# Information Technology Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/bec5c240-c7a1-4d01-b839-7c3cf5373489
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/bec5c240-c7a1-4d01-b839-7c3cf5373489)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/00c98cd3-cf7e-453f-abc1-3494352f8e3c) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                         NOVEMBER 2017

                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

       AFDELING A: Kortvrae                                    (15)
       AFDELING B: Stelseltegnologieë                          (21)
       AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologieë          (26)
       AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                  (24)
       AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                      (25)
       AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                      (39)

 2.    Lees al die vrae deeglik deur.

 3.    Beantwoord AL die vrae.

 4.    Die puntetoekenning dien oor die algemeen as 'n aanduiding van die aantal
       feite/redes wat benodig word.

 5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 6.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Watter van die volgende is NIE ŉ korrekte wyse waarop stoortoestelle en
                geheue verskil NIE?

                A    Stoortoestelle is stabiel en permanent.
                B    Dit is baie vinnig in vergelyking met ETG (‘RAM’).
                C    Die koste per GG (‘GB’) van ŉ stoortoestel is aansienlik minder as
                     die koste per GG (‘GB’) van ETG (‘RAM’).
                D    Die meeste stoortoestelle is meganies.                                        (1)

       1.1.2    Watter een van die volgende is ŉ voordeel van virtualisasie?

                A    Jy sal hardeskyfspasie bespaar
                B    Jy sal geld bespaar, maar tyd verloor
                C    Jy sal die vlak van doeltreffendheid verhoog
                D    Jy sal minder geheue gebruik.                                                 (1)

       1.1.3    ŉ Sagteware programfout word veroorsaak deur …

                A    ŉ programmeringsfout.
                B    ŉ virus.                                                                      (1)
                C    ŉ geaktiveerde Trojaanse perd.
                D    ŉ SQL invoeging.

       1.1.4    VPN beteken ...

                A    ‘Very Private Network’.
                B    ‘Virtual Protocol Network’.
                C    ‘Very Powerful Network’.
                D    ‘Virtual Private Network’.                                                    (1)

       1.1.5    Hierdie tegnologie word nou ontwikkel om ‘Flash’ tegnologie op
                webtuistes te vervang.

                A    HTML3
                B    HTML5
                C    JAVASCRIPT
                D    PHP                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

      1.1.6      Watter een van die volgende word met ŉ JPEG-lêer geassosieer?

                 A    Video
                 B    Musiek
                 C    Teks
                 D    Prente                                                                    (1)

      1.1.7     RIT (‘RIA’) is besig om ŉ baie algemene Internet funksie te word. Brei
                die term, ‘RIA’, uit.

                A     Real Internet Application
                B     Rich Internet Application
                C     Realtime Internet Application
                D     Robust Internet Application                                               (1)

      1.1.8     Watter een van die volgende is ŉ eienskap van kwaliteit-data in ŉ
                databasis?

                A     Kort
                B     Huidigheid
                C     Stiptelikheid
                D     Perfek                                                                    (1)

      1.1.9     Watter een is NIE ŉ voordeel of eienskap van ŉ statiese webtuiste
                NIE?

                 A    Relatief eenvoudig om te ontwerp.
                 B    Het nie baie krag van bediener nodig nie.
                 C    Ontwerp slegs vir kliënte.
                 D    Kan verander afhangende van die gebruiker se vereistes en
                      voorkeure.                                                                (1)

      1.1.10     Watter een is NIE ŉ funksie of rol van ŉ databasis-administrateur NIE?

                A     Om die databasis met behulp van ŉ DBBS (‘DBMS’) te bestuur en
                      onderhou.
                B     Vaslegging en inlees van data in die databasis.
                C     Om gebruikers van die databasis se toegangsregte te skep en
                      onderhou.
                D     Om gereëlde instandhouding van die databasis te doen.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   5

 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5).

       1.2.1    ŉ Laai-toets word deur die BTAS (‘BIOS’) gedoen om seker te maak
                dat al die belangrike hardeware teenwoordig is, asook in ŉ werkende
                toestand                                                                   (1)

       1.2.2    Die konfigurasie van twee of meer hardeskywe met die doel om data
                verlies te verminder                                                       (1)

       1.2.3    Die onmiddellike en reële tyd aflewering van media-inhoud na ŉ
                ontvangende toestel, wat begin sodra die media oopgemaak word              (1)

       1.2.4    ŉ Enkele feit of die kleinste data-eenheid in ŉ databasis                  (1)

       1.2.5    Diagramme wat gebruik word om die verhoudinge tussen entiteite voor
                te stel                                                                    (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 Jy het besluit om die volgende skootrekenaar, vir jou nuwe webontwerp besigheid, te
 koop.

