# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo

> Grade 12 Information Technology Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr-rewrite-no-memo/50e776f8-b245-4554-9243-5cf350cf10d2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr-rewrite-no-memo/50e776f8-b245-4554-9243-5cf350cf10d2)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2020(2)

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     2.                       DBE/November 2020(2)
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL VIER afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir die
         Delphi-programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
         word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3.                         DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
          op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou
          toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare
          lêers verskaf.

          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNovRugsteun2020.exe
                   gebruik.

          Doen die volgende:

               Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
               Klik op die 'Extract'-knoppie.
               Sleutel die volgende wagwoord in: Ent&*%ain9

          Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids
          DataAFRNovRugsteun2020 beskikbaar wees:

          LÊERS WAT VERSKAF IS:

          Vraag 1:
          HoeTellings.txt
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas
          Vuurpyl.bmp

          Vraag 2:
          ConnectDB_U.pas
          VermaakDB.mdb
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag 3:
          Kwalifiseer.bmp
          Optrede_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

          Vraag 4:
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      4.                       DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program vir VRAAG 1 in die Vraag 1-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
     Die gebruikerskoppelvlak wat vir VRAAG 1 gebruik word, vertoon vier verskillende
      afdelings wat Vraag1.1 tot Vraag1.4 genoem word.

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling soos wat in
      VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf word, te voltooi.

1.1        'OnActivate'-gebeurtenis ('event') van die vorm

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Verander die teks op die pnlOpskrif-paneel sodat dit in vetdruk ('bold')
               vertoon word.
              Laai die Vuurpyl.bmp-beeld sodat dit in die beeldkomponent
               imgVuurpyl pas.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      5.                        DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

           Voorbeeld van afvoer as die program uitgevoer word:

                                                                                                  (4)

1.2        Knoppie [1.2 - Veelvoude van sewe]

           Die program moet die veelvoude van sewe tussen 'n reeks heelgetalle bepaal
           en vertoon (wat die boonste en onderste grensgetalle uitsluit). Die gebruiker
           moet die onderste en boonste grense van die reeks getalle insleutel in die
           redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf word. Vertoon die veelvoude van
           sewe in een reël in die 'rich edit'-komponent redV1_2.

           Voorbeeld van afvoer as die waarde 12 as die onderste grens en 32 as die
           boonste grens ingesleutel is:

                                                                                                  (12)

           Voorbeeld van afvoer as die waarde 14 as die onderste grens en 49 as die
           boonste grens ingesleutel is:

1.3        Lysblokkie ('List box')

           Sommige beroemdes vervang hul name op die deure van hul aantrekkamers
           met 'n geënkripteerde weergawe daarvan. Die enkripsie word gedoen deur al
           die spasies te verwyder en die klinkers in hul name met die spesiale karakters
           wat hieronder getoon word, te vervang.

                              Klinker: a      e     i   o   u
                  Vervangingskarakter: @      $     *   &   %

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6.                       DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

          'n Lysblokkie, lstBeroemdes, bevat kodes wat die name van beroemdes
          voorstel, bv. Ch@rl*zeTh$r&n wat die naam Charlize Theron voorstel.

           Die gebruiker moet 'n kode uit die lysblokkie selekteer. Die program moet die
           kode dekripteer en die naam in 'n dialoogblokkie vertoon. Die dekripsie moet
           soos volg gedoen word:

              Vervang al die spesiale karakters met die ooreenstemmende klinkers.
              Elke kode begin met 'n hoofletter. Die volgende hoofletter is dié van die
               van. Voeg 'n spasie voor die hoofletter vir die van in die kode in.
              Vertoon die gedekripteerde naam dienooreenkomstig.

           Voorbeeld van afvoer as die kode 'Ch@rl*zeTh$r&n' geselekteer is:

                                                                                                   (12)

1.4        Knoppie [1.4 - Hoogste telling]

           'n Persoon wat rekenaarspeletjies speel ('gamer') het die hoë tellings wat hy
           vir sy gunsteling aanlyn speletjie behaal het, in 'n tekslêer met die naam
           HoeTellings.txt gestoor. Die data word een telling per reël vir elke dag van
           die week gestoor, beginnend by dag 1.

           Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer:

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Lees die data uit die tekslêer en bepaal die hoogste telling wat behaal is,
               asook die nommer van die dag van die week waarop hierdie telling
               behaal is.
              Vertoon die hoogste telling en die getal van die dag waarop dit behaal is
               op die byskrifkomponente ('label components') wat verskaf is.

LET WEL:       Kodering met vaste waardes ('hardcoding') sal NIE aanvaar word NIE
               omdat die program vir enige stel data wat in die tekslêer voorkom, moet
               werk.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                7.                    DBE/November 2020(2)
                                     SS/NSS

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (12)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                       TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    8.                        DBE/November 2020(2)
                                         SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

'n Skool organiseer 'n kultuurfees wat van 12 tot 18 April 2021 gehou sal word.
'n Verskeidenheid produksies sal opgevoer word en kaartjies vir die produksies kan
gedurende die fees gekoop word.

'n Databasis met die naam VermaakDB en 'n onvolledige projek met die naam
Vraag2_P word in die Vraag 2-lêergids verskaf. Die databasis bevat twee tabelle,
naamlik tblProduksies en tblKaartjies met data wat verband hou met die fees wat
gedurende April 2021 gehou gaan word.

Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp
van die databasis en die inhoud daarvan.

Doen die volgende:

    Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
     lêergids oop.
    Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
     Vraag2_U.pas-lêer in.
    Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
     Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       9.                         DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2
      te beantwoord.

LET WEL:

     Die [Herstel databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
      voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die
      oorspronklike data moet toets, kan jy op hierdie knoppie klik om die data te herstel.
     Kode word verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
     Moet NIE enige van die kode wat verskaf word, verander NIE.
     TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word:

      Veranderlike          Datatipe          Beskrywing
      tblProduksies         TADOTable         Verwys na die tabel tblProduksies
      tblKaartjies          TADOTable         Verwys na die tabel tblKaartjies

2.1       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

          Jy mag in hierdie afdeling SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
          VRAAG 2.1.5 te beantwoord.

          Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
          vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings is onvolledig.

          Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         10.                      DBE/November 2020(2)
                                              SS/NSS

          Doen die volgende:

          Voltooi die SQL-stelling vir die gegewe string-veranderlike met die naam
          sSQL in elk van die vrae.

          2.1.1       Knoppie [2.1.1 - Produksies]

                      Vertoon AL die velde van die tblProduksies-tabel, in stygende
                      volgorde volgens tydsduur gesorteer.

                      Voorbeeld van afvoer vir die eerste vyf rekords:

                                                                                                    (3)

          2.1.2       Knoppie [2.1.2 - Genre]

                      Die gebruiker moet die naam van 'n genre in die edtGenre-
                      redigeerblokkie wat verskaf is, insleutel. Vertoon die titel en
                      ouderdomsbeperking van die produksies van die genre wat
                      ingesleutel is.

                      Voorbeeld van afvoer as 'Drama' die genre is wat ingesleutel is:

                                                                                                    (4)

          2.1.3       Knoppie [2.1.3 - Gemiddelde tydsduur]

                      Vertoon die gemiddelde tydsduur van al die produksies in die
                      tblProduksies-tabel, tot DRIE desimale syfers afgerond. Vertoon
                      die berekende veld met die opskrif 'GemTydsduur'.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        11.                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

          2.1.4       Knoppie [2.1.4 - Kaartjieverkope]

                      Vertoon die titel en die totale getal kaartjies wat vir elke produksie
                      verkoop is. Gebruik die opskrif 'Getal kaartjies wat verkoop is' vir
                      die berekende veld.

                      Voorbeeld van afvoer vir die eerste vyf rekords:

                                                                                                     (7)

          2.1.5       Knoppie [2.1.5 - 25% afslag]

                      Die feesorganiseerders het verklaar dat al die kaartjies vir sitplekke
                      in ry C, D, E en F vir enige produksie tydens die vertoning wat om
                      10:00 begin, 'n afslag van 25% moet kry.

                      Voltooi die kode om die databasis op te dateer om die afslagpryse te
                      weerspieël.

                      LET WEL: Dui die tyd as 10.00 in plaas van 10:00 aan omdat die
                               gebruik van tyd in SQL-stellings in Delphi vereis dat die
                               dubbelpunt (':') met 'n punt ('.') vervang moet word.

