# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/9f7a8ca6-c72c-48cc-b6c0-360bbbded219
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/9f7a8ca6-c72c-48cc-b6c0-360bbbded219)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2018

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *INFTA1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
        DRIE afdelings beantwoord.

 2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
        eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
        eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir Delphi
        as programmeringstaal is.

 4.     Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag
        gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word.

 5.     Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
        datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 6.     Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
        werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat
        in die vraestel verskyn nie.

 7.     Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
        word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines
        gebruik NIE.

 8.     Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
        datastrukture verskaf word.

 9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou
        gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.

 10.    Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer,
        asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

 11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse
        wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee
        word.

 12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
        geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat
        al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou
        toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
        disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
        lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

        Doen die volgende:

        x Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
        x Klik op die ‘extract’-knoppie.
        x Sleutel die volgende wagwoord in: ExPo*18@

        Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
        DataSept2018AFR beskikbaar wees:

        Vraag 1:

        Vraag1_u.pas
        Vraag1_u.dfm
        Vraag1_p.dpr
        Vraag1_p.res
        Skole.txt
        Tersier.txt

        Vraag 2:

        clsVenues.pas
        Vraag2_u.pas
        Vraag2_u.dfm
        Vraag2_p.dpr
        Vraag2_p.res

        Vraag 3:

        Vraag3_u.pas
        Vraag3_u.dfm
        Vraag3_p.dpr
        Vraag3_p.res

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 Jy moet registreer om deel te neem aan die ‘ICT Expo. Voltooi die kode vir die
 registrasieproses.

 Maak die projek, Vraag1_p in die Vraag 1 gidslêer oop.

 1.1    Knoppie [REGISTREER]

        Die gebruiker moet hul inligting in vul om vir die ‘ICT Expo’ te registreer. Die
        volgende inligting moet ingetik word:
        x Naam en Van
        x Kontaknommer
        x Ouderdom
        x Selekteer die groep wat verteenwoordig word: Student, Onderwyser of
            Besigheid

        Skei die naam en van

        Die kontaknommer moet uit tien syfers bestaan en moet met ŉ ‘0’ begin. As die
        kontaknommer verkeerd is, moet die ‘edit’ veld leeggemaak word, die wyser
        (‘cursor’) moet in die ‘edit’ gesit word en ŉ gepaste boodskap moet vertoon word
        wat sê dat die kontaknommer weer ingetik moet word. As die kontaknommer korrek
        is, dan moet die EenmaligeWagwoord knoppie en ŉ boodskap, ‘Inligting Gestoor’,
        vertoon word.

        Voorbeeld van afvoer as die kontaknommer NIE korrek is NIE:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                5

        Voorbeeld van afvoer as die kontaknommer korrek is:

                                                                                              (19)
 1.2    Knoppie [EENMALIGE WAGWOORD]

        ŉ Eenmalige wagwoorde moet geskep word, wat die gebruiker benodig om die
        registrasieproses te voltooi.

        Die eenmalige wagwoorde sal uit drie ewekansige genereerde letters bestaan.
        Maak gebruik van die arralfabet skikking, wat alreeds verklaar is, om die
        ewekansige letters te kry. ŉ Getal tussen 100 en 999 (beide ingesluit) moet by
        die drie letters gevoeg word. Die laaste karakter van die eenmalige wagwoord
        sal die eerste letter van die inligting wees, wat in die ‘combobox’ komponent
        (in Vraag 1.1) ontvang is. Die paneel, pnlEenmaligeWagwoord, moet vertoon
        word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

        As die gebruiker ŉStudent of ŉ Onderwyser is, dan moet die pnlRep vertoon
        word. Op pnlRep moet die gebruiker kies of hy/sy op skool/kollege of universiteit
        is. As die gebruiker op skool is, moet ŉ tekslêer (Skole.txt) wat die program vir
        skoolgaande kinders bevat, in die afvoerarea vertoon word. As die gebruiker in
        kollege of university is, moet die Tersier.txt tekslêer vertoon word.

