# Information Technology Grade 12 P2 November 2024 NSC QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2024-afr/34f6d298-5a74-4808-9cb6-737e4e4e4ecc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 November 2024 NSC QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2024-afr/34f6d298-5a74-4808-9cb6-737e4e4e4ecc)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Inligtingstegnologie/V2                       2                    DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

            AFDELING A:      Kortvrae                                (20)
            AFDELING B:      Stelseltegnologieë                      (25)
            AFDELING C:      Kommunikasie- en Netwerktegnologieë     (26)
            AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur              (24)
            AFDELING E:      Oplossingontwikkeling                   (22)
            AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                  (33)

 2.         Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
            feite/redes wat vereis word.

 5.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 6.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Inligtingstegnologie/V2                          3                             DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
            (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.           Nov

            1.1.1         ... is die verlies aan seinsterkte veroorsaak deur interne of eksterne
                          faktore.

                          A   Elektromagnetiese steuring
                          B   Meeluistering
                          C   Verswakking ('attenuation')
                          D   Steurspraak ('crosstalk')                                                 (1)

            1.1.2         'n E-pos-protokol wat boodskappe na die e-pos-kliënt aflaai, staan
                          as … bekend.

                          A   LOP ('FTP')
                          B   POP3
                          C   EPOP ('SMTP')
                          D   VoIP                                                                      (1)

            1.1.3         Ingebedde drade wat data in die SVE ('CPU') in staat stel om in en
                          uit te beweeg, word … genoem.

                          A   brûe ('bridges')
                          B   skikkings ('arrays')
                          C   strome ('streams')
                          D   busse ('buses')                                                           (1)

            1.1.4         Watter tipe sagteware sal gebruikers by verstek toegang tot die
                          kode van 'n toepassing gee?

                          A   Oopbron ('Open-source')
                          B   Deelware ('Shareware')
                          C   Outeursreg-sagteware ('Proprietary software')
                          D   Gratis sagteware ('Freeware')                                             (1)

            1.1.5         Wat is die rol van 'n kompileerder ('compiler') in die ontwikkeling van
                          sagteware?

                          A   Pers bronkode-lêers saam
                          B   Vertaal bronkode na masjienkode
                          C   Enkripteer en dekripteer bronkode
                          D   Dateer op en voeg bronkode by                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Inligtingstegnologie/V2                          4                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

            1.1.6         Wat is die gevolglike datatipe van die DIV-bewerker in Delphi-
                          programmering?

                          A   Float
                          B   Boolean
                          C   Integer
                          D   String                                                                  (1)

            1.1.7         Die volgende stellings word gegee:

                              iGetal := 1;
                              for iRy := 1 to 4 do
                                for iKol := 1 to 2 do
                                  inc(iGetal);

                          Die waarde van iGetal ná die uitvoering van die gegewe kode:

                          A   7
                          B   8
                          C   9
                          D   11                                                                      (1)

            1.1.8         'n Verspreide ('distributed') databasis met 'n groeiende lys rekords
                          wat aan mekaar gekoppel is deur kriptografie te gebruik, staan as ...
                          bekend.

                          A   bitcoin
                          B   ruggraat ('backbone')
                          C   blokketting ('blockchain')
                          D   BitTorrent                                                              (1)

            1.1.9         … is geheue wat sy inhoud verloor wanneer die krag afgeskakel
                          word.

                          A   EEPROM
                          B   ETG ('RAM')
                          C   LAG ('ROM')
                          D   VTA ('SSD')                                                             (1)

            1.1.10        … is 'n programmeringstaal wat gebruik word om die struktuur en
                          inhoud van 'n webblad te definieer en dinamiese gedrag tot die
                          webblad by te voeg.

                          A   Hiperteksmarkeertaal ('HTML')
                          B   Uitbreibare markeertaal ('XML')
                          C   JavaScript
                          D   Gestruktureerde navraagtaal ('SQL')                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Inligtingstegnologie/V2                          5                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
            die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Rekenaar.