                      Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                      LET WEL: Die datumformaat kan moontlik van die skermkopie
                               verskil.                                                              (7)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode]

          In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
          VRAAG 2.2.1 tot VRAAG 2.2.3 te beantwoord.

          GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

          Die gebruikerskoppelvlak vir VRAAG 2.2 word op die volgende bladsy
          vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        12.                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 - Wat is die titel?]

                      Skryf kode om die vraagteken ('?') in die lblTitel-etiket ('label') te
                      vervang om die titel van die produksie wat tans in die
                      tblProduksies-tabel geselekteer is, te vertoon.

                      Voorbeeld van afvoer as die eerste rekord in die tblProduksies-
                      tabel tans geselekteer is:

                                                                                                     (2)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 - Dateer tydsduur op]

                      Die gebruikerskoppelvlak vertoon outomaties die tydsduur van die
                      produksie wat tans in die tblProduksies-tabel geselekteer is. As die
                      gebruiker op die knoppie klik, sal kode wat verskaf is die gebruiker
                      versoek om die nuwe tydsduur van die produksie in minute in te
                      sleutel deur 'n toevoerblokkie ('input box') te gebruik.

                      Skryf kode om die tydsduur van die produksierekord wat tans in die
                      tblProduksies-tabel geselekteer is, te verander na die waarde wat
                      ingesleutel is.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        13.                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

                      Voorbeeld van toevoer as die tydsduur vir die produksie Seriaas
                      100 minute in plaas van 87 minute moet wees:

                      Voorbeeld van afvoer nadat die tydsduur van die geselekteerde
                      produksie verander is:

                                                                                                     (3)

          2.2.3       Knoppie [2.2.3 - Vertoon kaartjieverkope]

                      Die feesbestuurder benodig 'n verslag om al die kaartjies te toon wat
                      op 'n spesifieke dag vir 'n produksie verkoop is. Die gebruiker moet
                      die spesifieke dag in April uit die radiogroep ('radio group') met die
                      naam rgpWatterDag selekteer.

                      Skryf kode om die begintyd, die sitpleknommer wat bespreek is en
                      die prys van elke kaartjie wat verkoop is, te vertoon vir die
                      geselekteerde produksie op die geselekteerde dag.

                      LET WEL:
                       Kode word verskaf om die opskrifte te vertoon.
                       Die inligting moet in netjiese kolomme onder die opskrifte
                         vertoon word.
                       Die pryse van die kaartjies moet in geldeenheidformaat
                         ('currency') vertoon word.

                      Voorbeeld van afvoer as die produksie Hamlet vir 12 April 2021
                      geselekteer is:

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       14.                     DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

                      Voorbeeld van afvoer as die produksie Half-leeg vir 16 April 2021
                      geselekteer is:

                                                                                                 (10)

    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
     programlêer ingesleutel is.
    Stoor jou program.
    Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   15.                       DBE/November 2020(2)
                                        SS/NSS

Ë
AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Die uitslae van die halfeindronde van die Tieners-Het-Talent-vertoning moet vasgelê
word om te bepaal watter optredes vir die eindronde kwalifiseer.

'n Optrede kwalifiseer vir die eindronde as meer as 600 lede van die gehoor vir die
optrede gestem het of as die optrede 'n spesiale stem by die beoordelaars gekry het,
wat beteken dat dit outomaties vir die eindronde kwalifiseer.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
   Maak die onvolledige objekklas Optrede_U.pas oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
    Vraag3_U.pas-lêer en die Optrede_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

   Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Optrede_U-objekklas en in VRAAG 3.2
    vir die Vraag3_U-vormklas gespesifiseer is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        16.                       DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

3.1       Die onvolledige objekklas (TOptrede) wat verskaf word, bevat die volgende:
               Verklarings van vier attribute wat 'n Optrede-objek definieer
               'n Voltooide toString-metode om die attribute te vertoon

          Die attribute vir die Optrede-objek is soos volg verklaar:

              Name van attribute     Beskrywing
              fOptredeBeskrywing     Beskrywing van die optrede
              fVoorafGekwalifiseer   'n Boolese waarde van 'true' wat aandui dat die
                                     optrede vooraf vir die eindronde gekwalifiseer het of
                                     'false' indien nie
              fGehoorGrootte         Die totale getal mense in die gehoor wat die
                                     halfeindronde bywoon
              fGehoorStemme          Die getal stemme wat van lede van die gehoor
                                     ontvang is

