# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
       elk van die VIER afdelings beantwoord.

2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen, is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om
       die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
       Delphi-programmeringstaal is.

4.     Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
       vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
       word.

5.     Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
       vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
       word nie.

6.     Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data
       sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-
       uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

7.     Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
       ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
       hierdie roetines gebruik NIE.

8.     Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
       die datastruksture verskaf word.

9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
       jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
       toegeken is.

10.    Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy
       kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
       programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur
       tyd vir drukwerk gegee word.

12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ŉ disket/CD/
       DVD/geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker
       maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie
       eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan
       word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ŉ
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
       Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

       Doen die volgende:

        •   Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
        •   Klik op die ‘Extract’-knoppie.
        •   Sleutel die volgende wagwoord in: Oh%t22

       Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
       (‘folder’) DataSept2022 beskikbaar wees:

       Vraag 1:

       Vraag1_u.pas
       Vraag1_u.dfm
       Vraag1_p.dpr
       Vraag1_p.res

       Vraag 2:

       dbConnection_u.pas
       Aflewering.mdb
       AfleweringRugsteun.mdb
       Vraag2_u.pas
       Vraag2_u.dfm
       Vraag2_p.dpr
       Vraag2_p.res

       Vraag 3:

       Vraag3KlasDefinisie.pas
       Vraag3_u.pas
       Vraag3_u.dfm
       Vraag3_p.dpr
       Vraag3_p.res

       Vraag 4:

       stemme.txt
       Vraag4_u.pas
       Vraag4_u.dfm
       Vraag4_p.dpr
       Vraag4_p.res

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 Doen die volgende:

    • Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.
    • Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_u.pas-lêer in.
    • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
      nie.
    • Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos
      beskryf in VRAAG 1.1, VRAAG 1.2, VRAAG 1.3 en VRAAG 1.4, te voltooi.

 1.1     Knoppie [1.1 Vorm]

         Skryf kode om die volgende te doen:

          •   Verander die vorm van die vorm-komponent, shpToets na ŉ sirkel.
          •   Verander die kleur van die vorm, shpToets na groen.
          •   Verander die ‘group box’ gbxVraag12 sodat dit sigbaar is.
          •   Maak die ‘group box’ gbxVraag13 aktief.

         LET WEL:     Veranderinge wat in die ‘Object Inspector’ gemaak word, sal nie
                      gemerk word nie.                                                         (4)

 1.2     Knoppie [1.2 Ontsyfer]

         Die volgende kode is in die redigeerblokkie, edtToevoer, ingetik:
                    73 84 32 105 115 32 101 97 115 121 33

         Elke getal in die string is die ordinale getal van die karakter of simbool en
         elke ordinale getal is deur ŉ spasie geskei.

         Skryf kode om die sin, nadat die ordinale getalle na die ooreenstemmende
         karakters en simbole verwerk is, te vertoon. Maak gebruik van die CHR-
         funksie.

         LET WEL: ŉ Spasie het ŉ ordinale waarde van 32.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                5

 1.3   Knoppie [1.3 Toets]

       ŉ Priemgetal is ŉ positiewe heelgetal wat presies twee positiewe faktore het.
       Die syfer 1 is nie ŉ priemgetal nie.

       Die getal 16 kan as die som van twee priemgetalle voorgestel word,
       byvoorbeeld 3 + 13 en 5 + 11. Geen ander priemgetalle wat bymekaar getel
       word, sal gelyk wees aan 16 nie.

       Gebruik die gegewe heelgetal en bepaal die maniere waarop die syfer
       voorgestel kan word, deur twee priemgetalle bymekaar te tel. Die som, x + y
       en y + x, kan as dieselfde berekening aanvaar word.

