# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-s12-qp-afr/6a780d09-1bef-4b1f-a2d6-fce5e3c286c3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-s12-qp-afr/6a780d09-1bef-4b1f-a2d6-fce5e3c286c3)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2012

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                               *INFDM2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       3

 AFDELING A:       MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
 (1.1 – 1.10) in die antwoordeboek neer.

 1.1    USB en Firewire het heelwat voordele. Watter van die volgende is NIE ŉ
        voordeel van hierdie konneksie-tipes nie?

        A     USB en Firewire is vinnig.
        B     Daar is vandag USB-ondersteuning vir baie toestelle.
        C     USB-toestelle neig om duurder as ander toestelle te wees.
        D     USB- en Firewire-toestelle is draagbaar                                 (1)

 1.2    Watter een van die volgende stellings is verkeerd?

        Om Plug and Play moontlik te maak, moet die ...

        A     BIOS Plug and Play ondersteun.
        B     SVE (CPU) Plug and Play ondersteun.
        C     bedryfstelsel Plug and Play ondersteun.
        D     toestel wat geïnstalleer word, Plug and Play ondersteun.                (1)

 1.3    Om ŉ toestel aan ŉ rekenaar te koppel, sonder om die rekenaar eers af te
        skakel, staan bekend as ...

        A     modulêre ontwerp.
        B     GUI.
        C     plug and play.
        D     hot plugging.                                                           (1)

 1.4    Om een fisiese skyf in meer as een virtuele skyf te deel, staan bekend as …

        A     partisie.
        B     booting.
        C     formatering.
        D     slack.                                                                  (1)

 1.5    Wat is NIE ŉ eienskap van ŉ lêer nie?

        A     Die grootte van die lêer
        B     Kluster van die lêer
        C     Die datum waarop die lêer geskep is
        D     Die lêer-tipe                                                           (1)

 1.6    Watter een is NIE ŉ vereiste vir ŉ netwerk nie?

        A     Netwerkkaart
        B     Switch
        C     USB hub
        D     NBS (NOS)                                                               (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (SEPTEMBER 2012)

1.7    Watter een is NIE ŉ geldige SQL-stelling nie?

       A    SELECT * FROM CD_Table ORDER BY genre
       B    SELECT * FROM CD_Table WHERE Genre = Jazz
       C    SELECT CD_Naam, Kunstenaar FROM CD_Table WHERE Prys >
            100 AND Prys < 150
       D    SELECT CD_Naam, Kunstenaar, Genre WHERE Genre IN (“Jazz”,
            “Pop”, “Reggae”)                                                        (1)

1.8    Wat is die korrekte volgorde van ŉ masjiensiklus?

       A    Haal, oordrag, dekodeer, uitvoer
       B    Dekodeer, haal, oordrag, uitvoer
       C    Haal, dekodeer, oordrag, uitvoer
       D    Oordrag, dekodeer, haal, uitvoer                                        (1)

1.9    Watter een pas nie?

       A    Firewall
       B    Spyware
       C    Virus
       D    Wurm                                                                    (1)

1.10   Wat is die beste vorm van beskerming teen Internetgevare?

       A    Maak bankwebtuistes oop deur ŉ skakel in ŉ e-pos
       B    Maak aanhegsels oop van onbekende bronne
       C    Laai twee antiviruspakkette
       D    Gebruik gesonde verstand                                                (1)

Skryf die letter neer van die item in KOLOM B wat die beste pas by die term in
KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer en die ooreenstemmende letter in
KOLOM B in jou antwoordeboek.

