# Information Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2024-afrik/3a7f1506-5adf-4c58-847e-cd5345ada07f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2024-afrik/3a7f1506-5adf-4c58-847e-cd5345ada07f)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel is in VIER vrae ingedeel. Kandidate moet AL die vrae beantwoord.

2.   Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
     eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
     eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.   Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die
     Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word
     om die vrae te beantwoord.

4.   Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag
     gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.   Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
     nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.   Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
     werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat
     in die vraestel verskyn nie.

7.   Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
     word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines
     gebruik NIE.

8.   Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
     datastrukture verskaf word.

9.   Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou
     gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.

10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer,
    asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse
    wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur tyd vir drukwerk gegee word.

12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ŉ disket/CD/DVD/ geheuestokkie
    inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die
    skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker
    dat al die lêers gelees kan word.

13. Stoor jou werk gereeld.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                       3

 14.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ŉ
        disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
        lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

        Doen die volgende:

        •   Dubbelklik op die uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is:
        •   DataAFRAug2024.exe
        •   Klik op die ‘Extract’-knoppie.
        •   Sleutel die volgende wagwoord in: #Crypto@Aug2024.

        Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
        DataAFRAug2024 beskikbaar wees:

        Vraag 1:                                Vraag 3:
        Vraag1_P.dpr                            Kripto_U.pas
        Vraag1_P.dproj                          Vraag3_P.dpr
        Vraag1_P_Icon.ico                       Vraag3_P.dproj
        Vraag1_U.dfm                            Vraag3_P_Icon.ico
        Vraag1_U.pas                            Vraag3_U.dfm
                                                Vraag3_U.pas

        Vraag 2:                                Vraag 4:
        CryptoExchange.mdb                      Kripto.txt
        CryptoExchangeRugsteun.mdb              Vraag4_P.dpr
        dbConnection_u.pas                      Vraag4_P.dproj
        Vraag2_P.dpr                            Vraag4_P_Icon.ico
        Vraag2_P.dproj                          Vraag4_U.dfm
        Vraag2_P_Icon.ico                       Vraag4_U.pas
        Vraag2_U.dfm
        Vraag2_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 SCENARIO:
 Kriptogeldeenhede het weereens in gewildheid toegeneem. Gegewe die vinnige
 vooruitgang in bestaande en opkomende kriptogeldeenhede-tegnologieë, is dit
 noodsaaklik om die grondbeginsels, sekuriteitsprotokolle en praktiese toepassings te
 verstaan. Jou taak is om programmeringsoplossings te vind vir die volgende vrae
 rakende kriptogeldeenhede.

 Doen die volgende:
 • Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.
 • Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas lêer.
 • Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

 Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos dit hieronder in VRAAG 1.1 tot
 VRAAG 1.4 beskryf word.

 1.1     Knoppie [1.1 – Paneel-eienskappe]

         Skryf kode vir knoppie btn1_1 om die eienskappe van paneel pnlAfvoer soos
         volg te verander:

         1. Stel die fonttipe na Arial.
         2. Stel die fontgrootte na 16.
         3. Stel die font na ‘Bold’ en ‘Italic’.
         4. Stel die teks sodat dit aan die regterkant van die paneel vertoon.
         5. Verander die ‘caption’ na ‘Crypto Exchange’.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     5

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (6)

 1.2 Knoppie [1.2 – Deel munte]
       Drie vriende Tom, Jerry en Andile het Ethereum munte gekoop toe die prys
       nog laag was. Hulle het besluit om nou te ‘cash out’. Jy moet die munte
       onderskeidelik in die verhouding 3:4:5 verdeel. Die aantal munte wat gekoop
       is, word deur die gebruiker in die redigeerblokkie edtToevoer ingetik. As daar
       oorblywende munte is, sal dit nie deur die vriende verdeel word nie, maar
       liewers gelos word sodat dit met wisselkoers kan groei.

       *****Let wel dat elke munt as ŉ vol munt hanteer moet word en geen desimale
       waardes gebruik of vertoon moet word nie.*****

       Skryf kode vir die knoppie btn1_2 om te bepaal hoeveel munte elke vriend sal
       ontvang asook hoeveel munte oorbly na die verdeling. Afvoer moet in label
       lbl1_2 soos in gegewe voorbeelde vertoon word. Verseker die korrekte gebruik
       van ŉ apostroof en enterspasieëring.
            Afvoer as 56 munte gekoop is.          Afvoer as 12 munte gekoop is.