            1.2.1         'n Instruksie wat aan 'n DBBS ('DBMS') gegee word om 'n transaksie
                          om te keer en die databasis na sy vorige toestand te herstel                (1)

            1.2.2         'n Tegniek wat deur die bedryfstelsel gebruik word waar take en
                          prosesse tussen die verskillende SVE('CPU')-kerne ('cores') van 'n
                          rekenaar verdeel word om in parallel verwerk te kan word                    (1)

            1.2.3         'n Tipe drukker wat filamente/termoplastiek gebruik wat smelt
                          wanneer dit verhit word en hard word wanneer dit afkoel                     (1)

            1.2.4         'n Tipe tegnologie wat toelaat dat 'n gasheer('host')-bedryfstelsel
                          ander bedryfstelsels op dieselfde toestel op dieselfde tyd uitvoer          (1)

            1.2.5         Die insameling en stoor van geweldige groot, uiteenlopende
                          hoeveelhede data oor 'n tydperk wat verwerk moet word, deur
                          komplekse algoritmes te gebruik                                             (1)

 1.3        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
            neer. Indien dit ONWAAR is, skryf die korrekte term neer.

            LET WEL: GEEN punte sal vir ONWAAR, sonder die korrekte term, toegeken
                     word nie.

            1.3.1         'n Zombie is 'n netwerk van rekenaars wat op 'n afstand deur
                          kwaadwillige sagteware ('malware') beheer word en dan deur
                          misdadigers gebruik word om kwaadwillige sagteware te installeer
                          en uit te voer.                                                             (1)

            1.3.2         Groenrekenarisering is die studie en ontwerp van die werkplek en
                          toerusting wat vir die gerief en veiligheid van mense gebruik word.         (1)

            1.3.3         'n Hiperskakel ('hyperlink') is 'n ingeboude verbinding na 'n ander
                          webblad, wat as blou onderstreepte teks of as 'n prentjie met 'n blou
                          raampie aangedui word.                                                      (1)

            1.3.4         'n Regstelling ('patch') is 'n versameling opdaterings wat in een
                          pakket gekombineeer is.                                                     (1)

            1.3.5         Die 'WHERE'-klousule in 'n SQL-stelling word gebruik om 'n
                          voorwaarde, wat 'n gekombineerde ('aggregate') funksie gebruik, te
                          toets.                                                                      (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:              20

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Inligtingstegnologie/V2                         6                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 SCENARIO

 Atlete van regoor die wêreld ding in 'n Global Marathon-reeks mee. Die gebruik van
 ingebedde IKT('ICT')-stelsels verseker dat deelnemers, organiseerders en toeskouers
 'n aangename en effektiewe ervaring by 'n marathon het.

 2.1        Die hoeveelheid geheue in 'n rekenaarstelsel is deurslaggewend om optimale
            werkverrigting te verseker.

            2.1.1         Verduidelik die funksie van primêre geheue (ETG ('RAM')) in 'n
                          rekenaarstelsel.                                                          (2)

            2.1.2         Bespreek wat kasgeheue ('cache memory') is en hoe die gebruik van
                          kasgeheue tot die effektiewe funksionering van 'n rekenaarstelsel
                          bydra.                                                                    (3)

            2.1.3         Verduidelik waarom die gebruik van virtuele geheue 'n negatiewe
                          impak op die werkverrigting van 'n rekenaar het.                          (2)

 2.2        Rekenaars wat gebruik word om na 'n lewende marathon-geleentheid te kyk,
            is stadig. Daar is voorgestel dat 'n grafika-verwerkingseenheid (GVE ('GPU'))
            in elk van hierdie rekenaars geïnstalleer word.

            Noem TWEE sleutelfaktore wat die verwerkingskrag van 'n GVE bepaal.                     (2)

 2.3        'n Rekenaartegnikus by die geleentheid het voorgestel dat die rekenaar wat vir
            die geleentheid gebruik word, 'n modulêre ontwerp met opgedateerde
            sagteware in die BTAS ('BIOS') moet hê.

            2.3.1         Noem TWEE voordele van die modulêre ontwerp van 'n rekenaar.              (2)

            2.3.2         Noem TWEE funksies van die BTAS.                                          (2)

            2.3.3         Verduidelik waarom die BTAS op nie-vlugtige ('non-volatile') geheue
                          gestoor word.                                                             (2)

 2.4        Al die elektroniese toestelle wat tydens 'n marathongeleentheid gebruik word,
            word aan 'n netwerk gekoppel.

