# Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                        INFT.1

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 2 bladsye met data.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
          elk van die VIER afdelings beantwoord.

2.        Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
          eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
          eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.        Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die
          Delphi-programmeringstaal is.

4.        Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
          vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
          word.

5.        Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
          vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
          word nie.

6.        Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
          sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
          uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.

7.        Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
          ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
          hierdie roetines gebruik NIE.

8.        Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
          die datastrukture voorsien word.

9.        Jy moet jou werk gereeld op die disket/CD/DVD/geheuestokkie stoor wat aan
          jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
          toegeken is.

10.       Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
          wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.       Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
          klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
          drukwerk gegee word.

12.       Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
          geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
          dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
          aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
          'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
          is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
          verskaf.

          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRJun2020.exe gebruik.

          Doen die volgende:

               Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
                DataAFRJun2020.exe
               Klik op die 'Extract'-knoppie.
               Sleutel die volgende wagwoord in: Plant2BGreen!

          Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
          ('folder') DataAFRJun2020 beskikbaar wees:

          LÊERS WAT VOORSIEN IS:

          Vraag 1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag 2:
          ConnectDB_U.dcu
          ConnectDB_U.pas
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas
          WerknemersDB.mdb

          Vraag 3:
          Transaksie_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

          Vraag 4:
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     4                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige programlêer vir Vraag1_P.dpr in die Vraag 1-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag1_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER
    verskillende afdelings wat Vraag 1.1 tot Vraag 1.4 genoem word. Die program het
    tans geen funksionaliteit nie.

     Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

   Voltooi die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1, soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
    VRAAG 1.4 wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        5                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

1.1       Knoppie [1.1 - Kleure]

          Die kombinasielys ('combo box') cmbV1_1 bevat tans die items 'Rooi' en
          'Groen'.

          Skryf kode om die inhoud van die kombinasielys cmbV1_1 soos volg te
          verander as die btnV1_1-knoppie geklik word:

              Die fontgrootte van die teks moet 12 pt wees.
              'Blou' moet as 'n derde opsie op die lys van items verskyn.
              Die item ('Groen') moet as die verstekopsie ('default') vertoon word.

          Voorbeeld van die voorkoms van die kombinasielys as die btnV1_1-knoppie
          geklik word:

                                                                                                   (4)

1.2       Knoppie [1.2 - Vlieër]

          Die formule om die oppervlakte van 'n vlieër te bereken, is soos volg:

          Voorbeeld van berekening vir 'n vlieër met 'n waarde van 20 vir diagonaal een
          (A) en 12 vir diagonaal twee (B):

                                                      ( )                              ( )

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         Kode is voorsien om die gebruiker toe te laat om die waardes vir diagonaal
         een (A) en diagonaal twee (B) in te sleutel deur toevoerdialoogblokkies ('input
         dialog boxes') te gebruik. Hierdie waardes word onderskeidelik in
         veranderlikes iDiagA en iDiagB gestoor.

         Skryf kode om die volgende te doen:

             Verklaar 'n geskikte numeriese veranderlike om die oppervlakte van die
              vlieër te stoor.
             Toets of die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van
              diagonaal twee (B) is, of nie.

              As die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van diagonaal
              twee (B) is, gebruik die formule wat verskaf is om die oppervlakte van die
              vlieër te bereken. Vertoon die oppervlakte op die etiket ('label') lblV1_2
              wat tot EEN desimale plek geformatteer is.

              As die waarde van diagonaal een (A) NIE groter as die waarde van
              diagonaal twee (B) is NIE, vertoon 'n geskikte boodskap wat kortliks sê
              dat die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van diagonaal
              twee (B) moet wees.

         Voorbeeld van afvoer as die waarde van diagonaal een (A) 27 cm is en die
         waarde van diagonaal twee (B) 13 cm is:

                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       7                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.3       Knoppie [1.3 - Binêre getal]

          Die omskakeling van 'n heelgetal na 'n binêre getal word gedoen deur
          herhaaldelik deur 2 te deel totdat die finale antwoord van die deling aan nul
          (0) gelyk is. Die heelgetalres van elke deelbewerking word as 'n string van
          syfers (nulle en ene) gekombineer wat begin by die laaste heelgetalres tot by
          die eerste heelgetalres. Die string res-syfers verteenwoordig die binêre
          waarde van die oorspronklike heelgetalwaarde.

