# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
       elk van die VIER afdelings beantwoord.

 2.    Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3.    Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
       Delphi-programmeringstaal is.

 4.    Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
       vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
       word.

 5.    Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
       nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 6.    Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
       werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
       wat in die vraestel verskyn nie.

 7.    Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
       ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
       hierdie roetines gebruik NIE.

 8.    Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
       datastrukture verskaf word.

 9.    Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
       jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
       toegeken is.

 10.   Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy
       kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

 11.   Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
       klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur tyd vir
       drukwerk gegee word.

 12.   Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ŉ disket/CD/DVD/
       geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
       dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
       jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 13.   Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ŉ
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
       lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

       Doen die volgende:

        •   Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
        •   Klik op die 'Extract'-knoppie.
        •   Sleutel die volgende wagwoord in: gR12#21sEpt

       Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
       ('folder') DataSept2021 beskikbaar wees:

       Vraag 1:

       Vraag1_u.pas
       Vraag1_u.dfm
       Vraag1_p.dpr
       Vraag1_p.res
       reën.jpg

       Vraag 2:

       dbConnection_u.pas
       Voëls.mdb
       VoëlsRugsteun.mdb
       Vraag2_u.pas
       Vraag2_u.dfm
       Vraag2_p.dpr
       Vraag2_p.res

       Vraag 3:

       Vraag3KlasDefinisie.pas
       Vraag3_u.pas
       Vraag3_u.dfm
       Vraag3_p.dpr
       Vraag3_p.res

       Vraag 4:

       water.txt
       Vraag4_u.pas
       Vraag4_u.dfm
       Vraag4_p.dpr
       Vraag4_p.res

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide program in die Vraag 1 lêergids oop.
 • Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
   lêer in.
 • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
 • Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos
   beskryf in VRAAG 1.1, VRAAG 1.2, VRAAG 1.3 en VRAAG 1.4, te voltooi.

 Jou skool het ŉ klub gestig wat inligting verskaf en navorsing oor die water toevoer
 en reënval kwessies doen. Voltooi die program vir die klub deur die instruksies
 hieronder te volg.

 1.1   Knoppie [1.1 Vertoon]

       Skryf kode om die volgende te doen:

       Laai die prentjie, reën.jpg, in die prentjie-komponent met die naam imgReën.
       Maak die paneel, pnlBad, aktief.
       Verander die agtergrondkleur van die paneel, pnlReën, na aqua.                     (3)

 1.2   Knoppie [1.2 Verwerk]

       Reënval verwerker.
       Hoeveel 150-liter-baddens kan volgemaak word met die reënval wat in ŉ
       sekere area in jou tuin of op jou dak geval het?

       Skryf kode om die volgende te doen:

       Die gebruiker moet die hoogte en wydte in die 'spinedit' komponente met die
       name sedWydte en sedHoogte in lees. Die aantal millimeter moet in die
       cmbReën-kombinasielys gekies word.

       Die aantal 150-liter-baddens is gelyk aan die aantal vierkante meter
       vermenigvuldig met die hoeveelheid water in millimeter gedeel deur 150. Rond
       die antwoord na 1 desimale plek af.

       Voorbeeld: ŉ Area van 20 m by 35 m ontvang 1/2 millimeter (0.5 mm) reën.
                  20 x 35 x 0.5 /150 = 2.3 baddens (150 liters elk)

       Gebruik die volgende data om jou oplossing te toets:

                Reënval      Hoogte in        Wydte in          Aantal 150
                 in mm        meters          meters          liter-baddens
                   15           9               10                   9
                  1/10          20              20                  0.3
                   1/2          20              35                  2.3
                   30           9               12                   22

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (11)