       Doen die volgende:
       • Maak die ‘listbox’, lstAfvoer, skoon.
       • Kry die toevoer van die spinredigeerblokkie, sedGetal.
       • Vind al die priemfaktore van die toevoer en stoor die faktore in ŉ skikking.
       • Bereken en vertoon, in die ‘listbox’ lstAfvoer, al die kombinasies van twee
         priemgetalle wat bymekaar getel kan word, wat aan die toevoer gelyk is.
       • Vertoon ŉ geskikte boodskap as die toevoer nie bereken kan word deur
         twee priemgetalle bymekaar te voeg nie.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (21)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.4   Knoppie [1.4 Area]

       ŉ Sirkel het ŉ omtrek van 0.9 m en ŉ vierkant met ŉ sy lengte van 0.2 m word
       uit ŉ sirkel gesny.

       Area van ŉ sirkel = Pi x radius x radius.
       Omtrek van ŉ sirkel = 2 x Pi x radius
       Radius van ŉ sirkel = omtrek / (2 x Pi)

       Gebruik die volgende formules:

       Area van ŉ sirkel = Pi x (0.9 / (2 x Pi)) x (0.9 / (2 x Pi)) m2
       Area van ŉ vierkant = 0.2 x 0.2 m2

       Oorblywende area van die sirkel = area van sirkel – area van vierkant

       Skryf kode om die oorblywende area van die sirkel te bereken. Dit moet na
       cm2 verwerk word. (1 m2 = 100 cm2)

       Vertoon die antwoord afgerond na drie desimale plekke in die lblAfvoer-
       komponent.

       LET WEL: Voeg die antwoord by die huidige teks wat in die byskrif (‘label’)
                vertoon word.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                          (7)

       •   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer.
       •   Stoor jou program.
       •   ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING

 Die databasis Aflwering.mdb bevat inligting van winkels en bestellings wat deur die
 kliënte geplaas is en deur ŉ aflweringsbesigheid afgelewer word. Die databasis
 bestaan uit twee tabelle, naamlik tblWinkels en tblBestellings.

 Tabel: tblWinkels
 Hierdie tabel bevat die beskrywings van winkels wat die afleweringsbesigheid gebruik.

  Veldnaam            Datatipe     Beskrywing
  WinkelID            AutoNumber   ŉ Unieke getal wat aan elke winkel toegeken is
  WinkelNaam          Text (50)    Die naam van die winkel
  Aanlyn              Yes/No       Dui aan of die winkel goedere aanlyn verkoop of nie

 Voorbeeld van data in die tblWinkels-tabel:

 Tabel: tblBestellings
 Hierdie tabel bevat inligting van bestellings en afleweringsadresse.

  Veldnaam         Datatipe         Beskrywing
  BestellingID     Autonumber       ŉ Unieke getal wat aan bestelling toegeken is
  Afleweringsadres Text (50)        Die adres van koper waar die bestelling
                                    afgelewer moet word.
  BestellingBedrag Currency         Geldwaarde van bestelling
  Items            Number           Aantal items wat bestel is
  BestellingDatum Date (short date) Datum wanneer bestelling geplaas is
  AfleweringDatum Date (short date) Datum wanneer bestelling afgelewer word
  Kollekteer       Yes/No           Dui aan of die kliënt die bestelling wil afhaal
                                    in plaas van gebruik maak van aflewering
  WinkelID         Number           Vreemde sleutel wat die tblWinkel verbind

 Voorbeeld van data van die eerste sewe rekords van die tblBestellings-tabel:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 Die verwantskap tussen die twee tabelle word hieronder gewys:

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag2_p.dpr in die Vraag 2-gidslêer oop.
 • Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas
   lêer in.
 • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
   nie.

    • Volg die instruksies om die kode vir elke vraag te voltooi, soos in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf is.
    • Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

 LET WEL:
 • Die [Herstel Databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
   voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
   oorspronklike data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
 • MOENIE gegewe kode verander NIE.
 • Kode word gegee om die GGK-komponente met die databasis te verbind.
 • TWEE veranderlikes is as globale veranderlikes verklaar, soos in die
   onderstaande tabel beskryf word.
 • Gebruik tblWinkels en tblBestellings komponente net in VRAAG 2.2.

