# Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-qp-afr/d4755231-d447-4cf8-9d22-3e718148fe11
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-qp-afr/d4755231-d447-4cf8-9d22-3e718148fe11)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                     NOVEMBER 2013

          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE EN PAS DIE KOLOMME BYMEKAAR

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
 die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.21 C.

 1.1    Die volgende is topologieë wat vandag in netwerke gebruik word:

        A     Ring
        B     Ster
        C     Bus
        D     Al bogenoemde                                                         (1)

 1.2    Veseloptiese kabel gebruik ... om seine te stuur.

        A     koper
        B     glas
        C     aluminium
        D     Geeneen van bogenoemde                                                (1)

 1.3    ŉ Interne bus:

        A     Koppel drukkers aan alleenstaande PC’s
        B     Kom in verskillende tipes, soos data, instruksie en adres
        C     Stoor die resultate van berekeninge wat in die SVE plaasvind
        D     Kommunikeer sleuteldrukke met die CMOS                                (1)

 1.4    Watter is NIE ŉ deel van die rekenaar wat opgegradeer kan word NIE?

        A     SVE
        B     RAM
        C     Moederbord
        D     Kasgeheue                                                             (1)

 1.5    Wat is NIE ŉ voorbeeld van ŉ verwerkingstipe nie?

        A     Multithreading
        B     Multitaakverwerking
        C     MultiRAM
        D     Multiverwerking                                                       (1)

 1.6    Watter van die volgende stellings is waar?

        A     123.0.1.260 is ŉ geldige IP-adres
        B     ŉ IP-adres word gebruik om die grootte van ŉ IP-pakkie aan te dui
        C     www.blog.co.nl is ŉ voorbeeld van ŉ webtuiste in Suid-Afrika
        D     192.168.3.220 is ŉ geldige IP-adres                                   (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (NOVEMBER 2013)

1.7   ŉ UPS...
      A    word gebruik om beperkte alternatiewe krag in die geval van ŉ
           kragonderbreking te voorsien.
      B    staan vir Universal Power Supply.
      C    is ŉ tipe konnekteerder wat vir sleutelborde gebruik word.
      D    word gebruik om twee netwerke te koppel.                                          (1)
1.8   Wat vorm deel van die GUI-koppelvlak?
      A    System tray, Werkoppervlak (Desktop) en Beheerpaneel (Control Panel)
      B    Beheerpaneel (Control Panel), Start-knoppie en Kortpaaie (Shortcuts)
      C    Drukkers, Beheerpaneel (Control Panel) en System Tray
      D    Kortpaaie (Shortcuts), Ikone en die Werkoppervlak (Desktop)                       (1)

1.9   DIMM is ŉ akroniem vir...

      A    Double Inline Memory Module.
      B    Dual Inline Memory Module.
      C    Dual Inline Memory Map.
      D    Double Iteration Memory Module.                                                   (1)

1.10 In watter EEN van die volgende gevalle kan die mens suksesvol deur ŉ
     rekenaar vervang word?

      A    ŉ Argitek wat ŉ gebou ontwerp
      B    ŉ Persoon wat kaartjies by ŉ parkeerarea uitdeel
      C    Die bestuurder van ŉ multi-nasionale maatskappy
      D    ŉ Modeontwerper wat ŉ nuwe kledingstuk ontwerp                                    (1)
1.11 Pas KOLOM A met die korrekte antwoord in KOLOM B. Skryf slegs die
     vraagnommer (1.11.1–1.11.10) en die ooreenstemmende letter (A–L) in
     KOLOM B in jou antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.11.11 M.
             KOLOM A                                KOLOM B
      1.11.1   SMTP               A   Skype
      1.11.2   AI                 B   Sentrale Verwerkingseenheid
      1.11.3   Eweknie            C   Oordrag van lêers oor die Internet
      1.11.4   Sosiale            D   Tegniek wat gebruik word om die
               netwerke               hoeveelheid toevoerfoute te verminder
      1.11.5   Data               E   Protokol verantwoordelik vir die stuur van
               validasie              pos
      1.11.6   Cookies            F   Tekslêer wat op jou rekenaar gestoor word
                                      deur ŉ webtuiste
      1.11.7     VoIP             G   Tipe RAM
      1.11.8     CPU              H   Die studie van toestelle wat menslike
                                      intelligensie naboots
      1.11.9     FTP              I   Virtuele gemeenskap wat via die Internet
                                      kommunikeer en interaksie het
      1.11.10    Symbian          J   Anti-virus programmatuur
                                  K   Gebruik en voorsien netwerkhulpbronne
                                  L   Mobiele bedryfstelsel
                                                                            (10 x 1)    (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:                 20

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   5

 SCENARIO
 Jy is die posisie as IKT-bestuurder van ŉ nuwe winkelsentrum aangebied. Geen
 IKT-infrastruktuur is egter in plek nie. Jou taak is om met die implementering van
 IKT in die winkelsentrum te help.

