# Information Technology Grade 11 P1 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/inft-p1-n12-qp-afr/e78e65f0-647b-4823-8796-7e33f0e4b291
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p1-n12-qp-afr/e78e65f0-647b-4823-8796-7e33f0e4b291)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2012

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   120

TYD:     3 uur

                              *INFDM1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                       (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van
     hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy NIE toegelaat sal
     word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te
     verlaat nie.
2.   Jy het die onderstaande lys lêers nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal
     op ŉ stiffie OF ŉ CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser
     sal vir jou sê waar om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy
     gebruik, te vind OF in watter netwerklêergids (‘network folder’) dit is.
     VRAAG 1
     Snoepie.mdb
     Verskaffers.txt
     Voorraad.txt
     Vraag1_UX.pas
     Vraag 1_PX.dpr
     Vraag 1_UX.dfm
     VRAAG 2
     Voorraad.txt
     Vraag 2_UX.pas
     Vraag 2_UX.dfm
     Vraag 2_PX.dpr
     VRAAG 3
     Vraag 3_UX.pas
     Vraag 3_UX.dfm
     Vraag 3_PX.dpr
     Indien jy die lêers hierbo op ŉ stiffie of CD ontvang het, skryf jou naam en
     van op die etiket.
3.   Stoor jou werk met gereëlde tussenposes as ŉ voorsorgmaatreël teen
     kragonderbrekings.
4.   Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
     nie.
5.   Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die handleidings wat
     oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy
     mag ook die HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Jy mag NIE
     enige ander hulpbronmateriaal gebruik nie.
6.   Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die skyf met al jou werk
     daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op die
     hardeskyf/netwerk gestoor is soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou
     verduidelik is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
7.   Jy moet ook drukstukke inhandig van die programmeringskode van al die
     vrae wat jy gedoen het.
8.   Al die drukwerk van die programmeringskode sal binne ŉ uur nadat die
     eksamen afgehandel is, plaasvind.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                   3

 SCENARIO

 Die snoepie is ŉ baie winsgewende besigheid en vereis dat dit op die regte
 manier bestuur word. Die tipe voorraad asook watter verskaffers gebruik
 word is belangrike besluite wat gedurigdeur gemaak moet word. Aangesien
 jy ŉ diens aan die leerders verskaf moet pryse redelik wees en wins moet nie
 altyd die hoofdoelwit wees nie, maar wel gesonde voedselkeuses.

 VRAAG 1          DATABASIS EN DELPHI

 Die databasis,Snoepie.mdb, wat inligting oor die bostaande scenario bevat, is in
 die lêergids Vraag 1 gestoor.

 Twee tekslêers Verskaffers.txt en Voorraad.txt word verskaf ingeval jy nie die
 databasis kan gebruik nie.        Gebruik die tekslêers om jou eie databasis
 Snoepie.mdb te skep met ŉ Verskaffers-tabel en ŉ Voorraad-tabel. Verander
 die datatipes volgens die spesifikasies wat hieronder gegee word. Skep ŉ een-tot-
 een-relasie tussen die Verskaffers-tabel en die Voorraad-tabel.

 Die Verskaffers-tabel bevat inligting oor die verskillende verskaffers. Die tabel het
 die volgende velde:

 Die onderstaande tabel is ŉ voorbeeld van die data in die Verskaffers-tabel in die
 Snoepie.mdb databasis.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (NOVEMBER 2012)

Die Voorraad-tabel bevat inligting oor die verskillende voorraad wat verkoop of in
die snoepie gebruik word. Die tabel het die volgende velde:

Die onderstaande tabel is ŉ voorbeeld van die data in die Voorraad-tabel in die
Snoepie.mdb databasis.

Jy is ook voorsien van ŉ onvolledige Delphi-program met die naam Vraag1_PX in
die lêergids Vraag 1. Maak die onvolledige program oop.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

        Die program moet in staat wees om met die databasis genoem
         Snoepie.mdb te verbind.
        Wanneer jy VRAAG 1.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
         gebruik die volgende stappe om verbinding met die databasis te laat
         plaasvind:
               Kliek op die ADOQuery-komponent genoem qryTuckshop.
              Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘Connection
               String’-eienskap in die ‘Object Inspector’.
              Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-
               dialoogblokkie neem.
              Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
              Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die
               Snoepie.mdb-lêer te vind.
              Verwyder die gebruikersnaam Admin.
              Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
              Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.

 NOTA: As jy glad nie konnektiwiteit met die databasis kan bewerkstellig wanneer
       jy die program uitvoer nie, moet jy nogtans die SQL-kode doen en dit
       inhandig om nagesien te word.

 Punte sal slegs toegeken word vir die kode wat die SQL-stellings in die
 Vraag1_UX eenheid bevat asook kode wat van die ‘inputbox’ gebruik maak.

 1.1       Voltooi die kode in die Alle Verskaffers-knoppie deur ŉ SQL-stelling te
           formuleer wat al die besonderhede wat in die Verskaffers gestoor is, sal
           vertoon. Vertoon die afvoer volgens die Verskaffer.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (3)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (NOVEMBER 2012)

1.2   Voltooi die kode vir die Lekkers-knoppie deur ŉ SQL-stelling te formuleer
      om die beskrywing en eenheidprys van al die lekkers (‘sweets’) wat in die
      snoepie verkoop word, te vertoon.

