# Information Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                        NOVEMBER 2017

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae beantwoord.

 2.      Hierdie vraestel duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit
         belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal
         voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3.      Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
         datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 4.      Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net
         met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel
         verskyn nie.

 5.      Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
         word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ programmeringstaal vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

 6.      Stoor jou werk gereeld.

 7.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers
         word in die vorm van ŉ uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is, verskaf.

         Doen die volgende:
            Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is.
            Klik op die ‘Extract’-knoppie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: Prod#17&

         Lys van lêers wat in die lêergids, DataNov2017 sal wees, nadat dit onttrek is:

         Vraag 1:                                      Vraag 3:

         Vraag1P.dpr                                   Vraag3P.dpr
         Vraag1P.dproj                                 Vraag3P.dproj
         Vraag1U.dfm                                   Vraag3U.dfm
         Vraag1U.pas                                   Vraag3U.pas

         Vraag 2:                                      Vraag 4:

         Vraag2P.dpr                                   Vraag4P.dpr
         Vraag2P.dproj                                 Vraag4P.dproj
         Vraag2U.dfm                                   Vraag4U.dfm
         Vraag2U.pas                                   Vraag4U.pas
         Rolspelers.txt                                Helpers.mdb

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                    3

 SCENARIO

 Een van die skole in die area is besig om hul jaarlikse drama produksie te reël. Daar is
 verskeie take wat gedoen moet word voordat die akteurs en aktrises op die verhoog kan
 gaan.

 In hierdie vraestel gaan jy programme moet voltooi om die verskillende funksies te kan
 uitvoer.

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERING, TEKSLÊERS

 Die gebruiker moet inligting in tik sodat daar kaartjies vir die produksie bespreek kan word.

 Die gebruiker moet die kaartjies kies wat hulle wil koop. Sodra hulle die kaartjies gekoop
 het, kan hulle hul sitplekke, op die aand, kies. Die eerste 30 kaartjies is vir die spesiale
 gaste (VIPs). Die ‘VIPs’ word uitgenooi, so hulle hoef nie vir hul kaartjies te betaal nie.

 Kaartjiepryse is as volg:
 Volwassenes – R80
 Kinders – R50
 Pensionarisse – R50

 As die VIP-opsie gekies is, dan moet ‘n ‘Inputbox’-komponent gebruik word om uit te vind
 hoeveel ‘VIPs’ die aand gaan bywoon.

 Aanvaar dat kaartjies of aan ‘VIPs’ of aan ander (volwassenes/kinders/pensionarisse)
 verkoop word en NIE ŉ kombinasie van die twee NIE.

 Kaartjienommers moet toegeken word. ‘VIP’-kaartjies begin by 1 en al die ander kaartjies
 begin by 31.

 Omdat dit die enigste fondsinsameling vir die dramadepartement is, is daar geen
 beperking op die aantal kaartjies nie.

 Die volgende inligting moet in die teksarea vertoon word:
    - Opskrif (‘SKOOLPRODUKSIE’ en op die volgende reël ‘SHOW: GALA-AAND’)
    - Koste van die kaartjies wat gekoop is, geformateer as geldeenheid met twee
        desimale plekke
    - Die kaartjienommers wat gekoop is

 Die volgende inligting moet na ŉ tekslêer (verkope.txt) geskryf word. Dit moet slegs die
 mees onlangse inligting stoor. Die eerste reël is vir die totale aantal kaartjies wat verkoop
 is en die tweede reël moet die totale bedrag wat ontvang is, vertoon (as geldeenheid met
 twee desimale plekke). Vertoon ŉ boodskap sodra die lêer geskryf is.

 ‘Clear’ knoppie
 Die teksarea moet leeggemaak word en die ‘spinedit’-komponente moet na ‘0’ gestel
 word. Die ‘checkbox’ se opsie moet ook verwyder word.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             (EC/NOVEMBER 2017)

 Voorbeeld van afvoer as vier aankope gemaak word:
 Eerste aankope:                                  Tweede aankope:

 Derde aankope:

 Vierde aankope:

 Tekslêer nadat aankope gemaak is:

       Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
       Stoor die program.
       ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                   TOTAAL VRAAG 1:           [32]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

 VRAAG 2: TEKSLÊER, SKIKKINGS

 Die name en vanne van al die leerders, wat in die produksie deelneem, is gestoor in die tekslêer
 met die naam rolspelers.txt.

