# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/197ae5b7-9150-45b4-a47a-d892668b29fa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/197ae5b7-9150-45b4-a47a-d892668b29fa)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2019

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

2                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
      VIER afdelings beantwoord.

 2.   Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
      eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
      eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3.   Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
      Delphi as programmeringstaal is.

 4.   Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
      vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
      word.

 5.   Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
      nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 6.   Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
      werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
      wat in die vraestel verskyn nie.

 7.   Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
      word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie
      roetines gebruik NIE.

 8.   Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
      datastrukture verskaf word.

 9.   Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
      jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
      toegeken is.

 10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy
     kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
     programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur tyd
     vir drukwerk gegee word.

 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ŉ disket/CD/DVD/
     geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
     dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
     jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 13.   Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ŉ
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
       lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

       Doen die volgende:

            Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
            Klik op die ‘Extract’-knoppie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: 19JtMn&i

       Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
       DataSept2019 beskikbaar wees:

       Vraag 1:

       Vraag1_u.pas
       Vraag1_u.dfm
       Vraag1_p.dpr
       Vraag1_p.res

       Vraag 2:

       ABC.jpg
       Bugs.jpg
       VideoKlas.pas
       Vraag2_u.pas
       Vraag2_u.dfm
       Vraag2_p.dpr
       Vraag2_p.res

       Vraag 3:

       dbConnection_u.pas
       VideoClub.mdb
       VideoClubBackUp.mdb
       Vraag3_u.pas
       Vraag3_u.dfm
       Vraag3_p.dpr
       Vraag3_p.res

       Vraag 4:

       Videos.txt
       Vraag4_u.pas
       Vraag4_u.dfm
       Vraag4_p.dpr
       Vraag4_p.res

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

    Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
    Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.
    Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon twee panele,
    pnlVraag1_1 en pnlVraag1_2. Die paneel, pnlVraag1_2, is onaktief (‘disabled’)
    voordat die program uitgevoer word. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 te voltooi,
    soos in VRAAG 1.1 en VRAAG 1.2 beskryf word.

1.1    Knoppie [1.1 Sluit Aan]

       ŉ Leerder by die skool moet ŉ profiel skep sodat hy/sy video’s na die skool se
       intranet kan oplaai, sodat ander daarna kan kyk.

       ŉ Leerder moet sy/haar e-pos adres, wagwoord, graad en ouderdom in sleutel.
       Al die besonderhede moet aan sekere kriteria voldoen voordat ŉ leerder
       geregistreer kan word, om video’s op te laai, met ander woorde die paneel
       pnlVraag1_2 moet dan vertoon word (‘enabled’).

       Skryf kode in die Q1_1btnSluitAan gebeurtenishanteerder (‘event handler’) om
       die volgende te doen:

       1.1.1   Verklaar geskikte veranderlikes en kry die toevoer (name, e-pos,
               ouderdom, graad) van die toevoerkomponente.

       1.1.2   Skryf kode om die toevoer te toets of dit aan die voorwaardes wat
               hieronder beskryf word, voldoen:

                     Die e-posadres moet die ‘@’ simbool bevat.
                     ŉ Geldige wagwoord moet aan die volgende kriteria voldoen:
                     o Die wagwoord moet uit 8 of meer karakters bestaan.
                     o 1 of meer karakters moet ŉ hoofletter wees
                     o 2 of meer karakters moet ŉ syfer tussen 0 en 9 wees.
                     Slegs graad 10, graad 11 en graad 12 leerders wat ouer as 15 jaar is,
                     sal toegelaat word om te registreer en video’s op te laai.
                     As daar aan al die bostaande kriteria voldoen word, dan moet kode
                     geskryf word wat die paneel, pnlVraag1_2, sal vertoon (enable).
                     As daar aan een van die bostaande kriteria nie voldoen word nie,
                     moet kode geskryf word om die paneel, pnlVraag1_2, nie te vertoon
                     nie (‘disable’).

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  5

1.2    Knoppie [1.2 Oplaai]

       Die grootte van ŉ video word gemeet in Megabytes (Mb) en die oplaai-spoed van
       ŉ video word gemeet in Megabytes per sekonde (Mb/s).

       Leerders sal ’n kategorie van die ‘combobox’, cmbKategorie, kies en dan die
       titel en grootte van die video wat hul wil oplaai en die spoed van die
       Internetverbinding, in die ‘edit boxes’ insleutel.

