# Information Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-nov-2018-afr/e1a2de08-fa87-4035-a20e-9a4592bc210d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-nov-2018-afr/e1a2de08-fa87-4035-a20e-9a4592bc210d)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2018

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae beantwoord.

 2.    Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3.    Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
       nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 4.    Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
       werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat
       in die vraestel verskyn nie.

 5.    Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
       word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie
       roetines gebruik NIE.

 6.    Stoor jou werk gereeld.
 7.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers
       word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
       Doen die volgende:

       • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
       • Klik op die 'Extract'-knoppie.
       • Sleutel die volgende wagwoord in: 18Work_Gr11
       Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
       DataAFRNov2018 beskikbaar wees:
       Vraag 1:                                     Vraag 3:
       Vraag1_u.pas                                 Vraag3_u.pas
       Vraag1_u.dfm                                 Vraag3_u.dfm
       Vraag1_p.dpr                                 Vraag3_p.dpr
       Vraag1_p.res                                 Vraag3_p.res
                                                    voorraad.txt

       Vraag 2:                                     Vraag 4:
       Vraag2_u.pas                                 Vraag4_u.pas
       Vraag2_u.dfm                                 Vraag4_u.dfm
       Vraag2_p.dpr                                 Vraag4_p.dpr
       Vraag2_p.res                                 Vraag4_p.res
       Kelners.mdb

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 Die meeste Graad Elf-leerlinge is betrokke by ŉ vorm van deeltydse (casual) werk.
 Sommige is kassiere, ander is kelners of kelnerinne. Wanneer besighede
 deeltydse werkers aanstel, moet hulle administratiewe take vir salarisstrokies,
 uniform, ens. voltooi. Voltooi die program om met van hierdie take te help.

 Maak die projek, Vraag1_p in die Vraag 1 gidslêer oop.

 Die program het tans geen funksionaliteit nie en die GGK (‘GUI’) lyk soos volg:

 1.1 Knoppie [Vraag 1.1]

       Elke kelner ontvang ŉ spesiale verwysing wat op hul salarisstrokie en ander
       offisiële dokumente sal verskyn. Vir die ‘Point Of Sales’ stelsel moet ŉ kode
       ingesleutel word.

       Die kelner se naam en van moet in die teksarea ingesleutel word en die
       verwysing en POS kode sal dan gegenereer word.

       Die kelner se verwysing sal bestaan uit die eerste letter van die kelner se
       naam, gevolg deur ŉ punt en dan die van.

       Die POS kode sal ŉ ewekansige vyf-syfer getal wees tussen 10000 en 99999.

       Vertoon die verwysing en kode in the respektiewe teksareas.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2 Knoppie [Vraag 1.2]
      Die ouderdom van ŉ werknemer bepaal of hulle 'n voltydse of deeltydse
      werknemer kan wees. As die werknemer nog op skool is, dan kan hulle net
      een dag in die week werk en naweke. As hul jonger as 16 is, is hul te jonk om
      te werk. Enige persoon wat klaar is met skool of ouer as 18 is, kan al die
      weeksdae werk en een dag van die naweek.
      Voltooi die kode vir die knoppie wat vereis dat die ID nommer van die
      werknemer ingesleutel moet word. Dit sal dan gebruik word, om die dae wat
      die werknemer kan werk te bepaal, afhangende van die werknemer se
      ouderdom.
      Die ID nommer moet uit 13 numeriese karakters bestaan. Bereken die
      ouderdom slegs in aantal jare. (Aanvaar dat niemand ouer as 100 jaar is nie.)
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (16)
 1.3 Knoppie [Vraag 1.3]
      Skryf kode om ŉ salarisprogram te simuleer. Die aantal ure (gewone
      werksure) moet ingesleutel word. As die oortyd ‘checkbox’ gekies word, moet
      ŉ Input box komponent verskyn om die gebruiker te vra, hoeveel oortydure
      gewerk is.
      Gewone ure = R18.25 per uur
      Oortydure = een en ŉ half keer die gewone uur se bedrag
      Bereken en vertoon die totale salaris wat die werknemer sal ontvang, maak
      gebruik van geldeenheid (‘currency’) met twee desimale plekke. Verander die
      kleur van die paneel na SkyBlue.
      Voorbeeld van afvoer as 5 ure oortyd gewerk is:

