# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sep-2023-afrikaans/46018987-6170-47d7-ad3e-1f5a5242a750
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sep-2023-afrikaans/46018987-6170-47d7-ad3e-1f5a5242a750)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2023

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

### Page 2

2                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae beantwoord.

2.   Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
     eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
     eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.   Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir die
     Delphi-programmeringstaal is.

4.   Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
     vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.   Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
     nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
     nie.

6.   Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
     werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
     wat in die vraestel verskyn nie.

7.   Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
     word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie
     roetines gebruik NIE.

8.   Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
     datastrukture verskaf word.

9.   Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
     jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
     toegeken is.

10. Maak seker dat jou naam as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer,
    asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
    programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur tyd
    vir drukwerk gegee word.

12. Aan     die  einde    van    hierdie    eksamensessie,     moet      jy    ŉ
    disket/CD/DVD/geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy
    moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie
    eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan
    word.

13. Stoor jou werk gereeld.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 3

14. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op ŉ
    disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
    lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

     Doen die volgende:

     •   Dubbelklik op die uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is.
     •   Klik op die ‘Extract’-knoppie.
     •   Sleutel die volgende wagwoord in: eMSm&tMR@23

     Nadat dit onttrek (‘extracted’) is, sal die volgende lys lêers in die lêergids (‘folder’)
     DataAFRSept2023 beskikbaar wees:

     Vraag 1:
     Vraag1_p.dpr
     Vraag1_p.res
     Vraag1_u.dfm
     Vraag1_u.pas

     Vraag 2:
     VlugInligting.mdb
     VlugInligtingRugsteun.mdb
     dbConnection_u.pas
     Vraag2_p.dpr
     Vraag2_p.res
     Vraag2_u.dfm
     Vraag2_u.pas

     Vraag 3:
     Lêergids: Images\Vlae – (7 Vlae)
     Lêergids: Images\Vliegtuig – (17 Vliegtuie)

     Vliegtuig_Lys.csv
     Vraag3_p.dpr
     Vraag3_p.res
     Vraag3_u.dfm
     Vraag3_u.pas
     Vraag3KlasDefinisie.pas

     Vraag 4:

     Lȇergids: Destination Textfiles – (5 tekslȇers)
     Lêergids.png
     Vraag4_p.dpr
     Vraag4_p.res
     Vraag4_u.dfm
     Vraag4_u.pas

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

4                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

SCENARIO:

Jy wil graag ŉ vlieënier word; daarom moet jy begin navorsing doen oor hoe om ŉ
vlieënier te word en watter tipe vliegtuiglisensie jy moet kry. Jy besluit om ŉ program
te kodeer wat jou sal help in jou navorsing sowel as studies vir jou vlieënierlisensie.

Doen die volgende:

•   Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
•   Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.
•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
•   Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos
    beskryf in VRAAG 1.1, VRAAG 1.2 en VRAAG 1.3, te voltooi.

ŉ Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK (‘GUI’)) word hieronder
gegee:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              5

1.1     Knoppie [V1.1 – Bepaal koste]

        Eerstens moet jy bepaal watter tipe vliegtuiglisensie jy kan bekostig. Die drie
        hooftipes vlieënierlisensies word in die ‘radio group’ rgpQ1_1_Lisensie gegee.

        Wanneer die gebruiker op die btnV1_1_Koste knoppie klik, moet die inligting
        gebaseer op die lisensietipe wat in die ‘radio group’ gekies is, vertoon word. Jy
        mag die inligting as eenvoudige stringe bymekaar voeg.

        Voorbeeld van skermskote/afvoer:

                      MVL

                      PVL

                      KVL

                                                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2 Jy besluit om te begin leer vlieg met die lisensietipe PVL (Privaat Vlieënier Lisensie)
    met ŉ vliegtuig genaamd ŉ Cessna 182-RG (intrekbare rat). Op die paneelbord van
    die Cessna 182-RG is daar drie ligte wat aandui of die landingsrat ingetrek is (in die
    op-posisie) of verleng en gesluit (in die af-posisie) is.
     1.2.1   Knoppie [V1.2.1 – Voeg voorste wiel by]
             Jy sal sien wanneer jy die toepassing uitgevoer word dat die koppelvlak net
             die agterste twee wiele van die Cessna 182-RG vertoon en jy moet die voorste
             (neus) wiel byvoeg.