 1.3   Knoppie [1.3 Vind reënvaltipe]

       Ons wil probeer uitvind watter tipe reënval in jou area geval het.
       Die volgende beskrywings is van toepassing op die verskillende hoeveelhede
       reën wat binne een uur geval het.
       Geen reën: Minder as 1 mm per uur
       Matige reën: Groter as of gelyk aan 1 mm per uur, maar minder as 4 mm per
       uur.
       Swaar reën: Groter as of gelyk aan 4 mm per uur, maar minder as 8 mm per
       uur.
       Baie swaar reën: Groter as of gelyk aan 8 mm per uur, maar minder as 10 mm
       per uur.
       Stortreën: Groter as of gelyk aan 10 mm per uur, maar minder of gelyk aan
       50 mm per uur.
       Vloed: Meer as 50 mm per uur.
       Skryf kode vir die knoppie om te bepaal watter tipe reën geval het. Die
       gebruiker moet die hoeveelheid reënval in millimeter per uur in die
       redigeerblokkie, edtReën, in tik. Die program moet dan die tipe reënval
       bereken en in die lblReënvalTipe vertoon soos wat hierbo beskryf is.
       Jy moet ook toets of ŉ heelgetal (‘integer’) in die redigeerblokkie, edtReën,
       ingelees is. As dit nie ŉ heelgetal is nie, moet ŉ foutboodskap vertoon word en
       die prosedure moet ge-'exit' word.
       Voorbeelde van afvoer:

                                                                                           (13)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.4   Knoppie [1.4 Vertoon Reënval]

       Jy word vereis om die aantal kere wat 5 mm of 10 mm reënval in 8 verskillende
       areas geval het, te bereken en te vertoon.

       Skryf kode om die volgende instruksies 8 keer te herhaal:
       • Genereer 2 verskillende ewekansige getalle tussen 5 en 10 (albei ingesluit).
       • As die ewekansige getalle 'n 5 of 'n 10 is, dan moet 1 by die hoeveelheid in die
         'listbox', LstHoeveelheid bygetel word. Dit moet op die korrekte reël bygetel
         word sodat dit met die 5 mm of 10 mm in die LstReën 'listbox' ooreenstem.
       • Bereken die som van die twee hoeveelhede en vertoon dit op die derde reël
         van die LstHoeveelheid 'listbox'.
         Byvoorbeeld: 1 + 2 = 3 en 15 + 10 = 25
       • Verander die hoogtes van die vorms ('shapes') met die name shp5mm en
         shp10mm, deur die waardes van die ooreenstemmende getalle in
         LstHoeveelheid by die huidige hoogte van elke vorm by te tel.

       Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie een keer uitgevoer is. Dit wys dat 1
       area 5 mm reën en 2 areas 10 mm reën gehad het:

       Voorbeeld van afvoer nadat die knoppie meer as een keer geklik is:

                                                                                             (13)

       •   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer.
       •   Stoor jou program.
       •    ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

 VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

 Die databasis Voëls.mdb bevat inligting van voëls en hul status in Suid-Afrika. Die
 databasis bestaan uit twee tabelle, naamlik Voël en Status.

 Tabel: Status
 Hierdie tabel bevat die beskrywings van die moontlike status van ŉ voël.

  Veldnaam            Datatipe     Beskrywing
  StatusID            Number       'n Unieke nommer is aan elke status toegeken
  StatusNaam          Text (50)    Die beskrywing van die status van ŉ voël

 Voorbeeld van data in die Status tabel:

 Tabel: Voël
 Hierdie tabel bevat inligting van voëls en hul waarnemings in Suid-Afrika.

  Veldnaam            Datatipe          Beskrywing
  VoëlID              Number            ŉ Unieke nommer wat aan ŉ voël toegeken is
  VoëlNaam            Text (50)         Die algemene naam van ŉ voël
  Wandelaar           Yes/No            Voëls dwaal buite die perke van hul natuurlike
                                        gebied — kan enige plek gevind word
  Waarnemings         Number            Totale aantal waarnemings van ŉ voël
  Laaste              Date (short date) Datum wat die voël laas gesien is
  Waarneming
  StatusID            Number            Vreemde sleutel om met die Bird-tabel te
                                        verbind

 Voorbeeld van data van die eerste veertien rekords van die Voëls tabel:

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 Die verwantskap tussen die twee tabelle word hieronder gewys:

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag2_p.dpr in die Vraag 2 gidslêer oop.
 • Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer
   in.
 • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 Die gebruikerskoppelvlak word hieronder vertoon:

 • Volg die instruksies om die kode vir elke vraag te voltooi, soos in VRAAG 2.1 en
   VRAAG 2.2 beskryf is.
 • Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
   VRAAG 2.2 te beantwoord.
 LET WEL:
 • Die [Herstel Databasis] knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
   voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
   oorspronklike data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
 • MOENIE gegewe kode verander NIE.
 • Kode word gegee om die GGK-komponente met die databasis te verbind.
 • TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos in die
   onderstaande tabel beskryf word.
 • Gebruik tblStatus en tblVoëls komponente net in Vraag 2.2.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

        Veranderlike     Datatipe         Beskrywing
        tblStatus        TADOTable        Verwys na die tabel met die naam Status
        tblVoëls         TADOTable        Verwys na die tabel met die naam Voëls

 2.1 In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
     VRAAG 2.1.5. te beantwoord.

       Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
       navrae te vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.

       Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per
       vraag aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken
       is, te voltooi.

       2.1.1    Knoppie [2.1.1]

                Skryf SQL-kode wat al die Status inligting in omgekeerde alfabetiese
                volgorde volgens die StatusNaam, sal vertoon.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (3)

       2.1.2    Knoppie [2.1.2]

                Skryf SQL-kode om die VoëlNaam van al die voëls wat minder as 200
                Waarnemings gehad het, te vertoon.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2021)

      2.1.3    Knoppie [2.1.3]

               Die gebruiker moet die naam van ŉ voël intik. Kode word verskaf
               wanneer “vulture” in ŉ 'inputbox' ingelees word en in ŉ veranderlike
               sToevoer, gestoor word.

               Skryf SQL-kode om die VoëlNaam en LaasteWaarneming datum
               van al die voëls, wat die woord wat in die sline veranderlike, gestoor
               is, sal vertoon.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (4)

      2.1.4    Knoppie [2.1.4]

               Skryf SQL-kode om al die voëls wat nog nie geassesseer is nie of wie
               se status 'Least concern' is, te verwyder. Die StatusID vir 'Not
               Assessed' is nommer 6 en die StatusID vir 'Least Concern' is
               nommer 5.

               (Kode is geskryf om die opdateerde tabel te vertoon nadat die
               gemaak is.)

               Voorbeeld van afvoer van die eerste 9 rekords:

                                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        11

       2.1.5    Knoppie [2.1.5]

                Skryf SQL-kode om al die voëls se StatusNaam en VoëlNaam te
                vertoon.

                Voorbeeld van afvoer van die eerste 8 rekords:

                                                                                   (3)

       2.1.6    Knoppie [2.1.6]

                Skryf SQL-kode om die gemiddelde aantal waarnemings vir elke
                StatusID van al die voëls wat laas in die jaar 2007
                LaasteWaarneming waargeneem is, sal vertoon. Die beskrywing
                moet 'GemiddeldeWaarnemings' wees. Rond die gemiddeld na 2
                desimale plekke af.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
     VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.

      Gebruik die globale veranderlikes, tblStatus en tblVoëls, wat verskaf is.

      GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

      2.2.1    Knoppie [2.2.1]

               Skryf kode wat al die voël name (VoëlNaam) wat die woord ‘EAGLE’
               bevat in die 'richedit'-komponent, redVertoon, sal vertoon.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (6)

      2.2.2    Knoppie [2.2.2]

               Alle voëls wat as kwesbaar ('vulnerable') geklassifiseer is, se status
               moet na bedreig verander word.

               Skryf kode om al die voëls wat 'n StatusID van 3 het, te verander na
               'n StatusID van 2.

               Tel hoeveel veranderinge gemaak is en vertoon die hoeveelheid in
               die redVertoon 'richedit'.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (9)

               •     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
                     programlêer.
               •     Stoor jou program.
               •     'n Drukstuk van jou kode mag vereis word.                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                    13

 VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

 Voëlkyk word gedefinieer as ŉ ontspanningsaktiwiteit, deur mense wat voëlkykers
 genoem word, om wilde voëls in hul natuurlike habitat te identifiseer en waar te
 neem. Daar is baie wilde voëls wat deur voëlkykers in verskillende biologiese
 gemeenskappe in die Oos-Kaap gesien kan word.