                                                    • 15.6" HD Skerm
                                                    • 4GB ETG (‘RAM’), 500GB HDD
                                                    • 5th Generation Intel® Core™i3-5005U
                                                      Verwerker (3M Kasgeheue, 2.00 GHz)
                                                    • Intel HD Grafika 4400
                                                    • 1 Jaar Waarborg

 2.1    Gebruik die skootrekenaar se spesifikasies om die volgende vrae te beantwoord.

        2.1.1   Identifiseer die SVE (‘CPU’) vervaardiger.                                        (1)

        2.1.2   Wat is die SVE (CPU) se spoed?                                                    (1)

 2.2    Die SVE (‘CPU’) is een van die mees belangrikste komponente van ŉ
        rekenaarsisteem.

        2.2.1   Identifiseer nog ŉ verwerker wat in ŉ rekenaarsisteem gevind kan word.
                Verduidelik hoe hierdie verwerker met die hoof SVE (‘CPU’) werk.                  (2)

        2.2.2   Noem die VIER stappe van die masjiensiklus.                                       (4)

 2.3    Jy het van jou IT-vriende gehoor sê: “Vasteware op sekere van die
        rekenaarkomponente moet dalk opgegradeer word”.

        2.3.1   Word vasteware as ETG (‘RAM’) of LAG (‘ROM’) geag?                                (1)

        2.3.2   Definieer die term vasteware.                                                     (2)

        2.3.3   Noem DRIE redes waarom die vasteware van ŉ toestel opgegradeer
                moet word.                                                                        (3)

        2.3.4   Wat beteken ‘flashing the ROM’?                                                   (1)
 2.4    Jy is gevra om die vermoëns van ŉ toep op 4 verskillende bedryfstelsels vir jou
        werkgewer te toets. ŉ Voorstel is gemaak dat dit vinniger sal wees as jy
        virtualisasie toepas.

        2.4.1   Definieer die term virtualisasie.                                                 (1)

        2.4.2   Stel ŉ metode voor hoe jy virtualisasie sal gebruik om die toep op die vier
                bedryfstelsels te toets. Noem al die stappe wat gevolg moet word.                 (5)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                21

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                            7

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

                                                                [Bron: http://www.colourbox.com ]

 Jy oorweeg om ŉ Wi-Fi netwerk op te stel om al die toestelle in die kantoor te koppel. Jy
 gaan die bostaande uitleg gebruik.

 3.1    ŉ Vriend stel voor dat ŉ kabel-netwerk opgestel word.

        3.1.1    Noem TWEE redes hoekom ŉ netwerk benodig word.                                         (2)

        3.1.2    Noem TWEE nadele van ŉ rekenaarnetwerk.                                                (2)

        3.1.3    Beskryf TWEE redes waarom ŉ gekoppelde netwerk verkies word in
                 plaas van ŉ kabellose netwerk.                                                         (2)

 3.2    Jy het besluit om van ‘Wi-Max’-tegnologie gebruik te maak om aan die Internet te
        koppel.

        3.2.1    Noem TWEE ander tegnologieë wat gebruik kan word om aan die
                 Internet te koppel.                                                                    (2)

        3.2.2    Motiveer hoekom jy Wi-Max, in plaas van die ander TWEE maniere wat in
                 VRAAG 3.2.1 genoem is, gekies het.                                                     (1)

        3.2.3    Noem die toestel wat jy benodig om jou lokale netwerk met die Internet te
                 verbind.                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2017)

 3.3    Jy sal van SoIP (‘VOIP’) en EPOP (‘SMTP’) moet gebruik maak om met jou
        kantoorpersoneel te kommunikeer, as jy reis.

        3.3.1   Brei die afkorting SoIP (‘VOIP’) uit.                                               (1)

        3.3.2   Verskaf TWEE voorbeelde van programme wat van SoIP (VOIP)
                gebruik maak.                                                                       (2)

 3.4    Jy het ook besluit om ŉ slimfoon en toeps te gebruik om jou besigheid te
        doen.

        3.4.1   Bespreek TWEE groot hardeware verskille tussen ŉ slimfoon en ŉ
                konvensionele telefoon.                                                             (2)

        3.4.2   Noem DRIE algemene bedryfstelsels wat op slimfone gebruik word.                     (3)

        3.4.3   Wat word bedoel met die term mobiele toeps (‘mobile apps’)?                         (1)

        3.4.4   Verskaf TWEE voordele van die gebruik van mobiele toeps in plaas
                van gewone deurblaaiers.                                                            (2)

 3.5    Toe jou vriend op die Internet rondgeblaai het, het hy agtergekom dat die
        adresse met 'http' of 'https' begin.