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktormetode wat die beskrywing van die
                      optrede, 'n Boolese waarde wat aandui of die optrede vooraf vir die
                      eindronde gekwalifiseer het of nie en die totale getal lede in die
                      gehoor as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan
                      die onderskeie attribute toe.
                      Stel die getal stemme wat van die gehoor ontvang is, op nul.                   (5)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                      getOptredeBeskrywing vir die attribuut wat die optrede beskryf.                (3)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                      setGehoorStemme wat die getal lede van die gehoor wat vir die
                      optrede gestem het, ontvang en die relevante attribuut opdateer.               (3)

          3.1.4       Skryf kode vir 'n metode met die naam toetsStatus wat 'n Boolese
                      waarde, wat aandui of die optrede vir die eindronde kwalifiseer of
                      nie, sal terugstuur.
                      'n Optrede kwalifiseer vir die eindronde as enige een van die
                      volgende vereistes nagekom word:
                         Meer as 600 lede van die gehoor het vir die optrede gestem.
                         Die optrede kwalifiseer reeds vir die eindronde.                           (7)

3.2       'n Onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf en bevat kode vir die objekklas
          om toeganklik te wees.
          Die volgende kode is verskaf:
               'n Objekveranderlike objOptrede wat globaal verklaar is
               'n Veranderlike met die naam iGehoorGrootte wat globaal verklaar is.
                'n Waarde wat ewekansig gegenereer is in die reeks van 700 tot 800, is
                aan iGehoorGrootte in die OnChange-gebeurtenis ('event') van die
                cmbOptrede-kombinasielys ('combo box') toegeken.
               Kode in die [Herstel('Reset')]-knoppie wat die eienskappe van die
                komponente na hulle oorspronklike status sal herstel

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        17.                           DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

          Doen die volgende om die kode vir VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3 in die
          hoofvormeenheid te voltooi:
          3.2.1       Knoppie [3.2.1 - Instansieer optrede-objek]
                      Die gebruiker moet die volgende doen:
                         Kies die beskrywing van die optrede uit die kombinasielys
                          ('combo box').
                         Selekteer die chkVoorafKwalifiseer-kontroleblokkie ('check
                          box') om aan te dui of die optrede reeds vir die eindronde
                          gekwalifiseer het of nie.
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                         Gebruik die beskrywing van die optrede, die grootte van die
                          gehoor en die Boolese waarde van die kontroleblokkie wat
                          aandui of die optrede vooraf gekwalifiseer het of nie, en
                          instansieer 'n Optrede-objek.
                         Vertoon 'n boodskap om aan te dui dat die objek geïnstansieer
                          is.                                                                           (7)
          3.2.2       Knoppie [3.2.2 - Stem]
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                         Onttrek ('Extract') die getal stemme wat uit die gehoor vir die
                          optrede ontvang is.
                         As die getal stemme wat uit die gehoor ontvang is, meer as die
                          totale grootte van die gehoor is, vertoon 'n boodskap 'Ongeldig'
                          en plaas die fokus terug na die redigeerblokkie
                          edtGehoorStemme.
                         As die getal stemme minder of gelyk aan die totale grootte van
                          die gehoor is, gebruik die setGehoorStemme-metode om die
                          waarde van die attribuut van die objek te stel.                              (6)
          3.2.3       Knoppie [3.2.3 - Uitslag]
                      Skryf kode om te bepaal of die optrede vir die eindronde kwalifiseer
                      deur die toetsStatus-metode te gebruik.
                      LET WEL: Die panele, pnlKwalifiseer en pnlNieKwalifiseer, is
                               dieselfde grootte en in presies dieselfde posisie op die
                               GGK ('GUI') geplaas. Die een paneel is dus agter die
                               ander paneel weggesteek.
                      As 'n optrede vir die eindronde kwalifiseer:
                       Stel die paneel pnlKwalifiseer om sigbaar te wees en steek die
                          paneel pnlNieKwalifiseer weg.
                       Gebruik die relevante toegangsmetode ('accessor method') om
                          die beskrywing van die optrede te kry en dit op die etiket
                          lblKwalifiseer te vertoon.
                      As 'n optrede NIE vir die eindronde kwalifiseer NIE:
                         Stel die paneel pnlNieKwalifiseer om sigbaar te wees en steek
                          die paneel pnlKwalifiseer weg.
                         Vertoon die inligting van die objek in die afvoerarea
                          redNieKwalifiseer deur die toString-metode te gebruik.
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         18.                     DBE/November 2020(2)
                                              SS/NSS

                          Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n optrede vir die eindronde
                          gekwalifiseer het:

                          LET WEL: Die totale getal mense in die gehoor word ewekansig
                                   gegenereer en mag verskil van die getal wat op die
                                   gebruikerskoppelvlak getoon word wanneer jy die
                                   program uitvoer.

