# Information Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                    NOVEMBER 2018

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IINFTA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings

       AFDELING A: Kortvrae                                       (15)
       AFDELING B: Stelseltegnologieë                             (24)
       AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologieë             (24)
       AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                     (26)
       AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                         (25)
       AFDELING F: Geïntegreerde Oplossing                        (36)

 2.    Lees al die vrae deeglik deur.

 3.    Beantwoord AL die vrae.

 4.    Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding van die aantal
       feite/redes wat benodig word.

 5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 6.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1:

 1.1     Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 - 1.1.10) in the ANTWOORDBOEK.

        1.1.1    Konnekteerders waar die kabels van die stoortoestelle gekoppel
                 word.

                 A        ZIF.
                 B        SATA.
                 C        DIMM.
                 D        RJ45                                                          (1)

        1.1.2    Hierdie prosesseringstegniek laat programme toe om die SVE se
                 tyd tussen baie take te verdeel.

                 A        Pyplynverdeling ('Pipelining')
                 B        Multitaakverwerking ('Multitasking')
                 C        Multidraadverwerking ('Multithreading')
                 D        Multiprosessering ('Multiprocessing')                         (1)

        1.1.3    Virtuele geheue is

                 A        onstabiel
                 B        permanent
                 C        duur
                 D        stadig                                                        (1)

        1.1.4    Sosiale manipulasie word geassosieer met

                 (i)     die ontwerp van sosiale netwerke
                 (ii)    instandhouding van sosiale media rekords van kliënte
                 (iii)   manipulasie van individuele om persoonlike inligting te
                         verkry

                 A       (i) en (ii) is korrek
                 B       (ii) en (iii) is korrek
                 C       Only (ii) is korrek
                 D       Only (iii) is korrek                                           (1)

        1.1.5    Watter een van die volgende beperk nie IKT ('ICT') nie?

                 A       Angs
                 B       Regeringsbeleid
                 C       Goeie sagteware
                 D       Winsgewendheid ('Profitability')                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

        1.1.6        ŉ Toestel wat data of ŉ sein na die korrekte bestemming in ŉ
                     netwerk stuur.

                     A    Warmkol ('Hotspot')
                     B    Modem
                     C    Skakeltoestel ('Switch')
                     D    Muis                                                          (1)

        1.1.7        Watter een is nie deel van die masjiensiklus nie?

                     A    Dekodeer ('Decode')
                     B    Uitvoer ('Execute')
                     C    Haal ('Fetch')
                     D    Prosesseer ('Process')                                         (1)

        1.1.8        Watter een is ŉ eienskap van kwaliteit data in ŉ databasis?
                     A    Akkuraatheid
                     B    Sensitiwiteit
                     C    Stiptelikheid
                     D    Leesbaarheid                                                   (1)
        1.1.9        Wat is die waarde van 16 MOD 5 DIV 2?
                     A    0.5
                     B    0
                     C    1
                     D    8                                                              (1)
        1.1.10       Watter een kan NIE in ŉ Boolse uitdrukking gebruik word NIE?
                     A    X > Y
                     B    X <> Y
                     C    X := Y
                     D    X = Y                                                          (1)
 1.2    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        woord/term langs die vraagnommer (1.2.1-1.2.5).
        1.2.1        ŉ Strategie of tegnologie wat gebruik word om soekresultate van
                     ŉ soekenjin te organiseer (hoog na laag).                           (1)
        1.2.2        ŉ Webtuiste wat baie bladsye bevat, elke bladsy vertoon presies
                     dieselfde inligting elke keer, nes toe dit geskep is.               (1)
        1.2.3        Die skep, stuur en ontvang van elektroniese boodskappe oor ŉ
                     netwerk, insluitend die Internet.                                   (1)
        1.2.4        Om in ŉ desentraliseerde ligging te werk en moderne
                     kommunikasie te gebruik om by ŉ fisiese kantoor in te 'check'.      (1)
        1.2.5        Die onnodige herhaling van data.                                    (1)
                                                             TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 Jou rekenaar se werkverrigting is die laaste ruk nie goed nie en iemand het
 voorgestel dat jy al die interne komponente van die rekenaar moet vervang en
 opgradeer.