 Hulle betrokkenheid word ook aangedui (S1 – verwys na Toneel 1; S2 – verwys na Toneel 2;
 S1S2 – beteken dat hul in albei Tonele is; Technical – deel van die tegniese span; Backstage –
 deel van die ‘backstage’ span)

 2.1     Skryf kode vir die ‘OnCreate EventHandler’ van die ‘Form’ wat die inligting van
         die tekslêer sal verkry. Die inligting moet verdeel word en in drie skikkings
         (arrname, arrvanne en arrtonele) gestoor word. Die skikkings kan elkeen 100
         items stoor en het ‘class scope’.

         As die tekslêer nie bestaan nie, moet ŉ geskikte boodskap vertoon word en die
         program moet toegemaak word.                                                         (22)

 2.2     Skryf ŉ metode, met die naam Sorteer, wat al die inligting sal sorteer volgens die
         vanne, in alfabetiese volgorde.                                                       (9)

 2.3     Skryf kode vir die Rolspelerslys knoppie wat die Sorteer metode sal roep.
         Vertoon die lys van leerders: vanne in hoofletters gevolg deur hul name.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (4)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/NOVEMBER 2017)

 2.4       Skryf kode vir die Aantal Akteurs per Toneel knoppie wat die aantal akteurs in
           elke toneel sal vertoon.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (8)

 2.5       Skryf kode vir die Tegniese en ‘Backstage’ Span knoppie wat ŉ alfabetiese lys
           van al die leerders (wat deel is van die Tegniese- of ‘Backstage’ span) volgens
           hul vanne, sal vertoon.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (6)

          Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
          Stoor die program.
          ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                      TOTAAL VRAAG 2:            [49]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                   7

 VRAAG 3: SUBPROGRAMME

 Om in die plaaslike kompetisie te kan deelneem, moet dokumente ingehandig word. Die
 komitee het jou gevra om ŉ program te skryf wat sal seker maak dat die IDnommers korrek
 is en dan die registrasiekodes vir die deelnemers sal skep.

 3.1     Skryf ŉ funksie, GeldigeID, wat die IDnommer ontvang en dan sal terugstuur of
         die IDnommer geldig is of nie (true of false). Om te toets of die IDnommer geldig
         is, moet die Luhn-algoritme toegepas word.

         Algoritme:

             1. Tel al die syfers in die ongelyke posisies bymekaar (laaste syfer uitgesluit)
             2. Vermenigvuldig die syfers in die gelyke posisies met 2 en kombineer die
                antwoorde.
             3. Tel al die syfers van stap 2 bymekaar.
             4. Tel die antwoorde van stap 1 en 3 bymekaar.
             5. Trek die tweede syfer van stap 4 van 10 af.
             6. As stap 5 se antwoord gelyk is aan die 13 de syfer van die IDnommer, dan
                is die IDnommer korrek.

         Voorbeeld:

         9801210054088

             1. 9 + 0 + 2 + 0 + 5 + 0 = 16
             2. 16220816
             3. 1 + 6 +2 + 2 + 0 + 8 + 1 + 6 = 26
             4. 16 + 26 = 42
             5. 10 – 2 = 8
             6. 8 = 8  ID korrek                                                               (17)

 3.2     Skryf ŉ funksie, Geslag, wat die IDnommer ontvang en dan ŉ ‘M’ of ‘V’ sal
         terugstuur. As die 7de getal van die IDnommer kleiner of gelyk is aan vier, dan is
         die persoon vroulik. As die 7de getal groter is as 4, dan is die persoon ŉ man.         (7)

 3.3     Skryf ŉ prosedure, RegKode, wat die naam en van (een veranderlike) as ŉ
         parameter sal ontvang. ŉ Kode moet dan gegeneer word deur die eerste vier
         konsonante van die naam te gebruik, ‘#’ en ŉ ewekansige getal tussen 100 en
         999.                                                                                   (17)

 3.4     Skryf kode vir die Genereer Kode knoppie wat die gebruiker sal vra om ŉ
         IDnommer, naam en van asook geslag in te sleutel. As die IDnommer geldig is en
         die geslag is korrek, dan moet die registrasiekode geskep word. As die IDnommer
         of geslag nie reg is nie, moet ŉ boodskap vertoon word wat die gebruiker sal inlig
         dat die inligting verkeerd is.

