# Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans-d/cca32e2f-eb44-4bc4-a2d6-e9767e9a0e4b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans-d/cca32e2f-eb44-4bc4-a2d6-e9767e9a0e4b)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/b58d463e-025c-4716-9255-6eeeebfafbc3) — Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans-d/25d21533-ac81-4ade-a4b8-c56f655e7a81) — Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-memo-gr11-nov2020-afrikaans-d/09d5bea3-08be-4b20-9a72-e526738e9d32) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                      NOVEMBER 2020

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *IINFTA1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae
       beantwoord.
 2.    Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van
       hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal
       word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te
       verlaat nie.
 3.    Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
       vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
       word nie.
 4.    Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data
       sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-
       uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.
 5.    Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
       ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ
       programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
 6.    Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
 7.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
       lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
       Doen die volgende:
       x Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
       x Klik op die ‘Extract’-knoppie.
       x Sleutel die volgende wagwoord in: Nov20C#4d
       Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
       DataNov2020AFR beskikbaar wees:
       Vraag 1:                                     Vraag 3:
       Vraag1_u.pas                                 Vraag3_u.pas
       Vraag1_u.dfm                                 Vraag3_u.dfm
       Vraag1_p.dpr                                 Vraag3_p.dpr
       Vraag1_p.res                                 Vraag3_p.res
       SAVlag.txt                                   dbConnection_u.pas
                                                    KovidNavorsing.mdb
                                                    KovidNavorsingRugsteun.mdb
       Vraag 2:                                     Vraag 4:
       Vraag2_u.pas                                 Vraag4_u.pas
       Vraag2_u.dfm                                 Vraag4_u.dfm
       Vraag2_p.dpr                                 Vraag4_p.dpr
       Vraag2_p.res                                 Vraag4_p.res
       syfers.txt

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 3

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 SCENARIO:

 Voltooi ŉ program om kodes vir pasiënte te skep wanneer hulle in ŉ hospitaal
 opgeneem word. Vertoon die totale aantal pasiënte wat in die Oos-Kaap en Wes-
 Kaap opgeneem is.

 Doen die volgende:

    x    Maak die onvoltooide program in die Vraag 1 lêergids oop.
    x    Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas
         lêer in.
    x    Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit
         nie.
    x    Volg die instruksies om die kode vir Vraag 1.1, 1.2 en 1.3 te voltooi.

 1.1 Knoppie [V1.1 Kry Pasiëntkode] op Vraag 1.1 ‘tabsheet’

        Pasiënte sal hul naam en van in die redigeerblokkie, edtnaamvan insleutel, ŉ
        provinsie (Oos-Kaap of Wes-Kaap) uit die kombinasielys, cmbprovinsie, kies
        en die jaar van hul geboortedatum (in die ‘JJJJ’ format) in die redigeerblokkie,
        edtjaar, insleutel.

        Skryf kode om die volgende te doen:

           x   ŉ Foutboodskap moet vertoon word en die prosedure moet ‘exit’
               wanneer die pasiënt nie ŉ provinsie gekies het nie.

               Voorbeeld van afvoer:

           x   Elke keer as die Kry Pasiëntkode-knoppie geklik word, moet die
               aantal pasiënte vir die gekose provinsie met een vermeerder word. Die
               totale aantal pasiënte vir elke provinsie moet op die panele, pnlOK en
               pnlWK vertoon word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2020)

        Voorbeeld van afvoer:

    x   Die pasiëntkode moet geskep word en in ŉ afvoerkomponent vertoon word.
        Maak gebruik van die volgende algoritme:

           Die 1ste karakter van die naam en die 1ste karakter van die van moet by
           die 3de en 4de karakters van die jaar van geboortedatum en die eerste
           vier karakters van die provinsie gevoeg word. ŉ Ewekansige getal
           tussen 1 000 tot 60 000 (albei ingesluit) moet aan die einde van die
           kode gevoeg word.

           Voorbeeld: Vuyelwa Mcuba is in 2001 gebore en is in ŉ hospitaal in die
           Oos-Kaap opgeneem. Haar pasiëntkode is VM01East26099. (Die
           ewekansige getal is 26099).

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                     (26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

 1.2 Knoppie [V1.2 Enkripsie] op Vraag 1.2 ‘tabsheet’

       Die gebruiker moet ŉ sin in die redigeerblokkie, edtToevoer, insleutel en die
       geënkripteerde boodskap moet dan in ŉ byskrif, lblVertoon, vertoon word.

       Skryf kode om die volgende te doen:

       x Die toevoer wat in die redigeerblokkie, edtToevoer, ingesleutel is, moet
         na hoofletters verander word en die sin moet dan volgens die ‘cipher’
         geënkripteer word en in die byskrif, lblVertoon, vertoon word:

          x ŉ Spasie word deur nommer 1 voorgestel.
          x Die karakters van A tot Z word deur die syfers 2 tot 27 voorgestel.
          x Alle simbole en syfers in die oorspronklike sin moet met die nommer 0
            voorgestel word.
          x ŉ Asterisk (*) moet aan die begin en einde van die geënkripteerde
            string gevoeg word.
          x Elke getal van die geënkripteerde string moet deur ŉ asterisk (*)
            geskei word.

             Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT’ ingesleutel word:

             Voorbeeld van afvoer as ‘Do IT 2#’ ingesleutel word:

                                                                                       (13)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3 Die rgpPrent ‘onclick’ gebeurtenis:

      Die gebruiker moet ŉ opsie uit die radiogroep, rgpAgtergrond, kies.

      Skryf kode om die volgende te doen:

      As die gebruiker die radioknoppie vir ‘Geen agtergrond’ kies, dan moet die
      prent in die ‘image’-komponent, imgVertoon, deurskynend (‘invisible’)
      gemaak word.

      As die gebruiker op die ‘Suid-Afrikaanse Vlag’ radioknoppie klik, dan moet
      die SAVlag.jpg prent as agtergrond vertoon word en die ‘image’-komponent
      moet sigbaar (‘visible’) gemaak word.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (7)

       x   Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer.
       x   Stoor jou program.
       x   ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                    [46]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                           7

 VRAAG 2: SKIKKINGS EN TEKSLÊERS

 Doen die volgende:

 x Kompileer en voer die program in die Vraag 2 lêergids uit. Die program het
   tans beperkte funksionaliteit.
 x Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer
   in.
 x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 2 beskryf word.

 2.1    Knoppie [V2.1 Vertoon]

        ŉ Globale skikking, arrHoeveel, is verklaar met 10 integers. Die syfers in
        die skikking stel die totale aantal positiewe gevalle vir die eerste 10 dae in
        April voor.

        Nog ŉ globale skikking, arrDae, is verklaar wat karakters bevat. Die
        skikking bevat die eerste 10 dae van April en is parallel aan arrHoeveel.

        ŉ Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrHoeveel, word
        hieronder gegee:

             1         2        3       4        5        6        7         8         9       10
           1505 1934 1380 2003 1686 1655 1845 1462 1749 1585

        ŉ Diagrammatiese voorstelling van die skikking, arrDae, word hieronder
        gegee:

            1          2        3        4       5         6           7         8      9         10
                                1       10                                              7
          3 April    9 April                   6 April   5 April   8 April   2 April            4 April
                               April   April                                           April

        Skryf kode om die volgende te doen:

        x Sorteer die skikking, arrHoeveel (asook die skikking arrDae) in
          dalende volgorde van die hoogste getal na die laagste getal in die
          arrHoeveel skikking.

        x Vertoon die inhoud van die twee globale skikkings netjies in die
          ‘richedit’-komponent, redAfvoer. (Kode is gegee om opskrifte te
          vertoon asook die ‘tab stop’.)

        x Bereken en vertoon die gemiddelde aantal infeksies in die ‘richedit’,
          afgerond na ŉ heelgetal.

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (21)

 2.2    Knoppie [V2.2 Veelvoude]

        Die tekslêer, syfers.txt, word aan jou verskaf. Dit bevat VYF reëls met die
        volgende data:

        ŉ Konstante skikking arrVoegBy word ook gegee.

        CONST arrVoegBy : array [1..5] of heelgetal (‘integer’) = (8,6,4,2,0);

        Jy gaan nou die veelvoude van 18 bereken deur die diagram hieronder te
        volg:

                           Syfers in die tekslêer:   1    3    5     7    9
               Syfers wat bygevoeg moet word:        8    6    4     2    0
                              Veelvoude van 18:      18   36   54   72    90

        Doen die volgende:

        x Skryf kode om ŉ boodskap te vertoon en uit die prosedure te gaan
          (‘exit’) as die tekslêer nie bestaan nie.
        x Lees die reëls van die tekslêer en stoor dit in ŉ skikking. Voeg die
          syfers 8,6,4,2 en 0 by deur die konstante skikking, arrVoegBy, te
          gebruik. Maak gebruik van ŉ lus.
        x Skep ŉ tekslêer met die naam ‘Veelvoude van 18.txt’.
        x Skryf die vyf veelvoude van 18 (18,36,54,72,90) wat jy volgens die
          bogenoemde metode geskep het, na die tekslêer. Gebruik ŉ lus.
        x Toon ŉ boodskap wat aandui dat die tekslêer suksesvol geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                           9

        LET WEL: As jy nie ŉ lus gebruik nie, sal jy punte verloor.

        Voorbeeld van afvoer in die tekslêer:

                                                                                (21)

        x   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
            programlêer in.
        x   Stoor jou program.
        x   ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                            [42]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING

 Hierdie vraag bestaan uit subvrae 3.1 tot 3.2. Die volgende belangrike inligting
 geld vir al die vrae:

 x Jy mag NIE gegewe kode verander of enigiets by die gegewe data of
   programmeringskode voeg NIE.
 x Kode moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word.
 x GEEN punte sal vir vaskodering (‘hardcoding’) toegeken word NIE. Gebruik
   datastrukture en veranderlikes.
 x MOENIE ‘filter’, ‘sort’, ‘locate’, ‘recordcount’, ens. gebruik NIE.