 2.1    Die moederbord moet na die nuwe weergawes opgradeer word.

        2.1.1    Wat is ŉ moederbord?                                                 (2)

        2.1.2    Noem die DRIE hooffunksies van die moederbord.                       (3)

 2.2    Jou jonger broer stel voor dat jy die BTAS ('BIOS') van die ou moederbord
        opgradeer sodat die moederbord vinniger en beter sal wees.

        2.2.1    Wat is die BTAS?                                                     (1)

        2.2.2    Noem die VIER hooftake van die BTAS.                                 (4)

        2.2.3    Waar word die BTAS gestoor?                                          (1)

        2.2.4    Verduidelik aan jou broer hoekom jy nie sy voorstel gaan
                 implementeer nie.                                                    (1)

 2.3    Jy sal ook die bedryfstelsel moet opgradeer en jy word aangemoedig om ŉ
        bedrystelsel te soek wat prosesse en rygskakels ('threads') effektief sal
        uitvoer. Dit moet multidraadverwerking en multiprosessering kan doen.

        2.3.1    Wat is ŉ bedryfstelsel?                                              (1)

        2.3.2    Onderskei tussen ŉ proses en ŉ rygskakel.                            (2)

        2.3.3    Verduidelik wat multiprosessering is en verskaf ŉ voorbeeld waar
                 multiprosessering gebruik word.                                      (3)

        2.3.4    As die rekenaar slegs een fisiese verwerker het, sal dit
                 multidraadverwerking kan doen? Motiveer jou antwoord.                (2)

 2.4    Jy wil graag ŉ hoë-vlak programmingstaal gebruik wat ŉ kompileerder
        bevat.

        2.4.1   Wat is ŉ hoë-vlak programmeringstaal?                                 (1)

        2.4.2   Noem die hooffunksies van ŉ kompileerder ('compiler').                (2)

        2.4.3   Programmeringstale wat kompileerders is, word kompileerde
                programmeringstale genoem. Gee EEN voorbeeld van ŉ
                kompileerde programmeringstaal.                                       (1)
                                                              TOTAL SECTION B:         24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 Jy het besluit om 3G/LTE konnektiwiteit in plaas van ADSL konnektiwiteit in jou
 sitkamer te gebruik. ŉ Kabellose roeteerder ('router') sal gebruik word om al die
 mobiele toestelle en rekenaars na die Internet te verbind.

 3.1    3G/LTE konnektiwiteit is ŉ baie populêre keuse in vele huise.

        3.1.1   Wat is 3G/LTE?                                                          (1)

        3.1.2   Watter medium van data-oordrag word gebruik in 3G/LTE?                  (1)

        3.1.3   Gee TWEE voordele wat 3G/LTE het oor ŉ ADHL ('ADSL')
                konneksie.                                                              (2)

 3.2    Al die toestelle, insluitende die Satelliet TV dekodeerder, speelkonsole
        ('gaming console'), mobiele fone en tablette in die huis sal deur middel van
        ŉ multifunksionele LTE roeteerder/modem gekonnekteer word.

        3.2.1   Wat is die term wat gebruik word om hierdie tipe netwerk te beskryf?    (1)

        3.2.2   Gee TWEE voordele en TWEE nadele van ŉ netwerk.                         (4)

        3.2.3   Wat is die VIER hooffunksies van              die   multifunksionele
                roeteerder/modem in hierdie netwerk?                                    (4)

        3.2.4   Identifiseer die topologie wat in hierdie voorbeeld gebruik word.       (1)

        3.2.5   Gee TWEE redes waarom jy die topologie in 3.2.4 bo enige ander
                topologie sal kies.                                                     (2)

 3.3    Een van die redes waarom die toestelle met die Internet verbind is, is
        sodat aanlyn-televisie programme gekyk kan word. Programme kan
        gestroom of afgelaai word. Differensieer tussen stroming en aflaai.             (2)

 3.4    Die meeste van die toestelle wat aan die netwerk gekoppel is, is mobiele
        toestelle, en die aantal toestelle word net al hoe meer.

        3.4.1   Noem die DRIE hoofredes wat hierdie toename veroorsaak.                 (3)

        3.4.2   Die meeste mobiele toestelle is altyd aan en daarom is daar ŉ
                behoefte om die batterykrag te bespaar. Gee DRIE maniere hoe
                battery lewe gemaksimeer kan word.                                      (3)

                                                           TOTAAL AFDELING C:            24

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                    7

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 Jy is aangestel as ŉ Databasis Analiseerder vir die databasis, wat vir jou broer se
 Laerskool, beplan is. Meer as ŉ 1000 leerders is in die skool. Jy moet ŉ aantal
 toesprake aan die skoolbestuur, onderwysers en beheerliggaam maak.

