# Information Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2015-afr-qp/6c2f94fe-dc46-48b3-83c5-67dff19d97b2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2015-afr-qp/6c2f94fe-dc46-48b3-83c5-67dff19d97b2)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                      NOVEMBER 2015

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                         *IINFTDM1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Hierdie is ŉ drie-uur eksamen. Weens die aard van hierdie eksamen sal jy nie
     toegelaat word om die eksamenlokaal te verlaat voor die eksamensessie voltooi is nie.
2.   Jy benodig die lêers hieronder gespesifiseer om die vrae te kan beantwoord. Dit sal of
     op ŉ CD aan jou verskaf word, of die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar jy dit
     op die hardeskyf van die werkstasie waarop jy werk of in ŉ netwerkgids kan vind.
     Vraag1 Lêer
     Vraag1_p.dpr
     Vraag1_u.dfm
     Vraag1_u.pas
     Vraag2 Lêer
     Vraag2.dpr
     Vraag2.dfm
     Vraag2.pas
     Veld.txt
     Vraag3 Lêer
     Vraag3.dpr
     Vraag3.dfm
     Vraag3.pas
     Vraag4 Lêer
     Vraag4_p.dpr
     Vraag4_u.dfm
     dmResultsData_u.dfm
     dmResultsData_u.pas
     Vraag4_u.pas
     Medaljes.mdb
3.   Indien ŉ CD met die lêers aan jou verskaf is, skryf jou naam en van op die etiket van
     die CD.
4.   Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorg indien daar ŉ kragonderbreking plaasvind.
5.   Herbenoem die Datalêers lêergids na jou Naam en Van.
6.   Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van elke program.
7.   Lees AL die vrae noukeurig en doen net wat gevra word.
8.   Teen die einde van die eksamensessie sal daar van jou verwag word om die CD met
     al jou gestoorde werk in te handig, of jy moet seker maak dat AL die lêers met jou
     antwoorde korrek gestoor is in die netwerkgids wat deur jou toesighouer/onderwyser
     aangewys is.
9.   Maak seker ALLE lêers oopgemaak kan word.
10. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulp funksie van die
    programmatuur wat jy mee besig is. Jy mag NIE van addisionele notas of hulpbronne
    gebruik maak NIE.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  3

SCENARIO:

ŉ Atletiekbyeenkoms vind plaas waar atlete van drie koshuise meeding. ŉ Atleet kan
deur ses verskillende borge, geborg word.

VRAAG 1: DELPHI-PROGRAMMERING

Maak lêer Vraag1_p.dpr oop.

1.1   Voltooi die programmeringskode vir vraag 1.1 tabsheet wat ŉ ewekansige getal
      tussen een en drie genereer wat sal bepaal in watter baan elke koshuis tydens
      die byeenkoms se baan-items, sal deelneem.

      Ses bane is beskikbaar. Indien twee atlete van dieselfde koshuis deelneem
      sal die atlete van dieselfde span in baan 1 en 4, baan 2 en 5 en ook 3 en 6
      hardloop.

      Maak seker geen getalle word herhaal nie.

      Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskil weens die ewekansige getalle):

                                                                                           (10)

1.2   Vraag 1.2 tabsheet:

      1.2.1     Voer die afstand wat ŉ atleet gegooi het in, as die ‘Tik Afstande In’
                knoppie gedruk word. Maak van ŉ Inputbox gebruik.

                Hou ŉ rekord van die verste afstand wat gegooi is, asook die
                hoeveelheid gooie wat die atleet gegooi het.                                 (7)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

        1.2.2   Wanneer die ‘Vertoon Uitslae’ knoppie gedruk word, moet die
                gemiddelde afstand wat gegooi is bereken word. Vertoon die totale
                aantal gooie, die gemiddelde afstand en die verste afstand (albei
                afgerond tot twee desimale).

                                                                                             (6)

1.3     Op Vraag 1.3 Tabsheet het elke atleet die geleentheid om te toets of hul ID-
        nommer ŉ gelyke of ongelyke getal is.

        Die 13 syfer ID-nommer is gelyk, indien die som van die syfers ŉ gelyke getal is
        en ongelyk as die som van die syfers ongelyk is. Indien die atleet se ID-
        nommer gelyk is, mag hul nog ŉ gooi kry.

        Bv. Vir die ID-nommer 6903121156648 is die som
        6+9+0+3+1+2+1+1+5+6+6+4+8=52, wat gelyk is.

        Die ID-nommer moet eers getoets word om seker te maak dit bevat 13
        karakters en dat dit net syfers bevat. Toepaslike foutboodskappe moet vertoon
        word indien daar foute opgetel word.

        Indien die ID-nommer korrek is moet die som van die syfers bereken word en ŉ
        boodskap moet die atleet in kennis stel of hul kwalifiseer vir nog ŉ gooi.

