# Information Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Information Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/inftp1-s12-2016-qp-afr/da03b751-7170-4572-824c-54e793b245bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/inftp1-s12-2016-qp-afr/da03b751-7170-4572-824c-54e793b245bc)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *INFTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Leerders moet AL DRIE
     afdelings beantwoord.

2.   Die duur van hierdie eksamen is DRIE uur. As gevolg van die aard van hierdie
     eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
     eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.   Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
     vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
     word.

4.   Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
     nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

5.   Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
     werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
     wat in die vraestel verskyn nie.

6.   Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
     word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ programmeringstaal vir enige
     van hierdie roetines gebruik NIE.

7.   Jy moet jou werk gereeld stoor.

8.   Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou op ŉ disket of
     netwerk gegee. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan
     jou op ŉ disket of netwerk gegee. Dit is in die vorm van ŉ
     wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.

     Doen die volgende:
          Dubbelklik op die lêer.
          Klik op die ‘extract’-knoppie.
          Sleutel die volgende wagwoord in: Skool@1$!

     VRAAG 1

     Vraag1_p.dpr
     Vraag1_u.pas
     Vraag1_u.dfm

     VRAAG 2

     clsLeerders.pas
     Vraag2_p.dpr
     Vraag2_u.pas
     Vraag2_u.dfm

     VRAAG 3

     eksamennommers.txt
     Vraag3_p.dpr
     Vraag3_u.pas
     Vraag3_u.dfm

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                       3

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Alle Graad Twaalf-leerders moet seker maak dat hul registrasievorm vir die Nasionale
Eksamen aan die einde van hul Graad Twaalf jaar korrek is. Vakveranderinge word
toegelaat, maar al die vereiste dokumente moet ingedien word. Alle inligting wat
verskaf word, moet korrek wees.

INSTRUKSIES:

 Die projek Vraag1 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien.
 Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag1_p oop.

1.1    Vraag 1.1 Knoppie

       Die leerder moet sy/haar naam en van in die gegewe teksarea in tik. Die
       relevante graad moet gekies word. Die ou en nuwe vak moet ook geselekteer
       word. As die ou en nuwe vak dieselfde is, moet ŉ ‘Verkeerde Inligting’-
       boodskap vertoon word. As geen vakverandering plaasvind, vertoon dan die
       leerder se inligting en ‘Geen vakverandering’. As ŉ verandering versoek word,
       moet die leerder se inligting vertoon word asook ŉ boodskap dat die nodige
       dokumente ingehandig moet word.

       Voorbeeld van afvoer:

       VERKEERDE INLIGTING:             GEEN VAKVERANDERING:

       VAKVERANDERING:

                                                                                             (13)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

1.2   Vraag 1.2 Knoppie
      Die IDnommer moet met die geboortedatum ooreenstem. Vertoon ŉ gepaste
      boodskap vir beide gevalle indien korrek of foutief.
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (8)
1.3   Vraag 1.3 Knoppie
      ŉ Gebruikersnaam moet geskep word. Dit word gegenereer deur al die klinkers
      en spasies uit die leerder se naam en van (Vraag 1.1 se invoer) te verwyder;
      ‘%’; ewekansige getal tussen 100 en 300 (insluitend) en ‘#’ bymekaar te voeg.
      Voorbeeld van afvoer (Let wel: afvoer sal verskil weens die ewekansige
      getalle):

                                                                                           (11)

1.4   Vraag 1.4 Knoppie

      Kode moet geskryf word om te bepaal of die leerder slaag gebaseer op die
      punte wat ingelees is.
      Slaagvereistes is as volg:
       40% of meer vir Huistaal
       40% in drie ander vakke
       30% in twee vakke
      Vertoon op die paneel of die leerder slaag of druip.
      Voorbeeld van afvoer:

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      5

1.5

                                                                                           (15)

        Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
         programlêer in.
        Stoor jou program.
        ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                           TOTAAL AFDELING A:              47

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Om toelating tot tersiêre instansies te kry moet ŉ sekere aantal Toelatingspunte
behaal word; afhangende van die kursus en instansie.