       Skryf kode om die volgende te doen:

       1.2.1    Verkry die inligting van die toevoerkomponente.

       1.2.2    Die lengte van die videotitel moet ŉ maksimum van 23 karakters wees.
                As die lengte meer as 23 karakters is, dan moet die ‘edit box’, edtTitel,
                leeggemaak word en die prosedure moet toegemaak word.

       1.2.3    Bereken hoeveel minute dit sal neem om die video op te laai, deur die
                gegewe inligting te gebruik:

                o Die tyd, in sekondes, wat dit neem om ŉ video op te laai word deur
                  die volgende formule bereken:
                                 Grootte van video / Spoed van verbinding
                o Verwerk die antwoord van die formule na die maksimum aantal
                  sekondes wat dit sal neem om die video op te laai. (Jy moet die
                  sekondes na die volgende heelgetal afrond.)
                     Voorbeeld: As die video se grootte 643.5 Mb is en die spoed van
                     die lyn is 6 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te
                     laai 107.25 sekondes wees. Dit moet dan na 108 sekondes
                     verwerk word.
                     Voorbeeld: As die video se grootte 847 Mb is en die spoed van die
                     lyn is 10 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te laai
                     84.7 sekondes wees. Dit moet dan na 85 sekondes verwerk word.
                     Voorbeeld: As die video se grootte 87 Mb is en die spoed van die
                     lyn is 3 Mb/s, dan sal die tyd wat dit gaan neem om dit op te laai 29
                     sekondes wees. Dit hoef nie verwerk te word nie, want dit is
                     alreeds ŉ heelgetal.
                o Bereken hoeveel minute dit sal neem om die video op te laai.

       1.2.4    ŉ Videokode moet geskep word deur die volgende kriteria te gebruik:

                o ŉ Ewekansige getal van 10 tot 100 (albei ingesluit)
                o Die laaste karakter van die titel van die video moet by die ewekansige
                  getal bygevoeg word.
                o Laastens moet die lengte van die titel by die videokode gevoeg word.
                o Voorbeeld van ŉ video-titel: “A day in the park” / Videokode = 67k17

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

      1.2.5    Al die inligting van die video moet in die ‘richedit’-komponent (redOplaai)
               vertoon word, in die volgende volgorde:

                     <Titel van video> <Videokode> <Kategorie> <Minute om op te laai>

              o Die minute moet na 1 desimale plek geformateer word.
              o Gebruik die gegewe ‘tab stops’ om afvoer netjies te vertoon.

               LET WEL:       Opskrifte vir die ‘richedit’-komponent word verskaf in die
                              kode vir die gebeurtenishanteerder (‘event handler’).

               Voorbeeld van afvoer:

                      Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
                      programlêer in.
                      Stoor jou program.
                      Druk die kode indien dit vereis word.                                       [37]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

 Jou skool se rekenaarklub het ŉ program ontwikkel waar leerders kan kommentaar
 lewer, video’s kan ‘like’ of ‘dislike’ waarna hulle kyk. Elke video moet die aantal
 ‘likes’ en ‘dislikes’ stoor asook die kommentare vir die spesifieke video. Elke video
 moet ook ŉ gradering (‘rating’) kry volgens die aantal ‘likes’ en ‘dislikes’.

 Doen die volgende:
   Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
   Maak die onvoltooide objekklas (‘object class’) VideoKlas.pas oop.
   Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide VideoKlas.pas en
   Vraag2_u.pas.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
   Kode is gegee om die prentjie-lêer op die prentjie komponent te vertoon en om
   die panele te vertoon. Moet NIE die gegewe kode verwyder of verander NIE.
 Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon as die ‘Bugs’-video gekies word.

 Voltooi die kode vir die program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 gespesifiseer
 word.
 2.1   Die onvoltooide klas (TVideo) bevat ŉ verklaring van die vyf attribute wat die
       objVideo objek beskryf.
       NAAM VAN ATTRIBUTE                      BESKRYWING
       fvideonaam         Naam van video
                          ŉ String wat ŉ lys van al die kommentare bevat
                          asook die naam van die video, naam van leerder
       fkommentaar
                          wat kommentaar gelewer het en die datum waarop
                          kommentaar gemaak is
       flikes             Aantal ‘likes’ vir die video
       fdislikes          Aantal ‘dislikes’ vir die video
       fgradering         Aantal sterre wat aan die video toegeken is

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2019)

               Die volgende voltooide metodes word in die eenheid VideoKlas.pas
               gegee:

                                     addLike, addDislike, toString

               Voltooi die kode in die objekklas, soos in VRAAG 2.1.1 tot
               VRAAG 2.1.4 hieronder gespesifiseer word.