        As die gebruiker ŉ Besigheid verteenwoordig, dan moet die volgende boodskap
        in ŉ‘Showmessage’ vertoon word: Volledige program is op die Facebook bladsy
        beskikbaar.

                                                                                             (25)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 1.3    Knoppie [OPSOMMING VAN INLIGTING]

        Vertoon ŉ opsomming van al die inligting wat die gebruiker ingetik het, in die
        volgende formaat:

        REGISTRASIE INLIGTING

        <Voorletter> <Van>
        <Verteenwoordig>(<Ouderdom>)
        ŉ Boodskap sal na <kontaknommer> gestuur word, antwoord asseblief met jou
        eenmalige wagwoord.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (5)

         x   Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
             programlêer ingesleutel is.
         x   Stoor jou program.
         x   Druk die kode indien dit vereis word.                                            [49]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

 Al die maatskappye wat ŉ stalletjie by die Expo wil hê, moet hul tafels en stoele vooraf
 bespreek sodat die personeel by die venue(lokaal) dit kan uit pak in die verskillende
 uitstallingsareas.

 Doen die volgende:

 x Maak die onvoltooide program in die Vraag 2 gidslêer oop.
 x Maak die onvoltooide objekklas clsVenues.pas oop.
 x Kompileer en voer die program uit. Die program het huidiglik geen funksionaliteit nie.

 Die volgende koppelvlak word vertoon:

    x   Voltooi die kode vir die program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 vereis word.

 2.1      Die onvoltooide objekklas (TVenues) bevat die verklarings van vyf attribute wat die
          Venues objek beskryf.
          Die attribute van die Venues objek is soos volg verklaar:

              NAAM VAN ATTRIBUTE                              BESKRYWING
          ftafels                            Die aantal tafels benodig
          fstoele                            Die aantal stoele benodig
          fkrag                              Of ŉ kragpunt benodig word
          farea                              Die totale area benodig
          fvenue                             Die venue (lokaal) wat toegeken word gebaseer
                                             op die grootte en kragpunte

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  9

 2.1.1   Skryf die kode vir die konstruktormetode wat die aantal tafels, aantal stoele, of ŉ
         kragpunt benodig word (‘Yes’ of ‘No’), sal ontvang. Ken die parameters aan die
         attribute toe.                                                                           (3)
 2.1.2   Skryf die kode vir ŉ metode, wat BerekenArea genome word, wat die konstante
         waardes sal gebruik om die totale area wat benodig word vir die aantal tafels en
         stoele wat aangevra is, sal bereken.
         Konstante waardes: Tafel = 1.2 en Stoel = 0.64
         Die area moet na die naaste heelgetal afgerond word, byvoorbeeld, as die area
         wat benodig word 23.12 vierkante meters is, dan sal die area wat toegeken word
         24 vierkante meters wees. Roep die UitstalArea metode.                                   (4)
 2.1.3   Skryf ŉ metode, wat UitstalArea genome word, wat die venue wat toegeken is,
         sal terugstuur. Die venue word toegeken gebaseer op die area wat benodig word
         en of ŉ kragpunt vereis word of nie.
         Gebruik die volgende tabel om te bepaal watter venue aan die maatskappy
         toegeken moet word:

            Area (in m2)       Kragpunt                      Venue (Lokaal)
                            Nee                Uitstallingsarea A
         0–10
                            Ja                 Uitstallingsarea B
                            Nee                Uitstallingsarea B
         11–20
                            Ja                 Uitstallingsarea B
                            Nee                Uitstallingsarea C
         21–30
                            Ja                 Uitstallingsarea C
                            Nee                Uitstallingsarea D
         Meer as 30
                            Ja                 Uitstallingsarea C
                                               *die venue (lokaal) is NIE groot genoeg vir
                                               die aantal tafels en stoele wat die
                                               maatskappy aangevra het nie.
                                               Uitstallingsarea C kan slegs ŉ area van 30
                                               vierkante meters bevat. ŉ Tafel en drie
                                               stoele moet verwyder word totdat die area
                                               30 vierkante meters of net minder as 30
                                               vierkante meters is. Roep die
                                               BerekenArea-metode om die area weer
                                               te bereken.                                        (21)

