Kortvrae                                (20)
          AFDELING B:      Stelseltegnologieë                      (25)
          AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë     (30)
          AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur              (20)
          AFDELING E:      Oplossingontwikkeling                   (22)
          AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                  (33)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
           feite/redes wat verlang word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          3                            DBE/November 2023
                                                NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–P) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 Q.

                              KOLOM A                                   KOLOM B
          1.1.1       Die effektiewe en omgewings-             A   virtuele realiteit
                      verantwoordelike ontwerp en
                      weggooi van rekenaartoerusting           B   DBBS ('DBMS')

          1.1.2       Die onderlinge verbinding van            C   ergonomie
                      rekenaartoestelle wat in alledaagse
                      voorwerpe ingebou is, wat dit in         D   wiki
                      staat stel om data via die internet te
                      versend en te ontvang                    E   domeinnaam

          1.1.3       'n Term wat gebruik word om              F   LAG ('ROM')
                      geheue te beskryf wat sy data
                                                               G   URL
                      verloor wanneer die krag afgeskakel
                      word                                     H   groenrekenarisering
          1.1.4       Die studie en ontwerp van                I   IvD ('IoT')
                      rekenaartoerusting om die gemak
                      en veiligheid van die gebruiker te       J   vlugtig ('volatile')
                      verbeter
                                                               K   virtualisasie
          1.1.5       'n Samewerkende webtuiste waar
                      gebruikers 'n data-liggaam ('body of     L   aangepaste werklikheid
                      content') gratis kan publiseer en            ('augmented reality')
                      organiseer
                                                               M   jpeg
          1.1.6       Die intydse integrasie van teks,
                      grafika, klank en ander virtuele         N   mp4
                      versterkings met voorwerpe uit die
                      regte wêreld                             O   BitTorrent

          1.1.7       Die proses waardeur spesifieke           P   navraag ('query')
                      inligting uit 'n databasis onttrek
                      word, gebaseer op 'n stel kriteria of
                      voorwaardes

          1.1.8       Die lêeruitbreiding van 'n prent-lêer

          1.1.9       Verwys na die unieke adres van 'n
                      webblad

          1.1.10      'n Eweknie('peer-to-peer')-protokol
                      wat gebruik word om groot lêers oor
                      'n netwerk te deel en oor te dra
                                                                                          (10 x 1)    (10)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             4                       DBE/November 2023
                                                   NSS

1.2       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 D.

          1.2.1           … verwys na 'n groep rekenaars of mobiele toestelle wat
                          blootgestel ('compromised') is, wat aan 'n netwerk gekoppel is en
                          wat gebruik word om ander netwerke aan te val.

                          A   Botnet
                          B   Zombie-koekie
                          C   Skynet
                          D   RAID                                                                 (1)

          1.2.2           … is 'n tydelike stoorplek.

                          A   LAG ('ROM')
                          B   VTS ('SSD')
                          C   HDD
                          D   Kasgeheue                                                            (1)

          1.2.3           Linux is 'n voorbeeld van … sagteware, wat beteken dat die kode
                          gratis beskikbaar gestel word vir gebruik, verandering en
                          herverspreiding.

                          A   Outeursreg('Proprietary')-
                          B   Voorafverpakte ('Shrink-wrapped')
                          C   Oopbron('Open-source')-
                          D   Virtuele ('Virtual')                                                 (1)

          1.2.4           Die meeste van vandag se internetverbindings is ... verbindings
                          wat in staat is om groot hoeveelhede data oor die netwerk oor te
                          dra.

                          A   skakel('dial-up')-
                          B   ADHL('ADSL')-
                          C   breëband('broadband')-
                          D   koaksiale('coaxial')                                                 (1)

          1.2.5           Die antwoord op die uitdrukking hieronder:

                              24 MOD 7      * 5 DIV 2

                          A   3
                          B   6
                          C   7
                          D   7.5                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            5                           DBE/November 2023
                                                  NSS

1.3       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
          die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.1 Rekenaar.