          Die voorbeeld hieronder illustreer hoe die heelgetalwaarde 19 na 'n binêre
          getal omgeskakel word:

              Heelgetal gedeel deur 2    Res                Skakel die heelgetalres vanaf
              19 ÷ 2 = 9                 1                  die laaste res tot by die eerste
               9 ÷2=4                    1                  res aaneen ('concatenate') om
                                                            die binêre getal wat die
               4 ÷2=2                    0
                                                            heelgetalwaarde
               2 ÷2=1                    0
                                                            verteenwoordig, saam te stel.
               1 ÷2=0                    1
              Binêre getal: 100112

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Herwin die heelgetal wat deur die gebruiker in die edtV1_3-
               redigeerblokkie ('edit box') as 'n getalwaarde ingesleutel is, deur die
               veranderlike iGetal te gebruik.
              Inisialiseer die stringveranderlike sBinêr om die binêre waarde wat
               saamgestel sal word, te stoor.
              Skakel die heelgetal na binêr om deur die volgende algoritme te gebruik:

               Herhaal tot die getalwaarde aan nul gelyk is:
               - Bepaal die res van die getalwaarde wat deur 2 gedeel word deur die
                 veranderlike met die naam iRes te gebruik.
               - Las die res aan die linkerkant van die inhoud van die
                 stringveranderlike by.
               - Deel die getalwaarde deur 2 en stoor die antwoord in die getalwaarde-
                 veranderlike (wat die vorige getalwaarde vervang).

              Gebruik die etiket lblV1_3 om die inhoud van die stringveranderlike
               sBinêr te vertoon.

          Voorbeeld van afvoer as 19 as 'n heelgetalwaarde ingesleutel is:

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         8                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

          Voorbeeld van afvoer as 45 as 'n heelgetalwaarde ingesleutel is:

                                                                                                     (11)

1.4       Knoppie [1.4 - Woordspeletjie]

          'n Woordspeletjie moet ontwikkel word waar elke karakter in 'n woord 'n
          sekere getal punte werd is. Punte word soos volg toegeken:

                  Karakters                                       Waarde in punte
                  Klinkers (A, E, I, O, U)                           3 punte
                  Alfabetiese karakters wat nie klinkers is nie      2 punte
                  Enige ander nie-alfabetiese karakter, soos 'n
                  afkappingsteken of 'n koppelteken                    1 punt

          Die speler moet 'n enkele woord in die redigeerblokkie ('edit box') edtV1_4
          insleutel. Wanneer die btnV1_4-knoppie geklik word, moet die program die
          totale waarde van die woord volgens punte bereken en vertoon. As meer as
          een woord ingesleutel is, word die speler gediskwalifiseer.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Herwin die woord wat in die redigeerblokkie edtV1_4 ingesleutel is en
               skakel die teks na bo-kas ('upper case') om.
              Toets vir die teenwoordigheid van 'n spasie in die teks wat aandui dat
               meer as een woord ingesleutel is:
               - As 'n spasie geïdentifiseer is, vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui
                 dat die speler gediskwalifiseer is. Maak die edtV1_4-redigeerblokkie
                 skoon en stel die fokus op die redigeerblokkie.
               - As 'n spasie nie geïdentifiseer is nie, bereken die totale waarde van die
                 woord, gebaseer op die getal punte wat elke karakter werd is. Vertoon
                 die totale waarde van die woord in die 'rich edit'-komponent wat
                 verskaf is.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      9                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

         Voorbeeld van afvoer as die woord Wen ingesleutel is:

         Voorbeeld van afvoer as die woord nie-intekenaar ingesleutel is:

         Voorbeeld van afvoer as die woorde Span een ingesleutel is:

                                                                                                 (17)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                       10                           DBE/November 2020
                                                SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

Die databasis WerknemersDB bevat inligting van die werknemers van 'n in- en
uitvoermaatskappy. Die databasis bevat twee tabelle met die name tblWerknemers
en tblLogUre.