             Gebruik dinamiese kode om die voorste neuswiel met die volgende
             eienskappe by te voeg:
             • Noem die komponent: shpVoorsteWiel (veranderlike is alreeds vir jou
                verklaar)
             • Verander die vorm na ŉ sirkel
             • Stel die posisie van shpVoorsteWiel na:
                o Top = 25
                o Left = 35
             • Stel die grootte van shpVoorsteWiel na:
                o Width = 50
                o Height = 50
             • Verander die kleur van shpVoorsteWiel na clWhite

             LET WEL: As jy nie die dinamiese kode vir die vraag kan doen nie, voeg ŉ
                     ‘shape’ sonder dinamiese kode by, sodat jy VRAE 1.2.2 – 1.2.4
                     kan voltooi. Punte vir die dinamiese kode word dan verbeur.                   (6)
     1.2.2   Knoppie [V1.2.2 – Lig landingsrat op]

             In die Cessna 182-RG, wanneer jy die landingrat oplig, dan word al die ligte
             op die paneelbord Rooi.

             Kodeer die knoppie btnV1_2_2_Op om al drie ligte na Rooi te verander.                 (1)
     1.2.3   Knoppie [V1.2.3 – Sit landingsrat neer]

             In die Cessna 182-RG, wanneer jy die landingsrat neer sit, dan word al die
             ligte op die paneelbord Groen.

             Kodeer die knoppie btnV1_2_3_Af om al drie ligte na Groen te verander.                (1)
     1.2.4   Knoppie [V1.2.4 – Toets landingsrat]
             Wanneer enige vliegtuig met intrekbare landingstoerusting land, moet alle
             landingstoerusting in die geslote posisie wees en die ligte op die paneelbord
             moet groen wees.
             Gegewe kode sal die posisie van die landingrat elke keer kies wanneer die
             gebruiker op die knoppie klik.
             Skryf kode vir knoppie btnV1_2_4 – Toets om te toets of dit veilig is om te
             land. Vertoon ŉ boodskap deur ŉ ‘Message Dialog box’ te gebruik om die
             verskillende landingskondisies voor te stel. Neem kennis van die tipe
             boodskappe in elke afvoer/skermskoot.
 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              7

            •   3 Rooi Ligte → Katastrofiese fout!

            •   1 of 2 Rooi Ligte → Waarskuwing, nie veilig om te land nie

            •   3 Groen Ligte → Veilig om te land

                                                                                             (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3     Knoppie [V1.3 – Hoogtepunt van Daling]

        In lugvaat is die Hoogtepunt van Daling ‘Top of Descent’ die oorgang van
        ‘cruising’-spoed na die landingsfase. Dit is die punt waar die beplande
        landingsproses begin. Die Hoogtepunt van Daling word bereken deur die hulp
        van die aanboortstelsel. Jou Cessna 182-RG het nie ŉ aanboordstelsel nie,
        daarom het jy besluit om ŉ program te skryf om die Hoogtepunt van Daling te
        bereken.

        3 Konstante waardes is vir jou geskep:
        • DEG_TO_RAD (grade na radiale)
        • NM_TO_FT (seemyle na voet)
        • FT_TO_NM (voet na seemyle)

        Die gebruiker sal die volgende inligting in tik:
        • Beginhoogte en eindhoogte (gemeet in voet)
        • Beginspoed en eindspoed (gemeet in knope)
        • Windspoed (gemeet in knope)
        • Helling (gemeet in grade)

        Vertikale spoedformule:
        • Gemiddelde spoed = (Beginspoed x Eindspoed) ÷ (2 + Windspoed)
        • VertikaleSpoed_NM_P_Min = tan(Helling x DEG_TO_RAD) x Gemiddelde
           spoed ÷ 60
        • Vertikale spoed = VertikaleSpoed_NM_P_Min x NM_TO_FT