                                                                                            (24)

     Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
      lêer.
     Stoor die program.
     Druk die kode van die lêer Vraag1_u.pas.                                              [47]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

VRAAG 2: DELPHI-PROGRAMMERING

Jy word gevra om die inhoud van ŉ tekslêer genoem veld.txt wat in Vraag 2-gids
gestoor is. Die lêer bevat data wat verwys na die beskrywing van die deelname van
die atlete wat vir die items ingeskryf het.

Gedurende die registrasie van die atlete word ŉ kode vir elke atleet gegenereer.
Die kode word in die veld.txt tekslêer gestoor en het die volgende formaat:

DHJ14412SAS
 Pos 1,2,3: verwys na die drie moontlike items: J=Javelin(spiesgooi), S=Shot
   put(gewigstoot), D=Discus(skyfwerp), H=High jump(hoogspring), L=Long
   jump(verspring)
 Pos 4,5: verwys na die ouderdom
 Pos 6: Verwys na die geslag van die atleet: 0-4 vroulik, 5-9 manlik
 Pos 7,8 : verwys na die atleetnommer tussen 10 en 99
 Pos 9,10,11: verwys na die atleet se borg. Borgkodes: SAS = Sasol, CAL =
   Caltex, SPA = Spar, BID=Bidvest, FNB=FNB, TOT=Total

2.1     Verklaar ŉ skikking met klasomvang (‘class scope’), naamlik arrAtlete, wat ŉ
        maksimum van 20 elemente kan bevat. Die atleetkodes sal in die skikking
        arrAtlete gestoor word; maak gebruik van ŉ toepaslike veranderlike wat die
        getal atlete wat geldige atleetkodes het, sal stoor.                             (3)

2.2     Skryf ŉ metode naamlik GeldigeKode wat ŉ string met die kode van die
        atleet sal ontvang. Die metode moet dan terugrapporteer of die atleetkode
        geldig is of nie.

        Die volgende reëls is van toepassing:
         Die kode moet 11 karakters in lengte wees.
         Die eerste drie karakters moet hoofletters wees.
         Die volgende vyf karakters moet syfers wees.
         Die laaste drie karakters moet hoofletters wees                               (15)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2015)

2.3     Voltooi die kode vir die Lees Geldige Data In Event Handler wat die data
        van die tekslêer, veld.txt, inlees.

        ŉ Metode moet toets of die tekslêer bestaan. Indien dit nie bestaan nie,
        moet ŉ toepaslike foutboodskap vertoon word en die program moet
        beëindig word.

        Indien die tekslêer bestaan moet dit oopgemaak word en ŉ lus moet
        geïnisialiseer word wat die inhoud van die tekslêer inlees. Verdere kode
        moet geskep word wat elke reël van die tekslêer inlees en dit in die skikking
        arrAtlete stoor. Net geldige atleetkodes moet in die skikking ingelees word.
        Ongeldige kodes moet vertoon word soos hieronder aangetoon.

        Die totale hoeveelheid geldige en ongeldige atleetkodes moet vertoon word
        na die ongeldige atleetkodes vertoon is.

        Voorbeeld afvoer:

                                                                                        (19)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

2.4    Skryf programmeringskode vir die Lys van Borge event handler. Die laaste
       drie karakters van die atleetkode bevat die kode van die atleet se borg.
       Byvoorbeeld, al die atlete wat deur FNB geborg word het die kode ‘FNB’ as
       die laaste drie karakters en die atlete wat deur Spar geborg is, se laaste drie
       karakters bevat ‘SPA’.

       Die prosedure moet ŉ lys van al die borge vertoon as ook die totale
       hoeveelheid borgskappe. (Geen duplikate nie)

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (11)

   Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas
    lêer.
   Stoor die program.
   Druk die kode van die lêer Vraag2_u.pas.
                                                                                         [48]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3: DELPHI-PROGRAMMERING

Sodra die atleet ŉ wedloop voltooi het, word ŉ unieke kode gegenereer wat die
atleet se tyd in millisekondes, voorletters en geslag saamstel.
’n Voorbeeld van die kode lyk soos volg: 10102GH6.

Die eerste vyf syfers stel die tyd in millisekondes voor. Indien die tyd deelbaar deur
1000 is, word die tyd in sekondes gegee. In hierdie geval sal die atleet se tyd soos
volg lyk: 10.102 sekondes.

Die atleet se voorletters is GH.

6 stel die atleet se geslag voor: 0-4 vroulik en 5-9 manlik.

Maak Vraag3_p.dpr oop.

3.1     Skryf ŉ prosedure naamlik SorteerUitslae wat die gegewe skikking
        arrResults in stygende volgorde sal sorteer.                                        (8)

3.2     Skryf programmeringskode vir die event handler van die VindVinnigste
        knoppie. Die afvoer moet die kode van die vinnigste atleet wees en die tyd
        (sekondes) wat dit die atleet gevat het om die wedloop te voltooi.

        (Wenk: Maak gebruik van die sorteringsprosedure in VRAAG 3.1.)
        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (5)

3.3     Skryf programmeringskode vir die event handler van die Geslag knoppie.
        Hierdie knoppie moet die totale vroulike en manlike atlete vertoon. Die
        geslag word deur die 8ste syfer aangedui. Indien die syfer tussen 5 en 9
        val, is die persoon manlik, anders is die persoon vroulik.