         WENK: Maak gebruik van die metodes wat in Vraag 3.1 – 3.3 geskryf is.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/NOVEMBER 2017)

         Voorbeeld van afvoer:

         Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskillend wees weens die ewekansige getalle):

                                                                                                  (8)

       Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
       Stoor die program.
       ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                    TOTAAL VRAAG 3:           [49]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                   9

 VRAAG 4: DATABASISPROGRAMMERING

 Wanneer ŉ skool ŉ produksie reël is daar altyd verskeie take wat verrig moet om ŉ sukses
 van alles te maak. Ouers word gevra om te help met take soos die bou van die stel, om al
 die rekwisiete (‘props’) bymekaar te maak, die welsyn van die rolspelers, verfwerk, ens.

 Die program moet in staat wees om met die databasis, helpers.mdb, te verbind. Wanneer jy
 Vraag 4.1 doen, en vind data die verbinding nie plaasvind nie, gebruik die volgende stappe om
 verbinding te laat plaasvind:

          Kliek op die Adotable-komponent adohelpers.
          Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’ eienskap in
           die ‘Object Inspector’.
          Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie neem.
          Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
          Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die helpers.mdb-lêer te
           vind.
          Verwyder die gebruikersnaam Admin.
          Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
          Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
          Kies die korrekte table in die ‘TableName’ eienskap van die adohelpers komponent.
          Kliek op die ‘DataSource’ komponent.
          Maak seker dat die ‘DataSet’ eienskap verander is na adohelpers.

 ŉ Onvolledige program is aan jou verskaf om die volgende vrae te beantwoord. Voltooi die
 program.

 4.1       Sorteer Menu Opsie

           Vertoon al die rekords, gesorteer volgens die Van veld en dan die Naam veld (in
           alfabetiese volgorde).

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2017)

 4.2     Vind ŉ Kontaknommer Menu Opsie:

         Skryf kode wat die gebruiker sal vra om ŉ ouer se naam en van in te tik. Die
         kontaknommer moet dan in ŉ dialoogkomponent vertoon word.

         GEEN FILTERS MAG GEBRUIK WORD NIE.

         Voorbeeld van afvoer as Kyle Graham ingetik word:

                                                                                                       (9)

 4.3     Welsyn (‘Cast Welfare’) Menu Opsie

         Al die inligting van die ouers wat hulself beskikbaar stel vir die rolspelers se
         welsyn (‘Cast Welfare’), moet vertoon word.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                       (2)

 4.4     Alle Helpers Menu Opsie:

         Skryf kode om te tel hoeveel ouers hulself beskikbaar gestel het en vertoon die
         getal.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              11

 4.5       Voegby Menu Opsie:

           Voeg die volgende ouer by die databasis:
           Naam = Paige
           Van = Watson
           Kontaknommer = 0832454216

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (5)

          Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
          Stoor die program.
          ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                      TOTAAL VRAAG 4:         [20]

                                                                                 TOTAAL:      150

## Related documents

- [IT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/bec5c240-c7a1-4d01-b839-7c3cf5373489) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/00c98cd3-cf7e-453f-abc1-3494352f8e3c) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/b58d463e-025c-4716-9255-6eeeebfafbc3) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans-d/25d21533-ac81-4ade-a4b8-c56f655e7a81) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-memo-gr11-nov2020-afrikaans-d/09d5bea3-08be-4b20-9a72-e526738e9d32) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2016 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2016-afrikaans/b7bff882-1173-460a-856b-d5b2953dc8aa) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