        Afstand formule:
        • Delta hoogte = Beginhoogte – Eindhoogte
        • Delta Spoed = Beginspoed – Eindspoed
        • Afstand = (Delta hoogte x FT_TO_NM) ÷ tan(Helling x DEG_TO_RAD)
        • Afstand = Afstand + die ‘ceiling’ funksie van Delta Spoed gedeel deur 10
        • Afstand = Afstand + die ‘ceiling’ funksie van Windspoed gedeel deur 10

        Geskatte tydformule:
        • Geskatte tyd = (Afstand ÷ gemiddelde spoed) x 60

        Gebruik     die     formules    hierbo,      kodeer      die     knoppie
        btnV1_3_Hoogtepunt_van_Daling om die volgende inligting in die ‘rich edit’
        redV1_3 te vertoon.
        • Vertikale spoed van afname (gemeet in voet per minuut)
        • Afstand na landingsarea (gemeet in seemyle)
        • Geskatte tyd wat dit gaan neem om by landingsarea te kom (gemeet in
            minute)                                                                      (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            9

Sien voorbeelde van skermskote/afvoer die volgende bladsy:

            VOORBEELD 1                             VOORBEELD 2

                                VOORBEELD 3

•   Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING
Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp van
die databasis en inhoud van die VlugInligting.mdb databasis.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program in die Vraag 2 lêergids uit. Die program het tans geen
  funksionaliteit nie.
• Sleutel jou naam as kommentaar in die Vraag2_u.pas.
• Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling te voltooi, soos in
  VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.
• Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode in VRAAG 2.2.
LET WEL:
• Die ‘Herstel databasis’-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis voorkom,
  na die oorspronklike inhoud te herstel.
• Die inhoud van die databasis is met ŉ wagwoord beskerm, dit beteken dat jy NIE
  toegang tot die inhoud van die databasis in Microsoft Access sal kry NIE.
• Kode word voorsien om die GGK(‘GUI’)-komponente met die databasis te koppel.
  MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
• DRIE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar. Beskrywings vir hierdie
  veranderlikes word in die tabel hieronder gelys.

 Veranderlike         Datatipe         Beskrywing
 tblVlugte            TADOTable        Verwys na data wat in tblVlugte gestoor is
 tblVlieeniers        TADOTable        Verwys na data wat in tblVlieeniers gestoor is
 qryInligting         TADOQuery        Query-komponent wat albei tabelle gebruik om
                                       inligting te verkry

•     Gebruik die ADO-komponente tblVlug en tblVlieenier slegs in Vraag 2.2.
Voorbeeld van gebruikerskoppelvlak (‘GUI’):

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             11

2.1    In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
       VRAAG 2.1.5 te beantwoord.

       Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en om die resultate van
       die navrae te vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.

       LET WEL: As jy VRAAG 2.2 gekodeer en uitgevoer het, sal jou uitslae vir
                VRAAG 2.1 anders wees as die voorbeelde van afvoer wat gegee
                word. Klik asseblief op die Herstel Databasis knoppie voordat jy
                die SQL-stellings uit voer.

       2.1.1    Knoppie [V2.1.1]
                Skryf SQL-kode om die Naam, Van, Ouderdom en Epos van al die
                vlieëniers tussen die ouderdom van 36 (ingesluit) en 42 (ingesluit) te
                vertoon, volgens die ouderdom van oudste tot jongste.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (4)

       2.1.2    Knoppie [V2.1.2]

                As die gebruiker wil sien watter vlugte is beskikbaar na hul gekose
                bestemming, moet hul die bestemming in ŉ ‘input box’ insleutel. Die
                ‘input box’-kode word verskaf en sal die waarde in ŉ veranderlike
                sBestemming stoor.

                Skryf SQL-kode om al die velde van die rekords te vertoon wat die
                bestemming, wat in die ‘input box’ getik is, bevat.