Die bladsye met data wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, verskaf
inligting oor die ontwerp van die databasis en die inhoud van die tabelle.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
       lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
      Die eerste vier reëls data vir elk van die tabelle word op die oortjieblad ('tab sheet')
       Vraag 2.2 - Delphi-kode vertoon, soos hieronder getoon.

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    11                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling te voltooi, soos
      beskryf in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 wat volg.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

LET WEL:

     Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat
      in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm, met ander woorde jy
      sal nie toegang tot die databasis kan verkry deur Microsoft Access te gebruik nie.
     Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
      Moet NIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word.

         Veranderlike          Datatipe  Beskrywing
       tblWerknemers           TADOTable Verwys na die tabel tblWerknemers
       tblLogUre               TADOTable Verwys na die tabel tblLogUre

2.1          Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

             Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       12                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         LET WEL:
            Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te
             beantwoord.
            Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van
             die navrae te vertoon. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes
             sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig.

        Voltooi die SQL-stellings om die take uit te voer wat in VRAAG 2.1.1 tot
        VRAAG 2.1.5 wat volg, beskryf word.

         2.1.1     Knoppie [2.1.1 - Lys van werknemers]

                   Vertoon AL die inligting van werknemers uit die tblWerknemers-
                   tabel, eerstens in stygende volgorde volgens die PosTitel-veld en
                   tweedens in dalende volgorde volgens die UurlikseLoon-veld
                   gesorteer.

                   Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords:

                                                                                               (4)

         2.1.2     Knoppie [2.1.2 - Ingenieurs]

                   Vertoon die WerknemerID-, Van- en Naam-veld van werknemers wie
                   se postitel die woord 'Ingenieur' bevat.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (4)

         2.1.3     Knoppie [2.1.3 - Postitels]

                   Vertoon 'n lys van al die verskillende postitels by die maatskappy.
                   Elke postitel moet slegs EEN keer vertoon word.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         13                        DBE/November 2020
                                               SS/NSS

          2.1.4     Knoppie [2.1.4 - Verwyder rekords]

                    'n Aantal rekords met verkeerde data oor die ure wat gewerk is, is in
                    die tblLogUre-tabel vasgelê.

                    Verwyder al die rekords in die tblLogUre-tabel waar die UreGewerk
                    as 99 aangeteken is.

                    Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die
                    inhoud van die databasis verander is.                                         (2)

          2.1.5     Knoppie [2.1.5 - Oortyd]

                    Werknemers word oortyd betaal vir elke uur wat 8 ure per dag
                    oorskry. 'n Werknemer se oortydbetaling is dubbel sy gewone
                    uurlikse loon.

                    Bereken en vertoon die totale bedrag wat elke werknemer betaal is
                    vir ure wat oortyd gewerk is, as geldeenheid geformatteer. Vertoon
                    die bedrag deur die veldnaam OortydBedrag te gebruik. Vertoon
                    slegs die Van en die berekende veld OortydBedrag as afvoer.

                    Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (9)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode]

          LET WEL:

             Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en
              VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
             GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            14                          DBE/November 2020
                                                 SS/NSS

         Voorbeeld van          die   grafiese   gebruikerskoppelvlak   (GGK     ('GUI'))   vir
         VRAAG 2.2:

         2.2.1     Knoppie [2.2.1 - Werknemers met noodhulp]

                   Skryf kode om die volgende te doen:
                         Vertoon die werknemer se ID, van en postitel in die 'rich edit'-
                          komponent redV2 van AL die werknemers wat opleiding in
                          noodhulp voltooi het.
                         Tel die getal werknemers wat noodhulpopleiding voltooi het en
                          vertoon die resultaat onder die werknemerbesonderhede, soos
                          in die voorbeeld hieronder getoon word.
                   LET WEL: Kode om die opskrifte van die kolomme te vertoon, is
                            voorsien.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                      (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       15                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         2.2.2     Knoppie [2.2.2 - Voeg nuwe werknemer by]

                   Skryf kode om 'n nuwe rekord by die tblWerknemers-tabel te voeg.
                   Die data vir die werknemer is soos volg:

                   Werknemer se ID:     EMP986
                   Naam:                Robert
                   Van:                 Laubscher
                   Uurlikse loon:       195.00
                   Postitel:            Mariene Ingenieur
                   Noodhulpopleiding:   True

                   Voorbeeld van die laaste paar rekords in die tblWerknemers-tabel
                   wat toon dat die rekord suksesvol by die tabel gevoeg is:

                                                                                               (6)
         2.2.3     Knoppie [2.2.3 - Dateer ure gewerk op]

                   Die administrateur kan die getal ure wat vir 'n rekord in die
                   tblLogUre-tabel aangeteken is, verander. Die gebruiker moet 'n
                   rekord in die DBGrid dbgLogUre selekteer en die waarde om die
                   huidige getal ure wat gewerk is, te vervang, in die redigeerblokkie
                   ('edit box') insleutel.

                   Skryf kode om die UreGewerk-veld van die geselekteerde rekord na
                   die waarde wat uit die redigeerblokkie verkry is, op te dateer.

                   Voorbeeld van die inhoud van die rekord as die LogID 758
                   geselekteer is en die waarde 11 vir UreGewerk ingesleutel is:

                   Voorbeeld van die inhoud van die rekord as die LogID 774
                   geselekteer is en die waarde 8 vir UreGewerk ingesleutel is:

                                                                                               (5)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                 40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    16                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

'n Invoer-uitvoermaatskappy verhuur houers aan klante wat dit gebruik om goedere vir
'n sekere tydperk te stoor. Transaksies word tussen die maatskappy en die klante
geskep om op hoogte te bly van die houers wat verhuur is.

Doen die volgende:
      Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
      Maak die onvolledige objekklas Transaksie_U.pas oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
       Vraag3_U.pas-lêer en die Transaksie_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

      Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Transaksie_U-objekklas en
       VRAAG 3.2 vir die Vraag3_U-vormklas gespesifiseer is.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       17                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

3.1       Die onvolledige objekklas (TTransaksie) wat verskaf is, bevat vier attribute
          en 'n onvolledige toString-metode wat 'n Transaksie-objek definieer.

          Die attribute vir die Transaksie-objek is soos volg verklaar:

            Name van attribute        Beskrywing
            fKlantID                  Die Suid-Afrikaanse identiteitsnommer van 'n
                                      klant wat versoek om 'n houer te huur
            fHouerGrootte             'n Karakter wat die grootte van die houer aandui:
                                       K = Klein
                                       M = Medium
                                       G = Groot
            fStoorTydperk             Dui die getal maande aan wat die houer aan die
                                      klant beskikbaar gestel sal word
            fBedragBetaal             Die bedrag wat die klant reeds betaal het om die
                                      houer te gebruik

          LET WEL: Jy mag nie enige bykomende attribute of gebruikers-
                   gedefinieerde metodes byvoeg tensy dit uitdruklik in die vraag
                    aangedui word nie.

          3.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die klant se ID, die
                      houergrootte en die stoortydperk in maande as parameterwaardes
                      sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die onderskeie attribute toe.
                      Stel die fBedragBetaal-attribuut op die waarde van nul.                      (4)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                      getBedragBetaal vir die fBedragBetaal-attribuut.                             (2)

          3.1.3       Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerBedragBetaal wat
                      'n waarde as parameter sal ontvang en tel die waarde wat ontvang
                      is, by die fBedragBetaal-attribuut.                                          (3)

          3.1.4       Skryf kode vir 'n metode met die naam berekenKoste wat die
                      attribute van die Transaksie-objek sal gebruik om die koste om 'n
                      houer te huur, te bereken en terug te stuur.

                      Die maandelikse koste van die houer sal van die grootte van die
                      houer afhang, soos in die tabel hieronder aangedui word.

                       Grootte van houer               Bedrag per maand
                       K                               R1000.00
                       M                               R1750.00
                       G                               R2500.00

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             18                      DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

                     Die totale koste om die houer te huur, word soos volg bereken:

                          Die maandelikse koste van die houer word met die stoortydperk
                           in maande vermenigvuldig.
                          'n Afslag van 10% van die totale koste word vir elke ses maande
                           van die stoortydperk, tot op 'n maksimum van 50% toegepas.