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIE

 VRAAG 2

 Gedurende die verloop van jou werk, vergader jy met argitekte, elektrisiëns,
 winkeleienaars en baie ander mense wat by die winkelsentrum betrokke is. By
 een vergadering raai jy die winkeleienaars aan om die rekenaars wat hul besit, op
 te gradeer.

 Jy vertel hulle: “Opgradering, as gevolg van die PC se modulêre ontwerp sal nie
 so duur wees nie.”

 2.1    Verduidelik wat modulêre ontwerp beteken.                                       (2)

 2.2    Jy verduidelik dat die winkels moderne toevoertoestelle moet gebruik ten
        einde te reflekteer dat die winkelsentrum deftig is. Wat is ŉ toevoertoestel?
        Gee TWEE voorbeelde.                                                            (3)

 2.3    Primêre geheue word meer gereeld opgradeer. Noem DRIE verskille
        tussen SRAM en DRAM.                                                            (3)

 2.4    Behalwe vir RAM, noem DRIE ander komponente wat BINNE die
        rekenaarkas opgradeer kan word.                                                 (3)

 2.5    Iemand begin oor kasgeheue praat. Beskryf wat kasgeheue in terme van
        die SVE is.                                                                     (4)

 2.6    Waar kan mens nog van kasberging gebruik maak? Noem TWEE areas.                 (2)

 2.7    Rekenaars ondersteun gewoonlik inprop-en-speel (plug and play) wat dit
        nog makliker maak om op te gradeer. Verduidelik die term inprop-en-speel
        (plug and play).                                                                (3)

 2.8    ŉ Moederbord het twee bustipes, naamlik die Stelselbus (of interne/front-
        side-bus) en ŉ Eksterne bus. Beskryf die Stelselbus volledig en verduidelik
        waarom dit in moederbordspesifikasies genoem word.                              (4)

 Dit kan gebeur dat die rekenaar nie die nuwe toestel of adapter card wat gekoppel
 is, herken nie, omdat die drywer nie gevind kan word nie.

 2.9    Wat is ŉ drywer?                                                                (2)

 2.10 Hoe kan hierdie probleem opgelos word?                                            (2)

                                                            TOTAAL AFDELING B:          28

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (NOVEMBER 2013)

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIEË EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

By ŉ vergadering saam met die belanghebbendes van die winkelsentrum, begin jy
besprekings om die hele winkelsentrum aan ŉ netwerk te koppel. Een persoon
wat niks van netwerke weet nie, begin vrae vra.

3.1   Sy vra: “Waarom moet die hele winkelsentrum aan ŉ netwerk moet
      gekoppel word?” Verduidelik aan haar VYF hoofvoordele om ŉ netwerk te
      gebruik.                                                                         (5)

Die vergadering begin redeneer dat dit duur gaan wees om al die hardeware wat
nodig is vir die implementering van ŉ netwerk in die winkelsentrum in te sluit.

3.2   Verduidelik wat vir elke rekenaar nodig is om aan ŉ netwerk gekoppel te
      word.                                                                            (4)

Een van die lede noem dat hy gehoor het dat buitestaanders hul netwerkverkeer
afluister wanneer hulle UTP-kabels gebruik.

3.3   Lys die tekortkominge van UTP-kabels.                                            (4)

Een van die geboue is ver vanaf die ander in die winkelsentrum. Die eienaar van
hierdie winkel is bekommerd oor konnektiwiteit.

3.4   Die gebou is 150 m van die winkelsentrum af. Noem TWEE
      konneksiesmetodes wat gebruik kan word om die gebou aan die res van die
      netwerk te koppel.                                                               (2)

3.5   Indien spoed ŉ faktor in bogenoemde vraag sou wees, watter EEN van die
      konneksiemetodes sal jy aanbeveel? Motiveer jou antwoord.                        (2)

3.6   Die winkelsentrum dek ŉ area van 200 m by 350 m, alles in EEN straatblok.
      As watter tipe netwerk word hierdie beskou? LAN of WAN?                          (1)

ŉ Baie prominente winkeleienaar vra oor die sekuriteit van die netwerk. Jy stel
aan die vergadering voor om ŉ kliënt-bediener model in gebruik te neem.

