# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-afr/ff5603f5-d1d6-4ef5-abb9-c755da166c17
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-afr/ff5603f5-d1d6-4ef5-abb9-c755da166c17)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2015

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *INFTDM1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen,
       is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

2.     Jy benodig die volgende gelyste lêers om die vrae te beantwoord. Dit sal aan
       jou verskaf word op ŉ CD of die toesighouer sal jou in kennis stel waar jy dit op
       die werkstasie kan vind of in ŉ netwerkgids.

               Vraag1                   Vraag2                       Vraag3
       Vraag1_u.pas            Vraag2_u.pas                Vraag3_u.dfm
       Vraag1_p.dpr            Vraag2_p.dpr                Vraag3_u.pas
       Vraag1_u.dfm            Vraag2_u.dfm                Vraag3_p.dpr
                               clsTravel_u.pas
                               Bestemmings.txt

3.     Indien ŉ CD met die lêers aan jou verskaf was, skryf jou naam en van op die
       etiket van die CD.

4.     Stoor jou werk met gereelde intervalle as ŉ voorsorgmaatreël teen
       kragonderbrekings.

5.     Herbenoem die P1 Data-gids na jou Naam en Van.

6.     Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van elke program.

7.     Lees AL die vrae noukeurig deur. Doen slegs wat vereis word.

8.     Jy moet seker maak dat jy AL jou werk aan die einde van die eksamensessie
       op die CD inhandig of maak seker dat ALLE lêers met jou werk in die gegewe
       netwerkgids gestoor is soos dit deur jou toesighouer aangedui is.

9.     Maak seker ALLE lêers kan oopgemaak word.

10.    Gedurende die eksamen mag jy van die HULP-funksies van die
       programmatuur gebruik maak. Jy mag NIE gebruik maak van enige ander
       hulpbronne NIE.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                        3

SENARIO:

Om ŉ vakansie te organiseer kan baie tydrowend wees. Om die proses vir die kliënt
makliker te maak word hotel- en toerbesprekingstake deur ŉ reisagentskap verrig.
Jou hulp is ingeroep om verskeie programme vir die agentskap te voltooi.

VRAAG 1:        DELPHI-PROGRAMMERING

ŉ Onvoltooide Delphi-program, wat deur ŉ hotelbestuurder gebruik word, is aan jou
gegee.

Open Vraag 1_p.dpr en voltooi die program:

1.1    Knoppie [Vraag 1.1]

       Tik die kliënt se naam en van in die gegewe teksareas in. Selekteer die kamer
       wat die bespreek gaan word.

       Skep en vertoon ŉ reël teks as afvoer wat die naam en van die kliënt en die
       geselekteerde kamer bevat.

       Voorbeeld afvoer:

                                                                                           (4)

1.2    Knoppie [Vraag 1.2]

       Sleutel die hoeveelheid dae wat die kliënt ŉ enkelkamer wil bespreek, in.

           Die eerste 5 dae word teen die normale tarief van R250 per nag verhuur.
           Die addisionele dae word teen 96% van die normale tarief gehef (4%
            afslag).
           Vertoon die bedrag verskuldig. Formateer dit in geldeenheid.

       Voorbeeld afvoer:

                                                                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

1.3   Knoppie [Vraag 1.3]

      Tik die aantal minute, wat ŉ kliënt van die internetdienste van die hotel
      gebruik gemaak het, in. Vertoon die totale koste (in geldeenheid), indien
      die tarief R30 per uur is. Vir enige gedeelte van ŉ uur wat die kliënt besig
      was, word ŉ volle uur se fooi gehef.
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                          (6)

1.4   Knoppie [Vraag 1.4]

      ŉ Gas by die hotel moet ŉ wagwoord verskaf indien hul gebruik wil maak
      van die hotel se rekenaarsisteem. Die wagwoord moet aan die volgende
      vereistes voldoen:
        10 karakters
        Ten minste drie van die karakters in die lys (*,?,#,%)
        Ten minste drie nommers
      Wanneer die knoppie gedruk word moet die geldigheid van die wagwoord
      wat ingesleutel is getoets word.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (15)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                        5

1.5    Knoppie [Vraag 1.5]

       Die hoeveelheid aande wat ŉ dubbelkamer bespreek word is maandeliks
       ewekansig gegenereer vir die laaste 12 maande. Die maksimum
       hoeveelheid aande wat ŉ kamer bespreek mag word is 20 aande per
       maand.
       ŉ Grafiek word gegenereer in die afvoerarea, wat die ewekansige
       gegenereerde bespreking van die kamers vertoon. Die totale aande wat
       bespreek is asook die totale inkomste wat gegenereer word deur die
       dubbelkamer, word aangedui.