    Veranderlike      Datatipe      Beskrywing
    tblWinkels        TADOTable     Verwys na die tabel met die naam tblWinkels
    tblBestellings    TADOTable     Verwys na die tabel met die naam tblBestellings

 2.1 In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
     VRAAG 2.1.6 te beantwoord.

        Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
        navrae te vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.

 Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per vraag
 aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4, sSQL5 en sSQL6 toegeken
 is, te voltooi.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               9

       2.1.1    Knoppie [V 2.1.1]

                Skryf SQL-kode wat die Afleweringsadres en AfleweringDatum van
                al die bestellings vertoon, gesorteer met die mees onlangse
                AfleweringDatum eerste.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (3)

       2.1.2    Knoppie [V 2.1.2]

                Skryf SQL-kode om die aantal bestellings waar die aantal Items 20 of
                meer is, te vertoon. Vertoon die antwoord as Items20ofMeer.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (4)

       2.1.3    Knoppie [V 2.1.3]

                Die gebruiker moet ŉ straatnaam intik. Kode word verskaf vir
                straatnaam “Nxolo Street” om in die toevoerkomponent ingelees te
                word en in die veranderlike met die naam sStraat te stoor.

                Skryf SQL-kode om al die velde van die bestellings waar die
                straatnaam, wat in sStraat gestoor is, in die Afleweringsadres
                voorkom, te vertoon.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

      2.1.4    Knoppie [V 2.1.4]

               Skryf ŉ SQL-stelling om die Kollekteer-veld te verander na ‘True’ vir
               al die bestellings waar die AfleweringDatum-veld leeg is.

               (Kode is geskryf om die tabel te vertoon nadat die veranderinge
               gemaak is.)

               Voorbeeld van afvoer van die eerste 7 rekords:

                                                                                         (3)

      2.1.5    Knoppie [V 2.1.5]

               Skryf SQL-kode om die Afleweringsadres te vertoon asook die
               aantal dae wat dit geneem het om die bestelling af te lewer in ŉ
               berekende veld met die naam AflewerDae.

               LET WEL:     Alle bestellings is in 2022 geplaas            en    die
                            BestellingDatum en AfleweringDatum             vir   alle
                            bestellings vind in dieselfde maand plaas.

               Voorbeeld van afvoer van die eerste 10 rekords:

                                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            11

       2.1.6    Knoppie [V 2.1.6]

                Skryf SQL-kode om die WinkelNaam en die totale verkope, in
                geldeenheid, vir elke winkel te vertoon met die opskrif
                ‘TOTALEVerkope’.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (7)

                                                              TOTAAL VRAAG 2.1:        (25)

 2.2 In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
     VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.

       Gebruik die globale veranderlikes, tblWinkels en tblBestellings, wat verskaf
       is.

       GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.

       2.2.1    Knoppie [V2.2.1]

                Skryf kode om al die winkelname te vertoon van die winkels wat
                aanlynwebwerwe het. Kode word vir die opskrif verskaf.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2022)

      2.2.2    Knoppie [V 2.2.2]

               •     Kode is geskryf om die WinkelNaam van die kombinasieblok,
                     cmbWinkel, te kry en dit in die veranderlike sWinkel te stoor.
               •     Kode is geskryf om al die opskrifte in die ‘richedit’, redAfvoer te
                     vertoon.
               •     Skryf kode om al die bestellings vir die winkelnaam, wat in die
                     kombinasieblok gekies is, in die redAfvoer te vertoon, asook die
                     BestellingDatum en BestellingBedrag van elke bestelling van
                     die gekose winkel.
               •     Jy moet die totale bedrag van al die bestellings aan die einde van
                     die lys vertoon.

               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (10)

                                                                 TOTAAL VRAAG 2.2:          (15)

               •     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
                     programlêer.
               •     Stoor jou program.
               •     ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                13

 VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

 Die besigheid, TLC Car Repair, het ŉ program nodig om rekord te hou van hul
 kwotasies om motors te herstel. Die koste van arbeid vir herstelwerk is R70 per uur.