 4.1    Een van die beheerliggaamlede het voorgestel dat jy ŉ verspreide DBBS in
        plaas van ŉ bediener DBBS oorweeg.

        4.1.1 Wat is ŉ DBBS ('DBMS')?                                                  (1)

        4.1.2 Noem DRIE aktiwiteite wat ŉ DBBS jou toe laat om te doen.                (3)

        4.1.3 Verduidelik die hoofverskil tussen ŉ verspreide databasis en ŉ
              bedienerdatabasis.                                                       (2)

        4.1.4 Verduidelik hoe ŉ kliënt se sagteware toepassing met die bediener
              DBBS en databasis werk.                                                  (2)

        4.1.5 Gee TWEE redes wanneer dit nodig is, vir ŉ organisasie, om ŉ
              verspreide databasis te gebruik.                                         (2)

 4.2    Die inligting wat verkry word in ŉ databasis hang af van die kwaliteit van
        die data wat ingevoer is.

        4.2.1 Noem DRIE eienskappe van kwaliteit data.                                 (3)

        4.2.2 Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om die geldigheid
              van data te toets.                                                       (4)

 4.3    ŉ Databasis Administrateur moet aangestel word. Noem TWEE take wat ŉ
        databasis administrateur moet verrig.                                          (2)

 4.4    Daar is baie tabelle in die databasis. Die primêre sleutels, saamgestelde
        ('composite') sleutels en vreemde ('foreign') sleutels moet geïdentifiseer
        word, sodat hulle verbind kan word.

        4.4.1 Wat is ŉ primêre sleutel?                                                (1)

        4.4.2 Differensieer tussen ŉ vreemde sleutel en ŉ saamgestelde sleutel.        (2)

        4.4.3 Wat is die naam wat aan ŉ databasis gegee word wanneer die
              tabelle verbind is?                                                      (1)

 4.5    Tydens die bestudering van die databasis, het jy die entiteite
        geidentifiseer as REGISTERKLAS en LEERDER. Jy sien dat ŉ
        registerklas baie leerders kan hê en ŉ leerder kan net in een registerklas
        wees. Illustreer die verwantskap deur ŉ ER-diagram te gebruik.                 (3)

                                                          TOTAAL AFDELING D:           26

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 ŉ Toepassing moet ontwerp word om met die DBBS te werk.

    5.1   ŉ Skikking bevat die name van die leerders wat gebruik moet word.

          5.1.1   Verduidelik die term skikking.                                         (1)

          5.1.2   Verduidelik hoekom dit nodig is om ŉ skikking, in plaas van ŉ ander
                  tipe veranderlike, te gebruik.                                         (1)

          5.1.3   Elemente in die skikking mag dalk in alfabetiese volgorde sorteer
                  word. Noem een algoritme wat gebruik kan word om die skikking
                  te sorteer.                                                            (1)

          5.1.4   Skryf die pseudokode van die algoritme, wat in Vraag 5.1.3
                  genoem is, neer.                                                       (4)

    5.2   Beskryf DRIE riglyne wat ingedagte gehou moet word wanneer jy
          programme skryf.                                                               (3)

    5.3   Differensieër tussen ŉ veranderlike met klasomvang ('class scope') en ŉ
          veranderlike met metode-omvang binne ŉ program.                                (4)

    5.4   Wanneer jy programme ontwerp, kan lusse en besluitnemingstrukture die
          programmeringstyd verbeter.

          5.4.1   Wanneer is dit van pas om ŉ lus te gebruik?                            (1)

          5.4.2   Beskryf TWEE tipe lusstrukture wat gereeld in programmering
                  gebruik word.                                                          (4)

          5.4.3   Bestudeer die gegewe kode en identifiseer DRIE reëls met foute
                  en skryf die korrekte stellings neer. Jy kan ŉ nuwe reël byvoeg
                  indien nodig.