3.7   Noem die ander model wat gebruik kan word as die netwerk klein was.              (1)

3.8   Gebruik ŉ tabel om SES aspekte van hierdie twee modelle te vergelyk.             (6)

                                                         TOTAAL AFDELING C:            25

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               7

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1   Die volgende punt van bespreking in die vergadering is oor hoe die
       algemene databestuur van die winkelsentrum gaan lyk. Dit sal die
       huurbestuur, huurheffings, huurders, ens., alles insluit.

       4.1.1      Beskryf die verskil tussen data en inligting.                        (2)

       Daar is besprekings oor watter DBMS om te gebruik.

       4.1.2      Waarvoor staan DBMS?                                                 (1)

       4.1.3      Noem VIER DBMS-pakkette.                                             (4)

 4.2   Jy begin nou ŉ bespreking oor datasekuriteit. Jy bespreek kwaadwillige
       bedreigings, sowel as rugsteun-strategieë. Gee omvattende definisies van
       die volgende:

       4.2.1      Rekenaarvirus                                                        (3)

       4.2.2      Gemorspos (Spam)                                                     (1)

       4.2.3      Spyware                                                              (3)

       4.2.4      Strikroof (Phishing)                                                 (3)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:   17

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (NOVEMBER 2013)

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

Jy en jou span ontwerp programmatuur vir die winkelsentrum. Jy gebruik ŉ
programmeringstaal wat OOP ondersteun en ŉ databasis kan insluit.

5.1   Die databasis bevat ŉ aantal kenmerke soos tabelle, navrae, vorms en
      verslae. Jou sekretaresse het die taak ontvang om ŉ databasis van die
      winkeleienaars in die winkelsentrum op te stel. Die hooftabel, genoem
      tblWINKELEIENAARS in die databasis, moet die belangrike inligting oor
      die winkeleienaars bevat.

      5.1.1    Gee DRIE moontlike velde wat in hierdie tabel gebruik kan word,
               asook hul datatipes en veldgroottes waar nodig.                          (3)

      5.1.2    Toe jy die tabel tblWINKELEIENAARS skep, het die
               toepassingsprogram voorgestel dat jy ŉ primêre sleutel moet skep
               of dit toelaat om een te skep. Wat is die doel van ŉ primêre
               sleutel?                                                                 (2)

      5.1.3    Gee ŉ gepaste veld wat ŉ primêre sleutel kan wees. Regverdig
               jou antwoord.                                                            (2)

5.2   ŉ Winkeleienaar vra jou om programmatuur vir sy gimnasium in die
      winkelsentrum te skryf. Die programmatuur het ŉ databasis in die
      agtergrond. Die programmatuur moet die name van die gimnasiumlede
      vanaf die databasistabel in ŉ skikking inlees en ŉ funksie gebruik om ŉ lid
      lukraak te kies wat dan ŉ prys sal kry.

      5.2.1    Skryf ŉ algoritme neer wat hierdie taak sal kan verrig.                  (8)

      Die databasis se naam is WINKELSENTRUM_GIM terwyl die tabel in die
      databasis se naam LEDE is. Jy is gevra om ŉ paar SQL-kodes te skryf wat
      sommige inligting vanuit die databasis onttrek.

      5.2.2    Skryf SQL-kode om al die velde uit die tabel te vertoon, gesorteer
               in alfabetiese volgorde volgens die VAN-veld.                            (3)

      5.2.3    Skryf SQL-kode om die VAN, NAAM, ID_NO, LID_NO en
               VOLLEDIG_BETAAL velde van al die lede wat volledig betaal het,
               te vertoon, gesorteer volgens die LID_NO veld.                           (5)

5.3   Waarvoor staan OOP?                                                               (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              9

 5.4   ŉ Programmeerder probeer om die volgende afdeling van ŉ algoritme te
       implementeer:

       1 tel ← 0
       2 nom1 ← 1
       3 toevoer nom2
       4 totaal ← nom1 + nom2
       5 while tel < totaal
       6   res ← totaal/tel
       7   afvoer res
       8   tel ← tel + 1
       9 eindigwhile

       Wanneer hierdie algoritme gekodeer en uitgevoer word, kom ŉ kritieke fout
       voor.