                     Voorbeeld 1:

                         Houergrootte:                     M
                         Stoortydperk (maande):            3
                         Afslag (%):                       0%
                         Koste:                            R5250.00

                     Voorbeeld 2:

                         Houergrootte:                     K
                         Stoortydperk (maande):            6
                         Afslag (%):                       10%
                         Koste:                            R5400.00

                     Voorbeeld 3:

                         Houergrootte:                     G
                         Stoortydperk (maande):            25
                         Afslag (%):                       40%
                         Koste:                            R37500.00

                     Voorbeeld 4:

                         Houergrootte:                     K
                         Stoortydperk (maande):            72
                         Afslag (%):                       50%
                         Koste:                            R36000.00                               (11)

         3.1.5       'n Onvolledige toString-metode is verskaf.

                     Skryf kode om die toString-metode te voltooi om die attribute van
                     die Transaksie-objek in die volgende formaat terug te stuur:

                     Klant se ID: <fKlantID>
                     Houergrootte: <fHouerGrootte>
                     Stoortydperk (maande): <fStoorTydperk>
                     Bedrag betaal: <fBedragBetaal>

                     Voorbeeld:

                     Klant se ID: 7203075021082
                     Houergrootte: M
                     Stoortydperk (maande): 7
                     Bedrag betaal: R0.00                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          19                         DBE/November 2020
                                               SS/NSS

3.2      'n Onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf en bevat kode vir die objekklas
         om toeganklik te wees. 'n Globale TTransaksie-veranderlike met die naam
         objTransaksie is verskaf.

         Doen die volgende om die kode vir VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3 in die
         hoofvormeenheid te voltooi:

         3.2.1       Knoppie [3.2.1 - Instansieer objek]
                     Skryf kode om die volgende te doen:
                          Onttrek die klant se ID uit edtV3_2_1, die eerste letter van die
                           houergrootte wat in lstV3_2_1 geselekteer is en die
                           stoortydperk in maande uit sedV3_2_1.
                          Instansieer 'n Transaksie-objek deur die waardes wat uit die
                           gebruikerskoppelvlak onttrek is, te gebruik.
                          Maak die btnV3_2_1-knoppie onaktief.
                     LET WEL: Die kode vir die [Herstel]-knoppie wat voorsien is, sal
                              die Transaksie-objek uit die geheue verwyder en
                              btnV3_2_1 aktief maak sodat 'n nuwe Transaksie-
                              objek geïnstansieer kan word.                                         (7)

         3.2.2       (a)    Knoppie [3.2.2 (a) - Vertoon bedrag verskuldig]
                            Skryf kode om die volgende te doen:
                               Gebruik die relevante metode om die bedrag wat vir die
                                huur van 'n houer verskuldig is, te bereken.
                               Vertoon die bedrag verskuldig op die paneel pnlV3_2_2 in
                                die volgende formaat:
                                   Bedrag verskuldig: <bedrag verskuldig>
                            Voorbeeld van afvoer met die verstekwaardes ('default values')
                            wat verskaf is, word geselekteer met geen bedrag wat reeds
                            betaal is nie:

                            Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n
                            stoortydperk van 3 maande geselekteer het met geen bedrag
                            wat reeds betaal is nie:

                                                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          20                          DBE/November 2020
                                               SS/NSS

                     (b)   Knoppie [3.2.2 (b) - Verwerk betaling]

                           Die klant moet 'n bedrag wat betaal moet word, in die
                           redigeerblokkie ('edit box') edtV3_2_2 wat verskaf is, insleutel.

                           Skryf kode om die volgende te doen:

                              Onttrek die bedrag wat in edtV3_2_2 ingesleutel is.
                              Gebruik die geskikte metode om die attribuut van die
                               bedrag wat betaal is, op te dateer met die bedrag wat uit
                               edtV3_2_2 onttrek is.
                              Gebruik die geskikte metodes om die opgedateerde
                               bedrag wat verskuldig is, te bereken.
                              Vertoon die opgedateerde bedrag verskuldig op die paneel
                               pnlV3_2_2.