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
 • Maak die onvoltooide objekklas Vraag3KlasDefinisie.pas oop.
 • Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide die Vraag3KlasDefinisie.pas
   en Vraag3_u.pas.
 • Kompileer en voer die program uit. Tans het die program geen funksionaliteit
   nie.
 • MOENIE gegewe kode verander or verwyder NIE.

 Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

 Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2
 gespesifieer is.

 3.1 Die onvolledige klas (TWaarneming)            bevat   vyf   attribute   wat   die
     objVoëlkyker-objek beskryf.

       NAME VAN ATTRIBUTE        BESKRYWING
       fNaam                     Die naam van die persoon wat ŉ voëlkyker is
                                 Die naam van die area waar die voël die eerste
       fArea
                                 keer gesien is
       fVoëlNaam                 Die naam van die voël wat gesien is
                                 Die datum wanneer die voël die eerste keer
       fDatum
                                 gesien is
       fWaarnemings              Die totale waarnemings tot dusver

       Voltooi die kode in die objekklas, soos dit hieronder in VRAAG 3.1.1 tot
       VRAAG 3.1.5 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

      3.1.1    Skryf kode vir ŉ konstrukter metode met die naam Create wat die
               naam van die voëlkyker, area, voëlnaam en die waarnemingsdatum
               as parameters ontvang.

               Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en
               inisialiseer die attribuut vir die waarnemings na EEN.                      (4)

      3.1.2    Skryf kode vir ŉ metode, getWaarnemings, wat die aantal
               waarnemings terug stuur.                                                    (2)

      3.1.3    Skryf kode vir die VermeerderHoeveelheid-metode wat ŉ een
               heelgetal as parameter sal ontvang en dit by die attribuut,
               fHoeveelheid, sal by tel.                                                   (4)

      3.1.4    Skryf kode vir ŉ metode met die naam WaarnemingsGaping wat die
               aantal jare moet bereken sedert die eerste waarneming van die voël
               plaasgevind het. Gebruik die huidige datum en fDatum-attribuut om
               die aantal jare as deel van ŉ string met die woorde 'jaar sedert eerste
               waarneming' aan die einde by te voeg.

               Voorbeeld van afvoer: ‘23 jaar sedert eerste waarneming.’                   (7)

      3.1.5    Skryf kode vir ŉ metode, toString, wat ŉ string moet terugstuur.

               Die string moet die attribute van die klas bymekaar voeg in die
               volgende formaat:

               <persoon se naam> het ŉ <voëlnaam>
               <aantal jaar sedert eerste waarneming> by <area> op <datum van
               eerste waarneming> gesien

               Voorbeeld van afvoer:

               Joseph Mcina het ŉ Cardinal Woodpecker
               11 jaar sedert eerste waarneming by Cape Recife op 4/11/2010
               gesien                                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

 3.2 ŉ Onvoltooide eenheid Vraag3_u.pas is verskaf.

       Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ŉ Globale
       objekveranderlike, objVoëlkyker, is verklaar.
       Moet Geen gegewe kode verander of verwyder NIE.
       Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer:

       3.2.1    Knoppie V3.2.1

                Die gebruiker moet die voëlkyker se naam in tik, ŉ waarnemingsarea
                kies, die voëlnaam en die datum wanneer die voël vir die eerste keer
                gesien is in die gegewe komponente, edtVoëlkykerNaam, cmbArea,
                rgpVoëls, sedDag, sedMaand en sedJaar, in tik.

                Skryf kode om die volgende te doen:
                • Die datum moet geskep word deur die jaar, maand en datum in die
                  formaat 'Dag/Maand/Jaar' bymekaar te voeg. (Byvoorbeeld:
                  23/9/2012)
                • Instansieer die objek, objVoëlkyker, deur die voëlkyker se naam,
                  die waarnemingsarea, voëlnaam en die datum wanneer dit vir die
                  eerste keer waargeneem is, te gebruik.
                • Maak die 'richedit' skoon.