INSTRUKSIES:

     Die projek Vraag2 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien en bevat:
      o    ŉ Hoofvormeenheid met die naam Vraag2_u.pas
      o    ŉ Onvoltooide eenheidlêer met die naam clsLeerders.pas
     Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag2_p en die klas met die
      naam clsLeerders.pas in die Vraag2-lêergids oop

2.1     2.1.1   Verklaar ŉ skikking met klasomvang wat die leerder se punte sal stoor
                (maksimum 10 vakke). Die privaatvelde word gegee; verklaar die
                publieke metodes soos wat jy die vrae hieronder beantwoord.                      (7)

        2.1.2   Skryf kode vir die konstruktormetode wat die leerder se naam en aantal
                vakke sal ontvang en dit aan die attribute toeken. Die fapspunte-
                attribuut moet geïnisialiseer word.                                              (3)

        2.1.3   Skryf ŉ metode APS wat die punte sal ontvang, dit verwerk na die
                korrekte vlak en dan die toelatingspunte sal bereken. Skryf ŉ metode
                APS wat die punte sal ontvang, dit verwerk na die korrekte vlak en dan
                die toelatingspunte sal bereken. Die APS-punte word bereken deur die
                persentasies na die respektiewe vlakke om te skakel en bymekaar te
                tel.

                     Persentasie    Vlak
                       80-100        7
                       70-79         6
                       60-69         5
                       50-59         4
                       40-49         3
                       30-39         2
                        0-29         1                                                           (4)

        2.1.4   Skryf ŉ metode BachPass wat die leerder se punte ontvang en dan
                bepaal of die leerder ŉ universiteitstoelating het.
                Om te kwalifiseer vir ŉ universiteitstoelating, moet die leerder 50% in
                ten minste vier vakke behaal. Aanvaar dat al die vakke van die
                aangewese lys van vakke is.                                                      (8)

        2.1.5   Skryf ŉ MaakString-metode wat die leerder se inligting, soos hieronder
                aangedui word, sal vertoon:
                Leerder se Naam: <fnaam>
                Bachelor pass: <Yes/No>
                Toelatingspunte: <fapspunte>                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                           7

2.2    Die leerder se naam moet in die teksarea ingelees word. Die aantal vakke
       waarvoor die leerder ingeskryf is moet deur middel van ŉ InputBox-komponent
       ingesleutel word.

       As die leerder minder as 7 vakke ingeskryf het, moet die leerder gevra word
       om die aantal vakke weer in te tik totdat dit sewe vakke of meer is.

       Gebruik die naam en aantal vakke om die objLeerder-objek te instansieer.

       Die leerder moet die punte in lees en die punte moet in ŉ skikking gestoor
       word. Sodra al die punte ingelees is, moet die program toets of die leerder
       kwalifiseer vir ŉ universiteitstoelating. As die leerder ŉ universiteitstoelating het,
       dan moet die APS-punte bereken word. Al die inligting moet soos die
       voorbeeld hieronder vertoon word. Alle relevante metodes moet geroep word.

       As die leerder nie ŉ universiteitstoelating het nie, moet ŉ gepaste boodskap
       vertoon word.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (17)

           Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
            programlêer in.
           Stoor jou program.
           ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                42

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

ŉ Rekord van al die eksamennommers en eksamensentrums moet vir statistieke
doeleindes akkuraat gestoor word. Soms word nuwe kandidate bygevoeg en ander
kere word van hulle vir verskeie redes van die lys afgehaal. Dit is ook baie belangrik
om te weet hoeveel kandidate by elke sentrum geregistreer is.

INSTRUKSIES:

   Die projek Vraag3 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien.
   Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag3_p in die lêergids oop.