          1.3.1           'n Derdepartyprogram wat die ingeboude funksionaliteit van 'n
                          toepassing of deurblaaier uitbrei                                            (1)

          1.3.2           'n Datastruktuur wat bestaan uit 'n versameling tabelle wat deur
                          gekoppelde velde aan mekaar gekoppel word                                    (1)

          1.3.3           'n Tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat voorkom dat 'n
                          gebruiker toegang tot sy of haar data op 'n toestel kry totdat 'n fooi
                          betaal word                                                                  (1)

          1.3.4           'n Skepper se eksklusiewe wettige reg om intellektuele eiendom te
                          kopieer, publiseer of verkoop                                                (1)

          1.3.5           Die vermoë van 'n stelsel om sy hulpbronne te vermeerder of
                          verminder, afhangend van die aantal gebruikers                               (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:               20

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            6                           DBE/November 2023
                                                  NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

'n Universiteit met die naam 'LearnMore' ontvang tans studente-aansoeke vir die nuwe
jaar.

2.1       Daar is voorgestel dat die tafelrekenaars ('desktop computers') in die
          administrasiegebou vervang moet word.

          2.1.1           Gee TWEE kenmerke van 'n moederbord wat in ag geneem moet
                          word wanneer nuwe tafelrekenaars aangekoop word.                             (2)

          2.1.2           Behalwe vir die SVE ('CPU'), noem EEN ander komponent wat
                          data in 'n rekenaarstelsel sal verwerk.                                      (1)

          2.1.3           Die sekondêreberging-kapasiteit is       'n   belangrike   oorweging
                          wanneer toestelle aangekoop word.

                          Gee TWEE voorbeelde van flits-bergingstoestelle ('flash storage
                          devices') wat in die administrasiegebou gebruik kan word.                    (2)

2.2       Die IT-departement by die universiteit het voorgestel dat wolkgebaseerde
          bedieners ('cloud-based servers') vir die administrasie-afdeling gebruik kan
          word.

          2.2.1           Verduidelik in kort wat 'n wolkgebaseerde virtuele bediener is.              (2)

          2.2.2           Regverdig die gebruik van wolkgebaseerde virtuele bedieners.                 (2)

          2.2.3           Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service/SaaS') word tans op
                          die rekenaars in die administrasiegebou gebruik.

                          Behalwe vir die voordeel om sagteware te huur in plaas daarvan
                          om dit te koop, noem TWEE ander voordele van die gebruik van
                          SaaS.                                                                        (2)

          2.2.4           Sommige van die sagteware wat gebruik word, benodig lisensies.

                          Motiveer waarom die verkryging van 'n terreinlisensie ('site licence')
                          beter is as om 'n enkelgebruiker-lisensie vir elke gebruiker te kry.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            7                           DBE/November 2023
                                                  NSS

2.3       Om te verseker dat daar geen aftyd ('downtime') is nie en om gereelde
          rugsteunkopieë ('backups') van belangrike data te maak, is baie belangrik vir
          die sukses van die instelling.

          2.3.1           Verduidelik wat 'n rugsteunstrategie is en hoe dit kan help dat aftyd
                          by die universiteit voorkom word.                                           (3)

          2.3.2           'n Wolkbergingsdiens ('cloud storage service') kan gebruik word om
                          rugsteunkopieë van data buite die universiteitsgronde te maak.

                          Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkberging om
                          rugsteunkopieë van data buite die universiteitsgronde te maak.              (2)

2.4       'n Ingenieursgrafika en -ontwerp-kursus, wat AutoCAD as 'n tekenhulpmiddel
          gebruik, word by die universiteit aangebied.

          Gee EEN term vir die tipe rekenaargebruiker geassosieer met die kursus
          hierbo deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die
          vraagnommer (2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           huiskantoorgebruiker; kraggebruiker ('power user');
                                mobiele gebruiker; kleinkantoorgebruiker                              (1)

2.5       Datasekuriteit is noodsaaklik om rekenaarstelsels by die universiteit teen
          skadelike kwaadwillige-sagteware-bedreigings te beskerm. Een so 'n
          bedreiging is 'n rekenaarwurm.

          2.5.1           Noem TWEE kenmerke van 'n rekenaarwurm.                                     (2)

          2.5.2           Verduidelik waarom 'n antivirusproduk, eerder as 'n netskans
                          ('firewall'), die stelsel teen besmetting deur 'n rekenaarwurm sal
                          beskerm.                                                                    (2)

2.6       Die nuwe rekenaars sal toegerus word met vastetoestandaandrywers ('solid-
          state drives') wat nie gedefragmenteer hoef te word om optimale
          werkverrigting te lewer nie.