                Gebruik ŉ metode van die klas om die voëlkyker se naam, die voël
                se naam, die aantal jare sedert die eerste waarneming, die area van
                die waarneming en die datum van die eerste waarneming, te vertoon.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

      3.2.2    Knoppie V3.2.2

               Skryf kode om die toevoer van die spin-redigeerblokkies ('spinedit'),
               sedWaarnemings, te kry.

               Gebruik die metodes van die klas om die volgende te doen:

               • Vermeerder die aantal waarnemings deur die waarde van die spin-
                 redigeerblokkies te gebruik.

               • Vertoon die woorde ‘Totale waarnemings tot dusver’, asook die
                 aantal waarnemings in die richedit, redVertoon.

               Voorbeeld van afvoer as 3 waarnemings by die hoeveelheid gevoeg is:

                                                                                            (5)

               •     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van
                     die programlêer. (In beide die klas en hoofprogram wat die klas
                     gebruik.)
               •     Stoor jou programme.
               •     ŉ Drukstuk van die kode van albei eenhede mag vereis word.           [38]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            17

 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

 Tegnies is daar geen beginpunt van die watersiklus nie, maar op die vraag 'Waar
 begin die watersiklus?', het mense verskillende antwoorde. ŉ Opname is gedoen
 met baie mense wat hierdie vraag beantwoord het. Gebruik die data uit hierdie
 opname om berekeninge uit te voer en die antwoorde te vertoon.

 Doen die volgende:
 • Maak die onvolledige program in die Vraag 4 lêergids oop.
 • Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas
   lêer in.
 • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 Voorbeeld van die tekslêer met die naam water.txt:

 Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.

 LET WEL:
 • Goeie programmeringsbeginsels moet in die ontwerp en kodering van jou
   oplossing toegepas word.
 • MOENIE die kode wat verskaf is, verander NIE.

 Gegee:
 ŉ Globale skikking, arrTipes, is verklaar.
 ŉ Globale skikking, arrHoeveelheid, is verklaar.
 ŉ Globale teller, iTeller, is verklaar.
 ŉ Globale veranderlike vir die totaal, iTotaal, is verklaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.1 Knoppie V4.1

      Skryf kode om die volgende te doen:
      • Lees die reëls van die tekslêer, water.txt in die twee skikkings arrTipes en
        arrHoeveelheid deur die tipe metode te skei en in arrTipes te voeg en die
        aantal mense wat die metode gebruik, in arrHoeveelheid te stoor.
      • Bereken die totale aantal mense wat ŉ keuse gemaak het en stoor dit in die
        globale veranderlike, iTotaal.
      • Sorteer die twee skikkings volgens die getalle in arrHoeveelheid van laag
        na hoog.
      • Vertoon albei skikkings, in netjiese kolomme, in redVertoon asook die
        totale aantal mense wat deelgeneem het.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (19)

 4.2 Knoppie V4.2

      Skryf kode om die persentasie van elke hoeveelheid in arrHoeveelheid te
      bereken deur die globale veranderlike iTotaal te gebruik. Rond die antwoord
      na geen desimale plekke af.

      Voorbeeld: persentasie = hoeveelheid van ŉ gekose tipe / totaal van al die
      keuses x 100

      Vertoon die persentasies as ŉ simbool vir elk van die vier kategorieë.

      Die VIER kategorieë bestaan uit die volgende:
          Persentasies tussen en gelyk aan 1 en 5.
          Persentasies tussen en gelyk aan 6 en 10.
          Persentasies tussen en gelyk aan 11 en 20.
          Persentasies tussen en gelyk aan 21 en 50.

      Vertoon ŉ simbool (x) in ŉ netjiese tabel om die verskillende persentasie vir
      elke tipe van arrTipes voor te stel.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                          19

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                 (13)

       •   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer.
       •   Stoor jou program.
       •   ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                              [32]

                                                                  TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [INFO TECH P1 GR12 MEMO SEPT2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p1-gr12-memo-sept2021-eng-d/ff05fb64-9f3d-4fe4-bb3d-3fe016928d51) — Information Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2021-eng/17164583-d33b-4fb5-8673-baf85007b1fc) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