                                                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

 1.3     Knoppie [V1.3 – Wagwoord]
         Kriptorekeninge het sterk wagwoorde nodig. Jy word vereis om ŉ algoritme te
         skryf wat ŉ sterk wagwoord sal skep.

         Skryf kode vir knoppie btn1_3 om die wagwoord te skep volgens die volgende
         reëls.

         Die wagwoord moet die letters "CRYPTO" bevat.
         1.   Lus deur elke letter van die woord "CRYPTO".
         2.   Genereer vir elke letter lukraak karakters van A TO Z totdat jy ŉ karakter
              vind wat ooreenstem met die ooreenstemmende letter in "CRYPTO".
         3.   Tel hoeveel keer ŉ ewekansige getal geskep was totdat die
              ooreenstemmende karakter gevind was.
         4.   Voeg die aantal ewekansige getalle gevolg deur die ooreenstemmende
              karakter (as ŉ kleinletter) by die wagwoord.
         5.   Herhaal stappe 2–4 vir elke letter in "CRYPTO".
         6.   Vertoon die geskepte wagwoord in label lbl1_3.                                    (12)

         Voorbeeld van afvoer (let wel: elke afvoer sal anders wees weens die
         ewekansige getal vir elke karakter).

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                    7

 1.4      Knoppie [V1.4 – ASCII Kuns]
          Sommige van die MEME-munte wil hê dat hul handelsmerk ASCII kuns (kuns
          wat geskep is deur karakters) insluit.
          Skryf kode vir knoppie btn1_4 om die patroon gebaseer op die volgende reëls
          te skep:
          1.   Vra die gebruiker om die lengte van die langste reël van die patroon in te
               tik.
          2.   Bou die patroon deur die karakter ‘&’ te gebruik.
          3.   Begin met ŉ enkele '&'-karakter op die eerste reël.
          4.   Vir elke volgende reël, voeg ŉ ‘&’ by aan die einde van die vorige reël.
          5.   Nadat die maksimum aantal karakters bereik is, verwyder ‘&’ karakters van
               die begin van elke reël totdat daar slegs een ‘&’ karakter oor bly op die
               laaste reël.
          6.   Vertoon die gegenereerde patroon in die ‘rich edit’ redAfvoer.
          Voorbeeld afvoer:

               Afvoer as maksimum lengte 5 is.      Afvoer as maksimum lengte 10 is.

                                                                                                   (7)

          •    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
               programlêer.
          •    Stoor jou program.
          •    ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                    TOTAAL VRAAG 1:            [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: SQL- EN DATABASISPROGRAMMERING

ŉ Toepassing word vereis wat die CryptoExchange.mdb databasis sal gebruik om die
data en navrae van kripto-geldeenheid handelaars sal bestuur.

Die databasis bevat twee tabelle tblLede en tblKripto.

Die bladsye met data aan die einde van hierdie vraestel verskaf inligting oor die ontwerp
van die CryptoExchange.mdb, databasis en sy inhoud.

Doen die volgende:

•   Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
•   Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
•   Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder oor die seleksie van die
    oortjieblad (‘tab sheet’) Vraag 2.2 getoon word.

•    Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling te voltooi, soos in
     VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.
•    Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphikode om vir
     VRAAG 2.2 te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     9

LET WEL:
• Die ‘Herstel databasis’-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis voorkom,
  na die oorspronklike inhoud te herstel.
• Die inhoud van die databasis is met ŉ wagwoord beskerm, met ander woorde jy
  sal NIE toegang tot die inhoud van die databasis deur Microsoft Access kry NIE.
• Kode word voorsien om die GGK-komponente met die databasis te koppel. Moet NIE
  enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
• DRIE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder
  beskryf word:

      Veranderlike     Datatipe        Beskrywing
      tblKripto        TADOTable       Verwys na die data wat in tabel tblKripto gestoor is
      tblLede          TADOTable       Verwys na die data wat in tabel tblLede gestoor is
      qryInfo          TADOQuery       ‘Query’-komponent wat gebruik gaan word om
                                       navrae op die twee tabelle, tblKripto en tblLede, te
                                       doen
2.1    Oortjieblad (‘Tab Sheet’) [Vraag 2.1]
       Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1.