          Bespreek waarom dit nie nodig is om 'n vastetoestandaandrywer te
          defragmenteer nie.                                                                          (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                               8                              DBE/November 2023
                                                     NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Die beheerliggaam van 'n skool het besluit om fondse te belê in kommunikasie- en
netwerktegnologieë om die skool se netwerk op te gradeer. Die uitleg van die
skoolnetwerk word in die diagram hieronder getoon.

                                        Uitleg van skoolnetwerk

                                                      Skakelaar 3
                                      Skakelaar 2                     Skakelaar 4

                                                                                      Skakelaar 5
                Skakelaar 1

   Skoolbediener                   Hoof se kantoor                    Skool Blok A
                                       2 PR'e                           26 PR'e
                                                     Administrasie-                  Skool Blok B
                                                       kantoor                         35 PR'e
Rekenaarlaboratorium – 40 PR'e                          3 PR'e

3.1       Bestudeer die uitleg van die skoolnetwerk en beantwoord die vrae hieronder.

          3.1.1           Definieer die term netwerk.                                                       (2)

          3.1.2           Waarom, dink jy, sal die skool voordeel trek deur in moderne
                          kommunikasie- en netwerktegnologieë te belê?                                      (2)

          3.1.3           Identifiseer en motiveer waarom ten minste TWEE komponente
                          wat in 'n LAN gebruik word, nodig is.                                             (4)

          3.1.4           Die skakelaars is aan mekaar verbind vanaf die rekenaar-
                          laboratorium tot by Blok B van die skool (vanaf Skakelaar 1 tot by
                          Skakelaar 5).

                          (a)   Beskryf 'n potensiële nadeel van hierdie uitleg.                            (2)

                          (b)   Teken 'n basiese diagram om 'n alternatiewe uitleg vir die
                                netwerk voor te stel, wat die potensiële probleem wat in
                                VRAAG 3.1.4(a) beskryf is, sal voorkom.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            9                           DBE/November 2023
                                                  NSS

3.2       'n Netwerk kan uit gekabelde en kabellose kommunikasiemedia bestaan.

          3.2.1           Stel EEN tipe kabellose ('wireless') tegnologie voor wat in 'n
                          uitgebreide netwerk gebruik kan word.                                       (1)

          3.2.2           Verduidelik hoe die kabellose kapasiteit van die skool se netwerk
                          uitgebrei kan word om die hele skoolterrein te dek.                         (2)

          3.2.3           Die skool moet netwerktoegang aan hulle koshuis verskaf op 'n
                          ander plek wat ongeveer een kilometer van daar af is.

                          Stel 'n moontlike oplossing voor en dui aan hoe jou oplossing die
                          probleem sal oplos.                                                         (2)

3.3       Die skool wil graag VoIP-tegnologie in die klaskamers inkorporeer.

          3.3.1           (a) Skryf die akroniem VoIP uit.                                            (1)

                          (b) Hoe verskil VoIP van tradisionele telefoonoproepe?                      (2)

          3.3.2           Assesseer die moontlike tegniese uitdagings wat dalk getrotseer
                          moet word wanneer VoIP by die skool gebruik word. Bespreek ten
                          minste TWEE uitdagings.                                                     (4)

3.4       Een van die korttermyndoelwitte van die skool is om 'n intranet op te stel.

          Verduidelik kortliks wat 'n intranet is en gee 'n praktiese voorbeeld van hoe dit
          in die skoolomgewing gebruik kan word.                                                      (2)

3.5       Hieronder is 'n advertensie wat die skool ontvang het om afstandsonderrig en
          -leer bekend te stel.

                             Werk van enige plek af – veilig,
                             maklik en volledig omring
                             Die beste vorm van afstandstoegang en werkoplossing
                             vir afstandswerknemers, vryskutte en hibriede stelsels

          3.5.1           Maak 'n aanbeveling waarom 'n afstandsrekenaarverbinding
                          ('remote desktop connection') vir mense wat vanaf die huis werk,
                          gebruik behoort te word.                                                    (2)

          3.5.2           'n Voorbeeld van afstandstoegang ('remote access') is om toegang
                          tot die skool se sekuriteit te kan kry terwyl jy weg van die skool af
                          is.