      Voorbeeld van afvoer van die eerste paar rekords:

                                                                                       (3)

1.3   Voltooi die kode vir die Skyfies van Way 2 Go-knoppie deur ŉ SQL-stelling
      te formuleer om al die verskillende skyfies (‘chips’) te vertoon wat deur die
      verskaffer ‘Way 2 Go’ voorsien word.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (4)

1.4   Voltooi die kode vir die Verskaffer?-knoppie deur ŉ SQL-stelling te
      formuleer wat al die inligting sal vertoon van die verskaffer soos deur die
      gebruiker ingelees word. Maak gebruik van ŉ ‘InputBox’-komponent om die
      VerskafferNo in te voer.

      Voorbeeld van afvoer as die VerskafferNo SIMBA is:

                                                                                       (4)

1.5   Voltooi die kode vir die Drinkgoed-knoppie deur ŉ SQL-stelling te formuleer
      wat die Verskaffer, Beskrywing en Eenheidsprys sal vertoon van al die
      drinkgroed wat die woorde ‘drink/water/juice’ bevat.
      LW: Die tabelle sal met ŉ geskikte ‘where’-klousule verbind moet word om
           dit te kan doen.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (7)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 1.6     Voltooi die kode in die Lekkergoed Verskeidenheid-knoppie deur ŉ SQL-
         stelling te formuleer wat sal bepaal hoeveel verskillende tipes lekkers
         (‘sweets’) in die snoepie verkoop word. Vertoon met ŉ geskikte opskrif.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (4)

 1.7     Voltooi die kode in die BTW-knoppie deur ŉ SQL-stelling te formuleer, wat
         die BTW (14%) sal bereken wat op die eenheidsprys betaal moet word.
         Vertoon die Voorraadid, tipe, beskrywing, eenheidsprys en die berekende
         veld BTW.

         Voorbeeld van afvoer van die eerste paar rekords:

                                                                                       (6)

 1.8     Voltooi die kode in die Nuwe Verskaffer-knoppie deur ŉ SQL-stelling te
         formuleer wat ŉ nuwe verskaffer sal byvoeg. Vertoon al die inligting in die
         Verskaffer tabel nadat die verandering gemaak is.
         Nuwe Verskaffer se inligting:
         VerskafferNo: RJSALE
         Verskaffer: RJ SALES
         Adres: 21 Union Ave
         KontakNo: 0437211895                                                          (5)

      Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die leer met die
       naam Vraag1_UX.pas wat die SQL-stellings bevat.
      Stoor die eenheid (‘unit’) Vraag1_UX en die projek Vraag1_PX (File|Save All).
      ŉ Drukstuk van die kode van die Vraag1_UX.pas-lêer sal vereis word.             [36]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2       DELPHI PROGRAMMERING

Die Graad 11-komiteelede is verantwoordelik om pouses in die snoepie te help met die
verkope. Hulle word op ŉ weeklikse basis geroteer. In die program moet jy die lede
verdeel vir hulle snoepiediens asook belangrike berekeninge doen met betrekking tot die
voorraad in die snoepie. Die voorraad se inligting is in ŉ tekslêer gestoor en die
komiteelede se name kan in arrLeerders gevind word. Die kode om die inligting uit die
tekslêer te verkry is reeds geskryf en inligting is in die skikking (array) arrItems gestoor.
Moenie die kode verander of verwyder nie.

arrItems se inhoud lyk soos volg: Naam van Item,Eenhede,Eenheidsprys

2.1   Skryf ŉ prosedure Items wat die inhoud van arrItems skei sodat die Naam
      van die Item in arrItem gestoor word, eenhede in arrEenheid en die Prys per
      Item in arrPrys.                                                                     (10)

2.2   Skryf kode vir die Bereken Kostes-knoppie wat die prosedure Items sal
      roep. Dit moet ook unieke hoeveelhede genereer (tussen 1 en 20), die
      bedrag sonder BTW bereken, die bedrag insluitend BTW (14%) asook die
      verkoopsprys per item. Die wins moet ook bereken word as al die
      voorraad verkoop word.

      Vertoon die inligting en bedrae (afgerond na twee desimale plekke) in
      kolomme in die ‘richedit’-komponent.

                                                                                           (17)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               9

 2.3    Skryf kode vir die Snoepiediens-knoppie wat die komiteelede se name in
        alfabetiese volgorde sal sorteer. Die gesorteerde name moet dan in groepe
        van vyf gegroepeer word om oor ŉ tydperk van vier weke te werk.

                                                                                     (13)

      Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer met die
       naam Vraag2_UX.pas.
      Stoor die eenhede (‘unit’) Vraag2_UX en die projek Vraag2_PX (File|Save All).
      ŉ Drukstuk van die kode van die Vraag2_UX.pas-lêer sal vereis word.           [40]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (NOVEMBER 2012)

VRAAG 3      DELPHI PROGRAMMERING

Die Onderwysdepartement vereis inligting van die Graad Elf leerders om die
registrasieproses te begin in voorbereiding van die Graad Twaalf eindeksamen.
Die leerders moet hulle identiteitsnommers inhandig; baie keer word daar foute
gemaak en hierdie program kan die probleme oplos.