       LET WEL:
       • Gebruik SLEGS SQL-kode om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 te beantwoord.
       • Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navraag te
         vertoon, is verskaf. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2,
         sSQL3, sSQL4, sSQL5 en sSQL6 toegeken is, is onvolledig.
       Voltooi die SQL-stellings om die vrae te voltooi soos hieronder in VRAAG 2.1.1 tot
       VRAAG 2.1.6 beskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2024)

     2.1.1   Knoppie [V2.1.1]

             Skryf SQL-kode om al die velde van die lede te vertoon, in volgorde
             volgens die ouderdom van die lede van jongste tot oudste.

             Voorbeeld van afvoer (eerste 15 rekords):

                                                                                         (3)

     2.1.2   Knoppie [V2.1.2]

             Skryf SQL-kode om die verskillende kripto-tipes wat beskikbaar is
             asook die totale bedrag van elke tipe te vertoon.

             Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (4)

     2.1.3   Knoppie [V2.1.3]

             Die gebruiker wil weet hoeveel lede vier ŉ verjaarsdag in ŉ sekere
             maand. Kode word voorsien wat die gebruiker toe laat om die maand in
             te sleutel.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                11

             Skryf SQL-kode om die aantal verjaarsdae wat in die gekose maand gevier
             word, te vertoon. Noem die berekende veld met die opskrif “Verjaarsdae in
             [korrekte maand]. Jy mag gebruik maak van die gegewe konstante skikking
             ARRMAANDE.

             Voorbeeld van afvoer:

                Toevoer = 1                            Toevoer = 6

               Toevoer = 10
                                                                                                (6)

    2.1.4    Knoppie [V2.1.4]

             Jy wil graag sien watter lede het LiteCoin met ŉ waarde van meer as
             R5 500. ŉ Veranderlike met Litecoin se wisselkoers is verklaar en
             toegeken.

             Skryf ŉ SQL-stelling wat die Van, Naam, KriptoTipe, Bedrag en die waarde
             van Litecoin vir daardie persoon sal vertoon. Noem die berekende veld
             “Waarde” en dit moet in Rand vertoon word.

             Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (9)

    2.1.5    Knoppie [V2.1.5]

             Alle beleggers het besluit om hul Ripple beursies van kant te maak.

             Skryf ŉ SQL-stelling om al die Ripple-inskrywings te verwyder.

             Let wel: Sedert al die Ripple nou verwyder is, kan jy op btn2.1.2 klik om
             die volgende afvoer te sien.

                                                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

     2.1.6   Knoppie [V2.1.6]

             Bitcoin het met die halveringsproses begin.

             Skryf ŉ SQL-stelling om al die Bitcoin bedrae die helfte van hul huidige
             waarde te maak.

             Let wel: Sedert Bitcoin se waarde halveer is, kan jy jou afvoer toets deur
             btn2.1.2 te klik, wat die volgende afvoer sal vertoon.

                                                                                                 (3)

2.2 Oortjieblad (‘Tab Sheet’) [Vraag 2.2]

     Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.2.

     LET WEL:
     • Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te
       beantwoord.
     • GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.
     • Gebruik die gegewe globale veranderlikes, tblLede en tblKripto.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  13

    2.2.1   Knoppie [V2.2.1]

            Wanneer ŉ gebruiker inligting soek van ŉ lid, moet die lid se inligting vertoon
            word. Kode word voorsien om die van uit die redigeerblokkie te verkry asook
            om deur die Lede-tabel te lus.

            Skryf kode om in die lus te soek of die lid bestaan. As die lid gevind is,
            vertoon in die ‘rich edit’ redAfvoer soos in die voorbeeld aangedui word
            (Naam, Van, E-Pos, Geslag).

            Voorbeeld van afvoer:

             As “Lightwood” ingetik word.              As “Soap” ingetik word.

                                                                                                       (5)

    2.2.2   Knoppie [V2.2.1]

            Huidiglik is 50 lede in the Lede-tabel geregistreer. ŉ Versoek is gemaak om te
            vertoon hoeveel van elke geslag kripto-eenhede het. Let wel: Daar is slegs
            VIER geslagtipes geregistreer.

            Kode word voorsien om die opskrif Totale aantal lede = 50 te vertoon. Skryf
            kode om deur die Lede-tabel te lus en die verskeie geslagte bymekaar te tel.
            Vertoon in die ‘rich edit’ redAfvoer soos in die voorbeelde aangedui word.
            Voeg ŉ toets by om te bepaal of die hoeveelheid geslagte dieselfde of anders
            as die oorspronlike aantal is.