        3.5.1   Wat beteken die p in 'http' en 'https'? Verskaf ŉ definisie.                        (2)

        3.5.2   Wat is die hoofverskil tussen http en https?                                        (1)

 3.6    Jy het spesifieke nuuswebtuistes wat jy gereeld besoek. RSS-voer is aan jou
        voorgestel.

        3.6.1   Verduidelik hoe RSS-voer werk.                                                      (1)

        3.6.2   Noem ŉ ander toepassing wat van RSS-voere gebruik maak.                             (1)

                                                                TOTAAL AFDELING C:                  26

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       9

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

                     myClientsTB
                     CustomerID    OrderID   ProductID   UnitPrice   Quantity   Total
                     RONNIES       10M       11          72.00       10         720.00
                     SPAR          11L       42          15.00       5          45.00
                     RHINO         17R       72          75.69       6          454.14
                     MMSE          21M       44          69.99       5          349.95
                     RHINO         22R       40          50.00       12         720.00

 Soos wat jy werk, besluit jy om ŉ databasis met inligting rakende bestellings, kliënte
 en produkte te hou, soortgelyk aan die een hierbo.

 4.1    Gebruik die gegewe tabel om die volgende vrae te beantwoord.

        4.1.1    Identifiseer die volgende. Maak gebruik van die tabel.

                 (a)     ŉ Veld

                 (b)     ŉ Rekord

                 (c)     Die tabelnaam                                                                (3)

        4.1.2    Identifiseer die oortollige veld. Motiveer jou antwoord.                             (2)

        4.1.3    (a)     Wat is die funksie van ŉ primêre sleutel?                                    (1)

                 (b)     Identifiseer die veld wat ŉ primêre sleutel-veld kan wees.                   (1)

 4.2    Terwyl die databasis bespreek is, word daar voorgestel dat jy ŉ verspreide
        databasis in jou klein kantoor gebruik.

        4.2.1    (a)     Wat is ŉ verspreide databasis?                                               (1)

                 (b)     Motiveer waarom dit nie ŉ goeie idee is nie.                                 (1)

        4.2.2    Stel ŉ meer gepaste databasis vir jou kantoor voor.                                  (1)

        4.2.3    Gee ŉ voorbeeld van ŉ program wat gebruik kan word om ŉ
                 verspreide databasis te ontwerp.                                                     (1)

        4.2.4    Is dit moontlik dat baie personeellede terselfdertyd op ŉ verspreide
                 databasis kan werk? Motiveer jou antwoord.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

 4.3    Noem DRIE take wat deel van data onderhoud (‘data maintenance’) is.                (3)

 4.4    Jy het uiteindelik besef om ŉ relasionele databasis model te gebruik.

        4.4.1   Definieer die term relasionele databasis.                                  (1)

        4.4.2   Verduidelik hoekom vreemde sleutels in ŉ relasionele databasis
                gebruik word.                                                              (2)

        4.4.3   Nadat die bostaande tabel geanaliseer is, het jy besef dat dit van
                twee entiteite, Klient en Produk, gebruik maak. Gebruik 'n
                eenvoudige ER-diagram om te wys hoe die entiteite verbind word.            (5)

                                                            TOTAAL AFDELING D:             24

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      11

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1    ŉ Toepassing wat jou kan help om eenvoudige wagwoorde te skep, is benodig. ŉ
        Deel van die program moet al die klinkers in ŉ van verwyder. Daar word
        voorgestel dat jy ŉ funksie met parameters, in plaas van ŉ prosedure, gebruik
        wat die van sal ontvang en dan dit sonder klinkers terug stuur.

        5.1.1    Wat beteken die term parameter?                                                      (1)

        5.1.2    Verduidelik wat bedoel word met die term terugstuur (‘returns’).                     (1)

        5.1.3    Gee ŉ voorbeeld van ŉ ingeboude funksie wat ten minste een parameter
                 benodig.                                                                             (1)

        5.1.4    Onderskei tussen ’n funksie en ŉ prosedure.                                          (2)

        5.1.5    Ontwerp ’n algoritme om al die klinkers uit die van te verwyder.                     (8)

 5.2    Tekslêers word gebruik om baie inligting vinniger vas te lê.

        5.2.1    Hoekom word ŉ 'WHILE'-lus gebruik wanneer inligting uit ’n tekslêer
                 gelees word?                                                                         (1)

        5.2.2    Verduidelik die volgende terme:

                 (a)   Reset                                                                          (1)

                 (b)   Append                                                                         (1)

                 (c)   Assignfile                                                                     (1)

 5.3    Skikkings word in baie programmeringstoepassings gebruik. ’n Skikkingelement
        moet ’n indeks hê as dit in ’n program gebruik word.