                                                                                       (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               5

 1.4 Knoppie [Vraag 1.4]

       Personeel se klere moet op ŉ gereëlde basis bestel word. Elke werknemer sal
       ŉ gratis hoed met hul bestelling ontvang. Hulle kan slegs een item op ŉ slag
       bestel. Die item kan ŉ kortmou hemp, langmou hemp of ŉ ‘hoodie’ wees.

       Die gebruiker moet een van die items kies en ook die grootte wat hul bestel
       aan dui.

       Vertoon die bestelling, deur ŉ ShowMessage komponent te gebruik, met die
       volgende uitleg:

       Bestelling:
       <Item>(<Grootte>)
       Hoed

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (8)

  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   programlêer ingesleutel is.
  Stoor jou program.
  Druk die kode indien dit vereis word.                                              [44]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

 ŉ Rekord van al die skofte word gehou. Die aantal gaste by ŉ tafel en die bedrag
 wat hulle betaal moet gestoor word, asook wie die kelner was.

 Hierdie inligting is in ŉ databasis, Kelners.mdb, gestoor. Dit bevat ŉ tabel met die
 naam tblTafels wat die volgende velde het:

 Hieronder is ŉ voorbeeld van die rekords in tblTafels:

 Filters mag NIE in hierdie vraag gebruik word NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

 2.1   Knoppie [Totale Bedrag]

       Bereken die totale bedrag geld wat deur al die kliënte betaal is gedurende die
       skof. Vertoon die totale bedrag in geldeenheid en afgerond na twee desimale
       plekke.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (6)

 2.2   Knoppie [Sorteer]

       Sorteer die inligting volgens die KelnerID, in stygende volgorde.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2018)

 2.3   Knoppie [Totale Aantal Tafels]

       Die bestuurder wil graag weet hoeveel tafels elke kelner gedurende die skof
       bedien het. ŉ ‘Input box’ komponent moet gebruik word om die kelner se
       KelnerID in te sleutel.

       Die kelner se kelnerID moet vertoon word soos in die voorbeeld. ŉ Lys van al die
       tafelnommers moet ook vertoon word asook die aantal tafels wat die kelner
       bedien het.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (10)

 2.4   Knoppie [Voegby]

       ŉ Nuwe groep van 5 mense is nou net na ŉ tafel geneem (TafelID 71). Die kelner
       met KelnerID 10, is aangewys om die tafel te bedien. Voeg die inligting by die
       tabel, tblTafels aan. Vertoon ŉ boodskap om aan te dui dat die rekord bygevoeg
       is.

       Let wel: TafelBedragBetaal het geen inligting om te stoor nie.                        (5)

  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   programlêer ingesleutel is.
  Stoor jou program.
  Druk die kode indien dit vereis word.                                                       [22]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                9

VRAAG 3: TEKSLÊER MANIPULASIE

ŉ Inkopielys moet gegenereer word gebaseer op die huidige voorraad. Die voorraadlys
is in ŉ tekslêer, voorraad.txt, gestoor. Die uitleg van die tekslêer is soos volg:

    item#huidige voorraad#eenheid#minimum hoeveelheid#maksimum hoeveelheid

Gebaseer op die huidige voorraad moet ŉ inkopielys geskep word. ŉ Item moet gekoop
word as die huidige voorraad minder is as die minimum hoeveelheid wat verwag word.
Al die hoeveelhede moet na die naaste heelgetal afgerond word omdat daar nie ŉ
gedeelte van 'n item gekoop kan word nie.