                Voorbeeld van afvoer as die woord ‘Alfred’ ingetik is:

                                                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2023)

         2.1.3       Knoppie [V2.1.3]
                     Jy wil graag weet hoeveel vliegtuie in die maand van September
                     vlieg.

                     Skryf SQL-kode om die aantal vlugte in September te vertoon.
                     Noem die berekende veld ‘Vlugte in September’.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (3)

         2.1.4       Knoppie [V2.1.4]

                     Die lugrederye wil graag al die kostes vir al die vlugte sien
                     gebaseer op die bestemmings.

                     Skryf ŉ SQL-stelling om die Bestemming, Vlieenierkoste,
                     Vlugkoste en Totale Koste vir al die vlugte gebaseer op die
                     bestemmings, te vertoon.

                     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             13

       2.1.5    Knoppie [V2.1.5]
                Al die gesertifiseerde KVL (Kommersiële Vlieënierlisensies) vlieëniers
                word ŉ 7% verhoging op die Koste Per Vlug gegee.

                Skryf ŉ SQL-stelling om die KVL gesertifiseerde vlieëniers se salarisse
                met 7% te verhoog.

               LET WEL: As jy Knoppie 2.1.4 klik na Knoppie 2.1.5, dan sal die
                        volgende afvoer vertoon word. Slegs George, Graaff Reinet
                        en King Williams Town het geen verandering in
                        vlieënierkoste. Daar is geen KVL-sertifiseerde vlieëniers in
                        daardie dorpe nie.

                                                                                              (3)

2.2    In hierdie afdeling, mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om
       VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.

       Gebruik die globale veranderlikes, tblVlug en tblVlieenier wat verskaf is.

       GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.

       2.2.1    Knoppie [V2.2.1]

                Volgens ŉ regeringsregulasie mag ŉ vlieënier ŉ gesertifiseerde lisensie
                kry as hul ouer as 21 is.
                Skryf kode om al die vlieëniers wat jonger as 21 is te verwyder. Vertoon
                in die ‘rich edit’ redV2_Afvoer soos in die voorbeeld skermskoot gewys
                word.

                Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

2.2.2   Knoppie [V2.2.2]

        ŉ Uiteensetting van die verskillende vliegtuigtipes (lisensievereiste) moet
        vertoon word. Om afvoer te vereenvoudig, sal die uiteensetting op die
        bestemmingslughawe gebaseer wees.

        Skryf kode om die inligting te verkry gebaseer op die bestemming wat in die
        ‘combo box’ cmbV2_2_2_Bestemming gekies is. Bereken en vertoon hoeveel
        vliegtuigtipes daar volgens die lisensietipes is. ŉ Lys van hoeveel
        medevlieëniers daar is vir die bestemming moet ook vertoon word. Afvoer moet
        in die ‘rich edit’ redV2_Afvoer vertoon word.

        Voorbeeld van afvoer/skermskoot

                                                                                               (6)

•    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
•    Stoor jou program.
•    Druk die kode indien dit vereis word.
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Vliegtuigflitskaarte is ŉ uitstekende hulpbron om van verskillende vliegtuie te leer. Jy is
hierdeur geïnspireer en het besluit om ŉ toepassing te skryf wat hierdie flitskaarte digitaal
gaan skep. Deur hierdie kaarte op ŉ digitale platform te hê, maak dit moontlik vir jou en
ander gebruikers om nie net kennis te verkry nie, maar ook met ander ŉ flitskaartspeletjie
te speel.

Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program in die Vraag 3-lêergids uit. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
• Sleutel jou naam as kommentaar in beide die Vraag3KlasDefinisie_u.pas en die
  Vraag3_u.pas-lêers in.
• MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.

Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 3.1 en
VRAAG 3.2 te voltooi.

LET WEL:      Vir hierdie vraag mag jy NIE enige addisionele attribute of
              gebruikergedefinieerde metodes insluit wat nie in die vraag genoem is NIE.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

16                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2023)

Maak die onvoltooide objekklas Vraag3KlasDefinisie_u.pas oop.