            2.4.1         Noem 'n hardewarekomponent in 'n tafelrekenaar wat dit vir die
                          rekenaar moontlik maak om aan 'n netwerk te koppel.                       (1)

            2.4.2         Behalwe hardeware en sagteware, wat is nog 'n vereiste om 'n lokale
                          netwerk aan die internet te koppel?                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Inligtingstegnologie/V2                              7                         DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

 2.5        Wolkrekenarisering ('Cloud computing') sal by die marathons gebruik word.

            2.5.1          Definieer wolkrekenarisering.                                               (2)

            2.5.2          Motiveer hoe die gebruik van wolkrekenarisering die
                           hardewarevereistes van die rekenaars wat tydens 'n marathon
                           gebruik word, sal verminder.                                                (2)

 2.6        Die organiseerders van internasionale marathons wil virtuele realiteit ('virtual
            reality') tydens die Global Marathon-reeks gebruik.

            2.6.1         Definieer virtuele realiteit.                                                (2)

            2.6.2         Regverdig die gebruik van virtuele werklikheid deur TWEE praktiese
                          voorbeelde te gee van hoe atlete voordeel kan trek uit die gebruik van
                          hierdie tegnologie.                                                          (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Inligtingstegnologie/V2                          8                              DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 Een van die marathons se eindstreep sal by 'n sportstadion wees. 'n Stel genetwerkte
 rekenaars sal gebruik word om te help om die marathon te bestuur.

 3.1        Netwerke kan volgens topologie, argitektuur en geografiese reikwydte
            geklassifiseer word.

            3.1.1         Noem die naam van 'n kabelnetwerk wat 'n beperkte geografiese
                          gebied, soos 'n sportstadion, dek.                                           (1)

            3.1.2         Definieer die term bandwydte in die konteks van 'n netwerk.                  (2)

            3.1.3         Noem die eenheidsmaat van bandwydte in 'n netwerk.                           (1)

            3.1.4         'n IP-adres word aan elke rekenaar op die netwerk toegeken.

                          Bespreek die doel van 'n IP-adres.                                           (2)

            3.1.5         'n Stertopologie is vir hierdie netwerk voorgestel.

                          Motiveer hoekom 'n stertopologie 'n geskikte uitleg vir hierdie
                          netwerk sal wees.                                                            (2)

 3.2        Gebruikers moet kabelloos aan die netwerk kan koppel.

            3.2.1         Noem TWEE tegnologieë wat gebruik kan word om aan 'n kabellose
                          netwerk te koppel.                                                           (2)

            3.2.2         Beskryf kortliks hoe 'n persoon van hulle toestel af aan 'n kabellose
                          netwerk kan koppel.                                                          (2)

            3.2.3         'n Skootrekenaar se ingeboude kabellose verbindingstuk ('adaptor')
                          is beskadig.

                          Noem die randtoestel ('peripheral device') wat die skootrekenaar in
                          staat kan stel om steeds kabelloos toegang tot die netwerk te kry.           (1)

 3.3        'n Webtuiste is vir die marathongeleentheid ontwikkel. Die webtuiste laat
            deelnemers toe om foto's en video's op te laai en hulle ervaringe van die
            marathon te deel.

            3.3.1         Verduidelik hoekom 'n statiese webtuiste nie 'n geskikte keuse vir
                          hierdie webtuiste sal wees nie.                                              (2)

            3.3.2         Gebruikers sal versoek word om koekies ('cookies') te aanvaar as
                          hulle die webtuiste besoek.

                          Verduidelik wat 'n koekie is en noem TWEE maniere hoe dit tot
                          voordeel van die gebruiker gebruik kan word.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Inligtingstegnologie/V2                         9                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 3.4        'n Kaartjiestelsel is vir die toeskouers by die geleentheid ontwerp. Elke kaartjie
            het 'n prentjie soortgelyk aan die een wat hieronder getoon word.

            3.4.1         Wat word hierdie tipe prentjie genoem?                                    (1)

            3.4.2         Beskryf TWEE voordele daarvan om so 'n prentjie op die toeskouers
                          se kaartjies te hê.                                                       (2)

 3.5        Die marathon kan lewend ('live') gestroom word of op versoek gekyk ('viewed
            on demand') word.

            3.5.1         Onderskei tussen lewend stroom en kyk op versoek.                         (2)

            3.5.2         Die bediener ('server') wat die stroomdienste verskaf, het opgehou
                          om te reageer.

                          (a) Noem die term wat gebruik word vir 'n aanval wat 'n webtuiste
                              ontoeganklik maak deur 'n groot aantal rekenaars te gebruik om
                              data op dieselfde tyd van die webtuiste aan te vra.                   (1)

                          (b) Stel TWEE maniere voor om te voorkom dat die bediener in
                              hierdie konteks ophou om te reageer.                                  (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              26

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Inligtingstegnologie/V2                            10                           DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1        Die skool is besig om 'n marathon te organiseer. Die inskrywings van al die
            atlete word in 'n tabel met die naam tblAthletes gestoor.