               KOLOM A                                     KOLOM B
1.11   Hierdie plaat huisves die SVE     A     Object Oriented Processing
1.12   Netwerke                          B     IRC
1.13   Ethernet                          C     Hoë spoed, hoë bandwydte
                                               konneksie tot die Internet
1.14   OOP                               D     For-lus
1.15   Sosiale netwerking                E     Skyf gebaseerd
1.16   Protokol                          F     Deel van hardeware
1.17   Virtuele geheue                   G     Moederbord
1.18   Breëband                          H     Geloofwaardigheid, gelykheid,
                                               verifikasie
1.19   Herhaling van ŉ bekende aantal     I    Reëls om dataoordrag te bepaal
       rekords
1.20   Vertrou data                      J     Object Oriented Programming
                                         K     Repeat-Until lus
                                         L     802.3                               (10)

                                                           TOTAAL AFDELING A:       20

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   5

 SCENARIO

 Jy het onlangs matriek klaargemaak en jy wil ondervinding opdoen in die IT-
 wêreld. ŉ Vriend se pa besit ŉ IT-besigheid. Jy nader Mnr Bug en vra of hy jou
 sal aanstel. Hy stem in en sit jou in ŉ span saam met een van sy ervare
 tegnikusse.

 AFDELING B:        APPARATUUR EN PROGRAMMATUUR

 VRAAG 2

 Jy word gevra om spesifikasies aan ŉ besigheid, wat beplan om ŉ Internet-kafee
 en ŉ rekenaarspeletjieskamer (gaming lounge) te begin, te verskaf. Die
 bestuurder benodig ook ŉ rekenaar om die besigheid mee te bestuur. Jy verskaf
 die volgende spesifikasies in ŉ kwotasie.

 Rekenaar 1                   Rekenaar 2                 Rekenaar 3 („Laptop‟)
 TForce 6100-939 socket       TForce 6000-775 socket     15.4” XGA-monitor
 939 moederbord               775 moederbord             640GB HDD
 667MHz FSB                   667MHz FSB                 2GB RAM
 Intel i7 Quad core           Intel dual core 3.60GHz    Intel core i5 T3400
 Verwerker 2.90GHz            Verwerker                  2.60GHz CPU
 Nvidia GeForce GTX           1GB PCI-x grafika          CD/DVD writer
 570 512MB PCI VGA-           1TB HDD                    Webkamera
 kaart                        Vista Home Edition         802.11 wireless
 620GB HDD                    CD/DVD rewriter            Vista Home Premium
 Vista Ultimate               2GB RAM                    10/100 Ethernetpoort
 CD/DVD rewriter              Ergonomies ontwerpte
 4GB RAM                      sleutelbord en muis
 Ergonomies ontwerpte         10/100 Ethernetpoort
 sleutelbord en muis          17” LCD-monitor
 10/100 Ethernetpoort
 21” LCD-monitor

 R15 999                      R6 999                     R7 500

 2.1    Bestudeer die bostaande rekenaarspesifikasies en beantwoord die vrae
        wat volg:

        2.1.1      Watter van die bogenoemde desktop-rekenaars sal jy vir die
                   rekenaarspeletjieskamer aanbeveel? Lys DRIE redes vir jou
                   antwoord.                                                       (4)

        2.1.2      Watter rekenaar sal gepas wees vir die Internetkafee? Gee EEN
                   rede vir jou keuse.                                             (2)

        2.1.3      Gee VYF vrae wat jy aan ŉ persoon wat ŉ rekenaarsisteem wil
                   koop moet vra. Hierdie vrae moet jou help om ŉ sisteem aan te
                   beveel.                                                         (5)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (SEPTEMBER 2012)

Die eienaar van die Internetkafee is nie baie kundig op die gebied van rekenaars
nie, maar hy het ŉ paar spesifieke vereistes. Een van sy vereistes is dat die
hoofrekenaar wat al die rekeninge moet hanteer, baie betroubaar moet wees
met goeie werksverrigting. Die tegnikus saam met wie jy werk stel die gebruik
van RAID-tegnologie voor.