      2.1.1    Skryf kode vir die konstruktormetode, Create, wat die naam van die
               video as ŉ parameter sal ontvang. Ken die parameterwaarde aan die
               korrekte attribuut toe en inisialiseer die attribute vir die aantal ‘likes’ en
               ‘dislikes’ na nul.                                                                   (4)

      2.1.2    Skryf kode vir metode, NuweKommentaar, wat twee string parameters
               sal ontvang. Die string parameters verteenwoordig ŉ kommentaar en ŉ
               datum.
               Stel die waarde van die fkommentaar attribuut soos volg:

               Die twee parameters moet by fkommentaar attribuut gevoeg word:
                  ŉ Leë reël moet voor die kommentaar gevoeg word.
                  Voeg die nuwe kommentaar, wat van die parameter verkry word, by
                  (na die leë reël).
                  Voeg ŉ ‘tab’ spasie by en heg dan die datum, wat van parameter
                  verkry is, aan.
                  ŉ Leë reël moet na die datum bygevoeg word.                                       (7)

      2.1.3    Skryf 'n metode SetGradering wat ‘n waarde aan die attribuut,
               fgradering, volgens die volgende kriteria sal toeken:

                     Trek die aantal ‘dislikes’ van die aantal ‘likes’ af.
                     As die verskil minder of gelyk aan 0 is, dan is die gradering 0.
                     Die gradering moet na 5 gestel word as die waarde (verskil) meer
                     as 3 is, anders moet die gradering na 2 gestel word.                           (7)

      2.1.4    Skryf kode vir die metode GetGradering wat ŉ string, bestaande uit
               sterre (*) sal terugstuur.
               Die string moet bestaan uit sterre (*) wat bymekaar gevoeg word
               afhangende van die waarde van die attribuut, fgradering.
               Byvoorbeeld: As fgradering 2 is, dan moet die string uit 2 sterre
               bestaan. (**)                                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

 2.2 ŉ Onvoltooide eenheid, Vraag2_u.pas is verskaf.

       Dit bevat kode om die objekklas beskikbaar te maak en ŉ verklaring van die
       objekveranderlike objVideo. Dit bevat ook ŉ veranderlike wat die stelseldatum
       (‘system date’) stoor.

       LET WEL:       Die stelseldatum word gegee en is gestoor in ŉ stringveranderlike
                      met die naam StelselDatum in die Vraag2_u.pas eenheid.

       Globale veranderlikes wat voorsien word: objVideo : tvideo;
       StelselDatum : string;

       Kode om die stelseldatum te kry en om die prentjielêer in die ‘list box’ te
       vertoon, word gegee. MOENIE enige gegewe kode verander of verwyder NIE.

       Die gebruiker moet ŉ video kies om te kyk en kode is in die ‘OnClick event’ van
       die ‘list box’ lbxVideos gegee, om die prentjie in die ‘image’ komponent te
       vertoon en om die panele vir ‘likes’, ‘dislikes’ en kommentare te vertoon.

       Volg die instruksies hieronder om die kode vir die oplossing te voltooi:

       2.2.1    ‘OnClick event’ van die ‘list box’ met die naam lbxVideos
                (TQuestion2.lbxVideosClick)

                Die gebruiker moet ŉ videonaam in die ‘list box’, lbxVideos kies.
                Skryf kode om die objek objVideo te instansieer met die videonaam
                wat gekies is.                                                                    (3)

       2.2.2    Knoppie bitbtnLike [2.2.2 Like] en Knoppie bitbtnDislike [2.2.2
                Dislike]

                In die ‘onclick event’ van bitbtnLike, moet die metode van die klas met
                die naam addLike gebruik word om ŉ ‘like’ by die video-objek te voeg.

                In die ‘onclick event’ van bitbtnDislike, moet die metode van die klas
                met die naam addDislike gebruik word om ŉ ‘dislike’ by die video-
                objek te voeg.                                                                    (2)

       2.2.3    Knoppie Q2_2_3btnKyk [2.2.3 Kyk die Video]

                Skryf kode wat ŉ dialoogblokkie gebruik om die gebruiker toe te laat
                om ŉ ‘J’ of ‘N’ in te tik wanneer die vraag “Hou jy van die video?” gevra
                word.