            4.1.1         Gee TWEE redes hoekom dit geskikter sal wees om 'n Google-vorm
                          eerder as 'n gedrukte inskrywingsvorm te gebruik om die atlete vir
                          die marathon te registreer.                                                    (2)

            4.1.2         Die tabel hieronder is 'n uittreksel uit die uitslae van 12 500 atlete
                          wat ná afloop van die marathon ingesleutel is.

                          (a) 'n Alfabetiese lys met data wat volgens die atlete se vanne
                              gesorteer is, word deur die skool vereis.

                               Gee 'n rede waarom dit nie met die huidige tabelontwerp
                               gedoen kan word nie en gee 'n oplossing vir die
                               onreëlmatigheid ('anomaly').                                              (2)

                          (b) Die data in die CellNumber-veld is nie korrek nie as gevolg van
                              die eerste syfer wat weggelaat is.

                               Stel 'n verandering in die ontwerp van die tabel voor om die
                               selfoonnommers korrek te stoor.                                           (1)

                          (c) Identifiseer 'n oortollige veld in die tabel en motiveer waarom dit
                              oortollig is.                                                              (2)

                          (d) Noem TWEE velde uit die tabel wat gegee is, wat gebruik sal
                              word om die wenner van die half-marathon te identifiseer.                  (2)

                          (e) Twee eienskappe van kwaliteitdata is akkuraatheid en
                              konsekwentheid.

                               (i)    Definieer die term akkuraatheid en gee 'n voorbeeld deur
                                      die RaceTime-veld uit die tabel hierbo te gebruik.                 (2)

                               (ii)   Definieer die term konsekwentheid en gee 'n voorbeeld
                                      deur die AthleteNum-veld uit die tabel hierbo te gebruik.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Inligtingstegnologie/V2                          11                             DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 4.2        Data-integriteit is 'n algemene term wat met databasisontwerp en -werkings
            geassosieer word.

            4.2.1         Verduidelik waarna fisiese data-integriteit verwys.                          (1)

            4.2.2         Noem TWEE hardewaretoestelle wat gebruik kan word om die
                          fisiese integriteit van data te verseker.                                    (2)

 4.3        Gee EEN term vir ELK van die volgende definisies:

            4.3.1         Die proses van verfyning van die struktuur van 'n databasis om
                          oortolligheid te minimaliseer en integriteit te verbeter                     (1)

            4.3.2         'n Veld wat unieke waardes bevat wat as die primêre sleutel gebruik
                          kan word, maar wat nie tans as die primêre sleutel opgestel is nie           (1)

 4.4        Verduidelik hoe metadata waarde aan data toevoeg.                                          (2)

 4.5        Daar is verskillende soorte rekenaarstelsels wat in inligtingsintensiewe
            organisasies gebruik word.

            Regverdig die gebruik van 'n ekspertstelsel, eerder as 'n besluitsteunstelsel, in
            so 'n organisasie.                                                                         (2)

 4.6        'n Gebruiker se digitale voetspoor word deur onsigbare data-insameling
            geskep.

            Gee TWEE voorbeelde waar 'n digitale voetspoor gebruik kan word.                           (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING D:               24

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Inligtingstegnologie/V2                           12                          DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1       Die datum van 'n marathon word in die formaat dd/mm/jjjj aan 'n string-
          veranderlike toegeken:

             sDatum := '15/10/2024';

          5.1.1           Watter EEN van die volgende opsies (A of B) is die korrekte kode
                          om die maand uit die veranderlike sDatum te onttrek?

                          A     sMaand := copy(sDatum,4,5);

                          B     sMaand := copy(sDatum,4,2);                                           (1)

          5.1.2           Die veranderlike sMaand is as 'n stringveranderlike verklaar en is
                          gebruik om die datum waarna in VRAAG 5.1 verwys is, korrek te
                          onttrek.

                          'n Sintaksfout in Reël 1 van die CASE-stelling hieronder sal verhoed
                          dat die kode uitgevoer word:

                           Reël 1:    case sMaand of
                                      // korrekte kode om naam van maand te verander
                                      end;

                          (a)   Gee 'n rede waarom 'n sintaksfout in Reël 1 van die kode
                                hierbo sal voorkom.                                                   (1)

                          (b)   Verduidelik hoe Reël 1 verander kan word om die kode korrek
                                te maak.                                                              (1)

5.2       'n StringGrid-komponent in Delphi is 'n effektiewe manier om data in rye en
          kolomme voor te stel.