                          Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n optrede NIE vir die
                          eindronde kwalifiseer NIE:

                                                                                                   (9)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en vormklas ingesleutel is.
   Stoor al die lêers.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   19.                       DBE/November 2020(2)
                                        SS/NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Die Franse Ambassade bied studente 'n geleentheid om aan 'n kulturele geleentheid
deel te neem. Die verhoogname en tale van al die deelnemers word in twee parallelle
skikkings gestoor. Die bestuurder moet die inligting van nuwe deelnemers by die
geleentheid kan byvoeg.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

    Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kode is verskaf vir die verklaar van die volgende globale veranderlikes, die
OnCreate-gebeurtenishanteerder en die btnVertoon-knoppie.

Die volgende is verskaf:
   arrTale, wat die name van die drie tale wat by die kulturele geleentheid gebruik
    mag word, bevat:
    arrTale:         array[1..3]   of   String    =   ('Frans',      'Afrikaans',
    'Zulu');
   arrName wat 'n maksimum van 100 name van deelnemers kan stoor:
    arrName: array[1..100] of String;

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      20.                        DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

     arrTaalKode wat 'n maksimum van 100 kodes kan stoor. 'n Kode is die eerste
      letter van die taal wat die deelnemer gekies het, bv. die taal 'Frans' sal deur die
      karakter 'F' in die arrTaalKode-skikking verteenwoordig word.
      LET WEL: Die taal isiZulu is as Zulu in die arrTale-skikking gestoor en word deur
               die karakter 'Z' voorgestel.
        arrTaalKode: array[1..100] of char;
     'n Veranderlike iGrootte om boek te hou van die huidige getal deelnemers in die
      arrName-skikking:
        iGrootte: integer;
     Die OnCreate-gebeurtenishanteerder bevat kode om die iGrootte-veranderlike op
      tien te stel en die parallelle skikkings arrName en arrTaalKode met die name en
      kodes van die huidige tien deelnemers te vul.
     Die 'Vertoon deelnemers'-knoppie bevat kode om die huidige data wat in die
      skikkings arrName en arrTaalKode gestoor is, te vertoon.
     Die data in die arrName-skikking is gesorteer om die deelnemers se name in
      alfabetiese volgorde, gegroepeer volgens hulle taal, te vertoon.
     Die taalgroepe moet altyd met Frans begin, gevolg deur Afrikaans en dan Zulu.

Voorbeeld van afvoer vir die OnClick-gebeurtenis van die btnVertoon-knoppie:

Skryf kode om die take wat in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 hieronder beskryf word, uit te
voer.

4.1       Knoppie [4.1 - Tel]

          Bereken en vertoon die totale getal deelnemers per taal.

          Voorbeeld van afvoer vir die oorspronklike data in die skikkings:

                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      21.                       DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

4.2       Knoppie [4.2 - Voeg deelnemer by]

          Die inligting van 'n nuwe deelnemer moet bygevoeg word deur die naam in
          die edtNaam-redigeerblokkie in te sleutel en die taal in the cmbTaal-
          kombinasielys ('combo box') te selekteer.

          Kode word verskaf om die volgende te doen:

              Onttrek die naam uit die redigeerblokkie edtNaam en skakel die naam om
               na die korrekte formaat om by die skikking gevoeg te word. Die formaat
               van die name in die skikking het die eerste letter in bo-kas ('uppercase')
               en al die ander letters in onderkas ('lowercase'), bv. Sam.
              Onttrek die eerste letter van die taal wat uit die cmbTaal-kombinasielys
               ('combo box') geselekteer is.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Voeg die naam van die deelnemer wat uit die edtNaam-redigeerblokkie
               onttrek is in die korrekte alfabetiese posisie in die gesorteerde skikking
               arrName in.
              Voeg die eerste letter van die taal van die deelnemer in die korrekte
               posisie in die skikking arrTaalKode in.