            Jy mag standaard veranderlikes of skikkings gebruik om die vraag op te los.

            Voorbeeld van afvoer:

             As al die data korrek is.                 As data foutief is. In hierdie geval
                                                       foutiewe spelling: Females in plaas
                                                       van Female

                                                                                                      (12)

•    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
•    Stoor jou program.
•    ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.

                                                                      TOTAL QUESTION 2:               [45]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Handelaars kan ŉ kripto-rekening skep en een van die kripto-eenhede kies: Bitcoin,
Ethereum of Litecoin. Sodra die rekening geskep is, kan hul kripto koop deur die Rand-
waarde wat hul bereid is om te spandeer, in te tik. Die program sal die regte hoeveelheid
kripto bepaal gebaseer op die wisselkoers van die kripto-eenheid. Sedert kripto-eenhede
so baie verander, kan handelaars die huidige waarde in die ‘Live’ gedeelte dop hou. Die
program opdateer elke sekonde en sal vertoon of die handelaar ŉ wins of verlies maak
gebaseer op die oorspronlike aankoopprys.

Doen die volgende:
• Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
• Maak die onvoltooide objekklas Kripto_U.pas oop.
• Sleute; jou naam as kommentaar in die eerste reël in beide die Kripto_U.pas lêer en
  die Vraag3_u.pas lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit nie.
• MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 beskryf word.

***** LET WEL: Jy word NIE toegelaat om enige addisionele attribute of
gebruikersgedefinieerde metodes in te sluit NIE, tensy dit uitdruklik in die vraag genoem
is.*****

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

Maak die onvoltooide objekklas Kripto_U.pas oop.

3.1 Die onvoltooide klas (TKripto) wat verskaf is, bevat die verklaring van ses attribute
    wat die objKripto-objek beskryf.

           Attribuut                                  Beskrywing
       fNaam                Stringwaarde bevat handelaar se naam
       fVan                 Stringwaarde bevat handelaar se van
       fKripto              Heelgetal wat die handelaar se keuse van kripto-eenheid bevat
       fBedrag              Reële waarde wat bedrag kripto-eenheid bevat
       fOorspronklike       Reële waarde wat die bedrag bevat wat die handelaar oorspronklik
       Waarde               betaal het
       fHuidigeWaarde       Reële waarde wast die huidige bedrag in Rand bevat van die
                            handelaar se kripto-eenheid

      Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5 hieronder
      beskryf word.

     3.1.1      Skryf kode vir ŉ konstruktor metode met die naam Create wat die
                volgende parameters sal ontvang:
                • Naam
                • Van
                • Kripto-eenheid (waarde tussen 0 en 2)
                Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en stel die
                oorblywende attribute na ŉ beginwaarde van 0.                                    (5)

     3.1.2      Skryf ŉ toegangsmetode (‘accessor method’) met die naam
                getKriptoNaam wat die naam van die kripto-eenheid sal terugstuur,
                gebaseer op die fKripto-veld attribuut. Die toekenning is soos volg:
                •     0 = Bitcoin
                •     1 = Ethereum
                •     2 = Litecoin
                Verwyder die kommentaarsimbole van die toString metode.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

     3.1.3   Skryf kode vir ŉ wysigingsmetode (‘mutator method’) met die naam
             SetBedrag wat ŉ waarde (aankoopprys van kripto-eenheid) as ŉ parameter
             sal ontvang.

             Stel die fBedrag-attribuut gebaseer op die volgende reëls en
             vermenigvuldig die wisselkoers met die aankoopprys (wat van hoofeenheid
             gekry word):

                                   fKripto   Omskakelingskoers
                                       0     1 : 1 000 000
                                       1     1 : 50 000
                                       2     1 : 2 500

             Wisselkoers Berekening: 1 ÷ 1000000 = 0.000001

             Stel die fOorspronklikeWaarde-attribuut na die aankoopprys wat deur die
             hoofeenheid ontvang is. Hierdie waarde moet opdateer word soos wat nog
             kripto van dieselfde tipe gekoop word.                                              (7)

     3.1.4   Skryf kode vir ŉ wysigingsmetode met die naam setWaarde. Die metode
             sal die fHuidigeWaarde-attribuut stel na die huidige wisselkoers
             afhangende van die kripto-eenheid (fBedrag * wisselkoers). Sedert kripto-
             eenhede so baie verander, is die wisselkoerse gebaseer op ewekansige
             getalle tussen ŉ sekere reeks.