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
 • Maak die onvoltooide objekklas Vraag3KlasDefinisie.pas oop.
 • Sleutel jou naam en van as kommentaar in beide die Vraag3KlasDefinisie.pas
   en Vraag3_u.pas.
 • Kompileer en voer die program uit. Tans het die program geen funksionaliteit nie.
 • MOENIE gegewe kode verander of verwyder NIE.

 Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

 Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2
 gespesifiseer is.

 3.1 Die onvolledige klas (THerstel) bevat vyf attribute wat die objHerstel-objek
     beskryf. Twee metodes, getUre en getTotaleKoste is vir jou geskryf.

       NAME VAN ATTRIBUTE        BESKRYWING
       fHerstelwerk              Die beskrywing van die herstelwerk wat nodig is
       fUre                      Die aantal ure wat nodig is om herstelwerk te voltooi
       fKoste                    Die arbeidskoste vir EEN herstel
       fTotaleKoste              Die totale koste vir alle herstelwerk

       Voltooi die kode in die objekklas, soos dit hieronder in VRAAG 3.1.1 tot
       VRAAG 3.1.4 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

      3.1.1    Skryf kode vir ŉ konstruktor-metode, Create, wat die naam van die
               herstelwerk (beskrywing van wat op die motor herstel moet word) en
               die aantal ure wat herstelwerk sal neem as ŉ heelgetal, sal ontvang.
               Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en stoor die
               koste van herstelwerk as 70 * ure in die koste-attribuut (R70
               arbeidskoste per uur).                                                     (4)

      3.1.2    Skryf kode vir ŉ metode met die naam setTotaleKoste wat ŉ heelgetal
               wat die aantal ure verteenwoordig, moet ontvang en dit toe ken aan die
               attribuut, fTotaleKoste, nadat die parameter met 70 vermenigvuldig is.     (4)

      3.1.3    Skryf kode vir ŉ metode met die naam BerekenDae wat ŉ heelgetal
               parameter ontvang en ŉ heelgetal waarde terugstuur gebaseer op die
               volgende reëls:
               • Deel die parameter deur 8 en as die antwoord ŉ breuk is, dan moet
                  die getal na die naaste heelgetal opgerond word.
               • Enige herstelwerk wat minder as of gelyk aan 8 ure neem, word
                  beskou as een dag se werk.

               Voorbeelde:
                                        URE           DAE
                                         10            2
                                         9             2
                                         23            3
                                         2             1
                                         1             1                                      (6)

      3.1.4    Skryf kode vir ŉ metode met die naam toString wat ŉ string moet
               terugstuur.
               Die string moet die attribute van die klas in die volgende formaat
               bymekaar voeg:

               <Naam van herstelwerk>
               Ure om te voltooi: <ure>
               Arbeidskoste: <koste per eenheid in geldeenheid>

               Voorbeeld van afvoer:
                Air and Cabin Filter Replacement
                Ure om te voltooi: 1
                Arbeidskoste: R70.00                                                          (4)

                                                              TOTAAL VRAAG 3.1:           (18)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

