# Information Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ccb18c84-0d37-45d3-bcd1-758db188e216
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ccb18c84-0d37-45d3-bcd1-758db188e216)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *IINFTE1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL VIER afdelings
       beantwoord.
2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3.     Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
       nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
4.     Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
       werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat
       in die vraestel verskyn nie.
5.     Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
       word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ programmeringstaal vir enige
       van hierdie roetines gebruik NIE.
6.     Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
7.     Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers
       word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
       Doen die volgende:

          Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
          Klik op die 'Extract'-knoppie.
          Sleutel die volgende wagwoord in: Gr11&ScL19
       Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
       DataNov2019 beskikbaar wees:
       Vraag 1:                                     Vraag 3:
       Vraag1_u.pas                                 Vraag3_u.pas
       Vraag1_u.dfm                                 Vraag3_u.dfm
       Vraag1_p.dpr                                 Vraag3_p.dpr
       Vraag1_p.res                                 Vraag3_p.res

                                                    Vraag 4:
       Vraag 2:
                                                    Vraag4_u.pas
       Vraag2_u.pas                                 Vraag4_u.dfm
       Vraag2_u.dfm                                 Vraag4_p.dpr
       Vraag2_p.dpr                                 Vraag4_p.res
       Vraag2_p.res                                 verkope.txt
       dbConnection_u.pas
       TechShop.mdb
       TechShopBackUp.mdb

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Jy is deur die skool se skryfbehoeftewinkelbestuurder gevra om ŉ aanlyn winkel as ŉ
alternatief te ontwikkel.

Doen die volgende:

   Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.
   Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
   Volg die instruksies om die kode vir VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 te voltooi.

ŉ Voorbeeld van die GGK ('GUI') word hieronder gegee:

1.1    Knoppie [V1.1 – Begin Koop]

       Kliënte word vereis om ŉ wagwoord te hê voordat hul kan begin koop.
       Hulle sal slegs hul van in die 'edit box'-komponent (edtnaam) insleutel. Skryf
       kode wat ŉ wagwoord, wat uit die eerste drie karakters van die van bestaan
       sowel as ŉ ewekansige getal tussen 1 en 1034 (albei ingesluit), sal genereer.

       Skryf kode om die wagwoord in ŉ boodskap te vertoon.

       Voorbeeld van afvoer as die van 'Simons' ingesleutel word:

                                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

1.2    Knoppie [V1.2 – Plaas in Mandjie]

       Die gebruiker moet ŉ produk uit die 'radio group'-komponent rpgKeuse kies en
       dan die hoeveelheid wat benodig word in die spinedit, sedHoeveel, insleutel.

       Die hoeveelheid van die gekose produk moet met die produk se eenheidsprys
       vermenigvuldig word om die totaal wat verskuldig is, te bereken.

       Eenheidspryse word as konstante waardes in die program gegee:
                 Potlood = R12,00, Pen = R25,00, Sakrekenaar = R154,00

       Vertoon die resultate in netjiese kolomme in die 'richedit'-komponent
       redFaktuur, soos in die voorbeeld afvoer aangedui word.

       LET WEL: Kode om die spasiëring en opskrifte te vertoon, word verskaf.

       Kliënte kan meer as een produk kies en dus moet die totale bedrag bereken
       word deur die totaal van elke produk te gebruik. Die totale bedrag word in Vraag
       1.4 gebruik.
       (Wenk: Gebruik die gegewe globale veranderlike, rGrootTotaal).

       Voorbeeld van afvoer as 5 swart balpuntpenne en 2 HB potlode bestel is:

                                                                                               (13)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                   5

1.3    Knoppie [V1.3 – Verifieer Kaart]

       Kode moet geskryf word om te toets of die bankkaartnommer wat die kliënt
       ingesleutel het, geldig is.
       Die 'edit'-komponent, edtKaart het ŉ masker ('editmask') wat sal verseker dat
       die ‘-‘ -karakter korrek tussen 4 stelle van 4 syfers geplaas word.