                           Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n
                           stoortydperk van 3 maande geselekteer het, met 'n bedrag van
                           R1 200 wat betaal is:

                                                                                                     (5)

          3.2.3      Knoppie [3.2.3 - Sien besonderhede]

                     Die klant moet in staat wees om die besonderhede van die
                     Transaksie-objek te sien. Kode om die 'rich edit'-komponent skoon
                     te maak, is voorsien.

                     Skryf kode om die attribute van die Transaksie-objek in die 'rich
                     edit' wat verskaf is, te vertoon deur die toString-metode te gebruik.

                     Voorbeeld van afvoer met die verstekwaardes wat geselekteer is en
                     met geen bedrag wat reeds betaal is nie:

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      21                       DBE/November 2020
                                           SS/NSS

                     Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n
                     stoortydperk van 3 maande geselekteer het, met 'n bedrag van
                     R1 200 wat betaal is:

                                                                                             (2)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor al die lêers.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING C:                 40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    22                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

Tonne vragte word in houers gelaai en op die hawe gestoor om verskeep te word.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Vraag4_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

       Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

      Lees die inligting hieronder en voltooi die kode vir die take wat in VRAAG 4.1 EN
       VRAAG 4.2 wat volg, beskryf word.

       Die program bevat kode wat hieronder vertoon word vir die verklaring van
       'n skikking met die naam arrHouers.

                  arrHouers: array [1..50] of real;

       arrHouers word verklaar met 'n maksimum grootte van 50 elemente om
       ewekansige reële getalle te stoor wat die verskillende gewigte van elke houer in
       ton te verteenwoordig.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       23                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

LET WEL:       Kode is voorsien om sekere komponente vir elke gebeurtenis te aktiveer,
               deaktiveer en skoon te maak.

4.1       Skryf kode soos in VRAAG 4.1.1 en VRAAG 4.1.2 beskryf word om die gewig
          van hawehouers te genereer en te vertoon.

          4.1.1     Knoppie [4.1.1 - Skep hawehouers]

                    Skryf kode om vyftig (50) ewekansige reële waardes in die reeks van
                    1 tot 99 (beide ingesluit) en afgerond tot EEN desimale plek te
                    genereer en ken die waardes aan die eendimensionele skikking met
                    die naam arrHouers toe.

                    LET WEL:    Gebruik die skikking arrTempHouers wat verskaf is
                                as jou poging om die arrHouers-skikking met
                                ewekansige waardes te vul, onsuksesvol was.                      (4)

          4.1.2     Knoppie [4.1.2 - Vertoon hawehouers]

                    Skryf kode om die gewig van die houers te vertoon uit die arrHouers-
                    skikking in die 'rich edit' redV4_1, wat in 5 rye en 10 kolomme
                    gerangskik is, soos in die voorbeeld hieronder getoon.

          Voorbeeld van moontlike afvoer:

          LET WEL: Die waardes wat in die voorbeeld getoon word, sal van jou
                   program se afvoer verskil omdat die waardes ewekansig
                   gegenereer word elke keer as die [4.1.1 – Skep hawehouers]-
                   knoppie geklik word.                                                          (8)

4.2       Knoppie [4.2 - Houers gelaai om verskeep te word]

          'n Skip in die hawe moet met houers uit die eendimensionele skikking
          arrHouers gelaai word. Die totale gewig wat op die skip gelaai word, moet so
          na as moontlik, maar nie meer nie, as die maksimum waarde van 200 ton
          wees.

          Houers moet ry vir ry uit die arrHouers-skikking gelaai word totdat die
          maksimum gewig bereik is. As die byvoeg van 'n spesifieke houer se gewig
          by die totale gewig veroorsaak dat die totale gewig die maksimum gewig van
          200 ton oorskry, moet daardie spesifieke houer nie op die skip gelaai word
          nie. Die program moet ry vir ry deur die oorblywende houers soek om 'n
          ander houer met 'n laer gewig te vind wat steeds op die skip gelaai kan word
          sonder om die maksimum gewig te oorskry.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          24                      DBE/November 2020
                                               SS/NSS

         Die getal houers wat op die skip gelaai word, sal afhang van die ewekansige
         data wat in die arrHouers-skikking gegenereer is.