          Skryf kode wat die teks "Koos Nel" in die korrekte sel van die StringGrid-
          komponent stgData sal vertoon, soos getoon in die skermkopie hieronder.

                                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Inligtingstegnologie/V2                      13                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

5.3       Bepaal die waarde van D in die volgende uitdrukking:
          D = (C = B MOD 5) AND NOT E OR (A – C = 1)

          waar

          A = 5, B = 12, C = -4, E = FALSE
          LET WEL: Toon AL die stappe.                                                            (4)
5.4       'n Skikking ('array') met die naam arrName is verklaar om tot agt name te stoor.
          Die skikking bevat tans sewe name. Die veranderlike iAantElemente stoor die
          getal name wat in die skikking gestoor is.
                                        1     Sammy
                                        2     Brian
                                        3     Claire
                                        4     Thabiso
                                        5     Thomas
                                        6     Katleho
                                        7     Dean
                                        8
          'n Nuwe naam moet by enige indeks/posisie in die skikking arrName ingevoeg
          word.
          'n Algoritme in gedeeltelik voltooide pseudokode om so 'n invoeging te doen, is
          hieronder voorsien.
                 sNaam ← Sleutel naam in wat in skikking ingevoeg moet word
                 iPosisie ← Sleutel indeks in waar die naam in die skikking
                             ingevoeg moet word
                 if (iPosisie > 8) OR (iPosisie < 1)
                     Vertoon foutboodskap
                 else
                      // skryf pseudokode neer om hierdie deel van die
                         algoritme te voltooi
          Voltooi die pseudokode deur 'n lus ('loop') te gebruik om die naam by die
          posisie wat ingesleutel is, in te voeg, sonder dat enige van die name wat tans
          in die skikking gestoor is, verlore gaan.
          Voorbeeld van afvoer indien die naam 'Ezio' in indeks/posisie 2 van die skikking
          ingevoeg word:
                                        1     Sammy
                                        2     Ezio
                                        3     Brian
                                        4     Claire
                                        5     Thabiso
                                        6     Thomas
                                        7     Katleho
                                        8     Dean                                                (7)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Inligtingstegnologie/V2                           14                          DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

5.5       Die volgende kode is 'n uittreksel uit 'n objekklas Hardloper_U.pas:

          Beantwoord die volgende vrae wat op die kode hierbo gebaseer is:

          5.5.1           Watter sleutelwoord in die klasdefinisie hierbo dui aan dat die
                          attribute nie buite die klas toeganklik is nie?                             (1)

          5.5.2           Watter metode sal geroep word om die Hardloper-objek te
                          instansieer?                                                                (1)

          5.5.3           Die kode wat gegee is, toon 'n paar metodes wat die gedrag van die
                          Hardloper-objek beskryf.

                          (a)   Een van die toegangs('accessor')-metodes is reeds verklaar.

                                Skryf die verklaring van enige ander toegangsmetode neer wat
                                by die klas gevoeg kan word.                                          (2)

                          (b)   Identifiseer 'n wysigings('mutator')-metode in die kode hierbo
                                en verduidelik die doel van 'n wysigingsmetode.                       (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING E:               22

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Inligtingstegnologie/V2                          15                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Ter voorbereiding van 'n marathon het die reëlingskommitee 'n geïntegreerde inligting-
 en kommunikasietegnologie(IKT)-stelsel geïmplementeer om verskeie aspekte van die
 geleentheid vlot te laat verloop.

 6.1        'n Webtuiste is ontwikkel vir atlete om vir die marathon te registreer.

            6.1.1         Noem TWEE maniere om te bepaal of 'n webtuiste veilig is of nie.              (2)

            6.1.2         Beskryf hoe data geënkripteer en gedekripteer word deur
                          BSL ('SSL') te gebruik.                                                       (4)

 6.2        Die organiseerders van die marathon reik 'n RFID-etiket vir elke atleet uit.

            6.2.1         Verduidelik hoe 'n RFID-etiket gebruik kan word om die tyd wat dit
                          die atleet geneem het om die marathon te voltooi, te bepaal.                  (2)

            6.2.2         'n Paar atlete betwyfel die gebruik van RFID-etikette.