                          Noem EEN voordeel en EEN nadeel van die gebruik van afstands-
                          toegang.                                                                    (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING C:              30
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                             10                             DBE/November 2023
                                                   NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

Die skool stoor alle inligting van die leerders in 'n databasis met meervoudige tabelle.
Data is verkry vanaf gedrukte klaslyste wat deur die registerklasonderwysers verskaf
is.

Die uittreksel hieronder is vanuit 'n tabel met die naam tblLeerders.

 ID    Eerste naam          Van          Oud     Geslag       Registerklas       Onderwyser

 1     John                 Smith        16      Male         10A                Boyd

 2     Jane                 Doe          18      Female       12C                Nkwe

 3     James                Brown        15      Male         9A                 Peterson

 4     Emily                Davis        16      Female       10A                Boyd

 5     Michael              Johnson      18      Male         12C                Nkwe

4.1       Bestudeer die tabel hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

          4.1.1           Sê wat die doel van 'n primêre sleutel in 'n tabel is.                           (1)

          4.1.2           Noem 'n vereiste van 'n primêre sleutel, behalwe dat daar nie
                          duplikaatwaardes is nie.                                                         (1)

          4.1.3           Die struktuur van die tabel hierbo sal tot onreëlmatighede
                          ('anomalies') lei.

                          (a) Watter ontwerpfout         in   hierdie   tabel   kan   dalk   tot   'n
                              onreëlmatigheid lei?                                                         (2)

                          (b) Stel voor hoe hierdie ontwerpfout opgelos kan word en
                              verduidelik hoe 'n oplossing bewerkstellig kan word.                         (4)

4.2       Dataverifikasie en datavalidasie is belangrike databasisbestuursprosesse.

          Vergelyk die konsepte van verifikasie en validering om duidelik aan te dui
          hoekom validering nie die behoefte vir verifikasie wegneem nie.                                  (4)

4.3       Die skool gebruik 'n 'Microsoft Access'-databasis as hulle DBBS('DBMS')-
          oplossing.

          4.3.1           Watter programmeringstaal word die meeste gebruik om data uit 'n
                          databasis te onttrek?                                                            (1)

          4.3.2           Identifiseer 'n tipiese scenario wanneer 'n bedienergebaseerde
                          databasis benodig sal word en verduidelik hoe 'n
                          bedienergebaseerde databasis in die behoeftes van die
                          geïdentifiseerde scenario sal voorsien.                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          11                         DBE/November 2023
                                                NSS

4.4       'n Ouditspoor ('audit trail') word in die skool se databasis gebruik.

          4.4.1           Hoe verbeter die skepping van 'n ouditspoor datasekuriteit in die
                          skool se databasis?                                                          (2)

          4.4.2           Behalwe vir die gebruik van 'n ouditspoor, stel 'n alternatiewe
                          metode voor om die sekuriteit van die skool se databasis te
                          verbeter en verduidelik hoe dit gebruik kan word.                            (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:                  20

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                                12                DBE/November 2023
                                                      NSS

AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Pogings word aangewend om kode-segmente te identifiseer en te verbeter in
          die bestaande sagtewarestelsel wat deur die administrasie-afdeling gebruik
          word.

          Bestudeer die uittreksel van Delphi-kode hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg:

          1       iTeller := 0;
          2       for iRy := 1 to 3 do
          3         begin
          4           sLyn := '';
          5           for iKol := 1 to 5 do
          6              begin
          7                sLyn := sLyn + '*';
          8                inc(iTeller);
          9              end;
          10        end;
          11      redOutput.Lines.Add(sLyn);

          5.1.1           Skryf die reëlnommer neer van enige reël van die gegewe kode-
                          segment hierbo wat die volgende implementeer:

                          (a)   Inisialisering ('Initialisation')                               (1)

                          (b)   Luswerking ('Looping')                                          (1)

          5.1.2           Wat sal die waarde van iTeller wees nadat die kode hierbo
                          uitgevoer is?

                          LET WEL: Neem aan dat al die veranderlikes korrek verklaar is
                                   en dat daar geen foute in die kode is nie.                   (1)

          5.1.3           Verskaf die afvoer van die program nadat die kode hierbo
                          uitgevoer is.                                                         (2)

          5.1.4           Herskryf die tweede lus (for iKol := 1 to 5 do) as 'n
                          voorwaardelike lus.                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                                    13                                DBE/November 2023
                                                          NSS

5.2       'n Prototipe-toepassing is vir die menslikehulpbron-departement ontwikkel,
          wat hulle in staat sal stel om vir studentename te soek.