       ŉ Kaart is geldig as een van die syfers: 0,1,2,3,4,5,6,7,8 en 9 as een van die stel
       van 4 syfers ingesleutel word.

       Voorbeeld van ŉ bankkaartnommer:

       Jy moet kode skryf wat sal toets of daar ander karakters, wat nie syfers tussen 0
       en 9 in die kaartnommer is nie.
       As die kaart geldig is, dan moet die fontstyl van die knoppie, btnV1_4, na
       vetgedruk gestel word.
       As die kaartnommer ongeldig is, dan moet ŉ gepaste boodskap vertoon word.         (15)

1.4    Knoppie [V1.4 – Gaan voort na betaling]

       Die totaal verskuldig vir al die produkte wat die kliënt wil koop, moet in die
       'richedit', redFaktuur, vertoon word formateer as geldeenheid met twee
       desimale plekke.

       Voorbeeld van afvoer as 5 penne en 2 potlode bestel word:

                                                                                                   (4)

           Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
            programlêer in.
           Stoor jou program.
           ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                         [38]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 2: DATABASISMANIPULASIE

Hierdie vraag bestaan uit sub-vrae 2.1 tot 2.4. Die volgende notas is van toepassing op al
die vrae:

 Jy mag NIE die gegewe programkode verander of kode by voeg NIE.
 Goeie programmeringstegnieke vanuit eerste beginsels moet toegepas word.
 GEEN punte sal vir vaskodering toegeken word NIE. Gebruik kontrole-strukture en
  veranderlikes waar nodig.
 GEEN FILTERS MAG GEBRUIK WORD NIE.

Jou skool se skryfbehoeftewinkel het uitgebrei om tegniese verkope soos selfone en
ander kantoorbenodighede in te sluit. ŉ Databasis is vir hierdie doel ontwerp en alle
bestellings is in een tabel aangeteken.

ŉ Tabel met die naam Bestellings word in die databasis TechShop.mdb verskaf.

ŉ Voorbeeld van rekords van die tabel word hieronder vertoon:

Die ontwerpaansig van die Bestellings tabel, insluitende die datatipes, word hieronder
vertoon:

LET WEL:
 Konneksiekode word verskaf.
 Wanneer die Herstel Databasis-knoppie geklik word, word die data in die databasis na
  die oorspronklike data herstel.
 Die naam van die tabel wat in jou kode gebruik moet word, is tblBestel, wat ŉ
  TADOTable-objek is wat met die databasis verbind is.

Doen die volgende:
 Kompileer en voer die program in die Vraag 2-gidslêer uit. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
 Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer.
 Voltooi die kode vir elke vraag soos dit in Vraag 2 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               7

2.1    Knoppie [V2.1 – Meer as 5]

       Vertoon die name van al die produkte waar die hoeveelhede wat bestel is, meer
       as 5 is.
       Vertoon die uitslae in die 'richedit', redVertoon.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (6)

2.2    Knoppie [V2.2 – Verander EEN produk]

       Daar is ŉ bestelling met ŉ Produk-naam wat 'none' in die databasistabel is. Dit is
       as gevolg van ŉ fout wat tydens toevoer plaasgevind het.

       Skryf kode om die Produk se naam van ‘none’ na ‘Lenova Yoga 3’ te verander.

       LET WEL: Daar is slegs EEN bestelling met hierdie fout.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (9)

2.3    Knoppie [V2.3 – Desember bestellings]

       Skryf kode om die totale aantal produkte wat in Desember bestel is, te vertoon.

       Alle datums is in die volgende formaat, “jjjj-mm-dd”.

       Die totaal moet in die 'richedit', redVertoon, vertoon word.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

2.4    Knoppie [V2.4 – Verwyder Klient]

       Die gebruiker sal ŉ KlientID uit die kombinasielys, cmbklient, kies.