             Stel die fHuidigeWaarde-attribuut gebaseer op die volgende reëls:

                      fKripto   Wisselkoers is ŉ ewekansige getal wat
                                beide waardes insluit
                         0                 400 000 – 1 600 000
                         1                   25 000 – 75 000
                         2                      500 – 3000                                       (5)

     3.1.5   Skryf ŉ metode met die naam BerekenWinsVerlies wat ŉ stringwaarde,
             ‘Wins’, ‘Verlies’ of ‘Gelyk’, sal terugstuur.

             Die metode moet gebruik maak van die objek se attribute om die afvoer te
             bepaal.
             • As die huidige waarde groter is as die oorspronklike prys, dan is dit ŉ
                wins.
             • As die huidige waarde kleiner is as die oorspronklike prys, dan is dit ŉ
                verlies.
             • As die huidige waarde dieselfde is as die oorspronklike prys, dan is dit
                gelyk.                                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  17

3.2   ŉ Onvoltooide program word in die Vraag 3-gidslêer voorsien. Die program bevat
      kode vir die objekklas en is verklaar as ŉ objekveranderlike met die naam objKripto.

      Skryf kode om die take uit te voer soos hieronder in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3
      beskryf word.

      3.2.1    Knoppie [3.2.1 – Instansieer Kripto-Objek]

               Skryf kode om die volgende te doen:
               • Kry die naam van die redigeerblokke edtNaam, die van uit die
                 redigeerblokkie edtVan en die getal uit die ‘radio group’ rgpKripto.
               • Gebruik die inligting om die nuwe Kripto-objek te instansieer.
               • Vertoon ŉ boodskap sodat die gebruiker kan sien dat die Kriptorekening
                  geskep is.                                                                       (6)

      3.2.2    Knoppie [3.2.2 – Koop Kripto]

                Die kriptohandelaar moet hul gekose koopprys in die redigeerblokkie in tik.

                Skryf kode om die volgende te doen:
                • Kry die prys van die redigeerblokkie edtGeld.
                • Roep die setBedrag metode deur die waarde van die redigeerblokkie te
                  gebruik.                                                                         (2)

      3.2.3    Timer [tmrLive]

                Wanneer die ‘Live’ knoppie geklik word, sal die program die huidige waarde
                van die kripto-eenheid elke sekonde opdateer en vertoon. Dit sal ook wys of
                die handelaar ŉ wins of verlies gemaak het in vergelyking met die
                oorspronklike koopsprys.

                Skryf kode op die ‘timer’ tmrLive om die volgende te doen:
                • Roep die setWaarde metode.
                • Gebruik die toString metode om die inligting van die opgedateerde
                  Kripto-objek in die ‘rich edit’ redAfvoer te vertoon.
                • Gebruik die BerekenWinsVerlies metode om die opgedateerde Kripto-
                  objek in die paneel pnlAfvoer te vertoon.

               Voorbeeld van afvoer as Joe Soap R50 000 se Ethereum koop:
               Randwaardes sal ewekansig wees

                                 Wins                                    Verlies

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2024)

        Voorbeeld van afvoer as Lutho Mzi R10 000 se Bitcoin koop:

                        Wins                                  Verlies

                                                                                              (5)

        • Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          programlêer.
        • Stoor jou program.
        • ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                     TOTAAL VRAAG 3:          [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 19

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Die kripto-eenheidmark bestaan uit triljoene rande se geld werd. Hierdie toepassing is
geskep om die 20 gewilde kripto-eenhede te vertoon, asook die markkapitalisasie in USD
en huidige prys in ZAR (Suid-Afrikaanse Rand).

Doen die volgende:

•   Maak die onvoltooide program in die Vraag 4-lêergids oop.
•   Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit nie.
•   MOENIE enige kode verwyder of verander NIE.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

Die volgende is in die program voorsien:

•     ŉ Tekslêer met die naam Kripto.txt bevat omtrent 20 verskillende kripto-eenhede in
      die volgende formaat:
Naam van Kripto-eenheid, Simbool, Huidige Prys in Rand (ZAR), Markkapitalisasie in Dollars (USD).