2.2   2.2.1    Watter TWEE hardeware komponente van ŉ rekenaar vorm ŉ
               RAID-sisteem?                                                        (2)

      2.2.2    Vlak 1 RAID word gebruik vir situasies waar databeskikbaarheid
               kritiek is. Benoem hierdie RAID-konfigurasie en, deur gebruik te
               maak van ŉ diagram, verduidelik hoe dit werk. Dui aan of dit ŉ
               hoë, medium of lae fouttoleransie het.                               (6)

      2.2.3    Wat is die TWEE hoof doelwitte vir die ontwerp van RAID-
               tegnologie?                                                          (2)

      2.2.4    Wat word RAID 5 genoem?                                              (1)

Jy het geleer dat die moederbord en SVE (CPU) ŉ baie belangrike rol speel om
die werksverrigting van ŉ rekenaar te bepaal. Jy verstaan egter nie regtig die
betekenisvolle waarde daarvan nie, so jy het ŉ paar navrae oor die kwotasie.

2.3   2.3.1    Waarvoor staan FSB?                                                  (1)

      2.3.2    Wat is die rede waarom hierdie waarde gekwoteer word?                (1)

      2.3.3    In terme van die verbetering van die werksverrigting van die
               SVE, beskryf hoe die vermeerdering van die registergrootte sal
               help.                                                                (3)

      2.3.4    Noem en beskryf DRIE maniere vir verbetering van die SVE se
               werksverrigting, uitsluitend die beskrywing van registergrootte.     (6)

Deur jou advies te volg, besluit hulle om deurgaans 21” LCD-monitors te koop.

2.4   2.4.1    Wat beteken 21”?                                                     (1)

      2.4.2    Gee TWEE redes waarom hierdie skerms voordeliger is as die
               ouer CRT-skerms.                                                     (2)

ŉ Netwerkbediener moet geïnstalleer word.

2.5   2.5.1    Watter netwerktopologie sal jy aanbeveel en gee ŉ rede vir jou
               keuse.                                                               (2)

      2.5.2    Teken ŉ benoemde skets van hierdie topologie.                        (3)

      2.5.3    Watter tipe kabel sal jy vir hierdie netwerk gebruik?                (1)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                          7

 Die tegnikus nooi jou uit om saam met hom en die eienaar van die Internetkafee
 en rekenaarspeletjieskamer te ontmoet om die Internetkonnektiwiteit te
 bespreek. Jy sê vir die eienaar van die Internetkafee dat hy addisionele
 hardeware benodig om dit vir hom moontlik te maak om aan die IDV (ISP) te
 konnekteer. Hierdie hardeware, soos jy verduidelik, is ŉ roeteerder (router).

 2.6    2.6.1      Waarvoor staan IDV (ISP)?                                               (1)

        2.6.2      Beskryf die funksie van ŉ roeteerder.                                   (3)

 Die oplossing vereis dat twee geboue, wat 150 m van mekaar af is, met mekaar
 gekoppel moet word.

 2.7    2.7.1      Watter tipe kabel sal jy voorstel?

                   Gee ŉ rede vir jou keuse.                                               (2)

        2.7.2      Gee DRIE voordele vir jou voorgestelde oplossing oor ŉ
                   koordlose (wireless) netwerk.                                           (3)

 Om ŉ hoëspoed netwerk vir die rekenaarspeletjieskamer te verseker, kwoteer jy
 ŉ 1GB/s netwerkkaart. Na installering van ŉ nuwe plug and play-netwerkkaart, is
 ŉ ernstige fout opgespoor.

 2.8    2.8.1      Wat word bedoel met die term plug and play?                             (2)

        2.8.2      Die drywer vir die kaart is nie ingesluit in die bedryfstelsel nie en
                   sal met behulp van die CD wat saam met die kaart gekom het,
                   geïnstalleer moet word. Verduidelik wat ŉ drywer is.                    (3)

                                                              TOTAAL AFDELING B:           55

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                         (SEPTEMBER 2012)

AFDELING C:       TOEPASSINGS EN IMPLIKASIES

VRAAG 3        e-KOMMUNIKASIE

Die moontlikheid vir die gebruik van koordlose konneksie tussen die rekenaars
wat vir speletjies gebruik word en om Internetgebruikers toe te laat om hul eie
skootrekenaars na die Internetkafee te bring is bespreek.