          'n Skikking is soos volg verklaar:
                           arrName: array [1..5] of String =
                                 ('Trevor', 'Mpho', 'Lebo', 'Steven', 'Verushka');

          Bestudeer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                             Begin

                   1
                        Lees naam in

          2
                           teller = 0

                                                    Nee             7
               3         Is teller <= 5                                 Vertoon nie gevind

                                     Ja

          4
                       teller = teller + 1

 Nee
                             Is                Ja               6
                5      arrName[teller] =                            Vertoon gevind                          Stop
                           naam?

          Teken die naspeurtabel ('trace table') hieronder in jou ANTWOORDEBOEK
          oor en voltooi die tabel om te bepaal wat die afvoer van die gegewe
          vloeidiagram sal wees indien die naam 'Lebo' die toevoer in die komponent
          met die byskrifnommer 1 in die diagram is.

              naam                   teller   Is teller <=5?                Is arrName [teller]       Vertoon
                                                                            = naam?
              Lebo

       LET WEL:                Jy moet meer reëls by die tabel voeg om volledig deur die
                               vloeidiagram te speur.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       14                         DBE/November 2023
                                             NSS

5.3       Skryf pseudokode om 'n woord in te lees en die woord in omgekeerde letter-
          volgorde te vertoon.

          VOORBEELD:

          Indien die woord 'databasis' as die toevoerwoord ingelees word, sal die woord
          in omgekeerde lettervolgorde as 'sisabatad' vertoon word.

          Die eerste stap in die pseudokode-algoritme is:

          Toevoer sWoord

          LET WEL:        Die pseudokode moet korrek werk vir enige woord wat ingelees
                          word en nie slegs vir die woord in die voorbeeld nie.                 (4)

5.4       'n Objekklas word benodig om 'n studentekaart-objek te skep.

          Die besonderhede wat op die studentekaart benodig word, word in die tabel
          hieronder getoon.

            Besonderhede op studentekaart:         Voorbeeld:
            Unieke studentenommer                  013795
            Student se naam                        'Trevor'
            Student se van                         'Chabale'
            Studiejaar                             2

          Teken     'n verenigde-modelleringstaal('unified modelling language/(UML')-
          klasdiagram om die objekklas met die naam TStudentekaart voor te stel.

          Die diagram moet die volgende bevat:

           Al die attribute van die TStudentekaart-objek, wat datatipes en die
            publiek/privaat bestek ('public/private scope') aandui
           'n Konstruktormetode ('constructor method') wat waardes aandui wat vir al
            vier attribute via 'n parameterlys ontvang is
           'n Wysigingsmetode ('mutator method') met naam setStudiejaar wat 'n
            nuwe jaar van studie as 'n parameter sal ontvang                                    (6)

                                                                TOTAAL AFDELING E:              22

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           15                          DBE/November 2023
                                                 NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Opedae by skole word gebruik om leerders op toere te neem waar hulle die fasiliteite
van die instelling kan sien.

6.1       Registrasie vir 'n opedag-byeenkoms by 'n skool vind plaas deur QR('quick
          response')-kodes te gebruik om 'n skakel na 'n vorm oop te maak. Die inligting
          wat op die vorm ingelees word, word dan gebruik om 'n aansoekvorm aan die
          leerder te e-pos.

          6.1.1           Verduidelik wat 'n QR-kode is en hoe dit vasgelê kan word.                 (2)

          6.1.2           Wanneer 'n vorm aanlyn voltooi word, gebeur dit dikwels dat
                          persoonlike inligting, soos jou e-pos-adres, outomaties in die velde
                          ingevoeg word. Hoe gebeur dit?                                             (1)

6.2       'n Video van 'n 3D-toer van die skool se kampus word op die skool se
          webtuiste geplaas vir leerders wat nie die opedag kan bywoon nie.

          6.2.1           'n Rekenaar met die nuutste bedryfstelsel en multiverwerking-
                          spesifikasies is gebruik om die video te skep.