        Voorbeeld afvoer:

                                                                                            (9)

        Goeie programmeringstegnieke, inkeping en die gebruik van modulêre
        ontwerp in Vraag 2 en Vraag 3.                                                      (3)

   Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag3_u.pas
    lêer.
   Stoor die program.
   Druk die kode van die lêer Vraag3_u.pas.
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

VRAAG 4: DELPHI-PROGRAMMERING EN DATABASIS

Die databasis, medaljes.mdb in die Vraag4 gids word aan jou verskaf en bevat die
resultate van sommige van die uitslae van die baan-items wat tydens die interhuis-
atletiekbyeenkoms aangeteken is.

Veld                 Tipe         Beskrywing                                Voorbeeld
AthleteID            Autonumber   AutoID
Name                 Text         Atleet se naam                            Thato
Surname              Text         Atleet se van                             Mhlauli
Event                Text         Item aan deelgeneem                       100M
Position             Number       Die posisie behaal                        2
AgeGroup             Text         Die ouderdomsgroep van die atleet         U/13
Gender               Text         Geslag                                    F
House                Text         Die huis waaraan die atleet gekoppel is   Rhino
Earning              Number       Die hoeveelheid geld deur borg betaal     20

Die volgende is ŉ voorbeeld van die data wat in die tabel saamgestel is:

Die program moet tot die databasis medaljes.mdb konnekteer. Indien jy vind dat die
konneksie nie werk nie kan jy die volgende stappe volg om die konneksie tot die
databasis weer op te stel:
 Klik op die ADOConnection komponent in die ‘Data Module’.
 Klik op die ‘Ellipse’ knoppie (drie kolletjies) aan die regterkant van die
   ‘ConnectionString property’ in die ‘Object Inspector’.
 Klik op die ‘Build’ knoppie wat jou sal neem na die ‘Data Link Properties dialogue
   box’.
 Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en klik op ‘Next’.
 Die eerste opsie op die ‘Connection tabsheet’ sal jou toelaat om na die
   electric.mdb lêer te navigeer.
 Verwyder die gebruikersnaam Admin.
 Klik op ‘Test Connection’ button. Klik OK op elk van die geopende dialooghokkies.

LET WEL:       Indien jy nie tot die databasis kan konnekteer wanneer jou program
               hardloop nie moet jy nog steeds die vrae beantwoord en die
               programmeringskode inhandig om gemerk te word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2015)

4.1    Opsie A: Skep ŉ filter wat die data van al die atlete en items van Koshuis1
       vertoon. Vertoon ŉ showmessage dialoogvenstertjie wat sal wys hoeveel
       inskrywings die databasis bevat.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (4)

4.2    Opsie B: Die borge betaal elke atleet ŉ sekere bedrag indien hulle in die top 3
       posisie van hul item eindig. Die bedrag wissel van atleet tot atleet. Bereken
       die totale bedrag wat aan al die atlete saam uitbetaal sal word.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               11

4.3    Opsie C: Skryf programmeringskode wat die data sal sorteer in die volgende
       orde: die Koshuis-veld gesorteer in dalende volgorde en die Item-veld in
       stygende volgorde.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (3)

4.4    Opsie D: Skryf programmeringskode wat sal vasstel of ŉ atleet met ŉ
       spesifieke van, in die databasis bestaan. Maak gebruik van ŉ ‘inputbox’ om die
       van in te sleutel. Vertoon die atleet se volle naam soos hieronder aangetoon.
       Indien die atleet nie in die databasis gevind kan word nie moet ŉ toepaslike
       foutboodskap gewys word.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (7)

4.5    Byvoeging van ŉ nuwe atleet:

       4.5.1     Opsie E: Skryf programmeringskode in Button E se event handler, wat
                 al die ‘Label Edits’ vir die gebruiker ‘visible’ sal maak.

                                                                                              (3)

       4.5.2     Option F: Gebruik die gegewe data wat vir die rekord ingevul is en
                 skryf programmeringskode om die data in die databasis te sit.                (7)

   Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas
    lêer.
   Stoor die program.
   Druk die kode van die leer, Vraag4_u.pas.
                                                                                           [30]

                                                                             TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR11 NOV2015 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2015-eng-memo/90d50ff1-ced1-4d25-a0bc-f3975551b138) — Information Technology · Memo · 2015 · Eng
- [IT P1 GR11 NOV2015 AFR MEMO](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2015-afr-memo/1cc59484-0cad-42fb-9c1d-2496d82af49f) — Information Technology · Memo · 2015 · Afr
- [IT QP P2 GR11 NOV 2015 (ENG)](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p2-gr11-nov-2015-eng/21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P2 QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr11-nov-2015-afr/bb990fb5-5758-4d08-96e4-1948c199b2c7) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans/3004cfd1-3dc0-4c27-8e34-e7946b874eb4) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans-d/cca32e2f-eb44-4bc4-a2d6-e9767e9a0e4b) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