                As die antwoord “J” is, dan moet kode geskryf word om die ‘onclick
                event’ van die ‘bitmap’ knoppie, bitbtnLike, uit te voer. Anders moet
                kode geskryf word om die ‘onclick event’ van die ‘bitmap’ knoppie,
                bitbtnDislike uit te voer.

                Voeg kode by deur die metodes SetGradering en GetGradering te
                gebruik om die gradering op te dateer en vertoon dan die
                opgedateerde gradering in pnlGraderings.                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2019)

      2.2.4    Knoppie Q2_2_4btnHandigIn [2.2.4 Handig Kommentaar In]

               Die gebruiker moet ŉ naam en kommentaar in die gegewe ‘edit boxes’
               intik.

               Skryf kode om die twee stringe bymekaar te voeg. Die kommentaar
               moet op ŉ aparte reël wees.
               Voorbeeld van saamgestelde string: Jane Doe
                                                  Dit is ŉ goeie video

               Maak die ‘richedit’ komponent, redKommentare skoon.

               Gebruik die klas se metodes NuweKommentaar (wat die
               saamgestelde string en stelseldatum as parameters vereis) en
               toString, om die kommentare op te dateer en te vertoon in die ‘richedit’
               komponent, redKommentare.

               Voorbeeld van afvoer vir VRAAG 2.2.4:

                                                                                               (7)

                     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
                     programlêer in. (In albei die klas en hoofprogram wat die klas
                     gebruik)
                     Stoor jou programme.
                     Druk die kode indien dit vereis word.                                 [41]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               11

VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING

Die databasis VideoKlub.mdb bevat inligting oor die profielname van mense wat
video’s oplaai, sodat ander lede van die videoklub daarna kan kyk asook aan wie die
video’s behoort. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik Profiel en Video.

Tabel: Profiel

Die tabel bevat die profielnaam van die persoon wat die video oplaai en die datum
wanneer die profiel geskep was.

         Veldnaam               Datatipe                     Beskrywing
 ProfielID                   Autonumber        ŉ Unieke nommer wat aan elke profiel
                                               toegeken word
 ProfielNaam                 Text (50)         Die naam van die profiel
 DatumGeskep                 Date/Time         Die datum wanneer die profiel geskep is

Voorbeeld van data in die Profiel tabel:

Tabel: Video

Hierdie tabel bevat al die video’s wat deur die profiele opgelaai is.

       Veldnaam            Datatipe                           Beskrywing
 VideoID                Text (50)           ŉ Unieke kode wat aan video toegeken word
 VideoTitel             Text (80)           Titel van die video
 DatumVrygestel         Date/Time           Datum wanneer video vrygestel was
 Views                  Number              Aantal 'views' van die video
 Likes                  Number              Aantal 'likes' van die video
 Dislikes               Number              Aantal 'dislikes' van die video
 Kommentaar             Number              Aantal kommentare oor die video
 ProfielID              Number              Die getal wat die profiel wys van die persoon
                                            aan wie die video behoort

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

Voorbeeld van data van die eerste tien rekords in die Video tabel.

Die volgende een-tot-baie verwantskap, met referensiële verwantskap, bestaan tussen
die twee tabelle in die databasis:

Doen die volgende:
  Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag3_p.dpr in die VRAAG 3 gidslêer oop.
  Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag3_u.pas
  eenheidlêer.
  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Die gebruikerskoppelvlak word op die volgende bladsy vertoon.

     Volg die instruksies om die kode te voltooi vir elke vraag, soos die in VRAAG 3.1 en
     VRAAG 3.2 beskryf word.
     Gebruik SQL-kode om VRAAG 3.1 te beantwoord en Delphi-kode om
     VRAAG 3.2 te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               13

LET WEL:
   Die [Herstel Databasis] knoppie word gegee om die data in die databasis na die
   oorspronklike inhoud te verander. As jy jou kode op die oorspronklike data wil toets,
   kan jy hierdie knoppie klik om die data te herstel.
   MOENIE enige van die gegewe kode verander NIE.
   Kode word voorsien om die komponente van die GGK ('GUI') te verbind.
   TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos hieronder beskryf
   word.
    Veranderlike          Datatipe                        Beskrywing
 tblProfiele          TADOTable             Verwys na die Profiel tabel
 tblVideos            TADOTable             Verwys na die Video tabel
3.1    In hierdie afdeling mag SLEGS SQL-kode gebruik word om VRAAG 3.1.1 tot
       VRAAG 3.1.5 te beantwoord.
       Kode om die SQL-stellings uit te voer en uitslae te vertoon, word verskaf. Die
       SQL-stellings in onvoltooid.
       Die afdeling van die gebruikerskoppelvlak vir SQL-vrae word hieronder vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

 Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat aan veranderlikes,
 sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 per vraag verklaar is, te voltooi.