3.2    ŉ Onvolledige eenheid Vraag3_u.pas word voorsien.
       Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ŉ Globale
       objekveranderlike, objHerstel, is reeds verklaar.
       MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.
       Volg die instruksies hieronder om die kode te voltooi:
       3.2.1    Knoppie V 3.2.1 Voeg by kwotasie
                Die gebruiker moet ŉ herstelwerk en die aantal ure wat benodig word
                vir herstel in die gegewe toevoerkomponente, lstHerstelwerk en
                sedUre, kies.
                Skryf kode om die volgende te doen:
                • Instansieer die objek, objHerstel, deur die naam van herstelwerk
                   en aantal ure vir herstel te gebruik.
                • Gebruik ŉ metode van die klas om die naam van herstelwerk,
                   aantal ure en herstelkoste te vertoon.
                • ŉ Globale veranderlike, iTotaleUre, is reeds geskep en jy moet ŉ
                   metode van die klas gebruik om die ure by die globale veranderlike
                   te tel.
                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (11)
       3.2.2    Knoppie V 3.2.2 Finaliseer Kwotasie
                Doen die volgende:
                • Gebruik die globale veranderlike, iTotaleUre en metode van die
                  klas om die totale koste van herstelwerk te bepaal.
                • Kry die totale koste van herstelwerk deur die metode van die klas
                  te gebruik en stoor dit in ŉ veranderlike.
                • Gebruik die ‘checkbox’, cbxParte, en voeg R150 vir vervoer/
                  afleweringskoste by die totale koste wanneer die parte gekoop moet
                  word.
                • Vertoon die aantal dae wat dit sal neem om al die herstelwerk in die
                  ‘richedit’ redAfvoer te voltooi deur ŉ metode van die klas en die
                  globale veranderlike iTotaleUre te gebruik.
                • Vertoon die totale koste vir herstelwerk in die ‘richedit’ met die naam
                  redAfvoer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

               Voorbeeld van afvoer:

               As die keuseblokkie gekies is (Koop Parte), dan is die afvoer soos
               hieronder:

                                                                                           (11)

                                                               TOTAAL VRAAG 3.2:           (22)

               •     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
                     programlêer. (In albei eenhede – klaseenheid en hoofprogram wat
                     die klas gebruik)
               •     Stoor jou programme.
               •     ŉ Drukstuk van jou kode vir albei eenhede mag vereis word.            [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                17

 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSING PROGRAMMERING

 ŉ Verkiesing vind plaas in 10 distrikte van ŉ provinsie en daar is net twee partye, A
 en B. Jy moet die program voltooi om te bepaal watter party die verkiesing gewen
 het.

 Doen die volgende:
  • Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop.
  • Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_u.pas-lêer in.
  • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
    nie.

 Voorbeeld van die tekslêer met die naam stemme.txt

 Voltooi die kode vir elke vraag, VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.

 LET WEL:
  • Goeie programmeringstegnieke moet toegepas word in die ontwerp en
    kodering van jou oplossing.
  • Jy mag GEEN gegewe kode verander NIE.

 Gegee:
 ŉ Globale skikking, ar2Stemme, is verklaar.
 ŉ Tekslêer, stemme.txt, is in die Vraag 4-gidslêer en bevat 20 reëls van stemme
 vir kandidate A en B vir die 10 distrikte.

 4.1 Knoppie V 4.1 Kry stemme
     • Die twee-dimensionele skikking met die naam ar2Stemme bestaan uit 10
       kolomme vir die 10 distrikte en 2 rye vir die twee kandidate, A en B.
     • Ry 1 van die skikking is vir kandidaat A se stemme en ry 2 is kandidaat B
       se stemme.
     • Die eerste reël in die tekslêer is die aantal stemme vir kandidaat A en die
       tweede reël is die aantal stemme vir kandidaat B, ens. (Al die ewegetal rye
       in die tekslêer is kandidaat B se stemme en al die ongelyke rye is
       kandidaat A se stemme.)

       Skryf kode om die volgende te doen:
       • Lees die reëls van die tekslêer, stemme.txt en stoor dit in die twee-
          dimensionele skikking, ar2Stemme.
       • Daar is geen afvoer wat vertoon moet word nie.                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.2 Knoppie V 4.2 Bereken wenners

      Jy moet die twee-dimensionele skikking, ar2Stemme, gebruik om kode te
      skryf om die wenner vir elke distrik te bepaal en vertoon.
      • Vertoon elke distriknaam en wenner vir daardie distrik in die ‘richedit’,
         redV4 vir die 10 distrikte.
      • Skryf kode om te tel watter kandidaat die meeste distrikte gewen en
         vertoon die algehele wenner in redV4.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                     (18)

      •   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          programlêer.
      •   Stoor jou program.
      •   ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                                   [30]

                                                                       TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/55409ee4-7e45-46a3-88eb-9dbd26e43037) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