                          (a) Verduidelik wat multiverwerking is.                                    (2)

                          (b) Bespreek hoe die verskillende prosesse deur die bedryfstelsel
                              bestuur word om te verseker dat alle toepassings voldoende
                              hulpbronne sal hê.                                                     (2)

          6.2.2           Wanneer 'n persoon die skool se webtuiste meer as een keer
                          besoek, maak dit baie vinniger oop as gevolg van web-kasberging.

                          Verduidelik die proses van web-kasberging.                                 (2)

          6.2.3           Die aanlyn 3D-toer kan afgelaai of gestroom ('streamed') word.

                          Bespreek die toename in die gebruik van stroming, eerder as
                          aflaai, krities.                                                           (4)

6.3       Die skool se webtuiste is 'n voorbeeld van 'n Web 1.0-generasie-webtuiste.

          6.3.1           Noem TWEE kenmerke van 'n Web 1.0-webtuiste.                               (2)

          6.3.2           Gee enige TWEE redes wat aanleiding gegee het tot die evolusie
                          van webtuistes vanaf Web 1.0 na Web 2.0.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            16                          DBE/November 2023
                                                  NSS

6.4       Al die data van voornemende leerders word in 'n aanlyn databasis gestoor.

          Die volgende variasies van data is opgeteken:

                             Van                        Graad
                             Chetty                     7
                             Franklin                   sewe
                             Gumede                     Gr. 7
                             Venter                     Graad 7

          6.4.1           Bespreek waarom die data hierbo die kwaliteit van toevoerdata in
                          gevaar mag stel.                                                              (2)

          6.4.2           Noem TWEE verskillende tegnieke oor hoe die vorm, waarin die
                          data vasgelê word, geoptimaliseer kan word om hierdie tipe
                          toevoer te voorkom.                                                           (2)

          6.4.3           Data wat vanaf 'n vorm ingesamel word, moet vir besluitneming
                          gebruik word. Die proses waardeur die data in die inligtingsiklus
                          getransformeer word, word in die diagram hieronder uitgebeeld.

                          Verskaf die ontbrekende byskrifte vir dele (a) en (b).

                             Data              (a)                (b)         Besluite
                                                                                                        (2)

6.5       Die skool is een van baie skole in die 'LearnMore School'-franchise wat nuwe
          leerders inskryf.

          'n Verspreide databasis ('distributed database') word gebruik om die data te
          stoor wat deur die skole vir gebruik benodig word.

          6.5.1           Waarom sal 'n verspreide databasis vir hierdie scenario 'n meer
                          geskikte opsie wees?                                                          (1)

          6.5.2           Privaat inligting wat oor publieke netwerke, soos die internet,
                          oorgedra word, behoort altyd geënkripteer ('encrypted') te word.

                          Verduidelik kortliks hoe enkripsie werk.                                      (2)

          6.5.3           Stel voor watter verspreide-databasis-model die geskikste sal wees
                          vir hierdie scenario en motiveer jou antwoord.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           17                          DBE/November 2023
                                                 NSS

6.6       Tegnologie het dit vir meer mense moontlik gemaak om toegang tot inligting
          te verkry.

          6.6.1           Gee TWEE voorbeelde van digitale kommunikasieplatforms wat
                          gebruik kan word om die opedagbyeenkoms by die skool te
                          bevorder.                                                               (2)

          6.6.2           Daar is gerapporteer dat vertroulike inligting oor ouers en leerders
                          sonder hulle medewete versprei is.

                          Watter beleidsdokument kan gebruik word as motivering vir die
                          behoefte om dissiplinêre stappe teen die oortreder te doen?             (1)

6.7       Die skool het besluit om 'n werkswinkel oor kunsmatige intelligensie (KI) aan
          te bied en het die laerskoolleerders uitgenooi om dit by te woon.

          ChatGPT as 'n KI-instrument word dikwels gebruik om inligting te genereer
          wat op gebruikertoevoer gebaseer is.

          Noem TWEE potensiële risiko's wat met die gebruik van ChatGPT verband
          hou.                                                                                    (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING F:           33
                                                                         GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — Information Technology · QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2017-afr/7e4f4410-243e-4a96-a17a-5e5ad962f3f3) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