                  1.   Case iAge in
                  2.   1..12 : Inc(iChildren);
                  3.   13..19 : Inc(iteenagers);
                  4.   20..60 : Inc(iAdults);
                  5.   61..120: begin
                  6.   Inc(iAdults) AND Inc(iSeniors);
                  7.   end;
                  8.   else Showmessage(‘Please check age’);
                  9.   end; //end case                                                   (6)

                                                               TOTAAL AFDELING E:         25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  9

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Veiligheid, dokumentasie en internasionale kwessies moet oorweeg en bespreek
 word by die skool se beheerliggaam vergadering.

 6.1 Die veiligheid van die skool se data kan bedreig word, wat die ouers se
     vertroue in die skoolbestuur kan verminder. Kwaadwillige sagteware
     ('Malware'), menslike en sagteware foute kan die skool se data beskadig.

       6.1.1    Beskryf TWEE tipe kwaadwillige sagteware wat die data op ŉ
                rekenaar kan beskadig.                                                 (4)

       6.1.2    Noem DRIE algemene menslike foute wat kan veroorsaak dat data
                verloor word.                                                          (3)

       6.1.3    Verduidelik die 'GIGO' konsep wat ook bydrae tot slordige data.        (1)

       6.1.4    Stel DRIE fisiese maatreëls voor wat die skool kan tref om die data
                op die rekenaars te beskerm.                                           (3)

       6.1.5    Sosiale netwerke kan skadelik wees vir data. Beskryf TWEE
                maniere hoe sosiale netwerke data kan beskadig.                        (2)

 6.2 Die skoolbestuur, asook die netwerkbestuurder en
     databasisadministrateur, moet die AGB ('AUP') dokumente skryf. Die
     netwerkbestuurder moet spesifieke beleide hê, beperkinge opstel en
     netskanse ('firewalls') hê.

       6.2.1    Hoekom is dit belangrik om beleide, beperkinge en netskanse te hê?     (1)

       6.2.2    Beskryf elk van die volgende deur te noem wat dit is en hoe dit
                geïmplementeer word.

                (a)   Beleide ('Policies')                                             (1)
                (b)   Beperkinge ('Restrictions')                                      (1)
                (c)   Netskanse ('Firewalls')                                          (1)

       6.2.3    Wat is AGB dokumente?                                                  (1)

       6.2.4    Noem VIER aspekte wat in die AGB dokument ingesluit moet word.         (4)

       6.2.5    Stel voor wat gedoen moet word sodat die AGB effektief by die skool
                werk.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 6.3 Die Dansgroep by die skool moet ŉ video van hul danskompetisie met
     mekaar deel. Hulle stel voor dat die lêer saamgepers moet word om die
     kwaliteit te verbeter.

       6.3.1   Noem die hoofnadeel van saamgeperste media.                              (1)

       6.3.2   Daar word voorgestel dat jy die lêer saam pers, deur die JPEG
               formaat te gebruik. Verduidelik waarom die nie moontlik is nie en
               gee ŉ geskikte samepersingstandaard.                                     (2)

       6.3.3   Jy moet ook dokumente saam pers. Watter tipe samepersing,
               verliesende ('lossy') of nie-verliesende ('lossless'), sou jy gebruik.
               Gee ŉ voorbeeld van ŉ toepassing wat gebruik kan word vir die
               taak.                                                                    (2)

 6.4 Die skool het onlangs met ŉ skool in Europa begin saamwerk. Daar is
     voorstelle gemaak dat die skole lesse met mekaar deel, omdat die
     kurrikulum dieselfde is.

       6.4.1   Noem DRIE faktore wat deur albei skole oorweeg moet word om te
               verseker dat die samewerking moontlik is in albei skole.                 (3)

       6.4.2   Die projek is baie suksesvol en die onderwysers se werklading is
               verbeter. Identifiseer en beskryf TWEE ander werksplekke wat
               verbeter is deur gebruik te maak van IKT ('ICT').                        (4)

                                                            TOTAAL AFDELING F:           36

                                                                  GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [IT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/bec5c240-c7a1-4d01-b839-7c3cf5373489) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/00c98cd3-cf7e-453f-abc1-3494352f8e3c) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [IT P1 GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/07b2bcb7-4a41-492b-8cf6-b9dad4f25eeb) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP NOV 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-nov-2018-afr/e1a2de08-fa87-4035-a20e-9a4592bc210d) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 QP NOV 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-nov-2018-eng/0df14c4a-59b9-4faa-bb90-cf61aa77d817) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