       Gebruik die volgende algoritme:
       Maak die afvoerarea skoon
       Formateer die afvoerarea sodat die inligting in kolomme vertoon word
       Verskaf opskrifte aan die kolomme
       Inisialiseer alle veranderlikes
       Begin buitenste lus deur die aantal repetisies te beperk tot die hoeveelheid
       maande
       Genereer ŉ ewekansige eerste nommer
       Inisialiseer die ‘string’ veranderlike
       Begin binnekantste Lus wat deur die ewekansige gegenereerde nommer se
       veranderlike beperk word
       Genereer sterretjies deur ŉ nuwe string te skep
       Maak binneste lus toe
       Vertoon die maand se getal, hoeveelheid sterretjies en die hoeveelheid
       nagte bespreek
       Bereken die Totale Hoeveelheid Nagte wat bespreek is vir die jaar
       Maak die buitenste Lus toe
       Vertoon die Totale Hoeveelheid Nagte bespreek
       Vertoon die Totale Bedrag indien ŉ Dubbelkamer se tarief teen R450 per
       nag beloop

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

      Let wel dat die afvoer sal verskil weens die ewekansige nommers wat
      gegenereer word.
      Voorbeeld afvoer:                                                            (17)

         Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          lêer genoem Vraag1_u.pas.
         Stoor die program.
         Maak ŉ uitdruk van die kode van die lêer Vraag1_u.pas.                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                          7

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIËNTEERDE PROGRAMMERING

Jy is gevra om ŉ reisagentskap te help met hul kwotasiestelsel vir besprekings wat
gemaak word by verskeie bestemmings. Hulle spesialiseer in die plaaslike
toeriste-aantreklikhede.

2.1     Maak die klaseenheid, clsTravel_u.pas, oop en voltooi die kode
        (program).

        2.1.1    Verklaar die volgende privaatvelde met geskikte datatipes.                  (3)

                 Naam van Attribute        Beskrywing
                 fbespreking               Besprekingsnommer
                 fbestemming               bestemming
                 fdatum                    datum wanneer die bestemming besoek
                                           gaan word
                 fpersone                  aantal persone
                 fafslag                   afslag (in Rand) waarvoor hulle
                 ftotaal                   kwalifiseer
                                           totale bedrag (in Rand) vir die bespreking

        2.1.2    Skryf ŉ konstruktor wat die besprekingsnommer, bestemming,
                 datum, aantal persone en die totale bedrag as parameters bevat.
                 Hierdie parameters moet die attribute van die klas inisialiseer. Alle
                 attribute moet geïnisialiseer word.                                         (3)

        2.1.3    Skryf ŉ metode, BerekenAfslag, wat die hoeveelheid afslag sal
                 bereken waarvoor ŉ kliënt kwalifiseer.
                 .
                 Afslag word soos volg bereken:

                   Indien die bespreking enige tyd in Februarie, Mei, Augustus of
                    November gemaak is, ontvang hul 5% afslag.
                   Indien die hoeveelheid persone in die groep 15 of meer is
                    kwalifiseer hul vir 2,5% afslag, ongeag die tyd van die jaar
                    (enige maand).                                                         (12)

        2.1.4    Skryf ŉ metode, CalcTotal, wat die totale bedrag sal opdateer
                 wanneer die afslag afgetrek word.                                           (2)

        2.1.5    Skryf ŉ tostring-metode wat ŉ string sal bou wat al die inligting
                 hieronder getoon, sal bevat.

                 Besprekingsnommer: <besprekingsnommer>
                 Bestemming: <bestemming>
                 Datum: <datum>
                 Aantal Persone: <aantal persone>
                 Afslag: <afslag in geldeenheid>
                 Totaal: <totale bedrag in geldeenheid>                                      (5)

        2.1.6    Skryf ŉ metode wat die bestemming sal terugstuur.                           (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

2.2     Die tekslêer, Destinations.txt, bevat die nodige data om ŉ verslag op te
        stel oor die besprekings wat deur die kliënte gemaak is.

        Die uitleg van die tekslêer lyk soos volg:

        <besprekingsnommer>;<bestemming>;<datum van bespreking>;<aantal
        persone>;<totale bedrag gekwoteer>

        Voorbeeld van die eerste paar reëls van die tekslêer:

        AF256;Augrabies Falls;08/11/2015;6;600
        BRC54;Blyde River Canyon;13/12/2015;7;878.50
        KNP10;Kruger Nasionale Park;05/12/2015;14;15409.80
        HI839;Hluhluwe-Imfolozi Park;13/11/2015;3;2697
        D1028;Drakensberg;12/11/2015;6;600
        KT888;Kgalagadi Transfrontier Park;17/11/2015;3;4020

        Voltooi die kode in die hoofeenheid (Vraag2_u.pas).

        2.2.1   Die verbruiker sal ŉ bestemming in die ‘combobox’ selekteer.

                Toets of die tekslêer bestaan. As dit nie bestaan nie, vertoon ŉ
                gepaste foutboodskap en maak die program toe.