Die probleme aangaande e-kommunikasie is tweevoudig. Die Internet is ontwerp
om ŉ betroubare omgewing te wees en tweedens is e-kommunikasie grootliks
anoniem.

3.1    3.1.1     Bespreek en lewer kritiese kommentaar op die bostaande
                 stelling.                                                                (4)

       3.1.2     Wat is ŉ hacker?                                                         (2)

       3.1.3     Deur gebruik te maak van ŉ voorbeeld, verduidelik wat die doel
                 van phishing is.                                                         (3)

       3.1.4     Deur gebruik te maak van ŉ voorbeeld, verduidelik wat
                 identiteitsdiefstal is.                                                  (3)

Een manier om sekuriteit op sekere webtuistes te voorsien, is om gebruik te
maak van digitale handtekeninge.

3.2    Watter sekuriteit bied digitale handtekeninge en aan wie?                           (2)
                                                                                          [14]

VRAAG 4        SOSIALE EN ETIESE KWESSIES

Jy stel ook aan die Internetkafee-eienaar voor om gebruik te maak van
programmatuur om die sleutelborddrukke te monitor, want jy het gehoor daar is
kriminele wat die Internet gebruik vir hul eie aktiwiteite en jy wil inligting versamel
om te help met die vervolging van hierdie persone.

4.1    Wat word hierdie tipe programmatuur genoem?                                        (1)

4.2    Is dit eties om hierdie programmatuur op te laai om die mense se
       aktiwiteite te monitor?

       Regverdig jou antwoord.                                                            (2)

Dit is duidelik dat inligting van een webtuiste na ŉ ander webtuiste aansienlik
verskil.

4.3    Gee TWEE wenke oor hoe jy kan verseker dat inligting geloofwaardig is.             (2)

4.4    Noem en verduidelik VIER vorme van e-kommunikasie.                                  (8)
                                                                                          [13]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            27

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  9

 AFDELING D:         PROGRAMMERING EN ONTWIKKELING VAN
                     PROGRAMMATUUR

 VRAAG 5           ALGORITMES EN BEPLANNING

 Die eienaar van die Internetkafee dui aan dat hy ŉ vorm van ŉ rekenkundige
 program, asook sagteware benodig wat die Internet op elkeen van die rekenaars
 beheer. As gevolg van jou programmeringskennis, besluit jy om die projek te
 bestuur. Van jou vriende is gretige programmeerders, maar is nog nie die fynere
 details van programmering geleer nie.

 Met die toets van die program wat ŉ vriend skryf om die rekenkunde te doen,
 vries die program met ŉ oorloopfout.

 5.1    5.1.1       Wat word bedoel met die term „oorloopfout‟?                    (2)

        5.1.2       Wat is die oplossing vir so ŉ fout, met die aanname dat daar
                    geen logiese foute in die programkode is nie?                  (2)

        5.1.3       Waarom vind oorloopfoute minder plaas met reële getalle as
                    met heelgetalle?                                               (2)

 Jou vriend se program maak gebruik van tekslêers wat gebruik word om data
 tussen ŉ databasis en ŉ rekenkundige program te stuur. Om data van Access na
 ŉ ander sagtewarepakket te stuur, word ŉ CSV-lêer geskep.

 5.2    5.2.1       Waarvoor staan CSV?                                            (1)

        5.2.2       Kan jy gebruik maak van ŉ FOR-lus om die rekords in die CSV-
                    lêer te lees?

                    Motiveer kortliks jou antwoord.                                (2)

        5.2.3       Watter tipe lus behoort mens in hierdie geval te gebruik?

                    Motiveer jou antwoord.                                         (2)

 Die databasis is swak ontwerp. Daar kom heelwat herhaling van data voor.
 Meervoudige tabelle word gebruik, maar daar is geen gebruik van primêre
 sleutels of verwantskappe nie.