•     ŉ Tellerveranderlike is geïnstansieer om die aantal kripto-eenhede van die tekslêer te
      stoor.

•     ŉ Twee-dimensionele skikking met die naam ar2Kripto is vir jou geskep.

•     Die skikking sal gebruik word om die data van die tekslêer van die omtrent 20
      verskillende kripto-eenhede te stoor.

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos wat dit in VRAAG 4.1 tot
VRAAG 4.4 beskryf word.

4.1     Knoppie [4.1 – Lees inhoud]

        Die data van die tekslêer Kripto.txt moet gelees word en in die twee-
        dimensionele skikking, ar2Kripto, gestoor word. Elke ry van die skikking
        verteenwoordig ŉ kripto-eenheid en elke kolom bevat die onderskeie datavelde
        (Naam, Simbool, HuidigePrysInZAR, MarkKapInUSD).

        Skryf kode om die volgende te doen:
        • Lees die data van die tekslêer Kripto.txt en vul die twee-dimensionele
            skikking ar2Kripto.
        • Sluit enige nodige fouthantering vir die oopmaak van die tekslêer in.                             (12)

4.2     Knoppie [4.2 – Vertoon]

        Die inhoud van die twee-dimensionele ar2Kripto moet netjies in tabelformaat
        vertoon word.

        Skryf kode om die volgende te doen:
        • Vertoon die inhoud van die twee-dimensionele skikking in die ‘rich edit’
            redAfvoer.
        • Maak seker dat die afvoer in lyn is.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    21

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

4.3   Knoppie [4.3 – Sorteer]

      Kripto-eenhede word volgens hul markkapitalisasie gesorteer.

      Skryf kode om die volgende te doen:
      • Sorteer die twee-dimensionele skikking gebaseer op die huidige
          markkapitalisasie in dalende volgorde.
      • Vertoon die inhoud van die sorteerde twee-dimensionele skikking in die ‘rich
          edit’ redAfvoer.
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (10)

4.4   Knoppie [4.3 – Totale Markkapitalisasie]

      Die totale markkapitalisasie is die som van die MarkKap in USD waardes vir al
      die kripto-eenhede wat in die twee-dimensionele skikking gestoor is.

      Skryf kode om die volgende te doen:
      •     Bereken die totale markkapitalisasie en verwerk dit na randwaarde (ZAR).
            Die wisselkoers is:
                  1 USD = 18 ZAR
      •     Vertoon die totale markkapitalisasie in die ‘rich edit’ redAfvoer.
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (3)

      •    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer.
      •    Stoor jou program.
      •   ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                 TOTAAL VRAAG 4:             [30]
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  23

                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASISINLIGTING VRAAG 2:

Die databasis CryptoExchange bevat tabelle tblLede en tblKripto.

Die volgende een-tot-baie verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblLede – Hierdie tabel bevat inligting van die kriptohandelaars.

 VeldNaam             Datatipe             Beskrywing
 LidID                Number               Unieke ID van die kriptohandelaar
 Van                  Text (30)            Die van van die kriptohandelaar
 Naam                 Text (20)            Die naam van die kriptohandelaar
 Geboortedatum        Date/Time            Die geboortedatum van die kriptohandelaar
 E-Pos                Text (255)           Die e-posadres van die kriptohandelaar
 Geslag               Text (20)            Die geslag van die kriptohandelaar

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tblLede-tabel:

Tabel: tblKripto – Hierdie tabel bevat inligting van die kriptotransaksies.

 Field Name             Data Type           Beskrywing
 WisselID               Number              Unieke ID van die wisseltransaksie
 LidID                  Number              Die ID van die kriptohandelaar wat transaksie
                                            gemaak het
 Wisselnaam             Text (20)           Die kriptowisselnaam
 KriptoTipe             Text (30)           Die kriptotipe
 Bedrag                 Number              Die aantal kripto wat gekoop is
 DatumGekoop            Date/Time           Die datum wanneer kripto gekoop is

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                       25

Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tblKripto-tabel:

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [Computer Studies P1 (HG) (English and Afrikaans) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/computer-studies-p1-hg-english-and-afrikaans-june-2012-qp/ed98e0ed-0f4f-4b6d-b186-8bf5442faa15) — Information Technology · QP · 2012 · Afr
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