      3.1.1    Knoppie [3.1.1]

               Skryf SQL kode om die DatumGeskep en ProfielNaam van al die
               profiele sal vertoon gesorteer van nuutste tot oudste profiel.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (4)

      3.1.2    Knoppie [3.1.2]

               Die gebruiker moet die naam van 'n profiel in tik. Kode is voorsien om
               die profielnaam "DonDoe" in te tik in 'n 'input box' en dan aan die
               veranderlike sline toe te ken.

               Skryf SQL kode om die DatumVrygestel en verdienste ('earnings')
               van al die video’s wat deur die profielnaam wat in sline gestoor is
               opgelaai is, te vertoon. Albei tabelle moet gebruik word.

               Die verdienste word bereken deur die aantal 'dislikes' van die aantal
               'likes' af te trek en die aantal kommentare by te tel. Die antwoord van
               die berekening moet deur die aantal 'views' gedeel word.

               Verdienste = ('Likes' – 'Dislikes' + Kommentare) / 'Views'.

               Die verdienste moet na geldeenheid met twee desimale plekke
               geformateer word en met 'n opskrif Verdienste vertoon word.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

       3.1.3    Knoppie [3.1.3]

                Skryf SQL-kode om die video titels [VideoTitel] te vertoon waar die
                aantal 'views' meer of gelyk aan 1000 is en die aantal 'dislikes' minder
                of gelyk aan 10 is.

                Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                             (4)

       3.1.4    Knoppie [3.1.4]

                Skryf SQL kode wat die video wat in die jaar 2008 vrygestel is, sal
                verwyder.

                (Kode is geskryf om die tabel te vertoon nadat die rekord verwyder is.
                Die inligting word volgens die DatumVrygestel vertoon, van oudste tot
                nuutste.)

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (4)

       3.1.5    Knoppie [3.1.5]

                Skryf SQL kode om die naam van die profiel van TimmyTom na Tim
                Horton te verander.

                (Kode word gegee om die suksesvolle uitslae te vertoon.)

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi programmeringskode gebruik word
     om VRAAG 3.2.1 en VRAAG 3.2.2 te beantwoord.
      GEEN punte sal vir SQL stellings in VRAAG 3.2 toegeken word NIE.
      Die afdeling van die gebruikerskoppelvlak wat vir VRAAG 3.2 gebruik moet
      word, word hieronder aangedui:

      3.2.1    Knoppie [3.2.1]
               Skryf kode om al die video-titels in die redVertoon 'richedit' te
               vertoon wat die woord 'the' in die video-titel bevat.
               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (6)
      3.2.2    Knoppie [3.2.2]
               Skryf kode om al die video’s wat meer as 8 'dislikes' het, te verwyder.
               Voorbeeld van afvoer van al die rekords wat in die databasis 'grid',
               dbgVideos vertoon word:

                                                                                            (6)

                     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van
                     die programlêer in.
                     Stoor jou program.
                     Druk die kode indien dit vereis word.                                [36]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               17

 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

 Doen die volgende:
   Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop.
   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   Vraag4_u.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 GGK ('GUI') wat verskaf is:
 Die GGK ('GUI') wat voorsien is verteenwoordig die koppelvlak van die program
 wat die skool se rekenaarklub gebruik om die video’s en profiele te analiseer en
 verander.

 ŉ Tekslêer is bygevoeg wat profielname, videokodes en die lengte van elke video
 in sekondes stoor.

 Die formaat van die tekslêer is:
 <Profielnaam><Videokode><lengte van video in sekondes>

 Kode is gegee om twee van die drie items per reël van die tekslêer in twee globale
 parallelle skikkings, arrProfiele en arrMinute, te stoor.

 ArrMinute bevat die duur van elke video as ŉ ‘integer’. Hierdie was bereken deur
 die sekondes te verwerk na minute en dan na ŉ heelgetal af te rond.

 ArrProfiele bevat ŉ string wat die profielname verteenwoordig.

 Die veranderlike icountarr stoor die totale aantal items in die twee parallelle
 skikkings.