 2.1.4   Skryf die kode om die gegewe toString metode wat ŉ string met attribute in die
         volgende formaat, sal terugstuur:
         INLIGTING
         Aantal Tafels             <aantal tafels>
         Aantal Stoele             <aantal stoele>
         Kragpunt Benodig          <Ja of Nee>
         Totale Area benodig       <area> vierkante meters
         <venue>                                                                                  (7)
 2.1.5   Skryf ŉ metode GetVenue wat die venue (lokaal) wat aan die maatskappy
         toegeken is, sal terugstuur.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.2    ŉ Onvolledige eenheid Vraag2_u.pas word verskaf.

        Die gebruiker moet die volgende inligting in lees:

        x    Naam van die maatskappy
        x    Aantal tafels wat benodig word
        x    Aantal stoele wat benodig word
        x    Of ŉ kragpunt benodig word (Ja of Nee)

        Doen die volgende:
        x  Instansieër die objVenues objek.
        x  Roep die BerekenArea-metode om die area wat benodig word, te bereken.
        x  Vertoon die inligting in die afvoerarea deur die tostring-metode te gebruik.

        Die inligting moet na ŉ lêer geskryf sodat dit vir die werkers gegee kan word, sodat
        hulle die venues kan regmaak vir die Expo. As die lêer, Venues.txt, nie bestaan
        nie, moet dit geskep word, anders moet die inligting by die bostaande lêer gevoeg
        word.

        Die inligting moet in die volgende formaat gestoor word:

        Naam van maatskappy-Venue

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (18)

        x   Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
            programlêer ingesleutel is.
        x   Stoor jou program.
        x   Druk die kode indien dit vereis word.                                                 [55]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 11

 VRAAG 3: PROBLEEMOPPLOSSINGSPROGRAMMERING
 Die ‘ICT Expo’ ondersteun verskeie liefdadigheidsorganisasies. Donasies word
 gedurende die week van die Expo gemaak en die donasies word dan aan die verskillende
 organisasies by ŉ spesiale funksie oorhandig.
 3.1     Verklaar ŉ twee-dimensionele skikking, ar2Donasies, met ‘class scope’. Daar is
         6 organisasies en donasies kan op 4 dae gemaak word.
         Die volgende moet gebeur wanneer die vorm geskep word:
          x    Die ‘richedit’ (redafvoer) moet geformateer word sodat die inligting in netjiese
               kolomme vertoon word.
               Gebruik die volgende ‘tab stops’: 70; 100; 130; 160 en 190
          x    ar2Donasies moet met ewekansige waardes tussen 1000 en 10000 gevul
               word.                                                                               (9)
 3.2     Skryf ŉ metode wat Vertoon-genome word wat die inhoud van ar2Donasies sal
         vertoon soos in die voorbeeld van afvoer. Albei ‘richedits’ moet skoongemaak
         word voordat enige inligting vertoon word.                                                (12)
 3.3     Wanneer die Skenk knoppie geklik word, moet die inligting wat die gebruiker
         ingetik het, verwerk word. Die bedrag wat ingetik is, moet by die korrekte
         liefdadigheidsorganisasie gevoeg word asook op die regte dag. Vertoon die
         opdateerde skikking deur die Vertoon-metode te gebruik.
         Die totale bedrag wat sover ingesamel is moet in die ‘richedit’, redStats vertoon
         word. Die liefdadigheidsorganisasies moet ook in volgorde geplaas word: die wat
         die meeste donasies ontvang het, eerste en die wat die minste ontvang het,
         laaste.                                                                                   (25)
         Voorbeeld van afvoer:

          x   Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
              programlêer ingesleutel is.
         x    Stoor jou program.
         x    Druk die kode indien dit vereis word.                                                [46]

                                                                                    TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-eng-d/7330c86d-be49-4c3a-8b5f-8b7faf59df57) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-english/b77b5a5f-75b4-4d23-aaa6-5ab3653b9aeb) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/55409ee4-7e45-46a3-88eb-9dbd26e43037) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-eng/b597e472-66d8-4450-9eec-70e0a05da3be) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