 5.3    5.3.1       Hoe kan mens ontslae raak van herhaling van data?              (1)

        5.3.2       Wat is ŉ primêre sleutel?                                      (2)

        5.3.3       Die integriteit van data is gekoppel aan die GIGO-prinsiep.
                    Verduidelik wat hierdie stelling beteken.                      (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (SEPTEMBER 2012)

Veronderstel jy het ŉ databasisontwerp met ŉ tabel Klient_Details met die
volgende velde:

      Voorletters: text
      Van: text
      ID_Nommer: text
      Selnr: text
      ID_Prentjie: image
      Begin_uur: integer
      Einde_uur: integer
      Begin_min: integer
      Einde_min: integer
      Data_gebruik: real
      Krediet: real
      Koste_per_min: real

Die totale tyd wat die persoon die internet gebruik, word uitgewerk deur die
Begin_uur, Einde_uur, Begin_min en Einde_min-velde te gebruik

5.4   5.4.1     Watter veld sal toepaslik wees vir die gebruik van ŉ primêre
                sleutel?

                Motiveer jou antwoord.                                                (2)

      5.4.2     Die ID_Nommer is as ŉ teksveld verklaar. Waarom is dit nie as ŉ
                nommerveld verklaar nie, aangesien ŉ ID-Nommer slegs uit
                nommers bestaan?                                                      (2)

      5.4.3     Verduidelik waarom die Selnr-veld as teks verklaar is?                (2)

ŉ Toepassing moet geskryf word wat van SQL gebruik moet maak om die
databasis te manipulee.

5.5   5.5.1     Gee ŉ breedvoerige verduideliking van wat SQL is (nie waarvoor
                dit staan nie) en hoe dit in hierdie spesifieke stelsel gebruik kan
                word.                                                                 (6)

      5.5.2     Skryf ŉ SQL-stelling neer wat al die velde sal vertoon                (2)

      5.5.3     Skryf ŉ SQL-stelling neer wat die kliënt se van, voorletters, ID-
                nommer en hul krediet vertoon. Die name moet alfabeties
                gesorteer word. Die data moet slegs vertoon word indien hul ŉ
                krediet van meer as R100 het.                                         (5)

      5.5.4     ŉ SQL-stelling word benodig om die bedrag verskuldig,
                gebaseer op die tyd op die Internet gespandeer en hul krediet,
                vir ŉ sekere sessie uit te werk. Vertoon die kliënt se van,
                voorletters en bedrag verskuldig. Sorteer die name alfabeties.        (7)

                                                          TOTAAL AFDELING D:          42

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  11

 AFDELING E:        GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Nou dat jy ondervinding met ŉ groter kliënt gehad het, besluit Mnr Bug om jou op
 jou eie na ŉ kliënt toe te stuur. Hierdie kliënt benodig ŉ opgradering op sy
 netwerk, Internetkonnektiwiteit, e-pos en ŉ POS(point of sale)-punt. Die kliënt is
 in ŉ uiters agtergeblewe gebied geleë, ver van dienste.

 Jou eerste uitdaging is om op die netwerk infrastruktuur te besluit. Jy besluit op
 ŉ ster-topologie, kliënt-bediener-konfigurasie met een rekenaar wat dien as ŉ
 Internet e-pos/proxy/kasgeheue bediener. Jy word ook gevra om na die
 moontlikheid te kyk vir die opstel van ŉ klein rekenaarsentrum wat bestaan uit 15
 thin clients wat gebruik sal word as ŉ opleidingsentrum vir plaaslike inwoners.