         Voorbeeld van afvoer vir die ewekansige waardes wat in VRAAG 4.1.1
         gegenereer is.

                          31.2   43.4   5.1   41.2   52.6   15.8   1.4

         Verduideliking:

         Die gewig van die eerste vyf houers in ry 1 is altesaam 'n totale waarde van
         173.5 ton. Die byvoeg van die gewig van elk van die volgende drie houers
         (41.9, 97 en 49.3 onderskeidelik) sal veroorsaak dat die toegelate maksimum
         gewig oorskry word en word dus nie gelaai nie. Die volgende geskikte houer
         wat gelaai kan word, sal die houer met die gewig van 15.8 ton wees en
         daarna die houer met die gewig van 1.4 ton. Die totale gewig van die houers
         wat gelaai moet word, is altesaam 190.7 ton – die naaste totaal aan die
         waarde van 200 ton. Geen verdere houers kan gelaai word nie.

         Skryf kode om die volgende te doen:

             Vertoon die gewig van die houers wat op die skip gelaai is in die 'rich
              edit'-komponent met die naam redV4_2.
             Skryf die gewig van die houers wat op die skip gelaai is, na 'n nuwe
              tekslêer met die naam Tonne.txt.
             Staak die laaiproses van die houers op die skip sodra die maksimum
              moontlike gewig op die skip gelaai is.
             Vertoon die totale gewig wat op die skip gelaai is op die paneel pnlV4.

         Voorbeeld van moontlike afvoer:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      25                 DBE/November 2020
                                           SS/NSS

         Afvoer vir 'n ander stel data wat gegeneer is:

                                                                                    (18)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                          TOTAAL AFDELING D:         30
                                                              GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         1                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblWerknemers

Hierdie tabel bevat die besonderhede van die personeel wat by die invoer-uitvoer-
maatskappy werk.

Veldnaam                  Datatipe     Beskrywing
WerknemerID               Text (8)     'n Unieke ID wat 'n werknemer identifiseer
Naam                      Text (40)    Die werknemer se naam
Van                       Text (40)    Die werknemer se van
UurlikseLoon              Currency     Die bedrag wat die werknemer per uur betaal word
PosTitels                 Text (80)    Die titel van die werknemer se posisie by die
                                       maatskappy
NoodHulpOpleiding         Boolean      'n Veld wat aandui of die werknemer 'n noodhulp-
                                       opleidingskursus voltooi het of nie

Voorbeeld van die rekords van die tblWerknemers-tabel:

Tabel: tblLogUre

Die tabel bevat die inligting van ure wat gewerk is, wat daagliks deur die personeel
aangeteken word.

Veldnaam              Datatipe        Beskrywing
LogID                 AutoNumber      'n Unieke nommer wat aan die werknemer se
                                      daaglikse ure gewerk, toegeken word
WerknemerID           Text (8)        'n Unieke ID wat die werknemer identifiseer aan wie
                                      die ure wat aangeteken is, behoort
LogDatum              Date/Time       Die datum waarop die ure aangeteken is
UreGewerk             Number          Die getal ure wat vir 'n spesifieke werknemer vir die
                                      dag aangeteken is

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     2                      DBE/November 2020
                                             SS/NSS

    Voorbeeld van die eerste elf rekords in die tblLogUre-tabel:

LET WEL:

      Konneksiekode is voorsien.
      Die databasis is met 'n wagwoord beskerm en daarom sal jy nie in staat wees om
       direkte toegang tot die databasis te verkry nie.

    Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
    twee tabelle in die databasis:

    Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P1 Nov 2020 Afr REWRITE (NO MEMO)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr-rewrite-no-memo/50e776f8-b245-4554-9243-5cf350cf10d2) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-memo-afr/85279e2b-2e1a-44a8-a2ac-7db9df151ff7) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-english/54a79498-b880-4b85-a745-f97411d425cb) — Information Technology · QP · 2020 · Eng
- [Information Technology P1 Sep 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-sep-2020-qp/52d2ebb5-6e91-49ca-bff7-a13416b45681) — Information Technology · QP · 2020

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