        5.3.1    Wat is ’n skikking?                                                                  (1)

        5.3.2    Wat is ŉ element in ’n skikking?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

        5.3.3   Bestudeer die volgende kode en voltooi die naspeurtabel.

                x5
                Index0
                REPEAT
                    y  x MOD 2
                    y  x DIV 2
                   Index  Index + 1
                    Result[Index]  y
                UNTIL x = 0

                       y           x       Index                Result
                                                      [3]       [2]            [1]
                      -            5         0         -         -              -
                      1            2         1         -         -              -

                                                                                            (6)

                                                            TOTAAL AFDELING E:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      13

 AFDELING F: GEINTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 As ŉ jong entrepreneur is daar baie konsepte wat jy in jou besigheid moet verstaan of
 kan toepas.

 6.1 Jy het ondersoek ingestel na die gebruik van sosiale media en jy word oor sosiale
     manipulasie gewaarsku.

       6.1.1    Wat is sosiale manipulasie?                                                         (1)

       6.1.2    Noem en gee ŉ voorbeeld van sosiale manipulasie.                                    (2)

       6.1.3    Beskryf TWEE maniere hoe jy sosiale manipulasie kan vermy.                          (2)

 6.2 Op een van die sosiale media nuusvoere het jy gesien dat een van jou vriende by
     Wimpy Greenacres is (‘checked in’) en dat hy in ŉ vergadering is.

       6.2.1    Identifiseer die tipe rekenaarverwerking (‘computing’) wat in hierdie
                voorbeeld gebruik is.                                                               (1)

       6.2.2    Noem die tipe toestel/stelsel wat nodig is sodat hierdie tipe verwerking
                kan plaasvind.                                                                      (1)

       6.2.3    Verduidelik hoe hierdie tegnologie deur besighede gebruik kan word.                 (2)

       6.2.4    Foto’s wat deur jou vriend geneem is bevat metadata wat wys waar die
                foto geneem is.

                (a)   Verduidelik wat metadata is.                                                  (2)

                (b)   Wat word die vermoë van ŉ kamera genoem wat dit moontlik maak
                      om die fisiese ligging waar die foto geneem is, te stoor?                     (1)

 6.3 Een van die kliënte het aangedui dat hy dalk van jou dienste gebruik gaan maak.
     Hulle beplan om besigheid te doen met ŉ bekende Internetprotokol TV (‘IPTV’)
     maatskappy wat ook ‘VOD’ dienste verskaf.

       6.3.1    Wat is die Internet?                                                                (1)

       6.3.2    Differensieer tussen IPTV en ‘VOD’ dienste. Gee voorbeelde waar elkeen
                gebruik kan word.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

 6.4 Jy is gevra om te help om eindgebruiker-AGP (‘end-user AUP’) dokumente op te
     stel vir ŉ nuwe opvoedkundige instansie se netwerk.

      6.4.1    Verduidelik kortliks wat eindgebruiker-AGP dokumente is.                         (1)

      6.4.2    Beskryf TWEE aspekte wat in die dokumente ingesluit moet word.                   (2)

      6.4.3    Noem TWEE take wat netwerk bestuurders moet doen om seker te
               maak dat die AGP effektief is.                                                   (2)

 6.5 Soos wat die werklading vermeerder, besef jy dat iemand aangestel moet word
     om jou te help met die ontwerp van webtuistes. ŉ Vriend stel jou aan ŉ moontlike
     werknemer voor. Die persoon was vir die afgelope vyf jaar ŉ webskepper (‘web
     author’).

      6.5.1    Verduidelik die DRIE hoofvaardighede wat benodig word om webtuistes
               te ontwerp.                                                                      (3)

      6.5.2    Noem TWEE pligte van ŉ webskepper (‘website author’).                            (2)

      6.5.3    Motiveer hoekom jy hierdie webskepper vir die werk sal aanstel of nie.           (2)

 6.6 Een van die take wat verrig moet word vir die privaat opvoedkundige instansie is
     aanlyn-opnames (‘surveys’). Die resultate wys dat een van die beperkinge van
     IKT (‘ICT’) is angs van IKT (‘ICT’).

      6.6.1    Beskryf TWEE ander faktore wat IKT en enige IKT vordering beperk.                (2)

      6.6.2    Motiveer DRIE maniere hoe IKT die besigheidswêreld en alledaagse
               bedrywighede positief beïnvloed het.                                             (3)

 6.7 As gevolg van die globalisering van besighede, het jy besluit om
     skarebefondsing (‘crowd-funding’) as een van jou projekte te gebruik.

      6.7.1    Verduidelik kortliks wat skarebefondsing is.                                     (2)

      6.7.2    Noem DRIE faktore of tendense wat globalisering aanmoedig.                       (3)

                                                               TOTAAL AFDELING F:            39
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/07b2bcb7-4a41-492b-8cf6-b9dad4f25eeb) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov2020-afr-d/4c2ae40a-2d69-4f5a-bb35-23756c348dca) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov-2020/5d30d452-2376-4ec3-b036-6286e3f3889e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Eng-NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-eng-nov2020-eng-d/6e6532ed-728d-4718-9fd8-2f86e492e5cc) — Information Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