3.1     Die onvoltooide klas (TVliegtuig) bevat die verklaring van attribute wat die
        objVliegtuig-objek beskryf.

             NAAM VAN
            ATTRIBUTE                                BESKRYWING
         fNaam                  Stringwaarde wat vliegtuig se naam bevat
         fVervaardiger          Stringwaarde wat vervaardiger se naam bevat
         fSpoed                 ŉ Reële waarde wat die spoed in knope (knots) bevat
         fHoogte                ŉ Reële waarde wat die hoogte in voet (feet) bevat
         fAfstand               ŉ Reële waarde wat die afstand in myl (miles) bevat
         fGewig                 ŉ Reële waarde wat die gewig in pond (pounds) bevat
         fVlerkspan             ŉ Reële waarde wat die vlerkspan in voet (feet) bevat
         fVuurkrag              ŉ Heelgetal tussen 1 – 10
         fPrentjieNaam          Stringwaarde wat die prentjie se naam bevat
         fLand                  Stringwaarde wat die land se naam bevat
         fBeskrywing            ‘Wide’ string wat die vliegtuigbeskrywing bevat

        3.1.1   Skryf kode vir ŉ konstruktor-metode met die naam Create wat die
                volgende parameters sal ontvang:
                 Naam

                 Vervaardiger
                 Spoed
                 Hoogte
                 Afstand
                 Gewig
                 Vlerkspan
                 Vuurkrag
                 PrentjieNaam
                 Land
                 Beskrywing

                LET WEL:     Hierdie data-times sal van die tekslêer verkry word.
                             Vliegtuig_Lys.csv in die Vraag3_u.pas eenheid en sal dan
                             na die konstruktor gestuur word.                                  (5)

                Ken hierdie parameterwaardes aan die korrekte attribute toe.
3.1.2   Die attribute (Spoed, Hoogte, Afstand, Gewig en Vlerkspan) moet na Suid-
        Afrikaanse eenhede omgeskakel word. Skryf kode vir ŉ mutator-metode
        SetWaardes wat die huidige attribute na hul ooreenstemmende Suid-Afrikaanse
        maateenheid verander. Die omskakelings is soos volg:
        Knope na Kilometers per uur = 1.852
        Voet na Meters = 0.3048
        Myl na Kilometers = 1.60934
        Pond na Kilogram = 0.45359                                                             (5)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             17

3.2     ŉ Onvolledige eenheid Vraag3_u.pas is voorsien.
Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar ŉ globale objekveranderlike
met die naam objVliegtuig.
MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.
Die tekslêer, Vliegtuig_Lys.csv, bevat inligting vir 16 vliegtuie soos hieronder vertoon:

LET WEL: Die eerste reël van die tekslêer bevat die opskrifte van die verskillende
         kategorieë van die vliegtuig.
Die prentjies van die vlae kan in die lêergids: Images\Vlae\ gevind word.
Die prentjies van die vliegtuig kan in die lêergids: Images\Vliegtuig\ gevind word.
Volg die instruksies om die oplossing te kodeer.

        3.2.1    Combobox [V3.2.1 – cmbV3_KiesVliegtuig]

                 Wanneer die program uitgevoer word, sal die gebruiker ŉ leë flitskaart
                 sien. Die gebruiker sal dan ŉ vliegtuig kies wat hulle wil vertoon deur ŉ
                 vliegtuig van die ‘combo box’ te kies.

                 Kodeer die OnChange ‘event handler’ van die cmbV3_KiesVliegtuig
                 ‘combo box’ om die volgende te doen:

        1.   Kry die gebruiker se keuse van die ‘combo box’.                                         (1)

        2.   Toets om te sien of die tekslêer bestaan en ken die lêer toe. As die lêer nie
             bestaan nie, vertoon ŉ boodskap en ‘exit’.                                              (5)

        3.   Lus deur die tekslêer totdat die gebruiker se gekose vliegtuig gevind is.               (6)

        4.   As die vliegtuig gevind is:

             •   Skryf kode in die lus om die inligting van die tekslêer te verkry en stoor
                 dit in die lokale veranderlikes wat reeds verklaar is.                              (5)
             •   Gebruik die waardes in die veranderlikes om die objek objVliegtuig te
                 instansieer (skep).                                                                 (3)
        LET WEL: Slegs een vliegtuig sal in die objek gelaai word. Dit is op die gebruiker
                 se keuse in die ‘combo box’ gebaseer.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2023)