       Jy moet kode skryf wat al die rekords uit die tabel sal verwyder waar die KlientID
       dieselfde is as wat die gebruiker gekies het EN die Aflewering 'Normal' is.

       Voordat die rekord verwyder word, moet die KlientID van die rekord wat
       verwyder gaan word, in die 'richedit', redVertoon, vertoon word,

       As geen rekord verwyder moet word nie, vertoon ŉ boodskap in die 'richedit':
       “Geen bestellings is gekanselleer nie”.

       Voorbeeld van afvoer as KlientID AG-10330 gekies is:

       Voorbeeld van afvoer as KlientID CC-12550 gekies is:

                                                                                                   (13)

          Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer in.
          Stoor jou program.
          ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                                  [38]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

VRAAG 3: SKIKKINGS EN SUBPROGRAMME

Die skryfbehoeftewinkel wil ŉ verslag van voorraad vertoon.

Die program in die VRAAG 3 gidslêer bevat twee globale skikkings, arrItem en arrQty.

ArrItem bevat 10 name van items asook die hoeveelhede wat by die voorraadgetalle
van elke item, bygevoeg moet word.

Die skikking, ArrQty, bevat die ou hoeveelheid wat vir elke item beskikbaar is en elke
indeks stem ooreen met die indeks van arrItem.

Byvoorbeeld, die eerste item van arrQty bevat die huidige aantal rooi balpuntpenne in
voorraad, wat drie penne is.

3.1      Skryf ŉ prosedure, SorteerEnVertoon, wat albei skikkings, arrItem en arrQty,
         sal sorteer.

         Die skikkings moet in alfabetiese volgorde volgens arrItem gesorteer word.

        Die metode moet albei skikkings, in netjiese kolomme, in die 'richedit' met die
        naam redAfvoer, vertoon (arrItem gevolg deur arrQty).                                   (15)

3.2     'OnCreate event handler' van frmVraag3

        Die arrItem skikking bevat die item se naam asook die nuwe hoeveelhede wat
        by die voorraad van elke item bygevoeg moet word.

        Skryf kode om die hoeveelhede in die arrItem te verwyder en die getalle by die
        hoeveelhede in voorraad in arrQty, by te voeg.

        Roep die SorteerEnVertoon metode om die skikkings in die 'richedit' te vertoon.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

3.3     Skryf ŉ funksie met die naam KryNuweHoeveelheid wat TWEE heelgetal
        (‘integer’) parameters ontvang en ŉ heelgetal waarde (‘integer’) terugstuur.

        Een parameter is ŉ heelgetal wat die hoeveelheid items in voorraad
        verteenwoordig.
        Die tweede parameter is ŉ heelgetal wat die persentasie waarmee die
        voorraadhoeveelheid verminder moet word verteenwoordig.

        Die funksie moet ŉ heelgetal terugstuur wat die nuwe verminderde
        voorraadhoeveelheid sal wees, gebaseer op die volgende reël:

        Voorraadhoeveelheid kan nie met ŉ breuk verminder word nie. Jy moet eers die
        getal na die laagste heelgetal afrond.

                           TOEVOER              PROSESSERING               AFVOER
                                              Resultaat   Hoeveelheid    Resultaat wat
               Hoeveelheid     Persentasie
                                                 na       wat afgetrek   funksie moet
                Voorraad         Afname
                                             berekening    moet word      terugstuur
Voorbeeld
                      35             10         3.5            3               32
    1
Voorbeeld
                      42             4          1.68           1               41
    2
Voorbeeld
                      20             12         2.4            2               18
    3
                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               11

3.4     Knoppie [V3.4 – Voorraadafname]

        Na ŉ maand se verkope sal die voorraadhoeveelheid verminder.

        Skryf kode wat die gebruiker sal vra om ŉ heelgetal in ŉ toevoerkomponent in te
        lees, wat die persentasie waarmee die voorraad sal afneem sal, voorstel.