Daar word van jou verwag om ŉ program te ontwerp om die volgende te doen:

   Kry die eksamennommers van ŉ tekslêer eksamennommers.txt
   Sorteer en vertoon die eksamennommers
   Soek vir ŉ spesifieke sentrum
   Voeg ŉ nuwe eksamennommer by skikking en tekslêer
   Verwyder ŉ eksamennommer

Lees die volgende afdelings voordat jy probeer om die oplossing te doen:

   GGK (‘GUI’) en data wat voorsien is
   Programvereistes
   Puntetoekenning

LET WEL:

   Jy mag NIE data wat voorsien word verander NIE.
   Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
    ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     9

GGK (‘GUI’) EN DATA WAT VOORSIEN IS

GGK (‘GUI’)

Die GGK bevat komponente vir toevoer en afvoer. Addisionele komponente sal
benodig word. Ten minste een dinamiese komponent moet gebruik word.

Voorbeeld van die GGK wat voorsien is:

DATA

Die eksamensentrumnommer is deel van die kandidaat se eksamennommer, bv. as
die kandidaat se eksamennommer 4151610060031 is, kan dit soos volg interpreteer
word:
 Die laaste vier getalle (0031) verteenwoordig die kandidaat se nommer by die
   sentrum.
 Die sentrumnommer word saamgestel deur die getalle in posisies 1; 4 – 9
   (4161006)
 Die tweede en derde getal (15) kan in hierdie vraag ignoreer word.

Die eksamensentrums is in ŉ eendimensionele skikking, arrsentrums, gestoor.

Die eksamennommers van die leerder is in ŉ tekslêer, eksamennommers.txt,
gestoor.

PROGRAMVEREISTES

Kry Inligting, Sorteer en Vertoon
 Kry die inhoud van die eksamennommers.txt tekslêer.
 Sorteer dit in stygende volgorde.
 Vertoon die sorteerde eksamennommers.

Soek sentrumnommer
 Die gebruiker moet ŉ sentrumnommer intik.
 As die sentrumnommer gevind is, moet die skool se naam asook al die
  eksamennommers van daardie sentrum vertoon word.
 Die totale aantal kandidate moet vertoon word.
 As die sentrumnommer nie gevind is nie, moet ŉ toepaslike boodskap vertoon
  word.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

Voeg eksamensentrum en eksamennommer by
 Kry die inligting wat bygevoeg moet word vanaf die gebruiker
 Voeg die inligting by die skikking asook by die tekslêer
 Vertoon ŉ boodskap dat die eksamennommer by die tekslêer gevoeg is
 Sorteer en vertoon die nuwe skikking

Verwyder ŉ eksamennommer

Soms moet kandidate vir verskeie redes onttrek.

    Vra die gebruiker om die eksamennommer, wat verwyder moet word, in te tik
    Verwyder die eksamennommer van die tekslêer asook vanuit die skikking
    Vertoon ŉ boodskap nadat die eksamennommer verwyder is
    Sorteer en vertoon die opdateerde skikking
    Skryf die opdateerde skikking na die bestaande tekslêer

PUNTETOEKENNING

                        VEREISTES                               MAKSIMUM PUNTE
Modulêre Ontwerp, Dinamiese Komponent, Indentasie                      5
Kry Inligting, Sorteer en Vertoon                                     18
Soek                                                                  15
Voeg by                                                               10
Verwyder                                                              13

    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
    Stoor jou program.
    ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING C: 61
                                                                  GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ENGHL P1 GR12 QP ENG SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/enghl-p1-gr12-qp-eng-sept2016-1/6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [INFT GR12 P2 MEMO SEPT2016 Engl](https://www.hlayiso.com/library/inft-gr12-p2-memo-sept2016-engl/f67a1ec0-17a6-4ad5-9845-4b08f2fe4d8b) — Information Technology · Memo · 2016
- [INF TECH P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/inf-tech-p2-gr12-memo-sept2016-afr/16a8152b-c801-4b1c-a324-f7f1abdb51e5) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-eng/5824b493-9d09-4250-ac0e-b7015e6d6080) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-afr/aa2dc478-a690-465a-9b78-970ab2aa2218) — Information Technology · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