       5.   Sodra die vliegtuig gevind is moet die lus verlaat word en die objek
            objVliegtuig moet gebruik word om setWaardes metode te roep.                            (1)

       6.   Gebruik die objek objVliegtuig, om die data in die volgende komponente te
            laai:

            lblV3_Vliegtuignaam
            lblV3_Vervaardiger
            imgV3_Landsvlag
            imgV3_Vliegtuigprent
            lblV3_VliegtuigBeskrywing
            lblV3_MaksSpoed
            lblV3_MaksHoogte
            lblV3_Afstand
            lblV3_MaksOpstygGewig
            lblV3_Vlerkspan
            lblV3_Vuurkrag                                                                          (4)

       Voorbeeld van ŉ flitskaart wanneer ŉ vliegtuig gevind is, inligting uit die tekslêer
       onttrek is, die objek geïnstansieer is en die objek se waardes in die flitskaart
       gelaai is.

•    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
•    Stoor jou program.
•    Druk die kode indien dit vereis word.                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     19

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Een van die plaaslike lugrederye het gevra of jy kan help om ŉ toepassing te skryf wat
die besprekings van hul nuwe vliegtuig, Mitshubishi SpaceJet M100, kan behartig. Die
SpaceJet M100 se kajuit het 15 rye van twee sitplekke aan die linkerkant en twee sitplekke
aan die regterkant van die gang. Die eerste twee rye is toegeken aan besigheidsklas en
die res van die sitplekke is ekonomiese klas.

Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program in die Vraag 4-lêergids uit. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
• Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas-lêer in.
• MOENIE gegewe kode verwyder of verander NIE.
• Aanvaar dat die gebruiker die korrekte inligting in die toevoerkomponente sal in sleutel.
  Jy hoef nie enige datavalideringkode vir die toevoerkomponente te skryf nie.

Die volgende is ŉ voorbeeld van die koppelvlak:

 As die prentjie op jou GGK nie soos die
 voorbeeld lyk nie, maar seker dat jou rekenaar
 se Windows Scaling op ŉ 100% gestel is.

                                                                                         Vliegtuigbron: Skypark Secure
                                                    https://www.skyparksecure.com/blog/fastest-plane-boarding-methods/

Die gebruikerskoppelvlak maak gebruik van ŉ ‘String Grid’-komponent om die beskikbaarheid
van sitplekke op die vliegtuig te vertoon. Al die data wat bepaal of ŉ sitplek beskikbaar is of nie,
is in ŉ 2D-skikking met die naam ar2Bespreking, gestoor. Hierdie 2D-skikking word gebruik om
die ‘String Grid’-komponent te opdateer en om die kleur van die sitplek te verander.

LET WEL: Alle ‘String Grid’-kode word vir jou gegee. Moenie enige ‘String Grid’-kode verander
        of verwyder nie. Jy hoef GEEN ‘string grid’-kode te skryf NIE.

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

20                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2023)

Uiteensetting van die data:
  Karakterkode wat in die 2D-skikking:     Beskikbaarheid       Kleur van ‘String
       ar2Bespreking gestoor is                                     Grid’-sel
                 ‘B’                      Bespreekte sitplek          Blou
                 ‘A’                      Beskikbare sitplek           Wit
                  ‘I’                           Gang                  Grys

Volg die instruksies hieronder uit om die kode vir elke afdeling in VRAAG 4, soos beskryf
in VRAAG 4.1, VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3, te voltooi.
4.1    Die lugredery laat passasiers toe om hul vlugte van Gqeberha te bespreek. Die
       inligting van die beskikbaarheid van sitplekke vir die verskeie bestemmings is in
       die globale 2D-skikkings gestoor. Hierdie kode is vir jou gedoen en moenie
       verwyder of verander word nie:

            •   Bloemfontein          ar2Bloemfontein
            •   Kaapstad              ar2Kaapstad
            •   Durban                ar2Durban
            •   Oos-Londen            ar2OosLonden
            •   Johannesburg          a2Johannesburg
       Skryf kode vir die ‘onChange’ gebeurtenis van cmbV4_1_Bestemming om die
       volgende te doen:
       1. Kry die gebruiker se bestemming van die ‘combo box’.                                (1)
       2. Dra die data van die bestemming 2D-skikking na die globale 2D-skikking,
          ar2Bespreking oor.                                                                  (5)
4.2    Die program moet die gebruiker toe laat om ŉ sitplek te bespreek. Nadat hul die
       bestemming gekies het, moet hulle hul inligting in die toevoerkomponente tik.
       Skryf kode vir die ‘onClick’ gebeurtenis van die paneel, met die naam
       pnlV4_2_Bespreek, (die paneel word as ŉ knoppie gebruik) om die volgende te
       doen:
       1.  Kry die sitpleknommer en lus deur die ar2Bespreking-skikking om te bepaal
           of die sitplek bespreek is of nie.
                     ‘A’ = Beskikbaar
                     ‘B’ = Bespreek
                     ‘I’ = Gang
       LET WEL: Dat daar slegs vier sitplekkolomme, A..D, is; alhoewel ar2Bespreking
                  5 kolomme het waarvan die 3de kolom die gang is. Maak seker dat
                  jou kolomme A..D in jou kode met die ar2Bespreking se kolomme
                  ooreenstem.
       As die sitplek reeds bespreek is, vertoon ŉ boodskap wat aan dui dat die sitplek
       alreeds bespreek is.

                                                                                                  (5)
 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               21

         2. As die sitplek nog nie bespreek is nie, bespreek die sitplek in ar2Bespreking
            en verkry al die inligting van die verskeie toevoerkomponente.
             Die pryse van die verskeie vlugte is in ŉ globale skikking, arrPryse, gestoor.
             Elke bestemming het ŉ verskillende prys gebaseer op die bestemming.
             Besigheidsklas-passasiers betaal 95% meer vir hul vlugte as ekonomiese
             klas-passasiers.
             Verskeie voorbeelde van afvoer van sitplekkaartjie inligting in die ‘rich edit’
             redV4_Afvoer.

                                                                                                     (12)

4.3     Die lugredery wil graag statistieke sien van die verskeie vlugte.
        Skryf kode vir die onClick gebeurtenis van die paneel met die naam
        pnlV4_3_Stats (die paneel word gebruik as ŉ knoppie) om die volgende te doen:
        1. Kry die bestemming.
        2. Lus deur ar2Bespreking om te bepaal hoeveel besigheidsklas-passasiers en
           ekonomiese klas-passasiers daar is.
        3. Bepaal die koste vir besigheidsklas asook ekonomiese klas. Besigheidsklas-
           passasiers betaal 95% meer as ekonomiese klas-passasiers. Die pryse is in
           ŉ globale skikking, arrPryse, gestoor.

        4. Vertoon die statistieke van die vlug in die ‘rich edit’ redV4_Afvoer soos in die
           voorbeelde skermskote/afvoere op die volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

22                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2023)

Hierdie voorbeelde is van die verskeie bestemmings sonder enige addisionele sitplekke
wat bespreek is.

                     Bloemfontein                             Kaapstad

                        Durban                              Johannesburg

•    Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
•    Stoor jou program.
•    Druk die kode indien dit vereis word.                                                      [40]

                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  23

DATABASISINLIGTING VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblVlugte

Die tabel bevat inligting van die verskeie vlugte.

Voorbeeld van die eerste twintig rekords in die tblVlugte-tabel:

Tabel: tblVlieëniers
Die tabel bevat inligting van die vlieëniers:

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 24

24                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

Voorbeeld van die eerste twintig rekords in die tblVlieënier-tabel:

LET WEL: Konneksiekode is voorsien.

Die volgende een-tot-baie verwantskap bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