 Kode is geskryf vir die 'OnActivate event' van die vorm om die data van die
 tekslêer in die twee skikkings te stoor en dan die inhoud van die skikkings in die
 'rich edit' te vertoon.

 Wanneer die program uitgevoer word, word die twee skikkings vertoon soos
 aangedui in die diagram hieronder:

 Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.
 LET WEL:
   Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
   kodering van jou oplossing toegepas word.
   Jy mag NIE die kode wat verskaf is, verander NIE.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

18                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

 4.1 Menu-opsie [4.1 Sorteer en Verwyder]

      4.1.1    Sorteer albei parallelle skikkings, arrProfiele en arrMinute, in
               alfabetiese volgorde volgens die profielname.

               Hieronder is ŉ voorbeeld van die gesorteerde skikking in alfabetiese
               volgorde volgens die profielname:

      4.1.2    Verwyder al die inligting in albei skikkings, arrProfiele en arrMinute,
               vir die profielnaam “DonDoe”.

      4.1.3    Skep ŉ tekslêer met die naam Hersien.txt en skryf al die inhoud van
               die twee gesorteerde skikkings na die tekslêer in die volgende
               volgorde:

                          < Profielnaam><semikolon><lengte van video in minute>

                              4.1 Voorbeeld van die tekslêer se inhoud:

                                                                                             (17)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2019)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 19

 4.2 Menu-opsie [4.2 Advertensies]

       Die skool se rekenaarklub verkry fondse van besighede wat bemarking doen.
       Elke leerder, wat ŉ profiel het, se video kan 2 advertensies of 4 advertensies
       gedurende die video se speeltyd hê.

       Die diagram hieronder verteenwoordig die 'stringgrid' op die vorm wanneer die
       program uitgevoer word.

       Die inhoud van die globale 2-dimensionele skikking word in die 'stringgrid'
       komponent vertoon in die 'onactivate event' van die vorm deur die Vertoon
       metode te gebruik, wat vir jou kodeer is.

       ŉ Globale 2-dimensionele skikking, arr2D, wat reële (real) getalle bevat, is vir
       jou verklaar.

       In hierdie vraag moet jy die twee-dimensionele skikking, arr2D, vol maak met
       die data wat die posisies van die advertensies aan dui.

       Jy moet die Vertoon-prosedure gebruik om die inhoud van die skikking arr2D
       in die 'stringgrid' te vertoon.

       Geen advertensie sal aan die begin van die video vertoon word nie.

       Die eerste advertensie sal ŉ ¼ van die tydsduur van die video gespeel word.
       Die tweede advertensie sal by die halftyd-merk van die video gespeel word.
       Die derde advertensie sal gespeel word as die video die ¾ punt van die
       tydsduur bereik.
       Die laaste (vierde) advertensie sal plaasvind as die video klaar is.

       Die gebruiker moet ŉ profielnaam van die gegewe 'combobox' kies. Kode is
       gegee sodat die gebruiker die aantal advertensies vir die gekose profielname
       kan insleutel deur 'n 'input box' komponent te gebruik. Die aantal advertensies
       word in ŉ lokale veranderlike iAantal gestoor.

       Slegs 2 advertensies of 4 advertensies kan vir ŉ profielnaam gekies word.

       Die profielnaam sal dan die aantal advertensies hê wanneer sy/haar videos
       gespeel word.

       Die twee-dimensionele skikking moet dan die tye wat die advertensies moet
       plaasvind vir die spesifieke profielnaam, stoor.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

20                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

      As twee advertensies gekies is, moet die advertensies aan die eerste kwart
      posisie en driekwart posisie gespeel word.

      As vier advertensies gekies is, moet die advertensies aan die eerste kwart
      posisie, halfpad, driekwart posisie en aan die einde van die video gespeel word.

         Al die inhoud van die skikking, arr2D, moet inisialiseer word na 0 voordat
         nuwe data in die skikking gestoor kan word.
         Die plasings van advertensietye vir elke video moet bereken word en in die
         skikking, arr2D, gestoor word.
         Die skikking, arr2D, moet dan vertoon word in die 'stringgrid' deur die
         Vertoon prosedure te gebruik.

      4.2 Voorbeeld van afvoer as SteveXolo gekies is en 4 advertensies vereis word:

      4.2 Voorbeeld van afvoer as SteveXolo gekies is en 2 advertensies vereis word:

                                                                                          (19)

           Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer in.
           Stoor jou program.
           Druk die kode indien dit vereis word.                                          [36]

                                                                           TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