       5.4.1      Dui aan wat die fout sal wees asook die nommer(s) van die reëls
                  waar die fout voorkom.                                            (2)

       5.4.2      Hoe sal hierdie fout reggestel kan word?                          (1)

                                                             TOTAAL AFDELING E:     27

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (NOVEMBER 2013)

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Al die winkels is nou in ŉ LAN verbind. Die eienaars is baie opgewonde oor die
nuwe verbinding en vind ŉ klomp innoverende maniere om hierdie tegnologie te
gebruik om hul omset te verbeter en beter wins te maak.

6.1   Daar is ŉ groot debat in die IT-werkswinkel aan die gang. Een van die
      junior tegnikusse, wat pas uit die skool is, begin vrae vra.

      6.1.1    Hy het gehoor van multitaakverwerking en vra wat dit is. Beskryf
               in jou eie woorde wat jy van die term multitaakverwerking verstaan.       (3)

      6.1.2    Verduidelik hoe multithreading werk en gee ŉ voorbeeld daarvan.           (4)

6.2   Terwyl een van jou junior tegnikusse besig is om die dokumentasie van ŉ
      hardeware komponent wat hy besig is om in ŉ nuwe rekenaar te installeer,
      lees, praat die dokument van IRQ’s.

      6.2.1    Waarvoor staan IRQ?                                                       (1)

      6.2.2    Hoe werk ŉ IRQ?                                                           (3)

6.3   Jy het gelees dat RAM sy inhoud verloor wanneer die krag af is en dat ROM
      nie sy inhoud verloor nie.

      Met dit in gedagte, verduidelik breedvoerig hoe dit moontlik is vir ŉ rekenaar
      om te laai? (boot)                                                                 (5)

6.4   ŉ Rekenaar wat pas opgestel is vir ŉ argitek, besit 4GB RAM. Die argitek
      hardloop AutoCAD, Photoshop en MS Office. Wanneer al hierdie
      programme in die RAM gelaai is, neem dit 8.7GB se spasie in beslag!

      6.4.1    Met hierdie inligting en deur na virtuele geheue te verwys,
               verduidelik hoe dit kan werk.                                             (4)

      6.4.2    Wat is thrashing en hoe kan dit gekorrigeer word?                         (4)

6.5   Die winkeleienaars maak goed gebruik van die Internet en al die dienste wat
      dit bied. Virusse is altyd ŉ probleem.

      6.5.1    Lys DRIE maniere hoe ŉ gebruiker se aksies kan lei tot ŉ virus wat
               via die netwerk op die gebruiker se rekenaarsisteem kom.                  (3)

      6.5.2    Wat is ŉ anti-virus opdatering (update) en waarom moet dit
               uitgevoer word?                                                           (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               11

 6.6   Een winkeleienaar vra jou om MS Office op haar rekenaar vanaf ŉ
       gekopieerde skyf te installeer. Jy sê vir haar dat dit teen die wet is omdat
       MS Office eiendomsregtelike programmatuur (proprietary software) is.

       6.6.1      As wat staan die kopiëring van eiendomsregtelike programmatuur
                  bekend?                                                             (1)

       6.6.2      Verduidelik wat eiendomsregtelike programmatuur beteken.            (2)

       6.6.3      Daar is gratis programmatuur beskikbaar. Gee ŉ voorbeeld van ŉ
                  gratis bedryfstelsel.                                               (1)

                                                             TOTAAL AFDELING F:        33
                                                                 GROOTTOTAAL:         150

## Related documents

- [INFT-P2 GR11 NOV13 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-qp-eng/79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [INFT-P2 GR11 NOV13 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-memo-afr/39c6924d-e4a6-4dd6-a725-a88b53a4dcd8) — Information Technology · Memo · 2013 · Afr
- [INFT-P2 GR11 NOV13 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-memo-eng/7ba8aeb4-7a2e-4653-bbfb-c163593d67d6) — Information Technology · Memo · 2013 · Eng
- [IT P1 GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2013-qp-eng/541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [IT PAPER 1 GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-paper-1-gr11-nov2013-qp-afr/b52b8a79-6a41-4d13-80fa-cb639f81951c) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov2020-afr-d/4c2ae40a-2d69-4f5a-bb35-23756c348dca) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