 Daar is duisende navorsingsartikels wat op die Covid-19 siekte gebaseer is. ŉ
 Databasis is ontwerp om ŉ aantal van hierdie artikels in ŉ tabel te stoor.

 ŉ Tabel met die naam Artikels in die KovidNavorsing.mdb-databasis word
 voorsien.

 ŉ Voorbeeld van die eerste paar rekords in die tabel word hieronder vertoon:

 Die ontwerpaansig van die tabel, Artikels, wat die volgende datavelde bevat,
 word hieronder vertoon:

 LET WEL:

 x Kode is verskaf om die databasis te koppel.
 x Wanneer die Herstel Databasis-knoppie geklik word, sal die data in die
   databasis na die oorspronklike data herstel word.
 x Die naam van die tabel wat in die kode moet gebruik word, is tblNavorsing.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                11

 Doen die volgende:

 x Kompileer en voer die program in die Vraag 3 lêergids uit. Die program het
   tans beperkte funksionaliteit.
 x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   Vraag3_u.pas-lêer in.
 x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 3 beskryf word.

 3.1    Knoppie [V3.1 Vertoon Bladsye]

        Vertoon die Titel van al die artikels wat meer as 100 Bladsye bevat.
        Vertoon die uitslae in die ‘richedit’, redVertoon.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (7)

 3.2    Knoppie [V3.2 Verander na Engels]

        Daar is baie artikels wat in Engels geskryf is, maar die Taal is as ‘eng’ in
        die tabel gestoor. Dit was as gevolg van ŉ data toevoer fout.

        Skryf kode wat die Taal van die artikels van ‘eng’ na ‘English’ sal
        verander.

        Voorbeeld van afvoer vir die eerste paar reëls:

                                                                                        (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2020)

 3.3    Knoppie [V3.3 Verwyder PMC-artikels]

        Skryf kode om al die artikels waar die Bron-veld ‘PMC’ bevat, te
        verwyder.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                    (6)

 3.4    Knoppie [V3.4 Persentasie Chinese artikels]

        Skryf kode om die persentasie Chinese artikels wat in die tabel bestaan,
        sal bereken en vertoon.

        Vertoon die totale aantal artikels in die tabel asook die persentasie
        Chinese artikels in die redVertoon ‘richedit’. Vertoon die persentasie
        Chinese artikels afgerond na ŉ heelgetal.

        Voorbeeld van afvoer in redVertoon (nadat PMC-artikels verwyder is
        (V3.3)):

                                                                                   (13)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                13

 3.5    Knoppie [Q3.5 Voeg Artikel By]

        Voeg ŉ nuwe artikel met die titel, ‘Vaccine trials’, by. Die artikel bestaan
        uit 43 bladsye en is in Engels geskryf deur die outeur ‘Watson M’ en is
        deur ‘Cureus’ gepubliseer.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (7)

        x    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
             programlêer in.
        x    Stoor jou program.
        x    ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: ALGEMENE PROBLEEMOPLOSSING

 Doen die volgende:

 x Kompileer en voer die program in die Vraag 4 lêergids uit. Die program het
   tans beperkte funksionaliteit.
 x Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   Vraag4_u.pas lêer in.
 x Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 4 beskryf word.

 Knoppie [V4 Versoek vir Toets]

 Skryf kode om die volgende te doen:

 x Kry die naam en die ouderdom van ŉ pasiënt van die toevoerkomponente,
   edtnaam en sedouderdom.

 x As die ouderdom van die persoon hoër of gelyk aan 60 is, dan moet ŉ
   stringveranderlike die volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum.

 Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020
 is:
                         ‘Jou toets is op 2020/11/06’

 x As die ouderdom van die persoon minder as 60 is, dan moet die string die
   volgende bevat: ‘Jou toets is op ’ + stelseldatum + 1 dag

 Voorbeeld van die gekompileerde string as vandag se datum 6 November 2020
 is:
                         ‘Jou toets is op 2020/11/07’

 x As die kontroleblokkie (‘check box’) met die naam chksimptome gekies word
   EN een van die ander (chkreis of chkkontak), dan moet die pasiënt se naam
   en die datum wanneer die toets gaan plaasvind, op twee aparte reëls in die
   byskrif, lblVertoon, vertoon word, anders moet ŉ boodskap ‘Kontak jou
   dokter as jy bekommerd is’ by die byskrif (lblVertoon) vertoon word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            15

        Voorbeeld van afvoer vir Vraag 4 as vandag se datum 27 Junie 2020 is en
        as verskeie kontroleblokkies geselekteer is:

        x    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
             programlêer in.
        x    Stoor jou program.
        x    ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                             [22]

                                                                     TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/83e10fa3-445e-4555-a985-c004e2982008) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/df854c01-9053-430b-b1d1-beb016f0f838) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/9dfca362-ba2e-43f6-947d-2f7c2aad0ded) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2016 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2016-afrikaans/b7bff882-1173-460a-856b-d5b2953dc8aa) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/07b2bcb7-4a41-492b-8cf6-b9dad4f25eeb) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