 6.1    6.1.1      Wat word bedoel met die “topologie” van ŉ netwerk?                 (1)

        6.1.2      Watter DRIE voordele het hierdie topologie bo ŉ bus-topologie?     (3)

 Die bediener moet ŉ kragtige rekenaar wees as gevolg van al die toestelle wat
 dit moet beheer en as gevolg van die thin clients. Jy spesifiseer ŉ i7 quad core
 verwerker, 12GB RAM en ŉ SCSI disk array van 5 skywe wat in ŉ RAID 5-
 konfigurasie hardloop met ŉ hot swappable drive bay.

 6.2    6.2.1      Wat beteken quad core?                                             (1)

        6.2.2      Wat beteken die term hot swappable?                                (1)

        6.2.3      Jy verduidelik dat die bediener in staat is om
                   multitaakverwerking te doen. Beskryf in jou eie woorde wat
                   multitaakverwerking is.                                            (3)

 Die rekenaar het slegs 12GB RAM. As jy die taakbalkie oopmaak, kom jy agter
 dat die totale geheue wat gebruik word 14.5GB is.

 6.3    6.3.1      Hoe is dit moontlik om meer geheue te gebruik as wat daar RAM
                   is?                                                                (1)

        6.3.2      Verduidelik hoe hierdie “ekstra” geheue werk.                      (3)

 Jy koppel ŉ drukker wat gedeel moet word aan die netwerk, maar dit werk nie.

 6.4    Lys DRIE foutopsporingsstappe wat jy kan doen om die drukker te laat
        werk.                                                                         (3)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (SEPTEMBER 2012)

Gebaseer op die feit dat die kliënt in ŉ agtergeblewe gebied bly waar daar min
dienste is, stel jy voor dat ŉ toegewyde Internet bediener opgestel moet word.
Hierdie bediener moet met Linux werk en moet ŉ proxy-bediener hardloop om
die webblaaie in die kasgeheue (caching) te kan stoor en dit moet e-posdienste
dek, sowel as ŉ firewall.

6.5   6.5.1     Verduidelik wat web caching is en hoe dit hierdie kliënt sal help.     (3)

      6.5.2     ŉ Firewall maak gebruik van poorte om Internetverkeer te
                beheer. Verduidelik die konsep van ŉ poort soos wat dit in
                netwerke gebruik word.                                                 (3)

      6.5.3     SSL kan gebruik word om toegang tot die linux-rekenaar te kry.
                Wat is SSL?                                                            (2)

      6.5.4     Nadat die e-pos sisteem vir ŉ rukkie gebruik is, begin een van
                die gebruikers ŉ klomp gemorspos (junk mail) ontvang. Wat
                word hierdie gemorspos genoem?                                         (1)

Hierdie kliënt bly in ŉ baie agtergeblewe dorpie waar kommunikasie baie
onbetroubaar of glad nie bestaan nie. Elektrisiteit is ook ŉ groot probleem met
die feit dat daar gereelde kragonderbrekings is.

6.6   6.6.1     Wat sal jy aan die besigheid voorstel om mee aan die Internet te
                koppel? Regverdig jou keuse.                                           (2)

      6.6.2     Watter toestel moet hierdie besigheid aankoop teen
                kragonderbrekings? Hoe sal dit die stelsel beskerm?                    (4)

Jou kliënt vra jou hoe die netwerk aanmekaar verbind gaan word. Jy stel die
gebruik van switches voor. Die kliënt noem dat hubs goedkoper is en verkies om
dit te gebruik.

6.7   Argumenteer waarom dit beter is om switches te gebruik bo die gebruik
      van hubs deur die verskil tussen die twee te beskryf. Wat is die resultaat
      van die gebruik van ŉ switch in plaas van ŉ hub?                                 (4)

                                                          TOTAAL AFDELING E:           35

                                                                GROOTTOTAAL:           180

## Related documents

- [Computer Studies P2 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p2-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/48082933-856d-4044-a34d-c3c2952614eb) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2013-afr/fa5bd8c3-aac3-401b-96ec-ef5b4ab74c40) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2019-english/c2de4cf0-8224-429d-a20e-3f94fdb92255) — Information Technology · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