3.1 3.1.1    Skryf ŉ funksie LengteID wat die ID-nommer ontvang as ŉ parameter
             en ŉ ‘boolean’-waarde terugstuur wat aandui of die ID-nommer die
             korrekte lengte is. Alle Suid-Afrikaanse identiteitsnommers moet uit
             13 karakters bestaan.                                                     (4)

     3.1.2   Skryf ŉ prosedure Geboortedatum wat die ID-nommer ontvang as ŉ
             parameter en die geboortedatum, in die YYYY/MM/DD-formaat sal
             terugstuur. Die eerste ses karakters van ŉ identiteitsnommer verwys
             na YYMMDD.                                                                (8)

     3.1.3   Skryf ŉ funksie Geslag wat die ID-nommer ontvang as ŉ parameter
             en dan die waarde M of F terugstuur. Die sewende karakter van ŉ
             identiteitsnommer verwys na die geslag. As die syfer kleiner as 5 is
             (0 tot 4) dan is die persoon vroulik en as die syfer tussen 5 en 9
             (insluitend) is dan is die persoon manlik.                                (5)

     3.1.4   Skryf ŉ funksie geldig wat die ID-nommer ontvang as ŉ parameter en ŉ
             ‘boolean’-waarde terugstuur. ŉ ID-nommer word soos volg getoets:
             ID-nommer 8001015009087 as ŉ voorbeeld:
                Tel al die karakters in die onewe posisies bymekaar (behalwe die
                  laaste karakter)
               8 + 0 + 0 + 5 + 0 + 0 = 13
                Die karakters in die ewe posisies moet met 2 vermenigvuldig word
               011098 * 2 = 22196
                Tel al die karakters bymekaar nadat dit vermenigvuldig is
               2 + 2 + 1 + 9 + 6 = 20
                Tel die antwoorde van stap 1 en stap 2 bymekaar
               13 + 20 = 33
                Trek die tweede karakter af van 10
               10 – 3 = 7
                As die antwoord dieselfde is as die laaste karakter van die ID-
                  nommer dan is die ID-nommer geldig, anders is dit verkeerd.
                  7 = 7  ID-NOMMER IS GELDIG
                Afvoervoorbeeld op volgende bladsy.                              (5)

3.2 Skryf kode vir die Lees Identiteitsnommer In ‘EventHandler’ wat die
    gebruiker vra om ŉ ID-nommer in te lees deur middel van ŉ ‘InputBox’
    komponent. As die ID-nommer nie uit 13 karakters bestaan nie, moet ŉ
    boodskap vertoon word en die gebruiker moet weer gevra word om ŉ ID-
    nommer in te lees totdat dit uit 13 karakters bestaan.
    Die ID-nommer moet dan getoets word en as dit geldig is, moet ŉ boodskap
    in die ‘richedit’-komponent vertoon word. Die geboortedatum asook die
    geslag moet bepaal word en ook in die ‘richedit’-komponent vertoon word. As
    die ID-nommer verkeerd is, moet ŉ boodskap in die ‘richedit’-komponent
    vertoon word.                                                                     (14)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  11

       Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer met die
        naam Vraag3_UX.pas.
       Sav Stoor die eenheid (‘unit’) Vraag3_UX en die projek Vraag3_PX
        (File|Save All ll).
       ŉ Drukstuk van die kode van die Vraag3_UX.pas-lêer sal vereis word.            [44]

 Voorbeeld:

 VERKEERDE HOEVEELHEID KARAKTERS:

 KORREKTE ID-NOMMER:

 FOUTIEWE ID-NOMMER:

                                                                         TOTAAL:       120

## Related documents

- [INFT P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/inft-p1-n12-qp-eng/50a2d39e-c68f-41a6-87e4-c698d49db536) — Information Technology · QP · 2012 · Eng
- [INFT P1 N12 MEMO A+E](https://www.hlayiso.com/library/inft-p1-n12-memo-a-e-1/b01ed5f1-5f75-4fc7-b2fd-4e612399ea0a) — Information Technology · Memo · 2012
- [INFT P1 N12 MEMO A+E](https://www.hlayiso.com/library/inft-p1-n12-memo-a-e/027690aa-2f07-4c32-ab9f-7bfff4027f61) — Information Technology · Memo · 2012
- [IT V2 GR11NOV-QP-Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-v2-gr11nov-qp-afr/8de5bba5-bde4-4a5a-ac6f-991500ee3f55) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [RTT-V1-AFR-NOV 2012](https://www.hlayiso.com/library/rtt-v1-afr-nov-2012/26d8beae-f7b9-470e-af8f-be3b6be5dfc1) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [IT P2 GR11 NOV2012-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-nov2012-qp-eng/a90ca276-294f-4a93-b88c-1b0bfe44e430) — Information Technology · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