          LET WEL: Die volgorde van die taalgroepe moet altyd Frans, Afrikaans en
                   dan Zulu wees. Die invoeg van 'n nuwe deelnemer en taalkode
                   moet NIE die alfabetiese volgorde en/of die volgorde van die
                   taalgroepe verander NIE.

          Voorbeeld van afvoer as die naam Garner ingesleutel is en die taal Frans
          geselekteer is:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      22.                     DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

           Voorbeeld van afvoer as Tessa die volgende naam is wat ingesleutel is en die
           taal Afrikaans geselekteer is:

                                                                                            (19)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING D:           30
                                                                   GROOTTOTAAL:             150
i

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          1.                          DBE/November 2020(2)
                                               SS/NSS

                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1(2)

VRAAG 2: DATABASIS-INLIGTING

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblProduksies

Hierdie tabel bevat die data vir die verskillende produksies wat by die fees opgevoer
sal word.

Field name         Data type    Size            Description
ProduksieID        Number       Long Integer    Unieke nommer wat aan elke produksie
                                                toegeken is
Titel              Text         25              Die titel van die produksie, bv. Half-leeg
Genre              Text         15              Die genre van die produksie, bv. Drama,
                                                Komedie, ens.
OudBeperking       Text         15              Die ouderdomsbeperking wat op die produksie
                                                van toepassing is, bv. 2-16, Alle ouderdomme
Tydsduur           Number       Integer         Die tydsduur van die produksie in minute, bv.
                                                112

Voorbeeld van data:

Tabel: tblKaartjies

Hierdie tabel bevat die data van die kaartjies wat tans verkoop is om die verskillende
produksies by te woon.

Field name         Data type   Size             Description
KaartjieID         Number      Long Integer     Unieke nommer wat toegeken is aan elke
                                                kaartjie wat gekoop is
ProduksieID        Number      Long Integer     'n Nommer wat aan elke produksie toegeken is
SitplekNom         Text        5                Die nommer van die sitplek waarvoor die
                                                kaartjie gekoop is, bv. B2 – wat aandui dat die
                                                sitplek in ry B, sitpleknommer 2 is
VertoonDatum       DateTime    ShortDate        Die datum waarop die produksie gedurende die
                                                week van 12 tot 18 April 2021 bygewoon gaan
                                                word
BeginTyd           DateTime    ShortTime        Die tydsgleuf waartydens die produksie
                                                bygewoon gaan word. Die moontlike opsies is:
                                                10:00, 15:00, 17:00 en 20:00.
Prys               Currency                     Die prys van die kaartjie

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   2.                        DBE/November 2020(2)
                                        SS/NSS

Voorbeeld van data van die eerste sewe rekords:

    LET WEL: Die datumformaat kan moontlik van die skermkopie verskil.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-memo-afr/85279e2b-2e1a-44a8-a2ac-7db9df151ff7) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-nov-2020-memo-afr/2ee707a9-42d6-4dd2-839d-9fe4f1661d4a) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [Information Technology English Paper 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-english-paper-1-memo/1849de31-3c9b-4eab-aa28-9fa7d8a53536) — Information Technology · Memo · 2020 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-memo-eng/5a6ed3b8-fff3-4502-bac4-5e1e988da4fc) — Information Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-memo-afr/ed0f17ad-2120-4f04-b0c6-56098d626046) — Information Technology · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT-P2-GR12 QP-Afr-SEP-2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr-sep-2025-watermark/569cc299-ae7c-4635-9514-cf03f9242ebc) — QP · 2025 · Afr
- [IT P2 QP GR12 SEPT 2024 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr12-sept-2024-afr/9016098b-e233-49f4-b1dc-f0838363c6af) — QP · 2024 · Afr
- [IT P2 QP GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr12-sept-2024-english/83309154-2856-47f1-82cc-cc04c8ab38b1) — QP · 2024 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2024-afr/f4b19c44-77ce-482a-9f85-438813c25f87) — QP · 2024 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2024-eng/3afa20d1-1c0f-4969-8a56-d690e9b24d70) — QP · 2024 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