                Doen die volgende indien die tekslêer bestaan:

                    Maak gebruik van ŉ voorwaardelike lus om die data uit die
                     tekslêer te onttrek.
                    Instansieer ŉ nuwe objek deur gebruik te maak van die reëls uit
                     die tekslêer.
                    Bereken die hoeveelheid afslag wat die kliënt voor kwalifiseer.
                     Roep die gepaste metode.
                    Die nuwe totaal, met die afslag afgetrek, moet bereken word.
                    Vertoon al die besonderhede van die bespreking deur die
                     tostring-metode te roep. Indien ‘ALL’ in die ‘combobox’
                     geselekteer is dan moet al die bestemmings se besonderhede
                     vertoon word.                                                       (26)

                    Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van
                     die lêer genoem clsTravel_u.pas en Vraag2_u.pas.
                    Stoor die program.
                    Maak ŉ uitdruk van die kode van die lêer clsTravel_u.pas
                     en Vraag2_u.pas.                                                    [53]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                         9

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSING

Die agentskap benodig ŉ program om die vlugdatum te kan verander en ŉ
instapkaart (‘boarding pass’) vir hul kliënte, te kan genereer.

NOTA: Voor hierdie vraag beantwoord word moet die volgende gedeeltes
      aandagtig deurgelees word:

             GGK (‘GUI’) EN DATA WAT VOORSIEN IS
             INSTRUKSIES
             PROGRAMVEREISTES
             PUNTETOEKENNING

GUI EN DATA VOORSIEN

Die GGK (‘GUI’) wat voorsien is, bevat al die nodige komponente.

Data vir die kliënte wat vlugte bespreek het, is in ŉ 2-dimensionele skikking
voorsien wat as ar2vlugte verklaar is. Die skikking bevat die data vir 26 kliënte se
besprekings.
ŉ Voorbeeld van die eerste vyf kliënte:

Kolom 1 – Kliënt se naam
Kolom 2 – Vlugdatum
Kolom 3 – Vertrek Stad
Kolom 4 – Stad van Aankoms

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES:

    Maak die onvolledige projeklêer Vraag3_p.dpr in die Vraag3 gids oop.
    Voeg jou naam en van as ŉ kommentaar in die eerste reël van die eenheidslêer
     Vraag3_u.pas in.
    Skryf kode om die vraag te beantwoord volgens die spesifikasies hieronder
     uiteengesit.

PROGRAMVEREISTES:

    Vertoon die inligting in die 2d-skikking in die ‘string grid’ wanneer die program
     laai.
    Deursoek die skikking om te kyk of die naam wat in die teksarea ingesleutel is,
     in die skikking bestaan. Indien die naam in die skikking gevind is, vra die
     gebruiker om ŉ nuwe vertrekdatum in te sleutel. Vertoon die opgedateerde
     skikking.
    Vertoon gepaste boodskappe soos in die voorbeelde hieronder.
Voorbeeld afvoer indien die naam nie gevind word nie:

Voorbeeld afvoer indien die naam gevind is:

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 11

Op ŉ sekere vliegtuig lyk die uitleg van die sitplekke soos volg: Besigheidsklas
(ry 1–6) en Ekonomieseklas (ry 7–30):

           1          A       C                 D       F
           2          A       C                 D       F
           3          A       C                 D       F
           4          A       C                 D       F

                                     GANG
           5          A       C                 D       F
           6          A       C                 D       F
          7    A          B    C            D       E       F
          8    A          B    C            D       E       F
          ..   A          B    C            D       E       F
         30    A          B    C            D       E       F

Genereer ŉ ewekansige sitpleknommer gebaseer op die tipe kaartjie wat bespreek
is (Besigheidsklas of Ekonomieseklas).

Vertoon die finale besonderhede in die teksarea en stoor dit in ŉ tekslêer sodat die
kliënt dit kan uitdruk. Gebruik die kliënt se naam as die lêernaam.

Let wel dat die afvoer sal verskil weens die ewekansige sitpleknommers wat
gegenereer word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2015)

Voorbeeld afvoer:

                       PUNTETOEKENNING                             Maksimum
                                                                     punte
Toepassing van goeie programmeringstegnieke (inkeping,                 5
benoeming van veranderlikes) en modulêre ontwerp.
Die vertoning van die inhoud van die 2-dimensionele skikking met        6
opskrifte.
Opsoek van die naam, verandering van die datum.                        16
Generering van die sitpleknommer.                                      14
Berging van die lêer en die vertoon van die afvoer.                    6

    Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die ‘unit’.
    Stoor die program.
    ŉ Uitdruk van die program mag dalk vereis word.                               [47]

                                                                     TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-eng/aa653eab-47a5-41ab-9ad0-d4627c152fdf) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [Information Technology P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-afr/f2766cdc-1daa-49b0-bc81-5bddbd4fe0e6) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d) — Information Technology · QP · 2021 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