As die eenheid 'kg' of 'bottels' is, moet die eenheid vertoon word, anders moet geen
eenheid vertoon word nie. Die inkopielys moet vertoon word, insluitend ŉ opskrif. Die lys
moet ook as ŉ tekslêer, Inkopielys.txt, gestoor word. Vertoon ŉ boodskap wat aandui
dat die lêer geskep is.

Voorbeeld van afvoer:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1          (EC/NOVEMBER 2018)

 Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
  programlêer ingesleutel is.
 Stoor jou program.
 Druk die kode indien dit vereis word.                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               11

VRAAG 4: SKIKKINGS EN SUBPROGRAMME

Die menu is elektronies gestoor. Dit vergemaklik die proses om na ŉ item te soek.
Wanneer pryse verhoog of verlaag moet word, kan dit dadelik toegepas word.

LET WEL:
Die menu items is in ŉ skikking, arritem, gestoor. Elke item het of ŉ K of D aan die
einde wat aandui of dit KOS of DRINKGOED is. Die kosprys, uitsluitend BTW, van elke
item is gestoor in ŉ konstante skikking, arrkoste.

4.1      Skryf ŉ metode, Sorteer, wat die arritem in alfabetiese volgorde sal sorteer. Die
         korrekte prys moet met die korrekte item ooreenstem.                                   (11)

4.2     Knoppie [Lys van Items]

        Skei die items in die twee verskillende kategorieë, kos en drinkgoed. Vertoon ŉ
        alfabetiese lys van al die kos-items en ŉ alfabetiese lys van al die drinkgoed.

        LET WEL: Die kos-items en drinkgoed sal later in die vraag gebruik word.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

 4.3 Knoppie [Kospryse]

        Maak die afvoerkomponent skoon.
        Die inligting moet in kolomme vertoon word. Stel ŉ ‘tab’ na 150.

      Wanneer die knoppie geklik word, moet ŉ lys van al die kositems en hul pryse
      op die spyskaart vertoon word.

      Die prys op die spyskaart sluit 15% BTW in, asook ŉ verhoging (markup) van
      45%. Die pryse wat op die spyskaart vertoon word, moet opgerond word na die
      naaste heelgetal.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (10)

      4.4.1    Skryf ŉ metode, Gevind, wat ŉ item as ŉ parameter sal ontvang en sal
               terugstuur of ŉ item gevind is (true) of nie (false).                               (7)

      4.4.2    Knoppie [Soek ŉ Item]

               Die gebruiker moet die item waarna hul soek in die ‘Input Box’
               komponent insleutel. Die Gevind metode moet geroep word en ŉ
               toepaslike boodskap moet vertoon word om aan te dui of die item gevind
               is, of nie. Die gebruiker moet ŉ gedeelte van die item kan in tik, bv.
               Chips in plaas van Chips – Large Plate.

               Voorbeeld van afvoer as Chips ingetik word:

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             13

                                                                                            (6)

  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
   programlêer ingesleutel is.
  Stoor jou program.
  Druk die kode indien dit vereis word.                                                   [54]

                                                                         TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 QP NOV 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-nov-2018-eng/0df14c4a-59b9-4faa-bb90-cf61aa77d817) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 MEMO AFR GR11 NOV 2018](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-afr-gr11-nov-2018/3a8ef4dc-f861-4f69-a3a6-14d9a854b5ac) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2018](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2018/2dc78f09-34ed-496f-bafe-607a640e7c71) — Information Technology · Memo · 2018
- [IT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P2 GR11 QP NOV2018 English D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-english-d/5dd44487-dd7e-48c8-af01-69892d313447) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT JUNE P1 QP ONLY](https://www.hlayiso.com/library/it-june-p1-qp-only/743bb597-d018-40b6-acc4-eadcac3b347a) — Information Technology · QP · 2018

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