        Die voorraadhoeveelhede van al die items moet dan met die persentasie
        verminder word. Maak gebruik van die globale skikking, arrQty en die
        KryNuweHoeveelheid metode wat in VRAAG 3.3 geskryf is.

        (Die arrQty skikking moet met die nuwe hoeveelhede opdateer word deur die
        KryNuweHoeveelheid metode te gebruik.)

        Roep die SorteerEnVertoon metode wat jy in VRAAG 3.1 geskryf het, om die
        inligting in die 'richedit' te vertoon, om jou oplossing te toets.

        Voorbeeld van afvoer as die voorraadhoeveelheid met 12 persent verminder
        word:

                                                                                              (7)

            Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
             programlêer in.
            Stoor jou program.
            ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                         [38]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 4: TEKSLÊER-MANIPULASIE

ŉ Lys van al die verkoopsinligting van die skryfbehoeftewinkel is in die tekslêer,
verkope.txt, gestoor.

Die uitleg van een reël in die tekslêer is soos volg:

     kliëntnaam;item wat verkoop is;hoeveelheid wat verkoop is;eenheidsprys van item

LET WEL: Elke item in ŉ reël in die tekslêer word geskei deur ŉ semikolon (;).

Knoppie [V4 – Analiseer Verkope]

ŉ Gebruiker moet ŉ itemnaam uit die kombinasielys, cmbItem, kies.

Skryf die volgende kode:

        Toets of die tekslêer verkope.txt bestaan en stop die metode as die lêer nie
         bestaan nie.
        Onttrek die itemnaam uit die kombinasielys.
        Lees ŉ reël uit die tekslêer.
        Toets of die item wat gekies is in ŉ reël in die tekslêer is.
        As dit gevind is, dan moet jy:
            o Die kliënt se naam en itemnaam onttrek.
            o Die hoeveelheid wat verkoop is en die eenheidsprys uit die reël onttrek.
            o Die koste bereken wat die kliënt moet betaal (eenheidsprys
                vermenigvuldig met die hoeveelheid wat verkoop is).
            o Die totaal van al die aankope bereken. (Dit sal later gebruik word)
            o Die naam van die kliënt en die totaal vir die spesifieke kliënt in die 'richedit'
                redVertoon vertoon.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                13

Skryf kode om te toets of ŉ tekslêer met die itemnaam, wat in die kombinasielys gekies
is, bestaan.
     As die tekslêer bestaan, skryf kode om die tekslêer voor te berei om reëls by te
       voeg.
     As die tekslêer nie bestaan nie, dan moet kode geskryf word om die tekslêer te
       skep. Gebruik die itemnaam van die kombinasielys as die nuwe lêernaam.

Skryf kode om ŉ reël by die tekslêer te voeg gebruik die volgende formaat:

                       Vandag se datum#totaal van al die verkope

Voorbeeld van afvoer in die 'richedit' as 'Desk' in die kombinasielys gekies is:

Voorbeeld van die tekslêer, Desk.txt:

 Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
 Stoor jou program.
 ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                                       [36]

                                                                                   TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov-2019-eng-d/02e4bb75-00a8-4701-8ecd-8c51a0731acd) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov2019-afr-d/ef724526-4c79-4aa9-8628-6b081260a040) — Information Technology · Memo · 2019 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov2019-eng-d/814c694c-b7a0-42d0-9301-ac5f2fdbbb9c) — Information Technology · Memo · 2019 · Eng
- [INFO TECH P2 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr11-qp-nov2019-eng-d/4e0830ef-33d1-44f4-ad29-e1130e412bb5) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [INFO TECH P2 GR11 QP NOVEMBER 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr11-qp-november-2019-afr-d/a86bb1ad-94d2-4c30-8a18-dcc87e472c3a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans/3004cfd1-3dc0-4c27-8e34-e7946b874eb4) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