                          Bespreek kortliks hoe atlete voordeel kan trek deur RFID-tegnologie
                          te gebruik.                                                                   (2)

 6.3        Bestudeer die eienskappe en kenmerke van die TechGlow Pro- en Fitflex Ultra-
            dra-toestelle hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          TECHGLOW PRO                               FITFLEX ULTRA

             Sleek design: Slim and stylish to               Durable and waterproof: Built
             seamlessly integrate into your daily            tough to withstand any workout,
             wardrobe                                        and waterproof for swimming and
             Advanced fitness tracking:                      rainy runs
             Monitors heart rate, sleep patterns,            Multi-sport functionality: Ideal
             steps and calories burned with                  for various activities with
             precision                                       specialised tracking modes like
             Immersive display: Crystal clear,               running, cycling and even yoga!
             touch-sensitive OLED screen for                 GPS connectivity: Accurately
             instant access to your health metrics           analyse your outdoor workouts
                                                             with integrated GPS
             Smartphone compatibility: Syncs                 Health at your fingertips: Keep
             effortlessly with your smartphone for           an eye on your health with real-
             calls, messages and app                         time data on your heart rate,
             notifications on the go.                        blood oxygen and stress levels
             Long-lasting battery: Enjoy                     Customisable bands:
             extended use without worrying                   Personalise your FitFlex Ultra
             about frequent recharges                        with interchangeable bands to
                                                             match your style

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Inligtingstegnologie/V2                          16                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

            6.3.1         Die FitFlex Ultra het GPS-konnektiwiteit.

                          (a) Bespreek hoe GPS-tegnologie werk.                                        (2)

                          (b) Noem TWEE etiese kwessies wat verband hou met die dra van
                              'n toestel met GPS-tegnologie.                                           (2)

            6.3.2         Die TechGlow Pro-toestel is met 'n slimfoon versoenbaar.

                          Noem watter kabellose tegnologie hierdie konnektiwiteit moontlik
                          maak.                                                                        (1)

            6.3.3         Hierdie dra-toestelle kan items soos hartklop, slaapsiklusse, treë en
                          kalorieë verbrand, meet.

                          Noem die tegnologie binne-in dra-toestelle wat al hierdie metings
                          moontlik maak.                                                               (1)

            6.3.4         Hierdie dra-toestelle het beperkte verwerkingskrag, maar het
                          toegang tot die internet.

                          Beskryf hoe die krag van verspreide rekenaarverwerking
                          ('distributed computing') die verwerkingskrag van die dra-toestelle
                          kan aanvul.                                                                  (4)

 6.4        Die organiseerders van die marathon het besluit om 'n wiki-webtuiste te skep.

            6.4.1         Noem TWEE voordele van 'n wiki-tuiste.                                       (2)

            6.4.2         Verduidelik hoe inhoudsverskaffers ('content providers') die kwaliteit
                          van die bydraes wat tot 'n wiki-tuiste gemaak word, kan verbeter.            (2)

 6.5        Die vooruitgang in mobiele rekenaarverwerking het die internet en inligting vir
            almal maklik toeganklik gemaak.

            Verduidelik die term inligtingsoorlading ('information overload') en motiveer
            waarom dit vir sommige individue 'n uitdaging kan wees. Gee 'n voorbeeld, wat
            goed verduidelik is, as deel van jou antwoord.                                             (4)

 6.6        Dit is die marathon-organiseerders se verantwoordelikheid om seker te maak
            dat marathonstatistieke en ander inligting veilig bewaar word.

            6.6.1         Verduidelik die term spoef ('spoofing').                                     (2)

            6.6.2         Afkoopsagteware ('Ransomware') is kwaadwillige sagteware
                          ('malware') wat lêers enkripteer totdat 'n losprysbedrag betaal is.

                          Hoekom verkies misdadigers dat die losprysbedrag in 'n kripto-
                          geldeenheid betaal word?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Inligtingstegnologie/V2                     17                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 6.7        Opdaterings van sagteware moet altyd afgelaai en op 'n toestel geïnstalleer
            word om seker te maak dat 'n toepassing die nuutste eienskappe het.

            Wat is TWEE moontlike nadele van die aktivering van outomatiese opdaterings
            vir sagtewaretoepassings op 'n toestel?                                        (2)

                                                               TOTAAL AFDELING F:          33
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Information Technology · Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
